Wys tans plasings met die etiket owerspel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket owerspel. Wys alle plasings

Saterdag 06 Junie 2026

Egbreuk / owerspel

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "egbreuk" (en kyk o.a. in op waarna "owerspel" verwys).

Rol af vir die volgende opsommings:
- Inleiding
- Egbreek/egbreuk
- Owerspel
- Verdere verwysings en bespreking.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Gewoonlik word die woord egbreek/egbreuk as volg verduidelik, nl. dat egbreek  of egbreuk gesien word as vleeslike gemeenskap tussen twee mense wat nie met mekaar getroud is nie, beide gewillig, en een is reeds getroud met iemand anders... - dit is 'n goeie beskrywing, maar egter nie al waarna egbreuk verwys nie. In Matt. 19:9 verwys Jesus na iemand wat egbreuk pleeg as (1) iemand wat "skei en hertrou" (en tereg, want 'n skeibrief breek nie dit wat God saamgevoeg het nie) - in hierdie geval is dit 'n sonde gepleeg teen jou eie eg. Hy maak ook in dieselfde vers die stelling dat (2) elkeen wat met 'n geskeide vrou trou, egbreuk pleeg... (Matt. 5:32), en op 'n ander geleentheid waar Hy daarna verwys het was dit nie as 'n daad beskryf nie, maar 'n gedate! (slegte/vleeslike gedagte), nl. (3) waar iemand na 'n vrou (getroude) "kyk om haar te begeer"... (Matt. 5:27-30; 15:18,19);  egbreuk verwys m.a.w. nie net na die vleeslike daad nie, maar iemand kan ook egbreuk in sy hart pleeg (wat jou terloops ook onrein maak, nl. die gewete is dan onrein). "Egbreuk" word tipies beskryf as 'n SONDE, en die een wat hierdie sonde doen (hetsy dit na die daad of denke verwys), doen die sonde teen iemand wat in eg is - hetsy jou eie eg of iemand anders se eg. Egbreuk word somtyds beskryf as "die eg is gebreek", maar neem kennis dat dit 'n sonde is;  bv., wanneer iemand in sy hart egbreuk pleeg, beteken dit tog nou nie dat die persoon met wie hy egbreek gepleeg het, se eg gebreek is nie!

Hierdie is dus die dinge wat veral die SONDE VAN EGBREUK beskryf, nl.:
- (1) iemand wat skei en hertrou (daar word 'n uitsondering in die Skrif gemaak, nl. waar skei a.g.v. hoerery..., en die manier hoe dit gewoonlik verstaan word, is dat waar iemand van sy vrou skei omdat sy hoereer het nie, pleeg hy nie egbreuk wanneer hy weer trou nie  - hierdie is een van twee enigstes redes wat meeste kerke aanvoer wat hertrou regverdig in die geval van geskeides.  'n Vrou wat hoereer maak die huwelik onrein, alhoewel sy veronderstel is om vergifnis te kan kry as sy haar daarvan bekeer...);
- (2) elkeen wat met 'n geskeide vrou trou;
- (3) waar iemand na 'n vrou (getroude) "kyk om haar te begeer".
'n Egbreker word gesien as 'n ONREINE (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/01/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is_28.html). Hetsy dit as "egbreek" of "egbreuk" in die Afrikaans vertaal is, dieselfde woord word in die Grieks gebruik (en is die engelse woord "adultery") - kyk as vb. Matt. 5:27 en 28;  bv., in v. 27 word die woord "egbreek" gebruik, maar in v. 28 word die woord "egbreuk" gebruik, tog in die Grieks word dieselfde woord gebruik (G3431 - "commit adultery").  

Owerspel word tipies as volg beskryf, nl. 'n man wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man se vrou... - altwee betrokke in die daad "pleeg owerspel" (Lev. 20:10). Dit kan ook verwys na "geestelike hoerery (Jer. 3:9), nl. dat op dieselfde wyse wat 'n vrou wat aan 'n man behoort besig is om te hoereer/owerspel te pleeg wanneer sy haar begeerte op 'n ander plaas, net so is die wat aan die Here behoort en afgode aanbid, besig om geestelike te hoereer. "Owerspel" of hoerery beskryf die daad, terwyl egbreuk die sonde beskryf wat iemand van skuldig is a.g.v. die daad.
________________________________________________________________________________
EGBREEK / EGBREUK:

