Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (3)(egskeiding)


Hierdie pos is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". IN HIERDIE POS GAAN ONS KYK NA DIE ONDERWERP "SKEI" / "EGSKEIDING".

Vir die ander poste in die reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding
- Wat beteken die woord "skei".
- Wanneer word skeiding toegelaat?
- Algemene reels rondom egskeiding.
-------------------------------------------------------------
(1)  INLEIDING:

Wat presies die Skrif met die woord SKEI of skeibrief bedoel, is 'n punt waarop Christelike kerke verskil, en is iets wat beslis in die wereld ook anders beskryf word as in die Skrif. Sommige wette in die eerste gemeentes word nie noodwendig gesien as wette deur die Here self ingestel nie, en tereg mag daar wette wees wat die kerk vandag anders vervul, maar waar die Here 'n wet ingestel het, moet die kerk versigtig wees...  Geen kerk het die reg om iets reg te maak wat die Here as verkeerd beskou nie. Paulus maak ook hierdie onderskeid in 1Kor. 7:10,11 t.o.v. die kwessie van "skei" - ("En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Heredat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie")
Hy maak dit bv. duidelik in die skrif dat hierdie nie 'n wet is wat deur hom of deur die kerk gemaak is nie, maar deur die Here self! - hierdie is 'n belangrike punt. M.a.w., dit is die Here se opdrag dat 'n vrou nie van haar man moet skei nie, maar as sy tog skei (bv. om toelaatbaare redes), sy ongetroud bly of haar met haar man versoen waar moontlik... (en die man mag haar dan nie verstoot nie). 

Die Here haat egskeiding (Mal. 2:16);  EGSKEIDING was nog nooit die Here se wil nie (Mark. 104-6), maar daar is gevalle waar die Here dit toelaat ter wille van barmhartigheid! (later in die pos kyk ons na hierdie spesifieke gevalle)

Geen mens mag SKEI wat God saamgevoeg het nie... (Mark. 10:7-9 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). 'n Huwelik waar twee mense een word, moet gesien word as iets wat deur God saamgevoeg is (hulle word EEN / Mark. 10:8). Die vraag is nou of alle huwelike gesien kan word as "deur God saamgevoeg"?  Hierdie is 'n ander belangrike punt wanneer dit kom by die tema van skei. Ten minste wat kinders van die Here aanbetref maak hulle 'n belofte voor die Here en dit is beslis dan 'n huwelik wat deur God saamgevoeg is, maar daar is huwelike wat "onwettig" (teen die Here se wet) plaasvind - noodwendig is daardie persone nie "deur die Here saamgevoeg nie"! (om hierdie rede word dit in sommige kerke nie eens gesien as "skei" as twee sulke mense skei nie, want hulle was in die eerste plek in 'n onwettige huwelik (die feit dat die wereld hulle toegelaat het om te trou, beteken dus nie dat hulle in die Here se boeke "getroud" is nie). Hierdie is die soort van uitklarings waarby kerke moet kom... - ELKE SITUASIE IS ANDERS EN WORD ANDERS HANTEER (en ons moet versigtig wees om te oordeel;  dit gese, moet ons nie stilbly oor die waarheid omdat ons nie wil oordeel nie - daar moet gekyk word na wat toelaatbaar is in 'n situasie, en wat nie). Wat wel seker is van huwelike wat voor die Here gedoen is, is dat geen mens daardie huwelik kan skei nie (want dit is deur God saamgevoeg);  in ander woorde, in daardie geval beteken 'n skeibrief wat deur mense opgestel is nie noodwendig dat die persoon deur die Here ook geskei is nie!  

Die Skrif leer bv. dat 'n vrou aan die wet van haar man verbind is solank hy lewe (Rom. 7:2)(al sou sy ook van hom skei, is sy nie heeltemal los nie, tensy hy doodgaan...)(dit is sekerlik waarom geskeide Christen-vrouens in die eerste gemeentes beveel is om nie weer te trou nie, want die rede vir skei moet nooit wees om geheel te breek nie, maar om die ander party die geleentheid te gee om reg te maak, of om self beskerm te wees.  Jesus het ook hierdie bevestig deurdat Hy geleer het dat die geskeide wat weer trou, egbreuk pleeg! (soos iemand wat buite die huwelik hoereer) - hoe kan 'n "geskeide" egbreuk pleeg as hy nie meer in eg is nie? - duidelik is Jesus se siening van egskeiding anders as ons siening, of ten minste moet ons dit verstaan in konteks van "dit wat Hy saamgevoeg het" (Mark. 10:11,13 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk").

