Wys tans plasings met die etiket huwelik. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket huwelik. Wys alle plasings

Woensdag 14 Februarie 2018

Trou, Skei en Hertrou (6)(bespreking egskeiding en hertrou vb.e)

 
In hierdie pos word daar op verskillende voorbeelde ingekyk rondom "skei en hertrou". Ons is van mening dat net soos daar uitsonderings is waarom iemand mag skei, daar ook uitsonderings kan wees waarom iemand toegelaat word om weer te trou (?). In hierdie pos gaan ons kyk na sulke moontlike uitsonderings... 

Vir ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Betekenis van die woord "skei/egskeiding".
- Moontlike uitsonderings vir "hertrou"
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Daar is nie veel voorbeelde van "hertrou" in die Skrif nie, maar daar is gevalle..., bv. waar 'n huweliksmaat afgesterf het (Rom. 7:2,6) - WEDUWEES EN WEWENAARS word gesien soos ONGETROUDES (en kan weer trou, alhoewel daar is 'n paar voorwaardes aan hulle gestel word vir hertrou). Tipies is dit "ongetroudes" wat die reg het om te trou, en wat "ongetroudes" aanbetref is dit eintlik maar net weduwees en wewenaars wat kan HERTROU.  

GESKEIDES word NIE gesien as ONGETROUDES NIE (want dit wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie, ook nie 'n skeibrief nie!/Matt. 19:6; Mark 10:9. Dit is slegs die dood wat die wet verbreek waaronder getroudes is/Rom. 7:2).  Dit is op hierdie punt waar baie Christene verskil.., maar Jesus Christus het 'n stelling gemaak dat as 'n geskeide WEER TROU, hy/sy egbreuk pleeg! (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk")(duidelik was Hy ook nie van die siening dat geskeides "ongetroudes" is wat weer kan trou nie, want jy kan slegs die sonde van egbreuk pleeg as iemand in eg is...). Bv., as 'n man 'n geskeide vrou trou, pleeg hy egbreuk... want in die Here se boeke is sy in eintlik nog 'n getroude vrou! - ons moet dus verstaan wat met die woord GESKEI bedoel word (en in hierdie pos kyk ons o.a. daarna). Wat EGBREUK aanbetref is dit natuurlik nie net fisies hoe iemand hierdie sonde kan pleeg nie, maar selfs as iemand na 'n getroude kyk om hom/haar te begeer, pleeg hy/sy egbreuk in die hart (egbreuk is 'n sonde vd vlees (dit besoedel die gewete), maar dit breek nie die eg nie! Ons moet verstaan wat "egbreuk" beteken, bv. as jy egbreuk in jou hart gepleeg het beteken dit nie dat omdat jy die getroude begeer het, hulle huwelik gebreek is nie - die begrip "egbreuk" beteken nie die huwelik is gebreek nie). Natuurlik gaan ons ook op hierdie pos stilstaan by moontlike voorbeelde waar HERTROU inderdaad toegelaat is/word. Die Christen wat weer wil trou (bv. weduwees en wewenaars), word aangemoedig om "in die Here " te trou, bv. met 'n ander gelowige te trou, nie 'n ongelowiges nie (1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here").  En natuurlik mag sy/hy dan ook nie met 'n geskeide trou nie... (Matt. 19:9; Luk. 16:18), want as jy dit doen pleeg jy egbreuk. In hierdie pos gaan ons ook vinnig kyk na 'n paar uitsonderings wat deur kerke gemaak is vir "hertrou" (maw, waar dit toegelaat word).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "SKEI / EGSKEIDING":

Die woorde "skei" of "egskeiding" word somtyds verskillend ge-interpreteer, maar die manier hoe dit verstaan word is belangrik!, want as geskeides nie regtig verstaan wat die woord "skei" beteken nie, dan kan hulle hulself in 'n onwettige huwelik dompel sou hulle hertrou. 

Die woord "skei" in die konteks van egskeiding is 
- die Griekse woord " kho-rid'-zo", wat kan beteken "om weg te gaan" of te verdeel in die sin van "separate" (depart or put asunder)(1 Kor. 7:10,11,15; Mark. 10:9);  of 
- die woord " ap-ol-oo'-o", wat kan beteken "om vry/los te maak" (release, dismiss, relieve, pardon, put(send) away, set at liberty)(Luk. 16:18; Mark. 10:2,4,11,12; Matt. 19:6-9).  

Die manier hoe die woord "skei" dus beskryf word in die skrif (en ook verstaan word deur baie geleerdes), is nie dat dit 'n totale verbreking is van die huweliksbond nie, maar slegs verwysend daarna dat die twee glad nie meer bymekaar hoef te bly nie. Na regte is dit nie goed vir paartjies om onbepaald van mekaar weg te wees (terwille van begeertes/1 Kor. 7:3-5). Die Here haat egskeiding, en hierdie is sekerlik een van die redes waarom Hy dit haat, want Hy wil altyd die beste vir ons hê. Met egskeiding word die een van wie geskei word weggestuur en losgemaak van die huweliksverpligtinge, maar dit beteken nie dat die wet wat hulle as getroudes verbind, verbreek is nie (want dit is die dood wat hulle eintlik geheel losmaak/Rom. 7:2, en Jesus het ook geleer dat geen mens kan skei wat God saamgevoeg het nie). GESKEIDES mag nie trou solank die ander nog in die lewe is nie, tensy (?)........ (en ons sal op 'n volgende paragraaf kyk na moontlike uitsonderings). Geskeides word gesien asof hulle steeds getroud is (maar hulle bly net nie meer bymekaar nie). Dit wil voorkom of hierdie siening Jesus se siening, sowel is hoe die eerste gemeentes dit verstaan het... (siende geskeide vrouens o.a. beveel was om ongetroud te bly en weer met hulle mans te versoen indien moontlik/1 Kor. 7:11). 

Kom ons kyk in op verskillende Gr. woorde wat rondom hierdie tema gebruik word, om beter te verstaan wat die verskil is tussen verbrekeing en losmaking:
Die beste manier om te te sien wanneer bedoel dat die huwelik gebreek is, is sekerlik om te kyk na Rom. 7:2,3 wat leer dat wanneer die man sterf, die vrou nie meer gebonde is nie... (ons mag miskien ook hier inkyk op 1 Kor. 7 waar die ongelowige van die gelowige skei en die gelowige nie meer gebonde is nie... - is dit dieselfde Gr. woord?). (1) Kom ons kyk eers na Rom. 7:2,3:
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde ("deh'-o",  bind, be in bonds, knit, tie, wind.); maar as die man sterwe, is sy ontslae ("kat-arg-eh'-o" - "loosed")(to be (render) entirely idle (useless), literally or figuratively: - abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void.) van die wet van die man.(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde Griekse woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit bv. meer verwys na "parden"), want dit het in hierdie geval eerder die betekenis van "abolish" (kat-arg-eh'-o - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void...") WAT ONS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou dan nie meer onder wet aan haar man verbind is nie), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS "skei" in ander skrifte, soos in die GEVAL VAN EGSKEIDING NIE. (2) Vgl. dit ook met (1Kor. 7:39 - " ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry ("el-yoo'-ther-os"- unrestrained (to go at pleasure), that is, (as a citizen) not a slave (whether freeborn or manumitted), or (generally) exempt (from obligation or liability): - free (man, woman), at liberty.) om te trou met wie sy wil, maar net in die Here). 'n Man en vrou wat getroud is is "slawe van mekaar", maar wanneer die een sterf is die ander een vry (en dit is hoekom hierdie skrif dit duidelik maak dat in so 'n geval, die ander een weer kan trou want hy/sy word nou soos 'n "ongetroude" gesien - vgl. dit met Rom. 7:3 wat leer dat SOLANK DIE MAN LEWE, DIE VROU EGBREUK PLEEG AS SY SKEI EN MET 'N ANDER TROU, wat beteken dat al kry sy 'n egskeiding, is sy NIE VRY nie). Let gerus op die beginsel van "slaafskap" in hierdie skrif (dieselfde beginsel in ons verbintenis met die Here, en hoekom dit verkeerd is om "geestelik te hoereer"). (3) Dieselfde beginsel van "slaafskap" word ook na verwys in (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde ("doo-lo'-o", to enslave (literally or figuratively): - bring into (be under) bondage, X given, become (make) servant.) nie. Maar God het ons tot vrede geroep"). Hierdie is een van die twee redes waar hertrou (na egskeiding) toegelaat word deur  Christelike kerke (en tereg!), ...nl. die geval waar die gelowige wat van ongelowige geskei is toelaat word om weer te trou, en dit is omdat die gelowige in so 'n geval vry is van die "slaafskap"/verbond. Daar is nog een ander geval, alhoewel dit liewer nie voorgeskryf moet word nie (en sal later daarop inkyk).

In meerste skrifte waar daar na egskeiding verwys word, word die woord "ap-ol-oo-o" gebruik  (Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18). Om die woord beter te verstaan, kom ons kyk wat dit in konteks beteken in ander gevalle... (bv. waar dieselfde Gr. woord gebruik word, maar dit nie in die konteks van egskeiding is nie): (1) Die woord word bv. as spreek "vry" vertaal in Luk. 6:37 (in die engels vertaal as "forgive");  as ons vryspreek sal ons vrygespreek word - ons sien dat in hierdie konteks die woord eerder verwys na vergifnis (nie iemand kwalik neem, oordeel, veroordeel nie), wat nie in die konteks van 'n "bond verbreek" gebruik word nie. (2) Vgl. dieselfde Gr. woord ook met Matt. 18:23-35: (waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken...).  In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is (en dit nie kon betaal nie), kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit... (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Hy het nie van hom verwag om hom verder te betaal nie - kyk gerus hoe hierdie konteks inskakel by bg. van vergifnis/is vry.  In die geval van egskeiding, word die een wat laat gaan word, vrygespreek van die verpligtinge van die huwelik - dit beteken egter nie dat die bond verbreek is nie, bv. as ons verder lees is Matt. 18, is dit duidelik dat hy nie vry was van sy bond aan die wet  nie.  Ons moet verstaan dat hierdie nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie, want as dit was, dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie... (Matt. 18:32-35).  Sou sy skuld bv. "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy nie later oorgegee word aan die pynigers nie... Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HY SELF KWYTGESKELD!, omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie... (want hy is nog onder wet)(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26). Ons kry dieselfde probleem wanneer Christene wilde stellings maak dat hulle nie onder 'n wet is nie omdat hulle vry is!(?) - die tema word maar net nie altyd goed verstaan nie... Bv., om vry te wees van die wet van Moses, beteken nie dat jy nie meer (gebonde is) onder wet nie... (weergeborenes is onder die wet van Christus, onder die wet van die Gees). (Rom 7:1 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?"). Dieselfde fout word gemaak in die geval van egskeiding waar mense nie verstaan wat egskeiding beteken nie.  Alhoewel die vrou wat "laat gaan word" vry is, beteken dit nie dat sy nie meer onder slaafskap is nie (want sy is nog aan daardie wet gebonde solank altwee lewe). Vry in een opsig, ja, maar steeds gebonde aan die wet... Dit is duidelik dat die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 nie dieselfde is as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie.  (3) Vgl. dit gerus met 1 Kor. 7:10,11 en 15 waar die woord "skei" wat daar gebruik word, die woord (kho-rid'-zo) is, wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate"). Skei breek nie die bond nie, maar plaas ruimte tussen die twee (dis al!). (4) Dieselfde Griekse woord word gebruik in Luk. 13:12 wat verwys na hoe 'n vrou verlos is krankheid... (sy het 'n gees van krankheid gehad, waarvan sy toe verlos is...)(Luk. 13:16), wat verwys na hoe sy nie meer daaronder lei nie (is vry van haar lyding). Hierdie is die rede waarom egskeiding somtyds toegelaat word. God haat egskeiding en dit is nie goed vir paartjies om lang tye van mekaar af weg te wees nie, maar in sekere gevalle word egskeiding toegelaat ter wille van barmhartigheid (bv. waar die ander een 'n harde hart het, ens.). 

Wat het Jesus hieroor geleer, en hoe het die eerste gemeentes dit verstaan?
In Matt. 5:32 en 19:9 verklaar Christus dat niemand om enige rede mag skei nie...;  ook,  dat die een wat 'n geskeie trou, egbreuk pleeg! Die sonde egbreuk kan slegs geskied teenoor 'n eg...;  dit beteken dus dat die geskeie nog "in eg" is (nog onder die verbond), alhoewel "geskei".  Met egskeiding is iemand inderdaad vry om te gaan, maar nie vry van die bond nie (jy is eers vry van daardie bond/slaafskap wanneer een van die twee sterf.  Jesus het o.a. geleer dat GEEN MENS DIT WAT GOD SAAMGEVOEG HET, MAG SKEI NIE: -(Matt. 19:4-6 - "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Net soos ons het baie van die volk van God dit ook nie altyd reg verstaan nie, en in Matt. 19:10 sien ons hoe verbaas die dissipels hieroor was - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie". Christus het vir ons die waarheid hieroor kom leer en gewys hoe ons eintlik oor egskeiding moet dink. Alhoewel geskeid, word hulle steeds gesien as "een" solank altwee lewe... ("een vlees" - Matt. 19:6), ..... en hierdie feit word ook weer verder bevestig 1 Kor. 7:39 (alhoewel sommige geleerdes ook verskillende reels hier toepas vir mans as vir vrouens, wat veral te doen het met mans wat meer as een vrou het of kan he (alhoewel God dit ook nie so bedoel het nie), en die kwessie van "onwettige huwelike" is natuurlik op die tafel).  Baie geskeides wat hertrou het is bloot in 'n kerk wat dit toelaat en weet daarom nie regtig wat die skrif hieroor leer nie - amper asof hulle "onwetend" is en glo watookal hulle kerk of predikers daaroor glo (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html). Wat egter belangrik is is dat elkeen eendag voor die Here sal staan en self verantwoording moet doen. Die wat (wetend) in 'n onwettige huwelik is, pleeg egbreuk, en wat sal tog van so 'n Christen word sou hy/sy in 'n onwettige huwelik bly tot die dood (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html) en dus sterf as " 'n egbreker"?  En hoe sal dit sy saligheid beinvloed?, siende die skrif verklaar (l.w. dat die skrif gerig was aan Christene!) dat geen egbreker die koninkryk van God sal ingaan nie... (1 Kor. 6:10).  Dit is verseker nie 'n onderwerp wat ligtelik opgeneem moet word nie, en predikers moet versigtig wees wat hulle preek en toelaat.  Net so het elke Christen ook self 'n verantwoordelikheid om "die Here se wil te soek" in elke besluit.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk moontlike uitsonderings vir "hertrou":

(1)  Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Hierdie vers word baiemaal interpreteer as 'n rede vir hertrou;  bv., as jou huweliksmaat hoereer mag jy skei van haar en weer trou. - ons moet egter net kennis neem dat die konteks van hierdie skrif nie gegaan het oor hertrou nie, maar oor "skei"... (nl. wanneer dit toelaatbaar is om te skei, nie wanneer "hertrou" toegelaat word nie)(Matt. 19:3-8) - dit is waar interpretasie inkom..., en hoekom geleerdes somtyds verskil hierop.  Vgl. ons dit met soortgelyke verse soos  Matt. 5:32, sal ons sien dat geen van die ander vb.e waarvan die bewoording min of meer dieselfde lui, 'n uitsondering gee waar "hertrou" regverdig word of dit so skyn te wees nie:  Matt. 5:32 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.  Hierdie skrif het al menige geleerdes laat kopkrap, want hoe kan die feit dat 'n man wat van 'n vrou skei, maak dat SY egbreuk pleeg? Is dit dan nie "hy" wat in so 'n geval egbreuk pleeg nie?  Kom ons kyk na nog skrifte om te sien of ons dit beter kan verstaan, bv. Rom 7:1-3 - ("Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.")  Hierdie skrif maak dit baie duidelik vir ons DAT AS 'N VROU WAT GESKEI IS WEER TROU terwyl haar ander man nog in die lewe is, sy dan 'n egbreekster genoem word (duidelik OMDAT SY NOG NIE VRY IS VAN DIE WET WAARDEUR SY AAN HAAR LEWENDE MAN GEBONDE IS nie;  vry van die verpligtinge/werke, ja, maar nie vry van die bond/wet nie - rol op na die vorige paragraaf om hierdie beter te verstaan).  En l.w., dat ook as die man WEER TROU, dan pleeg hy egbreuk teen haar (Luk. 16:18; Mark. 10:11,12).  Dit wys vir ons dat wanneer twee mense skei hulle volgens wet steeds aan mekaar verbind is (al het hulle ook 'n skeibrief) - omdat God hulle EEN gemaak het (Matt. 19:4-6), wat God saamgevoeg het mag NIEMAND SKEI NIE.  Geen huwelik kan deur 'n skeibrief geskei word van die wet waaronder hulle gebonde is nie - dit is slegs met die dood van een van die huweliksmaats wat die ander een dan vry is van hierdie wet (Rom. 7:1-3). Die Here neem ede ernstig op! Daar is verseker redes waarom mense toegelaat word om te skei, maar ook in daardie geval is dit steeds 'n sonde wanneer een van hulle WEER TROU (met begeerte na iemand anders kyk) = die sonde van "egbreuk" (is 'n sonde..., nie soos ons baiemaal dink "egbreuk" beteken dat die bond gebreek is nie).  Dit moet altyd 'n paartjie se wens wees om weer te herenig nadat hulle geskei is, en waar dit nie moontlik is nie, word hulle beveel om ongetroud te bly... (1 Kor. 7:10,11). DIT IN AG GENEEM, WIL DIT NIE REGTIG VOOORKOM OF MATT. 19:9 GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR "HERTROU" NIE;  TOG VERSKIL GELEERDES HIEROOR OMDAT DIT GAAN OOR INTERPRETASIE.   MEESTE CHRISTELIKE KERKE IS VAN MENING DAT IEMAND WAT SKEI OMDAT SY MAAT HOEREER HET, WEER KAN TROU.  Verseker kan daar gevalle wees waar die Here hertrou toelaat, siende daar gevalle is waar hy egskeiding toelaat, maar dit is iets waaroor die Here geraadpleeg moet word.

(2)   Kom ons kyk na nog 'n moontlike vb. waar "hertrou" toegelaat word, en hierdie vb. kan net sowel aanskakel by die vorige paragraaf.  Deut. 24:1-4: ("As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). Die huwelik word gesien as REIN moet inderdaad skoon gehou word.... - as iemand egbreuk pleeg (bv. iemand anders begeer), dan is die persoon wat egbreuk pleeg ONREIN en kan die huwelik onrein maak (om hierdie beter te verstaan, behandel gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html).  VGL. Deut. 24:1-4 MET (Jer. 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!"). In hierdie verse het dit weer-eens te doen met die feit dat die vrou WEER TROU nadat sy 'n skeibrief ontvang het, en dit is dus die "hertrou" wat veroorsaak dat sy ONREIN word, wat volgens Jer. 3:1 ook die land skandelik ontheilig! (sien die onderwerp van "bloedskuld" - bloedskuld het 'n invloed op die land waarop ons woon).  Ons moet verstaan hoe ernstig die tema van bloedskuld is. Wat ons hieruit leer is dat almal wat in 'n onwettige huwelik is besig is om die land te ontheilig (onreinheid het dit tot gevolg). Daar is bv. 'n geval in koning Dawid se tyd waar iemand se bloedskuld hongersnood veroorsaak het vir 3 jaar lank! (2 Sam. 21:1)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). EGBREUK is 'n ernstige sonde wat bloedskuld veroorsaak. (vir 'n studie oor EGBREUK, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).  In bg. geval sien ons dus dat die rede waarom hy haar nie kan terugneem nie is omdat sy weer gaan trou het... (en dus so egbreuk gepleeg het), en al is die tweede man oorlede en wil dit lyk of sy van daardie wet vry is, was sy na regte nopot gebonde aan die tweede man nie maar eintlik nog na wet gebonde aan die eerste.  Maar nou, nadat sy hertrou het, is sy onrein (dit is waaroor dit veral hier gaan - sy het onrein geword toe sy hertrou - l.w. dat in die geval van Jer. 3:1 was sy verstoot, maar nie omrede sy onrein was nie, mis a.g.v. 'n harde hat of iets dergeliks...), en dit beteken dat die eerste man haar nie kan terugneem nie omdat sy dan die onreinheid in die huwelik inbring.  'n Vrou kan wel weer op 'n latere stadium (na 'n skeibrief) met haar man verenig word, maar hoe kan hierdie gebeur as een "weer trou"?/1 Kor. 7:11).  In die O.T. mag hulle nie weer verenig het as die een onrein was nie - Hoekom nie?, want in die O.T. was daar nie 'n offer vir die sonde van bloedskuld nie..., behalwe as die persoon met sy/haar eie bloed betaal (sy kan nie verenig met haar maat as sy dood is nie, en dit is al manier hoe sy weer rein kon word;  dus, noodwendig kon hy haar nie terugneem nie).  In die N.T. was Jesus se offer volkome en kan ook vir bloedskuld betaal;  in ander woorde, vir iemand wat ONREIN geword het deur bv. egbreuk, kan hy vergifnis ontvang as hy dit bely en hom daarvan bekeer (dit is duidelik anders as in die O.T.);  en dus, noodwendig kan 'n man 'n vrou terugneem in hierdie geval... (want daar word van ons verwag om ook te vergewe soos die Here vergewe, natuurlik op voorwaardes!). DIT IS DUS DUIDELIK DAT ook  DEUT. 24:1-4 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE, EERDER BEVESTIG DIT DAT DIE GESKEIDE WAT HERTROU, ONREIN WORD (EGBREUK PLEEG). 

(3) Baie wat skei, voel dat as die reels so streng is, dan moet mens liewer nie trou nie.  Die dissipels het ook hierdie rede aangevoer, maar Christus het dit vir hulle as volg verduidelik: (Mat 19:9)  "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat".   
Wat Christus hier leer is dat daar basies net 2 opsies is:  
(1)  Trou en aanvaar die reels, of 
(2) bly Ongetroud.  
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
Sommige se begeerte na die koninkryk van die hemele is so sterk dat hulle hulself onbekwaam (onbekwaam vir huwelik) sal maak daarvoor  (Matt. 13:44), en daar  is ook 'n ander vb. van waar iemand hom/haarself onbekwaam maak (vir die huwelik) ter wille van die koninkryk van die hemele, en dit is in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige, maar die huwelik vir die gelowige tot nadeel is, bv. waar die gelowige in dieselfde juk trek met sy/haar ongelowige maat se sondes en sukkel om oorwinning te kry oor die bose... - in so 'n geval is dit beter vir die gelowige om dan liewer te skei en dus ONGETROUD te bly as om in daardie huwelik te bly.  Paulus stel bv. voor dat die gelowige nie van die ongelowige moet skei nie (1 Kor. 7:12-14), maar natuurlik word egskeiding toegelaat waar omstandighede van so 'n aard is dat die een party ly (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html/kyk wanneer word egskeiding toegelaat). 'n Huwelik tussen 'n ongelowige en 'n gelowige moet eintlik noodwendig gesien word as onrein, tog word dit terwille van die gelowige geheilig... (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig");  in ander woorde, waar die "onreinheid" vd ongelowige 'n invloed het op die huwelik (en selfs die land waar hulle woon), sal dit nou nie dieselfde invloed he nie. Dit is waarom gelowiges nie met ongelowiges mag getrou het in die O.T. nie. Die hoop van die gelowige is natuurlik dat die ongelowige maat eendag 'n gelowige sal word en dus rein sal word, maar Paulus verklaar dat as die ongelowige wil skei, die gelowige hom/haar moet laat gaan..., want: (1Kor. 7:16 - "Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Onreinheid pas nie in 'n huwelik nie, maar terwille van die kinders word daardie huwelik geheilig waar een 'n gelowige is. IN DIE O.T. WAS 'N HUWELIK TUSSEN 'N REIN EN ONREINE GESIEN AS 'N ONWETTIGE GEMEENSKAP... - vir gelowiges wat met ongelowiges getroud was, was die enigste manier om 'n rein huwelik te he, om van die ongelowige te skei en met 'n gelowige te trou.  Kyk die vb. in (). In die N.T. is dit anders!, want 'n gelowige wat met 'n ongelowige getroud is, se huwelik word geheilig  (want wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie!/Hand. 10:9-43)(1 Kor. 7:12-16). In ander woorde, die kwessie hier in 1 Kor. 7 gaan oor "rein en onrein" - dit wil voorkom of wat hy hier bedoel is dat die gelowige nie moet skei van die ongelowige bloot omdat die ongelowige onrein is nie, maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom/haar toelaat om te skei.  IN WELKE GEVALLE, ASOOK ANDER GEVALLE (soos hoerery, ens.). DIE CHRISTELIKE KERK GEWOONLIK DIESULKES TOELAAT OM WEER TE TROU.  DIT WIL VOORKOM OF IN DIE O.T. SO 'N GELOWIGE WEER KON TROU, MAAR DIE N.T. GEE NIE HIEROOR PRESIESE DUIDELIKHEID NIE.  In so 'n geval, waar 'n gelowige wat van 'n ongelowige skei, geld dieselfde reel sekerlik as vir weduwees en wewenaars, nl. dat hulle "in die Here moet trou"  (1 Kor. 7:39).

