Wys tans plasings met die etiket trou in geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket trou in geloof. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (4)(hertrou)


Hierdie pos is op die oomblik BESIG OM HERSIEN TE WORD, en is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "hertrou".

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Voorbeelde waar hertrou toegelaat word.
- Geskeides wat weer trou, pleeg egbreuk.
- Onwettige gemeenskapsverhoudings.
--------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Neem kennis dat hierdie reeks poste geskryf is aan gelowiges, en veral gemik op die wat huwelike betree het wat "deur die Here saamgevoeg is" (nie ongeoorloofde vorme van gemeenskap nie). Die tema van skei en hertrou is ingewikkeld en elke situasie is verskillend, en dit is duidelik dat kerke verskillende opinies opper oor die tema;  maar wat belangrik is in alle gevalle is dat ons hou by wat Jesus geleer het en die Heilige Gees gehoorsaam. Daar is bv. nie veel voorbeelde in die Skrif waar HERTROU toegelaat word nie...; of liewer, eintlik geen voorbeelde nie!, want die twee voorbeelde wat ons het van hertrou in die skrif is nie regtige "uitsonderings" nie.  Dit is gevaarlik om te leer dat daar uitsonderings is vir hertrou, maar in hierdie pos gaan ons o.a. inkyk op hierdie twee sg. "uitsonderings" van hertrou.

Kerke is oor die algemeen eens op wanneer egskeiding toegelaat word, maar stem nie altyd saam wanneer dit kom by die kwessie van "hertrou" nie. Die eerste kerk het egter sterk vasgehou aan Jesus se leringe en was beslis van mening dat die huwelik lewenslank is (al skei hulle...!). Een so 'n ou manuskrip van 140 n.C. (The Shepherd of Hermas) leer dat as 'n huweliksmaat egbreuk pleeg, die onskuldige wel mag skei, maar moes ongetroud bly - hoekom?, want dit gee vir die skuldige een kans om te bekeer en terug te keer na die ander een.  Dit is ook duidelik volgens die betrokke skrewe dat hertrou in daardie tyd gesien is as egbreuk (wat 'n sonde is). Hierdie is baie dieselfde wat Paulus leer in 1 Kor. 7, dat 'n geskeide vrou bv. ongetroud moet bly en moet probeer om met haar man te verenig waar moontlik (1Kor. 7:10,11). In die 4de-5de eeu n.C. het Augustine of Hippo ('n teoloog vd westerse kerk) ook na die huwelik verwys as 'n lewenslange sakrament..., en het selfs geleer dat in die oë van God 'n wettige egskeiding nie die geestelike band vd huwelik breek nie. Ook die oostelike vroeë kerkvaders wat nie so streng was op egskeiding nie, was baie gekant teen HERTROU, want die huweliksbond was volgens hulle beskou as iets ewig wat nie deur landswette verbreek kan word nie.

CHRISTUS HET GELEER DAT AS 'n GESKEIDE WEER TROU, HY/SY EGBREUK PLEEG (punt!): 
-(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; (Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
-(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.  

Natuurlik mag WEDUWEES EN WEWENAARS weer trou, want hulle IS VRY VAN DIE VORIGE HUWELIKSBOND OMDAT HULLE HUWELIKSMAATS NIE MEER IN DIE LEWE IS NIE (Rom. 7:2,3)(hetsy hulle nog bymekaar was of geskei was, wanneer een van hulle doodgaan is die huweliksverbond verbreek).  Hulle is dus vry om weer te trou..., maar word uitdruklik beveel om "in die geloof te trou (en natuurlik nie met "geskeides" nie!, want dan pleeg hulle egbreuk/Luk. 16:18)(1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here")(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). 

Daar is twee uitsonderings waar hertrou gewoonlik deur kerke toegelaat word:
- (1) Waar die vrou (of meisie voor die huwelik) hoereer (het): Alhoewel Jesus geleer het dat niemand mag trou met 'n geskeide nie... (Luk. 16:18), wil dit voorkom of Hy een uitsondering maak, nl. waar 'n geskeide geskei het om dat sy maat hoereer het (Mark. 10:4-12), maar neem kennis dat hierdie skrif nie altyd dieselfde interpreteer word nie...;  bv., die konteks was "skei", nie hertrou nie - dit is dus nie noodwendig dat hierdie skrif leer hertrou word toegelaat in so 'n geval nie.  Nog 'n interpretasie lui dat die "hoerery" waarna Jesus verwys in Matt.19:9 - ("Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"), meer 'n verwysing is na waar 'n man iets aan 'n vrou ontdek het nadat hulle getroud is bv. dat sy hoereer het voor hulle getrou het..., en tereg kan dit wees waarna Jesus eintlik hier verwys, siende Hy die woord hoerery gebruik, nie egbreuk nie (vgl. laasgenoemde sienspunt met Deut. 24:1, asook met Josef wat met Maria wou skei toe sy swanger word...). 

Nog 'n rede waarom sommige kerke beslis dat hertrou vir 'n man moontlik is in hierdie betrokke geval, is omdat dit voorkom of die reels rondom trou somtyds verskillend is vir mans as wat dit is vir vrouens... (immers is die vrou verbind aan die man en onder die wet van die man, nie die man onder die wet van die vrou nie).  In die O.T. was daar ook baie mans wat meer as een vrou gehad het, wat op beurt ruimte geskep het vir hertrou...;  maar ons moet onthou dat hierdie nie noodwendig die Here se goedkeuring weggedra het nie.  In die N.T. word mans bv. spesifiek beveel om elk net een vrou te hê! (en elke vrou een man)(l.w., "vanweë die hoererye"...!/1 Kor. 7:2). Dus, alhoewel baie kerke leer dat hertrou moontlik is vir 'n man waar sy vrou hoereer of egbreuk pleeg (en hy dus kan skei en weer trou omdat mans meer as een vrou kon hê om die O.T.), is dit nie noodwendig die Here se wil nie;  en ook nie noodwendig dat dit in die eerste gemeentes toegelaat was nie (want mans was immers beveel om elk net een vrou te he). Dat sommige kerke hertrou in hierdie geval toelaat, is dus nie noodwendig reg nie...
 
- (2)  Waar die huwelik vir spesifieke redes verbied word:  Daar is 'n vb in die O.T. van gelowige mans wat met ongelowige (nl. heidense) vrouens getroud was, toe van hulle geskei het en hertrou het met gelowige vrouens... (Esra 10). Hierdie is 'n tipiese geval waar die huwelik verbied is (bv., die kinders van die volk van God mag nie met heidene getrou het nie), en so 'n huwelik is dus "ongeoorloof" - daar word somtyds daarna verwys as "nie deur die Here saamgevoeg nie" (?).  Enige verbode vorm van vleeslike gemeenskap beteken ook dat diesulkes nie in die huwelik kan tree nie (en is dus ongeoorloof). Die vraag is nou of die wat in so 'n ongeoorloofde huwelik is en skei, enigsins gesien kan word as tipiese "geskeides"? ("geskeides" verwys na huweliksmaats wat nie meer bymekaar bly nie, maar hulle is nog onder huweliksbond). Volgens die vb in Esra 10 wil dit voorkom of diesulkes nie gereken was as tipiese geskeides nie, want hulle het hertrou (wat hulle ooit gereken as "getroud"?).  Of dit dieselfde is as die voorbeeld in 1 Kor 7 waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei, is nie sekere nie want die woord "ongelowige" daar verwys nie noodwendig net na 'n heiden nie, maar kan ook verwys na 'n ongelowige kind van die Koninkryk. Dus, terwyl sommige kerke hierdie vb. in 1 Kor. 7 (waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei) sien as 'n uitsondering van hertrou, is dit nie noodwendig dieselfde as die geval in Esra 10 nie...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VOORBEELDE WAAR HERTROU TOEGELAAT WORD:
GESKEIDES MAG NIE WEER TROU NIE.  
GESKEIDES WAT HERTROU, PLEEG EGBREUK (Mark. 10:11,12; Luk. 16:18; Rom. 7:2; 1 Kor. 7:39), maar daar is uitsonderings waar hertrou toegelaat word, wat nie noodwendig uitsonderings is asof dit iets is wat gewoonlik verkeerd is en nou reg nie, maar is bloot logies wanneer ons dit reg verstaan.  Daar is na regte geen uitsondering nie, maar volgens die wet (vd Here) is dit logies dat dit in hierdie betrokke gevalle toegelaat word. Bv., (1) in die O.T. was mans somtyds toegelaat word om meer as een vrou te hê.. (nie dat dit noodwendig God se bedoeling was nie, maar dit is toegelaat)., en dus in die geval waar 'n geskeide se vrou hoereer het, kan hy weer trou... (wat dan beteken dat hy twee vroue het, een waarvan hy geskei is, en 'n nuwe een). Die ander geval (2) is ook bloot logies, nl. dat omdat gelowiges nie met ongelowiges (wat in hierdie geval spesifiek verwys na heidene) mag trou nie, word so 'n huwelik gesien as 'n ongeoorloofde huwelik (hulle is besig met 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap) - logies gesproke sal hulle egskeiding nie gesien word soos 'n gewone egskeiding nie..., want hulle was in die eerste plek nie wettiglik getroud in die Here se boeke nie! 

WANNEER TWEE MENSE TOEGELAAT WORD OM TE SKEI, NL. IN SPESIFIEKE GEVALLE BETEKEN "SKEI" NIE DAT HULLE WEER MAG TROU NIE.   DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI" (bv. a.g.v. familiegeweld en molestering in die gesin, verharde hart, ens.), en KAN OOK IN UITSONDERLIKE GEVALLE (wat skriftuurlik is) BESLUIT WANNEER IEMAND WEER MAG HERTROU,  MAAR HET NIE DIE MAG OM DIE HERE SE OPDRAGTE TE ONTBIND (bv. soos om 'n geskeide toe te laat om 'n onwettige huwelik te betree) NIE. Nooit mag die kerk se oordeel in stryd wees met die Here se opdragte nie. Vir hierdie sake is wysheid van bo nodig.  Die kerk sal ook self deur die Here geoordeel word vir hulle woorde... (bv. wat hulle gepreek en toegelaat het);  dus kan niemand die kerk kwalik neem as hulle besluit om 'n paartjie nie trou nie (..."en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het").  

(1) Wat geskeides aanbetref waarvan altwee huwelikspartye nog in die lewe is, wil dit voorkom of Jesus wel een uitsondering gegee het van HETROU: -Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Nie net is dit moontlik vir die geskeide om weer te trou nie, maar dit is ook moontlik vir iemand anders om met die geskeide in hierdie geval te trou (bv., ongetroudes en weduwees mag nie 'n geskeide persoon trou nie/Luk. 16:18, maar in hierdie betrokke geval is dit moontliik vir 'n meisie/vrou om 'n geskeide man te trou). Die rede waarom hertrou in hierdie geval toegelaat word, is omdat mans in die O.T. somtyds toegelaat is om meer as een vrou te he (nie dat dit noodwendig die Here se bedoeling was nie, want ons sien bv. ook dat hierdie baiemaal "hoererye" tot gevolg gehad het en is juis die rede waarom van Christen-mans in die N.T. verwag word om elkeen net een vrou te he). God laat m.a.w. hertrou toe waar 'n vrou hoereer het, en is miskien eerder die rede waarom dit in die eerste plek toegelaat was dat mans somtyds meer as een vrou kon he (?). Hierdie is die enigste werklike rede waarom iemand (wat geskei is van 'n wettiglike huwelik) kan hertrou, maar let daarop dat kerke ook eens in hierdie geval dit altyd toelaat nie;  en tereg!, want hoerery is 'n sonde waarvan iemand kan rein word in die N.T. (in die O.T. was daar nie 'n offer daarvoor nie).  As 'n geskeide man (wie se vrou hoereer het) se vrou vergifnis kry en rein word, is dan is dit beslis moontlik vir hulle om te herenig (wat nie die geval was in die O.T. nie (Deut. 24:1-4). Hierdie gaan veral oor die tema van rein/onrein, wat 'n effek het op die huwelik, bv. of dit heilig is. In die volgende pos in hierdie reeks word daar meer ingekyk op hierdie tema.  Alhoewel God egskeiding haat, dit beteken nie dat die huweliksverbond verbreek is nie (sien vorige pos). 'n Skeibrief (wat terloops bloot 'n geskrewe bewys is van die skeiding), breek nie die huweliksverbond nie (Rom. 7:2,3).  Dit is hoekom 'n geskeide wat weer trou, EGBREUK pleeg (want hulle is nog onder bond!). 'n Geskeide man wie se vrou hoereer het, moet verstaan dat wanneer hy 'n ander vrou neem, hy eintlik nou 2 vroue het! (die een van wie hy geskei is, en die een met wie hy nuut getrou het). Alhoewel hy geskei is van die vorige vrou, is daar steeds 'n tipe verantwoordelikheid t.o.v. haar (bv. wat die kinders aanbetref, ens.). Bestudeer gerus die geval in Deut. 24:1-4 om hierdie beter te verstaan (bv., die vrou wat weggestuur word, word onrein as sy weer trou... - wat 'n bewys is dat, ten spyte van die feit dat sy 'n skeibrief ontvang het, die huweliksverbond nie verbreek is nie! - dit is hoekom sy onrein word as sy 'n ander man s'n word).  Om dit nog beter te verstaan, kan ons kyk na die vb. in Jes. 50:1 (Jer. 3:8) waarin (die volk) Israel 'n skeibrief van die Here af kry... - duidelik beteken dit nie dat die volk nie meer aan Hom behoort nie! (in ander woorde, die verbond wat Hy met die volk het was nie a.g.daarvan verbreek nie). Vgl. dit met Jer 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!"

As ons Jesus se woorde in Matt. 19:19 in ag neem, wil dit dus voorkom of 'n man in hierdie situasie weer kan trou..., maar wat die vrou aanbetref mag sy nie weer trou nie (want sy is eintlik nog aan hom verbind/Rom. 7:2,3) - die feit dat sy weggestoot is, kan miskien gesien word soos 'n straf.  'n Vrou moet in so 'n geval haar sonde bely en vergifnis soek (nie voortstap in die sonde nie) - geskeide vrouens was in die eerste gemeentes beveel om ongetroud te bly en moes probeer om met hulle mans te versoen (waar dit moontlik is)(1Kor. 7:10,11 - "En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie"). 

WANNEER DIT KOM BY EGSKEIDING EN HERTROU, IS DAAR TWEE BELANGRIKE VRAE OM TE VRA:
-  (1)  Wat was die rede waarom hulle geskei is?
-  (2)   Man of vrou? (want na regte is dit nie die man wat aan die vrou verbind is nie, maar die vrou aan die man;  tog behoort hulle altwe aan mekaar!, en moet liewer gesien word as 'n EENHEID, as apart - dit is die probleem met egskeiding!...).

(2) KOM ONS KYK NA DIE GEVAL VAN WAAR 'N ONGELOWIGE VAN 'N GELOWIGE SKEI - IS HIERDIE 'N VB. VAN WAAR DIE GELOWIGE WEER KAN TROU? Net voor ons verder gaan moet ons eers verstaan wat hier met "ongelowige" bedoel word..., want in hierdie konteks verwys dit bv. nie noodwendig na kinders van die Koninkryk of geroepenes wat ongelowig is (nl.  die wat hulle harte verhard teen die waarheid) nie, maar "ongelowige" in hierdie konteks verwys na "heidene" (mense wat nie die Here God aanbid nie/nie onder God se volk gebore is nie, maar bv. afgode aanbid). (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde (Griekse woord, "doo-lo-o", "to enslave") nie. Maar God het ons tot vrede geroep").   Sommige kerke sien hierdie as 'n tipiese voorbeeld waar 'n geskeide gelowige weer mag trou... (en sien die woorde "nie gebonde nie" as dat dit beteken die huweliksverbond is verbreek). Die geval verwys bv. na 'n gelowige vrou getroud met 'n ongelowige man (heiden), wat na regte 'n "ongeoorloofde huwelik" is - dit was verbied vir redes... Onder die Joodse volk was dit bv. die vrou wat bepaal of die kinders as kinders vd volk (reines) gebore word of nie (iemand word bv. nie gesien as 'n Jood as die ma nie 'n Jood is nie, want dit is in konteks hier van 'n Joodse man wat vrou neem - die vrou word aan die man verbind / die volk van god se mans was verbied om met heiden-vroue te trou), en die rede hiervoor (wil dit voorkom) was eintlik omdat dit gegaan het oor die probleem dat wanneer gelowige mans heiden-vrouens neem, dit afvalligheid onder die volk kan veroorsaak (wat terloops telkemale gebeur het!). Natuurlik is hierdie eintlik nie net waar van slegs waar gelowige mans ongelowige vrouens neem nie, maar ook waar gelowige vrouens ongelowige mans het, en Paulus praat hiervan in 1 Kor. 7 (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"). Wanneer een vd twee in 'n huwelik rein is, is die kinders "rein", wat veral verwys na die feit dat hulle gesien word as deel van die volk van God (is geheilig/is "geroep"). Hebreeuse mans was nie werklik toegelaat om heidense vrouens te neem nie, want hulle kan hulle mans afvallig maak en sal die kinders bekendstel aan hulle afgode (Deut. 7:1-4). Verseker, oor hierdie rede, is dit belangrik dan 'n heidense vrou haar eers moet bekeer tot die geloof, anders is hulle kinders nie rein nie... (dit is altyd problematies wanneer 'n gelowige besluit om met 'n ongelowige te trou). Kinders besluit eers later of hulle glo of nie..., maar alle kinders gebore van 'n gelowige huwelikspaar (of ten minste een van hulle, want in die huwelik word die twee as een gesien), word gesien as geroepenes (is "kinders vd Koninkryk", en word so hanteer);  hulle word maw gesien as deel van die Christelike volk! (l.w. dat geen onreines sal kan ingaan in die koninkryk van God nie/Ef. 5:5). Alhoewel sommige kerke in hierdie 'n geval die huwelik sien as "nie deur God saamgevoeg nie", is dit egter nie presies dieselfde soos ander ongeoorloofde huwelike waar dit ongeoorloof is a.g.v. 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap nie (kerke verskil op hierdie punt).  Die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, verwys nie noodwendig na dieselfde geval waar dit 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap  (bv. 'n man met 'n man, of vrou met vrou, of naby bloedverwante, ens. is nie, want "ongelowiges" verwys nie altyd na heidene nie en dit is bloot dat gelowiges verbied word om met ongelowiges te trou omrede die een dan rein en die een onrein is (en die reine dus onrein kan word as hy gemeenskap het met die onreine se werke;  alhoewel, let daarop dat in hierdie geval so 'n reine nie kan onrein word deur die "vleeslike gemeenskap" nie, want hulle word in daardie geval gesien as "een" omdat hulle in 'n huwelik is/1 Kor. 7:14). 'n Huwelik tussen 'n gelowige en 'n ongelowige kan dus tipies nie gesien word as "nie deur die Here saamgebind" (soos in die geval van ongeoorloofde gevalle) nie, want dit word geheilig deur die reine (dit gaan nie hier oor of dit die Here se wil was of nie, maar gaan oor die feit of die huwelik geheilig word). M.a.w., omdat die een rein is (nl. die gelowige), is die die huwelik HEILIG (afgesonder) en die kinders dus rein... (hulle word "onder die volk van God gebore/is geroep, hetsy hulle die geloof vorentoe aanvaar of nie). Let gerus ook op die woord "gebonde"..., wat terloops o.a. verwys na die manier hoe die man en vrou mekaar DIEN (amper soos slaafskap) - konteks hier is nie oor of dit die Here se goedkeuring wegdra nie, maar die feit dat hulle mekaar dien.

'n Goeie voorbeeld hiervan is in Esra 10 waar gelowige mans van ongelowig vrouens (in hierdie geval, heidene) geskei het en hertrou het met gelowige vrouens... - meeste kerke is van mening dat in hierdie geval hertrou toegelaat kan word omdat dit 'n onwettige huwelik was. Natuurlik was die konteks waarin Paulus hieroor gepraat het, ook meer in die konteks "van bly in die staat waarin jy is", en kon miskien liewer hier verwys na gevalle waar een gelowig geword het terwyl hulle alreeds getroud was;  in ander woorde, 1 Kor. 7 moet nie hier gesien word as 'n geleentheid om 'n gelowige toe te laat om met 'n ongelowige te trou nie (alhoewel dit nie in woorde verbied word in die N.T. nie). Paulus se siening (in die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is) is dat die gelowige GEEN REDE moet gebruik om die ongelowige weg te stoot nie (natuurlik was hierdie in konteks met "bly in die staat waarin jy is", nl. dit verwys miskien eerder na huwelike waar een gelowig word terwyl hulle alreeds getroud is). Die reels wat hy hier spesifiek neerle het verseker waarde, maar hy maak dit duidelik dat dit sy eie woorde is (1Kor. 7:12 - "Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie") - en hy leer ook verder dat sou die ongelowige maat wou skei, die gelowige nie in sy/haar pad moet staan nie (volgens hom moet die skeiding dus nie van die gelowige se kant af kom nie, maar van die ongelowige - en hy noem sy rede: "ter wille van vrede"). MAAR DAAR IS 'N VERSKIL TUSSEN HIERDIE VB. EN DIE VB. IN ESRA 10..., want in Esra 10 word die ongelowige huweliksmaats verstoot deur gelowige huweliksmaats (Esra 10; 9:1). 

Om bloot met iemand te skei omdat hy ongelowig is, kan nie noodwendig regverdig word nie, veral nie in die N.T. nie (of liewer, was nie deur Paulus regverdig nie...); tensy jy in 'n ongeoorloofde vorm van vleeslike gemeenskap betrokke is. Sekerlik is dit toelaatbaar waar gelowiges in dieselfde juk trek met hulle ongelowige huweliksmaats (en die gelowige dus a.g.daavan besoedel word... - kyk na "verbode vorme van gemeenskap") - hierdie is 'n ingewikkelde onderwerp en die kerk behoort genader te word op hierdie besluite (bv. op of so 'n gelowige kan hertrou of nie, veral in die geval waar dit die gelowige is wat geskei het, nie die ongelowige nie). Daar is nie veel hoop vir hereniging in so 'n egskeiding nie, want hoe weet jy of die onreine gered sal word... - logies gesproke het kerke oor die algemeen nie n probleem om 'n gelowige in hierdie geval toe te laat om weer te trou nie (1Kor.  7:15,16  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?").

Kom ons kyk vinnig na die vb. in Esra 10:
(Esra 10:2,3 - "Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak. Laat ons dan nou ‘n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word") -   vgl. dit met Esra 9:1 - ("En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete"). Dit is duidelik dat die probleem hier in Esra spesifiek gegaan het oor afgodsaanbidding - kyk die woorde "wat hulle gruwels betref".  As hulle vroue (en kinders) nie hierdie gruwels wou neerle en hulleself ondergeskik stel aan die God van Israel en Hom alleen aanbid nie, dan het dit beteken dat beide die huweliksmaats asook die LAND deur die onreines besoedel word (en bv. die kinders kan dus nie GEHEILIG/afgesonder word vir die Here nie). Logies gesproke dat hierdie geval anders is vir sulke geskeides, en dat hulle "weer kan trou". In hierdie geval moes hulle hul vrouens verstoot sodat hulle hul vir die Here kon heilig en die land heilig kon wees. HIERDIE WAS BASIES SOOS OM DIE HERE BO GELIEFDES TE KIES, EN DIT LAAT DINK MENS AAN JESUS SE WOORDE: (Luk 18:29,30 - "En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom").

M.A.W., 
- (1) IN DIE GEVAL VAN 'N GELOWIGE WAT MET 'N HEIDEN GETROUD IS, IS SO 'N HUWELIK NIE werklik GEOORLOOF NIE (en as hulle skei kan hulle weer trou)(in die N.T. word so 'n huwelik geheilig ter wille van die reine en die kinders;  steeds; sou hulle skei, wil dit voorkom of die gelowige weer kan trou).
- (2) DIE GEVAL WAAR 'N GELOWIGE MET 'N "GEROEPENE" WAT ONGELOWIG IS GETROUD IS, IS EGTER ANDERS - SO 'N HUWELIK KAN NIE NOODWENDIG AS ONGEOORLOOF GESIEN WORD NIE (en dit beteken dus dat die gelowige geskeide in so 'n geval nie noodwendig weer kan trou nie). Kerke verskil op hierdie punt, en elke gelowige geskeide wat hertrou oorweeg, moet maar eers hierdie met hulle kerk bespreek. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geskeides wat weer trou, en die een wat 'n geskeide trou, pleeg EGBREUK:

Nie net in die geval van wanneer 'n geskeide weer trou nie, maar ook wanneer iemand (nl. 'n ongetroude) 'n geskeide trou, word hy 'n EGBREKER... (hoe vreeslik sal dit wees as so iemand 'n "egbreker" doodgaan?/1 Kor. 6:10). In ander woorde, wanneer iemand 'n geskeide trou dan pleeg hy nie net egbreuk nie, maar is in 'n ONGEOORLOOFDE VORM VAN (vleeslike) GEMEENSKAP (baie kerke sien sulke huwelike nie as "deur die Here verbind nie", want dit word nie toegelaat nie);  

Alhoewel, praat ons nou van 'n geskeide man wie se vrou hoereer het, dan is dit anders - in so 'n geval is die ongetroude wat met daardie geskeide man trou, nie besig om egbreuk te pleeg nie en die huwelik is ook wettig. Maar vir die wat in ongeoorloofde huwelike is a.g.v. 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap, is vergifnis en bekering belangrik... - alhoewel kerke verskil op hierdie punt. Sommige glo bv. dat so 'n huwelikspaar nie hoef te skei nie, ander glo hulle moet.  Ons moet tog let daarop dat sonde nie vergewe word as iemand nie bely EN BEKEER nie. 'n Goeie vb is die geval in 1 Kor. 5:1,2, waarin iemand aangespreek word dat dit hom nie geoorloof is om die vrou van sy vader te he nie... (want dit is 'n ongeoorloofde vorm van vleeslike gemeenskap - vir 'n lys van "onwettige vorme van gemeenskap", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Wat was daar van die betrokke persoon in 1 Kor. 5 verwag om te doen?  Bv., moes hy bloot vergifnis vra en in die onwettige verhouding bly? - nee, hy moes vergifnis vra en breek met die verhouding - waar so iemand egter nie breek met die verhouding nie, kan dit maklik beteken dat so iemand 'n "egbreker" sal sterwe.  Kom ons kyk ook die vb. van HERODUS GETROUD MET SY BROER SE VROU...: (Mar 6:17,18 - "Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie")(Luk. 3:18,19; Matt. 14:3,4). Om meer te leer oor hierdie onderwerp, kan die volgende verse behandel word (Lev. 18:16; 20:21; Deut. 25:5,6; Hand. 24:24). Johannes het van Herodes verwag om te skei van die vrou waarmee hy "getrou" het... - hoekom?, want jy mag nie jou broer se vrou neem nie... (uitgesluit Deut. 25:5,6, wat die geval is waar die broer sterwe) - dit wil voorkom of die twee in 'n "onwettige vorm van gemeenskap" was. In so 'n geval, sou hy en Herodias skei, is daar geen huweliksverbond wat eers verbreek moet word nie, want na regte was hulle nie "deur God saamgevoeg nie" maar liewer besig om te hoereer en egbreuk te pleeg - om vergifnis te kry moes hulle bely en bekeer (wegdraai van daardie sonde). In ander woorde, terwyl hy met Herodias "getroud" was was sy nog eintlik aan haar eerste man verbind en hy was nog in die lewe (l.w. dat, vir hom om met Herodias volgens die wereld te kon trou, moes sy 'n skeibrief gekry het van Herodus se broer;  m.a.w., nie eens die skeibrief kon die huweliksverbond verbreek nie).  Tereg die rede waarom Johannes vir Herodes gesê het dat dit hom nie geoorloof is om haar te hê nie! (want sy het nog aan 'n ander man behoort, al het sy 'n skeibrief ontvang). Johannes het van Herodus verwag om van haar te skei sodat hulle nie meer in sonde stap nie (want die waarheid is dat eers wanneer haar man dood is, sou dit haar geoorloof wees om weer te trou, maar nie solank sy 'n geskeide en hy nog in die lewe was nie).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONWETTIGE GEMEENSKAPVERHOUDINGS:

Sommige gemeenskaps verhoudings is ONWETTIG en die wat daarin stap is besig om verkeerd te doen (bv. gemeenskap met duiwels/afgode aanbid, in dieselfde juk trek met ongelowiges, ens. - https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Onder die betrokke lys is sekere VLEESLIKE GEMEENSKAP verbode!, wat beteken dat daardie persone nie KAN TROU NIE (bv. met jou naaste se vrou, ditto geslag met mekaar, 'n mens met 'n dier, ens.). AS 'N GESKEIDE GELOWIGE IN 'N ONWETTIGE HUWELIK WAS, EN HY DAARUIT GEKOM HET, DAN IS HY SOOS 'N ONGETROUDE, WANT HY WAS EINTLIK NOOIT GETROUD NIE! (God sal nie iets "saamvoeg" wat onwettig is nie). Hierdie is 'n ander vb. van waar 'n "geskeide" mag trou.

In sommige gevalle, waar geskeides nuwe vleeslik gemeenskapsverhoudings betree, dink hulle dat "om te trou" die antwoord is dat hulle nie meer in sonde stap nie... Maar "om te trou" regverdig nie die situasie waar iemand met 'n geskeide trou nie. 'n Ander vb. is die van Herodus wat in 'n onwettige huwelik was - 'n man mag nie sy broer se vrou neem (bv. terwyl sy broer nog in die lewe is nie)(Mark. 6:17,18). Johannes die doper het vir Herodus sterk aangespreek hieroor. Nog 'n geval is wanneer twee mense van dieselfde geslag trou - "om te trou" regverdig nie ewe skielik die onwettige gemeenskap nie, want mans mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie (Rom. 1:26-32). In ander woorde, "om te trou" maak nie ewe skielik egbreuk reg nie, want egbreuk gaan oor die feit dat die een party verbind is aan 'n ander .... (vir 'n studie oor egbreuk/owerspel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).  Bv., om te trou met 'n dier beteken nie dat jy ewe skielik vleeslike gemeenskap mag he met die dier nie... (Lev. 18:23). Vir 'n man om met sy skoondogter te trou, beteken nie dat hulle verhouding nou geregverdig is net omdat hulle getroud is nie... (Lev. 18:15).  Jy kan nie "wat sonde is" regmaak deur bloot "te trou nie", want jy word in die eerste plek verbied om in so 'n huwelik in te gaan.  Op dieselfde wyse maak trou nie sonde reg as jy in die eerste plek as geskeide verbied was om weer te trou nie, en in hierdie geval gaan dit ook oor die feit dat die geskeide nog eintlik verbind is! Baie geskeides wat hertrou dink dat hulle dit net kan bely soos 'n sonde en dan bly in daardie nuwe "huwelik"..., maar om dit te bely beteken dat jy erken jy doen verkeerd, en dus word bekering verwag.  Bekering beteken dat jy wegdraai van daardie sonde. Geskeides word nie toegelaat om weer te trou nie (behalwe waar die huweliksmaat sterwe (en somtyds in bg. uitsonderlike gevalle). Geskeides word eerder aangemoedig om met hulle geskeide maats te herenig sou dit moontlik wees... (1 Kor. 7:10,11) - om weer te trou moet liefs nie eers by 'n geskeide opkom nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE VAN BELANG:
--------------------------------
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. (LET WEL DAT DIE WOORDE "behalwe oor hoerey" HIER IN KONTEKS GEBRUIK IS MET "skei", NIE MET "weer trou" nie!)(vgl. dit ook met Matt. 5:32 en Luk. 16:18)
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
-----------------------
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------
(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,
(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
(Deu 24:5)  As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

(1 Kor. 6:1-11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Co 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Co 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
(1Co 6:4)  As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
(1Co 6:5)  Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
(1Co 6:6)  Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
(1Co 6:7)  Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
(1Co 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Exo 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
(Jas 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
(Jas 2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
(Jas 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.