Die woord "egbreek" is die Hebr. woord "naw-af'", wat verwys na 'n vrou wat die huwelik breek deur te hoereer  (of die Gr. woord moy-khyoo'-o / Matt. 5:27,28). Jesus het geleer dat selfs wanneer 'n man kyk na 'n vrou om haar te begeer..., hy reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg het (Matt. 5:27-30 - "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.  En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie"). Slegte gedagtes soos egbreuk maak die mens ONREIN (Matt. 15:18,19; Mark. 7:21-23). Naasteliefde is belangrik as jy die gebod van God wil hou, en egbreek is nie naasteliefde nie! (Rom. 13:9).  "Ons mag nie egbreek pleeg nie" - in die N.T. is die wet van die Here ook belangrik, nl. ons is ook "onder 'n wet"! (nl. die wet van Jesus Christus en die Heilige Gees), en dit word van gelowiges verwag "om nie die wet te breek nie" (Jak. 2:11). Christene moenie hulle vryheid gebruik "om te sondig" nie. Egbreek is 'n ernstige sonde wat tot nietigheid lei;  en dus, daar word van Christene verwag om nie aan te hou sondig nie... (Joh. 8:11).  Die wat hulle nie bekeer nie, moet egter nie verwag dat hulle die tweede dood gaan vryspring nie (Ef. 5:5,6  - "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid").

Kom ons bestudeer 'n paar skrifte oor die onderwerp "egbreuk" (/owerspel):
- (Lev 18:20)  En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie  - as 'n man vleeslike gemeenskap het met iemand anders se vrou, dan word hy daardeur ONREIN.

(Jak. 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  - egbrekers word hier vgl. met die wat die wêreld kies bo God (kyk gerus ook hoe die wat afgode aanbid, geestelik gesien word as hoereerders...).

(Spr. 6:32)  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; - die pad van owerspel is 'n PAD VAN SELF-VERWOESTING.

(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; - owerspel en hoerery is WERKE VAN DIE VLEES (die wat stap in die werke vd vlees sonder om hulle daarvan te bekeer, is besig met "sonde tot die dood").

- Kom ons kyk ook na 'n vb. in Deut. 22:20,21(waar 'n dogter nie maagedelik rein was met haar huwelik nie, en die man dit agterkom nadat hulle getroud is = ONREIN):
-(Deu 22:20)  Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie—
-(Deu 22:21)  dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. (in die O.T. is die met bloedskuld gedood). Christus het egter vir alles sondes betaal, ook vir sondes wat bloedskuld veroorsaak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html)(daar is slegs een onvergeeflike sonde in die N.T., nl. lastering teen die Heilige Gees). Alhoewel die persoon met bloedskuld in die O.T. met sy eie bloed moes betaal, is bloedskuld 'n vergeeflike sonde in die N.T. omdat Christus in ons plek met Sy bloed betaal het.  Daar is dus 'n kans vir vergifnis sou iemand berou en dit neerle.  Verder het Christus ook vir ons geleer dat ons ook so moet vergewe (Mark. 11:26; Matt. 18:21,22)(Luk. 15:30).  Die wat egter as Christene bekendstaan maar hoereer sonder om hulle te bekeer, moet anders hanteer word (soos ons in bg. voorbeelde gesien, nie om iemand te veroordeel nie, maar skaam te maak)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html).

NOG SKRIFTE:
Exo_20:14  Jy mag nie egbreek (Hebr. woord "naw-af'", wat verwys na 'n vrou wat die huwelik breek deur te hoereer) nie.
Deu_5:18  En jy mag nie egbreek nie.
Mat_5:27  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Mat_19:18  Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê—dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;
Mar_10:19  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
Luk_18:20  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
Rom_13:9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Jas_2:11  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
Mat_5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
Mat_5:32  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Mat_15:19  Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
Mat_19:9  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Mar_7:21  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
Mar_10:11  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
Mar_10:12  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
Luk_16:18  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
Joh_8:3  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
Joh_8:4  En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap;
_________________________________________________________________________________
OWERSPEL:

