Neem kennis dat hierdie pos IS BESIG OM HUIDIGLIK HERSIEN TE word. In hierdie pos word daar op verskillende voorbeelde ingekyk rondom "skei en hertrou" - die pos is nie bedoel om lering te gee nie, bloot om veskillende punte rondom die tema te ondersoek en te bespreek.
Vir ander poste in hierdie reeks, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html (getroudes)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Betekenis van die woord "skei/egskeiding".
- Moontlike uitsonderings vir "hertrou"
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Daar is nie veel voorbeelde van "hertrou" in die Skrif nie, maar daar is gevalle..., bv. natuurlik die geval waar 'n huweliksmaat afgesterf het, want die huweliksverbond is dan verbreek (Rom. 7:2,6), nl. WEDUWEES EN WEWENAARS (word hanteer soos "ongetroudes" en kan weer trou, alhoewel daar is 'n paar voorwaardes aan hulle gestel word in die geval van hertrou).
GESKEIDES word NIE gesien soos ONGETROUDES NIE (want dit wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie, ook nie 'n skeibrief nie!/Matt. 19:6; Mark 10:9. Dit is slegs die dood wat die wet verbreek waaronder getroudes is/Rom. 7:2). Dit is op hierdie punt waar baie Christene verskil.., maar Jesus Christus het 'n stelling gemaak dat as 'n geskeide WEER TROU, hy/sy egbreuk pleeg (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk")(duidelik was Hy ook nie van die siening dat geskeides "ongetroudes" is wat weer kan trou nie, want jy kan slegs die sonde van egbreuk pleeg as iemand in eg is...). Bv., as 'n man 'n geskeide vrou trou, pleeg hy egbreuk (want in die Here se boeke is sy in eintlik nog 'n getroude vrou!) - ons moet dus verstaan wat met die woord GESKEI bedoel word (en in hierdie pos kyk ons o.a. daarna). Wat EGBREUK aanbetref is dit natuurlik nie net fisies hoe iemand hierdie sonde kan pleeg nie, maar selfs as iemand na 'n getroude kyk om hom/haar te begeer, pleeg hy/sy egbreuk in die hart (egbreuk is 'n sonde vd vlees (dit besoedel die gewete), maar dit breek nie die eg nie. Bestudeer gerus die tema van "egbreuk"; bv., as jy egbreuk in jou hart gepleeg het beteken dit nie dat omdat jy die getroude begeer het, hulle huwelik gebreek is nie - die begrip "egbreuk" beteken nie die huwelik is gebreek nie). Natuurlik gaan ons ook op hierdie pos stilstaan by moontlike voorbeelde waar HERTROU inderdaad toegelaat is/word. Die Christen wat bv. weer wil trou, bv. weduwees en wewenaars, word aangemoedig om "in die Here " te trou, bv. met 'n ander gelowige te trou, nie 'n ongelowige nie (1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here"). En natuurlik mag sy/hy dan ook nie met 'n geskeide trou nie... (Matt. 19:9; Luk. 16:18), want as jy dit doen pleeg jy egbreuk. In hierdie pos gaan ons ook vinnig kyk na 'n paar uitsonderings wat deur kerke gemaak is vir "hertrou" (maw, ons kyk na gevalle waar dit somtyds toegelaat word).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "SKEI / EGSKEIDING":
Die woorde "skei" en "egskeiding" word somtyds verskillend beskryf, wat op beurt deur sommige gebruik word om hertrou te regverdig. Wanneer verwys dit na bloot skeiding?, en wanneer verwys dit na die verbond is gebreek? Dit is belangrik om hierop in te kyk, want as geskeides 'n verkeerde begrip het hieroor, dan kan hulle hulself in 'n onwettige huwelik dompel sou hulle hertrou.
Die woord "skei" in die konteks van egskeiding is
- die Griekse woord " kho-rid'-zo", wat kan beteken "om weg te gaan" of te verdeel in die sin van "separate" (depart or put asunder)(1 Kor. 7:10,11,15; Mark. 10:9); of
- die woord " ap-ol-oo'-o", wat kan beteken "om vry/los te maak" (release, dismiss, relieve, pardon, put(send) away, set at liberty)(Luk. 16:18; Mark. 10:2,4,11,12; Matt. 19:6-9).
Die manier hoe die woord "skei" dus beskryf word in die skrif (en ook so verstaan word deur baie geleerdes), is nie dat dit 'n totale verbreking is van die huweliksbond nie, maar slegs verwysend daarna dat die twee glad nie meer bymekaar hoef te bly nie. Na regte is dit nie goed vir paartjies om onbepaald van mekaar weg te wees nie (terwille van begeertes/1 Kor. 7:3-5). Die Here haat egskeiding, en hierdie is sekerlik een van die redes waarom Hy dit haat. Met egskeiding word die een van wie geskei word weggestuur en losgemaak van die huweliksverpligtinge, maar dit beteken nie dat die wet wat hulle as getroudes verbind, verbreek is nie. Dit is slegs die dood wat die huweliksverbond breek/Rom. 7:2 - Jesus het ook geleer dat geen mens kan skei wat God saamgevoeg het nie... GESKEIDES mag nie trou solank die ander nog in die lewe is nie, tensy (?)........ (en ons sal op 'n volgende paragraaf kyk na moontlike uitsonderings/toelatings). Geskeides word gesien asof hulle steeds getroud is, alhoewel hulle nie meer bymekaar bly nie. Dit wil voorkom of hierdie siening ook Jesus se siening as, asook die manier hoe die eerste gemeentes dit verstaan het..., nie soos dit oor die algemeen vandag verstaan word dat dit 'n verbreking is vd huweliksverbond nie. In die eerste gemeentes was geskeide vrouens bv. o.a. beveel om ongetroud te bly en weer met hulle mans te versoen indien moontlik (1 Kor. 7:11).