(4) (1Kor.  7:27,28)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar". Hierdie skrif mag voorkom of dit wil weergee dat daar geen oordeel is teenoor die persoon wat hertrou nie (bv. die woorde "is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie;  maar as jy tog trou, sondig jy nie).  KONTEKS IS BESLIS BELANGRIK OM HIERDIE TE VERSTAAN;  bv., die kontek hier gaan die feit dat ons "in die staat moet bly waarin ons is", bv. as iemand ongetroud is is dit beter om in daardie staat te bly, maar as jy trou sondig jy nie. Lees gerus die hele gedeelte, en sien hoeveel verskillende voorbeelde genoem word, o.s. val v.27 en 28 onder hulle.  Konteks is dus:  -(1Kor. 7:24 - "Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God");  hy het o.a spesifiek na die "maagde" verwys in verse 25 en 28, want Paulus het nog altyd geglo dat dit beter is om nie te trou nie! (siende getroudes verdrukking het in die vlees - is slawe van mekaar). Dit is die konteks... - sy bedoeling hier was nie om enige vorige reels rondom huwelik en skei by die deur uit te gooi asof niks daarvan wat hy voorheen (en agterna sou skryf) belangrik was nie!  Dit wat hy hier noem, maak nie die ander wette rondom huwelik en egskeiding tot niet nie. Hy vra oa. dat die wat getroud is nie losmaking soek nie (maar bly in die staat waarin hulle geroep is/bly in die huwelik - die klem is om te bly in die staat waarin jy is)(1 Kor. 7:27), tog dat hulle lewe ASOF hulle ongetroud is!, in die sin van dat hulle BESORG IS OOR DIE DINGE VAN DIE HERE EN HOM MOET BEHAAG (1 Kor. 7:29,32) - en hierdie is verseker die grootste klem! DIT WIL OOK NIE VOORKOM OF HIERDIE VERSE BEDOEL IS OM 'N GESKEIDE DIE REG TE GEE OM TE TROU (EN EGBREUK TE PLEEG) NIE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 05 Januarie 2017

Gemeenskap / vleeslike gemeenskap / naaktheid

Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel"
(soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het.
In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap meestal slegs toelaatbaar in die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Sou iemand seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html).

Maar die Christen moet ook versigtig wees vir sekere ander vorme van "gemeenskap", bv.:
-  waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20).

-  waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).

-  gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14)(l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).

-  gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring - so iemand moet nie in jou huis ontvang word nie en moet ook nie eens gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Watter vorme van "gemeenskap" is goed ?:
-  GEMEENSKAP MET ONSE HERE JESUS CHRISTUS en DIE VADER (1 Kor. 1:9; 1 Joh. 1:3); (1Jn_1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie).
-  GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGE GEES (2 Kor. 13:14; Fil. 2:1).
-  gemeenskap deur die gebruik van die nagmaal (1 Kor. 10:16), want daardeur het die Christen GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
-  GEMEENSKAP AAN SY LYDE (Fil. 3:10; 1 Pet. 4:13).
-  GEMEENSKAP TUSSEN GELOWIGES (Hand. 2:42; 1 Joh. 1:3)(-deur te deel in die leer, nagmaal en gebede)(-deur te deel in ons gemeenskap met die Vader en met sy Seun Jesus Christus (1 Joh. 1:3))(-deur te deel in die prediking van die evangelie (Gal. 2:9))(-v/d geloof (Fil. 1:6)). (1Jn_1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde)-  GEMEENSKAP AAN DIE EVANGELIE (Fil. 1:5)
-  gemeenskap tussen gelowiges t.o.v. besittings (m.a.w. waar hulle al hulle besittings met mekaar deel - BESITTINGS IN GEMEENSKAP)(Hand. 4:32).

(en natuurlik gemeenskap asook vleeslike gemeenskap binne die huwelik...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet verstaan wat gesien word as "gemeenskap", want nie oral waar iemand omgang of gemeenskap het met iemand/iets wat onrein is, beteken dit dat hy ook omgang het met sy werke nie!
'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit inderdaad dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10).  Hier kan ons duidelik sien dat dit te doen het met die GEWETE van die een wat dit offer (dit kan die gewete beinvloed van die een wat daarin deel) - 'n afgodsoffer is eintlik niks (want afgode is niks), maar die wat dit offer, offer aan duiwels omdat hulle die afgod hanteer asof hy iets is. As die Christen nou saam met die een wie se gewete besoedel is, eet asof die een wat dit offer se afgod "iets is", dan is hy besig om sy eie gewete te besoedel omdat hy deur sy optrede ook waarde heg aan die offer. Dit is soos wanneer mense waarde heg aan "werke" asof dit aanneming tot saligheid kan bewerkstellig. Diesulkes se "gewetens is besoedel" want hulle plaas hulle hoop in werke, soos wat hierdie persone wat die afgodsoffer geniet, hulle hoop plaas in die afgod asof dit iets is.  So iemand offer eintlik aan duiwels en die een wat die offer saam met hom geniet, het dan GEMEENSKAP met duiwels!   

Maar nie enige iemand met wie ons gemeenskap het beteken outomaties dat ons gemeenskap het met hulle werke nie, want om bv. te eet saam met 'n ongelowige, maak jou nie onrein nie (maar om te deel in hulle sondes, ja, dit sal jou onrein maak, en dan in so 'n geval het jy gemeenskap met hulle sondes).  Die Jode het bv. geen gemeenskap gehou met die Samaritane nie (Joh_4:9), of met heidene nie... (Luk. 5:29,30; Matt. 9:10,11; 11:19; Luk. 7:34...));  maar Jesus het iets anders kom wys.  Om te eet saam met heidene maak jou nie onrein nie, maar om te deel in hulle sondes, ja, dit is wat jou onrein maak.  Om saam met 'n ongehoorsame broeder of suster te eet kan jou ook nie onrein maak nie, maar die rede waarom dit belet word 2 Thess. 3:14 is nie sodat jy nie onrein word nie, maar is bedoel om die broeder skaam te laat kry sodat hy tot bekering kom. Sou jou omgang met hom egter wees asof sy sonde niks is, terwyl hy weier om sy sonde te bely, dan kan sulke omgang jou onrein maak want dit gaan weer hier oor die gewete!  Of sou jy bv. iemand toelaat om verdraaide leringe te leer (leringe wat nie bly in die leer van Christus nie)(hetsy Christene wat nie vashou aan die waarheid nie, of die wat 'n ander evangelie bring), dan het jy gemeenskap met hulle bose werke (1 Joh. 1:11), want as jy hulle toelaat om verdraaide leringe te leer asof jy waarde heg aan hierdie leringe, dan het jy tog natuurlik gemeenskap daaraan! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" spesifiek na "vleeslike gemeenskap".  Enige iemand wat seks gehad het, word gesien as "besoedel", maar nie noodwendig gesien as "besoedel deur sonde" nie want in die huwelik word hierdie besoedeling nie gesien as "sonde" nie (1 Kor. 7:28);  maar in feitlik alle ander kontekste word "besoedeling dmv seks" wel gesien as "besoedeling deur sonde" (behalwe gevalle soos bewaring van nageslag (Deut. 25:5-10)). Ons moet verstaan die belangrikheid van hierdie onderwerp en hoe meeste "sondes gepleeg deur gemeenskap" bloedskuld veroorsaak, wat ook terloops "die land besoedel". Hierdie sondes moet ernstig opgeneem word en Christene wat sulke sondes pleeg, moet dit bely en neerlê want geen onreine (besoedelde) sal die koninkryk van God sien nie!

"Vleeslike gemeenskap" word in die volgende gevalle NIE toegelaat NIE:
- In geval van Hoerery (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13,18; 1 Kor. 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8; 22:15).

Ander gevalle wat spesifiek genoem word en dus in sekere gevalle ook daarop wys dat diesulkes nie met mekaar mag trou nie:
-  Vleeslike gemennskap met jou naaste se vrou (dit geld ook in die geval van "verloof aan") (Lev. 18:20; 19:20; Num. 5:12,13; Deut. 22:22,23)(Hebr. 13:4; Rom. 2:22; Matt. 5:27,28);
-  Vleeslike gemeenskap met jou broer se vrou, en as 'n man sy broer se vrou neem (Lev. 20:21 geen kinders- vgl. met Ps. 109:13)(Matt. 14:3,4-vb. van Herodias; Luk. 3:19; Mark. 6:17);
-  'n Manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man; of vrou met 'n vrou (Lev. 18:22; 20:13; Rom. 1:26,27,29)(Gen. 19:5-8)(verwysing Rig. 19:22-25)(Ef. 4:19; 1 Tim. 1:10; Jud. 1:7);
-  'n Man of vrou wat vleeslike gemeenskap het met 'n dier (Lev. 18:23; 20:15; Deut. 27:21);
-  As 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het (Lev. 20:11; Deut. 20:30);
-  As 'n man met sy tante gemeenskap het (Lev. 20:20; Lev. 18:14);
-  'n Man wat met sy suster, of die dogter van sy vader of moeder gemeenskap het (Deut. 27:22; 2 Sam. 13:1,14; Eseg. 22:11; Lev. 20:17; 18:9);
-  'n Man wat met sy skoonmoeder gemeenskap het, of waar 'n man en sy seun gemeenskap het met dieselfde meisie (Deut. 27:23; Amos 2:7);
-  As 'n man met 'n vrou wat onwel is (en i.g.v. bloedvloeiing), gemeenskap het (Lev. 20:18; Eseg. 23:10);
-  As 'n man met sy skoondogter gemeenskap het (Lev. 20:12; 18:15; Eseg. 22:11)(maar in sekere gevalle toelaatbaar soos Deut. 25:5-10; Gen. 38.., ter wille van bewaring van nageslag;  -vgl. dit ook met dogters wat met vader gemeenskap gehad het sodat hulle die geslag in die lewe kon hou - Gen. 19);

Gevalle van verkragting (of waar 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n verloofde meisie of nie-verloofde jongmeisie):
-  In geval van vleeslike gemeenskap met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is (Lev. 19:20)(hierdie geval was nie hanteer soos bloedskuld nie, maar die persoon het ook gesondig...).
-  In die geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat verloof is, is hulle altwee skuldig as die meisie geensins aandui dat sy ontevrede is terwyl die daad plaasvind nie (Deut. 22:23,24), maar as hy haar verkrag, dan is slegs die man skuldig (Deut. 22:25);  daarom, in geval van VERKRAGTING is natuurlik nie altwee skuldig nie, maar slegs die verkragter (Deut. 22:25);
-  In geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat nie verloof is nie (m.a.w. altwee het williglik gemeenskap), word dit van hom verwag om met haar te trou en mag hy haar nooit verstoot solank hy lewe nie (Deut. 22:28,29).

Uitsonderlike gevalle:
-  (Lev 18:6 - "Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE").  Hierdie wet word verskillend vervul in verskillende gevalle.  Kyk ons na die vb. van Gen. 19 waar die dogters gemeenskap het met hulle vader sodat hulle die geslag in die lewe kon hou, is dit baie soos die geval in Gen. 38 waar gemeenskap tussen 'n man en sy skoondogter toegelaat is terwille van om die geslag in die lewe te hou;   en ook Deut. 25:5-10 van gemeenskap tussen 'n man met sy broer se vrou (in hierdie geval waar die broer dood is), wat ook toegelaat is terwille van OM DIE GESLAG IN DIE LEWE TE HOU. Dit gaan dus hier oor die nakom van die tweede gebod en a.g.v. barmhartigheid waarom dit toelaatbaar is (kan vgl. word met hoe die Sabbat steeds geheilig word al doen iemand "werke uit barmhartigheid").  Vir die menslike geslag om voort te plant, moes die eerste mense met hulle naaste bloedverwante trou, maar later is iets anders verwag (Lev. 18:6).  Hier sien ons hoe sekere wette ook verskillend vervul word in verskillende tydperke ("bedelings"), maar l.w. dat dit die Here is wat besluit (nie mense nie!) wat toelaatbaar is en wat nie.