In Gal. 5:19 word owerspel beskryf as 'n werk van die vlees... (maw, 'n werk wat op nietigheid uitloop - werke wat die dood oes), en daarom is Christene wat owerspel pleeg en hulle nie daarvan bekeer en vergifnis ontvang nie, se saligheid in gevaar. Owerspel is tipies 'n daad van vleeslike gemeenskap "tussen 'n man en vrou, waarvan een getroud is met 'n ander", en word veral beskryf as 'n man wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man se vrou (altwee betrokke "pleeg owerspel")(in die Ou Testament was diesulkes doodgemaak - bloedskuld kan slegs betaal word met bloed)(Lev 20:10 - "En as iemand owerspel doen met ‘n man se vrou, owerspel (Hebr. woord "naw-af'", pleeg egbreuk) doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word")(Jer. 29:23; Eseg. 16:32);(in die N.T. is daar vergifnis in Christus, maar Hy verwag van diesulkes om nie meer te sondig nie / Joh. 8:11). Party glo dat "om in die huwelik te tree" met die een saam met wie jy owerspel pleeg die sonde regmaak, maar die waarheid is dat in so 'n geval maak dit nie die egbreuk reg nie en hulle betree eerder 'n onwettige vorm van gemeenskap, want al sou sy ook skei, beteken dit nie dat sy los is van die verbond waaronder sy is nie (in so 'n geval fix "in die huwelik tree" nie die sonde nie, maar maak dit meer). Mense wat owerspel pleeg, het baiemaal 'n sg. vrede wat wys hulle bedrieg hulleself... (Spr. 30:20  - "So is die weg van ‘n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie").

Owerspel kan ook op 'n geestelike manier geskied, bv. dat die wat aan die Here behoort, maar afgode aanbid, besig is om te (geestelik te) hoereer - (Jer 3:9 - "En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout")(Jer. 5:7)(Jer. 13:27). Op dieselfde wyse is 'n vrou wat aan 'n man behoort, besig om te hoereer wanneer sy haar begeerte op 'n ander plaas. "Owerspel" of hoerery beskryf die daad, terwyl egbreuk die sonde beskryf wat iemand van skuldig is a.g.v. die daad.

In Hos. 3:1-5 sien ons die Here se ideale resep waarmee Hy owerspeliges (die wat geestelik hoereer) terugroep tot bekering, nl. dat so 'n vrou weggestoot word totdat sy terugkom... (Hos 3:1-5 - "En die HERE het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke. Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars. En ek het aan haar gesê: Jy sal ‘n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou. Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode. Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae"). Hierdie was dieselfde resep wat baiemaal gevolg is oor die eeue, en die juiste rede waarom egskeiding somtyds toegelaat was. Die Here verwag van ons om ook te vergewe soos Hy ons vergewe... - die rede vir egskeiding was nooit bedoel om "ongetroud" te word en weer te trou nie (soos meeste van dag dink die bedoeling is nie), maar bedoel vir skeiding met die hoop op hereniging... (vir 'n studie hieroor, bestudeer die volgende poste: 
https://warechristene.blogspot.com/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html)(geen mens kan dit wat die Here saamgevoeg het, skei nie).  Vir 'n studie oor hoereer, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html.

Nog skrifte oor owerspel: 
Spr. 6:32  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;
Spr. 30:20  So is die weg van ‘n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
Jer_3:8  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.
Jer_3:9  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
Jer_5:7  Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.
Jer_7:9  Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie,
Jer_13:27  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Jer_23:14  maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
Jer_29:23  omdat hulle ‘n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ‘n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die HERE.
Ezk_16:32  o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.
Ezk_16:38  En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.
Ezk_23:37  Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan.
Ezk_23:43  Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.
Hos_1:2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.
Hos_2:1  Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.
Hos_3:1  En die HERE het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.
Hos_4:2  Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Hos_4:13  Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.
Hos_4:14  Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ‘n val.
Hos_5:3  Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
Rom_2:22  Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
Gal_5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
2Pe_2:14  met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
Rev_2:22  Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Bespreking van inligting wat by hierdie onderwerp aanskakel, +verdere verwysings:

Die terme "egbreek","egbreuk" en "hoerery":
Alhoewel ons onderskeid maak tussen die twee woorde "egbreek" en "egbreuk" in Afrikaans, en dit onderskeidelik gebruik word in verskillende verse, moet ons tog daarop let dat vir beide dieselfde woord in die Grieks gebruik word (en is die engelse woord wat gebruik word, "adultery"). Kyk bv. Matt. 5:27 en 28. In v. 27 word die woord "egbreek" gebruik, maar in v. 28 word die woord "egbreuk" gebruik, tog in die Grieks word dieselfde woord gebruik (G3431 - "commit adultery").  

Waar die woord "fornication" gebruik word in die engels, is dit in die Afrikaanse Bybel vertaal as "hoerery" of "hoereer" (Matt. 5:32; 1 Kor. 10:8...).  (Mat 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery (fornication)(G4202-"harlotry",including "adultery and "incest"), en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk (adultery); en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk (adultery)". Selfs vir die woord "owerspel" (wat ons verstaan as iemand wat egbreuk pleeg deur te hoereer) word hierdie selfde woord in Grieks gebruik: (Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel (G3430-adultery), hoerery (G4202)(fornication), onreinheid, ongebondenheid;

Kom ons kyk 'n paar interessante feite rondom egbreek/egbreuk/owerspel:
- (Lev 18:20)  En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. - as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n getroude vrou, dan word hy daardeur ONREIN.

-  (Jas 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. - egbrekers word hier vgl. met die wat die wêreld kies bo God  - vgl. hierdie met die tema van hoe die wat afgode aanbid, geestelik ook gesien word as "hoereerders" (want iemand wat aan die Here behoort, moet aan Hom getrou bly soos 'n vrou aan man).

-  (Spr. 6:32)  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; - die pad van owerspel is 'n pad van self-verwoesting en dus dom om te volg.

-  (Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; - owerspel en hoerery is "werke van die vlees". L.w. dat die wat stap in die "werke vd vlees" sonder om hulle daarvan te bekeer, is besig met "sonde tot die dood"!

Die Christelike kerk (altans die diensknegte vd Here) het mag om te bind of ontbind (wat te doen het met die evangelie vd koninkryk), sien die tema van "vergifnis" in die evangelie vd koninkryk... - "wat word vergewe en wat nie?" (bv., in sekere gevalle word egskeiding "vergewe"). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html).  Maar natuurlik mag hierdie "oordeel" nooit in stryd wees met die Here se wil nie, bv., al is dit nie die Here se wil dat enige huwelikspaartjie skei nie, sal Hy dit wel toelaat ter wille van barmhartigheid (en Hy WIL ook dat ons barmhartig wees teenoor mekaar), bv. in gevalle soos familie geweld, waar kinders gemolesteer word, ens. word egskeiding beslis toegelaat.  DIE TEMA VAN REIN/ONREIN IS OOK BELANGRIK OM TE BESTUDEER WANNEER DIT KOM BY SONDES VAN DIE VLEES. Bv., dit is belangrik om te weet wat word gesien as rein, en wat as onrein, wat terloops nie altyd dieselfde vervul word in die N.T. as in die oue nie - of sal ons liewer sê, "word op 'n veel uitnemender manier vervul" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Dit beteken egter nie dat die wet tot niet is nie!, want ook in die N.T. moet ons verstaan wat bedoel word met "rein" en "onrein", en besef dat dit 'n baie belangrike onderwerp is wat wel 'n invloed het op elkeen se saligheid (onreines sal nie ingaan in die Koninkryk nie).

Kom ons kyk na 'n vb. in Deut. 22:20,21, om te kyk hoe verskillend sekere wette vervul word t.o.v. owerspel, egbreuk en hoerery in die N.T., wat terloops nie beteken dat dit nie meer sonde is nie!, maar wat VERGIFNIS aanbetref is in die N.T. 'n veel uitnemender weg:
(kom ons kyk die vb. van waar 'n dogter nie maagedelik rein was toe sy getroud is nie, en die man dit agterkom nadat hulle getroud is):
-(Deu 22:20)  Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie—
-(Deu 22:21)  dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. Op 'n ander geleentheid was 'n vrou aan wie iets skandeliks )?) ontdek is, 'n skeibrief gegee... (Deut. 24:1), en die rede waarom hierdie wette so vervul was, was omdat die huwelik in alle opsigte rein moet wees (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel").  Bv., wanneer iemand wat hoereer het in 'n huwelik tree sonder dat die persoon weer rein geword (vergifnis ontvang) het, kan dit die huwelik onrein maak. Ons sien dat in die O.T. die met bloedskuld, doodgemaak was - hoekom?  In die O.T. was daar geen offer vir bloedskuld nie, en die enigste manier hoe so iemand kon REIN word van daardie sondes, was met hulle eie bloed! Diesulkes was doodgemaak, of verwyder..., maar dit is anders in die N.T. In die N.T. is daar 'n offer wat iemand kan rein maak van selfs sondes wat bloedskuld veroorsaak!  Dus, so iemand kan rein word en 'n huwelik betree sonder om dit onrein te maak. Dieselfde geld vir egbreuk... (en l.w. dat jy selfs in jou gedagtes kan egbreuk pleeg).  Egbreuk (wat terloops bloedskuld veroorsaak) kan vergewe word, want Jesus Christus kan alle sonde vergewe (behalwe lastering teen die Heilige Gees - daardie sonde sal Hy nie vergewe nie, nie in die huidige bedeling nie, en ook nie in die volgende nie), en Sy offer was voldoende. Ons sien dus hoe verskillend die offersisteem daarna uitsien tussen die oue en nuwe. In die N.T. kan iemand vergifnis kry vir hierdie soort sondes (bv. hoerery, egbreuk en owerspel), maar natuurlik is Jesus se opdrag dan "gaan heen en sondig nie meer" (Joh. 8:11).  As iemand dan rein geword het, is daar geen manier hoe so iemand in 'n huwelik, die huwelik kan ontheilig nie. Christus het geleer dat ons moet vergewe, sou iemand so berou en bely... - dit word van ons verwag om te vergewe soos die Here vergewe (Mark. 11:26; Matt. 18:21,22). 

Wat beteken die woord "skei"?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae (G2673 - "loosed")("abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void") van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit bv. meer verwys na "parden"), maar het in bg. geval eerder die betekenis van "abolish" (G2673 - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void...") - bestudeer die volgende pos om hierdie beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html). Die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 is nie dieselfde as die betekenis van die woord "skei" (wat verwys na egskeiding) in ander skrifte nie.  Bv., in skrifte waar die woord "skei" gebruik word (nl. in die geval vd huwelik), is dit 'n ander Griekse woord wat gebruik word, bv.  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei (G630) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk")(Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18) - 'n woord wat eerder verwys na "pardon" as wat dit verwys na "abolish", en in Luk. 16:18 (G630) word die Griekse woord " (kho-rid'-zo) gebruik, wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate").  WAT ONS DUS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou ontslae word van die wet wat haar bind aan haar man), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS DIE SKEIDING IN GEVAL VAN 'N SKEIBRIEF NIE! 

Egskeiding breek nie die verbond nie!  - 'n geskeide moet nie gesien word as 'n "ongetroude" wat weer kan trou nie (vgl. dit met Jesus se woorde in Matt. 5:31,32; 19:9).  Geskeides wat hertrou pleeg dus die SONDE VAN EGBREUK (neem kennis dat net soos daar uitsonderings is waar "egskeiding" toegelaat word, daar uitsonderings mag wees waar "hertrou" toegelaat word... (/) - jou kerk behoort jou hiermee te kan help).


Vrydag 29 Desember 2023

Gruwels

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip GRUWELS in die Skrif verwys. Kinders vd Koninkryk mag hulle nie met gruwels ophou nie... (Lev 18:26), en waar dit gebeur is daar altyd gevolge... - nie net die feit dat dit die land onrein maak (ontheilig) nie maar ons sal beslis saai wat ons maai (die Christen self word ook daardeur verontreinig - Lev. 18:24). M.a.w., wanneer 'n kind vd Koninkryk hom/haar met "gruwels" besig hou, word hy/sy besoedel (is dan m.a.w."nie skoon nie"). 

Die groot Babilon word o.a. "MOEDER vd hoere en VD GRUWELS VD AARDE" genoem... (Openb. 17:5 - "en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"), maar wat beteken dit? 

Waarna verwys "gruwels"?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In die Skrif verwys die begrip "GRUWELS" o.a. na sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook na praktyke soos afgods-aanbidding-en-raadpleeg-praktyke wat onder heiden nasies beoefen word (kinders vd Koninkryk is nie veronderstel om hierdie "gruwels" te bedryf nie, maar behoort aan die koninkryk van God en is veronderstel om volgens die reels vd Koninkryk te lewe).

Die begrip "gruwels" vewys na:

- (1) AFGODSAANBIDDING - vreemde/nietige/drekgode aanbid  - om m.a.w. "agter ander gode aan te loop", Deut. 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7).  

- (2) In sommige skrifgedeeltes verwys die begrip "gruwels" na SONDES WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK..., bv. bloedskande, egbreuk, afgodsaanbidding, ditto geslag gemeenskap, gemeenskap met diere, onskuldige bloed vergiet/doodslaan, steel, owerspel, ens. (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24). 

