In hierdie pos word daar op verskillende voorbeelde ingekyk rondom "skei en hertrou". Ons is van mening dat net soos daar uitsonderings is waarom iemand mag skei, daar ook uitsonderings kan wees waarom iemand toegelaat word om weer te trou (?). In hierdie pos gaan ons kyk na sulke moontlike uitsonderings...
Vir ander poste in hierdie reeks, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html (getroudes)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Betekenis van die woord "skei/egskeiding".
- Moontlike uitsonderings vir "hertrou"
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Daar is nie veel voorbeelde van "hertrou" in die Skrif nie, maar daar is gevalle..., bv. waar 'n huweliksmaat afgesterf het (Rom. 7:2,6) - WEDUWEES EN WEWENAARS word gesien soos ONGETROUDES (en kan weer trou, alhoewel daar is 'n paar voorwaardes aan hulle gestel word vir hertrou). Tipies is dit "ongetroudes" wat die reg het om te trou, en wat "ongetroudes" aanbetref is dit eintlik maar net weduwees en wewenaars wat kan HERTROU.
GESKEIDES word NIE gesien as ONGETROUDES NIE (want dit wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie, ook nie 'n skeibrief nie!/Matt. 19:6; Mark 10:9. Dit is slegs die dood wat die wet verbreek waaronder getroudes is/Rom. 7:2). Dit is op hierdie punt waar baie Christene verskil.., maar Jesus Christus het 'n stelling gemaak dat as 'n geskeide WEER TROU, hy/sy egbreuk pleeg! (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk")(duidelik was Hy ook nie van die siening dat geskeides "ongetroudes" is wat weer kan trou nie, want jy kan slegs die sonde van egbreuk pleeg as iemand in eg is...). Bv., as 'n man 'n geskeide vrou trou, pleeg hy egbreuk... want in die Here se boeke is sy in eintlik nog 'n getroude vrou! - ons moet dus verstaan wat met die woord GESKEI bedoel word (en in hierdie pos kyk ons o.a. daarna). Wat EGBREUK aanbetref is dit natuurlik nie net fisies hoe iemand hierdie sonde kan pleeg nie, maar selfs as iemand na 'n getroude kyk om hom/haar te begeer, pleeg hy/sy egbreuk in die hart (egbreuk is 'n sonde vd vlees (dit besoedel die gewete), maar dit breek nie die eg nie! Ons moet verstaan wat "egbreuk" beteken, bv. as jy egbreuk in jou hart gepleeg het beteken dit nie dat omdat jy die getroude begeer het, hulle huwelik gebreek is nie - die begrip "egbreuk" beteken nie die huwelik is gebreek nie). Natuurlik gaan ons ook op hierdie pos stilstaan by moontlike voorbeelde waar HERTROU inderdaad toegelaat is/word. Die Christen wat weer wil trou (bv. weduwees en wewenaars), word aangemoedig om "in die Here " te trou, bv. met 'n ander gelowige te trou, nie 'n ongelowiges nie (1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here"). En natuurlik mag sy/hy dan ook nie met 'n geskeide trou nie... (Matt. 19:9; Luk. 16:18), want as jy dit doen pleeg jy egbreuk. In hierdie pos gaan ons ook vinnig kyk na 'n paar uitsonderings wat deur kerke gemaak is vir "hertrou" (maw, waar dit toegelaat word).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "SKEI / EGSKEIDING":
Die woorde "skei" of "egskeiding" word somtyds verskillend ge-interpreteer, maar die manier hoe dit verstaan word is belangrik!, want as geskeides nie regtig verstaan wat die woord "skei" beteken nie, dan kan hulle hulself in 'n onwettige huwelik dompel sou hulle hertrou.
Die woord "skei" in die konteks van egskeiding is
- die Griekse woord " kho-rid'-zo", wat kan beteken "om weg te gaan" of te verdeel in die sin van "separate" (depart or put asunder)(1 Kor. 7:10,11,15; Mark. 10:9); of
- die woord " ap-ol-oo'-o", wat kan beteken "om vry/los te maak" (release, dismiss, relieve, pardon, put(send) away, set at liberty)(Luk. 16:18; Mark. 10:2,4,11,12; Matt. 19:6-9).
Die manier hoe die woord "skei" dus beskryf word in die skrif (en ook verstaan word deur baie geleerdes), is nie dat dit 'n totale verbreking is van die huweliksbond nie, maar slegs verwysend daarna dat die twee glad nie meer bymekaar hoef te bly nie. Na regte is dit nie goed vir paartjies om onbepaald van mekaar weg te wees (terwille van begeertes/1 Kor. 7:3-5). Die Here haat egskeiding, en hierdie is sekerlik een van die redes waarom Hy dit haat, want Hy wil altyd die beste vir ons hê. Met egskeiding word die een van wie geskei word weggestuur en losgemaak van die huweliksverpligtinge, maar dit beteken nie dat die wet wat hulle as getroudes verbind, verbreek is nie (want dit is die dood wat hulle eintlik geheel losmaak/Rom. 7:2, en Jesus het ook geleer dat geen mens kan skei wat God saamgevoeg het nie). GESKEIDES mag nie trou solank die ander nog in die lewe is nie, tensy (?)........ (en ons sal op 'n volgende paragraaf kyk na moontlike uitsonderings). Geskeides word gesien asof hulle steeds getroud is (maar hulle bly net nie meer bymekaar nie). Dit wil voorkom of hierdie siening Jesus se siening, sowel is hoe die eerste gemeentes dit verstaan het... (siende geskeide vrouens o.a. beveel was om ongetroud te bly en weer met hulle mans te versoen indien moontlik/1 Kor. 7:11).
Kom ons kyk in op verskillende Gr. woorde wat rondom hierdie tema gebruik word, om beter te verstaan wat die verskil is tussen verbrekeing en losmaking:
Die beste manier om te te sien wanneer bedoel dat die huwelik gebreek is, is sekerlik om te kyk na Rom. 7:2,3 wat leer dat wanneer die man sterf, die vrou nie meer gebonde is nie... (ons mag miskien ook hier inkyk op 1 Kor. 7 waar die ongelowige van die gelowige skei en die gelowige nie meer gebonde is nie... - is dit dieselfde Gr. woord?). (1) Kom ons kyk eers na Rom. 7:2,3:
(Rom 7:2) Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde ("deh'-o", bind, be in bonds, knit, tie, wind.); maar as die man sterwe, is sy ontslae ("kat-arg-eh'-o" - "loosed")(to be (render) entirely idle (useless), literally or figuratively: - abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void.) van die wet van die man.(Rom 7:3) Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde Griekse woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit bv. meer verwys na "parden"), want dit het in hierdie geval eerder die betekenis van "abolish" (kat-arg-eh'-o - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void..."). WAT ONS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou dan nie meer onder wet aan haar man verbind is nie), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS "skei" in ander skrifte, soos in die GEVAL VAN EGSKEIDING NIE. (2) Vgl. dit ook met (1Kor. 7:39 - " ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry ("el-yoo'-ther-os"- unrestrained (to go at pleasure), that is, (as a citizen) not a slave (whether freeborn or manumitted), or (generally) exempt (from obligation or liability): - free (man, woman), at liberty.) om te trou met wie sy wil, maar net in die Here). 'n Man en vrou wat getroud is is "slawe van mekaar", maar wanneer die een sterf is die ander een vry (en dit is hoekom hierdie skrif dit duidelik maak dat in so 'n geval, die ander een weer kan trou want hy/sy word nou soos 'n "ongetroude" gesien - vgl. dit met Rom. 7:3 wat leer dat SOLANK DIE MAN LEWE, DIE VROU EGBREUK PLEEG AS SY SKEI EN MET 'N ANDER TROU, wat beteken dat al kry sy 'n egskeiding, is sy NIE VRY nie). Let gerus op die beginsel van "slaafskap" in hierdie skrif (dieselfde beginsel in ons verbintenis met die Here, en hoekom dit verkeerd is om "geestelik te hoereer"). (3) Dieselfde beginsel van "slaafskap" word ook na verwys in (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde ("doo-lo'-o", to enslave (literally or figuratively): - bring into (be under) bondage, X given, become (make) servant.) nie. Maar God het ons tot vrede geroep"). Hierdie is een van die twee redes waar hertrou (na egskeiding) toegelaat word deur Christelike kerke (en tereg!), ...nl. die geval waar die gelowige wat van ongelowige geskei is toelaat word om weer te trou, en dit is omdat die gelowige in so 'n geval vry is van die "slaafskap"/verbond. Daar is nog een ander geval, alhoewel dit liewer nie voorgeskryf moet word nie (en sal later daarop inkyk).
In meerste skrifte waar daar na egskeiding verwys word, word die woord "ap-ol-oo-o" gebruik (Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18). Om die woord beter te verstaan, kom ons kyk wat dit in konteks beteken in ander gevalle... (bv. waar dieselfde Gr. woord gebruik word, maar dit nie in die konteks van egskeiding is nie): (1) Die woord word bv. as spreek "vry" vertaal in Luk. 6:37 (in die engels vertaal as "forgive"); as ons vryspreek sal ons vrygespreek word - ons sien dat in hierdie konteks die woord eerder verwys na vergifnis (nie iemand kwalik neem, oordeel, veroordeel nie), wat nie in die konteks van 'n "bond verbreek" gebruik word nie. (2) Vgl. dieselfde Gr. woord ook met Matt. 18:23-35: (waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken...). In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is (en dit nie kon betaal nie), kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit... (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Hy het nie van hom verwag om hom verder te betaal nie - kyk gerus hoe hierdie konteks inskakel by bg. van vergifnis/is vry. In die geval van egskeiding, word die een wat laat gaan word, vrygespreek van die verpligtinge van die huwelik - dit beteken egter nie dat die bond verbreek is nie, bv. as ons verder lees is Matt. 18, is dit duidelik dat hy nie vry was van sy bond aan die wet nie. Ons moet verstaan dat hierdie nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie, want as dit was, dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie... (Matt. 18:32-35). Sou sy skuld bv. "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy nie later oorgegee word aan die pynigers nie... Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HY SELF KWYTGESKELD!, omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie... (want hy is nog onder wet)(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26). Ons kry dieselfde probleem wanneer Christene wilde stellings maak dat hulle nie onder 'n wet is nie omdat hulle vry is!(?) - die tema word maar net nie altyd goed verstaan nie... Bv., om vry te wees van die wet van Moses, beteken nie dat jy nie meer (gebonde is) onder wet nie... (weergeborenes is onder die wet van Christus, onder die wet van die Gees). (Rom 7:1 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?"). Dieselfde fout word gemaak in die geval van egskeiding waar mense nie verstaan wat egskeiding beteken nie. Alhoewel die vrou wat "laat gaan word" vry is, beteken dit nie dat sy nie meer onder slaafskap is nie (want sy is nog aan daardie wet gebonde solank altwee lewe). Vry in een opsig, ja, maar steeds gebonde aan die wet... Dit is duidelik dat die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 nie dieselfde is as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie. (3) Vgl. dit gerus met 1 Kor. 7:10,11 en 15 waar die woord "skei" wat daar gebruik word, die woord (kho-rid'-zo) is, wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate"). Skei breek nie die bond nie, maar plaas ruimte tussen die twee (dis al!). (4) Dieselfde Griekse woord word gebruik in Luk. 13:12 wat verwys na hoe 'n vrou verlos is krankheid... (sy het 'n gees van krankheid gehad, waarvan sy toe verlos is...)(Luk. 13:16), wat verwys na hoe sy nie meer daaronder lei nie (is vry van haar lyding). Hierdie is die rede waarom egskeiding somtyds toegelaat word. God haat egskeiding en dit is nie goed vir paartjies om lang tye van mekaar af weg te wees nie, maar in sekere gevalle word egskeiding toegelaat ter wille van barmhartigheid (bv. waar die ander een 'n harde hart het, ens.).
Wat het Jesus hieroor geleer, en hoe het die eerste gemeentes dit verstaan?
In Matt. 5:32 en 19:9 verklaar Christus dat niemand om enige rede mag skei nie...; ook, dat die een wat 'n geskeie trou, egbreuk pleeg! Die sonde egbreuk kan slegs geskied teenoor 'n eg...; dit beteken dus dat die geskeie nog "in eg" is (nog onder die verbond), alhoewel "geskei". Met egskeiding is iemand inderdaad vry om te gaan, maar nie vry van die bond nie (jy is eers vry van daardie bond/slaafskap wanneer een van die twee sterf. Jesus het o.a. geleer dat GEEN MENS DIT WAT GOD SAAMGEVOEG HET, MAG SKEI NIE: -(Matt. 19:4-6 - "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Net soos ons het baie van die volk van God dit ook nie altyd reg verstaan nie, en in Matt. 19:10 sien ons hoe verbaas die dissipels hieroor was - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie". Christus het vir ons die waarheid hieroor kom leer en gewys hoe ons eintlik oor egskeiding moet dink. Alhoewel geskeid, word hulle steeds gesien as "een" solank altwee lewe... ("een vlees" - Matt. 19:6), ..... en hierdie feit word ook weer verder bevestig 1 Kor. 7:39 (alhoewel sommige geleerdes ook verskillende reels hier toepas vir mans as vir vrouens, wat veral te doen het met mans wat meer as een vrou het of kan he (alhoewel God dit ook nie so bedoel het nie), en die kwessie van "onwettige huwelike" is natuurlik op die tafel). Baie geskeides wat hertrou het is bloot in 'n kerk wat dit toelaat en weet daarom nie regtig wat die skrif hieroor leer nie - amper asof hulle "onwetend" is en glo watookal hulle kerk of predikers daaroor glo (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html). Wat egter belangrik is is dat elkeen eendag voor die Here sal staan en self verantwoording moet doen. Die wat (wetend) in 'n onwettige huwelik is, pleeg egbreuk, en wat sal tog van so 'n Christen word sou hy/sy in 'n onwettige huwelik bly tot die dood (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html) en dus sterf as " 'n egbreker"? En hoe sal dit sy saligheid beinvloed?, siende die skrif verklaar (l.w. dat die skrif gerig was aan Christene!) dat geen egbreker die koninkryk van God sal ingaan nie... (1 Kor. 6:10). Dit is verseker nie 'n onderwerp wat ligtelik opgeneem moet word nie, en predikers moet versigtig wees wat hulle preek en toelaat. Net so het elke Christen ook self 'n verantwoordelikheid om "die Here se wil te soek" in elke besluit.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk moontlike uitsonderings vir "hertrou":
(1) Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Hierdie vers word baiemaal interpreteer as 'n rede vir hertrou; bv., as jou huweliksmaat hoereer mag jy skei van haar en weer trou. - ons moet egter net kennis neem dat die konteks van hierdie skrif nie gegaan het oor hertrou nie, maar oor "skei"... (nl. wanneer dit toelaatbaar is om te skei, nie wanneer "hertrou" toegelaat word nie)(Matt. 19:3-8) - dit is waar interpretasie inkom..., en hoekom geleerdes somtyds verskil hierop. Vgl. ons dit met soortgelyke verse soos Matt. 5:32, sal ons sien dat geen van die ander vb.e waarvan die bewoording min of meer dieselfde lui, 'n uitsondering gee waar "hertrou" regverdig word of dit so skyn te wees nie: Matt. 5:32 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. Hierdie skrif het al menige geleerdes laat kopkrap, want hoe kan die feit dat 'n man wat van 'n vrou skei, maak dat SY egbreuk pleeg? Is dit dan nie "hy" wat in so 'n geval egbreuk pleeg nie? Kom ons kyk na nog skrifte om te sien of ons dit beter kan verstaan, bv. Rom 7:1-3 - ("Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.") Hierdie skrif maak dit baie duidelik vir ons DAT AS 'N VROU WAT GESKEI IS WEER TROU terwyl haar ander man nog in die lewe is, sy dan 'n egbreekster genoem word (duidelik OMDAT SY NOG NIE VRY IS VAN DIE WET WAARDEUR SY AAN HAAR LEWENDE MAN GEBONDE IS nie; vry van die verpligtinge/werke, ja, maar nie vry van die bond/wet nie - rol op na die vorige paragraaf om hierdie beter te verstaan). En l.w., dat ook as die man WEER TROU, dan pleeg hy egbreuk teen haar (Luk. 16:18; Mark. 10:11,12). Dit wys vir ons dat wanneer twee mense skei hulle volgens wet steeds aan mekaar verbind is (al het hulle ook 'n skeibrief) - omdat God hulle EEN gemaak het (Matt. 19:4-6), wat God saamgevoeg het mag NIEMAND SKEI NIE. Geen huwelik kan deur 'n skeibrief geskei word van die wet waaronder hulle gebonde is nie - dit is slegs met die dood van een van die huweliksmaats wat die ander een dan vry is van hierdie wet (Rom. 7:1-3). Die Here neem ede ernstig op! Daar is verseker redes waarom mense toegelaat word om te skei, maar ook in daardie geval is dit steeds 'n sonde wanneer een van hulle WEER TROU (met begeerte na iemand anders kyk) = die sonde van "egbreuk" (is 'n sonde..., nie soos ons baiemaal dink "egbreuk" beteken dat die bond gebreek is nie). Dit moet altyd 'n paartjie se wens wees om weer te herenig nadat hulle geskei is, en waar dit nie moontlik is nie, word hulle beveel om ongetroud te bly... (1 Kor. 7:10,11). DIT IN AG GENEEM, WIL DIT NIE REGTIG VOOORKOM OF MATT. 19:9 GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR "HERTROU" NIE; TOG VERSKIL GELEERDES HIEROOR OMDAT DIT GAAN OOR INTERPRETASIE. MEESTE CHRISTELIKE KERKE IS VAN MENING DAT IEMAND WAT SKEI OMDAT SY MAAT HOEREER HET, WEER KAN TROU. Verseker kan daar gevalle wees waar die Here hertrou toelaat, siende daar gevalle is waar hy egskeiding toelaat, maar dit is iets waaroor die Here geraadpleeg moet word.
(2) Kom ons kyk na nog 'n moontlike vb. waar "hertrou" toegelaat word, en hierdie vb. kan net sowel aanskakel by die vorige paragraaf. Deut. 24:1-4: ("As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). Die huwelik word gesien as REIN moet inderdaad skoon gehou word.... - as iemand egbreuk pleeg (bv. iemand anders begeer), dan is die persoon wat egbreuk pleeg ONREIN en kan die huwelik onrein maak (om hierdie beter te verstaan, behandel gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html). VGL. Deut. 24:1-4 MET (Jer. 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!"). In hierdie verse het dit weer-eens te doen met die feit dat die vrou WEER TROU nadat sy 'n skeibrief ontvang het, en dit is dus die "hertrou" wat veroorsaak dat sy ONREIN word, wat volgens Jer. 3:1 ook die land skandelik ontheilig! (sien die onderwerp van "bloedskuld" - bloedskuld het 'n invloed op die land waarop ons woon). Ons moet verstaan hoe ernstig die tema van bloedskuld is. Wat ons hieruit leer is dat almal wat in 'n onwettige huwelik is besig is om die land te ontheilig (onreinheid het dit tot gevolg). Daar is bv. 'n geval in koning Dawid se tyd waar iemand se bloedskuld hongersnood veroorsaak het vir 3 jaar lank! (2 Sam. 21:1)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). EGBREUK is 'n ernstige sonde wat bloedskuld veroorsaak. (vir 'n studie oor EGBREUK, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html). In bg. geval sien ons dus dat die rede waarom hy haar nie kan terugneem nie is omdat sy weer gaan trou het... (en dus so egbreuk gepleeg het), en al is die tweede man oorlede en wil dit lyk of sy van daardie wet vry is, was sy na regte nopot gebonde aan die tweede man nie maar eintlik nog na wet gebonde aan die eerste. Maar nou, nadat sy hertrou het, is sy onrein (dit is waaroor dit veral hier gaan - sy het onrein geword toe sy hertrou - l.w. dat in die geval van Jer. 3:1 was sy verstoot, maar nie omrede sy onrein was nie, mis a.g.v. 'n harde hat of iets dergeliks...), en dit beteken dat die eerste man haar nie kan terugneem nie omdat sy dan die onreinheid in die huwelik inbring. 'n Vrou kan wel weer op 'n latere stadium (na 'n skeibrief) met haar man verenig word, maar hoe kan hierdie gebeur as een "weer trou"?/1 Kor. 7:11). In die O.T. mag hulle nie weer verenig het as die een onrein was nie - Hoekom nie?, want in die O.T. was daar nie 'n offer vir die sonde van bloedskuld nie..., behalwe as die persoon met sy/haar eie bloed betaal (sy kan nie verenig met haar maat as sy dood is nie, en dit is al manier hoe sy weer rein kon word; dus, noodwendig kon hy haar nie terugneem nie). In die N.T. was Jesus se offer volkome en kan ook vir bloedskuld betaal; in ander woorde, vir iemand wat ONREIN geword het deur bv. egbreuk, kan hy vergifnis ontvang as hy dit bely en hom daarvan bekeer (dit is duidelik anders as in die O.T.); en dus, noodwendig kan 'n man 'n vrou terugneem in hierdie geval... (want daar word van ons verwag om ook te vergewe soos die Here vergewe, natuurlik op voorwaardes!). DIT IS DUS DUIDELIK DAT ook DEUT. 24:1-4 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE, EERDER BEVESTIG DIT DAT DIE GESKEIDE WAT HERTROU, ONREIN WORD (EGBREUK PLEEG).
(3) Baie wat skei, voel dat as die reels so streng is, dan moet mens liewer nie trou nie. Die dissipels het ook hierdie rede aangevoer, maar Christus het dit vir hulle as volg verduidelik: (Mat 19:9) "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.(Mat 19:10) Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.(Mat 19:11) Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.(Mat 19:12) Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat".
Wat Christus hier leer is dat daar basies net 2 opsies is:
(1) Trou en aanvaar die reels, of
(2) bly Ongetroud.
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
(2) bly Ongetroud.
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
Sommige se begeerte na die koninkryk van die hemele is so sterk dat hulle hulself onbekwaam (onbekwaam vir huwelik) sal maak daarvoor (Matt. 13:44), en daar is ook 'n ander vb. van waar iemand hom/haarself onbekwaam maak (vir die huwelik) ter wille van die koninkryk van die hemele, en dit is in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige, maar die huwelik vir die gelowige tot nadeel is, bv. waar die gelowige in dieselfde juk trek met sy/haar ongelowige maat se sondes en sukkel om oorwinning te kry oor die bose... - in so 'n geval is dit beter vir die gelowige om dan liewer te skei en dus ONGETROUD te bly as om in daardie huwelik te bly. Paulus stel bv. voor dat die gelowige nie van die ongelowige moet skei nie (1 Kor. 7:12-14), maar natuurlik word egskeiding toegelaat waar omstandighede van so 'n aard is dat die een party ly (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html/kyk wanneer word egskeiding toegelaat). 'n Huwelik tussen 'n ongelowige en 'n gelowige moet eintlik noodwendig gesien word as onrein, tog word dit terwille van die gelowige geheilig... (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"); in ander woorde, waar die "onreinheid" vd ongelowige 'n invloed het op die huwelik (en selfs die land waar hulle woon), sal dit nou nie dieselfde invloed he nie. Dit is waarom gelowiges nie met ongelowiges mag getrou het in die O.T. nie. Die hoop van die gelowige is natuurlik dat die ongelowige maat eendag 'n gelowige sal word en dus rein sal word, maar Paulus verklaar dat as die ongelowige wil skei, die gelowige hom/haar moet laat gaan..., want: (1Kor. 7:16 - "Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Onreinheid pas nie in 'n huwelik nie, maar terwille van die kinders word daardie huwelik geheilig waar een 'n gelowige is. IN DIE O.T. WAS 'N HUWELIK TUSSEN 'N REIN EN ONREINE GESIEN AS 'N ONWETTIGE GEMEENSKAP... - vir gelowiges wat met ongelowiges getroud was, was die enigste manier om 'n rein huwelik te he, om van die ongelowige te skei en met 'n gelowige te trou. Kyk die vb. in (). In die N.T. is dit anders!, want 'n gelowige wat met 'n ongelowige getroud is, se huwelik word geheilig (want wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie!/Hand. 10:9-43)(1 Kor. 7:12-16). In ander woorde, die kwessie hier in 1 Kor. 7 gaan oor "rein en onrein" - dit wil voorkom of wat hy hier bedoel is dat die gelowige nie moet skei van die ongelowige bloot omdat die ongelowige onrein is nie, maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom/haar toelaat om te skei. IN WELKE GEVALLE, ASOOK ANDER GEVALLE (soos hoerery, ens.). DIE CHRISTELIKE KERK GEWOONLIK DIESULKES TOELAAT OM WEER TE TROU. DIT WIL VOORKOM OF IN DIE O.T. SO 'N GELOWIGE WEER KON TROU, MAAR DIE N.T. GEE NIE HIEROOR PRESIESE DUIDELIKHEID NIE. In so 'n geval, waar 'n gelowige wat van 'n ongelowige skei, geld dieselfde reel sekerlik as vir weduwees en wewenaars, nl. dat hulle "in die Here moet trou" (1 Kor. 7:39).
(4) (1Kor. 7:27,28) Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar". Hierdie skrif mag voorkom of dit wil weergee dat daar geen oordeel is teenoor die persoon wat hertrou nie (bv. die woorde "is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie; maar as jy tog trou, sondig jy nie). KONTEKS IS BESLIS BELANGRIK OM HIERDIE TE VERSTAAN; bv., die kontek hier gaan die feit dat ons "in die staat moet bly waarin ons is", bv. as iemand ongetroud is is dit beter om in daardie staat te bly, maar as jy trou sondig jy nie. Lees gerus die hele gedeelte, en sien hoeveel verskillende voorbeelde genoem word, o.s. val v.27 en 28 onder hulle. Konteks is dus: -(1Kor. 7:24 - "Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God"); hy het o.a spesifiek na die "maagde" verwys in verse 25 en 28, want Paulus het nog altyd geglo dat dit beter is om nie te trou nie! (siende getroudes verdrukking het in die vlees - is slawe van mekaar). Dit is die konteks... - sy bedoeling hier was nie om enige vorige reels rondom huwelik en skei by die deur uit te gooi asof niks daarvan wat hy voorheen (en agterna sou skryf) belangrik was nie! Dit wat hy hier noem, maak nie die ander wette rondom huwelik en egskeiding tot niet nie. Hy vra oa. dat die wat getroud is nie losmaking soek nie (maar bly in die staat waarin hulle geroep is/bly in die huwelik - die klem is om te bly in die staat waarin jy is)(1 Kor. 7:27), tog dat hulle lewe ASOF hulle ongetroud is!, in die sin van dat hulle BESORG IS OOR DIE DINGE VAN DIE HERE EN HOM MOET BEHAAG (1 Kor. 7:29,32) - en hierdie is verseker die grootste klem! DIT WIL OOK NIE VOORKOM OF HIERDIE VERSE BEDOEL IS OM 'N GESKEIDE DIE REG TE GEE OM TE TROU (EN EGBREUK TE PLEEG) NIE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------