-------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk in op verskillende Gr. woorde wat rondom hierdie tema gebruik word, om beter te verstaan wat die verskil is tussen "verbrekeing" en "losmaking":
Die beste manier om te te sien wanneer bedoel dat die huwelik gebreek is, is sekerlik om te kyk na Rom. 7:2,3 wat leer dat wanneer die man sterf, die vrou nie meer gebonde is nie... (ons mag miskien ook hier inkyk op 1 Kor. 7 waar die ongelowige van die gelowige skei en die gelowige nie meer gebonde is nie... - is dit dieselfde Gr. woord?). (1) Kom ons kyk eers na Rom. 7:2,3:
(Rom 7:2) Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde ("deh'-o", bind, be in bonds, knit, tie, wind.); maar as die man sterwe, is sy ontslae ("kat-arg-eh'-o" - "loosed")(to be (render) entirely idle (useless), literally or figuratively: - abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void.) van die wet van die man.(Rom 7:3) Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde Griekse woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit bv. meer verwys na "parden"), want dit het in hierdie geval eerder die betekenis van "abolish" (kat-arg-eh'-o - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void..."). WAT ONS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou dan nie meer onder wet aan haar man verbind is nie), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS "skei" in ander skrifte, soos in die GEVAL VAN EGSKEIDING NIE. (2) Vgl. dit met (1Kor. 7:39 - " ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry ("el-yoo'-ther-os"- unrestrained (to go at pleasure), that is, (as a citizen) not a slave (whether freeborn or manumitted), or (generally) exempt (from obligation or liability): - free (man, woman), at liberty.) om te trou met wie sy wil, maar net in die Here). 'n Man en vrou wat getroud is is "slawe van mekaar", maar wanneer die een sterf is die ander een vry (en dit is hoekom hierdie skrif dit duidelik maak dat in so 'n geval, die ander een weer kan trou want hy/sy word nou soos 'n "ongetroude" gesien - vgl. dit met Rom. 7:3 wat leer dat SOLANK DIE MAN LEWE, DIE VROU EGBREUK PLEEG AS SY SKEI EN MET 'N ANDER TROU, wat beteken dat al kry sy 'n egskeiding, is sy NIE VRY nie). Let gerus op die beginsel van "slaafskap" in hierdie skrif (dieselfde beginsel in ons verbintenis met die Here, en hoekom dit verkeerd is om "geestelik te hoereer"). (3) Dieselfde beginsel van "slaafskap" word ook na verwys in (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde ("doo-lo'-o", to enslave (literally or figuratively): - bring into (be under) bondage, X given, become (make) servant.) nie. Maar God het ons tot vrede geroep"). Hierdie is een van twee redes waar hertrou (na egskeiding) gewoonlik toegelaat word deur Christelike kerke, ...nl. die geval waar die gelowige wat van die ongelowige geskei is, toelaat word om weer te trou, en dan met 'n ongelowige.
Sommige leermeesters beweer dat die ontvang van 'n skeibrief anders is as om bloot te "skei" (weggestuur te word), bv. dat om te skei beteken die huweliksbond is nog nie verbreek nie, maar dat dit verbreek is wanneer 'n skeibrief gegee word (?) - ...Dit lyk egter nie of hierdie redewyse klop met wat die Skrif leer nie!
--------------------------------------------------------------------------------
In meerste skrifte waar daar na egskeiding verwys word, word die woord "ap-ol-oo-o" gebruik
(Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18).
Om die woord beter te verstaan, kom ons kyk wat dit in konteks beteken in ander gevalle (bv. waar dieselfde Gr. woord gebruik word, maar dit nie in konteks is van egskeiding is nie): (1) Die woord word bv. as spreek "vry" vertaal in Luk. 6:37 (in die engels vertaal as "forgive"); as ons vryspreek sal ons vrygespreek word - ons sien dat in hierdie konteks die woord eerder verwys na vergifnis (nie iemand kwalik neem, oordeel, veroordeel nie), wat nie in die konteks van 'n "bond verbreek" gebruik word nie - vgl. hierdie met die volgende punt. (2) Vgl. dieselfde Gr. woord ook met Matt. 18:23-35: (waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken...). In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is (en dit nie kon betaal nie), kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit... (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Hy het nie van hom verwag om hom verder te betaal nie - kyk gerus hoe hierdie konteks inskakel by bg. van vergifnis/is vry. In die geval van egskeiding, word die een wat laat gaan word, vrygespreek van die verpligtinge van die huwelik, maar dit beteken nie dat die bond outomaties verbreek is nie, bv. as ons verder lees is Matt. 18 is dit duidelik dat hy nie vry was van sy bond aan die wet nie. Ons moet verstaan dat hierdie nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie, want as dit was dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie! (Matt. 18:32-35). Sou sy skuld bv. "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy logies gesproke nie later oorgegee word aan die pynigers nie; dus, "vryspreek" (die woord "ap-ol-oo-o) word vir ons in hierdie geval mooi verduidelik dat dit nie beteken iemand is "los" nie. Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HY SELF KWYTGESKELD!, omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie... (want hy is nog onder wet)(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26). Op ditto wyse is die vrou wat van haar man skei, verskoon, maar behoort steeds aan die man. Ons kry dieselfde probleem wanneer Christene wilde stellings maak dat hulle nie onder 'n wet is nie omdat hulle "vry" is!(?) - om vry te wees beteken nie dat jy nie onder wet. Dit is duidelik dat hierdie tema maar net nie altyd goed verstaan word nie..; bv., om vry te wees van die wet van Moses, beteken nie dat jy nie meer onder die Here se wet is nie (die wet mag miskien anders vervul word in hierdie bedeling, maar jy is steeds onder wet! (weergeborenes is bv. onder die wet van Christus, onder die wet van die Gees). DIESELFDE MET DIE GESKEIDE VROU! (Rom 7:1 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?"). Hierdie fout word gemaak omdat ons nie altyd verstaan wat egskeiding beteken nie, want alhoewel die vrou wat "laat gaan word" vry is, beteken dit nie dat sy nie meer onder slaafskap is nie... (want sy is nog aan daardie wet gebonde solank altwee lewe). Vry in een opsig, ja, maar steeds gebonde aan die wet. Dit is duidelik dat die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 nie dieselfde is as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie. (3) Vgl. dit gerus met 1 Kor. 7:10,11 en 15 waar die woord "skei" wat daar gebruik word, die woord (kho-rid'-zo) is, wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate"). Skei breek nie die bond nie, maar plaas ruimte tussen die twee. (4) Dieselfde Griekse woord word gebruik in Luk. 13:12 wat verwys na hoe 'n vrou verlos is van 'n gees van krankheid... (Luk. 13:16), wat verwys na hoe sy nie meer daaronder lei nie (is vry van haar lyding). Egskeiding is gewoonlik soos "verlossing", en hierdie is die rede waarom egskeiding somtyds toegelaat word... - God haat egskeiding en dit is nie goed vir paartjies om lang tye van mekaar af weg te wees nie, maar in sekere gevalle word egskeiding toegelaat ter wille van barmhartigheid (bv. waar die ander een 'n harde hart het, ens.).
Wat het Jesus hieroor geleer, en hoe het die eerste gemeentes dit verstaan?
In Matt. 5:32 en 19:9 verklaar Christus dat niemand om enige rede mag skei nie...; ook, dat die een wat 'n geskeie trou, egbreuk pleeg! Die sonde egbreuk kan slegs geskied teenoor 'n eg...; dit beteken dus dat die geskeie nog eintlik "in eg" is! (is nog onder die verbond), alhoewel hulle "geskei" is... In die vorige paragraaf het ons tereg gesien dat die Skrif leer dat dit slegs die dood is wat die huwelikbond kan verbreek. Met egskeiding is iemand inderdaad vry om te gaan, ja, maar nie vry van die bond nie (hulle is eers vry van daardie bond/slaafskap wanneer een van hulle sterf). Jesus het o.a. geleer dat GEEN MENS DIT WAT GOD SAAMGEVOEG HET, MAG SKEI NIE: (Matt. 19:4-6 - "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Dit is hierdie juiste punt wat baiemaal gebruik word om te bepaal of 'n bepaalde huwelik inderdaad as 'n huwelik gesien kan word..., in welke geval dit beteken dat sou so 'n paartjie skei, hulle weer kan trou. Wanneer is 'n huwelik deur die Here saamgevoeg, en wanneer nie? Word alle huwelike gesien as "deur die Here saamgevoeg"? Ons moet hier onderskei tussen huwelike wat geoorloof is, en die wat nie is nie (hierdie word beter behandel in die volgende paragraaf).
Net soos ons, het baie van die volk van God ook nie altyd reg verstaan wat met egskeiding bedoel word nie, en in Matt. 19:10 sien ons hoe verbaas die dissipels hieroor was - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie". Christus het vir ons die waarheid hieroor kom leer en gewys hoe ons eintlik oor egskeiding moet dink. Alhoewel geskeides "geskei" is, word hulle steeds gesien as "een" solank altwee lewe... ("een vlees" - Matt. 19:6), ..... en hierdie feit word ook weer verder bevestig in 1 Kor. 7:39 (alhoewel sommige geleerdes ook verskillende reels hier toepas vir mans as vir vrouens, wat veral te doen het met mans wat meer as een vrou gehad het (alhoewel God dit ook nie so bedoel het nie), en die kwessie van "onwettige huwelike" is natuurlik ookp die tafel...). Baie geskeides wat hertrou het, is bloot in 'n kerk wat dit toelaat en weet daarom nie regtig wat die skrif hieroor leer nie - amper asof hulle "onwetend" is en glo watookal hulle kerk of predikers daaroor glo (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html). Sommige het dit reg, sommige het dit verkeerd, sommige het dit half reg... - en aan die einde vd dag is die belangrikste dat ons die Here gehoorsaam (ons is immers onder Sy wet!, al is ons vry!). Elkeen sal eendag voor die Here staan en self verantwoording moet doen, en kerke sal ook moet verantwoording doen vir wat hulle toegelaat het. Die wat (wetend) in 'n onwettige huwelik is, pleeg egbreuk, en wat sal tog van so 'n Christen word sou hy/sy in 'n onwettige huwelik bly tot die dood (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html) en dus sterf as " 'n egbreker"? En hoe sal dit sy saligheid beinvloed?, siende die skrif verklaar (l.w. dat die skrif gerig was aan Christene!) dat geen egbreker die koninkryk van God sal ingaan nie (1 Kor. 6:10). Dit is verseker nie 'n onderwerp wat ligtelik opgeneem moet word nie, en predikers moet versigtig wees wat hulle preek en toelaat. Net so het elke Christen ook self 'n verantwoordelikheid om "die Here se wil te soek" (Hom te raadpleeg) in elke besluit wat hulle neem.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na moontlike uitsonderings vir "hertrou":
(1) Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Hierdie vers word baiemaal interpreteer as 'n rede vir hertrou; bv., as jou huweliksmaat hoereer mag jy skei van haar, en weer trou... (maar is dit korrek?). Ons moet egter kennis neem dat die konteks van hierdie skrif ten eerste nie gegaan het oor hertrou nie, maar oor "skei"... (nl. wanneer dit toelaatbaar is om te skei, nie wanneer "hertrou" toegelaat word nie)(Matt. 19:3-8). Dit is waar interpretasie inkom... (ook siende ons uit die ander soortgelyke skrifte nie dieselfde afleiding kan maak nie). Hierdie is beslis die rede waarom geleerdes somtyds verskil hierop, asook die feit dat die Skrif leer dat dit slegs die dood is wat die huweliksbond verbreek. In die O.T. het baie mans meer as een vrou gehad en klink dit logies dat 'n geskeide man (wie se vrou hoereer het) weer kan trou, maar let daarop dat in die N.T. mans uitdruklik beveel word om elk net een vrou te he. Vgl. ons dit met soortgelyke verse soos Matt. 5:32, sal ons bv. ook sien dat geen van die ander vb.e waarvan die bewoording min of meer dieselfde lui, 'n uitsondering gee waar "hertrou" regverdig word of dit so skyn te wees nie: Matt. 5:32 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. Kom ons kyk na nog skrifte om te sien of ons dit beter kan verstaan, bv. Rom 7:1-3 - ("Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.") Hierdie skrif maak dit baie duidelik vir ons DAT AS 'N VROU WAT GESKEI IS WEER TROU terwyl haar ander man nog in die lewe is, sy dan 'n egbreekster genoem word (duidelik OMDAT SY NOG NIE VRY IS VAN DIE WET WAARDEUR SY AAN HAAR LEWENDE MAN GEBONDE IS nie; vry van die verpligtinge/werke, ja, maar nie vry van die bond/wet nie). In ander woorde, daardie man is ook nog aan die vrou verbind! In ander woorde, as die man WEER TROU, dan pleeg hy ook egbreuk teen haar! (Luk. 16:18; Mark. 10:11,12). Dit wys vir ons dat wanneer twee mense skei hulle volgens wet steeds aan mekaar verbind is (al het hulle ook 'n skeibrief), omdat God hulle EEN gemaak het (Matt. 19:4-6) - wat God saamgevoeg het mag NIEMAND SKEI NIE. Geen huwelik kan deur 'n skeibrief geskei word van die wet waaronder hulle gebonde is nie - dit is slegs met die dood van een van die huweliksmaats wat die ander een dan vry is van hierdie wet (Rom. 7:1-3). Die Here neem ede ernstig op! Daar is verseker redes waarom mense toegelaat word om te skei, Ja, maar ook in daardie geval is dit steeds 'n sonde wanneer een van hulle WEER TROU (met begeerte na iemand anders kyk) = die sonde van "egbreuk" (is 'n sonde..., nie soos ons baiemaal dink "egbreuk" beteken dat die bond gebreek is nie). Dit moet altyd 'n paartjie se wens wees om weer te herenig nadat hulle geskei is, en waar dit nie moontlik is nie, word hulle beveel om ongetroud te bly... (1 Kor. 7:10,11). DIT IN AG GENEEM, WIL DIT NIE REGTIG VOOORKOM OF MATT. 19:9 GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR "HERTROU" NIE; TOG VERSKIL GELEERDES HIEROOR OMDAT DIT GAAN OOR INTERPRETASIE. MEESTE CHRISTELIKE KERKE IS VANDAG VAN MENING DAT IEMAND WAT SKEI OMDAT SY MAAT HOEREER HET, WEER KAN TROU, maar dit is beslis iets om weer op in te kyk. Miskien kan daar gevalle wees waar die Here hertrou toelaat (?), siende daar gevalle is waar hy egskeiding toelaat..., maar dit is iets waaroor die Here geraadpleeg moet word, want dit maak nie sin dat iemand wat nog onder huweliksbond is kan hertrou nie.
(2) Kom ons kyk na nog 'n moontlike vb. waar "hertrou" toegelaat word, en hierdie vb. kan net sowel aanskakel by die vorige paragraaf. Deut. 24:1-4: ("As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). Die huwelik word gesien as REIN en moet inderdaad "skoongehou" word.... - as iemand egbreuk pleeg (bv. iemand anders begeer), dan is die persoon wat egbreuk pleeg ONREIN en kan die huwelik onrein maak... (om hierdie beter te verstaan, behandel gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html). VGL. hierdie met Deut. 24:1-4, asook (Jer. 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!"). Hierdie het te doen met wanneer 'n vrou WEER TROU nadat sy 'n skeibrief ontvang het, en dit is dus die "hertrou" wat veroorsaak dat sy ONREIN word... (wat terloops volgens Jer. 3:1 ook die land skandelik ontheilig! - sien die onderwerp van "bloedskuld" - bloedskuld het 'n invloed op die land waarop ons woon). Wat ons hieruit leer is dat almal wat in 'n ongeoorloofde huwelik is, nie net as 'n huwelik gesien kan word wat onrein is nie, maar hulle is ook besig om die land te ontheilig (daar was bv. 'n geval in koning Dawid se tyd waar iemand se bloedskuld hongersnood veroorsaak het vir 3 jaar lank! - 2 Sam. 21:1)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). EGBREUK is 'n ernstige sonde wat bloedskuld veroorsaak (vir 'n studie oor EGBREUK, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html). In die geval van Deut. 24:1-4 sien ons dus dat die rede waarom hy haar nie kan terugneem nie, is omdat sy weer gaan trou het... (en dus so egbreuk gepleeg het); en al is die tweede man oorlede en wil dit lyk of sy van daardie wet vry is, was sy na regte nooit gebonde aan die tweede man nie maar eintlik nog na wet gebonde aan die eerste. Maar nou, nadat sy hertrou het, is sy onrein (dit is waaroor dit veral hier gaan - sy het onrein geword toe sy hertrou - l.w. dat in die geval van Jer. 3:1 was "die vrou" verstoot, maar nie omrede sy onrein was nie maar a.g.v. 'n harde hat of iets dergeliks...) - dit beteken dat die eerste man haar nie kan terugneem nie omdat sy dan die onreinheid in die huwelik inbring. In die O.T. mag hulle nie weer verenig het as die een onrein was nie - Hoekom nie?, want in die O.T. was daar geen offer wat iemand van hierdie soort onreinheid (nl. bloedskuld) kon afwas nie. In die N.T. was Jesus se offer volkome en kan iemand ook reinig van bloedskuld; in ander woorde, vir iemand wat ONREIN geword het deur bv. egbreuk, kan hy vergifnis ontvang as hy dit bely en hom daarvan bekeer (dit was duidelik anders as in die O.T.). Noodwendig kan 'n man 'n vrou terugneem in hierdie geval... (want daar word van ons verwag om ook te vergewe soos die Here vergewe, alhoewel natuurlik op die voorwaardes). DIT IS DUS DUIDELIK DAT ook DEUT. 24:1-4 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE, EERDER BEVESTIG DIT DAT DIE GESKEIDE WAT HERTROU, ONREIN WORD (EGBREUK PLEEG).
(3) Baie wat skei, voel dat as die reëls so streng is, dan moet mens liewer nie trou nie. Die dissipels het ook hierdie rede aangevoer, maar Christus het dit vir hulle as volg verduidelik: (Mat 19:9) "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.(Mat 19:10) Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.(Mat 19:11) Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.(Mat 19:12) Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat".
Wat Christus hier leer is dat daar basies net 2 opsies is:
(1) Trou en aanvaar die reëls, of
(2) bly Ongetroud.
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
(2) bly Ongetroud.
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
Sommige se begeerte na die koninkryk van die hemele is so sterk dat hulle hulself onbekwaam, nl. onbekwaam vir huwelik, sal maak daarvoor (Matt. 13:44), en daar is ook 'n ander vb. van waar iemand hom/haarself onbekwaam maak (vir die huwelik) ter wille van die koninkryk van die hemele, en dit is in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige maar die huwelik die gelowige tot nadeel is, bv. waar die gelowige in dieselfde juk trek met sy/haar ongelowige maat se sondes en sukkel om oorwinning te kry oor die bose... - in so 'n geval is dit beter vir die gelowige om dan liewer te skei (en nie te hertrou nie) as om in daardie huwelik te bly. Paulus stel voor dat die gelowige nie van die ongelowige moet skei nie (1 Kor. 7:12-14), maar natuurlik word egskeiding toegelaat waar omstandighede van so 'n aard is dat die een party ly (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html, en kyk tipiese gevalle waar egskeiding toegelaat word). 'n Huwelik tussen 'n ongelowige en 'n gelowige moet eintlik noodwendig gesien word as onrein, tog word dit terwille van die gelowige geheilig... (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"). Dit is waarom gelowiges nie met ongelowiges mag getrou het in die O.T. nie - die hoop van die gelowige is natuurlik dat die ongelowige maat eendag 'n gelowige sal word en dus rein sal word, maar Paulus verklaar dat as die ongelowige wil skei, die gelowige hom/haar moet laat gaan..., want: (1Kor. 7:16 - "Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Onreinheid pas nie in 'n huwelik nie, maar terwille van die kinders word daardie huwelik geheilig waar een 'n gelowige is - IN HIERDIE KONTEKS BEDOEL DIT MISKIEN DAT DIT GAAN OOR WATTER SOORT GEMEENSKAP...; BV., IN DIE HUWELIK KAN DIE REINE NIE ONREIN WORD DEUR VLEESLIKE GEMEENSKAP NIE, MAAR AS DIE REINE BV. GEMEENSKAP HET MET SY BOSE WERKE OF WATOOKAL, DAN PRAAT ONS VAN IETS ANDERS (in so 'n geval kan die reine deur die onreine onrein word). Waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, word die huwelik geheilig (want wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie!/Hand. 10:9-43)(1 Kor. 7:12-16). In ander woorde, die kwessie hier in 1 Kor. 7 gaan oor "rein en onrein" - dit wil voorkom of wat hy hier bedoel is dat die gelowige nie moet skei van die ongelowige bloot omdat die ongelowige onrein is nie, maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom/haar toelaat om te skei. In so 'n geval, waar 'n gelowige wat van 'n ongelowige skei en hertrou (sou dit toelaatbaar wees)(?), geld dieselfde reel sekerlik as vir weduwees en wewenaars, nl. dat hulle "in die Here moet trou" (1 Kor. 7:39).
(4) (1Kor. 7:27,28) Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar". Hierdie skrif mag voorkom of dit wil weergee dat daar geen oordeel is teenoor die persoon wat hertrou nie (bv. die woorde "is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie; maar as jy tog trou, sondig jy nie). KONTEKS IS BESLIS BELANGRIK OM HIERDIE TE VERSTAAN; bv., die kontek hier gaan oor die feit dat ons "in die staat moet bly waarin ons is", bv. as iemand ongetroud is is dit beter om in daardie staat te bly, maar as jy trou sondig jy nie. Lees gerus die hele gedeelte, en sien hoeveel verskillende voorbeelde genoem word, o.s. val v.27 en 28 onder hulle. Konteks is dus: -(1Kor. 7:24 - "Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God"); hy het o.a spesifiek na die "maagde" verwys in verse 25 en 28, want Paulus het nog altyd geglo dat dit beter is om nie te trou nie! (siende getroudes verdrukking het in die vlees - getroudes is basies slawe van mekaar...). Dit is die konteks - sy bedoeling hier was nie om enige vorige reels rondom huwelik en skei by die deur uit te gooi asof niks daarvan wat hy voorheen (en agterna sou skryf) belangrik was nie! Dit wat hy hier noem maak nie die ander wette rondom huwelik en egskeiding tot niet nie. Hy vra o.a. dat die wat getroud is nie losmaking soek nie... (maar bly in die staat waarin hulle geroep is/bly in die huwelik - die klem is om te bly in die staat waarin jy is)(1 Kor. 7:27), tog dat hulle lewe ASOF hulle ongetroud is!, in die sin van dat hulle BESORG IS OOR DIE DINGE VAN DIE HERE EN HOM MOET BEHAAG (1 Kor. 7:29,32) - Christene is deur Jesus Christus gekoop = slawe van Jesus Christus/1 Kor. 7:22,23 - en hierdie is verseker waarop die klem le. DIT WIL NIE VOORKOM OF HIERDIE VERSE BEDOEL IS OM 'N GESKEIDE DIE REG TE GEE OM TE HERTROU (EN EGBREUK TE PLEEG) NIE.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BESPREKING VAN SPESIFIEKE VOORBEELDE WAAR HERTROU TOEGELAAT WORD:
GESKEIDES MAG NIE WEER TROU NIE.
GESKEIDES WAT HERTROU, PLEEG EGBREUK (Mark. 10:11,12; Luk. 16:18; Rom. 7:2; 1 Kor. 7:39). Daar is na regte geen uitsondering in die Skrif vir HERTROU nie, maar volgens die wet (vd Here) was dit logies in betrokke gevalle - nie omdat iets wat gewoonlik verkeerd is nou toegelaat word nie, maar eerder toegelaat omdat dit in die eerste plek verkeerd was, bv. verbode vorme van vleeslike gemeenskap, of waar iets verbied word.. Bv., (1) in die O.T. was mans somtyds toegelaat om meer as een vrou te hê.. (nie dat dit God se bedoeling was nie, maar dit is toegelaat), en sommige is van mening dat in hierdie gevalle diesulkes (nl. waar 'n geskeide se vrou hoereer het) kon hertrou... (wat dan na regte beteken hy twee vroue het! - een waarvan hy geskei is, en 'n nuwe een). As die Here dit inderdaad toelaat, dan is dit bes moontlik die idee van die begin waarom mans toegelaat was om meer as een vrou te he. Ons sien dat hierdie nie altyd goed verstaan was nie, want die "meer as een vrou" het gepaardgegaan met hoerery, en tereg is dit waarom mans in die N.T. beveel word om elk net een vrou te he (1 Kor. 7:2) Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.). Die ander geval (2) is ook bloot logies..., nl. dat omdat gelowiges nie met ongelowiges (wat in hierdie geval spesifiek verwys na heidene) mag trou nie, word so 'n huwelik gesien as 'n ongeoorloofde huwelik (hulle is besig met 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap) - logies gesproke sal hulle egskeiding nie gesien word soos 'n gewone egskeiding nie, want hulle was in die eerste plek nie wettiglik getroud in die Here se boeke nie!
DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI" (bv. a.g.v. familiegeweld en molestering in die gesin, verharde hart, ens.), en KAN OOK IN UITSONDERLIKE GEVALLE (wat skriftuurlik is) BESLUIT WANNEER IEMAND WEER MAG HERTROU, MAAR HET NIE DIE MAG OM DIE HERE SE OPDRAGTE TE ONTBIND (bv. soos om 'n geskeide toe te laat om 'n onwettige huwelik te betree) NIE. Nooit mag die kerk se oordeel in stryd wees met die Here se opdragte nie. Vir hierdie sake is wysheid van bo nodig. Die kerk sal ook self deur die Here geoordeel word vir hulle woorde... (bv. wat hulle gepreek en toegelaat het); dus kan niemand die kerk kwalik neem as hulle besluit om 'n paartjie nie trou nie (..."en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het").
(1) Wat geskeides aanbetref waarvan altwee huwelikspartye nog in die lewe is, wil dit voorkom of Jesus wel een uitsondering gegee het van HETROU, alhoewel almal nie eens is op die betrokke interpretasie nie (veral wanneer dit vgl. word met soortgelyke skrifte): Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Nie net is dit moontlik vir die geskeide om weer te trou nie, maar dit is ook moontlik vir iemand anders om met die geskeide in hierdie geval te trou... (asof die troue ongeoorloof was?); bv., ongetroudes en weduwees mag nie 'n geskeide persoon trou nie/Luk. 16:18, maar in hierdie betrokke geval is dit moontliik vir 'n meisie/vrou om 'n geskeide man te trou. Die rede waarom hertrou miskien in hierdie geval toegelaat kan word, kan wees omdat mans in die O.T. somtyds toegelaat was om meer as een vrou te he. God laat m.a.w. hertrou toe waar 'n vrou hoereer het, en l.w. dat sommige geleerdes hierdie vgl. met die vb in Deut. 24:1-4, wat beteken dat dit nie verwys na 'n vrou wat hoereer terwyl sy in die huwelik is nie, maar eerder dat sy hoereer het voor die troue en die man dit eers agterna uitgevind het (dit is miskien eerder die rede waarom dit in die eerste plek toegelaat was dat mans somtyds meer as een vrou kon he, soos in die vorige paragraaf genoem (?)). Hierdie is die enigste werklike rede waarom iemand (wat geskei is van 'n wettiglike huwelik) kan hertrou, maar let daarop dat kerke hieroor verskil omdat dit wil voorkom of Jesus dit miskien meer bedoel het hier soos in die geval van Deut. 24:1-4.
Bestudeer gerus die geval in Deut. 24:1-4 om hierdie beter te verstaan (bv., die vrou wat weggestuur word, word onrein as sy weer trou... - wat 'n bewys is dat, ten spyte van die feit dat sy 'n skeibrief ontvang het, die huweliksverbond nie verbreek is nie! - dit is hoekom sy onrein word as sy 'n ander man s'n word). Om dit nog beter te verstaan, kan ons kyk na die vb. in Jes. 50:1 (Jer. 3:8) waarin (die volk) Israel 'n skeibrief van die Here af kry... - duidelik beteken dit nie dat die volk nie meer aan Hom behoort nie! (in ander woorde, die verbond wat Hy met die volk het was nie a.g.daarvan verbreek nie). Vgl. dit met Jer 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!". VOLGENS HIERDIE SKRIF WIL DIT VOORKOM OF DIE HOERERY (alhoewel hier verwys word na geestelike hoerery) plaasgevind het nadat "die vrou" verstoot is - en sy mag dan nie teruggegaan het nie! Deut. 24 gee m.a.w. vir ons 2 kontekste: (1) wat gebeur wanneer 'n jongmeise hoereer voor haar troue en sy uitgevang is. En (2), wat gebeur wanneer 'n geskeide vrou hoereer of egbreuk pleeg.
As 'n geskeide man (wie se vrou hoereer het) se vrou vergifnis kry en rein word, dan is dit sekerlik moontlik vir hulle om te herenig (wat nie die geval was in die O.T. nie/Deut. 24:1-4, want daardie soort onreinheid kon nie "skoongewas" word onder die O.T. offersisteem nie). Hierdie gaan veral oor die tema van rein/onrein, wat natuurlik 'n effek het op die huwelik... 'n Skeibrief (wat terloops bloot 'n geskrewe bewys is van die skeiding), breek nie die huweliksverbond nie (Rom. 7:2,3). Dit is hoekom 'n geskeide wat weer trou, EGBREUK pleeg (want hulle is nog onder bond) - hierdie is dus beslis belangrik om uit te klaar 'n geskeide man (wie se vrou hoereer het) besluit om te hertrou. 'n Geskeide man wie se vrou hoereer het moet verstaan dat wanneer hy 'n ander vrou neem. Alhoewel hy geskei is van die vorige vrou, is daar ook steeds 'n tipe verantwoordelikheid t.o.v. haar (bv. wat die kinders aanbetref, ens.).
As ons Jesus se woorde in Matt. 19:19 in ag neem, wil dit dus voorkom of 'n man in hierdie situasie weer kan trou..., maar wat die vrou aanbetref mag sy nie weer trou nie (want sy is eintlik nog aan hom verbind/Rom. 7:2,3) - die feit dat sy weggestoot is, kan miskien gesien word soos 'n straf. 'n Vrou moet in so 'n geval haar sonde bely en vergifnis soek (nie voortstap in die sonde nie) - geskeide vrouens was in die eerste gemeentes beveel om ongetroud te bly en moes probeer om met hulle mans te versoen (waar dit moontlik is)(1Kor. 7:10,11 - "En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie").
(2) KOM ONS KYK NA DIE GEVAL WAAR 'N ONGELOWIGE VAN 'N GELOWIGE SKEI - IS HIERDIE 'N VB. VAN WAAR DIE GELOWIGE WEER KAN TROU? Net voor ons verder gaan moet ons eers verstaan wat hier met "ongelowige" bedoel word..., want in hierdie konteks verwys dit bv. nie noodwendig na kinders van die Koninkryk of geroepenes wat ongelowig is (nl. die wat hulle harte verhard teen die waarheid) nie, maar "ongelowige" in hierdie konteks kan ook verwys na "heidene" (mense wat nie die Here God aanbid nie/nie onder God se volk gebore is nie, maar bv. afgode aanbid, en is terloops veral die O.T. konteks). (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde (Griekse woord, "doo-lo-o", "to enslave") nie. Maar God het ons tot vrede geroep"). Sommige kerke sien hierdie as 'n tipiese voorbeeld waar 'n geskeide gelowige weer mag trou... (en sien die woorde "nie gebonde nie" as dat dit beteken die huweliksverbond is verbreek). Die geval verwys bv. na 'n gelowige vrou getroud met 'n ongelowige man (heiden)(wat na regte 'n "ongeoorloofde huwelik" is) - dit was verbied vir redes... Onder die Joodse volk was dit bv. die vrou wat bepaal of die kinders as kinders vd volk (reines) gebore word of nie (iemand word bv. nie gesien as 'n Jood as die ma nie 'n Jood is nie, want dit is in konteks hier van 'n Joodse man wat vrou neem - die vrou word aan die man verbind / die volk van God se mans was verbied om met heiden-vroue te trou), en die rede hiervoor (wil dit voorkom) was eintlik omdat dit gegaan het oor die probleem dat wanneer gelowige mans heiden-vrouens neem, dit afvalligheid onder die volk kan veroorsaak (wat terloops telkemale gebeur het!). Natuurlik is hierdie eintlik nie net waar van slegs waar gelowige mans ongelowige vrouens neem nie, maar ook waar gelowige vrouens ongelowige mans het, en Paulus praat hiervan in 1 Kor. 7 (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"). Wanneer een vd twee in 'n huwelik rein is, is die kinders "rein", wat veral verwys na die feit dat hulle gesien word as deel van die volk van God (is geheilig/is "geroep"). Hebreeuse mans was nie werklik toegelaat om heidense vrouens te neem nie, want hulle kan hulle mans afvallig maak en sal die kinders bekendstel aan hulle afgode (Deut. 7:1-4). Verseker, oor hierdie rede, is dit belangrik dat 'n heidense vrou haar eers moet bekeer tot die geloof, anders is hulle kinders nie rein nie... (dit is altyd problematies wanneer 'n gelowige besluit om met 'n ongelowige te trou). Kinders besluit eers later of hulle glo of nie..., maar alle kinders gebore van 'n gelowige huwelikspaar (of ten minste een van hulle, want in die huwelik word die twee as een gesien), word gesien as geroepenes (is "kinders vd Koninkryk", en word so hanteer); hulle word maw gesien as deel van die Christelike volk! (l.w. dat geen onreines sal kan ingaan in die koninkryk van God nie/Ef. 5:5). Alhoewel sommige kerke in hierdie 'n geval die huwelik sien as "nie deur God saamgevoeg nie", is dit egter nie presies dieselfde soos ander ongeoorloofde huwelike waar dit ongeoorloof is a.g.v. 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap nie (kerke verskil op hierdie punt). Die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, verwys nie noodwendig na dieselfde geval waar dit 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap (bv. 'n man met 'n man, of vrou met vrou, of naby bloedverwante, ens.) is nie, want "ongelowiges" verwys nie altyd na heidene nie en dit is bloot dat gelowiges verbied word om met ongelowiges te trou omrede die een dan rein en die een onrein is (en die reine dus onrein kan word as hy gemeenskap het met die onreine se werke; alhoewel, let daarop dat in hierdie geval so 'n reine nie kan onrein word deur die "vleeslike gemeenskap" nie, want hulle word in daardie geval gesien as "een" omdat hulle in 'n huwelik is/1 Kor. 7:14). 'n Huwelik tussen 'n gelowige en 'n ongelowige kan dus tipies nie gesien word as "nie deur die Here saamgebind" (soos in die geval van ongeoorloofde gevalle) nie, want dit word geheilig deur die reine (dit gaan nie hier oor of dit die Here se wil was of nie, maar gaan oor die feit of die huwelik geheilig word). M.a.w., omdat die een rein is (nl. die gelowige), is die die huwelik HEILIG (afgesonder) en die kinders dus rein... (hulle word "onder die volk van God gebore/is geroep, hetsy hulle die geloof vorentoe aanvaar of nie). Let gerus ook op die woord "gebonde"..., wat terloops o.a. verwys na die manier hoe die man en vrou mekaar DIEN (amper soos slaafskap) - konteks hier is nie oor of dit die Here se goedkeuring wegdra nie, maar die feit dat hulle mekaar dien.
'n Goeie voorbeeld hiervan is in Esra 10 waar gelowige mans van ongelowig vrouens (in hierdie geval, heidene) geskei het en hertrou het met gelowige vrouens... - meeste kerke is van mening dat in hierdie geval hertrou toegelaat kan word omdat dit 'n onwettige huwelik was. Natuurlik was die konteks waarin Paulus hieroor gepraat het, ook meer in die konteks "van bly in die staat waarin jy is", en kon miskien liewer hier verwys na gevalle waar een gelowig geword het terwyl hulle alreeds getroud was; in ander woorde, 1 Kor. 7 moet nie hier gesien word as 'n geleentheid om 'n gelowige toe te laat om met 'n ongelowige te trou nie (alhoewel dit nie in woorde verbied word in die N.T. nie). Paulus se siening (in die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is) is dat die gelowige GEEN REDE moet gebruik om die ongelowige weg te stoot nie (natuurlik was hierdie in konteks met "bly in die staat waarin jy is", nl. dit verwys miskien eerder na huwelike waar een gelowig word terwyl hulle alreeds getroud is). Die reels wat hy hier spesifiek neerle het verseker waarde, maar hy maak dit duidelik dat dit sy eie woorde is (1Kor. 7:12 - "Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie") - en hy leer ook verder dat sou die ongelowige maat wou skei, die gelowige nie in sy/haar pad moet staan nie (volgens hom moet die skeiding dus nie van die gelowige se kant af kom nie, maar van die ongelowige - en hy noem sy rede: "ter wille van vrede"). MAAR DAAR IS 'N VERSKIL TUSSEN HIERDIE VB. EN DIE VB. IN ESRA 10..., want in Esra 10 word die ongelowige huweliksmaats verstoot deur gelowige huweliksmaats (Esra 10; 9:1).
Om bloot met iemand te skei omdat hy ongelowig is, kan nie noodwendig regverdig word nie, veral nie in die N.T. nie (of liewer, was nie deur Paulus regverdig nie...); tensy jy in 'n ongeoorloofde vorm van vleeslike gemeenskap betrokke is. Sekerlik is dit toelaatbaar waar gelowiges in dieselfde juk trek met hulle ongelowige huweliksmaats (en die gelowige dus a.g.daavan besoedel word... - kyk na "verbode vorme van gemeenskap") - hierdie is 'n ingewikkelde onderwerp en die kerk behoort genader te word op hierdie besluite (bv. op of so 'n gelowige kan hertrou of nie, veral in die geval waar dit die gelowige is wat geskei het, nie die ongelowige nie). Daar is nie veel hoop vir hereniging in so 'n egskeiding nie, want hoe weet jy of die onreine gered sal word... - logies gesproke het kerke oor die algemeen nie n probleem om 'n gelowige in hierdie geval toe te laat om weer te trou nie (1Kor. 7:15,16 Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?").
Kom ons kyk vinnig na die vb. in Esra 10:
(Esra 10:2,3 - "Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak. Laat ons dan nou ‘n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word") - vgl. dit met Esra 9:1 - ("En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete"). Dit is duidelik dat die probleem hier in Esra spesifiek gegaan het oor afgodsaanbidding - kyk die woorde "wat hulle gruwels betref". As hulle vroue (en kinders) nie hierdie gruwels wou neerle en hulleself ondergeskik stel aan die God van Israel en Hom alleen aanbid nie, dan het dit beteken dat beide die huweliksmaats asook die LAND deur die onreines besoedel word (en bv. die kinders kan dus nie GEHEILIG/afgesonder word vir die Here nie). Logies gesproke dat hierdie geval anders is vir sulke geskeides, en dat hulle "weer kan trou". In hierdie geval moes hulle hul vrouens verstoot sodat hulle hul vir die Here kon heilig en die land heilig kon wees. HIERDIE WAS BASIES SOOS OM DIE HERE BO GELIEFDES TE KIES, EN DIT LAAT DINK MENS AAN JESUS SE WOORDE: (Luk 18:29,30 - "En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom").
M.A.W.,
- (1) IN DIE GEVAL VAN 'N GELOWIGE WAT MET 'N HEIDEN GETROUD IS, IS SO 'N HUWELIK NIE werklik GEOORLOOF NIE (en as hulle skei kan hulle weer trou)(in die N.T. word so 'n huwelik geheilig ter wille van die reine en die kinders; steeds; sou hulle skei, wil dit voorkom of die gelowige weer kan trou).
- (2) DIE GEVAL WAAR 'N GELOWIGE MET 'N "GEROEPENE" WAT ONGELOWIG IS GETROUD IS, IS EGTER ANDERS - SO 'N HUWELIK KAN NIE NOODWENDIG AS ONGEOORLOOF GESIEN WORD NIE (en dit beteken dus dat die gelowige geskeide in so 'n geval nie noodwendig weer kan trou nie). Kerke verskil op hierdie punt, en elke gelowige geskeide wat hertrou oorweeg, moet maar eers hierdie met hulle kerk bespreek.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking