Wys tans plasings met die etiket hoerery. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hoerery. Wys alle plasings

Woensdag 05 Januarie 2022

Ongebondenheid

Die begrip "ongebondenheid" is die Griekse woord "as-elg'-i-a", wat beteken (vuil, begeertes veral igv seksuele, kan nie homself beheer nie...). Daar is sowat 7 skrifte in die Bybel waar die woord ongebondenheid voorkom, en word in meeste gevalle gebruik in konteks met owerspel, hoerery, allerhande onreinheid ens. 

- Rom. 13:13  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
- 2Kor. 12:21  dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.
- Gal. 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
- Ef. 4:19  wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
- 1Pet. 4:3  Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
- 2Pet. 2:18  Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
- Jud. 1:4  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën"

Hierdie is 'n ernstige onderwerp in die Bybel - in Kol. 3:5 word enige iets soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid vgl. met AFGODEDIENS.  Wanneer 'n kind vd koninkryk afgode aanbid is hy besig om geestelik te "hoereer" - dit dan waarom sondes soos hoerery vgl. word met afgodsdiens (Jer. 3:9; Eks. 34:15) (bv., hulle dien hulleself, hulle eie buik, ens., in plaas van om die Here te dien). Hierdie is dinge waardeur die Christen besoedel/onrein kan word! Jesus het geleer dat selfs as iemand hierdie dinge bedink dit hom onrein maak... - dit begin dus by die gedagtes.  Dit dan die belangrikheid van om "gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus"! (2 Kor. 10:5). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om die woord beter te verstaan kan ons kyk na die konteks waarin hierdie woord gebruik word in sekere skrifte:

- Jud. 1:4  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën". Die woord "verander" hier, is die Griekse woord "met-at-ith'-ay-mee" (soos om kant te kies, draai na die ander kant/verander).  Lees ons die hele Jud. 1, is dit duidelik dat ongebondenheid hier verwys na die wat onreinheid bedryf en hulleself nie kan beheer nie, en word in konteks gebruik van die wat "na die ander kant kies of na die ander kant toe draai".  Christene moet nie soos vroeer, "volgens die wil vd heidene lewe" of "volgens die begeerlikhede van  mense" nie, maar moet lewe volgens die wil van God... (1 Pet. 4:2,3). 

Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie—  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe"). Hierdie opdrag is belangrik in die kerk, want wanneer daar nie meer van Christene verwag word om te leef volgens die wil vd Here nie, dan is dit selfs moeiliker om te onderskei tussen die valses en opregtes. Sommige kinders vd koninkryk draai so van die genade af weg en begin stap in ongebondheidheid (maw, leef soos mense wat draai na die ander kant toe, en nie lewe volgens die wil van God nie maar volgens hulle eie begeertes), Volgens Rom. 2:24 is dit hierdie mense in die kerk (maw, verwysend na die wat so onrein lewe) wat veroorsaak dat die Naam van God onder die heidene gelaster word (wanneer hulle lewens nie verskillend lyk van die heidene s'n nie)... 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 26 Maart 2017

Hoereer / Hoerery / Hoereerders


In hierdie pos kyk ons na die begrip HOERERY in die Skrif.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
----------------
In die eerste kerke was die onderwerp van vleeslike gemeenskap buite die huwelik baie ernstig en iets wat sterk aangespreek is.  Inteendeel, die wat vleeslike gemeenskap buite die huwelik beoefen het, het bekend gestaan as HOEREERDERS.  Selfs in Ou Testamentiese tye was dit ook nie onder gelowiges geduld nie (Deut. 23:17).  As 'n man met 'n meisie vleeslike gemeenskap het terwyl hulle nie getroud is nie, was hy beskuldig daarvan dat hy die meise soos 'n hoer behandel! (Gen. 34:31).  En in soortgelyke gevalle, waar 'n man 'n jongmeisie aangryp en met haar gemeenskap het (nou nie hier bedoel in geval van verkragting nie, want daar was ander reels in daardie geval), dan was dit van hom verwag om met haar te trou (Deut. 22:28,29), want as hulle nie trou nie, word dit gereken as "hoerery". Ook die wat getroud was maar buite die huwelik vleeslike gemeenskap beoefen, het bekend gestaan as HOEREERDERS. Selfs wanneer 'n man van sy vrou skei en 'n ander trou (met wie hy dus vleeslike gemeenskap het), is dit gesien as HOERERY (hy pleeg dus egbreuk teen sy huweliksmaat)(Mark. 10:11). Enige iemand wat vleeslike gemeenskap het buite die huwelik, is besig om te hoereer.

Waar die woorde "hoereer" of "hoerery" in die Skrif gebruik word, kan dit of
-(1) (fisies) verwys na "deelname aan onwettige vleeslike gemeenskap (Num. 25:1; Deut. 22:20,21; 1 Sam. 2:22;  Matt. 5:28; 1 Kor. 5:11,1 ens.),  of
-(2) (geestelik) verwys na "afgodediens" (bv. Jer. 3:9; Eks. 34:15 ens.).
In sommige skrifte is dit nie heeltemal duidelik na of dit verwys na die letterlike of die figuurlike nie (bv. Ef. 5:3);  alhoewel in meeste skrifte is dit duidelik om te onderskei;  en in sommige skrifte kan die betekenis (van of dit letterlik of geestelik bedoel is) afgelei word deur die konteks van die skrif (bv. 1 Thess. 4:3). Dit is die moeite werk om skrifte hieroor te bestudeer en te sien wat presies die Skrif leer oor die onderwerp. In Kol. 3:5 word enige iets soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid vergelyk met AFGODEDIENS!, want dit verwys na werke wat tot niet kom (die uiteinde daarvan is die dood), en hierdie is dinge "waardeur iemand BESOEDEL word" . Christene wat afgodediens beoefen, word onrein daardeur.  As 'n Christen hoereer word hy ONREIN (en het reiniging nodig).

(1Kor. 6:15)  Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!
(1Kor. 6:16)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
(1Kor. 6:17)  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
(1Kor. 6:18)  Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
(1Kor. 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
(1Kor. 6:20)  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.  Enige vorm van VLEESLIKE GEMEENSKAP is hoerery (maw, vleeslike gemeenskap wat onwettig gebeur, nl. nie binne die huwelik nie). Heelwat vb.e word in die skrif genoem van wat gesien word as "onwettige vorme van vleeslike gemeenskap", nl.  vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou, of met jou broer se vrou, of as 'n man sy broer se vrou neem, of 'n manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man, of vrou met vrou, of 'n man of vrou met 'n dier, of 'n man met sy tante of skoonmoeder of skoondogter, of waar 'n man en sy seun vl. gemeenskap het met dieselfde meisie......ens. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Dit is slegs BINNE DIE HUWELIK wat vleeslike gemeenskap tussen 'n man en vrou WETTIG is (neem kennis dat "om te trou" nie hoerery regmaak as dit onwettige vorme van gemeenskap is nie, bv. as 'n man sy broer se vrou neem, dan maak "trou" dit nie ewe skielik reg nie... Vgl. dit met Mark. 6:17,18).  Natuurlik is daar uitsonderlike gevalle, bv. "terwille van die bewaring van nageslag" waar selfs hierdie onwettige voorbeelde nie meer onwettig is nie, maar moet ons onthou dat die voorbeelde daarvan vir ons leer dat in hierdie gevalle dit nie net vleeslike gemeenskap buite die huwelik was nie, maar sy die man se vrou geword het... (of een van sy vroue) -Gen. 38:8; Deut. 25:5-10; Rut 4:5-11; Matt. 22:23-27; Gen. 16:2,3;(Abraham/ Sara - Hagar), Gen. 30:3-5(Jakob/Ragel - Bilha) ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)
 Om te hoereer is SONDE. Christene moet verstaan dat hulle nie toegelaat word om te hoereer nie (Kol. 3:2-10), en is veronderstel om dit self te weet as hulle die Heilige Gees van God het en bely dat hulle glo. 

Wanneer ons egter praat van die tema "hoereer of hoerery", verwys dit nie slegs na 
-(A) die wat onwettige lus of begeertes beoefen of koester en bevredig nie, maar dit verwys ook na
-(B) die wat besig is met afgods en/of heidense praktyke. Baie Christene wat tog nie die letterlike sonde pleeg van hoerery nie, is wel besig met afgods - of heidense praktyke, WAT ook NIKS ANDERS IS AS "hoerery"! (want jy behoort aan die Here - God is 'n jaloerse God). soos ons in Kol. 3:5 gesien het..., word dinge soos gierigheid, slegte begeertes ("evil concupiscence" - om dit te begeer wat nie toegelaat word nie), hartstog ("inordinate affection" - wellus), onreinheid en hoerery ook gesien as "afgodediens". 

(2)  Deur die sonde van hoerery word iemand ONREIN.  Jesus Christus het ook op verskeie geleenthede dit duidelik gemaak dat hoerery nie aanvaarbaar is nie (Mark. 7:20-23; Openb. 2:18-29; 21:8), en het verder verklaar dat hierdie sondes (wat terloops begin by die gedagtes van die hart) die mens ONREIN maak!  Hy het ook o.a. die gemeente van Thiatire sterk aangespreek omdat hulle die vrou Isebel toegelaat het om lering te gee, 'n vrou deur wie die gemeente aangemoedig was om te hoereer en afgodsoffers te eetVerder het die apostels ook hierdie sonde aangespreek in die eerste gemeentes (1 Kor. 6:10; 5:1,2,9,10; 1 Tim. 1:8-10; Rom. 1:28; ens.), en is "hoerery" een van die 4 dinge wat hulle die "Christene uit die heidene" direk verbied het om te doen! (Hand. 15:20,29; 21:25) - as daar dan sondes is wat hulle wou uitlig bo enige ander, dan was "hoerery" een van hulle.  Ook aan die gemeente van die Thessalonicense het Paulus en Silvánus en Timótheüs geskrywe dat hulle hul moet onthou van die hoerery; en het hulle Jesus se woorde bevestig waarin Hy verklaar het dat hierdie sonde iemand ONREIN maak ("God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking" - 1 Thess. 4:1-7). Aan die gemeente van Korinthiers en Efesiers het Paulus verklaar dat geen HOEREERDERS of ONREINES die koninkryk van God sal beerwe nie (1 Kor. 6:10; Ef. 5:5)....  

(3)  In die N.T. word Christenmans beveel om elk sy eie vrou te he (m.a.w. net EEN vrou); en elke vrou haar eie man -  HOEKOM?  -1 Kor. 7:2:  "...... vanweë die hoererye....."!  In die vroee Bybelse tye was dit egter nie snaaks om meer as een vrou te he nie - baie het wel elk net een vrou gehad bv. Noag, Isak, Josef, Moses, Boas, Job, Jesaja ens.  Alhoewel dit tog algemeen was in die ou tye vir sekere mans om meer as een vrou te he, weet ons nie of dit regtig die Here se goedkeuring weggedra het nie, want die wet maak selfs voorsiening vir die met 2 vroue (Deut. 21:15)(natuurlik ook met die bedoeling om die reeds bestaande situasie te beheer...). Dit is tog interessant om te merk dat die Here hulle ook nie belet het om meer as een vrou te he nie (kyk selfs vir Jakob...); alhoewel, sekeres was wel belet, bv. die koning in Deut. 17:17.  Daar is egter geen Nuwe Testamentiese vb. genoem van 'n Christen wat meer as een vrou gehad het nie, maar die wat enige amp in die kerk gedra het was spesifiek beveel om nie meer as een vrou te he nie (Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12), en die mans in die gemeentes was ook beveel om elkeen net sy eie vrou te he.  DIE REDE WAAROM HIERDIE SO 'N ERNSTIGE SAAK was in die eerste gemeentes (en selfs soos WET neergele is!), WAS OMDAT DIE TOELATING VAN MEER AS EEN VROU IN DIE VERLEDE "HOERERY" VEROORSAAK HET.  Die sonde van hoerery was ernstig genoeg dat so 'n wet neergele moes word. Ook in 1 Thess. 4:3-5 is daar geskryf aan die gemeente van Thessalonisense dat hulle hul moet onthou van hoerery en daarom elke man liewer "sy eie vrou moet verkry" (1 Thess. 4:3-5). "Egbreuk" word ook gesien as "hoerery" (vleeslike gemeenskap BUITE DIE HUWELIK).  In beide die gevalle van " 'n man met een vrou", of " 'n man met meer as een vrou", sou vleeslike gemeenskap nie gesien word as sonde WAAR DIT BINNE DIE HUWELIK plaasvind nie (Hebr. 13:4...), maar wel waar dit buite die huwelik plassvind.  Die een wat hoereer is besig om hom -of haarself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html).

(4)  In Gal. 5:19 word "hoerery" genoem as een van die "WERKE VAN DIE VLEES" - dit is 'n sonde (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13-18 en 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8 en 22:15...).  Die Christen wat deur die Gees wandel, is nie veronderstel om die begeerlikhede van die vlees te volbring nie... (Gal. 5:16).  Christene wat hoereer (hetsy letterlik gesproke deur ontoelaatbare vleeslike gemeenskap, OF figuurlik gesproke deur afgodsdiens) sonder om hulle te bekeer daarvan, sal hierop geoordeel word wanneer Christus Jesus terugkom.  Skrifte soos 1 Kor. 6:10 en Ef. 5:5 maak dit duidelik dat geen hoereerders of onreines die koninkryk sal beerwe nie. Openb. 22:14 en 15 verklaar ook dat "hoereerders" BUITEKANT sal wees en nie sal ingaan in die nuwe stad Jerusalem nie, en volgens Openb. 21:8 sal o.a. die hoereerders ook in die poel van vuur opeindig (nl. "die tweede dood"). Christene wat hoereer is ONGEHOORSAAM  en nie besig om die Here te dien nie, maar hulleself.  Hulle is besig om teen hulle eie liggame te sondig en hulleself so te besoedel.  Dit is duidelik dat as hulle steeds soos ongehoorsames wil lewe, hulle "die wet nodig het"!  (1 Tim. 1:8-10). Sommige Christene reken dat omdat hulle reeds gesien word as kinders van die koninkryk met die hoop op saligheid (en l.w. "hoop"), geen soort onreinheid hulle van hulle saligheid kan berowe nie;  maar die waarheid is dat as hulle nie hierdie aanhoudende sondes bely en laat staan nie, hulle vrug teen hulle sal getuig wanneer Christus Jesus terugkom (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).  Die Christen wat 'n gewoonte het om te hoereer en dit nie bely en afle nie, sal wanneer Christus terugkom, gereken word as 'n "hoereerder", en kan dan nie verwag om die opstanding tot lewe te ontvang nie, maar inteendeel opstaan tot veroordeling (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html).  Christene mag nie hulle vryheid gebruik "om te sondig" en so die werke van die vlees te akkomodeer nie (Gal. 5:13,19).  "Geloof sonder die werke van die wet" bevestig wel die wet, ja! -in die sin van dat die werke van die wet nie saligheid kan bring nie (m.a.w. die offers wat nie volkome reiniging kan bring nie, en die kennis wat nog verborge was onder die wet of verkeerd verstaan is)(want elkeen wat staatmaak op die hoop dat die werke vd wet hulle tot saligheid kan lei, val onder die vloek vd wet omdat hulle dit nie kan onderhou nie - so dit kan hulle nie saligheid gee nie!)(rol af tot heel onder vir skrifte hieroor), maar ons moet dit nie verwar met die werke van "gehoorsaamheid aan die Here" nie, want in hierdie sin is geloof sonder werke wel dood! (Jak. 2:18,20)(Joh. 15:5; Luk. 6:47; Joh. 8:47; Hand. 3:23...) - want "werke" (gehoorsaamheid / ongehoorsaamheid) bewys of iemand werklik GLO of nie...  

(5)  Enige iemand wat vleeslike gemeenskap het, word eintlik na regte daardeur "besoedel", maar in die huwelik BEHOORT TWEE MENSE SE SKAAMTE AAN MEKAAR (Lev. 18:8...), en word hulle dus nie besoedel solank vleeslike gemeenskap in die huwelik plaasvind nie.  Dus, in die huwelik word vleeslike gemeenskap nie gesien as sonde nie (en word huweliksmaats nie daardeur besoedel nie) (alhoewel tog wel "besoedel" in die sin van  "maagdelik" onrein, maar nie onrein a.g.v. sonde nie).  Hoekom?:  -want die HUWELIK is HEILIG (in die huwelik is hulle afgesonder vir mekaar)(en is hulle is terloops EEN).  Binne die huwelik is vleeslike gemeenskap geoorloof (1 Kor. 7:28)(1 Tim. 4:3-5). Buite-egtelike gemeenskap is egter dieselfde as hoerery, want dit veroorsaak dat dit wat veronderstel is om slegs IN DIE GEHEIM tussen die twee getroudes gedeel te word, nou "ontbloot" word. Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar word veral gebruik in konteks met "waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind" (en verwys ook na gevalle van waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie, bv. naaste bloedverwante ens...). In die huwelik word dit wel toegelaat om mekaar se skaamte te ontbloot, maar nie buite die huwelik nie. In sekere ander gevalle, soos waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om die broer se naam te laat voortleef, word dit wel toegelaat dat hulle in daardie geval mekaar se skaamte mag ontbloot, en dus hier nie gesien as "hoerery" nie, omdat dit dan geskied ter wille van die bewaring vd nageslag...(Deut. 25:5-10; Gen. 38)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html)