Waar die woord "beken" gebruik word:
-  Die woord "beken" is die Hebr. woord "yah-dah" wat beteken "om te KEN". Dit is eers wanneer twee mense wat in die huwelik is, mekaar kaal sien en gemeenskap het, wanneer hulle mekaar regtig "ken".  Dit is duidelik volgens Gen. 4:1 dat hierdie woord spesifiek verwys na vleeslike gemeenskap, want die skrif verklaar verder dat sy a.g.daarvan (a.g.v. "beken") swanger geword en 'n seun gebaar het.

-  Dieselfde woord word gebruik in Gen. 4:17 en 25, 38:26; 1 Sam. 1:19;  asook in Gen. 19:5,8 van die manne van Sodom wat die manne wat by Lot se huis ingegaan het (die 2 engele), wou beken. Dit is duidelik dat hierdie manne van Sodom nie net hoereerders was nie, maar ook geen probleem daarmee gehad het om as mans met ander ander mans omgang te he nie.

-  Dieselfde woord word ook gebruik in die geval van Matt. 1:25, toe Maria swanger bevind is uit die Heilige Gees, nog voordat sy en Josef bymekaargekom het - volgens v.25 het hy haar glad nie beken nie vir die hele tyd verder van haar swangerskap (selfs nadat hulle getroud is).

-  Op verskeie plekke word ook van jongmeisies wat nog maagde is die woorde gebruik:  "geen man het haar beken nie" (Gen. 24:16; Gen. 19:8; Rig. 11:39).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skaamte ontbloot:
(Hebr. woord "er-vaw" - "nakedness" / kaal)
Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar dit word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind (en verwys dus ook na gevalle waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie):
Bv.:   In die volgende gevalle mag jy nie iemand se skaamte ("nakedness") ontbloot nie:
- naaste bloedverwant (Lev 18:6)
- jou vader en moeder (Lev 18:7)
- die vrou van jou vader (Lev 18:8)
- jou suster, die dogter van jou vader of moeder / dogter van jou vader se vrou (Lev 18:9,11; 20:17)
- jou seun se dogter of dogter se dogter(Lev 18:10)
- jou vader se suster (Lev 18:12; 20:19)
- jou moeder se suster (Lev 18:13; 20:19)
- jou vader se broer, of sy vrou wat jou tante is (Lev 18:14)
- jou skoondogter (Lev 18:15)
- jou broer se vrou (Lev 18:16)
- 'n vrou en haar dogter (Lev 18:17)
- susters terwyl altwee in lewe (Lev 18:18)
- 'n vrou wat menstrueer (Lev 18:19)
Wat presies word bedoel met "skaamte ontbloot"?  
(Lev 20:11 - "En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle"  /  Lev_20:20 - "En as ‘n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe" / Lev_20:21 - "En as ‘n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees"). Buite-egtelike gemeenskap en hoerery veroorsaak dat dit wat veronderstel is om in die geheim tussen mense gedeel word, "ontbloot word" deur iemand wat nie veronderstel is om hulle naaktheid te sien nie. In die geval van die huwelik word dit toegelaat om mekaar se skaamte te sien.  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar, bv. (Lev 18:8 - "Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader"). In sekere ander gevalle, soos in die geval van waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om sy naam te laat voortleef, word dit toegelaat dat hy sy broer se skaamte ontbloot.

Beeldspraak:
Vgl. dit met: Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het", (Eseg. 16:37)  daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien".  Hier sien ons, alhoewel ook beeldspraak, die verband tussen "skaamte ontbloot" en "naaktheid". (Eseg. 23:18; Hos. 2:10).  Vgl. ook met die beeldspraak in Openb. 16:15 wat ook verwys na hoe die een wat nie sy klere bewaar nie,  blootgestel sal word...:  -(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").

Naak/te:
Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat eers gekom het net na die sondeval (Gen. 2:25; 3:7) - omdat hulle geeet het van die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 3:11).  Hulle het m.a.w. die kennis gekry van goed en kwaad (Gen. 3:22).  Ons weet dat die straf vir hierdie "erfsmet" die (fisiese) dood is (Gen. 2:17) - dit moet egter nie verwar word met die tweede dood (wat die "vloek"/straf is vir daadsondes) nie. Die geestelike betekenis van naaktheid in die skrif gaan dus oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom in hierdie skaam naakte posisie bevind (Openb. 16:15). Almal moet voor die oordeelstoel verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind en hulle geheime ontbloot:  - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7).  (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html). ("Wit klere" verwys egter na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5)).

Toe Adam en Eva se "oë oopgaan" en hulle gewaar het dat hulle naak is, het hulle vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak (Gen. 3:7), maar die Here het vir hulle 'n uitnemender weg gewys en vir hulle rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek (Gen 3:21). Hier sien ons hoe barmhartig die Here is.  Ons moet ook barmhartig wees teenoor die wat (in nood) "naak" is en vir hulle klere gee (Jak. 2:15; Matt. 25:36,38,43,44). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)(en op dieselfde wyse "geestelik" sal die wat "naak" is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal).  Selfs in die lewe vandag waar ons baie naaktheid sien in die media, is dit steeds ongehoord om kaal in die publiek te verskyn.  Dit is net eenvoudig nie geoorloof nie, en dit was nooit geoorloof nie - kyk maar die vb. van Noag wat dronk en naak in sy tent gelê het (Gen. 9:21-28).  Sem en Jafet het hom bedek sonder om sy naaktheid te kyk, maar Gam het die ander broers geroep om Noag se naaktheid aan te sien, en vir hierdie optrede was Gam vervloek. Vir iemand om naak rond te loop is 'n skande. So sal die wat eendag naak voor die Here staan, in skande wees...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (2)(getroudes)


Hierdie is die tweede pos in 'n reeks van poste getiteld, "trou, skei en hertrou". 

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:

--------------------------------------------------------------
(1)  "GETROUDES":

Die woord "getroude" wys op "'n vrou wat haar verbind het aan 'n man" of " 'n man wat 'n vrou geneem het" - getroude is die Gr. woord "gam-eh'-o", wat verwys na "om te trou" ('n vrou neem).

-Die woord TROU verwys na 'n verbintenis tussen 'n man en 'n vrou (soos Adam en Eva)(Gen. 2:24, Matt. 19:5, 1 Kor. 6:16).

-"Getroud" verwys nie na verbintenis tussen twee mense van dieselfde geslag nie (en is terloops nie reg in die huidige bedeling alhoewel dit verkeerd was in die vorige, soos sommige glo nie) - sonde word nie vervul soos ander wette asof dit in 'n sekere bedeling verkeerd en in 'n volgende toelaatbaar is nie; sonde is in elke bedeling "sonde" (Rom. 1:18-27, Lev. 18:22...).

- "Getroud" verwys gewoonlik een man en vrou wat aan mekaar verbind is: In die eerste gemeentes was mans beveel om net "een vrou te he" (1 Tim. 2:3; Tit. 1:6), veral in die geval van opsieners. Of dit verkeerd is om meer as een vrou te he, is natuurlik debateerbaar.  Alhoewel dit toegelaat was dat 'n man meer as een vrou kon he in die Ou Testament, is dit ook duidelik dat dit nooit God se oorspronklike bedoeling was nie.  En l.w. dat dit is a.g.v. hoerery (a.g.v. sonde) wat dit nie toelaatbaar is nie - om daardie rede skryf Paulus dat 'n man slegs een vrou mag he, en 'n vrou slegs een man. (kyk ook opsomming, onder).

- "Getroud" verwys nie na geskeides wat "weer trou" nie (alhoewel weduwees en wewenaars weer mag trou - kyk vorige pos vir voorwaardes).  Alhoewel dit in die wereld toegelaat word en hanteer word soos 'n huwelik wanneer geskeides weer trou, is dit nie die wil van die Here nie.  In so 'n "wereldse huwelik" is hulle volgens die skrif nie regtig getroud nie, maar leef in sonde terwyl hulle getroud is en staan dan as hoereerders bekend, maar natuurlik is hierdie nie die standpunt waarvan alle Christelike kerke uitgaan nie! Verseker 'n debateerbare punt, en vir skrifte sal in die volgende pos meer daarna gekyk word.  Daar is blykbaar ou geskrifte wat bewys dat die eerste gemeentes geglo het dat geskeides glad nie weer mag trou nie, en dit wil voorkom of hierdie ook Jesus se standpunt was! (Luk. 16:18).  Hy is immers die hoof van die kerk, so ons moet na Hom luister. In die gevalle waar twee geskeides in die eerste gemeentes getrou het, was dit blykbaar van hulle verwag om te skei van mekaar (?) - in so 'n geval is dit nie sonde wanneer hulle skei nie, want na regte is hulle nie werklik "getroud" nie en leef in sonde solank hulle (volgens die wereld) "getroud" is... (Mark. 10:9, Rom. 7:2, 1 Kor. 5:1,2...).Jesus het geleer dat elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een TROU, pleeg egbreuk... (in ander woorde, so iemand sal geoordeel word vir die feit dat hy die eg gebreek het, en wat dit dus beteken is dat die geskeide nog in eg is!). 

 - "Getroud" beteken dat die verbintenis is "tot die dood": (gebind aan mekaar tot die een sterwe). Dit is waarom die Skrif beveel dat 'n geskeide nie weer mag trou nie, en waarom iemand ook nie 'n geskeide mag trou nie..(Luk. 16:18; Mark. 10:11,12).  Eers wanneer die een doodgaan, is die ander een weer vry om te trou (maar dan mag hy/sy natuurlik ook nie met 'n geskeide trou nie). (Rom. 7:2...). Hierdie siening het baie verander, is dit miskien 'n tekort aan kennis?

 Volgens Paulus is dit beter om ongetroud te bly, maar wanneer twee ongetroudes van begeerte brand, moet hulle liewer trou (sodat hulle nie hoereer nie)(1 Kor. 7:8,9).  Dit is dus verkeerd vir twee verliefdes om saam te bly in 'n seksverhouding sonder dat hulle in die huwelik verbind is. In die O.T. was dit ook verwag dat 'n man met 'n vrou trou as hy met haar seks gehad het buite die huwelik - Deut. 22:28,29 (behalwe natuurlik in die geval van verkragting - in so 'n geval moes die verkragter doodgemaak word - Deut. 22:25). Dit is moeiliker vir die GETROUDE om die Here as Eerste Liefde te behaag, en selfs getroudes moet leef asof hulle ongetroud is (1 Kor. 7:29-35);  -ja, getroudes moet mekaar behaag en liefhe, en ja, dien ook mekaar, maar die Here moet steeds hulle eerste Liefde wees (die feit is, in 'n getroude lewe is dit moeiliker omdat julle ook mekaar behaag).

- 'n Getroude mag nie egbreuk pleeg nie (egbreuk word tipies beskryf as iemand wat "skei en hertrou", alhoewel, nie a.g.v. van 'n maat wat hoereer het nie... / Matt. 19:9). 
 
-  Gelowiges gaan nie trou in die hiernamaals nie. (Matt. 22:30, Mark. 12:25, Luk. 20:34).

-  Sommige mense is onbekwaam om te trou.  (Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------



------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
==================================
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.

(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,

(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Eks. 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Eks. 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GESKEIDE WEER TROU, WORD DIT NIE AS "TROU" GESIEN NIE, MAAR SOOS "HOERERY".  DAAROM, WANNEER TWEE MENSE "WEER" TROU, EN EEN VAN HULLE, OF ALBEI SE LEWENSMAATS NOG IN DIE LEWE IS, DAN IS DIT NIE SONDE VIR HULLE OM "TE SKEI" NIE, WANT EINTLIK LEEF HULLE IN SONDE TERWYL HULLE "GETROUD" IS;  INTEENDEEL, IN SO 'N GEVAL WORD DAAR VERWAG DAT HULLE MOET SKEI, WANT SOLANK HULLE SAAMBLY (hetsy in 'n seksverhouding of "getroud), LEEF HULLE IN SONDE EN IS HOEREERDERS.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

-  kyk ook die vb. van hoe Johannes die Doper vir Herodus vermaan het, en vir hom gese het dat dit hom nie geoorloof is om sy broer se vrou te he nie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.