Wys tans plasings met die etiket weduwees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket weduwees. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (4)(hertrou)


Hierdie pos is op die oomblik BESIG OM HERSIEN TE WORD, en is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "hertrou".

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Voorbeelde waar sommige kerke hertrou toelaat.
- Geskeides wat weer trou, pleeg egbreuk.
- Onwettige gemeenskapsverhoudings.
--------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Neem kennis dat hierdie reeks poste gemik is op die wat huwelike betree het wat "deur die Here saamgevoeg is" (nie ongeoorloofde vorme van gemeenskap nie). Die tema van skei en hertrou is ingewikkeld en elke situasie is verskillend, en dit is duidelik dat kerke verskillende opinies opper oor die tema;  maar wat belangrik is in alle gevalle is dat ons hou by wat Jesus geleer het en die Heilige Gees gehoorsaam. Daar is bv. nie veel voorbeelde in die Skrif waar HERTROU toegelaat word nie...; of liewer, eintlik geen voorbeelde nie!, want die twee voorbeelde wat ons het van hertrou in die skrif is nie regtig "uitsonderings" nie, maar eerder "toelatings".  Dit is gevaarlik om te leer dat daar uitsonderings is vir hertrou, maar in hierdie pos gaan ons o.a. inkyk op hierdie "toelatings" van hertrou, waarvan die een ook nie noodwendig in die N.T. dieselfde vervul word nie, en die ander een toegelaat word afhangende van hoe die betrokke skrif interpreteer word. Kerke is oor die algemeen eens op wanneer egskeiding toegelaat word, maar stem nie altyd saam wanneer dit kom by die kwessie van HERTROU nie. Die eerste kerke het egter sterk vasgehou aan Jesus se leringe en was beslis van mening dat die huwelik lewenslank is (al skei hulle...!). Een so 'n ou manuskrip van 140 n.C. (The Shepherd of Hermas) leer blykbaar dat as 'n huweliksmaat egbreuk pleeg, die onskuldige wel mag skei, maar moes ongetroud bly - hoekom?, want dit gee vir die skuldige een kans om te bekeer en terug te keer na die ander een.  Dit is ook duidelik volgens die betrokke skrewe dat hertrou in daardie tyd gesien is as egbreuk (wat 'n sonde is), presies wat Jesus geleer het. Hierdie is baie dieselfde wat Paulus leer in 1 Kor. 7, dat 'n geskeide vrou  ongetroud moet bly en moet probeer om met haar man te verenig waar moontlik (1Kor. 7:10,11). In die 4de-5de eeu n.C. het Augustine of Hippo ('n teoloog vd westerse kerk) blykbaar ook na die huwelik verwys as 'n lewenslange sakrament..., en het selfs geleer dat in die oë van God 'n wettige egskeiding nie die geestelike band vd huwelik breek nie. Ook die oostelike vroeë kerkvaders, wat nie so streng was op egskeiding nie, was baie gekant teen HERTROU, want die huweliksbond was volgens hulle beskou as iets ewig wat nie deur landswette verbreek kan word nie... Alhoewel dit wil voorkom of hierdie veral die siening was oor al die eeue, het dit baie verander in die laaste 50 jaar, en ons moet onsself afvra hoekom dit die geval is? 

CHRISTUS HET GELEER DAT AS 'n GESKEIDE WEER TROU, HY/SY EGBREUK PLEEG (punt!): 
-(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; (Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
-(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.  

Natuurlik mag WEDUWEES EN WEWENAARS weer trou, want hulle IS VRY VAN DIE VORIGE HUWELIKSBOND OMDAT HULLE HUWELIKSMAATS NIE MEER IN DIE LEWE IS NIE (Rom. 7:2,3)(hetsy hulle nog bymekaar was of geskei was, wanneer een van hulle doodgaan is die huweliksverbond verbreek).  Hulle is dus vry om weer te trou..., maar word uitdruklik beveel om "in die geloof te trou" (natuurlik beteken dit nie dat hulle met "geskeides" mag trou nie!, al is die geskeide ook 'n gelowige, want as jy met 'n geskeide trou pleeg jy egbreuk/Luk. 16:18)(1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here")(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is twee uitsonderings waar hertrou gewoonlik deur kerke toegelaat word.  
Kom ons kyk vinnig na hierdie twee uitsondersings, of liewer, "toelatings":
(hierdie word in 'n volgende pos beter verduidelik, met meer skrifte: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html)

- (1)  Waar die huwelik vir spesifieke redes verbied is, bv. 'n gelowige wat met 'n heiden (ongelowige) trou:  Daar is 'n vb in die O.T. van gelowige mans wat met ongelowige (nl. heidense) vrouens getrou het, en toe later hulle fout reggestel het deur van hulle te skei en het hertrou met vrouens van die volk (gelowiges)(Esra 10). Hierdie is 'n tipiese geval waar die huwelik verbied is (bv., die kinders van die volk van God mag nie met heidene getrou het nie).  In die O.T. was 'n huwelik met 'n heiden verbied, tensy die heiden haar tot die geloof bekeer. Sommige kerke verwys na so 'n huwelik as "nie deur die Here saamgevoeg nie". Sekere huwelike is nie geoorloof nie, bv. ook enige "verbode vorm van vleeslike gemeenskap" beteken noodwendig dat diesulkes nie in die huwelik mag tree nie (bv. 'n man met 'n man, naby-bloedverwante, ens.), en dit wil voorkom of in sulke gevalle hulle meer gesien word as mense wat hoereer as getroud, en wanneer hulle volgens landswet skei, was hulle dus nie gesien soos tipiese "geskeides" nie (wat beteken hulle mag hertrou). Hierdie is een manier om daarna te kyk. Sommige reken dat die rede waarom hierdie mans in Esra 10 toegelaat was om weer te trou, is omdat baie mans meer as een vrou gehad het. Nietemin, as dit die rede was, dan kan dit nie noodwendig in die N.T. gebruik word nie, want mans word in hierdie bedeling spesifiek beveel om elk net een vrou te hê. Wat duidelik is volgens die vb in Esra 10, is dat diesulkes of nie gereken was as tipiese geskeides nie (wat beteken dat hulle kon hertrou), of hertrou het omdat baie mans meer as een vrou gehad het. Of dit vgl. kan word met die voorbeeld in 1 Kor 7 waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei, is nie sekere nie, want die woord "ongelowige" daar verwys nie noodwendig net na 'n heiden nie, maar kan ook verwys na 'n ongelowige kind van die Koninkryk (dus kan dit nie noodwendig vgl. word met Esra 10 en geneem word as 'n vb. waar hertrou toegelaat word nie). M.a.w., terwyl sommige kerke hierdie vb. in 1 Kor. 7 (waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei) sien as 'n uitsondering van hertrou, is dit nie noodwendig dieselfde as die geval in Esra 10 nie. 

- (2) Waar die vrou hoereer het (of die meisie voor die huwelik hoereer het): Alhoewel Jesus geleer het dat niemand mag trou met 'n geskeide nie... (Luk. 16:18), wil dit voorkom of Hy een uitsondering maak, nl. waar 'n geskeide geskei het omdat sy maat hoereer het... (Mark. 10:4-12);  of is dit 'n uitsondering?  Neem kennis dat hierdie skrif nie altyd dieselfde interpreteer word nie...;  bv., die konteks in hierdie geval het gegaan oor"skei", nie "hertrou" nie - dit is dus nie noodwendig dat hierdie skrif leer hertrou word toegelaat in so 'n geval nie.  Nog 'n interpretasie lui dat die "hoerery" waarna Jesus verwys in Matt.19:9 - ("Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"), meer 'n verwysing is na waar 'n man iets aan 'n vrou ontdek het nadat hulle getroud is bv. dat sy hoereer het voor hulle getrou het..., en tereg kan dit wees waarna Jesus eintlik hier verwys het siende Hy die woord hoerery gebruik, nie egbreuk nie (vgl. laasgenoemde sienspunt met Deut. 24:1, asook met Josef wat met Maria wou skei toe sy swanger word...). Hierdie is 'n debateerbare punt. Nog 'n rede waarom sommige kerke beslis dat hertrou vir 'n man moontlik is in hierdie betrokke geval, is omdat dit voorkom of die reëls rondom trou somtyds verskillend was vir mans as wat dit was vir vrouens (immers is die vrou verbind aan die man...), maar is dit werklik so? Is die reëls regtig verskillend? Mag 'n man hertrou, maar 'n vrou nie? In die O.T. was daar ook baie mans wat meer as een vrou gehad het, wat op beurt ruimte geskep het vir hertrou;  maar ons moet onthou dat hierdie nie noodwendig die Here se goedkeuring weggedra het nie.  In die N.T. word mans bv. spesifiek beveel om elk net een vrou te hê! (en elke vrou een man)(l.w., "vanweë die hoererye"...!/1 Kor. 7:2). Dus, alhoewel baie kerke leer dat hertrou moontlik is vir 'n man waar sy vrou hoereer of egbreuk pleeg (en hy dus kan skei en weer trou omdat baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T.), is dit nie noodwendig die Here se wil nie;  en ook nie noodwendig dat dit in die eerste gemeentes toegelaat was nie... (want mans was immers beveel om elk net een vrou te he). Dat sommige kerke hertrou in hierdie geval toelaat, is dus ook debateerbaar.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geskeides mag nie hertrou nie? - wat presies leer die Skrif hieroor?:
Kom ons kyk na spesifieke skrifte om te sien hoekom sommige kerke (asook die vroee kerke) nie hertrou toelaat nie.

Bestudeer die volgende skrifte (Mark. 10:11,12; Luk. 16:18; Rom. 7:2; 1 Kor. 7:39), en kyk of die Skrif saamstem met die volgende 2 punte:
- GESKEIDES MAG NIE WEER TROU NIE.  
- GESKEIDES WAT HERTROU, PLEEG EGBREUK.

Daar moet ook ingekyk word op die kwessie van die SKEIBRIEF die verbond breek, terwyl "om te skei" nie dieselfde is nie.  In die 6de pos in hierdie reeks word daar meer ingekyk op hierdie punt.

Gesels gerus ook oor die volgende onderwerp om meer uitsluitsel hieroor te kry - Wat is EGBREUK?
Vir redes soos bo genoem word "hertroudes" noodwendig gesien soos EGBREKERS (dit is wat Jesus geleer het, asook is dit in die eerste gemeentes geleer...) - of daar toelatings is vir hertrou (soos egskeiding somtyds toegelaat word) is natuurlik die punt waarop kerke verskil. 
EGBREUK is 'n sonde (vir 'n studie oor egbreuk/owerspel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).
Nie net in die geval van wanneer 'n geskeide weer trou nie, maar ook wanneer iemand (nl. 'n ongetroude) 'n geskeide persoon trou, word hy 'n EGBREKER... (die vraag is nou wat sal gebeur met iemand wat 'n egbreker sterwe? In ander woorde, as iemand hertrou en in die sonde van egbreuk stap omdat hy hertrou het, wat sal gebeur met so iemand as hy doodgaan sonder om met die sonde te breek?/1 Kor. 6:10). In ander woorde, die bespreking hier gaan oor die feit dat wanneer iemand 'n geskeide trou, dan pleeg hy egbreuk, maar egbreuk is 'n sonde!;  m.a.w., hulle is in 'n ONGEOORLOOFDE VORM VAN (vleeslike) GEMEENSKAP... (baie kerke sien sulke huwelike nie as "deur die Here saamgevoeg nie", want dit word nie toegelaat nie!).  Alhoewel, praat ons nou van 'n geskeide man wie se vrou hoereer het, bv. waar diesulkes in sommige kerke toegelaat word om te hertrou, dan is dit miskien anders... (?), want in so 'n geval is die ongetroude wat met daardie geskeide man trou nie besig om egbreuk te pleeg nie en die huwelik is ook wettig - is dit so? / l.w. dat hierdie 'n debateerbare punt is...  Sommige kerke reken dat dit ook nie eens 'n man geoorloof is om in so 'n geval te hertrou nie.

Gesels gerus ook oor wanneer 'n huwelik "deur God saamgevoeg is":
Hierdie is 'n ander punt waarop ingekyk moet word om te probeer uitklaar of hertrou toelaatbaar is of nie. Huwelike wat bv. verbode vorme van vleeslike gemeenskap is, kan nie regtig gesien word soos "huwelik" nie (sal God iets "saamvoeg" wat Hy verbied?). Is hulle HOEREERDERS of EGBREKERS? Moet hulle weer skei? (hierdie word ook in pos 6 in hierdie reeks met meer skrifte bestudeer). Die bespreking gaan dus hier oor die feit dat die wat in ongeoorloofde huwelike is a.g.v. 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap, moet vergifnis kry en hulle daarvan bekeer (sonde word bv. nie vergewe as iemand nie bely EN BEKEER nie).  Sommige glo bv. dat so 'n huwelikspaar nie hoef te skei nie, ander glo hulle moet... 'n Goeie vb is die geval in 1 Kor. 5:1,2, waarin iemand aangespreek is omdat dit hom nie geoorloof was om die vrou van sy vader te hê nie.. Wat was daar van die betrokke persoon in 1 Kor. 5 verwag om te doen?  - moes hy bloot vergifnis vra en in die onwettige verhouding bly?, of breek met die verhouding? Wat wel van hom verwag was, was nie net om vergifnis te vra nie maar ook te breek met die verhouding, want waar so iemand nie breek met die verhouding nie kan dit sekerlik beteken dat hy'n "egbreker" sal sterwe... Nog 'n vb.waarop ingekyk kan word is die van HERODUS wat GETROUD was MET SY BROER SE VROU...: (Mar 6:17,18 - "Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie")(Luk. 3:18,19; Matt. 14:3,4). Om meer te leer oor hierdie onderwerp, kan die volgende verse behandel word (Lev. 18:16; 20:21; Deut. 25:5,6; Hand. 24:24). Ook in hierdie geval het Johannes van Herodes verwag om te skei van die vrou waarmee hy "getrou" het... - hoekom?, want jy mag nie jou broer se vrou neem nie... (verbode vorm van vleeslike gemeenskap)(uitgesluit Deut. 25:5,6, in die geval waar die broer sterwe). In so 'n geval, sou hy en Herodias skei, is daar geen huweliksverbond wat eers verbreek moet word nie want na regte was hulle nie "deur God saamgevoeg nie" maar liewer besig om te HOEREER en EGBREUK te pleeg. In ander woorde, terwyl hy met Herodias "getroud" was, was sy nog eintlik aan haar eerste man verbind en hy was nog in die lewe (l.w. dat, vir hom om met Herodias volgens die wereld te kon trou, moes sy 'n skeibrief gekry het van Herodus se broer;  m.a.w., nie eens die skeibrief kon die huweliksverbond verbreek nie).  Tereg die rede waarom Johannes vir Herodes gesê het dat dit hom nie geoorloof is om haar te hê nie (want sy het nog aan 'n ander man behoort, al het sy 'n skeibrief ontvang). Johannes het van Herodus verwag om van haar te skei sodat hulle nie meer in sonde stap nie (want die waarheid is dat eers wanneer haar man dood is, sou dit haar geoorloof wees om weer te trou, maar nie solank sy 'n geskeide en hy nog in die lewe was nie)............- BESTUDEER GERUS BG. SKRIFTE OM TE KYK OF U BY DIESELFDE PUNTE UITKOM.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KYK GERUS OOK IN OP DIE TEMA VAN "ONWETTIGE GEMEENSKAPVERHOUDINGS":

Nie alle huwelike is geoorloof nie! Sommige gemeenskaps-verhoudings is ONWETTIG en die wat daarin stap is besig om verkeerd te doen (bv. gemeenskap met duiwels/afgode aanbid, in dieselfde juk trek met ongelowiges, ens. - https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Onder die betrokke lys is sekere vorme van VLEESLIKE GEMEENSKAP ook verbode!, wat beteken dat daardie persone nie KAN TROU NIE... (bv. met jou naaste se vrou, ditto geslag met mekaar, 'n mens met 'n dier, ens.). AS 'N GESKEIDE GELOWIGE IN 'N ONWETTIGE HUWELIK WAS, EN HY DAARUIT GEKOM HET, DAN IS HY SOOS 'N ONGETROUDE, WANT HY WAS EINTLIK NOOIT GETROUD NIE! (sommige kerke verduidelik hierdie as "God sal nie iets saamvoeg wat onwettig is nie"). Hierdie is 'n ander vb. van waar 'n "geskeide" mag hertrou, want na regte was hulle nooit gesien as "getroud" nie.

In sommige gevalle, waar geskeides nuwe vleeslik gemeenskapsverhoudings betree, dink hulle dat "om te trou" die antwoord is dat hulle nie meer in sonde stap nie, maar "om te trou" regverdig nie die situasie waar iemand met 'n geskeide trou nie. Nog 'n vb. is die van Herodus wat in 'n onwettige huwelik was - 'n man mag nie sy broer se vrou neem (bv. terwyl sy broer nog in die lewe is nie)(Mark. 6:17,18). Johannes die doper het vir Herodus sterk aangespreek hieroor. Nog 'n geval is wanneer twee mense van dieselfde geslag trou - "om te trou" regverdig nie ewe skielik die onwettige gemeenskap nie, want mans mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie (Rom. 1:26-32). In ander woorde, "om te trou" maak nie ewe skielik egbreuk of hoerery reg nie, want egbreuk gaan oor die feit dat die een party verbind is aan 'n ander ...., en huwelik kan nie iets wat verkeerd is, regmaak nie (vir 'n studie oor egbreuk/owerspel, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html).  Bv., om te trou met 'n dier beteken nie dat jy ewe skielik vleeslike gemeenskap met die dier mag hê nie (Lev. 18:23);  dieselfde is waar van ander verbode vorme van vleeslike gemeenskap. Vir 'n man om met sy skoondogter te trou, beteken nie dat hulle verhouding nou geregverdig is net omdat hulle getroud is nie (Lev. 18:15).  Jy kan nie "wat sonde is" regmaak deur bloot "te trou nie", want jy word in die eerste plek verbied om in so 'n huwelik in te gaan.  

Op dieselfde wyse maak trou nie sonde reg as jy in die eerste plek as geskeide verbied was om weer te trou nie, en in hierdie geval gaan dit ook oor die feit dat die geskeide nog eintlik verbind is! Baie geskeides wat hertrou dink dat hulle dit net kan bely soos 'n sonde en dan bly in daardie nuwe "huwelik"..., maar om dit te bely beteken dat jy erken jy doen verkeerd, en dus word bekering verwag.  Bekering beteken dat jy wegdraai van daardie sonde. Geskeides word nie toegelaat om weer te trou nie (behalwe waar die huweliksmaat sterwe (en somtyds in bg. uitsonderlike gevalle in sekere kerke). 

Geskeides word eerder aangemoedig om met hulle geskeide maats te herenig sou dit moontlik wees... (1 Kor. 7:10,11), maar om weer te trou moet nie eers by 'n geskeide opkom nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE VAN BELANG:
--------------------------------
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. (LET WEL DAT DIE WOORDE "behalwe oor hoerey" HIER IN KONTEKS GEBRUIK IS MET "skei", NIE MET "weer trou" nie!)(vgl. dit ook met Matt. 5:32 en Luk. 16:18)
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
-----------------------
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------
(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,
(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
(Deu 24:5)  As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

(1 Kor. 6:1-11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Co 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Co 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
(1Co 6:4)  As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
(1Co 6:5)  Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
(1Co 6:6)  Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
(1Co 6:7)  Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
(1Co 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Exo 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
(Jas 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
(Jas 2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
(Jas 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.



Trou, Skei en Hertrou (inleiding, ongetroudes, weduwees)



Hierdie pos is die inleiding op 'n stel poste getiteld "TROU, SKEI, EN HERTROU" (in hierdie spesifieke pos kyk ons in op die onderwerp "ongetroudes" en "weduwees/wewenaars").

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html (getroudes)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html (bespreking)
-----------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Neem kennis dat hierdie reeks opsommings bedoel is vir kinders van die Koninkryk (nie hoe die wêreld die onderwerp van "trou, skei, en hertrou" beskryf nie) - ons kyk na wat presies die Skrif leer oor die onderwerp;. bv., wat presies het Jesus hieroor geleer? Wat is in die eerste gemeentes geleer?, en wat is tipiese O.T. voorbeelde hiervan? Die onderwerp is redelik ingewikkeld en omslagtig, en siende elke persoon se situasie uniek is is dit nie bedoel om berading te gee nie, maar slegs te kyk wat die Skrif wel hieroor leer. Dit mag voorkom of Christelike kerke se opinies verskil, maar dit is eerder baiemaal dat elke persoon se situasie uniek is. Dit gesê, is daar basiese riglyne en is dit belangrik om die Here se wil te soek, asook in elke omstandigheid. Somtyds gaan dit bloot oor interpretasie... (veral waar die Skrif nie uitsluitsel gee nie), en tereg sal Christelike kerke dus somtyds op sekere punte verskil. As 'n kerk se leringe egter bots met dit wat Jesus geleer het oor die onderwerp, dan is dit kommerwekkend. Iets wat belangrik is om te onthou wanneer ons kyk na hierdie onderwerp is dat dit nie moet gaan oor hoe "ons dit sien" nie, maar hoe "die Here dit sien" (dit is waarna ons mik)Alhoewel Jesus Christus Sy kerk die mag gee om in sommige gevalle te oordeel wat geoorloof is en wat nie, mag dit nooit in stryd wees met wat Hy beveel het nie, want wat Hy beveel is belangriker as enige wêreldse wet, en ook belangriker as enige wet wat deur die Christelike kerk gemaak word!

IN HIERDIE REEKS VAN STUDIES GAAN ONS VERAL ONDERSKEI TUSSEN:
-ongetroudes, 
-weduwees/wewenaars;
-getroudes, en
-geskeides 
(want verskillende reëls geld vir elke groep). 

In hierdie betrokke pos staan ons stil by die begrippe "ONGETROUDES" en "WEDUWEES".

========================================================================
Ongetroudes: 

WIE WORD AS 'N "ongetroude" GESIEN?:
- (1)  Maagde (seuns en dogters): Die begrip "ongetroudes" verwys na iemand wat nie deur die huwelik verbind is nie - die term word gebruik t.o.v. MAAGDE. Die woorde "seuns" of "dogters" word dan veral gebruik... (nie "man" of "vrou" nie, alhoewel die woorde vrou/lik of man/spersoon ook gebruik word om geslag aan te wys.../Lev. 27:5). In konteks verwys die woord "ongetroude" in 1 Kor. 7 bv. na seuns of dogters (nie na geskeides of weduwees en wewenaars nie). Die woord "ongetroude" is die Gr. woord "par-then'-os" (wat gebruik word van dogters wat ongetroud is; meer spesifiek, "maagde") = verwys na 'n maagd (Hand. 21:9)(vir 'n studie oor die woord "maagd", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/11/waarna-verwys-die-woord-maagd-in-die.html). In 1 Kor. 7:32 word 'n ander Gr. woord gebruik vir "ongetroude", nl. die woord "ag'-am-os", wat bloot beteken "ongetroud" (is nie onder wet verbind aan 'n ander nie), alhoewel v.34 in die betrokke skrifgedeelte dit duidelik maak dat "ongetroude" in v.32 eintlik verwys na 'n maagd (nl. 'n meisie wat ongetroud is en nog geen vleeslike gemeenskap gehad het nie)(1Kor. 7:34 - "Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou (Gr. woord "goo-nay'", wat verwys na die vrou van 'n man) en ‘n maagd ("par-then'-os"); die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag").

Weduwees of wewenaars kan weer trou, maar hulle word nie in die Skrif na verwys as "ongetroudes" nie, alhoewel hulle nou ONGETROUD is omdat die huweliksmaat gesterwe het (1Kor. 7:8 - "Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek"). Die groot verskil hier tussen 'n maagd wat ongetroud is en 'n weduwee (wat ongetroud is), is natuurlik die feit dat die weduwee al vleeslike gemeenskap gehad het. Weduwees en wewenaars kan gesien word as mense "wat kan trou" (soos ongetroudes kan doen), maar hulle is anders omdat hulle alreeds vleeslike gemeenskap gehad het (hulle is nie maagde nie!). In die eerste gemeenste was daar spesifieke reëls neergelê vir weduwees en wewenaars wat weer wil trou, bv. (1) dat hulle uitdruklik beveel word om "in die Here te trou". En natuurlik mag hulle nie met 'n geskeide trou nie... (nie dat hierdie reëls uniek was net tot hulle nie, want dit was eintlik vir almal gegee).

L.w. dat, alhoewel "geskeides" hulleself somtyds sien as "ongetroud", dit nie regtig is hoe die Skrif hulle beskryf nie... - en anders as weduwees en wewenaars, word hulle ook nie noodwendig toegelaat om weer te trou nie,  tensy die vorige huwelik 'n onwettige een was, bv. waar twee mans met mekaar getroud was (die wêreld se siening is natuurlik nie dieselfde nie, maar Jesus het geleer dat "wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.  Rom. 7 leer ook dat dit slegs die dood is wat 'n huweliksbond verbreek).  Dit is 'n fout om te dink dat 'n skeibrief beteken jy mag weer trou, Jesus Christus het bv. geleer dat die geskeide wat weer trou, egbreuk pleeg, en ook geleer dat die een wat met 'n geskeide trou, egbreuk pleeg... (op die volgende poste word daar meer stilgestaan by hierdie onderwerp, asook ingekyk op moontlike uitsonderings van geskeides wat "hertrou"). Dit gesê, is kerke oor die algemeen van mening dat net soos daar uitsonderings is vir egskeiding (wat beslis verbied word), net so is daar moontlike uitsonderings vir "hertrou" (?). Geskeides kan hulleself egter nie sien as tipiese "ongetroudes" nie (want in die eerste plek is hulle nie meer maagde nie, en in die tweede plek kan 'n skeibrief nie die betrokke eed breek nie, want wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie - dit is net die dood wat die huweliksverbond breek). 

Die spesifieke manier hoe die woord "ongetroud/e/s" in die Skrif gebruik is:

- Oor die algemeen waar die woord "ongetroude" in die Skrif gebruik word, verwys dit na seuns en dogters = MAAGDE (die woord "ongetroude" in Hand. 21:9 is bv. die Gr. woord "par-then'-os", wat "maagd" beteken - wat verwys na iemand wat ongetroud is). Dit verwys nooit na mans en vrouens wat alreeds vleeslike gemeenskap gehad het nie...

- Vrouens wat nie meer onder eed met 'n man verbind is nie (m.a.w. "weduwees"), word nooit in die Skrif "ongetroud" genoem nie, (want hulle is nie meer maagde nie - die begrip "maagde" verwys gewoonlik nie net na iemand wat nie in eg verbind is nie, maar ook na iemand wat nog nie vleeslike gemeenskap gehad het nie).  Weduwees/wewenaars kan wel weer trou, ja, want hulle is nie meer onder huweliksverbond nie/Rom. 7:2)(dieselfde kan egter nie gesê word van 'n geskeide nie, want hulle is nog onder eed - die eed word eers verbreek wanneer die een doodgaan). Dus, alhoewel die woord "vrou" bloot kan verwys na geslag, word dit gewoonlik gebruik om spesifiek te verwys na 'n getroude of geskeide of weduwee, maar die begrip "ongetroude" word nooit gebruik van die wat nie meer maagde is nie (in die N.T. is die woord "vrou" bv. gewoonlik die Gr. woord "goo-nay'", wat beteken "vrou of getroude vrou");  bv., waar Jesus sê dat "elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" (Matt. 5:28), verwys Hy duidelik in hierdie spesifieke konteks na 'n getroude vrou (nie 'n ongetroude, nl. dogter nie - dit is hoekom Hy die woord "egbreuk" gebruik;  as dit na 'n ongetroude meise verwys het, sou Hy die woord "hoereer" moes gebruik).  Dit is waarom so iemand in die geval wat Jesus hier noem, die sonde van "egbreuk" pleeg, want sy is in eg... DIE WOORD "ONGETROUDE" WORD SLEGS VIR MAADE GEBRUIK (hetsy 'n seun of dogter, en natuurlik verwys 'n maagd na 'n seun of dogter wat nog nie vleeslike gemeenskap gehad het nie).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
Kom ons kyk na die paar reëls in die Skrif rondom "ongetroudes":

-(1) As twee ONGETROUDES van begeerte brand, moet hulle liewer trou/1 Kor. 7:8,9 - (l.w. dat dit verwys na "ongetroudes" nl. maagde, en l.w. dat die konteks waarin ongetroudes wat van begeerte brand hier beveel word om te trou, natuurlik nie verbode vorme van gemeenskap insluit nie; asook, die huwelik is nie die "fix" vir verbode vleeslike gemeenskap nie. In sekere gevalle is die huwelik bloot nie toelaatbaar nie - die Here maak hierdie reëls, nie ons nie. Dus, al brand altwee van begeerte. beteken dit nie in alle gevalle dat diesulkes mag trou nie...; bv., volgens die Skrif mag ditto geslag mekaar nie begeer nie;  maw, ditto geslag kan nie trou nie/Rom. 1:26,27- "om te trou" gaan nie dit wat verkeerd is reg maak nie).  Die rede waarom twee ongetroudes (nl. maagde) wat van begeerte brand liewer moet trou, is sodat hulle nie hoereer nie (om te hoereer is sonde). Nooit is seks buite die huwelik aanvaarbaar nie (1 Kor. 7:8,9 - " Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek (Paulus), dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand") - iemand wat seks buite die huwelik beoefen is besig om te HOEREER. In die Ou Testament was daar van 'n man verwag om met 'n meisie te trou as hulle seks buite die huwelik beoefen... (Eks. 22:16,17), want anders is hulle besig om te hoereer (alhoewel, nie bedoel in konteks van verkragting nie - 'n meisie was nie gedwing om met haar verkragter te trou nie!). (1Kor. 7:36,37 - "Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed").
-(2) Sekere huwelike is verbode, al is altwee persone ONGETROUD - bv., naby bloedverwante mag nie vleeslike gemeenskap hê nie (al is altwee ongetroud), en kan dus nie trou nie (Lev. 18:6-18; 20:17-21; Num. 36:6,10,11-kyk die tema van bloedskande). As hulle hoereer is die oplossing nie "om te trou" nie, want in geheel is hierdie soort vleeslike gemeenskaps-verhouding verbode!;  m.a.w., sou hulle trou, leef hulle steeds in sonde want dit is vir hulle verbode. Wat moet gebeur in so 'n geval is dat hulle die sonde bely en hulle daarvan bekeer. Dit moet nie verwar word met twee mense wat vir mekaar sorg deur saam te bly (soos naby bloedverwante), nie getroud nie maar nie in 'n romantiese verhouding is nie, maar waar dit gepaardgaan met "van begeerte brand" of  "in wellus teenoor mekaar ontbrand" en/of vleeslike gemeenskap, is dit verkeerd. Daar is ook ander vorme van verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge, nl. waar twee mans met mekaar trou (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie), en vrouens mag ook nie met mekaar trou nie (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie)(Rom. 1:18-27; Lev. 18:22-28), en 'n mens mag ook nie met 'n dier gemeenskap he nie (Lev. 18:23), en 'n man mag nie met iemand anders se vrou gemeenskap he nie (Lev. 18:20/Eks. 20:14)..., ens. Vir ander vorme van "VERBODE GEMEENSKAP", wat nie noodwendig gaan oor "vleeslike gemeenskap" nie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).
-(3) Die ONGETROUDE mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (want alhoewel egskeiding somtyds toegelaat word, beteken dit nie dat die eed verbreek is nie...).  Op 'n volgende pos word meer hierop ingekyk;  des te meer kan ons verstaan hoekom 'n ongetroude nie met 'n geskeide moet trou nie (want die geskeide is nog onder huweliksverbond) - hierdie reël word somtyds verskillend gesien vir mans as vir vrouens, veral waar die vrou weggestoot is, maar natuurlik in 'n spesifieke konteks. Jesus het geleer dat as iemand met 'n geskeide persoon trou, pleeg hy egbreuk (so iemand word dan as 'n "egbreker" gesien, want die geskeide is eintlik "in eg", onder huweliksverbond - 'n skeibrief breek nie die eg nie...)( egbreuk is 'n sonde).  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk). Alhoewel mense somtyds 'n goeie rede het waarom hulle skei en die kerk dit dus in sommige gevalle toelaat, haat God egskeiding, en die skeibrief beteken nie dat die verbond tussen daardie twee mense verbreek is nie; liewer leer Rom. 7 dat dit eers verbreek word wanneer een van hulle sterwe. In sulke uitsonderlike gevalle (van egskeiding) sondig hulle nie noodwendig wanneer hulle apart bly nie (alhoewel dit nooit goed is vir 'n paartjie om vir enige rede nie, want hulle kan o.a. versoek word). Die feit dat egskeiding  somtyds toegelaat word, beteken egter nie dat hulle mag hertrou nie! "ONGETROUDES" (nl. maagde) moet ook versigtig wees dat hulle nie in hierdie strik trap deur te dink dit is hulle geoorloof om met 'n geskeide te trou nie (geskeides is nie tipies "ongetroudes" nie, maar is in eg verbind tot die dood hulle skei). Dit gesê, net soos daar uitsonderings is vir egskeiding is daar moontlike uitsonderings vir hertrou (?) - hierdie is 'n debateerbare punt en elke situasie is uniek (bv., 'n ongetroude wat met 'n geskeide trou mag miskien toegelaat word waar iemand voorheen in 'n onwettige huwelik was en volgens wereldse terme geskei is; bv. verwysend na iemand wat die sonde bely het, bekeer het, en vergifnis ontvang het - in so 'n geval is die "onwettige huwelik" nooit gesien as 'n huwelik nie, bv. was nie "deur die Here saamgevoeg nie" , maar dit is iets waaroor jou kerk moet besluit).
-(4) Die ONGETROUDE moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.  Alhoewel baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T. (Gen. 25:6; 30:4,9; 32:22; 35:23-26), beteken dit nie dat dit God se bedoeling was nie. Baie mans in die O.T. het net een vrou gehad, en die Here het bv sommige spesifiek beveel om nie meer as een vrou te neem nie (bv. die konings-Deut. 17:17).  Kinders van die koninkryk-mans was in die eerste gemeentes ook spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie... (dit is basies wat in die nuwe bedeling verwag word/1 Kor. 7:2).  Die rede hiervoor is omdat dit baiemaal gepaardgegaan het met hoerery... - gaan kyk maar hoeveel ander probleme dit ook veroorsaak het (Gen. 16; 1 Sam. 1; 1 Kon. 11).  Of dit vandag verkeerd is vir 'n man om meer as een vrou te hê, is natuurlik debateerbaar, maar in die N.T. (bv. as 'n kerk leef volgens die eerste kerke se beginsels) sien baie kerke dit as verkeerd wanneer 'n man meer as een vrou het, siende daar van Christen mans in die N.T. verwag word om elk liewer net een vrou te hê (asook, die wat 'n amp in die kerk gedra het was spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie)(Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12).  Dus, ONGETROUDES moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie...
-(5) Weduwees  kan weer trou, maar is nie tipies waarna die Skrif verwys as "ONGETROUDES" nie (want hulle is nie meer maagde nie). 'n Vrou is deur die wet gebind (onder huweliks-eed) SO LANK AS HAAR MAN LEWE..., maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie sy wil (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html) - maar (die Skrif leer) dan "net in die Here"! (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat besluit om weer te trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie! (hierdie reel word deur baie kerke ook toegepas vir ongetroudes, nie net geskeides nie.  Ook in die O.T. was ongetroudes spesifiek beveel om nie met heidene te trou nie). In die eerste gemeentes was "jong weduwees" somtyds aangemoedig om weer te trou... (1 Tim. 5:14); tog, Paulus het aanbeveel dat ongetroudes en weduwees liewer nie moet trou nie (veral iemand wat in die bediening wil staan, want getroudes het verdrukking in die vlees), maar as hulle van begeerte brand, is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). Hoerery is 'n sonde wat tot die dood lei as iemand hom nie daarvan bekeer nie;  so dit is belangrik om (natuurlik in die geval van wettige vorme van gemeenskap) liewer te trou as om in sonde te leef;  daarom is dit beter vir weduwees wat van begeerte brand om te trou (onthou dat sondes selfs in die gedagtes gepleeg kan word, bv. egbreuk...).
-(5) Ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou. Alhoewel ongetroude gelowiges nie spesifiek verbied word in die N.T. om met ongelowiges te trou nie, was dit nooit die Here se wil in die O.T. nie! (en weduwees wat op trou staan word terloops spesifiek beveel om "in die Here te trou", want dit is eintlik die reël... - dit is natuurlik nou as ons reg verstaan dat "in die Here trou" beteken jy moet "met 'n ander gelowige trou").  Dit is verseker beter vir 'n gelowige om met 'n gelowige te trou (hierdie is 'n no-brainer, want die Here se reëls is altyd bedoel om vir ons ten goede te wees). In 'n volgende pos word die onderwerp van of 'n gelowige met 'n ongelowige mag trou, in meer diepte behandel - met skrifte, maar net om hierdie kort op te som: Basies was dit nooit die Here se wil dat gelowiges met ongelowiges (nl. heidene) trou nie, want die een is onrein, en die een rein;  tog, in so 'n huwelik is dit interessant dat omdat die een rein is, word die huwelik "geheilig"... (maw, as 'n gelowige in so 'n huwelik is, word die huwelik gesien as "afgesonderd" net soos wanneer twee gelowiges met mekaar getroud is, want anders sou hulle kinders onrein wees... - in hierdie geval kan die onreine nie die reine onrein maak nie, maar wat van as die reine versoek word en begin gemeenskap het met die onreine se bose werke of werke vd duisternis, ens.,  of hulle kinders daarin betrokke kry? Dit is beslis baie problematies...). Dit wil egter voorkom of, waar daar o.a. hieroor gepraat word in1 Kor. 7:12-16, in die konteks genoem was van mense wat alreeds in so 'n huwelik is... (bv. dat die een gelowig geword het nadat hulle al getroud was);  tereg is die reel wat hier gestel word aan weduwees/wewenaars basies wat eintlik van enige gelowige maagd verwag word, is om "in die geloof te trou" (maar of in die eerste gemeentes dit gesien is as 'n sonde wanneer 'n gelowige met 'n ongelowige trou, is nie seker nie, maar beslis is die Skrif duidelik daaroor dat gelowiges nie met heidene moet trou nie.  Ons moet dus ook hierdie onderskei tussen "geroepenes wat ongelowig is", en "heidene"... Siende gelowiges in O.T. verbied is om met heidene te trou, moet ons daarby hou, want dit is duidelik nie die Here se wil nie (maar dit gese, moet ons verstaan wat met "ongelowiges" hier bedoel word... - dit verwys bv. nie noodwendig na kinders vd Koninkryk wat ongelowig is nie, maar "heidene".

