Hierdie pos is die inleiding op 'n stel poste getiteld "TROU, SKEI, EN HERTROU" (in hierdie spesifieke pos kyk ons in op die onderwerp "ongetroudes" en "weduwees/wewenaars").
Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html (getroudes)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html (bespreking)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html (bespreking)
-----------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Neem kennis dat hierdie reeks opsommings bedoel is vir kinders van die Koninkryk (nie hoe die wêreld die onderwerp van "trou, skei, en hertrou" beskryf nie) - ons kyk na wat presies die Skrif leer oor die onderwerp;. bv., wat presies het Jesus hieroor geleer? Wat is in die eerste gemeentes geleer?, en wat is tipiese O.T. voorbeelde hiervan? Die onderwerp is redelik ingewikkeld en omslagtig, en siende elke persoon se situasie uniek is is dit nie bedoel om berading te gee nie, maar slegs te kyk wat die Skrif wel hieroor leer. Dit mag voorkom of Christelike kerke se opinies verskil, maar dit is eerder baiemaal dat elke persoon se situasie uniek is. Dit gesê, is daar basiese riglyne en is dit belangrik om die Here se wil te soek, asook in elke omstandigheid. Somtyds gaan dit bloot oor interpretasie... (veral waar die Skrif nie uitsluitsel gee nie), en tereg sal Christelike kerke dus somtyds op sekere punte verskil. As 'n kerk se leringe egter bots met dit wat Jesus geleer het oor die onderwerp, dan is dit kommerwekkend. Iets wat belangrik is om te onthou wanneer ons kyk na hierdie onderwerp is dat dit nie moet gaan oor hoe "ons dit sien" nie, maar hoe "die Here dit sien" (dit is waarna ons mik). Alhoewel Jesus Christus Sy kerk die mag gee om in sommige gevalle te oordeel wat geoorloof is en wat nie, mag dit nooit in stryd wees met wat Hy beveel het nie, want wat Hy beveel is belangriker as enige wêreldse wet, en ook belangriker as enige wet wat deur die Christelike kerk gemaak word!
IN HIERDIE REEKS VAN STUDIES GAAN ONS VERAL ONDERSKEI TUSSEN:
-ongetroudes,
-weduwees/wewenaars;
-getroudes, en
Weduwees:
-weduwees/wewenaars;
-getroudes, en
-geskeides
(want verskillende reëls geld vir elke groep).
In hierdie betrokke pos staan ons stil by die begrippe "ONGETROUDES" en "WEDUWEES".
========================================================================
Ongetroudes:
WIE WORD AS 'N "ongetroude" GESIEN?:
- (1) Maagde (seuns en dogters): Die begrip "ongetroudes" verwys na iemand wat nie deur die huwelik verbind is nie - die term word gebruik t.o.v. MAAGDE. Die woorde "seuns" of "dogters" word dan veral gebruik... (nie "man" of "vrou" nie, alhoewel die woorde vrou/lik of man/spersoon ook gebruik word om geslag aan te wys.../Lev. 27:5). In konteks verwys die woord "ongetroude" in 1 Kor. 7 bv. na seuns of dogters (nie na geskeides of weduwees en wewenaars nie). Die woord "ongetroude" is die Gr. woord "par-then'-os" (wat gebruik word van dogters wat ongetroud is; meer spesifiek, "maagde") = verwys na 'n maagd (Hand. 21:9)(vir 'n studie oor die woord "maagd", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/11/waarna-verwys-die-woord-maagd-in-die.html). In 1 Kor. 7:32 word 'n ander Gr. woord gebruik vir "ongetroude", nl. die woord "ag'-am-os", wat bloot beteken "ongetroud" (is nie onder wet verbind aan 'n ander nie), alhoewel v.34 in die betrokke skrifgedeelte dit duidelik maak dat "ongetroude" in v.32 eintlik verwys na 'n maagd (nl. 'n meisie wat ongetroud is en nog geen vleeslike gemeenskap gehad het nie)(1Kor. 7:34 - "Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou (Gr. woord "goo-nay'", wat verwys na die vrou van 'n man) en ‘n maagd ("par-then'-os"); die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag").