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Die betekenis van die woord SKEI:

Kom ons kyk na 'n paar skrifte - die betekenis van die woord skei spesifiek in die geval van 'n huwelikspaartjie:
(1Kor. 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei (Gr. woord "kho-rid'-zo", wat verwys na ruimte tussen twee plaas, om weg te gaan = trek weg, verdeel van, uitmekaar gaan) nie;
(1Kor. 7:11)  en as sy tog van hom skei ("kho-rid'-zo"), moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie (Gr. woord "af-ee'-ay-mee", wat verwys na om weg te stuur = afhangende van konteks, kan dit verwys na vergewe, huil of kry swaar, verlaat, laat eenkant, stuur of plaas weg, ens.)
(1Kor. 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Kor. 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Kor. 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Kor. 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei (Gr. woord "ap-ol-oo'-o", wat verwys na volkome vrylaat en laat losgaan, bv. in die gevalle van doodgaan, verskoon of skei - dit hang af van die konteks / =vertrek, laat gaan, skei, vergewe, sit weg, loslaat, vrylaat) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

(Mat 1:19)  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei ("ap-ol-oo'-o").

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

(Mat 19:3)  Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei ("ap-ol-oo'-o")?
........(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei ("kho-rid'-zo") nie.
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief (Gr. woord "ap-os-tas'-ee-on". wat verwys na skeiding = ('n brief) van egskeiding) te gee en van haar te skei ("ap-ol-oo'-o")?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei ("ap-ol-oo'-o"); maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

WAT ONS UIT BG. SKRIFTE KAN LEER, IS DAT DIE WOORD SKEI SLEGS BETEKEN DAT 'N MAN EN VROU WAT GETROUD IS, HULLE HEELTEMAL VAN MEKAAR ONTTREK (dit beteken NIE dat die verbond tussen hulle verbreek is en dat hulle weer mag trou nie - die verbond is slegs verbreek wanneer een van hulle sterwe).

KOM ONS KYK WEER NA JESUS SE WOORDE IN MATT. 5:
(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.        -Egbreuk kan slegs gebeur waar daar nog 'n "eg" is! As die persoon wat dan nou die geskeide trou, egbreuk pleeg, dan beteken dit dat die geskeide eintlik nog "in eg" is.   Dit is duidelik dat die skeibrief nie die eg verbreek nie, want wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie  (Matt. 19:4-6) . 

_________________________________________________________________________________
(3)  Wanneer word skeiding toegelaat?

- Dit is nie goed vir paartjie om geskei te wees van mekaar nie, en dit is juis een van die redes waarom egskeiding nie goed is. Dit is maw nie ideaal vir 'n paartjie om vir lang tye van mekaar af weg te wees nie..., behalwe natuurlik om spes. redes soos om tyd af te staan vir gebed en vas (1 Kor. 7:3-5).  Die rede hiervoor is sodat hulle nie versoek word nie!, en is terloops ook die groot rede waarom daar van mans verwag was om net een vrou te he... 
(1Kor. 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Kor. 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Kor. 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

-  Wanneer word egskeiding toegelaat (waar hulle geheel onttrek van mekaar)? DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI", MAAR NOOIT MAG DIT IN STRYD WEES MET DIE HERE SE OPDRAGTE NIE.  Getroudes kan nie net eevoudig besluit dat hulle nie meer aan mekaar wil behoort omdat dit nie uitwerk nie, en dit gese is dit natuurlik in die konteks van gelowiges wat voor die Here "saamgevoeg" is. Die Here neem ede baie ernstig op. Die kerk het wel die mag om te oordeel in spes. situasies, en het mag verkry om te oordeel wanneer dit vir 2 gelowiges geoorloof is om te skei, soos in gevalle waar Hy nie 'n spesifieke opdrag daaroor gegee het nie (net  soos Moses 'n skeibrief toegelaat het weens die verhardheid van hulle harte) (Matt. 19:8). Paulus het ook gelowiges toegelaat om te skei spesifiek in die geval waar die ongelowige wou skei (wat nie noodwendig die Here se opdrag was nie).  Die kerk word deur Jesus Christus, deur Sy Gees, gelei, maar natuurlik beteken dit dus ook dat ons Sy woorde wat Hy alreeds oor die onderwerp geleer het, ernstig opneem.  Nietemin, Jesus het vir Sy kerk die mag gegee om te "bind en ontbind", en vergewe of nie vergewe, maar dit mag nooit in stryd wees met Sy opdragte nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html). Die kerk kan bv. 'n paartjie toelaat om te skei a.g.v. familie geweld, of waar kinders gemolesteer word ens., maar het bv. nie die mag om 'n geskeide toe te laat om weer te trou nie (behalwe in die geval waar die Skrif dit toelaat). Die enigste geval wat Jesus self genoem het waarom 'n man en vrou mag skei, is a.g.v. "hoerery".

- Die rede waarom die Here egskeiding somtyds toelaat, is ter wille van "barmhartigheid" - Hos 6:6 - "Want Ek het ‘n behae in liefde (barmhartigheid) en nie in offerande nieen in kennis van God meer as in brandoffers- http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.  Die persoon wat toegelaat word om te skei is bv. in ondraaglike omstandighede, en in so 'n geval, ter wille van die persoon, laat die Here dit somtyds toe - (Mat 9:13 - "Maar gaan leer wat dit betekenEk wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....."). IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE;  inteendeel, barmhartigheid/liefde vervul daardie wet.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Algemene reels rondom egskeiding:

- Wat beteken egskeiding?  Soos bo gesien is die Skrif se definisie van egskeiding baie anders as die wereld s'n, en dit behels natuurlik huwelike wat deur die Here saamgevoeg is. Egskeiding beteken NIE dat jy weer mag trou nie, behalwe wanneer die "huweliksmaat" sterwe. Dit beteken dat 'n geskeide hom of haarself steeds moet sien asof getroud, behalwe dat hulle nie meer saamwoon nie. 'n Goeie vb. is die van Herodus... - dit was verkeerd van Herodes om met sy broer se vrou getroud te wees, al was sy geskei van haar man! - want eintlik was sy dan nog verbind aan haar eerste man / haar eerste man was nog in die lewe. Vgl. dit ook gerus ook met Deut. 24:1-5; as 'n man van sy vrou skei en sy weer trou, maak dit haar onrein - hoekom?, want 'n Skeibrief verbreek nie die huweliksband tussen 'n man en vrou nie! (want, "wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" -Mark. 10:9). Daarom mag iemand ook nie 'n geskeide man of vrou trou nie -Matt. 9:9; 5:32.  Hoekom nie?  Want die persoon wat 'n geskeide trou, PLEEG EGBREUK (hy kan slegs egbreuk pleeg as die persoon nog in eg is). So dit is duidelik dat die skeibrief nie die verbond tot niet maak nie...  

- Wanneer word egskeiding nie gesien as egskeiding nie? Twee mense wat in onwettige gemeenskap is, en trou, is nie regtig deur die Here saamgevoeg nie (die Here bind nie mense wat in onwettige gemeenskap is nie).  Sulke verhoudings word gesien as "hoerery" (buite die eg, al is hulle ook getroud). 'n Goeie vb. is in 1 Kor. 5:  (1 Kor. 5:1,2 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit"). Enige "paartjie" wat onwettig getroud is, selfs voor die Here!, is nie werklik getroud nie...

- Die huwelik moet in alle opsigte rein wees: (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Hoekom is egbreuk so 'n groot probleem? - is omdat hoereerders en egbrekers GEOORDEEL sal word.  Jy het reg gehoor..., en LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS AAN CHRISTENE! - ja, Christene wat hoereer en egbreuk pleeg sal geoordeel word! (tensy hulle die sonde bely en vergifnis kry, maar let op die woorde - "gaan en sondig nie meer nie"). Die skrif maak dit duidelik dat "GEEN HOEREERDER EN GEEN EGBREKER" SAL INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE... GESKEIDES WAT WEER TROU WORD GESIEN SOOS EGBREKERS... (Luk. 16:18);  in ander woorde, 'n geskeide moet hom haarself sien asof hulle steeds in die huwelik is, tog bly hulle nie bymekaar nie (sondes soos hoerery en egbreuk het te doen met sonde teen die eie liggaam..., asook sonde teen naaste...).  Gelowiges wat hulleself besig hou met "sonde tot die dood", het nie 'n hoop op die opstanding tot lewe nie (TENSY HULLE HUL DAARVAN BEKEER).   http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html .

- Is daar vergifnis vir die een wat egbreuk gepleeg het?  Natuurlik is daar vergifnis vir die wat hulle sonde bely! In Joh 8:3-11  het die skrifgeleerdes en die Fariseërs ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na gebring sodat sy gestenig kan word... Jesus het haar egter nie veroordeel nie, maar vergewel  MAAR LET OP SY WOORDE AAN HAAR: (Joh 8:10,11 - "En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie"). In 'n geval waar 'n maat hoereer het iemand die reg om van daardie maat te SKEI (Matt. 9:9), maar dit is natuurlik altyd die Here se wil dat ons ook vergewe soos Hy vergewe... (dit is nou as iemand berou het). (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"). Baie kerke interpreteer hierdie as 'n uitsonderlike geval waar 'n geskeide weer kan trou... Ons moet die vraag wanneer dit gesien word as "egbreuk"?; dus, as iemand egbreuk pleeg teen jou, dan kan jy skei en jy kan weer trou (?)(en dit geld sekerlik ook in die geval waar 'n geskeide weer trou... - dan kan die ander partner ook weer troue) - hierdie is baie kerke se siening hieroor.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: