Wys tans plasings met die etiket skeibrief. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket skeibrief. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (3)(egskeiding)


Hierdie pos is op die oomblik besig om hersien te word... - is deel van 'n reeks poste getiteld "trou, skei en hertrou". IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE ONDERWERP "SKEI" / "EGSKEIDING".

Vir die ander poste in die reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding.
- Wat beteken die woord "skei".
- Besprekingspunte rondom die woord egskeiding.
- Wanneer word skeiding toegelaat?
- Algemene reels rondom egskeiding.
-------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Die Here haat egskeiding (Mal. 2:16), maar dat daar gevalle is waar egskeiding toegelaat word, is verseker.  Daar is een voorbeeld in die Skrif waar Jesus 'n uitsondering gee vir egskeiding (nl. hoerery/Matt. 5:32), en een ander voorbeeld wat deur Paulus gegee word in 1 Kor. 7 (waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, en die ongelowige wil skei/1 Kor. 7:15,16). Dit is basies die twee voorbeelde wat vir ons gegee word in die N.T. in die Bybel... (alhoewel daar ander voorbeelde is in die O.T., bv. hardheid van hart, maar Jesus het dit duidelik gemaak dat dit nie werklik rede is vir egskeiding nie, maar bloot toegelaat was in sekere omstandighede/Matt. 19:7.8). 

Christelike kerke is vandag ook oor die algemeen eens dat (1) hoerery en (2) wegstoting deur 'n ongelowige huweliksmaat, gronde is vir egskeiding. Daar is kerkleiers wat ook van mening is dat die weerhouiing van vleeslike gemeenskap gronde kan wees vir moontlike egskeiding... (Eks. 21:10,11; 1 Kor. 7:4). Maar wat presies beteken die woord egskeiding?  Dit is iets wat ons in hierdie pos o.a. probeer uitklaar, want sommige beweer dat 'n skeibrief iets anders beteken as egskeiding, en dat egskeiding nie die verbond verbreek nie maar 'n skeibrief doen (?). As dit inderdaad die geval is, dan is daar baie hertroude geskeides (wat 'n skeibrief het) wat onnodig skuldig voel oor die feit dat hulle weer getrou het;  maar as hierdie bewering verkeerd is, dan is daar baie hertroude geskeides wat in egbreuk stap! Dit is belangrik dat ons weet wat presies die Skrif oor hierdie onderwerp leer, en veral wat Jesus Christus daaroor geleer het. In die eerste kerke is geleer dat " die vrou nie van die man moet skei nie, maar as sy tog skei sy ongetroud moet bly, of haar met haar man versoen... " (1 Kor. 7:10,11) - was hierdie slegs in 'n spesifieke konteks?, of is dit wat egskeding eintlik beteken (selfs met 'n skeibrief)?  Verseker word dit wat hier geleer is in 1 Kor. 7 nie eintlik in veel kerke vandag gepreek nie; inteendeel, mense is oor die algemeen van mening dat geskeides soos ongetroudes is wat kan hertrou. Die tema van "hertrou" word in 'n volgende pos in hierdie reeks in meer diepte behandel, maar in hierdie pos kyk ons na die onderwerp van egskeiding (wat dit beteken, uitsonderings, ens.).

Ons mag vra hoekom dit nou eintlik so belangrik is om uitklaring te kry oor hierdie onderwerp, en die antwoord is baie eenvoudig:  Geen hoereerder of egbreker sal sal die koninkryk van God beërwe nie.(1 Kor. 6:10).  Jesus het geleer dat geskeides wat hertrou, egbreuk pleeg... ('n sonde wat hulle onrein maak)(Mar 10:11,12 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk"- dit is dus belangrik om uit te klaar wat presies die Here van geskeides verwag.  Daar is altyd gevolge as ons buite die wil van die Here beweeg.  Somtyds is die gevolge bloot natuurlik, somtyds is dit meer ernstig (daar is bv. 'n verskil tussen wanneer jy 'n "ja" breek of wanneer jy 'n eed breek, en des te meer hoekom ons hoegenaamd nie moet sweer nie). Die Here neem ede ernstig op, en so moet ons! Bv., alhoewel egskeiding somtyds toegelaat word en nie noodwendig die huweliksverbond breek nie, is dit 'n verbreking van eed as die persoon wat geskei is hoereer of egbreuk pleeg.

Die feit dat egskeiding somtyds toegelaat is beteken nie dat dit die Here se wil was van die begin nie... (Mark. 10:4-9 - "En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe, maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie").  In 'n spesifieke geval laat Hy dit toe... (nl. hoerery/Matt. 19:9; Deut. 24:1).  In hierdie studie gaan ons kyk na moontlike uitsonderings (vir egskeiding), nie noodwendig dat al hierdie voorbeelde die Here se goedkeuring wegdra nie, maar eerder voorbeelde waar die Christelike kerk somtyds egskeiding toelaat. Noodwendig, as egskeiding toegelaat word in 'n sekere geval, kan so iemand nie gestraf word nie (of kan hy steeds?). VIR MEESTE IS DAAR VELE ONBEANTWOORDE VRAE RONDOM DIE TEMA VAN EGSKEIDING, en miskien 'n goeie ding!, want daar moet nie eers gedink word aan egskeiding nie! (ahoewel ter wille van barmhartigheid dit somtyds die laaste uitweg is). Geen kerk het die reg om iets reg te maak wat die Here as verkeerd beskou nie, maar die kerk het die reg om te bind en ontbind waar nie uitsluitsel gegee is nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die betekenis van die woorde SKEI, EGSKEIDING, EN SKEIBRIEF:

(1) Betekenis vd woord "skei":
Waar die woord "skei" in die AOV gebruik word, is dit vertaal van somtyds die Gr. woord "kho-rid-zo" (wat beteken om ruimte te plaas tussen twee mense en een van hulle trek weg - hulle gaan uitmekaar);  en somtyds die Gr. woord "apol-oo-o" (wat verwys na volkome vrylaat en laat losgaan, bv. in die gevalle van doodgaan, verskoon of skei - dit hang af van die konteks / =vertrek, laat gaan, skei, vergewe, sit weg, loslaat, vrylaat).  Dit beteken nie noodwendig dat die huweliksverbond verbreek is nie (en dit is veral die punt waarom kerke verskil).    Kom ons kyk eers na 1 Kor. 7.  In konteks praat Paulus hier van wanneer mense mag skei, en wanneer nie... V. 10 begin met die vrouens...;  l.w. dat in die geval in egskeiding, dit gewoonlik die man was wat geskei het, nie die vrou nie (want in 'n huwelik is "die vrou was aan die man verbind" - natuurlik behoort hulle ook aan mekaar, maar die man is die priester van die huis): 
(1Kor. 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei (Gr. woord "kho-rid'-zo", wat verwys na ruimte tussen twee plaas, om weg te gaan = trek weg, verdeel van, uitmekaar gaan) nie;
(1Kor. 7:11)  en as sy tog van hom skei ("kho-rid'-zo"), moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

In v.12 tot 16 word daar gepraat met gelowiges wat met ongelowiges getroud is (en interessant, hier sien ons hoe Paulus sy opinie gee terwyl dit nie noodwendig iets is wat die Here hom beveel het om te se nie - die kerk moet somtyds bind en ontbind waar daar nie heeltemal uitsluitsel gegee is in spesifieke situasies nie):
(1Kor. 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot (Gr. woord "af-ee'-ay-mee", wat verwys na om weg te stuur = afhangende van konteks, kan dit verwys na vergewe, huil of kry swaar, verlaat, laat eenkant, stuur of plaas weg, ens.nie
(1Kor. 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Kor. 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Kor. 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Kor. 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

Kom ons kyk na nog 'n paar ander skrifte waar die woord SKEI voorkom, om te sien hoe dit in konteks gebruik is:
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei (Gr. woord "ap-ol-oo'-o", wat verwys na volkome vrylaat en laat losgaan, bv. in die gevalle van doodgaan, verskoon of skei - dit hang af van die konteks / =vertrek, laat gaan, skei, vergewe, sit weg, loslaat, vrylaat) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

(Mat 1:19)  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei ("ap-ol-oo'-o").