- (3) In konteks verwys gruwels oor die algemeen na AANBIDDING- EN RAADPLEEG PRAKTYKE WAT DEUR HEIDENE BEDRYF WORD... - die heiden groepe wat bv. in die Skrif genoem word is die nasies wat voor die volk verdryf was... Hierdie nasies was heiden nasies - hulle was nie deel vd Hebreeuse volk nie, en het ander gode aanbid en afgodspraktyke beoefen. Die volk van God was belet om deel te neem aan hierdie praktyke vd heiden nasies, bv. afgodspraktyke beoefen deur die Egiptenaars, Kaananiete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete - Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1 (praktyke wat terloops vandag nog deur sekere groepe of nasies beoefen word). Die heiden nasies het vele sulke afgodspraktyke gehad (waarna in die Skrif verwys word as "gruwels"), bv. om hulle kinders deur vuur laat gaan (iets wat in afgodsaanbidding gedoen was), waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, hulle het omgegaan met towery en dodebeswering, gees van ‘n afgestorwenes geraadpleeg, of geeste wat waarsê, het dooies geraadpleeg, ens. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die invloed van gruwels:

Gruwels maak die land onrein.  

Anders gestel, afgodsaanbidding, afgodspraktyke en bloedskuld maak die land onrein! (Lev 18:27 - " Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, EN DIE LAND HET ONREIN GEWORD"). Daar is gevolge wanneer 'n land onrein word (Lev 18:28,29 - "Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit"). 

BESTUDEER GERUS DIE TEMA VAN WAT GEBEUR WANNEER DIE SONDE VOL RAAK...

- (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html), en

- (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html).



Woensdag 05 Januarie 2022

Ongebondenheid

Die begrip "ongebondenheid" is die Griekse woord "as-elg'-i-a", wat beteken (vuil, begeertes veral igv seksuele, kan nie homself beheer nie...). Daar is sowat 7 skrifte in die Bybel waar die woord ongebondenheid voorkom, en word in meeste gevalle gebruik in konteks met owerspel, hoerery, allerhande onreinheid ens. 

- Rom. 13:13  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
- 2Kor. 12:21  dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.
- Gal. 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
- Ef. 4:19  wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
- 1Pet. 4:3  Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
- 2Pet. 2:18  Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
- Jud. 1:4  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën"

Hierdie is 'n ernstige onderwerp in die Bybel - in Kol. 3:5 word enige iets soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid vgl. met AFGODEDIENS.  Wanneer 'n kind vd koninkryk afgode aanbid is hy besig om geestelik te "hoereer" - dit dan waarom sondes soos hoerery vgl. word met afgodsdiens (Jer. 3:9; Eks. 34:15) (bv., hulle dien hulleself, hulle eie buik, ens., in plaas van om die Here te dien). Hierdie is dinge waardeur die Christen besoedel/onrein kan word! Jesus het geleer dat selfs as iemand hierdie dinge bedink dit hom onrein maak... - dit begin dus by die gedagtes.  Dit dan die belangrikheid van om "gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus"! (2 Kor. 10:5). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om die woord beter te verstaan kan ons kyk na die konteks waarin hierdie woord gebruik word in sekere skrifte:

- Jud. 1:4  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën". Die woord "verander" hier, is die Griekse woord "met-at-ith'-ay-mee" (soos om kant te kies, draai na die ander kant/verander).  Lees ons die hele Jud. 1, is dit duidelik dat ongebondenheid hier verwys na die wat onreinheid bedryf en hulleself nie kan beheer nie, en word in konteks gebruik van die wat "na die ander kant kies of na die ander kant toe draai".  Christene moet nie soos vroeer, "volgens die wil vd heidene lewe" of "volgens die begeerlikhede van  mense" nie, maar moet lewe volgens die wil van God... (1 Pet. 4:2,3). 

Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie—  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe"). Hierdie opdrag is belangrik in die kerk, want wanneer daar nie meer van Christene verwag word om te leef volgens die wil vd Here nie, dan is dit selfs moeiliker om te onderskei tussen die valses en opregtes. Sommige kinders vd koninkryk draai so van die genade af weg en begin stap in ongebondheidheid (maw, leef soos mense wat draai na die ander kant toe, en nie lewe volgens die wil van God nie maar volgens hulle eie begeertes), Volgens Rom. 2:24 is dit hierdie mense in die kerk (maw, verwysend na die wat so onrein lewe) wat veroorsaak dat die Naam van God onder die heidene gelaster word (wanneer hulle lewens nie verskillend lyk van die heidene s'n nie)... 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------