Weduwees of wewenaars kan weer trou, maar hulle word nie in die Skrif na verwys as "ongetroudes" nie, alhoewel hulle nou ONGETROUD is omdat die huweliksmaat gesterwe het (1Kor. 7:8 - "Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek"). Die groot verskil hier tussen 'n maagd wat ongetroud is en 'n weduwee (wat ongetroud is), is natuurlik die feit dat die weduwee al vleeslike gemeenskap gehad het. Weduwees en wewenaars kan gesien word as mense "wat kan trou" (soos ongetroudes kan doen), maar hulle is anders omdat hulle alreeds vleeslike gemeenskap gehad het (hulle is nie maagde nie!). In die eerste gemeenste was daar spesifieke reëls neergelê vir weduwees en wewenaars wat weer wil trou, bv. (1) dat hulle uitdruklik beveel word om "in die Here te trou". En natuurlik mag hulle nie met 'n geskeide trou nie... (nie dat hierdie reëls uniek was net tot hulle nie, want dit was eintlik vir almal gegee).
L.w. dat, alhoewel "geskeides" hulleself somtyds sien as "ongetroud", dit nie regtig is hoe die Skrif hulle beskryf nie... - en anders as weduwees en wewenaars, word hulle ook nie noodwendig toegelaat om weer te trou nie, tensy die vorige huwelik 'n onwettige een was, bv. waar twee mans met mekaar getroud was (die wêreld se siening is natuurlik nie dieselfde nie, maar Jesus het geleer dat "wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Rom. 7 leer ook dat dit slegs die dood is wat 'n huweliksbond verbreek). Dit is 'n fout om te dink dat 'n skeibrief beteken jy mag weer trou, Jesus Christus het bv. geleer dat die geskeide wat weer trou, egbreuk pleeg, en ook geleer dat die een wat met 'n geskeide trou, egbreuk pleeg... (op die volgende poste word daar meer stilgestaan by hierdie onderwerp, asook ingekyk op moontlike uitsonderings van geskeides wat "hertrou"). Dit gesê, is kerke oor die algemeen van mening dat net soos daar uitsonderings is vir egskeiding (wat beslis verbied word), net so is daar moontlike uitsonderings vir "hertrou" (?). Geskeides kan hulleself egter nie sien as tipiese "ongetroudes" nie (want in die eerste plek is hulle nie meer maagde nie, en in die tweede plek kan 'n skeibrief nie die betrokke eed breek nie, want wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie - dit is net die dood wat die huweliksverbond breek).
Die spesifieke manier hoe die woord "ongetroud/e/s" in die Skrif gebruik is:
- Oor die algemeen waar die woord "ongetroude" in die Skrif gebruik word, verwys dit na seuns en dogters = MAAGDE (die woord "ongetroude" in Hand. 21:9 is bv. die Gr. woord "par-then'-os", wat "maagd" beteken - wat verwys na iemand wat ongetroud is). Dit verwys nooit na mans en vrouens wat alreeds vleeslike gemeenskap gehad het nie...
- Vrouens wat nie meer onder eed met 'n man verbind is nie (m.a.w. "weduwees"), word nooit in die Skrif "ongetroud" genoem nie, (want hulle is nie meer maagde nie - die begrip "maagde" verwys gewoonlik nie net na iemand wat nie in eg verbind is nie, maar ook na iemand wat nog nie vleeslike gemeenskap gehad het nie). Weduwees/wewenaars kan wel weer trou, ja, want hulle is nie meer onder huweliksverbond nie/Rom. 7:2)(dieselfde kan egter nie gesê word van 'n geskeide nie, want hulle is nog onder eed - die eed word eers verbreek wanneer die een doodgaan). Dus, alhoewel die woord "vrou" bloot kan verwys na geslag, word dit gewoonlik gebruik om spesifiek te verwys na 'n getroude of geskeide of weduwee, maar die begrip "ongetroude" word nooit gebruik van die wat nie meer maagde is nie (in die N.T. is die woord "vrou" bv. gewoonlik die Gr. woord "goo-nay'", wat beteken "vrou of getroude vrou"); bv., waar Jesus sê dat "elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" (Matt. 5:28), verwys Hy duidelik in hierdie spesifieke konteks na 'n getroude vrou (nie 'n ongetroude, nl. dogter nie - dit is hoekom Hy die woord "egbreuk" gebruik; as dit na 'n ongetroude meise verwys het, sou Hy die woord "hoereer" moes gebruik). Dit is waarom so iemand in die geval wat Jesus hier noem, die sonde van "egbreuk" pleeg, want sy is in eg... DIE WOORD "ONGETROUDE" WORD SLEGS VIR MAADE GEBRUIK (hetsy 'n seun of dogter, en natuurlik verwys 'n maagd na 'n seun of dogter wat nog nie vleeslike gemeenskap gehad het nie).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na die paar reëls in die Skrif rondom "ongetroudes":
-(1) As twee ONGETROUDES van begeerte brand, moet hulle liewer trou/1 Kor. 7:8,9 - (l.w. dat dit verwys na "ongetroudes" nl. maagde, en l.w. dat die konteks waarin ongetroudes wat van begeerte brand hier beveel word om te trou, natuurlik nie verbode vorme van gemeenskap insluit nie; asook, die huwelik is nie die "fix" vir verbode vleeslike gemeenskap nie. In sekere gevalle is die huwelik bloot nie toelaatbaar nie - die Here maak hierdie reëls, nie ons nie. Dus, al brand altwee van begeerte. beteken dit nie in alle gevalle dat diesulkes mag trou nie...; bv., volgens die Skrif mag ditto geslag mekaar nie begeer nie; maw, ditto geslag kan nie trou nie/Rom. 1:26,27- "om te trou" gaan nie dit wat verkeerd is reg maak nie). Die rede waarom twee ongetroudes (nl. maagde) wat van begeerte brand liewer moet trou, is sodat hulle nie hoereer nie (om te hoereer is sonde). Nooit is seks buite die huwelik aanvaarbaar nie (1 Kor. 7:8,9 - " Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek (Paulus), dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek; maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand") - iemand wat seks buite die huwelik beoefen is besig om te HOEREER. In die Ou Testament was daar van 'n man verwag om met 'n meisie te trou as hulle seks buite die huwelik beoefen... (Eks. 22:16,17), want anders is hulle besig om te hoereer (alhoewel, nie bedoel in konteks van verkragting nie - 'n meisie was nie gedwing om met haar verkragter te trou nie!). (1Kor. 7:36,37 - "Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed").
-(2) Sekere huwelike is verbode, al is altwee persone ONGETROUD - bv., naby bloedverwante mag nie vleeslike gemeenskap hê nie (al is altwee ongetroud), en kan dus nie trou nie (Lev. 18:6-18; 20:17-21; Num. 36:6,10,11-kyk die tema van bloedskande). As hulle hoereer is die oplossing nie "om te trou" nie, want in geheel is hierdie soort vleeslike gemeenskaps-verhouding verbode!; m.a.w., sou hulle trou, leef hulle steeds in sonde want dit is vir hulle verbode. Wat moet gebeur in so 'n geval is dat hulle die sonde bely en hulle daarvan bekeer. Dit moet nie verwar word met twee mense wat vir mekaar sorg deur saam te bly (soos naby bloedverwante), nie getroud nie maar nie in 'n romantiese verhouding is nie, maar waar dit gepaardgaan met "van begeerte brand" of "in wellus teenoor mekaar ontbrand" en/of vleeslike gemeenskap, is dit verkeerd. Daar is ook ander vorme van verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge, nl. waar twee mans met mekaar trou (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie), en vrouens mag ook nie met mekaar trou nie (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie)(Rom. 1:18-27; Lev. 18:22-28), en 'n mens mag ook nie met 'n dier gemeenskap he nie (Lev. 18:23), en 'n man mag nie met iemand anders se vrou gemeenskap he nie (Lev. 18:20/Eks. 20:14)..., ens. Vir ander vorme van "VERBODE GEMEENSKAP", wat nie noodwendig gaan oor "vleeslike gemeenskap" nie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).
-(3) Die ONGETROUDE mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (want alhoewel egskeiding somtyds toegelaat word, beteken dit nie dat die eed verbreek is nie...). Op 'n volgende pos word meer hierop ingekyk; des te meer kan ons verstaan hoekom 'n ongetroude nie met 'n geskeide moet trou nie (want die geskeide is nog onder huweliksverbond) - hierdie reël word somtyds verskillend gesien vir mans as vir vrouens, veral waar die vrou weggestoot is, maar natuurlik in 'n spesifieke konteks. Jesus het geleer dat as iemand met 'n geskeide persoon trou, pleeg hy egbreuk (so iemand word dan as 'n "egbreker" gesien, want die geskeide is eintlik "in eg", onder huweliksverbond - 'n skeibrief breek nie die eg nie...)( egbreuk is 'n sonde). (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk). Alhoewel mense somtyds 'n goeie rede het waarom hulle skei en die kerk dit dus in sommige gevalle toelaat, haat God egskeiding, en die skeibrief beteken nie dat die verbond tussen daardie twee mense verbreek is nie; liewer leer Rom. 7 dat dit eers verbreek word wanneer een van hulle sterwe. In sulke uitsonderlike gevalle (van egskeiding) sondig hulle nie noodwendig wanneer hulle apart bly nie (alhoewel dit nooit goed is vir 'n paartjie om vir enige rede nie, want hulle kan o.a. versoek word). Die feit dat egskeiding somtyds toegelaat word, beteken egter nie dat hulle mag hertrou nie! "ONGETROUDES" (nl. maagde) moet ook versigtig wees dat hulle nie in hierdie strik trap deur te dink dit is hulle geoorloof om met 'n geskeide te trou nie (geskeides is nie tipies "ongetroudes" nie, maar is in eg verbind tot die dood hulle skei). Dit gesê, net soos daar uitsonderings is vir egskeiding is daar moontlike uitsonderings vir hertrou (?) - hierdie is 'n debateerbare punt en elke situasie is uniek (bv., 'n ongetroude wat met 'n geskeide trou mag miskien toegelaat word waar iemand voorheen in 'n onwettige huwelik was en volgens wereldse terme geskei is; bv. verwysend na iemand wat die sonde bely het, bekeer het, en vergifnis ontvang het - in so 'n geval is die "onwettige huwelik" nooit gesien as 'n huwelik nie, bv. was nie "deur die Here saamgevoeg nie" , maar dit is iets waaroor jou kerk moet besluit).
-(4) Die ONGETROUDE moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie. Alhoewel baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T. (Gen. 25:6; 30:4,9; 32:22; 35:23-26), beteken dit nie dat dit God se bedoeling was nie. Baie mans in die O.T. het net een vrou gehad, en die Here het bv sommige spesifiek beveel om nie meer as een vrou te neem nie (bv. die konings-Deut. 17:17). Kinders van die koninkryk-mans was in die eerste gemeentes ook spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie... (dit is basies wat in die nuwe bedeling verwag word/1 Kor. 7:2). Die rede hiervoor is omdat dit baiemaal gepaardgegaan het met hoerery... - gaan kyk maar hoeveel ander probleme dit ook veroorsaak het (Gen. 16; 1 Sam. 1; 1 Kon. 11). Of dit vandag verkeerd is vir 'n man om meer as een vrou te hê, is natuurlik debateerbaar, maar in die N.T. (bv. as 'n kerk leef volgens die eerste kerke se beginsels) sien baie kerke dit as verkeerd wanneer 'n man meer as een vrou het, siende daar van Christen mans in die N.T. verwag word om elk liewer net een vrou te hê (asook, die wat 'n amp in die kerk gedra het was spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie)(Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12). Dus, ONGETROUDES moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie...
-(5) Weduwees kan weer trou, maar is nie tipies waarna die Skrif verwys as "ONGETROUDES" nie (want hulle is nie meer maagde nie). 'n Vrou is deur die wet gebind (onder huweliks-eed) SO LANK AS HAAR MAN LEWE..., maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie sy wil (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html) - maar (die Skrif leer) dan "net in die Here"! (1 Kor. 7:39); m.a.w., 'n gelowige weduwee wat besluit om weer te trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie! (hierdie reel word deur baie kerke ook toegepas vir ongetroudes, nie net geskeides nie. Ook in die O.T. was ongetroudes spesifiek beveel om nie met heidene te trou nie). In die eerste gemeentes was "jong weduwees" somtyds aangemoedig om weer te trou... (1 Tim. 5:14); tog, Paulus het aanbeveel dat ongetroudes en weduwees liewer nie moet trou nie (veral iemand wat in die bediening wil staan, want getroudes het verdrukking in die vlees), maar as hulle van begeerte brand, is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). Hoerery is 'n sonde wat tot die dood lei as iemand hom nie daarvan bekeer nie; so dit is belangrik om (natuurlik in die geval van wettige vorme van gemeenskap) liewer te trou as om in sonde te leef; daarom is dit beter vir weduwees wat van begeerte brand om te trou (onthou dat sondes selfs in die gedagtes gepleeg kan word, bv. egbreuk...).
-(5) Ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou. Alhoewel ongetroude gelowiges nie spesifiek verbied word in die N.T. om met ongelowiges te trou nie, was dit nooit die Here se wil in die O.T. nie! (en weduwees wat op trou staan word terloops spesifiek beveel om "in die Here te trou", want dit is eintlik die reël... - dit is natuurlik nou as ons reg verstaan dat "in die Here trou" beteken jy moet "met 'n ander gelowige trou"). Dit is verseker beter vir 'n gelowige om met 'n gelowige te trou (hierdie is 'n no-brainer, want die Here se reëls is altyd bedoel om vir ons ten goede te wees). In 'n volgende pos word die onderwerp van of 'n gelowige met 'n ongelowige mag trou, in meer diepte behandel - met skrifte, maar net om hierdie kort op te som: Basies was dit nooit die Here se wil dat gelowiges met ongelowiges (nl. heidene) trou nie, want die een is onrein, en die een rein; tog, in so 'n huwelik is dit interessant dat omdat die een rein is, word die huwelik "geheilig"... (maw, as 'n gelowige in so 'n huwelik is, word die huwelik gesien as "afgesonderd" net soos wanneer twee gelowiges met mekaar getroud is, want anders sou hulle kinders onrein wees... - in hierdie geval kan die onreine nie die reine onrein maak nie, maar wat van as die reine versoek word en begin gemeenskap het met die onreine se bose werke of werke vd duisternis, ens., of hulle kinders daarin betrokke kry? Dit is beslis baie problematies...). Dit wil egter voorkom of, waar daar o.a. hieroor gepraat word in1 Kor. 7:12-16, in die konteks genoem was van mense wat alreeds in so 'n huwelik is... (bv. dat die een gelowig geword het nadat hulle al getroud was); tereg is die reel wat hier gestel word aan weduwees/wewenaars basies wat eintlik van enige gelowige maagd verwag word, is om "in die geloof te trou" (maar of in die eerste gemeentes dit gesien is as 'n sonde wanneer 'n gelowige met 'n ongelowige trou, is nie seker nie, maar beslis is die Skrif duidelik daaroor dat gelowiges nie met heidene moet trou nie. Ons moet dus ook hierdie onderskei tussen "geroepenes wat ongelowig is", en "heidene"... Siende gelowiges in O.T. verbied is om met heidene te trou, moet ons daarby hou, want dit is duidelik nie die Here se wil nie (maar dit gese, moet ons verstaan wat met "ongelowiges" hier bedoel word... - dit verwys bv. nie noodwendig na kinders vd Koninkryk wat ongelowig is nie, maar "heidene".
========================================================================
-(1) Die woord "weduwee" is die Gr. woord "khay'-rah", wat verwys na 'n vrou wat verlate gestel is (m.a.w., wie se huweliksmaat nie meer in die lewe is nie). 'n Weduwee verwys na 'n vrou wat verbind was deur die huwelik, maar nou nie meer is nie omdat die man gesterf het (sy is nou vry van die wet van die man/Rom. 7:2). 'n Vrou is gebind aan die wet van haar man solank hy lewe, MAAR AS HAAR MAN ONTSLAAP HET, IS SY VRY... (1 Kor. 7:39 -"‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here" )(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). Wat Rom. 7 vir ons leer is dat die enigste manier hoe iemand regtig vry word van die huweliksbond, is wanneer een van die twee sterf.
-(2) 'n Weduwee mag weer trou (want sy is nie meer aan 'n man verbind nie) - in die eerste gemeentes was jong weduwees" selfs somtyds aanbeveel om weer te trou (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie! (veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand is dit beter om te trou (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie sy wil , maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39); m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie.
-(4) 'n Weduwee wat weer trou mag nie met 'n geskeide persoon trou nie.
'n Weduwee moet nie met 'n geskeide trou nie... (Mat 19:9; Mark. 10:11; Luk. 16:18)(al is sy self vry om te trou, mag sy nie met 'n geskeide trou nie, want die geskeide is nog nie vry nie!). Jesus het bv. geleer dat die wat met 'n geskeide trou, pleeg egbreuk - hoekom?, want 'n geskeide is nog onder eed... (dit is net die dood wat 'n huweliksverbond breek/Rom. 7:1,2) - in 'n volgende pos word hierdie in meer diepte behandel, met meer skrifte.
========================================================================