(6)  BESOEDELING deur vleeslike gemeenskap, soos in die geval van hoerery, is een van die sondes wat BLOEDSKULD veroorsaak (en terloops, bloedskuld besoedel ook "die land"!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html).  In die Ou bedeling was enige iemand met bloedskuld, VERVLOEK (Deut. 27; Eks. 21:12; Gen. 9:5...).  "Bloedskuld" was die gevolg van sekere sondes:  "SONDE WAT DIE DOOD VERDIEN".  Daar was geen offer onder die wet van Moses wat vir hierdie soort sonde kon betaal nie.  Soos ons weet, kan vergifnis slegs plaasvind deur bloedvergieting, maar die bloed van stiere en bokke kon nie vir sondes betaal WAT DIE DOOD VERDIEN (bloedskuld veroorsaak) het nie.  Daarom moes die met bloedskuld MET HULLE EIE BLOED BETAAL! Hulle was VERVLOEK.  Maar wat baie nie besef nie is dat dieselfde sondes wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T., steeds bloedskuld veroorsaak in die Nuwe Testament!, en diesulkes terloops steeds as die vervloektes gereken word (Rom. 1:18-32) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html), behalwe natuurlik waar iemand sy sonde bely en hom bekeer en sy hoop plaas in die Here Jesus Christus! (in Hom glo) -  want Christus Jesus se bloed-offer was wel volkome en kan wel hierdie soort sondes reinig! (in daardie sin was die wet nie volkome nie, maar Christus se offer is wel)(Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"). MAAR WAT WORD VAN DIE CHRISTEN WAT NADAT HY GEREINIG IS, WEER DIE SONDE BEGIN DIEN?  Hier moet ons onderskei tussen die wat hulle sondes bely en neerle, en die wat daarin voortstap sonder om hulle daarvan te bekeer tot die Here, want as 'n Christen weer agter die sonde aan begin "hoereer" en opeindig met bloedskuld en weier om hom daarvan te bekeer, dan staan hy die gevaar om eendag onder "die vervloektes" te val wanneer Christus Jesus terugkom... 
_________________________________________________________________________________



UITEENSETTING en SKRIFTE:
-------------------------------------------
(onderstaande is soos 'n vollediger uiteensetting van bogenoemde opsomming, met heelwat meer skrifte en verduidelikings)

_________________________________________________________________________________
OPSOMMING GRIEKSE EN HEBREEUSE BETEKENISSE:

 hoereer (fornication)(1 Kor. 10:8; Openb. 2:14,20...):
(Gr.) porn-yoo'-o;  -om soos 'n hoer op te tree, om deel te neem aan onwettige lus, om afgodery te praktiseer.
(Hebr.) zaw-naw' (harlot)(Hos. 3:3; 4:10,14,15,18; Amos 7:17; Eseg. 20:30; Jer. 2:20; Jes. 57:3; 2 Kron. 21:11,13; Deut. 22:21; Num. 52:1; Num. 15:39; Lev. 20:5; Lev. 19:29; Lev. 17:7; Eks. 34:15,16; Hos. 4:12,13; Eseg. 16:41; Lev. 19:29) :  - letterlik: om te hoereer;  figuurlik gesproke: om afgodery te praktiseer.  Word in meeste skrifte figuurlik gebruik (soos 2 Kron. 21:11,13...), maar ook letterlik soos in (Deut. 22:21).

hoerery,e / hoereer (whoredoms)(fornication) (Eseg. 16:34; Eseg. 23:43...):
(Hebr.) taz-nooth' (Eseg. 23:8,17; 16:29):  - letterlik: om te hoereer;  figuurlik gesproke: om afgodery te praktiseer - hoererye of afgodediens.  Vergelyk met Eseg. 6:9.

(Gr.) por-ni'-ah (fornication)(Openb. 2:21: 9:21; 14:8; 19:2; 18:3; 17:2,4; 2 Kor. 12:21; Ef. 5:3; Kol. 3:5; 1 Thess. 4:3; 1 Kor. 6:13; 5:1; Rom. 1:29; Hand. 21:20,25,29; Mark. 7:21; Matt. 5:32; 15:19; 19:9;     :  - letterlik: hoerery (ingesluit "om te hoereer" en "bloedskande");  of figuurlik, afgodery.  In sekere skrifte is ons nie seker of dit slegs letterlik bedoel of ook figuurlik nie, bv. Openb. 2:21, Kol. 3:5 ens.  In ander skrifte soos 1 Thess. 4:3 is dit egter duidelik volgens die konteks (kyk bv. v.4) dat dit daar verwys na onwettige wellus.
(Hebr.) zen-ooth' of zaw-noon' (whoredom)(Hos. 6:10; Hos. 2:2,4; Eseg. 43:7,9; 23:27; Jer. 3:9; 13:27; Num. 14:33; Gen. 38:34 ):  -  letterlik: hoerery; of figuurlik afgodediens.

hoereerder (whormonger):
(Gr.) por'-nos (Openb. 22:15; 21:8; Hebr. 13:4; 1 Tim. 1:10; 1 Kor. 6:10; 1 Kor. 5:9,10;   ): - prostituut, of "iemand wat hoereer" - hetsy letterlik of figuurlik bedoel.
_________________________________________________________________

Die Skrif verklaar dat geen HOEREERDERS die koninkryk van God sal beerwe nie (1 Kor. 6:10): Volgens Openb. 21:8 sal hoereerders in die poel van vuur opeindig..; al sou iemand ook bely dat hy glo...- maar 'n hoereerder kan nie verwag om die opwekking tot ewige lewe te verkry nie, liewer sal hy die tweede dood oes (in die poel van vuur gegooi word) as hy hom nie bekeer van sy sonde en die afle nie, want die werke van die vlees loop uit op nietigheid. En kyk gerus die vorige van bg. vers:- Openb. 21:7 - "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees". Dit is slegs die OORWINNAARS wat alles sal beërwe, nie die ONGEHOORSAMES nie.

Kyk ook Openb. 22:15 wat verklaar dat dit slegs die GEHOORSAMES is ("die wat sy gebooie doen") wat sal reg hê op die boom van die lewe en ingaan in die nuwe stad Jerusalem - die wat GEHOORSAAM is aan die Here Jesus Christus!  Maar wie is BUITE?  - (v. 15) "Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

'n Christen wat egter in hierdie sonde oortree maar sy sonde bely en hom bekeer daarvan, kan natuurlik vergifnis ontvang in Jesus Christus, maar wat van die Christen wat afvallig word in hierdie sonde en hom nie daarvan bekeer nie?  Hy sou bekend staan as 'n "hoereerder".  Sonde bring nie onmiddellik die dood voort nie, maar dit is eers wanneer dit tot volle ontwikkeling kom wat dit die dood voortbring  (Jak. 1:15).   Party dink dat omdat hulle alreeds kinders van die Here is en vergifnis van sondes ontvang het, dit geensins hulle saligheid kan beinvloed as hulle in sondes stap waarvan hulle hul nie bekeer nie, maar natuurlik is dit nie heeltemal korrek nie!  Christene wat hoereer en hulle nie daarvan bekeer nie, speel 'n gevaarlike speletjie en is besig met "sonde tot die dood" (m.a.w. :"besig met sonde wat die dood voortbring")(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html). Ons word wel nie gered deur werke nie omdat ons nie deur werke saligheid kan verkry nie, maar ons moet ook verstaan dat geloof sonder werke dood is! (m.a.w. waar iemand ONGEHOORSAAM is)(Rom. 3:31; Jak. 2:20,26), want die een wat saligheid ontvang deur geloof, dien nie meer homself nie (en dien nie meer die sonde nie), maar dien nou die Here! - en niemand kan twee here dien nie... Oorwinning deur geloof beteken juis dat die wat uit God gebore is, ook die is wat GEHOORSAAM is aan die Here!  Hy oorwin m.a.w. die sonde deur die geloof, maar as iemand weer die sonde begin dien, dan het hy nie geloof nie!  (Gehoorsaamheid is dus ook 'n bewys van wie kinders van die geloof is...).
------------------------------------------------
 Wanneer dit kom by die onderwerp van "sondes", moet ons verder ook onderskei tussen wetend en ontwetende sondes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html), 
en tussen daad en aanhoudende sondes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html)...  Elkeen wat kundig word oor sy sonde moet hom bekeer daarvan, want as hy hom nie daarvan bekeer nie, dan verkies hy om ongelowig te wees.  
_________________________________________________________________


Hoerery maak iemand ONREIN (Matt. 15:19,20), 
(en is iets wat "uit die hart kom"): 

(Mar 7:20)  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
(Mar 7:21)  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
(Mar 7:22)  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
(Mar 7:23)  Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
Onreinheid word nie gemeet aan hoe skoon of higienies iemand is nie, maar dit gaan oor wat in sy hart aangaan. Christene moet DAAGLIKS gedagtes en kennis wat teen God gewerp is, gevange neem, en hulle gedagtes plaas op die dinge daarbo.  Dan sal hulle nie die vlees gehoorsaam nie. Christene wat verkeerde gedagtes koester en/of eerder ag gee op valse leerstellings wat hulle sonde regverdig en hulle in die gehoor streel, sukkel om "die bose te oorwin".  

-In Gal. 5:19 word "hoerery" genoem as een van "die werke van die vlees";  m.a.w. so iemand laat hom nie deur die Gees lei nie! Die Christen wat egter deur die Gees wandel, volbring nie die begeerlikhede van die vlees nie (Gal. 5:16). 

- Hoerery veroorsaak bloedskuld (en bloedskuld ontheilig die land). In die Ou Testament was die wat hoereer vervloek, moes doodgemaak word (Deut. 22:21; Lev. 21:9...)(het bloedskuld) - om vergifnis te kry moes kinders van die Koninkryk hulle eie lewens betaal vir bloedskuld. In die Nuwe Testament is daar vergifnis in Christus Jesus ook vir hierdie soort sondes wat bloedskuld veroorsaak het (en Hy het met Sy eie bloed daarvoor betaal), maar NATUURLIK MET VOORWAARDES.  Iemand kan bv. nie vergifnis ontvang as hy hom nie tot die Here bekeer (om Hom gehoorsaam te wees) nie (dit is wanneer hy hom bekeer dat sy sondes afgewas kan word, en hy moet logies glo in die Een , nl. Jesus Christus, wie sy sondes kan vergewe).  Bekering tot die Here beteken dat so iemand kies om die Here te dien, nie die sonde nie (hy wil m.a.w. die Here gehoorsaam, nie sy eie vlees nie). Deur die afwassing van sonde deur die Christelike waterdoop is nie net 'n teken van hoe iemand skoongemaak word van alles waardeur hy onrein geword het nie, maar is ook 'n teken van die hoop op finale oorwinning oor die sonde wanneer Jesus Christus hom eendag opwek tot lewe met 'n verheerlikte liggaam.  Die Christelike doop verwys o.a. na hoe elke kind van God nou reeds groei in die Here en so daagliks oorwinning verkry oor die vlees, want hy het die sondige vlees afgesterwe en opgestaan in 'n nuwe lewe. http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
_________________________________________________________________________________

(Gen 2:24)  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.(Gen 2:25)  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
DIE MAN EN VROU WAT IN HUWELIK IS, IS SOOS EEN VLEES, EN HET (dus) MAG OOR MEKAAR SE LIGGAME.  Hulle word toegelaat om vleeslike gemeenskap te he, want hulle word soos een vlees gesien.  (1Kor. 7:1-4 - "Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie. Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou".  - m.a.w., SOOS EEN VLEES!
(Mat 19:4)  En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,(Mat 19:5)  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Nie alle vorme van "gemeenskap" word toegelaat nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html)  Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense WAT IETS DEEL (en verwys nie altyd na vleeslike gemeentskap nie) -  in baie skrifte verwys "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap" - dit wat die huwelikspaar met mekaar DEEL. Die mens word nie toegelaat om met diere vleeslike gemeentskap te he nie, en word ook nie toegelaat om met enige ander mens vleeslike gemeenskap te he nie.  Vleeslike gemeenskap is slegs wettiglik toelaatbaar IN DIE HUWELIK, of in die geval waar dit toegelaat word terwille van die bewaring van nageslag. 
Ander vorme van gemeenskap waarvoor die Christen versigtig moet wees, is:
-  waar daar geDEEL word in afgodsoffers (m.a.w. ook heidense praktyke) - want dit veroorsaak "gemeenskap met duiwels" (1 Kor. 10:19-20) - EN WORD TERLOOP GEESTELIK OOK GESIEN AS HOERERY!;
-   waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges (saam met hulle stap in ongeregtigheid) - dit veroorsaak "gemeenskap met die duisternis" (2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6); en "gemeenskap met sondes" (1 Tim. 5:22).  In Ef. 5 word die woorde "gemeenskap met duisternis ook gebruik in konteks met o.a. "hoerery"!;
-   gemeenskap met ongehoorsame broer of suster wat reeds tot insig gebring is, maar steeds ongehoorsaam is (en met rede om hom/haar skaam te maak)(m.a.w., gemeenskap word hier nie totaal belet nie, maar aangemoedig om te vermy sodat die broer of suster skaam word en so tot bekering aangemoedig word) - (2 Thess. 3:14)
-   gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring, of die wat bely dat Christus nie in die vlees gekom het nie - want gemeenskap met diesulkes veroorsaak "gemeenskap met hulle bose werke" (2 Joh. 1:11).   
________________________________________________________________________________

Volgens Openb. 21:7,8 is dit slegs "die wat oorwin" wat alles sal beerwe.  Die vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, HOEREERDERS, towenaars, afgodedienaars en leuenaars word nie gesien as "die wat oorwin" nie. Iemand wat in hierdie sondes stap sonder om hom te bekeer, kan nie bely dat hy 'n OORWINNAAR is nie. Die Bybel maak dit duidelik op verskillende plekke dat hoereerders definitief nie sal ingaan in die Here se koninkryk nie.  Inteendeel, Christene word selfs gevra om glad nie eens om te gaan met iemand wat as 'n broeder bekendstaan maar 'n hoereerder is nie (1 Kor. 5:9,10) - maar let daarop dat ongelowiges anders hanteer moet word... - hy verduidelik dit verder in v.11-13. Die rede vir hierdie onttrekking aan 'n ongehoorsame broeder, is ook nie bedoel om liefdeloos op te tree nie, maar vir die doel om die persoon skaam te maak sodat hy tot inkeer kan kom.  Natuurlik gaan ons ons nie altyd onttrek aan die ongehoorsame broeder nie, en moet ons ook geduld en liefde bewys en iemand kans gee om tot insig te kom, maar daar is 'n tyd wanneer die hardkoppige vermaning nodig het, of onttrekking nodig het om hom tot insig te dwing.

 Die persoon wat 'n Christen is is veronderstel om van beter te weet, en hy het homself ondergeskik gestel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees - in daardie sin word dit van Christene verwag om gehoorsaam te wees aan die Here, en dus verwag om diesulkes tereg te wys wat in aanhoudend opsetlike sonde stap en weier/nalaat om hulle daarvan te bekeer.  Natuurlik gaan ons nie die ongelowige teregwys nie maar eerder vir hom die evangelie deel sodat hy die besluit kan maak om die Here te dien (alhoewel, "sonde is sonde"!).  Dus moet ons 'n regverdige oordeel oordeel teenoor die wat "binne" is, maar die wat buite is, word deur God geoordeel...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html).  "Sonde is sonde" - om die ongelowige eerder die evangelie te gee as om hom te oordeel op sonde, beteken nie dat ons gaan lieg oor wat sonde is en wat nie!, want die persoon wat besluit om die Here te dien (wat tot bekering wil kom), moet ook bereid wees om sy lewe af te le vir die Here (hom ook bekeer van sonde).  Om die ongelowige tot insig te bring, beteken dus nie dat sonde nie op die naam genoem mag word nie, maar wat dit beteken is dat die ongelowige nie geoordeel moet word op sy sonde deur van hom te verwag hy moet regverdig wees soos die Christen nie, maar liewer die evangelie aan hom deel sodat hy hom bekeer tot die Here.  Dit is wat politiek vir die Christen so moeilik maak, want ongehoorsame Christene moet tereg gewys word (regverdige oordeel)(d.w.s. die een wat wetend is maar sondig);  maar daar kan nie van "ongehoorsame" ongelowiges dieselfde verwag word, nl. "om gehoorsaam te wees" voor hulle nie eers hulleself bekeer het tot die Here nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html), maar dit moet aan hom duidelik gemaak word dat, sou hy hom bekeer tot die Here, dit beteken dat hy die sonde neerle en die Here dien.  Die gelowige wat egter reeds tot bekering gekom het en bely dat hy glo, bely dus dat hy die Here dien, maar as hy nou weer die sonde begin dien, het hy die wet nodig sodat hy hom kan bekeer van sy sonde.  IN DAARDIE SIN GELD DIE WET VIR DIE ONGEHOORSAME "gelowige" (en is soos 'n teregwysing, of andersins om die persoon tot insig te bring) (1 Tim. 1:8-10: - "Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is").  Dit is nie betaam om te hoereer nie (Rom. 1:28); (Ef. 5:3 - "Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam").  Die Christen wat wetteloos in sulke sondes lewe het nodig om die wet te hoor - nodig om "geoordeel" te word (nie veroordeel nie);  alhoewel, so iemand wat weier om hom te bekeer, kan nie vergifnis kry nie en staan dus die gevaar om deur die Here eendag veroordeel te word.

(Kol 3:5 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, (Kol 3:6)  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom").

(Rom 1:18 - "want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk").
________________________________________________________________________________
Dit is wel so dat die Christen nie onder die wet is nie, want hy is nou gehoorsaam aan die Here, nie aan die wet nie, want niemand kan deur die wet saligheid verkry nie. MAAR die wet is nie tot niet nie!, want Jesus het vir ons kom leer hoe dit vervul word. Daar word steeds van die gelowige verwag om DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN! Daar word steeds GEHOORSAAMHEID verwag!  As 'n Christen nie glo of ag gee op Jesus se leringe en woorde nie, dan sal hy eendag geoordeel word daarvoor.  Ons word slegs gesien as die Here se familie as ons gehoorsaam is aan die Here Jesus Christus.  As Jesus Christus dan nou verklaar het dat hoerery iemand onrein maak, hoekom dink sommige Christene dat hulle hul nie hoef te steur aan Sy woorde nie?  En hoekom leer sekere Christelike leermeesters dat sondes soos hoerery jou nie onrein kan maak nie???  In wie (of in wie se woorde) glo hulle dan nou eintlik?

 Iemand kan nie bely dat hy Jesus Christus ken as Vriend, maar hy is nie gehoorsaam aan Hom nie!  (1Th 4:3 - "Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery"). Natuurlik het die Here 'n probleem daarmee wanneer Sy kinders hoereer! 
 Kyk ook die vb. in Openb. 2:18-29 -  hoe die Here Jesus 'n probleem gehad het met die gemeente van Thiatíre omdat hulle die vrou Isébel, die profetes, toegelaat het om lering te gee en sy die Here se diensknegte geleer het om te hoereer en afgodsoffers te eet. En natuurlik is sy gestraf omdat sy haar nie wou bekeer nie (Openb. 2:21-23). Christene wat dink dat daar geen bekering van hulle verwag word wanneer hulle in hierdie sondes stap nie, kan nie verwag dat hulle nie gestraf gaan word daarvoor nie!
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.


1Co 6:12 - "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
(1Co 6:13)  Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
(1Co 6:14)  En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.
(1Co 6:15)  Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!
(1Co 6:16)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
(1Co 6:17)  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
(1Co 6:18)  Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
(1Co 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
(1Co 6:20)  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toe daar in die eerste gemeentes 'n besluit geneem moes word t.o.v. die heidene wat tot bekering gekom het, oor of hulle besny moet word en onder die wet van Moses geplaas moet word, was HOERERY as so erg bestempeld dat dit een van die 4 dinge was wat geneem is uit die wet van Moses, van dinge wat soos wette vir hulle neergele is (en was/is terloops "sonde", en soos ons weet kan sonde nooit in 'n vervulde wet verander asof dit nou ewe skielik nie meer as sonde gesien word nie!): 

(Hand. 15:20)...  "maar aan hulle skrywe dat hulle hul  moet onthou
(1) van die dinge wat deur die afgode besoedel is 
(2) en van hoerery en 
(3) van wat verwurg is  
(4) en van bloed". (kyk ook Hand. 15:29 en 21:25).
Dit is duidelik dat die sonde van hoerery sterk aangespreek was in die eerste gemeentes.  Christene is nie veronderstel om te hoereer nie.

- (1Kor. 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Kor. 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit. - Paulus se raad aan hulle was om hierdie persoon wat hom nie bekeer nie, te vermy sodat hy tot insig kan kom (dit is nie 'n manier om hom te veroordeel of liefdeloos op te tree nie, maar in hierdie geval, om hom te oordeel - die bedoeling is nie onbarmhartigheid nie, maar eerder dat hulle juis barmhartig is wanneer hulle hom vermy sodat hy kon skaam kry en dit hom beweeg om tot inkeer te kom ...). Solank hulle hom hanteer het asof dit niks is nie, was hulle eintlik besig om hom in sy kwaad te sterk wat terloops baie onbarmhartig sou wees!  Ons dink somtyds dat "liefde" beteken dat ons iemand se sonde moet bedek en ignoreer asof dit nie bestaan nie, maar die konteks waarin ons beveel word om sondes te bedek, is waar dit deur die ongehoorsame BELY is, en laat staan! - dan mag dit nie aan die wereld vertel word nie, want dit is vergewe! (Rom. 4:7; Jak. 5:15,16)  Om iemand in sy kwaad te sterk IS NIE WARE LIEFDE NIE!!!;  inteendeel, sulke optrede kan veroorsaak dat daardie gelowige nie eendag ingaan in die koninkryk ingaan nie - en hoe sal jy dan voor die Here staan en maak asof jy vir hom omgegee het toe jy hom in sy kwaad gesterk het?

Paulus het van hulle verwag om te "oordeel die wat binne is" (maar natuurlik 'n regverdige oordeel!) met die doel om die ongehoorsame gelowige tot insig te roep...
-(Jak. 5:19)  Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
-(Jak. 5:20)  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

_________________________________________________________________________________
Christen mans word in die Nuwe Testament  beveel om liewer elk sy eie vrou te he - want l.w. die rede wat Paulus gee, dat dit is a.g.v die hoerery!  Rig. 19 is so 'n vb. van hoe die toelating van meer as een vrou kon lei tot hoerery...  Ook om hierdie selfde rede word daar geskryf aan die gemeente van Thessalonisense dat hulle hul moet onthou van hoerery en daarom elke man liewer "sy eie vrou moet verkry" (1 Thess. 4:3-5). 



_________________________________________________________________________________
OM IN DIE HUWELIK TE WEES MAAR TE HOEREER, IS BAIE ONBARMHARTIG teenoor 'n huweliksmaat.  Alhoewel getroudes belet word om te skei, laat die Here dit tog toe in geval van waar een van hulle hoereer het (dit beteken natuurlik nie dat die huweliksverbond dan verbreek is nie, maar slegs dat hulle van mekaar mag skei...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou.html).


(Heb 13:4)  Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders "prostitute, fornicator, whormonger") en egbrekers ("adulterer") oordeel

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

_________________________________________________________________________________
DIE TEMA VAN "HOERERY" WORD OOK HEELWAT GEBRUIK IN BEELDSPRAAK IN DIE SKRIF, BV. DAT DIE VOLK AANGEKLA WORD VAN HOERERY EN OWERSPEL WANNEER HULLE AGTER ANDER GODE AANGELOOP HET:

- (Jer 3:9)  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
- (Jer 13:27)  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
- (Eze 16:26)  Jy het ook gehoereer met die kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.
- Eseg. 16:28-38; 23:8,17,27,43;  43:7,9;  Hos. 2:2,4; 4:11-13; 5:4; 6:10.....ENS.
- Eks. 34:15,16; Lev. 17:7; 20:5...........ENS.
_________________________________________________________________________________
Enige vorm van ONWETTIGE LUS word gesien as "HOERERY" (en was sondes wat bloedskuld veroorsaak het!) - ook in geval van waar iemand egbreuk pleeg, of rondslaap (soos 'n "hoer"), of waar mans of vrouens in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand, manne met manne, of vroue met vroue:

- (Lev 18:22)  Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
- (Lev 20:13)  En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
DIE REDE WAAROM GELOWIGES WAT HIERDIE SONDES GEPLEEG HET DOODGEMAAK WAS in die O.T., WAS OMDAT SEKERE SONDES, (SOOS in hierdie geval "DIE WAT DEELNEEM AAN  sondes van WELLUS" -hoereer), BLOEDSKULD VEROORSAAK HET (bekend as "sondes wat die dood verdien"). Heelwat ander sondes het ook bloedskuld veroorsaak, bv. "die wat hulle vader en moeder verag het", of "die wat 'n blinde op 'n dwaalweg lei", of "bloedskande", of "die wat onskuldige bloed vergiet" het ens..  In bg. geval was die sonde wat bloedskuld veroorsaak, homoseksualisme (die wat hierdie skandelike hartstogte bevredig bv. die man wat by 'n ander man le of 'n vrou wat by 'n vrou le... -Rom. 1:26).  Let wel dat dieselfde sondes wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T. steeds bloedskuld veroorsaak in die Nuwe Testament! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html) .

Daar was geen offer in die O.T. wat vir hierdie sondes kon betaal nie.  En siende ons weet dat vergifnis slegs plaasvind deur bloedvergieting, en die bloed van stiere en bokke nie genoeg was om vir hierdie sondes te betaal nie, moes die kinders vd volk van God wat hierdie sondes pleeg, MET HULLE EIE BLOED betaal. In die Nuwe Testament was Christus Jesus se offer egter volkome en deur Sy bloed kan die wat in Hom glo se sondes gereinig word - selfs sondes wat die dood verdien! - m.a.w., Christus Jesus het in ons plek betaal met Sy eie bloed (vir sondes wat ons eintlik met ons eie bloed moes betaal).(Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—").  Maar natuurlik is hierdie vergifnis bedoel vir die wat hulle bekeer en glo.

'n Christen man wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man (of vrou met vrou) is besig om in ongeregtigheid te stap en besig om hulleself te besoedel deurdat hulle teen hulle eie liggame sondig (wat veronderstel is om 'n tempel te wees van die Heilige Gees). Enige vorm van hoerery is verkeerd...  En as iemand dan skuldig word aan die bloed van Christus, is daar tog geen ander offer nie!
_________________________________________________________________________________

Die verband tussen hoerery en verkragting:

(Gen 19:5 - "En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken").  IN HIERDIE GEDEELTE IS DIE KWESSIE "VERKRAGTING" (iets wat gesien was as 'n skanddaad - Rig. 19:24 - "morally wickedness, crime") - DIE HERE HET NIE TOEGELAAT DAT VERKRAGTING GEDULD WORD NIE,  EN 'N VERKRAGTER HET DIE DOODSTRAF VERDIEN.

'n Interessante punt uit bg. insident is die feit dat hierdie manne die"manne" (wat ingegaan het in Lot se huis) wou "beken"! - 'n Woord wat baiemaal gebruik word in die skrif vir "vleeslike gemeenskap", is die woord "beken" - dieselfde woord wat hier gebruik is en ook gebruik word in Gen. 4:1; 4:17; 19:5 ens. Dus, hierdie MANNE wou vleeslike gemeenskap he met "manne", m.a.w dit verwys hier na homoseksualisme.
_________________________________________________________________________________
In die nuwe verbond is ons nie meer verbind aan die wet nie, maar ons dien Jesus Christus (Rom. 7:6; 6:14,15...)(ons is nie onder die wet nie, maar onder die genade) - dit beteken nie dat die wet tot niet is nie (want inteendeel het wette 'n sterker betekenis gekry in die N.T.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html), maar in hierdie opsig is die wet VERVUL!  -want die wet was nie volkome nie:  

1.  want alhoewel die wil van die Vader bekend gemaak is deur die wet, het almal dit nie volkome verstaan nie (Luk. 10:25-37; Mark. 10:17-23) - hulle het dus nie die waarheid volkome geken of verstaan nie en sekere kennis was ook nog verborge onder die ou bedeling (Matt. 13:35);
2.  en alhoewel die wet hoop gegee het vir die wat onder die wet is, kon niemand staatmaak op die wet nie omdat niemand dit kon onderhou nie en het dus onder die vloek van die wet geval (Gal. 3:10,13);
3.  en alhoewel die offerdiens van die wet reiniging kon teweeg bring, kon dit ons nie van alle sonde reinig nie en moes dit terloops oor en oor gebring word (Hebr. 9:25; 10:10 ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html);  en kon ook nie die gewete volkome reinig nie (Hebr. 9:9-16).
_________________________________________________________________________________
(Gal 6:4)  Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; ..............................(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.(Gal 6:8)  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maaimaar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (3)(egskeiding)


Hierdie pos is op die oomblik besig om hersien te word... - is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE ONDERWERP "SKEI" / "EGSKEIDING".

Vir die ander poste in die reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Wat beteken die woord "skei".
- Besprekingspunte rondom die woord egskeiding.
- Wanneer word skeiding toegelaat?
- Algemene reels rondom egskeiding.
-------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Die Here haat egskeiding (Mal. 2:16), maar dat daar gevalle is waar egskeiding toegelaat word, is verseker.  Daar is een voorbeeld in die Skrif waar Jesus 'n uitsondering gee vir egskeiding (nl. hoerery/Matt. 5:32), en een ander voorbeeld wat deur Paulus gegee word in 1 Kor. 7 (waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, en die ongelowige wil skei/1 Kor. 7:15,16). Dit is basies die twee voorbeelde wat vir ons gegee word in die N.T. in die Bybel... (alhoewel daar ander voorbeelde is in die O.T., bv. hardheid van hart, maar Jesus het dit duidelik gemaak dat dit nie werklik rede is vir egskeiding nie, maar bloot toegelaat was in sekere omstandighede/Matt. 19:7.8). 

Christelike kerke is vandag ook oor die algemeen eens dat (1) hoerery en (2) wegstoting deur 'n ongelowige huweliksmaat, gronde is vir egskeiding. Daar is kerkleiers wat ook van mening is dat die weerhouiing van vleeslike gemeenskap gronde kan wees vir moontlike egskeiding... (Eks. 21:10,11; 1 Kor. 7:4). Maar wat presies beteken die woord egskeiding?  Dit is iets wat ons in hierdie pos o.a. probeer uitklaar, want sommige beweer dat 'n skeibrief iets anders beteken as egskeiding, en dat egskeiding nie die verbond verbreek nie maar 'n skeibrief doen (?). As dit inderdaad die geval is, dan is daar baie hertroude geskeides (wat 'n skeibrief het) wat onnodig skuldig voel oor die feit dat hulle weer getrou het;  maar as hierdie bewering verkeerd is, dan is daar baie hertroude geskeides wat in egbreuk stap! Dit is belangrik dat ons weet wat presies die Skrif oor hierdie onderwerp leer, en veral wat Jesus Christus daaroor geleer het. In die eerste kerke is geleer dat " die vrou nie van die man moet skei nie, maar as sy tog skei sy ongetroud moet bly, of haar met haar man versoen... " (1 Kor. 7:10,11) - was hierdie slegs in 'n spesifieke konteks?, of is dit wat egskeding eintlik beteken (selfs met 'n skeibrief)?  Verseker word dit wat hier geleer is in 1 Kor. 7 nie eintlik in veel kerke vandag gepreek nie; inteendeel, mense is oor die algemeen van mening dat geskeides soos ongetroudes is wat kan hertrou. Die tema van "hertrou" word in 'n volgende pos in hierdie reeks in meer diepte behandel, maar in hierdie pos kyk ons na die onderwerp van egskeiding (wat dit beteken, uitsonderings, ens.).

Ons mag vra hoekom dit nou eintlik so belangrik is om uitklaring te kry oor hierdie onderwerp, en die antwoord is baie eenvoudig:  Geen hoereerder of egbreker sal sal die koninkryk van God beërwe nie.(1 Kor. 6:10).  Jesus het geleer dat geskeides wat hertrou, egbreuk pleeg... ('n sonde wat hulle onrein maak)(Mar 10:11,12 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk"- dit is dus belangrik om uit te klaar wat presies die Here van geskeides verwag.  Daar is altyd gevolge as ons buite die wil van die Here beweeg.  Somtyds is die gevolge bloot natuurlik, somtyds is dit meer ernstig (daar is bv. 'n verskil tussen wanneer jy 'n "ja" breek of wanneer jy 'n eed breek, en des te meer hoekom ons hoegenaamd nie moet sweer nie). Die Here neem ede ernstig op, en so moet ons! Bv., alhoewel egskeiding somtyds toegelaat word en nie noodwendig die huweliksverbond breek nie, is dit 'n verbreking van eed as die persoon wat geskei is hoereer of egbreuk pleeg.

Die feit dat egskeiding somtyds toegelaat is beteken nie dat dit die Here se wil was van die begin nie... (Mark. 10:4-9 - "En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe, maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie").  In 'n spesifieke geval laat Hy dit toe... (nl. hoerery/Matt. 19:9; Deut. 24:1).  In hierdie studie gaan ons kyk na moontlike uitsonderings (vir egskeiding), nie noodwendig dat al hierdie voorbeelde die Here se goedkeuring wegdra nie, maar eerder voorbeelde waar die Christelike kerk somtyds egskeiding toelaat. Noodwendig, as egskeiding toegelaat word in 'n sekere geval, kan so iemand nie gestraf word nie (of kan hy steeds?). VIR MEESTE IS DAAR VELE ONBEANTWOORDE VRAE RONDOM DIE TEMA VAN EGSKEIDING, en miskien 'n goeie ding!, want daar moet nie eers gedink word aan egskeiding nie! (ahoewel ter wille van barmhartigheid dit somtyds die laaste uitweg is). Geen kerk het die reg om iets reg te maak wat die Here as verkeerd beskou nie, maar die kerk het die reg om te bind en ontbind waar nie uitsluitsel gegee is nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die betekenis van die woorde SKEI, EGSKEIDING, EN SKEIBRIEF:

(1) Betekenis vd woord "skei":
Waar die woord "skei" in die AOV gebruik word, is dit vertaal van somtyds die Gr. woord "kho-rid-zo" (wat beteken om ruimte te plaas tussen twee mense en een van hulle trek weg - hulle gaan uitmekaar);  en somtyds die Gr. woord "apol-oo-o" (wat verwys na volkome vrylaat en laat losgaan, bv. in die gevalle van doodgaan, verskoon of skei - dit hang af van die konteks / =vertrek, laat gaan, skei, vergewe, sit weg, loslaat, vrylaat).  Dit beteken nie noodwendig dat die huweliksverbond verbreek is nie (en dit is veral die punt waarom kerke verskil).    Kom ons kyk eers na 1 Kor. 7.  In konteks praat Paulus hier van wanneer mense mag skei, en wanneer nie... V. 10 begin met die vrouens...;  l.w. dat in die geval in egskeiding, dit gewoonlik die man was wat geskei het, nie die vrou nie (want in 'n huwelik is "die vrou was aan die man verbind" - natuurlik behoort hulle ook aan mekaar, maar die man is die priester van die huis): 
(1Kor. 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei (Gr. woord "kho-rid'-zo", wat verwys na ruimte tussen twee plaas, om weg te gaan = trek weg, verdeel van, uitmekaar gaan) nie;
(1Kor. 7:11)  en as sy tog van hom skei ("kho-rid'-zo"), moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

In v.12 tot 16 word daar gepraat met gelowiges wat met ongelowiges getroud is (en interessant, hier sien ons hoe Paulus sy opinie gee terwyl dit nie noodwendig iets is wat die Here hom beveel het om te se nie - die kerk moet somtyds bind en ontbind waar daar nie heeltemal uitsluitsel gegee is in spesifieke situasies nie):
(1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot (Gr. woord "af-ee'-ay-mee", wat verwys na om weg te stuur = afhangende van konteks, kan dit verwys na vergewe, huil of kry swaar, verlaat, laat eenkant, stuur of plaas weg, ens.nie
(1Kor. 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Kor. 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Kor. 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Kor. 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

Kom ons kyk na nog 'n paar ander skrifte waar die woord SKEI voorkom, om te sien hoe dit in konteks gebruik is:
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei (Gr. woord "ap-ol-oo'-o", wat verwys na volkome vrylaat en laat losgaan, bv. in die gevalle van doodgaan, verskoon of skei - dit hang af van die konteks / =vertrek, laat gaan, skei, vergewe, sit weg, loslaat, vrylaat) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

(Mat 1:19)  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei ("ap-ol-oo'-o").

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

(Mat 19:3)  Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei ("ap-ol-oo'-o")?
........(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei ("kho-rid'-zo") nie.
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief (Gr. woord "ap-os-tas'-ee-on". wat verwys na skeiding = ('n brief) van egskeiding) te gee en van haar te skei ("ap-ol-oo'-o")?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei ("ap-ol-oo'-o"); maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

WAT ONS UIT BG. SKRIFTE LEER IS DAT DIE WOORD SKEI BETEKEN DAT 'N HUWELIKSPAAR HULLE VAN MEKAAR GEHEEL EN AL ONTTREK, (langtermyn) - EEN WORD LOSGELAAT / WEGGESTUUR / GAAN WEG (dit beteken NIE dat die verbond tussen hulle verbreek is en hulle bv. weer mag trou nie... - die verbond is slegs verbreek wanneer een van hulle sterwe/Rom. 7:2,3).

(2) Betekenis vd woord "Egskeiding":
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding (Hebr. woord "shaw-lakh'", want verwys na wegstuur = verlaat, stoot weg, stuur voort, ens.), sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie. Dieselfde woord word verkry in Gen 21:14, toe is Abraham vir Hagar weggestuur het..., en ditto woord word in Lev. 16:21 gebruik van die sondofferbok wat gewoonlik uitgestuur was in die woestyn (kyk ook Ef. 4:25 en 1 Pet. 3:21). Wat dus met "egskeiding" bedoel word in Mal. 2:16, is dat die een huweliksparty weggestuur of weggestoot word - dit is in wese wat bedoel word met "skei". Is die skeibrief regtig nodig? - wel, in die volgende paragraaf sal ons sien dat die skeibrief  slegs 'n dokument wat die skeiding op skrif stel (dit beteken nie meer as dit, bv. dat die persoon vry is van die huweliksverbond nie).  

(3) Betekenis vd woord "Skeibrief":
Kom ons kyk eers na wat die woord "skeibrief" in die Gr. en Hebr. is, en kyk ons na die konteks van die betrokke skrifte:
Deu_24:1  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skei("Hebr. woord "say'-fer", wat verwys na 'n geskrewe dokument = 'n brief, register, boekrol)brief ("ker-ee-thooth'" - wat verwys na afsnyding = skei/egskeiding) skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
Deu_24:3  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
Isa_50:1  So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
Jer_3:8  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.
Mat_5:31  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief (Gr. woord "ap-os-tas'-ee-on", wat verwys na egskeiding = om die egskeiding in skrif te plaas) gee.
Mat_19:7  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skei(Gr. woord "bib-lee'-on", wat verwys na 'n rol = dokument, boekrol, in skrif gestel)brief ("ap-os-tas'-ee-on") te gee en van haar te skei?
Mrk_10:4  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skei("bib-lee'-on")brief ("ap-os-tas'-ee-on") te skrywe en van haar te skei.

Dit is basies net 'n dokument wat die egskeiding in skrif plaas, maar sommige beweer dat in sekere skrifte, waar een party weggestuur word, dit bedoel dat die persoon nie hierdie dokument gekry het nie, en dus die rede waarom hy/sy nog onder verbond is.  M.a.w., wat diesulkes meen, is dat wanneer iemand 'n "skeibrief" spesifiek (ook) kry, hy/sy dan nie meer onder die verbond van daardie huwelik is nie.  DIT IS EGTER NIE WAT DIE SKRIF LEER NIE!, WANT LEES ONS BV. BG. VERSE IN KONTEKS, IS DIT DUIDELIK DAT DIE SKEIBRIEF BLOOT 'N BEWYS IS VAN DIE LANGTERMYN SKEIDING (want soos wegstoting of verstoting gesien moet word). OM VAN MEKAAR TE ONTTREK" IS EGTER IETS ANDERS, EN TERLOOPS KORTTERMYN! (nie soos wanneer 'n skeibrief gegee word nie) - ONTTREKKING VAN MEKAAR VIR 'N TYD IS NIE DIESELFDE AS EGSKEIDING NIE;  NIE OMDAT DIE VERBOND IN EEN GEVAL GEBREEK IS EN IN DIE ANDER NIE, NEE, MAAR OMDAT DIT BLOOT VERWYS NA OF DIT KORTTERMYN OF LANGTERMYN IS. 

Bv., kom ons lees die Deut. skrif in konteks...:  (Deut. 24:1-4 - "As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). As die skeibrief (wat sy ontvang het toe sy weggestuur is) beteken dat sy vry is om weer te trou (soos sommige beweer), hoekom het sy dan onrein geword toe sy hertrou? (l.w. dat daar 2 verskillende gevalle genoem word, waarvan een is dat sy 'n weduwee is - weduwees mag weer trou!, so hoekom word sy gesien as 'n onreine?).  Hierdie is 'n bewys dat 'n skeibrief nie die huweliksverbond verbreek nie...  'n Skeibrief is bloot 'n geskrewe dokument wat bewys dat hulle skei (nl. vir langtermyn!, maar dit breek nie die huweliksverbond nie) - dit is waarom Jesus geleer het dat die man wat skei en hertrou (behalwe in geval van hoerery), egbreuk pleeg (WANT DIE SKEIBRIEF BREEK NIE DIE EG NIE, maar is bloot 'n bewys van die egskeiding).(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.        -Egbreuk kan slegs gebeur waar daar nog 'n "eg" is! As die persoon wat dan nou die geskeide trou egbreuk pleeg, dan beteken dit dat die geskeide eintlik nog "in eg" is...  Dit is duidelik dat egskeiding nie die eg verbreek nie, want wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie!  (Matt. 19:4-6) . Rom. 7:2,3 leer dat 'n vrou aan haar man gebonde is solank hy lewe!

'n Ander voorbeeld is die van Matt. 19 (lees Matt. 19:3-12) - hierdie gedeelte word ook somtyds gebruik om aan te voer dat Jesus bloot hier verwys het na iemand wat onttrek, nie 'n skeibrief ontvang het nie, maar lees ons die gedeelte in konteks, word dit gou duidelik dat die dissipels Jesus se woorde verskillend verstaan het, bv. kyk die opmerking wat hulle maak...:   (Mat 19:10 - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie"). Hoekom sal hulle so 'n opmerking maak as dit so eenvoudig is om los te kom van die verbond deur bloot 'n skeibrief te skryf (soos sommige beweer)?  Nee, dit is duidelik dat hulle verstaan het wat Jesus bedoel - hulle het verstaan dat 'n skeibrief nie die huweliksbond breek nie, en dit is waarom hulle ontsteld was!
_________________________________________________________________________________
Besprekingpunte rondom egskeiding: 

Geen mens mag SKEI wat God saamgevoeg het nie... (Mark. 10:7-9 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie").  'n Huwelik waar twee mense een word, moet gesien word as iets wat deur God saamgevoeg is (hulle word EEN / Mark. 10:8). Die vraag is nou of alle huwelike gesien kan word as "deur God saamgevoeg"?  Hierdie is 'n ander belangrike punt wanneer dit kom by die tema van skei... Ten minste wat kinders van die Here aanbetref maak hulle 'n belofte voor die Here en dit is beslis dan 'n huwelik wat deur God saamgevoeg is, maar daar is huwelike wat "onwettig" (teen die Here se wet) plaasvind - noodwendig is daardie persone nie "deur die Here saamgevoeg nie" (om hierdie rede word dit in sommige kerke nie eens gesien as "skei" as twee sulke mense skei nie, want hulle was in die eerste plek in 'n onwettige huwelik, nl. in 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap (die feit dat die wereld hulle toegelaat het om te trou, beteken dus nie dat hulle in die Here se boeke "getroud" was nie). Die probleem is nou wanneer hierdie feit op verkeerde situasies toegepas word, en dit is dus belangrik dat elkeen se kerk 'n sê het hierin. ELKE SITUASIE IS ANDERS EN WORD ANDERS HANTEER (ons moet versigtig wees om te oordeel;  dit gesê, moet ons nie stilbly oor die waarheid omdat ons nie wil oordeel nie, daar moet gekyk word na wat toelaatbaar is in 'n situasie, en wat nie). Wat wel seker is van huwelike wat voor die Here gedoen is is dat geen mens daardie huwelik mag skei nie (want dit is deur God saamgevoeg);  in ander woorde, in daardie geval beteken 'n skeibrief wat deur mense opgestel is nie dat die persoon deur die Here ook geskei is nie!  

Die Skrif leer bv. dat 'n vrou aan die wet van haar man verbind is solank hy lewe... (Rom. 7:2)(al sou sy ook van hom skei, is sy nie heeltemal los nie, tensy hy doodgaan) - dit is sekerlik waarom geskeide Christen-vrouens in die eerste gemeentes beveel is om nie weer te trou nie en weer met hulle mans te probeer verenig (waar moontlik is), want die rede vir skei moet nooit wees om geheel te breek nie, bloot om self te beskerm of om die ander party die geleentheid te gee om reg te maak. Dit is ook waarom kerke gewoonlik gelowige geskeides toelaat om weer te trou (kyk ook die vb. in Esra 10), want hoe weet jy of jy die ongelowige kan red?  (1Kor. 7:10-16 - "En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie. Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie; en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie. Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Dat daar uitsonderings mag wees op "hertrou" vir geskeides, is beslis so (soos die uitsondering wat Jesus gee in Matt. 5:31,32 - "Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"), maar let ook daarop dat dit gerig was aan mans, nie vrouens nie... (want na regte is die "vrou aan die man verbind en behoort aan hom" - dit is egter 'n debateerbare punt, want duidelik behoort hulle altwee ook aan mekaar). 