========================================================================
Weduwees:

-(1) Die woord "weduwee" is die Gr. woord "khay'-rah", wat verwys na 'n vrou wat verlate gestel is (m.a.w., wie se huweliksmaat nie meer in die lewe is nie). 'n Weduwee verwys na 'n vrou wat verbind was deur die huwelik, maar nou nie meer is nie omdat die man gesterf het (sy is nou vry van die wet van die man/Rom. 7:2). 'n Vrou is gebind aan die wet van haar man solank hy lewe, MAAR AS HAAR MAN ONTSLAAP HET, IS SY VRY... (1 Kor. 7:39 -"‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here" )(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). Wat Rom. 7 vir ons leer is dat die enigste manier hoe iemand regtig vry word van die huweliksbond, is wanneer een van die twee sterf.

-(2) 'n Weduwee mag weer trou (want sy is nie meer aan 'n man verbind nie) - in die eerste gemeentes was jong weduwees" selfs somtyds aanbeveel om weer te trou (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie! (veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand is dit beter om te trou (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie sy wil , maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

-(4) 'n Weduwee wat weer trou mag nie met 'n geskeide persoon trou nie. 
'n Weduwee moet nie met 'n geskeide trou nie... (Mat 19:9; Mark. 10:11; Luk. 16:18)(al is sy self vry om te trou, mag sy nie met 'n geskeide trou nie, want die geskeide is nog nie vry nie!).  Jesus het bv. geleer dat die wat met 'n geskeide trou, pleeg egbreuk - hoekom?, want 'n geskeide is nog onder eed... (dit is net die dood wat 'n huweliksverbond breek/Rom. 7:1,2) - in 'n volgende pos word hierdie in meer diepte behandel, met meer skrifte.    

========================================================================