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

(Mat 19:3)  Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei ("ap-ol-oo'-o")?
........(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei ("kho-rid'-zo") nie.
(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief (Gr. woord "ap-os-tas'-ee-on". wat verwys na skeiding = ('n brief) van egskeiding) te gee en van haar te skei ("ap-ol-oo'-o")?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei ("ap-ol-oo'-o"); maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei ("ap-ol-oo'-o"), behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

WAT ONS UIT BG. SKRIFTE LEER IS DAT DIE WOORD SKEI BETEKEN DAT 'N HUWELIKSPAAR HULLE VAN MEKAAR GEHEEL EN AL ONTTREK, (langtermyn) - EEN WORD LOSGELAAT / WEGGESTUUR / GAAN WEG (dit beteken NIE dat die verbond tussen hulle verbreek is en hulle bv. weer mag trou nie... - die verbond is slegs verbreek wanneer een van hulle sterwe/Rom. 7:2,3).

(2) Betekenis vd woord "Egskeiding":
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding (Hebr. woord "shaw-lakh'", want verwys na wegstuur = verlaat, stoot weg, stuur voort, ens.), sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie. Dieselfde woord word verkry in Gen 21:14, toe is Abraham vir Hagar weggestuur het..., en ditto woord word in Lev. 16:21 gebruik van die sondofferbok wat gewoonlik uitgestuur was in die woestyn (kyk ook Ef. 4:25 en 1 Pet. 3:21). Wat dus met "egskeiding" bedoel word in Mal. 2:16, is dat die een huweliksparty weggestuur of weggestoot word - dit is in wese wat bedoel word met "skei". Is die skeibrief regtig nodig? - wel, in die volgende paragraaf sal ons sien dat die skeibrief  slegs 'n dokument wat die skeiding op skrif stel (dit beteken nie meer as dit, bv. dat die persoon vry is van die huweliksverbond nie).  

(3) Betekenis vd woord "Skeibrief":
Kom ons kyk eers na wat die woord "skeibrief" in die Gr. en Hebr. is, en kyk ons na die konteks van die betrokke skrifte:
Deu_24:1  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skei("Hebr. woord "say'-fer", wat verwys na 'n geskrewe dokument = 'n brief, register, boekrol)brief ("ker-ee-thooth'" - wat verwys na afsnyding = skei/egskeiding) skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
Deu_24:3  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
Isa_50:1  So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
Jer_3:8  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.
Mat_5:31  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief (Gr. woord "ap-os-tas'-ee-on", wat verwys na egskeiding = om die egskeiding in skrif te plaas) gee.
Mat_19:7  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skei(Gr. woord "bib-lee'-on", wat verwys na 'n rol = dokument, boekrol, in skrif gestel)brief ("ap-os-tas'-ee-on") te gee en van haar te skei?
Mrk_10:4  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skei("bib-lee'-on")brief ("ap-os-tas'-ee-on") te skrywe en van haar te skei.

Dit is basies net 'n dokument wat die egskeiding in skrif plaas, maar sommige beweer dat in sekere skrifte, waar een party weggestuur word, dit bedoel dat die persoon nie hierdie dokument gekry het nie, en dus die rede waarom hy/sy nog onder verbond is.  M.a.w., wat diesulkes meen, is dat wanneer iemand 'n "skeibrief" spesifiek (ook) kry, hy/sy dan nie meer onder die verbond van daardie huwelik is nie.  DIT IS EGTER NIE WAT DIE SKRIF LEER NIE!, WANT LEES ONS BV. BG. VERSE IN KONTEKS, IS DIT DUIDELIK DAT DIE SKEIBRIEF BLOOT 'N BEWYS IS VAN DIE LANGTERMYN SKEIDING (want soos wegstoting of verstoting gesien moet word). OM VAN MEKAAR TE ONTTREK" IS EGTER IETS ANDERS, EN TERLOOPS KORTTERMYN! (nie soos wanneer 'n skeibrief gegee word nie) - ONTTREKKING VAN MEKAAR VIR 'N TYD IS NIE DIESELFDE AS EGSKEIDING NIE;  NIE OMDAT DIE VERBOND IN EEN GEVAL GEBREEK IS EN IN DIE ANDER NIE, NEE, MAAR OMDAT DIT BLOOT VERWYS NA OF DIT KORTTERMYN OF LANGTERMYN IS. 

Bv., kom ons lees die Deut. skrif in konteks...:  (Deut. 24:1-4 - "As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie"). As die skeibrief (wat sy ontvang het toe sy weggestuur is) beteken dat sy vry is om weer te trou (soos sommige beweer), hoekom het sy dan onrein geword toe sy hertrou? (l.w. dat daar 2 verskillende gevalle genoem word, waarvan een is dat sy 'n weduwee is - weduwees mag weer trou!, so hoekom word sy gesien as 'n onreine?).  Hierdie is 'n bewys dat 'n skeibrief nie die huweliksverbond verbreek nie...  'n Skeibrief is bloot 'n geskrewe dokument wat bewys dat hulle skei (nl. vir langtermyn!, maar dit breek nie die huweliksverbond nie) - dit is waarom Jesus geleer het dat die man wat skei en hertrou (behalwe in geval van hoerery), egbreuk pleeg (WANT DIE SKEIBRIEF BREEK NIE DIE EG NIE, maar is bloot 'n bewys van die egskeiding).(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.        -Egbreuk kan slegs gebeur waar daar nog 'n "eg" is! As die persoon wat dan nou die geskeide trou egbreuk pleeg, dan beteken dit dat die geskeide eintlik nog "in eg" is...  Dit is duidelik dat egskeiding nie die eg verbreek nie, want wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie!  (Matt. 19:4-6) . Rom. 7:2,3 leer dat 'n vrou aan haar man gebonde is solank hy lewe!

'n Ander voorbeeld is die van Matt. 19 (lees Matt. 19:3-12) - hierdie gedeelte word ook somtyds gebruik om aan te voer dat Jesus bloot hier verwys het na iemand wat onttrek, nie 'n skeibrief ontvang het nie, maar lees ons die gedeelte in konteks, word dit gou duidelik dat die dissipels Jesus se woorde verskillend verstaan het, bv. kyk die opmerking wat hulle maak...:   (Mat 19:10 - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie"). Hoekom sal hulle so 'n opmerking maak as dit so eenvoudig is om los te kom van die verbond deur bloot 'n skeibrief te skryf (soos sommige beweer)?  Nee, dit is duidelik dat hulle verstaan het wat Jesus bedoel - hulle het verstaan dat 'n skeibrief nie die huweliksbond breek nie, en dit is waarom hulle ontsteld was!
_________________________________________________________________________________
Besprekingpunte rondom egskeiding: 

Geen mens mag SKEI wat God saamgevoeg het nie... (Mark. 10:7-9 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie").  'n Huwelik waar twee mense een word, moet gesien word as iets wat deur God saamgevoeg is (hulle word EEN / Mark. 10:8). Die vraag is nou of alle huwelike gesien kan word as "deur God saamgevoeg"?  Hierdie is 'n ander belangrike punt wanneer dit kom by die tema van skei... Ten minste wat kinders van die Here aanbetref maak hulle 'n belofte voor die Here en dit is beslis dan 'n huwelik wat deur God saamgevoeg is, maar daar is huwelike wat "onwettig" (teen die Here se wet) plaasvind - noodwendig is daardie persone nie "deur die Here saamgevoeg nie" (om hierdie rede word dit in sommige kerke nie eens gesien as "skei" as twee sulke mense skei nie, want hulle was in die eerste plek in 'n onwettige huwelik, nl. in 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap (die feit dat die wereld hulle toegelaat het om te trou, beteken dus nie dat hulle in die Here se boeke "getroud" was nie). Die probleem is nou wanneer hierdie feit op verkeerde situasies toegepas word, en dit is dus belangrik dat elkeen se kerk 'n sê het hierin. ELKE SITUASIE IS ANDERS EN WORD ANDERS HANTEER (ons moet versigtig wees om te oordeel;  dit gesê, moet ons nie stilbly oor die waarheid omdat ons nie wil oordeel nie, daar moet gekyk word na wat toelaatbaar is in 'n situasie, en wat nie). Wat wel seker is van huwelike wat voor die Here gedoen is is dat geen mens daardie huwelik mag skei nie (want dit is deur God saamgevoeg);  in ander woorde, in daardie geval beteken 'n skeibrief wat deur mense opgestel is nie dat die persoon deur die Here ook geskei is nie!  

Die Skrif leer bv. dat 'n vrou aan die wet van haar man verbind is solank hy lewe... (Rom. 7:2)(al sou sy ook van hom skei, is sy nie heeltemal los nie, tensy hy doodgaan) - dit is sekerlik waarom geskeide Christen-vrouens in die eerste gemeentes beveel is om nie weer te trou nie en weer met hulle mans te probeer verenig (waar moontlik is), want die rede vir skei moet nooit wees om geheel te breek nie, bloot om self te beskerm of om die ander party die geleentheid te gee om reg te maak. Dit is ook waarom kerke gewoonlik gelowige geskeides toelaat om weer te trou (kyk ook die vb. in Esra 10), want hoe weet jy of jy die ongelowige kan red?  (1Kor. 7:10-16 - "En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie. Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie; en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie. Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?"). Dat daar uitsonderings mag wees op "hertrou" vir geskeides, is beslis so (soos die uitsondering wat Jesus gee in Matt. 5:31,32 - "Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"), maar let ook daarop dat dit gerig was aan mans, nie vrouens nie... (want na regte is die "vrou aan die man verbind en behoort aan hom" - dit is egter 'n debateerbare punt, want duidelik behoort hulle altwee ook aan mekaar). 

Jesus het geleer dat geskeides wat weer trou, egbreuk pleeg! (vir 'n studie oor "egbreuk" en "owerspel", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html)  - hoe kan 'n "geskeide" egbreuk pleeg as hy nie meer in eg is nie? - duidelik is Jesus se siening van egskeiding anders as ons siening, of ten minste moet ons dit verstaan in konteks van "dit wat Hy saamgevoeg het" (Mark. 10:11,13 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk"). Waar egskeiding toegelaat word, is dit bedoel dat nie een van die twee hertrou nie, maar dat hulle liewer probeer verenig waar moontlik. Die gevalle van waar een hoereer, of waar 'n ongelowige van 'n gelowige skei, is egter anders... - in sulke gevalle kan die onskuldige (of gelowige party in die ander geval) skei met die idee dat hulle weer kan trou (maar natuurlik is daar ook weer reels rondom hertrou in hulle geval). 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer word (eg)skeiding toegelaat?

Dit is nie goed vir paartjie om geskei/verwyder te wees van mekaar nie, en dit is sekerlik een van die redes waarom God egskeiding haat. "Onttrekking" wat korttermyn is, is liewer ideaal as hulle dan voel dat dit nodig is (en dan moet hulle ooreenstem), maar egskeiding is nie goed nie veral omdat hulle versoek kan word wanneer hulle van mekaar af weg is!  Die waarheid is dat geskeides eintlik nog onder verbond is en dus nie 'n ander verhouding (met iemand anders) kan begin nie. As hulle lank van mekaar af weg is, kan hulle versoek word, wat kan omsit in hoerery of egbreuk: 
(1Kor. 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Kor. 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Kor. 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

Wanneer word egskeiding/weggaan van mekaar langtermyn (maw, met skeibrief) toegelaat?  DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI", MAAR NOOIT MAG DIT IN STRYD WEES MET DIE HERE SE OPDRAGTE NIE.  Getroudes kan bv. nie net eevoudig besluit dat hulle nie meer van mekaar hou of dat dit nie uitwerk nie..., en dit gese verwys ons spesifiek hier na gelowiges wat voor die Here saamgevoeg is. Die Here neem ede baie ernstig op. Die kerk het wel die mag om te oordeel in spes. situasies, nl. om te oordeel wanneer dit vir 2 gelowiges geoorloof is om te skei... (bv. soos in gevalle waar Hy nie 'n spesifieke opdrag daaroor gegee het nie, net  soos Moses 'n skeibrief toegelaat het weens die verhardheid van hulle harte)(Matt. 19:8). In die geval waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, het Paulus nie die gelowige toegelaat om te skei nie, behalwe waar die ongelowige wil skei (wat ook nie noodwendig die Here se opdrag was nie).  Die kerk word deur Jesus Christus, deur Sy Gees, gelei, maar natuurlik beteken dit ook dat ons Sy woorde wat Hy alreeds oor die onderwerp geleer het, ernstig moet opneem.  Nietemin, Jesus het vir Sy kerk die mag gegee om te "bind en ontbind", en vergewe of nie vergewe, maar dit mag nooit in stryd wees met Sy opdragte nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html). (Mat 9:13 - "Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....."). IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE;  inteendeel, barmhartigheid/liefde vervul daardie wet.

Die kerk kan bv. 'n paartjie toelaat om te skei a.g.v. familie geweld, of waar kinders gemolesteer word, hardheid van hart, of waar een van die twee hoereer, ens., maar het bv. nie die mag om 'n geskeide toe te laat om weer te trou nie (behalwe in die geval waar die Skrif dit toelaat, soos die geval waar een hoereer - nl. die enigste geval wat Jesus self spesifiek op die naam genoem het waarom 'n man en vrou mag skei en weer trou, is a.g.v. "hoerery"... (Matt. 19:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Algemene reels rondom egskeiding:

- Wat beteken egskeiding?  Soos bo gesien is die Skrif se definisie van egskeiding baie anders as die wereld s'n, en dit behels natuurlik huwelike wat deur die Here saamgevoeg is. Egskeiding beteken NIE dat jy weer mag trou nie (veral bedoel in die geval waar gelowige getroudes skei), behalwe wanneer die "huweliksmaat" sterwe (Rom. 7:2). Dit beteken dat 'n geskeide hom of haarself steeds moet sien asof getroud, behalwe dat hulle nie meer saamwoon nie... 'n Goeie vb. is die van Herodus... - dit was bv. verkeerd van Herodes om met sy broer se vrou getroud te wees (al was sy ook geskei van haar man!, want eintlik was sy dan nog verbind aan haar eerste man) - solank haar eerste man nog in die lewe was, mag sy nie hertrou nie (want dan pleeg sy egbreuk;  asook pleeg die een wat met 'n geskeide trou, egbreuk / Matt. 19:9). Vgl. dit gerus met Deut. 24:1-5; as 'n man van sy vrou skei en sy weer trou, maak dit haar onrein - hoekom?, want 'n Skeibrief verbreek nie die huweliksbond tussen 'n man en vrou nie (want, "wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" -Mark. 10:9). 

Daarom mag iemand ook nie 'n geskeide man of vrou trou nie  (Matt. 9:9; 5:32) - die persoon wat 'n geskeide trou, PLEEG EGBREUK (jy kan slegs egbreuk pleeg as die persoon nog in eg is!). So dit is duidelik dat die skeibrief nie die verbond tot niet maak nie...  