Jesus het geleer dat geskeides wat weer trou, egbreuk pleeg! (vir 'n studie oor "egbreuk" en "owerspel", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html)  - hoe kan 'n "geskeide" egbreuk pleeg as hy nie meer in eg is nie? - duidelik is Jesus se siening van egskeiding anders as ons siening, of ten minste moet ons dit verstaan in konteks van "dit wat Hy saamgevoeg het" (Mark. 10:11,13 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk"). Waar egskeiding toegelaat word, is dit bedoel dat nie een van die twee hertrou nie, maar dat hulle liewer probeer verenig waar moontlik. Die gevalle van waar een hoereer, of waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei, is egter anders... - in sulke gevalle kan die onskuldige (of gelowige party in die ander geval) skei met die idee dat hulle weer kan trou (maar natuurlik is daar ook weer reels rondom hertrou in hulle geval). 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer word (eg)skeiding toegelaat?

Dit is nie goed vir paartjie om geskei/verwyder te wees van mekaar nie, en dit is sekerlik een van die redes waarom God egskeiding haat. "Onttrekking" wat korttermyn is, is liewer ideaal as hulle dan voel dat dit nodig is (en dan moet hulle ooreenstem), maar egskeiding is nie goed nie veral omdat hulle versoek kan word wanneer hulle van mekaar af weg is!  Die waarheid is dat geskeides eintlik nog onder verbond is en dus nie 'n ander verhouding (met iemand anders) kan begin nie. As hulle lank van mekaar af weg is, kan hulle versoek word, wat kan omsit in hoerery of egbreuk: 
(1Kor. 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Kor. 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Kor. 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

Wanneer word egskeiding/weggaan van mekaar langtermyn (maw, met skeibrief) toegelaat?  DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI", MAAR NOOIT MAG DIT IN STRYD WEES MET DIE HERE SE OPDRAGTE NIE.  Getroudes kan bv. nie net eevoudig besluit dat hulle nie meer van mekaar hou of dat dit nie uitwerk nie..., en dit gese verwys ons spesifiek hier na gelowiges wat voor die Here saamgevoeg is. Die Here neem ede baie ernstig op. Die kerk het wel die mag om te oordeel in spes. situasies, nl. om te oordeel wanneer dit vir 2 gelowiges geoorloof is om te skei... (bv. soos in gevalle waar Hy nie 'n spesifieke opdrag daaroor gegee het nie, net  soos Moses 'n skeibrief toegelaat het weens die verhardheid van hulle harte)(Matt. 19:8). In die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, het Paulus nie die gelowige toegelaat om te skei nie, behalwe waar die ongelowige wil skei (wat ook nie noodwendig die Here se opdrag was nie).  Die kerk word deur Jesus Christus, deur Sy Gees, gelei, maar natuurlik beteken dit ook dat ons Sy woorde wat Hy alreeds oor die onderwerp geleer het, ernstig moet opneem.  Nietemin, Jesus het vir Sy kerk die mag gegee om te "bind en ontbind", en vergewe of nie vergewe, maar dit mag nooit in stryd wees met Sy opdragte nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html). (Mat 9:13 - "Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....."). IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE;  inteendeel, barmhartigheid/liefde vervul daardie wet.

Die kerk kan bv. 'n paartjie toelaat om te skei a.g.v. familie geweld, of waar kinders gemolesteer word, hardheid van hart, of waar een van die twee hoereer, ens., maar het bv. nie die mag om 'n geskeide toe te laat om weer te trou nie (behalwe in die geval waar die Skrif dit toelaat, soos die geval waar een hoereer - nl. die enigste geval wat Jesus self spesifiek op die naam genoem het waarom 'n man en vrou mag skei en weer trou, is a.g.v. "hoerery"... (Matt. 19:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Algemene reels rondom egskeiding:

- Wat beteken egskeiding?  Soos bo gesien is die Skrif se definisie van egskeiding baie anders as die wereld s'n, en dit behels natuurlik huwelike wat deur die Here saamgevoeg is. Egskeiding beteken NIE dat jy weer mag trou nie (veral bedoel in die geval waar gelowige getroudes skei), behalwe wanneer die "huweliksmaat" sterwe (Rom. 7:2). Dit beteken dat 'n geskeide hom of haarself steeds moet sien asof getroud, behalwe dat hulle nie meer saamwoon nie... 'n Goeie vb. is die van Herodus... - dit was bv. verkeerd van Herodes om met sy broer se vrou getroud te wees (al was sy ook geskei van haar man!, want eintlik was sy dan nog verbind aan haar eerste man) - solank haar eerste man nog in die lewe was, mag sy nie hertrou nie (want dan pleeg sy egbreuk;  asook pleeg die een wat met 'n geskeide trou, egbreuk / Matt. 19:9). Vgl. dit gerus met Deut. 24:1-5; as 'n man van sy vrou skei en sy weer trou, maak dit haar onrein - hoekom?, want 'n Skeibrief verbreek nie die huweliksbond tussen 'n man en vrou nie (want, "wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" -Mark. 10:9). 

Daarom mag iemand ook nie 'n geskeide man of vrou trou nie  (Matt. 9:9; 5:32) - die persoon wat 'n geskeide trou, PLEEG EGBREUK (jy kan slegs egbreuk pleeg as die persoon nog in eg is!). So dit is duidelik dat die skeibrief nie die verbond tot niet maak nie...  

- Wanneer word egskeiding nie gesien as egskeiding nie? Egskeiding kan slegs plaasvind waar twee mense in eg is, wat verder veral verwys na "deur die Here saamgevoeg".  Twee ongelowiges (onreines) word bv. nie gesien as "deur die Here saamgevoeg" nie.  In ander woorde, wanneer twee mense getroud is maar nie voor die Here nie, val hulle nie onder die kinders vd Koninkryk se reels nie. In hierdie pos kyk ons spesifiek na GELOWIGE HUWELIKSPAARTJIES (hetsy beide gelowig, of een gelowig en een nie). Waar twee gelowiges egter in 'n huwelik tree wat 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap is (bv. 'n man met die vrou van sy pa), dan word "egskeiding" in daardie geval nie gesien soos egskeiding nie, want in die eerste plek was hulle "huwelik" nie regtig 'n huwelik nie!  Onwettige vorme van gemeenskap
kan nie in 'n huwelik gesien word as "deur die Here saamgevoeg" nie.  Ook in die geval waar 'n gelowige geskeide weer trou, pleeg hy/sy egbreuk (dit is ook nie 'n wettige verbintenis nie, en kan skaars gesien word as 'n huwelik, want die geskeide is nog in eg). 'n Goeie vb. is die van Herodias (Matt. 14:3,4 - "Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer. Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie")(Lev. 18:16; 20:21). Selfs al sou Herodias geskei wees en met Herodus trou, is so 'n huwelik verbode (dan pleeg hulle egbreuk, omdat sy as geskeide eintlik nog onder verbond is met Filippus). Kyk ook die vb in 1 Kor. 5:  (1 Kor. 5:1,2 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit"). Enige "paartjie" wat in 'n onwettige vorm van vleeslike gemeenskap is en getroud, is nie werklik getroud nie..., en egskeiding in so 'n geval kan skaars gesien word as egskeiding, want hulle is in die eerste plek nie deur die Here saamgevoeg nie

- Die huwelik moet in alle opsigte rein wees: (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Hoekom is egbreuk so 'n groot probleem? - is omdat hoereerders en egbrekers GEOORDEEL sal word.  Jy het reg gehoor..., en LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS AAN CHRISTENE! - ja, Christene wat hoereer en egbreuk pleeg sal geoordeel word! (tensy hulle die sonde bely en vergifnis kry, maar let op die woorde - "gaan en sondig nie meer nie"). Die skrif maak dit duidelik dat "GEEN HOEREERDER EN GEEN EGBREKER" SAL INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE... GESKEIDES WAT WEER TROU WORD GESIEN SOOS EGBREKERS... (Luk. 16:18);  in ander woorde, 'n geskeide moet hom haarself sien asof hulle steeds in die huwelik is, tog bly hulle nie bymekaar nie (sondes soos hoerery en egbreuk het te doen met sonde teen die eie liggaam..., asook sonde teen naaste...).  Gelowiges wat hulleself besig hou met "sonde tot die dood", het nie 'n hoop op die opstanding tot lewe nie (TENSY HULLE HUL DAARVAN BEKEER).   http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html .

- Is daar vergifnis vir die een wat egbreuk gepleeg het?  Natuurlik is daar vergifnis vir die wat hulle sonde bely! In Joh 8:3-11  het die skrifgeleerdes en die Fariseërs ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na gebring sodat sy gestenig kan word... Jesus het haar egter nie veroordeel nie, maar vergewel  MAAR LET OP SY WOORDE AAN HAAR: (Joh 8:10,11 - "En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie"). In 'n geval waar 'n maat hoereer het iemand die reg om van daardie maat te SKEI (Matt. 9:9), maar dit is natuurlik altyd die Here se wil dat ons ook vergewe soos Hy vergewe... (dit is nou as iemand berou het). (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"). Baie kerke interpreteer hierdie as 'n uitsonderlike geval waar 'n geskeide weer kan trou... Ons moet die vraag wanneer dit gesien word as "egbreuk"?; dus, as iemand egbreuk pleeg teen jou, dan kan jy skei en jy kan weer trou (?)(en dit geld sekerlik ook in die geval waar 'n geskeide weer trou... - dan kan die ander partner ook weer troue) - hierdie is baie kerke se siening hieroor.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------