Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (4)(hertrou)


Hierdie pos is op die oomblik BESIG OM HERSIEN TE WORD, en is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "hertrou".

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Voorbeelde waar hertrou toegelaat word.
- Geskeides wat weer trou, pleeg egbreuk.
- Onwettige gemeenskapsverhoudings.
--------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Neem kennis dat hierdie reeks poste gemik is op die wat huwelike betree het wat "deur die Here saamgevoeg is" (nie ongeoorloofde vorme van gemeenskap nie). Die tema van skei en hertrou is ingewikkeld en elke situasie is verskillend, en dit is duidelik dat kerke verskillende opinies opper oor die tema;  maar wat belangrik is in alle gevalle is dat ons hou by wat Jesus geleer het en die Heilige Gees gehoorsaam. Daar is bv. nie veel voorbeelde in die Skrif waar HERTROU toegelaat word nie...; of liewer, eintlik geen voorbeelde nie!, want die twee voorbeelde wat ons het van hertrou in die skrif is nie regtige "uitsonderings" nie, maar eerder "toelatings".  Dit is gevaarlik om te leer dat daar uitsonderings is vir hertrou, maar in hierdie pos gaan ons o.a. inkyk op hierdie "toelatings" van hertrou, waarvan die een ook nie noodwendig in die N.T. dieselfde vervul word nie, en die ander een toegelaat word afhangende van hoe die betrokke skrif interpreteer word. Kerke is oor die algemeen eens op wanneer egskeiding toegelaat word, maar stem nie altyd saam wanneer dit kom by die kwessie van HERTROU nie. Die eerste kerke het egter sterk vasgehou aan Jesus se leringe en was beslis van mening dat die huwelik lewenslank is (al skei hulle...!). Een so 'n ou manuskrip van 140 n.C. (The Shepherd of Hermas) leer dat as 'n huweliksmaat egbreuk pleeg, die onskuldige wel mag skei, maar moes ongetroud bly - hoekom?, want dit gee vir die skuldige een kans om te bekeer en terug te keer na die ander een.  Dit is ook duidelik volgens die betrokke skrewe dat hertrou in daardie tyd gesien is as egbreuk (wat 'n sonde is), presies wat Jesus geleer het. Hierdie is baie dieselfde wat Paulus leer in 1 Kor. 7, dat 'n geskeide vrou  ongetroud moet bly en moet probeer om met haar man te verenig waar moontlik (1Kor. 7:10,11). In die 4de-5de eeu n.C. het Augustine of Hippo ('n teoloog vd westerse kerk) ook na die huwelik verwys as 'n lewenslange sakrament..., en het selfs geleer dat in die oë van God 'n wettige egskeiding nie die geestelike band vd huwelik breek nie. Ook die oostelike vroeë kerkvaders wat nie so streng was op egskeiding nie, was baie gekant teen HERTROU, want die huweliksbond was volgens hulle beskou as iets ewig wat nie deur landswette verbreek kan word nie. Alhoewel hierdie die siening was oor al die eeue, het dit baie verander in die laaste 50 jaar... En ons moet onsself afvra hoekom dit die geval is? 

CHRISTUS HET GELEER DAT AS 'n GESKEIDE WEER TROU, HY/SY EGBREUK PLEEG (punt!): 
-(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; (Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
-(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.  

Natuurlik mag WEDUWEES EN WEWENAARS weer trou, want hulle IS VRY VAN DIE VORIGE HUWELIKSBOND OMDAT HULLE HUWELIKSMAATS NIE MEER IN DIE LEWE IS NIE (Rom. 7:2,3)(hetsy hulle nog bymekaar was of geskei was)(wanneer een van hulle doodgaan is die huweliksverbond verbreek).  Hulle is dus vry om weer te trou..., maar word uitdruklik beveel om "in die geloof te trou (en natuurlik nie met "geskeides" nie!, want dan pleeg hulle egbreuk/Luk. 16:18)(1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here")(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). 

Daar is twee uitsonderings waar hertrou gewoonlik deur kerke toegelaat word.  Kom ons kyk vinnig na hierdie twee uitsondersings, of liewer, "toelatings":
- (1)  Waar die huwelik vir spesifieke redes verbied is, bv. 'n gelowige wat met 'n heiden (ongelowige) trou:  Daar is 'n vb in die O.T. van gelowige mans wat met ongelowige (nl. heidense) vrouens getrou het, en toe later hulle fout reggestel het deur van hulle te skei en het hertrou met vrouens van die volk (gelowiges)(Esra 10). Hierdie is 'n tipiese geval waar die huwelik verbied is (bv., die kinders van die volk van God mag nie met heidene getrou het nie).  In die O.T. was 'n huwelik met 'n heiden verbied, tensy die heiden haar tot die geloof bekeer. Sommige kerke verwys na so 'n huwelik as "nie deur die Here saamgevoeg nie". Sekere huwelike is nie geoorloof nie, bv. ook enige "verbode vorm van vleeslike gemeenskap" beteken noodwendig dat diesulkes nie in die huwelik mag tree nie (bv. 'n man met 'n man, naby-bloedverwante, ens.), en dit wil voorkom of in sulke gevalle hulle meer gesien word as mense wat hoereer as getroud, en wanneer hulle volgens landswet skei, was hulle dus nie gesien soos tipiese "geskeides" nie (wat beteken hulle mag hertrou). Hierdie is een manier om daarna te kyk. Sommige reken dat die rede waarom hierdie mans in Esra 10 toegelaat was om weer te trou, is omdat baie mans meer as een vrou gehad het. Nietemin, as dit die rede was, dan kan dit nie noodwendig in die N.T. gebruik word nie, want mans word in hierdie bedeling spesifiek beveel om elk net een vrou te hê. Wat duidelik is volgens die vb in Esra 10, is dat diesulkes of nie gereken was as tipiese geskeides nie (wat beteken dat hulle kon hertrou), of hertrou het omdat baie mans meer as een vrou gehad het. Of dit vgl. kan word met die voorbeeld in 1 Kor 7 waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei, is nie sekere nie, want die woord "ongelowige" daar verwys nie noodwendig net na 'n heiden nie, maar kan ook verwys na 'n ongelowige kind van die Koninkryk (dus kan dit nie noodwendig vgl. word met Esra 10 en geneem word as 'n vb. waar hertrou toegelaat word nie). M.a.w., terwyl sommige kerke hierdie vb. in 1 Kor. 7 (waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei) sien as 'n uitsondering van hertrou, is dit nie noodwendig dieselfde as die geval in Esra 10 nie. 

- (2) Waar die vrou hoereer het (of die meisie voor die huwelik hoereer het): Alhoewel Jesus geleer het dat niemand mag trou met 'n geskeide nie... (Luk. 16:18), wil dit voorkom of Hy een uitsondering maak, nl. waar 'n geskeide geskei het omdat sy maat hoereer het... (Mark. 10:4-12);  of is dit 'n uitsondering?  Neem kennis dat hierdie skrif nie altyd dieselfde interpreteer word nie...;  bv., die konteks in hierdie geval het gegaan oor"skei", nie "hertrou" nie - dit is dus nie noodwendig dat hierdie skrif leer hertrou word toegelaat in so 'n geval nie.  Nog 'n interpretasie lui dat die "hoerery" waarna Jesus verwys in Matt.19:9 - ("Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"), meer 'n verwysing is na waar 'n man iets aan 'n vrou ontdek het nadat hulle getroud is bv. dat sy hoereer het voor hulle getrou het..., en tereg kan dit wees waarna Jesus eintlik hier verwys het siende Hy die woord hoerery gebruik, nie egbreuk nie (vgl. laasgenoemde sienspunt met Deut. 24:1, asook met Josef wat met Maria wou skei toe sy swanger word...). Hierdie is 'n debateerbare punt. Nog 'n rede waarom sommige kerke beslis dat hertrou vir 'n man moontlik is in hierdie betrokke geval, is omdat dit voorkom of die reëls rondom trou somtyds verskillend was vir mans as wat dit was vir vrouens (immers is die vrou verbind aan die man...), maar is dit werklik so? Is die reëls regtig verskillend? Mag 'n man hertrou, maar 'n vrou nie? In die O.T. was daar ook baie mans wat meer as een vrou gehad het, wat op beurt ruimte geskep het vir hertrou;  maar ons moet onthou dat hierdie nie noodwendig die Here se goedkeuring weggedra het nie.  In die N.T. word mans bv. spesifiek beveel om elk net een vrou te hê! (en elke vrou een man)(l.w., "vanweë die hoererye"...!/1 Kor. 7:2). Dus, alhoewel baie kerke leer dat hertrou moontlik is vir 'n man waar sy vrou hoereer of egbreuk pleeg (en hy dus kan skei en weer trou omdat baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T.), is dit nie noodwendig die Here se wil nie;  en ook nie noodwendig dat dit in die eerste gemeentes toegelaat was nie... (want mans was immers beveel om elk net een vrou te he). Dat sommige kerke hertrou in hierdie geval toelaat, is dus ook debateerbaar.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mag nie hertrou nie:

GESKEIDES MAG NIE WEER TROU NIE.  
GESKEIDES WAT HERTROU, PLEEG EGBREUK 
(Mark. 10:11,12; Luk. 16:18; Rom. 7:2; 1 Kor. 7:39).

EGBREUK is 'n sonde (vir 'n studie oor egbreuk/owerspel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).
Nie net in die geval van wanneer 'n geskeide weer trou nie, maar ook wanneer iemand (nl. 'n ongetroude) 'n geskeide trou, word hy 'n EGBREKER... (hoe vreeslik sal dit wees as so iemand 'n "egbreker" doodgaan?/1 Kor. 6:10). In ander woorde, wanneer iemand 'n geskeide trou dan pleeg hy nie net egbreuk nie maar is in 'n ONGEOORLOOFDE VORM VAN (vleeslike) GEMEENSKAP (baie kerke sien sulke huwelike nie as "deur die Here saamgevoeg nie", want dit word nie toegelaat nie!).  

Alhoewel, praat ons nou van 'n geskeide man wie se vrou hoereer het, bv. waar diesulkes in sommige kerke toegelaat word om te hertrou, dan is dit anders... - in so 'n geval is die ongetroude wat met daardie geskeide man trou, nie besig om egbreuk te pleeg nie en die huwelik is ook wettig, maar l.w. dat hierdie 'n debateerbare punt is, en baie kerke reken dat dit ook nie eens 'n man geoorloof is om in so 'n geval te hertrou nie. 

HOE WORD 'N HERTROUDE GESIEN:

"Hertroudes" word gewoonlik gesien as EGBREKERS (dit is wat Jesus geleer het, asook is dit in die eerste gemeentes geleer) - of daar toelatings is vir hertrou (soos egskeiding somtyds toegelaat word) is natuurlik die punt waarop kerke verskil. 

Huwelike wat verbode vorme van vleeslike gemeenskap is, word nie regtig gesien soos "huwelik" nie, en diesulkes word eerder gesien as HOEREERDERS. Vir die wat in ongeoorloofde huwelike is a.g.v. 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap, is vergifnis en bekering belangrik (alhoewel kerke verskil op hierdie punt)(?). Sommige glo bv. dat so 'n huwelikspaar nie hoef te skei nie, ander glo hulle moet.  Ons moet tog let daarop dat sonde nie vergewe word as iemand nie bely EN BEKEER nie. 'n Goeie vb is die geval in 1 Kor. 5:1,2, waarin iemand aangespreek is omdat dit hom nie geoorloof was om die vrou van sy vader te hê nie.. (want dit is 'n ongeoorloofde vorm van vleeslike gemeenskap - vir 'n lys van "onwettige vorme van gemeenskap", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Wat was daar van die betrokke persoon in 1 Kor. 5 verwag om te doen?  - moes hy bloot vergifnis vra en in die onwettige verhouding bly? - nee! Wat van hom verwag was was nie net om vergifnis te vra nie, maar ook te breek met die verhouding, want waar so iemand nie breek met die verhouding nie, kan dit sekerlik beteken dat so iemand 'n "egbreker" sal sterwe.  Kom ons kyk ook na die vb. van HERODUS wat GETROUD was MET SY BROER SE VROU...: (Mar 6:17,18 - "Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie")(Luk. 3:18,19; Matt. 14:3,4). Om meer te leer oor hierdie onderwerp, kan die volgende verse behandel word (Lev. 18:16; 20:21; Deut. 25:5,6; Hand. 24:24). Johannes het van Herodes verwag om te skei van die vrou waarmee hy "getrou" het... - hoekom?, want jy mag nie jou broer se vrou neem nie... (verbode vorm van vleeslike gemeenskap)(uitgesluit Deut. 25:5,6, in die geval waar die broer sterwe). In so 'n geval, sou hy en Herodias skei, is daar geen huweliksverbond wat eers verbreek moet word nie, want na regte was hulle nie "deur God saamgevoeg nie" maar liewer besig om te HOEREER en EGBREUK te pleeg. In ander woorde, terwyl hy met Herodias "getroud" was, was sy nog eintlik aan haar eerste man verbind en hy was nog in die lewe (l.w. dat, vir hom om met Herodias volgens die wereld te kon trou, moes sy 'n skeibrief gekry het van Herodus se broer;  m.a.w., nie eens die skeibrief kon die huweliksverbond verbreek nie).  Tereg die rede waarom Johannes vir Herodes gesê het dat dit hom nie geoorloof is om haar te hê nie (want sy het nog aan 'n ander man behoort, al het sy 'n skeibrief ontvang). Johannes het van Herodus verwag om van haar te skei sodat hulle nie meer in sonde stap nie (want die waarheid is dat eers wanneer haar man dood is, sou dit haar geoorloof wees om weer te trou, maar nie solank sy 'n geskeide en hy nog in die lewe was nie).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONWETTIGE GEMEENSKAPVERHOUDINGS:

Sommige gemeenskaps-verhoudings is ONWETTIG en die wat daarin stap is besig om verkeerd te doen (bv. gemeenskap met duiwels/afgode aanbid, in dieselfde juk trek met ongelowiges, ens. - https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Onder die betrokke lys is sekere vorme van VLEESLIKE GEMEENSKAP ook verbode!, wat beteken dat daardie persone nie KAN TROU NIE... (bv. met jou naaste se vrou, ditto geslag met mekaar, 'n mens met 'n dier, ens.). AS 'N GESKEIDE GELOWIGE IN 'N ONWETTIGE HUWELIK WAS, EN HY DAARUIT GEKOM HET, DAN IS HY SOOS 'N ONGETROUDE, WANT HY WAS EINTLIK NOOIT GETROUD NIE! (sommige kerke verduidelik hierdie as "God sal nie iets saamvoeg wat onwettig is nie"). Hierdie is 'n ander vb. van waar 'n "geskeide" mag hertrou, want na regte was hulle nooit gesien as "getroud" nie.

In sommige gevalle, waar geskeides nuwe vleeslik gemeenskapsverhoudings betree, dink hulle dat "om te trou" die antwoord is dat hulle nie meer in sonde stap nie, maar "om te trou" regverdig nie die situasie waar iemand met 'n geskeide trou nie. Nog 'n vb. is die van Herodus wat in 'n onwettige huwelik was - 'n man mag nie sy broer se vrou neem (bv. terwyl sy broer nog in die lewe is nie)(Mark. 6:17,18). Johannes die doper het vir Herodus sterk aangespreek hieroor. Nog 'n geval is wanneer twee mense van dieselfde geslag trou - "om te trou" regverdig nie ewe skielik die onwettige gemeenskap nie, want mans mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie (Rom. 1:26-32). In ander woorde, "om te trou" maak nie ewe skielik egbreuk of hoerery reg nie, want egbreuk gaan oor die feit dat die een party verbind is aan 'n ander ...., en huwelik kan nie iets wat verkeerd is, regmaak nie (vir 'n studie oor egbreuk/owerspel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).  Bv., om te trou met 'n dier beteken nie dat jy ewe skielik vleeslike gemeenskap met die dier mag hê nie (Lev. 18:23);  dieselfde is waar van ander verbode vorme van vleeslike gemeenskap. Vir 'n man om met sy skoondogter te trou, beteken nie dat hulle verhouding nou geregverdig is net omdat hulle getroud is nie (Lev. 18:15).  Jy kan nie "wat sonde is" regmaak deur bloot "te trou nie", want jy word in die eerste plek verbied om in so 'n huwelik in te gaan.  

Op dieselfde wyse maak trou nie sonde reg as jy in die eerste plek as geskeide verbied was om weer te trou nie, en in hierdie geval gaan dit ook oor die feit dat die geskeide nog eintlik verbind is! Baie geskeides wat hertrou dink dat hulle dit net kan bely soos 'n sonde en dan bly in daardie nuwe "huwelik"..., maar om dit te bely beteken dat jy erken jy doen verkeerd, en dus word bekering verwag.  Bekering beteken dat jy wegdraai van daardie sonde. Geskeides word nie toegelaat om weer te trou nie (behalwe waar die huweliksmaat sterwe (en somtyds in bg. uitsonderlike gevalle in sekere kerke). 

Geskeides word eerder aangemoedig om met hulle geskeide maats te herenig sou dit moontlik wees... (1 Kor. 7:10,11), maar om weer te trou moet nie eers by 'n geskeide opkom nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE VAN BELANG:
--------------------------------
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. (LET WEL DAT DIE WOORDE "behalwe oor hoerey" HIER IN KONTEKS GEBRUIK IS MET "skei", NIE MET "weer trou" nie!)(vgl. dit ook met Matt. 5:32 en Luk. 16:18)
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
-----------------------
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------
(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,
(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
(Deu 24:5)  As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

(1 Kor. 6:1-11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Co 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Co 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
(1Co 6:4)  As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
(1Co 6:5)  Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
(1Co 6:6)  Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
(1Co 6:7)  Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
(1Co 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Exo 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
(Jas 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
(Jas 2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
(Jas 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.



Geen opmerkings nie: