Wys tans plasings met die etiket eenheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket eenheid. Wys alle plasings

Vrydag 28 Augustus 2026

Wat beteken dit om "een te wees" (konteks "huwelik")

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT DIT BETEKEN OM "EEN TE WEES", nie net in die algemeen nie, maar veral WAARNA DIT VERWYS IN DIE HUWELIK. Mark. 10:7,8 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Opsomming.

- Die term "een liggaam".

- Die term "een vlees".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

In konteks vd HUWELIK, verwys die begrip "EEN LIGGAAM/VLEES": 

(1) na die feit dat die getroude paartjie soos een liggaam gesien word met verskillende lede... (het bv. verskillende rolle)(kyk punt 1).  Hulle funksioneer as EEN (is gehoorsaam aan die "liggaam"), en deel in dieselfde dinge... (kyk punt 2)

(2) hulle het gemeenskap met mekaar (en deel o.a. in vleeslike gemeenskap) - hierdie vorm van gemeenskap kan hulle nie onrein maak nie (al is die een ook onrein en die ander een rein / maw, omdat hulle getroud is mag hulle gemeenskap met mekaar he, selfs al is die een onrein kan hy nie die reine onrein maak nie, want die huwelik is geheilig). 

(3) Op beurt beteken dit ook dat hulle aan "die liggaam" (die huwelik) behoort (hulle dien in die liggaam). Hulle is afgesonder vir daardie liggaam (die liggaam is geheilig)(en daarom is hulle kinders ook heilig/afgesonder, want hulle behoort aan die liggaam terwyl hulle nog in hulle ouers se huis is/nog nie hulle vader en moeder verlaat het nie). 

Wanneer twee mense in die huwelik tree, word die huwelik deur die Here GEHEILIG, afgesonder as " 'N LIGGAAM" waarin die LEDE daarvan die liggaam bedien en hulle IN GEMEENSKAP is met mekaar - wat terloops vleeslike gemeenskap insluit - dit is maw een van die dinge waarin die lede ( spesifiek in konteks van die man en vrou), deel in hierdie EENHEID (wat die hele huisgesin aanbetref, is die kinders se rolle is anders, en daar word bv. van hulle verwag om die ouers te gehoorsaam, soos daar van lede vd kerk verwag word om die leierskap te gehoorsaam). In die "eenheid" vd huisgesin deel die hele familie sekere dinge met mekaar (is maw "in gemeenskap..."), bv., hulle deel in EEN voedsel, EEN verblyf, EEN geloof, ens.). 

'n Man en vrou in 'n huwelik is "geheilig/afgesonder" om aan 'n liggaam te behoort (nl. die huwelik), met elkeen verskillende rolle (is lede vd liggaam en gehoorsaam die liggaam), en is in gemeenskap met mekaar (deel in dieselfde dinge) - DIT IS WAARNA HIERDIE "EENHEID" VERWYS.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Om hierdie tema beter te verstaan, kom ons kyk in op die twee begrippe "een liggaam" en "een vlees".

-  DIE BEGRIP "EEN LIGGAAM":  (kom ons kyk na spesifieke skrifte waar hierdie term gebruik word).

(1) Rom_12:4,5  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. NET SOOS DIE CHRISTELIKE KERK GESIEN WORD AS "EEN LIGGAAM" (en almal wat daaraan behoort lede is van hierdie "liggaam"), SO WORD DIE MAN EN VROU WAT GETROUD IS GESIEN AS 'N LIGGAAM WAARVAN DIE LEDE SAAMWERK. (1Kor._12:12-20  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie................. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam").(1Kor_10:17  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (die nagmaal is o.a. 'n teken hiervan!, want almal wat in die "brood" deel, is lede van Christus se liggaam - die brood stel Sy liggaam voor)(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/die-nagmaal-3.html). In die Christelike kerk is nie almal rein nie;  tog word gemeenskap met mekaar toegelaat "in Christus" - verwys na almal wat in Jesus Christus glo / is "saamgebind" soos 'n huwelikspaar saamgebind word en in gemeenskap te kan wees met mekaar, al is die een onrein en die een rein! ("Jood en heiden een" / kyk die onderwerp van die "nuwe mens" in konteks met die Christelike kerk...)(https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html). M.a.w., daar is sekere vorme van EENHEID wat geskep word waarin 'n onreine nie 'n reine kan onrein maak nie - spesifiek verwysend na die Christelike kerk en die huwelik! Dit is deels waarom die kerk in die N.T. nie altyd huwelik verbied tussen gelowiges en ongelowiges nie, alhoewel dit spesifiek verbied was in die O.T., en met rede! Sulke paartjies het probleme, want die huwelik as eenheid gaan nie net oor om "as eenheid saamwerk/verskillende lede wat saamwerk" nie, maar gaan ook oor WAARIN GEDEEL WORD (hulle deel in dieselfde dinge). Dit kan baie problematies wees waar een gelowig is, en een nie. Bv., Paulus verwys ook na die Christelike kerk-eenhied in Ef. 4, en praat o.a. oor hierdie feit, nl. dat in 'n eenheid deel almal saam in iets - (HIERDIE WORD TERLOOPS IN PUNT 2 BESPREEK!).  Nog 'n vb wat punt 1 vir ons beter verduidelik, is Ef. 2:12-22 (Ef_2:16  "en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het") - lees gerus die hele gedeelte om dit beter te verstaan, en vgl. dit met Kol_3:15  "En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar"(sien "evangelie van vrede").

(2)  1Kor_6:16  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. WANNEER 'N GETROUDE PAARTJIE VLEESLIKE GEMEENSKAP HET, IS DIT 'N VORM VAN GEMEENSKAP! (hulle deel in vleeslike gemeenskap).  VLEESLIKE GEMEENSKAP WORD SLEGS BINNE DIE HUWELIK TOEGELAAT, DUS IS DIT 'N GEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP, MAAR AS JY DEELNEEM AAN 'N ONGEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP (hetsy geestelik of vleeslik), DAN SAL DIT JOU ONREIN MAAK (bv., iemand wat hoereer neem deel aan/het gemeenskap met iets wat hom onrein kan maak/word een met in hierdie geval verwys na dit wat hom onrein maak, maar in die geval van 'n huwelik verwys "een met mekaar" na 'n geoorloofde vorm van gemeenskap wat hulle nie onrein kan maak nie). Kyk ook (Ef_4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping). Paulus praat ook hiervan in Ef. 4, waarin hy verwys na elkeen se roeping, nl. toe hulle deel geword het van hierdie eenheid... (in die Christelike kerk-eenheid deel almal in een Gees, een geloof, een Here...). Terloops, baie mense sien die huwelik (wat ook 'n eenheid is) ook op hierdie manier, nl. dat twee mense wat trou, bedoel was om bymekaar uit te kom = soos wanneer iemand geroep word. Dus, om "een liggaam" te wees, gaan nie net oor die afsonderlike lede (wat elkeen 'n rol het) nie, maar gaan ook oor dit waarin almal deel... Wat is dit waarin beide in die huwelikspaartjie deel? (bv. een lewe, vleeslike gemeenskap, kinders, familie, ens.).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- DIE BEGRIP "EEN VLEES":

(3)  1Kor_6:16  "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees". DIE WOORD "VLEES" IS BASIES 'N ANDER WOORD VIR "LIGGAAM". Alhoewel die woord "vlees" meer gereeld in 'n geestelike konteks gebruik word (bv. iemand "dink of sien vleeslik"), kan dit na enige verwys, nl. fisies of geestelik (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/03/vlees-die-liggaam.html). In 1 Kor. 6:16 sien ons ook dat dit nie veel verskillend is om te praat van "een liggaam", as om te praat van "een vlees" nie. Nietemin, kom ons kyk na skrifte waar die woorde "een vlees" gebruik is, en kyk wat ons nog oor hierdie onderwerp kan leer.

- Gen_2:21  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak............Gen_2:24 ( Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees). Jesus verwys ook hierna in (Mat_19:5,6  "en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie")(Mrk_10:8  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees)(1 Kor. 6:16). ONS SIEN HIER HOE "EEN VLEES" BESKRYF WORD DAT DIE TWEE "EEN WORD" (word soos 'n eenheid gesien). Vgl. dit met bg. verduideliking van "een liggaam" (want die begrip "een vlees" verwys duisdelik na dieselfde). Kyk ook (Ef._5:31  "Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word"). Volgens 1 Kor. 6:16 (wat dieselfde leer) WIL DIT VOORKOM OF DIE "EENHEID" IN DIE HUWELIK OOK VERWYS NA VLEESLIKE GEMEENSKAP, WANT DIT GAAN OOR "WAARIN HULLE DEEL" (rol op na 2de punt bespreking "een liggaam"). Alhoewel, in die geval van iemand wat hoereer, is dit 'n verbode vorm van gemeenskap en sal dus so iemand onrein maak - dieselfde gebeur egter nie in 'n huwelik nie. In ander woorde, dit is belangrik om die huwelik in hierdie konteks te verstaan!, is dat VLEESLIKE GEMEENSKAP 'N DEEL IS VAN DIT WAT 'N PAARTJIE IN DEEL. Inteendeel, dit is iets wat verwag word dat twee mense in dit sal deel wanneer hulle trou!, en Paulus skryf ook t.o.v. hiervan die volgende: (1 Kor. 7:3,4  "Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou"). IN 'N HUWELIK BEHOORT ALTWEE OOK AAN MEKAAR (soos lede van 'n liggaam aan 'n liggaam behoort). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "OM EEN TE WEES" DUS DAT HULLE AAN 'N LIGGAAM BEHOORT. Op dieselfde wyse behoort Christene (lede) aan Christus (die Liggaam) - word o.a. gesien as "van Sy vlees en bene" (is familie van Hom!)(Ef. 5:30,31  Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word).  Die huwelik word ook gesien as 'n liggaam waarvan die man en vrou wat getroud is, die lede van daardie liggaam is. Weergeborenes se liggame word terloops soos tempels gesien omdat hulle die Heilige Gees het, nl. hulle behoort aan die Here (is "slawe van Christus"/1 Kor. 7:22 - Hy het hulle gekoop) - op ditto wyse behoort 'n huwelikpaar aan daardie "liggaam" en hulle kan dus soos slawe van daardie liggaam gesien word. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 12 Augustus 2014