- Wanneer word egskeiding nie gesien as egskeiding nie? Egskeiding kan slegs plaasvind waar twee mense in eg is, wat verder veral verwys na "deur die Here saamgevoeg".  Twee ongelowiges (onreines) word bv. nie gesien as "deur die Here saamgevoeg" nie.  In ander woorde, wanneer twee mense getroud is maar nie voor die Here nie, val hulle nie onder die kinders vd Koninkryk se reels nie. In hierdie pos kyk ons spesifiek na GELOWIGE HUWELIKSPAARTJIES (hetsy beide gelowig, of een gelowig en een nie). Waar twee gelowiges egter in 'n huwelik tree wat 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap is (bv. 'n man met die vrou van sy pa), dan word "egskeiding" in daardie geval nie gesien soos egskeiding nie, want in die eerste plek was hulle "huwelik" nie regtig 'n huwelik nie!  Onwettige vorme van gemeenskap
kan nie in 'n huwelik gesien word as "deur die Here saamgevoeg" nie.  Ook in die geval waar 'n gelowige geskeide weer trou, pleeg hy/sy egbreuk (dit is ook nie 'n wettige verbintenis nie, en kan skaars gesien word as 'n huwelik, want die geskeide is nog in eg). 'n Goeie vb. is die van Herodias (Matt. 14:3,4 - "Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer. Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie")(Lev. 18:16; 20:21). Selfs al sou Herodias geskei wees en met Herodus trou, is so 'n huwelik verbode (dan pleeg hulle egbreuk, omdat sy as geskeide eintlik nog onder verbond is met Filippus). Kyk ook die vb in 1 Kor. 5:  (1 Kor. 5:1,2 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit"). Enige "paartjie" wat in 'n onwettige vorm van vleeslike gemeenskap is en getroud, is nie werklik getroud nie..., en egskeiding in so 'n geval kan skaars gesien word as egskeiding, want hulle is in die eerste plek nie deur die Here saamgevoeg nie

- Die huwelik moet in alle opsigte rein wees: (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Hoekom is egbreuk so 'n groot probleem? - is omdat hoereerders en egbrekers GEOORDEEL sal word.  Jy het reg gehoor..., en LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS AAN CHRISTENE! - ja, Christene wat hoereer en egbreuk pleeg sal geoordeel word! (tensy hulle die sonde bely en vergifnis kry, maar let op die woorde - "gaan en sondig nie meer nie"). Die skrif maak dit duidelik dat "GEEN HOEREERDER EN GEEN EGBREKER" SAL INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE... GESKEIDES WAT WEER TROU WORD GESIEN SOOS EGBREKERS... (Luk. 16:18);  in ander woorde, 'n geskeide moet hom haarself sien asof hulle steeds in die huwelik is, tog bly hulle nie bymekaar nie (sondes soos hoerery en egbreuk het te doen met sonde teen die eie liggaam..., asook sonde teen naaste...).  Gelowiges wat hulleself besig hou met "sonde tot die dood", het nie 'n hoop op die opstanding tot lewe nie (TENSY HULLE HUL DAARVAN BEKEER).   http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html .

- Is daar vergifnis vir die een wat egbreuk gepleeg het?  Natuurlik is daar vergifnis vir die wat hulle sonde bely! In Joh 8:3-11  het die skrifgeleerdes en die Fariseërs ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na gebring sodat sy gestenig kan word... Jesus het haar egter nie veroordeel nie, maar vergewel  MAAR LET OP SY WOORDE AAN HAAR: (Joh 8:10,11 - "En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie"). In 'n geval waar 'n maat hoereer het iemand die reg om van daardie maat te SKEI (Matt. 9:9), maar dit is natuurlik altyd die Here se wil dat ons ook vergewe soos Hy vergewe... (dit is nou as iemand berou het). (Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk"). Baie kerke interpreteer hierdie as 'n uitsonderlike geval waar 'n geskeide weer kan trou... Ons moet die vraag wanneer dit gesien word as "egbreuk"?; dus, as iemand egbreuk pleeg teen jou, dan kan jy skei en jy kan weer trou (?)(en dit geld sekerlik ook in die geval waar 'n geskeide weer trou... - dan kan die ander partner ook weer troue) - hierdie is baie kerke se siening hieroor.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------