Wys tans plasings met die etiket hertrou. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hertrou. Wys alle plasings

Woensdag 14 Februarie 2018

Trou, Skei en Hertrou (6)(bespreking egskeiding en hertrou vb.e)

 
In hierdie pos word daar op verskillende voorbeelde ingekyk rondom "skei en hertrou". Ons is van mening dat net soos daar uitsonderings is waarom iemand mag skei, daar ook uitsonderings kan wees waarom iemand toegelaat word om weer te trou (?). In hierdie pos gaan ons kyk na sulke moontlike uitsonderings... 

Vir ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Betekenis van die woord "skei/egskeiding".
- Moontlike uitsonderings vir "hertrou"
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Daar is nie veel voorbeelde van "hertrou" in die Skrif nie, maar daar is gevalle..., bv. waar 'n huweliksmaat afgesterf het (Rom. 7:2,6) - WEDUWEES EN WEWENAARS word gesien soos ONGETROUDES (en kan weer trou, alhoewel daar is 'n paar voorwaardes aan hulle gestel word vir hertrou). Tipies is dit "ongetroudes" wat die reg het om te trou, en wat "ongetroudes" aanbetref is dit eintlik maar net weduwees en wewenaars wat kan HERTROU.  

GESKEIDES word NIE gesien as ONGETROUDES NIE (want dit wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie, ook nie 'n skeibrief nie!/Matt. 19:6; Mark 10:9. Dit is slegs die dood wat die wet verbreek waaronder getroudes is/Rom. 7:2).  Dit is op hierdie punt waar baie Christene verskil.., maar Jesus Christus het 'n stelling gemaak dat as 'n geskeide WEER TROU, hy/sy egbreuk pleeg! (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk")(duidelik was Hy ook nie van die siening dat geskeides "ongetroudes" is wat weer kan trou nie, want jy kan slegs die sonde van egbreuk pleeg as iemand in eg is...). Bv., as 'n man 'n geskeide vrou trou, pleeg hy egbreuk... want in die Here se boeke is sy in eintlik nog 'n getroude vrou! - ons moet dus verstaan wat met die woord GESKEI bedoel word (en in hierdie pos kyk ons o.a. daarna). Wat EGBREUK aanbetref is dit natuurlik nie net fisies hoe iemand hierdie sonde kan pleeg nie, maar selfs as iemand na 'n getroude kyk om hom/haar te begeer, pleeg hy/sy egbreuk in die hart (egbreuk is 'n sonde vd vlees (dit besoedel die gewete), maar dit breek nie die eg nie! Ons moet verstaan wat "egbreuk" beteken, bv. as jy egbreuk in jou hart gepleeg het beteken dit nie dat omdat jy die getroude begeer het, hulle huwelik gebreek is nie - die begrip "egbreuk" beteken nie die huwelik is gebreek nie). Natuurlik gaan ons ook op hierdie pos stilstaan by moontlike voorbeelde waar HERTROU inderdaad toegelaat is/word. Die Christen wat weer wil trou (bv. weduwees en wewenaars), word aangemoedig om "in die Here " te trou, bv. met 'n ander gelowige te trou, nie 'n ongelowiges nie (1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here").  En natuurlik mag sy/hy dan ook nie met 'n geskeide trou nie... (Matt. 19:9; Luk. 16:18), want as jy dit doen pleeg jy egbreuk. In hierdie pos gaan ons ook vinnig kyk na 'n paar uitsonderings wat deur kerke gemaak is vir "hertrou" (maw, waar dit toegelaat word).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "SKEI / EGSKEIDING":

Die woorde "skei" of "egskeiding" word somtyds verskillend ge-interpreteer, maar die manier hoe dit verstaan word is belangrik!, want as geskeides nie regtig verstaan wat die woord "skei" beteken nie, dan kan hulle hulself in 'n onwettige huwelik dompel sou hulle hertrou. 

Die woord "skei" in die konteks van egskeiding is 
- die Griekse woord " kho-rid'-zo", wat kan beteken "om weg te gaan" of te verdeel in die sin van "separate" (depart or put asunder)(1 Kor. 7:10,11,15; Mark. 10:9);  of 
- die woord " ap-ol-oo'-o", wat kan beteken "om vry/los te maak" (release, dismiss, relieve, pardon, put(send) away, set at liberty)(Luk. 16:18; Mark. 10:2,4,11,12; Matt. 19:6-9).  

Die manier hoe die woord "skei" dus beskryf word in die skrif (en ook verstaan word deur baie geleerdes), is nie dat dit 'n totale verbreking is van die huweliksbond nie, maar slegs verwysend daarna dat die twee glad nie meer bymekaar hoef te bly nie. Na regte is dit nie goed vir paartjies om onbepaald van mekaar weg te wees (terwille van begeertes/1 Kor. 7:3-5). Die Here haat egskeiding, en hierdie is sekerlik een van die redes waarom Hy dit haat, want Hy wil altyd die beste vir ons hê. Met egskeiding word die een van wie geskei word weggestuur en losgemaak van die huweliksverpligtinge, maar dit beteken nie dat die wet wat hulle as getroudes verbind, verbreek is nie (want dit is die dood wat hulle eintlik geheel losmaak/Rom. 7:2, en Jesus het ook geleer dat geen mens kan skei wat God saamgevoeg het nie). GESKEIDES mag nie trou solank die ander nog in die lewe is nie, tensy (?)........ (en ons sal op 'n volgende paragraaf kyk na moontlike uitsonderings). Geskeides word gesien asof hulle steeds getroud is (maar hulle bly net nie meer bymekaar nie). Dit wil voorkom of hierdie siening Jesus se siening, sowel is hoe die eerste gemeentes dit verstaan het... (siende geskeide vrouens o.a. beveel was om ongetroud te bly en weer met hulle mans te versoen indien moontlik/1 Kor. 7:11). 

Kom ons kyk in op verskillende Gr. woorde wat rondom hierdie tema gebruik word, om beter te verstaan wat die verskil is tussen verbrekeing en losmaking:
Die beste manier om te te sien wanneer bedoel dat die huwelik gebreek is, is sekerlik om te kyk na Rom. 7:2,3 wat leer dat wanneer die man sterf, die vrou nie meer gebonde is nie... (ons mag miskien ook hier inkyk op 1 Kor. 7 waar die ongelowige van die gelowige skei en die gelowige nie meer gebonde is nie... - is dit dieselfde Gr. woord?). (1) Kom ons kyk eers na Rom. 7:2,3:
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde ("deh'-o",  bind, be in bonds, knit, tie, wind.); maar as die man sterwe, is sy ontslae ("kat-arg-eh'-o" - "loosed")(to be (render) entirely idle (useless), literally or figuratively: - abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void.) van die wet van die man.(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde Griekse woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit bv. meer verwys na "parden"), want dit het in hierdie geval eerder die betekenis van "abolish" (kat-arg-eh'-o - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void...") WAT ONS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou dan nie meer onder wet aan haar man verbind is nie), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS "skei" in ander skrifte, soos in die GEVAL VAN EGSKEIDING NIE. (2) Vgl. dit ook met (1Kor. 7:39 - " ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry ("el-yoo'-ther-os"- unrestrained (to go at pleasure), that is, (as a citizen) not a slave (whether freeborn or manumitted), or (generally) exempt (from obligation or liability): - free (man, woman), at liberty.) om te trou met wie sy wil, maar net in die Here). 'n Man en vrou wat getroud is is "slawe van mekaar", maar wanneer die een sterf is die ander een vry (en dit is hoekom hierdie skrif dit duidelik maak dat in so 'n geval, die ander een weer kan trou want hy/sy word nou soos 'n "ongetroude" gesien - vgl. dit met Rom. 7:3 wat leer dat SOLANK DIE MAN LEWE, DIE VROU EGBREUK PLEEG AS SY SKEI EN MET 'N ANDER TROU, wat beteken dat al kry sy 'n egskeiding, is sy NIE VRY nie). Let gerus op die beginsel van "slaafskap" in hierdie skrif (dieselfde beginsel in ons verbintenis met die Here, en hoekom dit verkeerd is om "geestelik te hoereer"). (3) Dieselfde beginsel van "slaafskap" word ook na verwys in (1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde ("doo-lo'-o", to enslave (literally or figuratively): - bring into (be under) bondage, X given, become (make) servant.) nie. Maar God het ons tot vrede geroep"). Hierdie is een van die twee redes waar hertrou (na egskeiding) toegelaat word deur  Christelike kerke (en tereg!), ...nl. die geval waar die gelowige wat van ongelowige geskei is toelaat word om weer te trou, en dit is omdat die gelowige in so 'n geval vry is van die "slaafskap"/verbond. Daar is nog een ander geval, alhoewel dit liewer nie voorgeskryf moet word nie (en sal later daarop inkyk).

In meerste skrifte waar daar na egskeiding verwys word, word die woord "ap-ol-oo-o" gebruik  (Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18). Om die woord beter te verstaan, kom ons kyk wat dit in konteks beteken in ander gevalle... (bv. waar dieselfde Gr. woord gebruik word, maar dit nie in die konteks van egskeiding is nie): (1) Die woord word bv. as spreek "vry" vertaal in Luk. 6:37 (in die engels vertaal as "forgive");  as ons vryspreek sal ons vrygespreek word - ons sien dat in hierdie konteks die woord eerder verwys na vergifnis (nie iemand kwalik neem, oordeel, veroordeel nie), wat nie in die konteks van 'n "bond verbreek" gebruik word nie. (2) Vgl. dieselfde Gr. woord ook met Matt. 18:23-35: (waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken...).  In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is (en dit nie kon betaal nie), kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit... (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Hy het nie van hom verwag om hom verder te betaal nie - kyk gerus hoe hierdie konteks inskakel by bg. van vergifnis/is vry.  In die geval van egskeiding, word die een wat laat gaan word, vrygespreek van die verpligtinge van die huwelik - dit beteken egter nie dat die bond verbreek is nie, bv. as ons verder lees is Matt. 18, is dit duidelik dat hy nie vry was van sy bond aan die wet  nie.  Ons moet verstaan dat hierdie nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie, want as dit was, dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie... (Matt. 18:32-35).  Sou sy skuld bv. "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy nie later oorgegee word aan die pynigers nie... Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HY SELF KWYTGESKELD!, omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie... (want hy is nog onder wet)(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26). Ons kry dieselfde probleem wanneer Christene wilde stellings maak dat hulle nie onder 'n wet is nie omdat hulle vry is!(?) - die tema word maar net nie altyd goed verstaan nie... Bv., om vry te wees van die wet van Moses, beteken nie dat jy nie meer (gebonde is) onder wet nie... (weergeborenes is onder die wet van Christus, onder die wet van die Gees). (Rom 7:1 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?"). Dieselfde fout word gemaak in die geval van egskeiding waar mense nie verstaan wat egskeiding beteken nie.  Alhoewel die vrou wat "laat gaan word" vry is, beteken dit nie dat sy nie meer onder slaafskap is nie (want sy is nog aan daardie wet gebonde solank altwee lewe). Vry in een opsig, ja, maar steeds gebonde aan die wet... Dit is duidelik dat die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 nie dieselfde is as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie.  (3) Vgl. dit gerus met 1 Kor. 7:10,11 en 15 waar die woord "skei" wat daar gebruik word, die woord (kho-rid'-zo) is, wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate"). Skei breek nie die bond nie, maar plaas ruimte tussen die twee (dis al!). (4) Dieselfde Griekse woord word gebruik in Luk. 13:12 wat verwys na hoe 'n vrou verlos is krankheid... (sy het 'n gees van krankheid gehad, waarvan sy toe verlos is...)(Luk. 13:16), wat verwys na hoe sy nie meer daaronder lei nie (is vry van haar lyding). Hierdie is die rede waarom egskeiding somtyds toegelaat word. God haat egskeiding en dit is nie goed vir paartjies om lang tye van mekaar af weg te wees nie, maar in sekere gevalle word egskeiding toegelaat ter wille van barmhartigheid (bv. waar die ander een 'n harde hart het, ens.). 

Wat het Jesus hieroor geleer, en hoe het die eerste gemeentes dit verstaan?
In Matt. 5:32 en 19:9 verklaar Christus dat niemand om enige rede mag skei nie...;  ook,  dat die een wat 'n geskeie trou, egbreuk pleeg! Die sonde egbreuk kan slegs geskied teenoor 'n eg...;  dit beteken dus dat die geskeie nog "in eg" is (nog onder die verbond), alhoewel "geskei".  Met egskeiding is iemand inderdaad vry om te gaan, maar nie vry van die bond nie (jy is eers vry van daardie bond/slaafskap wanneer een van die twee sterf.  Jesus het o.a. geleer dat GEEN MENS DIT WAT GOD SAAMGEVOEG HET, MAG SKEI NIE: -(Matt. 19:4-6 - "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Net soos ons het baie van die volk van God dit ook nie altyd reg verstaan nie, en in Matt. 19:10 sien ons hoe verbaas die dissipels hieroor was - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie". Christus het vir ons die waarheid hieroor kom leer en gewys hoe ons eintlik oor egskeiding moet dink. Alhoewel geskeid, word hulle steeds gesien as "een" solank altwee lewe... ("een vlees" - Matt. 19:6), ..... en hierdie feit word ook weer verder bevestig 1 Kor. 7:39 (alhoewel sommige geleerdes ook verskillende reels hier toepas vir mans as vir vrouens, wat veral te doen het met mans wat meer as een vrou het of kan he (alhoewel God dit ook nie so bedoel het nie), en die kwessie van "onwettige huwelike" is natuurlik op die tafel).  Baie geskeides wat hertrou het is bloot in 'n kerk wat dit toelaat en weet daarom nie regtig wat die skrif hieroor leer nie - amper asof hulle "onwetend" is en glo watookal hulle kerk of predikers daaroor glo (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html). Wat egter belangrik is is dat elkeen eendag voor die Here sal staan en self verantwoording moet doen. Die wat (wetend) in 'n onwettige huwelik is, pleeg egbreuk, en wat sal tog van so 'n Christen word sou hy/sy in 'n onwettige huwelik bly tot die dood (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html) en dus sterf as " 'n egbreker"?  En hoe sal dit sy saligheid beinvloed?, siende die skrif verklaar (l.w. dat die skrif gerig was aan Christene!) dat geen egbreker die koninkryk van God sal ingaan nie... (1 Kor. 6:10).  Dit is verseker nie 'n onderwerp wat ligtelik opgeneem moet word nie, en predikers moet versigtig wees wat hulle preek en toelaat.  Net so het elke Christen ook self 'n verantwoordelikheid om "die Here se wil te soek" in elke besluit.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk moontlike uitsonderings vir "hertrou":

(1)  Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Hierdie vers word baiemaal interpreteer as 'n rede vir hertrou;  bv., as jou huweliksmaat hoereer mag jy skei van haar en weer trou. - ons moet egter net kennis neem dat die konteks van hierdie skrif nie gegaan het oor hertrou nie, maar oor "skei"... (nl. wanneer dit toelaatbaar is om te skei, nie wanneer "hertrou" toegelaat word nie)(Matt. 19:3-8) - dit is waar interpretasie inkom..., en hoekom geleerdes somtyds verskil hierop.  Vgl. ons dit met soortgelyke verse soos  Matt. 5:32, sal ons sien dat geen van die ander vb.e waarvan die bewoording min of meer dieselfde lui, 'n uitsondering gee waar "hertrou" regverdig word of dit so skyn te wees nie:  Matt. 5:32 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.  Hierdie skrif het al menige geleerdes laat kopkrap, want hoe kan die feit dat 'n man wat van 'n vrou skei, maak dat SY egbreuk pleeg? Is dit dan nie "hy" wat in so 'n geval egbreuk pleeg nie?  Kom ons kyk na nog skrifte om te sien of ons dit beter kan verstaan, bv. Rom 7:1-3 - ("Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.")  Hierdie skrif maak dit baie duidelik vir ons DAT AS 'N VROU WAT GESKEI IS WEER TROU terwyl haar ander man nog in die lewe is, sy dan 'n egbreekster genoem word (duidelik OMDAT SY NOG NIE VRY IS VAN DIE WET WAARDEUR SY AAN HAAR LEWENDE MAN GEBONDE IS nie;  vry van die verpligtinge/werke, ja, maar nie vry van die bond/wet nie - rol op na die vorige paragraaf om hierdie beter te verstaan).  En l.w., dat ook as die man WEER TROU, dan pleeg hy egbreuk teen haar (Luk. 16:18; Mark. 10:11,12).  Dit wys vir ons dat wanneer twee mense skei hulle volgens wet steeds aan mekaar verbind is (al het hulle ook 'n skeibrief) - omdat God hulle EEN gemaak het (Matt. 19:4-6), wat God saamgevoeg het mag NIEMAND SKEI NIE.  Geen huwelik kan deur 'n skeibrief geskei word van die wet waaronder hulle gebonde is nie - dit is slegs met die dood van een van die huweliksmaats wat die ander een dan vry is van hierdie wet (Rom. 7:1-3). Die Here neem ede ernstig op! Daar is verseker redes waarom mense toegelaat word om te skei, maar ook in daardie geval is dit steeds 'n sonde wanneer een van hulle WEER TROU (met begeerte na iemand anders kyk) = die sonde van "egbreuk" (is 'n sonde..., nie soos ons baiemaal dink "egbreuk" beteken dat die bond gebreek is nie).  Dit moet altyd 'n paartjie se wens wees om weer te herenig nadat hulle geskei is, en waar dit nie moontlik is nie, word hulle beveel om ongetroud te bly... (1 Kor. 7:10,11). DIT IN AG GENEEM, WIL DIT NIE REGTIG VOOORKOM OF MATT. 19:9 GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR "HERTROU" NIE;  TOG VERSKIL GELEERDES HIEROOR OMDAT DIT GAAN OOR INTERPRETASIE.   MEESTE CHRISTELIKE KERKE IS VAN MENING DAT IEMAND WAT SKEI OMDAT SY MAAT HOEREER HET, WEER KAN TROU.  Verseker kan daar gevalle wees waar die Here hertrou toelaat, siende daar gevalle is waar hy egskeiding toelaat, maar dit is iets waaroor die Here geraadpleeg moet word.

(2)   Kom ons kyk na nog 'n moontlike vb. waar "hertrou" toegelaat word, en hierdie vb. kan net sowel aanskakel by die vorige paragraaf.  Deut. 24:1-4: ("As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). Die huwelik word gesien as REIN moet inderdaad skoon gehou word.... - as iemand egbreuk pleeg (bv. iemand anders begeer), dan is die persoon wat egbreuk pleeg ONREIN en kan die huwelik onrein maak (om hierdie beter te verstaan, behandel gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html).  VGL. Deut. 24:1-4 MET (Jer. 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!"). In hierdie verse het dit weer-eens te doen met die feit dat die vrou WEER TROU nadat sy 'n skeibrief ontvang het, en dit is dus die "hertrou" wat veroorsaak dat sy ONREIN word, wat volgens Jer. 3:1 ook die land skandelik ontheilig! (sien die onderwerp van "bloedskuld" - bloedskuld het 'n invloed op die land waarop ons woon).  Ons moet verstaan hoe ernstig die tema van bloedskuld is. Wat ons hieruit leer is dat almal wat in 'n onwettige huwelik is besig is om die land te ontheilig (onreinheid het dit tot gevolg). Daar is bv. 'n geval in koning Dawid se tyd waar iemand se bloedskuld hongersnood veroorsaak het vir 3 jaar lank! (2 Sam. 21:1)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). EGBREUK is 'n ernstige sonde wat bloedskuld veroorsaak. (vir 'n studie oor EGBREUK, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).  In bg. geval sien ons dus dat die rede waarom hy haar nie kan terugneem nie is omdat sy weer gaan trou het... (en dus so egbreuk gepleeg het), en al is die tweede man oorlede en wil dit lyk of sy van daardie wet vry is, was sy na regte nopot gebonde aan die tweede man nie maar eintlik nog na wet gebonde aan die eerste.  Maar nou, nadat sy hertrou het, is sy onrein (dit is waaroor dit veral hier gaan - sy het onrein geword toe sy hertrou - l.w. dat in die geval van Jer. 3:1 was sy verstoot, maar nie omrede sy onrein was nie, mis a.g.v. 'n harde hat of iets dergeliks...), en dit beteken dat die eerste man haar nie kan terugneem nie omdat sy dan die onreinheid in die huwelik inbring.  'n Vrou kan wel weer op 'n latere stadium (na 'n skeibrief) met haar man verenig word, maar hoe kan hierdie gebeur as een "weer trou"?/1 Kor. 7:11).  In die O.T. mag hulle nie weer verenig het as die een onrein was nie - Hoekom nie?, want in die O.T. was daar nie 'n offer vir die sonde van bloedskuld nie..., behalwe as die persoon met sy/haar eie bloed betaal (sy kan nie verenig met haar maat as sy dood is nie, en dit is al manier hoe sy weer rein kon word;  dus, noodwendig kon hy haar nie terugneem nie).  In die N.T. was Jesus se offer volkome en kan ook vir bloedskuld betaal;  in ander woorde, vir iemand wat ONREIN geword het deur bv. egbreuk, kan hy vergifnis ontvang as hy dit bely en hom daarvan bekeer (dit is duidelik anders as in die O.T.);  en dus, noodwendig kan 'n man 'n vrou terugneem in hierdie geval... (want daar word van ons verwag om ook te vergewe soos die Here vergewe, natuurlik op voorwaardes!). DIT IS DUS DUIDELIK DAT ook  DEUT. 24:1-4 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE, EERDER BEVESTIG DIT DAT DIE GESKEIDE WAT HERTROU, ONREIN WORD (EGBREUK PLEEG). 

(3) Baie wat skei, voel dat as die reels so streng is, dan moet mens liewer nie trou nie.  Die dissipels het ook hierdie rede aangevoer, maar Christus het dit vir hulle as volg verduidelik: (Mat 19:9)  "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat".   
Wat Christus hier leer is dat daar basies net 2 opsies is:  
(1)  Trou en aanvaar die reels, of 
(2) bly Ongetroud.  
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.
Sommige se begeerte na die koninkryk van die hemele is so sterk dat hulle hulself onbekwaam (onbekwaam vir huwelik) sal maak daarvoor  (Matt. 13:44), en daar  is ook 'n ander vb. van waar iemand hom/haarself onbekwaam maak (vir die huwelik) ter wille van die koninkryk van die hemele, en dit is in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige, maar die huwelik vir die gelowige tot nadeel is, bv. waar die gelowige in dieselfde juk trek met sy/haar ongelowige maat se sondes en sukkel om oorwinning te kry oor die bose... - in so 'n geval is dit beter vir die gelowige om dan liewer te skei en dus ONGETROUD te bly as om in daardie huwelik te bly.  Paulus stel bv. voor dat die gelowige nie van die ongelowige moet skei nie (1 Kor. 7:12-14), maar natuurlik word egskeiding toegelaat waar omstandighede van so 'n aard is dat die een party ly (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html/kyk wanneer word egskeiding toegelaat). 'n Huwelik tussen 'n ongelowige en 'n gelowige moet eintlik noodwendig gesien word as onrein, tog word dit terwille van die gelowige geheilig... (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig");  in ander woorde, waar die "onreinheid" vd ongelowige 'n invloed het op die huwelik (en selfs die land waar hulle woon), sal dit nou nie dieselfde invloed he nie. Dit is waarom gelowiges nie met ongelowiges mag getrou het in die O.T. nie. Die hoop van die gelowige is natuurlik dat die ongelowige maat eendag 'n gelowige sal word en dus rein sal word, maar Paulus verklaar dat as die ongelowige wil skei, die gelowige hom/haar moet laat gaan..., want: (1Kor. 7:16 - "Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Onreinheid pas nie in 'n huwelik nie, maar terwille van die kinders word daardie huwelik geheilig waar een 'n gelowige is. IN DIE O.T. WAS 'N HUWELIK TUSSEN 'N REIN EN ONREINE GESIEN AS 'N ONWETTIGE GEMEENSKAP... - vir gelowiges wat met ongelowiges getroud was, was die enigste manier om 'n rein huwelik te he, om van die ongelowige te skei en met 'n gelowige te trou.  Kyk die vb. in (). In die N.T. is dit anders!, want 'n gelowige wat met 'n ongelowige getroud is, se huwelik word geheilig  (want wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie!/Hand. 10:9-43)(1 Kor. 7:12-16). In ander woorde, die kwessie hier in 1 Kor. 7 gaan oor "rein en onrein" - dit wil voorkom of wat hy hier bedoel is dat die gelowige nie moet skei van die ongelowige bloot omdat die ongelowige onrein is nie, maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom/haar toelaat om te skei.  IN WELKE GEVALLE, ASOOK ANDER GEVALLE (soos hoerery, ens.). DIE CHRISTELIKE KERK GEWOONLIK DIESULKES TOELAAT OM WEER TE TROU.  DIT WIL VOORKOM OF IN DIE O.T. SO 'N GELOWIGE WEER KON TROU, MAAR DIE N.T. GEE NIE HIEROOR PRESIESE DUIDELIKHEID NIE.  In so 'n geval, waar 'n gelowige wat van 'n ongelowige skei, geld dieselfde reel sekerlik as vir weduwees en wewenaars, nl. dat hulle "in die Here moet trou"  (1 Kor. 7:39).

(4) (1Kor.  7:27,28)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar". Hierdie skrif mag voorkom of dit wil weergee dat daar geen oordeel is teenoor die persoon wat hertrou nie (bv. die woorde "is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie;  maar as jy tog trou, sondig jy nie).  KONTEKS IS BESLIS BELANGRIK OM HIERDIE TE VERSTAAN;  bv., die kontek hier gaan die feit dat ons "in die staat moet bly waarin ons is", bv. as iemand ongetroud is is dit beter om in daardie staat te bly, maar as jy trou sondig jy nie. Lees gerus die hele gedeelte, en sien hoeveel verskillende voorbeelde genoem word, o.s. val v.27 en 28 onder hulle.  Konteks is dus:  -(1Kor. 7:24 - "Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God");  hy het o.a spesifiek na die "maagde" verwys in verse 25 en 28, want Paulus het nog altyd geglo dat dit beter is om nie te trou nie! (siende getroudes verdrukking het in die vlees - is slawe van mekaar). Dit is die konteks... - sy bedoeling hier was nie om enige vorige reels rondom huwelik en skei by die deur uit te gooi asof niks daarvan wat hy voorheen (en agterna sou skryf) belangrik was nie!  Dit wat hy hier noem, maak nie die ander wette rondom huwelik en egskeiding tot niet nie. Hy vra oa. dat die wat getroud is nie losmaking soek nie (maar bly in die staat waarin hulle geroep is/bly in die huwelik - die klem is om te bly in die staat waarin jy is)(1 Kor. 7:27), tog dat hulle lewe ASOF hulle ongetroud is!, in die sin van dat hulle BESORG IS OOR DIE DINGE VAN DIE HERE EN HOM MOET BEHAAG (1 Kor. 7:29,32) - en hierdie is verseker die grootste klem! DIT WIL OOK NIE VOORKOM OF HIERDIE VERSE BEDOEL IS OM 'N GESKEIDE DIE REG TE GEE OM TE TROU (EN EGBREUK TE PLEEG) NIE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Trou, Skei en Hertrou (5)(rein en onrein)


Hierdie pos is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou", en in hierdie pos kyk ons na die tema in konneksie met "rein of onrein" . 

Rol af vir die volgende opsommings:
-  Inleiding.
-  Hoekom is die tema van "rein/onrein" belangrik wanneer dit kom by die huwelik?
- (1) Egskeiding in die geval waar twee gelowiges getroud is, maar een is rein en een onrein.
- (2) Egskeiding in die geval waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige.
- (3) Die algemene toestand van 'n huweliksmaat wat verstoot word.

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Bestudeer gerus die pos wat gaan oor GESKEIDES (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html) wat aansluit by hierdie onderwerp. Ons het reeds in die vorige poste gesien dat die Here egskeiding haat, maar dat daar tog uitsonderings is waarom dit somtyds toegelaat word (bv. ter wille van "barmhartigheid");  m.a.w. egskeiding word somtyds toegelaat ter wille van die persoon wat seerkry in die verhouding (bv. in geval waar een van die huweliksmaats hoereer/Matt. 5:32).  Dit wil voorkom of, net soos daar uitsonderings is waarom egskeiding somtyds toegelaat word, daar mag wees waarom hertrou toegelaat word (maar in die vorige asook die volgende pos in hierdie reeks, word daar meer daarop ingekyk). Ons moet ook verstaan wat met "EGSKEIDING" bedoel word.., want as dit verkeerd verstaan word (bv. as die geskeide hom of haarself nou sien as ongetroud) kan dit tot egbreuk lei.  In hierdie pos gaan ons sien dat die tema van egskeiding en egbreuk baie te doen het met die tema van "rein en onrein".  Daar is spesifieke sondes wat tot gevolg het dat iemand onrein word (bv. egbreuk, owerspel, ens.), maar hier gaan dit nie net daaroor nie maar veral oor die feit dat die gelowige rein is en die ongelowige onrein (en hulle in gemeenskap is met mekaar, terwyl die reine in gemeenskap is met die Here / 1 Kor. 6 en 7). Ef. 5:5 leer dat ONREINES geen erfdeel het in die Koninkryk van Christus en van God nie.  Dit is 'n ernstige saak! "Hoerery" val bv. ook onder hierdie lys..., en is terloops die enigste geval wat Christus op die naam genoem het is rede vir skei, maar die Here laat ook ander gevalle somtyds toe wanneer Hy Sy diensknegte mag gee om 'n regverdige oordeel uit te voer (soos Hy vir Moses toegelaat het).  Ook in die N.T. sien ons dat Hy mag gee aan Sy diensknegte om nodige reëls hierop toe te lê (bv. "Paulus" aan die gemeente van Korinte).  Die Christelike kerk (altans die diensknegte vd Here) het mag om te bind of ontbind (wat te doen het met die evangelie vd koninkryk, bv. wat "vergifnis" aanbetref) - m.a.w., "wat word vergewe en wat nie?" - bv., in sekere gevalle word "om te skei" vergewe... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html)(maar natuurlik mag hierdie "oordeel" nooit in stryd wees met die Here se wil nie! - m.a.w., al is dit nie die Here se wil dat enige huwelikspaartjie skei nie, word dit wel somtyds vergewe, in welke gevalle dit ter wille van barmhartigheid geskied...(soos familie geweld, waar kinders gemolesteer word, ens.).  Tot op hierdie punt het geskeides met grondige rede dit gewoonlik reg..., maar waar baie uit die bus val is wanneer daardie geskeides weer trou (asof hulle "ongetroudes" is), en so EGBREUK pleeg - want dit gaan hier oor die feit dat egbreuk hulle onrein maak...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoekom is die tema van "rein/onrein" belangrik wanneer dit kom by die huwelik?

Ons moet verstaan waarom so 'n bespreking belangrik is, en hoekom dit belangrik is dat gelowiges liewer met ander gelowiges"trou (en nie met ongelowiges nie): Neem kennis dat sekere wette rondom "rein/onrein" anders vervul word in die N.T. as in die oue, maar dit beteken nie dat die onderwerp van rein en onrein nie belangrik is nie!, en is beslis iets wat moet aandag geniet... In die O.T. was dit belangrik om 'n REIN meisie te neem, want as jy gemeenskap het met iemand onrein, kan dit jou onrein maak. Hierdie feit is steeds so!, maar in die N.T. is daar vergifnis in Jesus Christus vir selfs sondes waarvoor daar nie 'n offer was in die oue nie (dit maak dat sekere wette beslis anders vervul word, nie omdat die wet verval het nie). Reines moet bv. steeds met reines trou!, maar in Jesus Christus is daar meer genade (sommige sondes wat bv. in die oue nie vergewe kon word nie, bv. die wat bloedskuld veroorsaak en waarvoor mense met hulle eie lewens moes betaal, kan nou vergewe word). Siende weergeborenes die priesterdom is van hierdie bedeling, is dit interessant om te sien wat van priesters verwag was in die ou bedeling t.o.v. van "vrou neem"; bv.,  priesters was versoek om geen vrou te neem wat 'n hoer is, of 'n onteerde, of 'n geskeide nie...  (Lev. 21:7,8). Bv., as 'n hoer of 'n onteerde haar bekeer, kan sy vergifnis kry, en tereg kan 'n priester haar trou, ook wat geskeides aanbetref is daar sekere wette wat anders vervul word (bv. dat 'n ongelowige deur die gelowige huweliksmaat geheilig word). Dat 'n "geskeide" steeds is eg is, het nie verander tussen ou en nuwe nie (vgl. dit gerus ook met Jesus se woorde in Luk 16:18 - ("Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk").  Hierdie was nie net Ou Testamenties nie! Dit is basies wat die Here van Sy priesters verwag, dat hulle wat rein gemaak is, trou met reines, en dat hulle seker maak hulle self raak nie onrein nie.Vgl. dit gerus ook met Eseg. 44:21,22 - ("Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.  Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ‘n weduwee wat deur ‘n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem") - vgl. dit ook met die opdrag dat as 'n wedewee weer wil trou, dit net mag wees met 'n gelowige... (1 Kor. 7:39 en 1 Tim. 5:11,12), wat duidelik ook nie anders vervul word in die N.T. nie.  Christene word gesien as die "priesterdom" van hierdie bedeling - as dit is wat verwag was van die priesters van die O.T., kan dit beslis iets beteken vir ons van wat die Here t.o.v. hierdie tema (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html). ONS SIEN DUS DAT DIE TEMA VAN REIN/ONREIN STEEDS BELANGRIK IS WANNEER DIT KOM BY DIE HUWELIK EN EGSKEIDING, en dat dit gaan oor die tema van GEMEENSKAP... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  As ons nie ag gee hierop nie, kan dit veroorsaak dat twee mense wat dink dat hulle wettiglik getroud is en sg. "wettiglik" met mekaar saamlewe, eintlik besig is om mekaar te besoedel.  Bv., twee homoseksuele wat met mekaar trou, gaan steeds mekaar besoedel al het hulle ook 'n huwelikskontrak (want dit is 'n verbode verbintenis).  Op dieselfde manier kan 'n geskeide wat "weer trou" wel 'n wereldse huwelikskontrak he, maar eintlik 'n egbreker wees! (soos in die geval van Herodes en Herodias - Matt. 14:3,4). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)   Die geval waar twee gelowiges getroud is maar een rein, en een onrein (bv. een van hulle stap in sonde tot die dood): 
Die vroeë kerkvaders was baie ernstig oor hierdie onderwerp, en in verskeie vroeë kerkrolle was Christen mans blykbaar beveel om 'n vrou wat egbreuk pleeg te vergewe wanneer sy onvergifnis vra, maar sou sy haar soos 'n hoer gedra (en dus die sonde oor en oor pleeg sonder om haar daarvan te bekeer en dus stap in sonde tot die dood;  m.a.w. dan bekend as 'n "hoereerder"...), dan was dit van die man verwag om sy vrou WEG TE STOOT, en sou hy dit nie doen nie dan is hy gesien as iemand wat gemeenskap het met haar sonde! (sy is onrein / 1 Kor. 6 - hierdie was ook sekerlik die rede waarom in die O.T. 'n vrou wat weggestoot is en 'n ander s'n word, nie teruggeneem moes word nie... In vandag se lewe sien ons goed hoe sulke wette tot ons voordeel kan wees, kyk bv. siektes wat oorgedra word deur verskillende seksmaats. Nietemin, die Here verwag van ons om te vergewe soos Hy vergewe, en dit is moontlik vir iemand om 'n onreine wat hom of haar bekeer het, terug te neem in so 'n geval).  Die Christen moet versigtig wees vir sekere vorme van gemeenskap..., dus ook sekere vorme van vleeslike gemeenskap, want hetsy jy dit glo of nie, jy kan daardeur besoedel word! (https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). 

In die geval van hoerery word "om van die onreine te skei" bv. toegelaat... (Matt. 5:32) en nie noodwendig verwag dat hulle weer hoef te herenig nie; tog maak die skrif ook voorsiening daarvoor dat barmhargheid nie net geskied teenoor die reine nie, maar ook teenoor die onreine sou hy/sy die sonde bely en daarvan bekeer. M.a.w., in so 'n geval is die doel van "om te skei" eintlik 'n manier om die ander party te dwing tot bekering! (1 Kor. 5 ; 2 Thess. 3:14). - en hierdie is veral die geval waar 2 gelowiges met mekaar getroud is, maar net een van hulle is rein (die geval van geskeides waar een gelowig was en een ongelowig, word nie noodwendig dieselfde hanteer nie - kyk punt 2, volgende paragraaf). Wat dit beteken is dat die huweliksmaat wat verstoot word, verstoot word met rede (nl. om skaam gemaak te word sodat hy/sy tot inkeer kom en die sonde neerlê, en dit gee hom/haar die kans om vergifnis te ontvang).  Egskeiding word somtyds toegelaat ter wille van barmhartigheid en om die een party te beskerm, maar in hierdie geval word "om te skei" nie gesien as 'n manier om die verbond te breek nie, maar eerder as 'n manier om die huwelik te probeer herstel (baie soos in die geval van waar broeders hulle onttrek van 'n ander broeder wat onordelik wandel, of as 'n hoereerder bekend staan, of 'n gierigaard, of 'n afgodedienaar, of kwaadspreker of dronkaard of rower... - 2 Thess. 3:6; 1 Kor. 5:11).  Dit gaan dus eintlik ook oor barmhartigheid..., en in die geval is egskeiding die manier om die hardkoppige te probeer lei tot bekering (soos in die geval van vermaning), maar dit is ook omdat die REIN GELOWIGE nie in dieselfde juk wil trek as die ONREIN GELOWIGE nie. Egskeiding in hierdie geval moet terloops ook nie gesien word as 'n manier hoe die gehoorsame weer kan trou met iemand anders nie... (Luk. 16:18), want sou een van hulle nou met iemand anders trou, dan pleeg hy/sy egbreuk. Volgens die O.T. was daar in so 'n geval ook geen weg dan meer waarop die eerste huwelik herstel kon word nie - in die N.T. is ons egter van mening dat Christus selfs gesterf het vir enige sondes wat teen mekaar gepleeg word, selfs wat bloedskuld veroorsaak, en dat enige iemand vergifnis kan ontvang sou hy dit bely en neerle....  Wat egskeiding aanbetref, moet ons nie vinnig oordeel nie, want elke persoon se situasie is uniek.  Die Here se guns en lankmoedigheid moet egter nooit gesien word as 'n weg "om te sondig" nie - God haat egskeiding! (Mal. 2:16), en dit moet ten eerste ons boodskap wees. 

Natuurlik is dit ideaal vir GESKEIDE GELOWIGES om te verenig, sou dit moontlik wees - die Here verwag dat ons ander vergewe soos Hy ons vergewe (sou iemand bv berou he en sy sonde bely), maar ons weet ook goed dat die Skrif sondaars wat hulle nie bekeer nie anders hanteer as die wat hulle wel bekeer.  Ons sal sien dat hierdie juis die rede is waarom egskeiding somtyds toegelaat word! (m.a.w. asof iemand "nie vergewe nie" en daarom skei, in hierdie geval beslis met die doel om die persoon tot inkeer te lei). Hierdie kan ook vergelyk word met die geval waar "'n vrou verstoot word" omdat sy nie guns in die man se oë gevind het nie, of omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het (rol af na punt 3). 

Redes vir egskeiding in die konteks van rein/onrein (in die geval van twee gelowiges wat met mekaar getroud is):
Kom ons vgl. dit eerstens met die geval in 1 Kor. 5: - Net soos die kerk die persoon wat hoereer onder hulle uit moes verwyder sodat sy suurdeeg nie die res van die deeg suurmaak nie, net so moet die vrou wat hoereer weggestoot word 
- (1) sodat haar man nie in dieselfde juk trek nie.  Waar mense "in gemeenskap is" (nie noodwendig vleeslik bedoel soos in die huwelik nie), kan dit ander beinvloed - in so 'n geval is daardie persoon soos 'n versoeking (bv. waar die een wat sondig afgode aanbid, kan dit die ander versoek om dit ook te doen).  In so 'n geval kan die feit dat hulle bymekaar bly, veroorsaak dat die gehoorsame BESOEDEL word (dit sou onbarmhartig wees om van so iemand te verwag om in daardie huwelik te bly!).  Die Christen moet inderdaad versigtig wees vir sekere vorme van "gemeenskap". 'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10). Dit is hierdie selfde probleem wat huweliksmaats kan ervaar, en des te meer verstaan ons die rede waarom ons in vroee kerkrolle sien dat daar van so iemand verwag was om te skei (bv., op die dieselfde wyse het die gelowige man wat onkundig is as sy "gelowige" vrou hoereer, nie gemeenskap met haar werke nie;  maar sou hy kundig word daarvan en sy weier om haar daarvan te bekeer, dan kan dit net sowel tot gevolg he dat hy gemeenskap het met haar werke omdat hy haar nie verstoot nie...).

Die ander rede waarom 'n man sy vrou moet wegstoot wanneer sy hoereer (sonder om haar te bekeer) is 
- (2) om haar skaam te maak - miskien kom sy tot inkeer... (2 Thess. 3:14). Alhoewel "om te skei" (in hierdie geval) nie barmhartig voorkom nie, is dit eintlik barmhartig want die man word beskerm sodat hy nie besoedel word / in dieselfde juk trek nie, en die vrou word deur hierdie optrede skaam gemaak sodat sy 'n kans kry om tot inkeer te kom.    

Kom ons kyk vinnig na 'n paar vorme van gemeenskap wat jou onrein kan maak:
-  Waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20). Hierdie is die groot rede waarom gelowiges in die O.T. verbied was om met ongelowiges te trou (en ons sien dat selfs koning Salomo geval het a.g.hiervan). 
-  Waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).
-  Gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14 - l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).
 Gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring.  So iemand moet nie eens in jou huis ontvang word nie en moet ook nie gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). (
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). 

Opsomming: Wegstoting in die geval van egskeiding soos hierbo genoem, is natuurlik IN DIE KONTEKS VAN "die wat hulle nie bekeer nie"! Die drastiese optrede om iemand weg te stoot is 'n manier om die persoon skaam te maak... - dit geskied nie a.g.v. haat nie, en hulle het ook nie nodig om 'n egskeidingsbrief te kry nie, maar basies om mekaar te verlaat. Maar ons moet ook verstaan dat dit nie beteken dat die reinde wat die onreine verstoot, weer mag trou nie.  Die Skrif leer dat wanneer 'n man sy vrou verstoot vir bg. rede, en haar 'n skeibrief gee, sy sondig as sy gaan en haar aan 'n ander man verbind! (Luk. 16:18) - in so 'n geval pleeg sy egbreuk / word ONREIN. Geskeide vrouens word ook. in 1 Kor. 7:11 beveel om of "ONGETROUD" te bly, of hulle weer met hulle huweliksmaats te versoen, in welke geval die man dan beveel word dat hy nie sy vrou mag verstoot nie (duidelik kan hy haar slegs terugneem as sy nie 'n ander man s'n geword het nie). Dit wys ook dat al het sy 'n skeibrief gekry, dit haar nie heeltemal losmaak van die wet/huweliksverbond nie (want terloops is sy aan daardie wet verbind SOLANK ALTWEE LEWE - Rom. 7:2)(daarom dan dat sy egbreuk pleeg sou sy haar aan 'n ander man verbind terwyl sy geskei is). M.a.w., IN DIE GEVAL WAAR 'N GESKEIDE WEER TROU (veral in die geval waar twee gelowiges getroud was), PLEEG SY/HY EGBREUK (want hulle is eintlik nog in eg)(Matt. 5:32; 19:9). 
-  Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk. 
-  Jer 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!".

- (1Kor. 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
-  1Kor. 7:11 - en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)   Die geval waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige: 
 
Daar is eenheid in gemeenskap, en so ook in vleeslike gemeenskap. Dit is hierdie feit wat bv. 'n probleem is wanneer Christene hoereer buite die huwelik... (nl. dat hulle in gemeenskap is).  Die gelowige se liggaam is 'n offer vir die Here, en as jy gemeenskap het met onreinheid, is dit vir die gelowige 'n probleem omdat jou liggaam veronderstel is om 'n lewende, heilige offer te wees aan die Here (1 Kor. 6 en 7). Huweliksmaats word EEN deur vleeslike gemeenskap;  en daarom, as 'n gelowige ('n reine) met 'n ongelowige (onreine) getroud is, wat is die gevolg daarvan?  Hoe kan so 'n huwelik geheilig wees?, want een is rein en een onrein... Dit was 'n groot kwessie in die O.T. omdat sekere wette rondom rein/onrein anders vervul was as wat dit in die nuwe vervul word. Bv. die Skrif leer vir ons dat (in die N.T.) so 'n huwelik geheilig word deur die gelowige..., dus is die kinders ook geheilig (en die gelowige het dus nie nodig om te skei van die ongelowige huweliksmaat nie):
(1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Kor. 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Kor. 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Kor. 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Kor. 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
Die onrein huweliksmaat gaan maw nie die rein huweliksmaat onrein maak nie..., en dit kan nie die gemeenskap beinvloed wat jy met die Here het nie (ons sien dieselfde verskil t.o.v. die eet van rein en orein diere tussen die ou en nuwe testament - Jesus het op geleentheid lering gegee oor wat presies dit is wat iemand onrein maak...). Die wegstoot van 'n huweliksmaat was nog altyd toelaatbaar in die geval waar 'n rein huweliksmaat deur die onrein huweliksmaat besoedel (kan) word - dit dan ook die konteks van 'n huweliksmaat "WAT VERSTOOT" word/is, asook die juiste rede waarom 'n verstote vrou wat hertrou (en dus egbreuk pleeg) nie teruggeneem kon word nie (is omdat sy onrein geword het/Deut. 24:1-5). Hierdie was die groot probleem in die O.T. en die rede waarom gelowiges nie met ongelowiges mag getrou het nie (omdat die gelowige "rein" gemaak is, maar die ongelowige is "onrein" en daarom kon daardie huwelik nie GEHEILIG word nie). En die land was terloops ook daardeur ontheilig!, en daarom sien ons 'n vb. in Esra 10 van gelowige mans wat skei van hulle ongelowige vrouens (dit was eitnlik verwag van hulle!, en hulle kon weer hertrou...). In die N.T. word hierdie egter bietjie anders vervul, want in die geval van so 'n huwelik word die ongelowige "geheilig" deur die gelowige, en kan hy dus nie die gelowige huweliksmaat besoedel nie (al is hy self onrein);   hierdie is sekerlik een van die redes waarom gelowiges wat met 'n ongelowiges getroud is beveel word deur Paulus om NIE skei nie (tensy die ongelowige wil skei/1 Kor. 7:15).  Maar natuurlik moet ons verstaan hoekom dit altyd belangrik is dat 'n gelowige liewer trou met 'n ander gelowige, want alhoewel die gelowige huweliksmaat nie deur die ongelowige besoedel word nie (omdat die ongelowige "geheilig" word in daardie opsig,  net soos wat geen afgodsoffer 'n Christen onrein kan maak tensy dit in wete geneem word nie), moet ons verstaan dat so 'n gelowige maklik versoek kan word om te deel in sy werke (net soos 'n gelowige wel besoedel kan word deur 'n afgodsoffer waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en hy dit saam met die een wat dit offer, neem). Dit gaan beslis oor die tema van "gemeenskap" / "rein en onrein". 

Die Christen moet versigtig wees vir sekere vorme van gemeenskap(https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html), en kan bv.  besoedel word deur "gemeenskap met ongehoorsames", "gemeenskap met die wat 'n ander leer bring", "gemeenskap met ander se sondes"..., ens.   Paulus se siening is dat die gelowige GEEN REDE moet gebruik om die ongelowige weg te stoot nie - maar moet ons ook kennis neem sy woorde in v. 12: (1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;  - hy leer verder dat sou die ongelowige maat wou skei, die gelowige nie in sy/haar pad moet staan nie (maar dan moet die skeiding nie van die gelowige se kant af kom nie, maar van die ongelowige) - en hy noem sy rede: "ter wille van vrede". (MAAR DAAR IS 'N VERSKIL TUSSEN HIERDIE VB. EN DIE VB. IN ESRA 10..., want in Esra 10 word die ongelowige huweliksmaats verstoot deur gelowige huweliksmaats (Esra 10; 9:1)).  Om bloot met iemand te skei omdat hy ongelowig is, kan nie regverdig word nie - tensy die gelowige in dieselfde juk is met die ongelowige huweliksmaat en die gelowige dus besoedel word (om rein te kom is beter om te skei). Kom ons kyk vinnig na die vb. in Esra 10:
(Esra 10:2)  Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.
(Esra 10:3)  Laat ons dan nou ‘n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word. 
-   vgl. dit ook met Esra 9:1 - "En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete".  Dit is duidelik dat die probleem hier in Esra spesifiek gegaan het oor afgodsaanbidding - kyk die woorde "wat hulle gruwels betref".  As hulle vroue (en kinders) nie hierdie gruwels wou neerle en hulleself ondergeskik stel aan die God van Israel en Hom alleen aanbid nie, dan het dit beteken dat beide die huweliksmaats asook die LAND deur die onreines besoedel word (en kan dus nie GEHEILIG/afgesonder word vir die Here nie). In die geval moes hulle hul vrouens verstoot sodat hulle hul vir die Here kon heilig en die land heilig kon wees. Onder die "wet van Moses" het elkeen wat iets onrein aanraak, self ook onrein geword.  In die N.T. is die klem op die geestelike en hierdie wette onder die wet van Moses slegs 'n skaduwee van wat sou kom.  In die evangelie van vrede mag ons niemand onheilig of onrein noem nie... (Hand. 10:28) - natuurlik spesief genoem in konteks met die feit dat gelowiges nie deur ongelowiges besoedel kan word nie!  Die gelowige huweliksmaat kan nie bloot skei van 'n ongelowige huweliksmaat net omdat hy/sy ongelowig is nie, want in die N.T. word die ongelowige huweliksmaat geheilig sodat die gelowige nie deur sy onreinheid BESOEDEL word nie (1 Kor. 7:14). Waar 'n ongelowige egter van 'n gelowige wil skei, moet die gelowige nie in die ongelowige se pad staan nie, want dan leef hulle nie in vrede met mekaar nie. M.a.w., in die geval van waar 'n GELOWIGE getroud is met 'n ONGELOWIGE word daar van die gelowige verwag om NIE TE SKEI NIE (want sy huweliksmaat is in elk geval onrein!), maar as die ongelowige wil skei, dan moet die gelowige nie in sy pad staan nie. Hierdie situasie is beslis anders as wanneer twee gelowiges getroud is, want in die geval van gelowiges is die doel van die skeiding veral sodat die onreine skaam kry en tot bekering kom, maar die ongelowige word nie op dieselfde wyse geoordeel as die gelowige nie! (want hy het immers nog nooit tot bekering gekom nie en is in elk geval onrein, en daarom sou skeiding met die doel om hom skaam te maak, geensins die probleem oplos nie -"moenie oordeel die wat buite is nie, maar oordeel die wat binne is"-1Kor. 5:12).  - daarom word dit van die gelowige verwag om NIE TE SKEI van die ongelowige huweliksmaat nie (tensy die ongelowige wil skei).  Die feit dat die ongelowige "geheilig" word deur die gelowige, beteken nie dat die ongelowige nou rein is nie!, maar wys liewer op die feit dat sy onreinheid nie die gelowige kan besoedel nie. Net soos in die geval van afgodsoffers waardeur die gelowige nie besoedel kan word nie tensy dit geneem word met die WETE dat dit aan 'n afgod geoffer is, so kan die gelowige ook nie deur sy ongelowige huweliksmaat besoedel word nie, TENSY hy gemeenskap het met sy ongelowige huweliksmaat se bose werke! En natuurlik in so 'n geval word dit eerder van die gelowige verwag om ag te gee op die pad van godsaligheid ! en NIE VAN DIE ONGELOWIGE TE SKEI nie (tensy die ongelowige wil skei)(1 Kor. 7:12,13)

- Die vb. van Esra 10 mag ook te doen he met die feit dat die gelowiges deur die ongelowige maats beinvloed kan word tot afvalligheid, want ons weet tog goed dat die ongelowige maats ontvang sou word in die volk sou hulle hul tot die Here alleen bekeer! Dit is duidelik dat hierdie ongelowige vroue nie hulle gruwelikhede wou los nie.  Net soos hierdie vrouens nie in die land kon bly solank hulle hul nie tot die Here bekeer nie maar besoedel was, so sal die besoedeldes (wat hulle nie wil bekeer nie) ook nie eendag kan ingaan in die koninkryk van God nie...   Ter wille van "om heilig te wees" wil dit dus tog lyk of daar wel 'n plek is waar 'n gelowige toegelaat word om 'n ongelowige huweliksmaat weg te stoot; meer presies is hierdie dan 'n geval van waar die gelowige in gemeenskap is met die ongelowige se sondes (bv. deelname in afgodspraktyke ens.), of soos in die geval van 'n besoedelde gewete (2 Kor. 6:14,15).  In sulke gevalle is die huwelik tot die gelowige se nadeel (want die gelowige sukkel om die bose te oorwin) en die gelowige word besoedel deur die ongelowige huweliksmaat, en kan sy lewe verloor... (bv. Num. 25:1-9)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). God haat egskeiding, maar Hy is ook barmhartig!, en laat dit dus somtyds toe ter wille van die huweliksmaat wat ly. 

OM OP TE SOM:  
In die eerste gemeentes het Paulus van die gelowige huweliksmaat verwag om glad nie die ongelowige weg te stoot nie, maar ter wille van "om heilig te wees" wil dit tog lyk of daar wel 'n plek is waar 'n ongelowige huweliksmaat deur die gelowige weggestoot kan word (?)  (Mat 19:29,30 - "En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste")(Mark. 10:29-31; Luk. 18:28-30; Deut. 13:6-8; Matt. 12:48-50).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Die geval waar 'n vrou verstoot word:  

In die tweede paragraaf het ons reeds vinnig hierdie aangeraak..., en gesien dat dit veral te doen het met die tema van onrein, bv. wanneer 'n man iets ONREIN (bv. iets skandeliks) aan haar ontdek. DIE WETTE RONDOM WAT GESIEN WORD AS "rein" EN WAT "onrein", WORD IN SEKERE OPSIGTE ANDERS VERVUL IN DIE NUWE TESTAMENT;  of sal ons liewer sê, "word op 'n veel uitnemender manier vervul"! (daar word eintlik meer verwag omdat die geestelike mens instaat is deur die Heilige Gees om geregtigheid te doen).  In die O.T., onder die wet van Moses, moes die volk hulle distansieer van enige iets ONREIN. Die gelowige man wat dus met 'n meisie trou en iets skandeliks/onrein aan haar ontdek..., was daarom toegelaat om haar weg te stoot. (Deut. 24:1 - in so 'n geval was sy 'n skeibrief gegee). Sou sy egter daarna 'n ander man s'n word, is sy ONREIN, en mag nie teruggeneem word deur haar vorige man as die nuwe van haar skei of doodgaan nie (Deut. 24:1-4 "As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). GESKEIDES IS NIE VRY OM TE HERTROU NIE - DIT IS WAAROM DIE VROU IN HIERDIE GEVAL ONREIN GEWORD HET... (want sy het met 'n ander man gaan trou en so egbreuk gepleeg - egbreuk is 'n vleeslike sonde wat jou onrein maak).  Nou kan ons ook verstaan die hele kwessie in die eerste gemeentes van ongelowiges wat met gelowiges getroud was..., want die vrees was daar dat hulle onrein kon word deur hulle huweliksmaats. In die N.T. word dinge beslis op 'n uitnemender manier vervul, bv. 'n ongelowige word in so 'n huwelik geheilig sodat hy nie die gelowige onrein maak nie... (1 Kor. 7:14).  Heelwat ander wette oor "rein en onrein" word ook op 'n beter manier vervul in die N.T....(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html), maar dit beteken nie dat die wet tot niet is nie, want ook in die N.T. moet ons verstaan wat bedoel word met "rein" en "onrein", en ons moet verstaan wat presies ons onrein kan maak. Bv., om iets wat onrein is aan te raak, kan nie die gelowige onrein maak ni;  behalwe waar hy deel in die onreinheid of dit akkomodeer - sou die gelowige bv. begin deel in die ongelowige se onreinheid en gemeenskap hou met sy werke, dan kan so iemand beslis onrein word daardeur. Dieselfde prinsiep geld tussen twee gelowiges wat getroud is, en in geval van waar die een "rein" is maar die ander een "onrein" a.g.v. sonde waarvan hy hom nie wil bekeer nie.  Natuurlik kan die onreinheid van die ongehoorsame gelowige nie die gehoorsame huweliksmaat onrein maak nie;  maar as die ongehoorsame hom nie wil bekeer nie dan kan daar van die gehoorsame verwag word om hom te distansieer waar (bv. waar hy die sonde regverdig)(en dit is natuurlik op hierdie selfde punt waar kerke somtyds gelowiges toelaat om van 'n ander gelowige huweliksmaat te skei, bv. waar een stap in "sonde tot die dood", bv. 'n hoereerder).

- Hierdie tema van "verstoot" het veral te doen met onreinheid. Kom ons kyk na 'n paar skrifte wat vir ons wys hoe belangrik "reinheid" in 'n huwelik is:
(Lev 21:13)  En hy moet ‘n vrou in haar maagdelike staat neem. (sy is rein!).
(Lev 21:14)  ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer  moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem. (sy is rein!)... - kyk die volgende vers: (Lev 21:15)  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.

- Die geskeide vrou is "een wat verstoot is".  
In Luk. 16:18 het Christus niks nuuts geleer nie, maar eerder hierdie wet bevestig!  Om met geldige rede 'n vrou te verstoot, was nooit gesien as onbarmhartig nie: - kyk bv. (1Kron. 8:8)  "En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword".......................en baie ander skrifte...
Die Here is REGVERDIG en gee geen man die reg om 'n vrou te verstoot om verkeerde redes nie (bv. omdat hy haar haat nie); ...en sou 'n man lieg en leuens opmaak as geldige redes, maak dit hom nie los van sy verbintenis nie:
Kom ons kyk ook na die vb. van Deut. 22:13-21:
(m.a.w. waar 'n man sy vrou valslik beskuldig dat sy nie maagdelik rein was toe hulle getroud is nie):
(Deu 22:13)  As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat
(Deu 22:14)  en haar slegte dinge nagee en ‘n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
(Deu 22:15)  dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
(Deu 22:16)  En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
(Deu 22:17)  en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie—maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
(Deu 22:18)  Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig
(Deu 22:19)  en hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. (Eks. 23:1; 20:16)

Bestudeer gerus die volgende poste om hierdie beter te verstaan: 
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html).  Die woord "rein" verwys na "skoon", en die woord "onrein" verwys na "besoedel"/vuil.  Ons moet egter onthou dat hierdie woorde nie altyd gebruik word in konteks met sonde nie maar somtyds slegs 'n toestand beskryf, en somtyds is dit gekoppel aan wette... (verder verwys dit nie net na dit wat rein of onrein verklaar word nie, maar ook na dit wat onrein "word"). 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONWETTIGE VORME VAN VLEESLIKE GEMEENSKAP WAT IEMAND ONREIN MAAK:

Dit is slegs in die huwelik waar vleeslike gemeenskap iemand nie kan onrein maak nie (enige ander vorm daarvan, bv. hoerery en owerspel, is sonde maak mense onrein/Gal. 5:19; 2 Pet. 2:14; Openb. 2:22).  Maar ons moet natuurlik ook verstaan wat bedoel word met "huwelik"..., want daar is wette rondom wie met mekaar mag trou (en vleeslike gemeenskap he) en wie nie (Lev. 18, ens.).  Bestudeer gerus die volgende onderwerp saam met hierdie onderwerp: (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html). Enige vorm van VLEESLIKE GEMEENSKAP is hoerery wanneer dit onwettig (m.a.w. waar nie toegelaat nie) gebeur - heelwat vb.e hiervan word ook in die skrif genoem, bv.:  vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou, of met jou broer se vrou, of as 'n man sy broer se vrou neem, of 'n manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man, of vrou met vrou, of 'n man of vrou met 'n dier, of 'n man met sy tante of skoonmoeder of skoondogter, of waar 'n man en sy seun vl. gemeenskap het met dieselfde meisie......ens.(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Dit is slegs BINNE DIE HUWELIK wat vleeslike gemeenskap tussen 'n man en vrou WETTIG is.  Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het!, want 'n verkeerde vorm van gemeenskap (nie noodwendig vleeslik nie) sal jou onrein maak. Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel" (soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).  In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap slegs toelaatbaar binne die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel" - dit is REIN en dit moet rein gehou word). Sou 'n Christen seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). In die geval van vleeslike gemeenskap in 'n huwelik tussen 'n gelowige en 'n ongelowige,  sou dit tog vanselfsprekend beteken dat die ongelowige die gelowige onrein maak (want die ongelowige is nie rein nie), maar daar word 'n uitsondering gemaak in so 'n geval (kyk vorige paragraaf) - volgens 1 Kor. 7:14 kan die ongelowige nie die gelowige besoedel deur vleeslike gemeenskap nie, want die ongelowige word "geheilig" in hierdie opsig...