Wat is die Waarheid? (3)

VIR DIE EERSTE TWEE GEDEELTES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
VERDEELDHEID IN DIE KERK:

Toe Paulus die gemeente van Korinte aangepraat het oor die verdeeldheid onder hulle, het hy nie bedoel dat hulle eensgesind moet wees ten spyte van verskillende leerstellings nie, MAAR HULLE AANGESPOOR OM ALMAL DIE WAARHEID TE SOEK, SODAT HULLE EENGESIND KAN WEES.  Die rede hoekom hulle verdeeld was, was nie omdat hulle nie in vrede met mekaar wou lewe nie, MAAR OMDAT HULLE NIE ALMAL DIE WAARHEID GESOEK HET NIE.  Die oplossing vir EENHEID is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek!  Die Here verwag nie van ons om die waarheid op te gee ter wille van eenheid nie! 

Daarom is daar vandag baie verskillende Christelike kerke, en so verdeeldheid tussen gelowiges - die antwoord vir eenheid is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek! Waar iemand die waarheid verdraai om selfsugtige redes, bv. om dit nie te verkondig nie omdat dit gaan wys dat hy self skuldig is, is hy nie besig om die waarheid te soek nie, maar besig om in die pad te staan van die waarheid.  So iemand moet nie dink dat hy gaan vrug (tot heiligmaking) dra as hy nie die waarheid verkondig nie, en hy kan selfs sy vrug verloor, sou hy nie ag gee op die waarheid nie!  Die ware Christen (wat self ook foute maak), gee ag op die pad van godsaligheid, en maak reg wat verkeerd is in sy lewe en verkondig die waarheid (hy bly nie stil oor die waarheid omdat hy hardkoppig is en weier om reg te maak waar hy verkeerd gaan/is nie!).  Die ware Christen gee ag op die Here se woorde en wil:  -(Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").  Baie "kinders van die koninkryk" (broers en susters) gaan nie ingaan in die koninkryk nie!  Toe Jesus die dissipels uitgestuur het om die waarheid te verkondig, moes hulle, in geval waar iemand die waarheid wegwys, so iemand verlaat en "die stof van hulle voete afstof".  Dit wys daarop dat hulle sonder vrede weggegaan het van daardie persone!  (Luk 10:6 - "En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer").  Hierdie mense was "kinders van die koninkryk", het wetend geraak van die waarheid, maar het dit weggewys. Waar 'n kerk wetend is, of wetend raak van die waarheid, maar steeds nie ag gee daarop nie, kan daardie kerk nie vrede maak met ander wat wel die waarheid verkondig nie. Jy kan 'n man van vrede wees, maar is die ander persoon 'n man van vrede?  Soek hy die waarheid?  Is hy gehoorsaam aan die Here se leringe?  Jesus se leringe het baie verdeeldheid gebring onder die skare (Joh. 9:16, 30-33; 15:24). Sommige mense ontvang die waarheid, ander nie.  Jesus het nie vrede probeer behou met hierdie mense ter wille van eenheid nie!  Nee, Hy het des te meer die waarheid gebring, want dit is die waarheid wat iemand vrymaak.  Ons moenie dink dat die Here tevrede gaan wees dat ons Hom verloen ter wille van sogenaamde vrede en eenheid nie!
=================================================

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".  
========================================================================
VREDE MET ALLE MENSE?

Wat is die konteks van Matt. 10:34? :
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  
IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SAL LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".  HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper,  is dit soos 'n swaard in die geval waar iemand dit nie aanneem nie! Die Christen word wel beveel om, waar moontlik,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self kon nie "in vrede leef" met alle mense nie - as dit wel die geval was, sou hulle Hom nie doodgemaak het nie! Dit beteken nie dat die Here nie wil he dat daar vrede is tussen mense nie, maar dat vrede slegs kan kom deurdat mense die waarheid ontvang!  Inteendeel, Hy gee die weg om vrede te kry, maar die wat die waarheid wegwys, wys vrede weg. 
Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE - Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  Hy het hulle tereg gewys op verskillende geleenthede, selfs sommige van hulle "akteurs" (geveinsdes) genoem, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur mense wat die waarheid weggewys het nie, en het hulle tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. (En l.w. dat al hierdie gevalle spes. was waar mense goed geweet het wat die waarheid is, maar dit nie wou aanneem nie, omrede selfsugtige redes - hulle het dus voorgegee dat hulle die Here in waarheid dien, maar het nie regtig die waarheid liefgehad nie - (dit is anders as iemand wat onwetend is)).   Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Dit is duidelik dat ons nie altyd verstaan wat liefde regtig beteken nie! Niemand kan vrug tot heiligmaking dra as hulle nie eers die waarheid aanneem nie - en om aan iemand die waarheid te bring, is liefde.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie!  Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK AS DIE AANNEMING VAN GOD.  IN SO 'N GEVAL IS HY SKAAM VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
========================================================================
=