Wys tans plasings met die etiket bloedskande. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bloedskande. Wys alle plasings

Vrydag 29 Desember 2023

Gruwels

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip GRUWELS in die Skrif verwys. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het 'n GRUWEL tipies as volg beskryf: (Luk_16:15  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God).  In hierdie pos gaan ons kyk wat hierdie dinge is wat mense  so "hoog ag" in hulle harte, bv. in wie plaas hulle hul vertroue?  Wie raadpleeg hulle? Na wie luister hulle? Gruwels is tipies ONREIN DINGE wat iets of iemand anders onrein kan maak... Jesus het bv. geleer dat dit dit is wat uit die hart kom, wat iemand onrein maak... (bv. slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal (Matt. 15:19).

Daar is 'n lys van spesifieke dinge in die Skrif wat GRUWELS genoem word - die woord "gruwel" is die Hebr. woord "sheh'-kets" of "to-ay-baw'" wat verwys na gemors, iets vieslik, of 'n afgods objek...  Kinders vd Koninkryk mag hulle nie met gruwels ophou nie (Lev 18:26), en waar dit gebeur is daar altyd gevolge (die Christen self kan bv. daardeur verontreinig word- Lev. 18:24). M.a.w., wanneer 'n kind vd Koninkryk hom/haar met "gruwels" besig hou, word hy/sy besoedel (word vuil;  is dan m.a.w."nie meer skoon nie"). Die groot Babilon word o.a. "MOEDER vd hoere en VD GRUWELS VD AARDE" genoem... (Openb. 17:5), wat verwys na hoe goddeloos "sy" is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat word gesien as 'n GRUWEL?:

- (1) AFGODE (vreemde/nietige/drekgode aanbid) - om m.a.w. "agter ander gode aan te loop", Deut. 7:25; 13:13,14; 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7).  (Deu_27:15  Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak, ‘n gruwel vir die HERE, werk van ‘n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen).

- (2) AFGODSOFFERS: Offers aan ander gode is gesien as gruwels omdat so iemand "gemeenskap het met duiwels" (1 Kor. 10:20).  Die wat afgode aanbid, het op beurt die Hebreers se offers ook gesien as gruwels... (Eks. 8:26)(dit gaan oor "gemeenskap met"). Enige iets of iemand met wie jy gemeenskap het, kan jou onrein maak as dit of die persoon onrein is! Selfs die offer van 'n goddelose..., is 'n gruwel (is soos 'n onrein ding)(Spr._21:27  Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring).

- (3) In sommige skrifgedeeltes verwys die begrip "gruwels" na SONDES WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK..., bv. bloedskande, hoerery (Deut. 23:17,18; Rig. 20:6; ens.), egbreuk (Deut. 24:4), afgodsaanbidding, ditto geslag gemeenskap (Lev. 18:22; Rom. 1)(selfs om jou soos die ander geslag te gedra, is 'n gruwel: Deu_22:5  ‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel), gemeenskap met diere, onskuldige bloed vergiet/doodslaan (Rig. 20:6), steel, owerspel, ens. (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24). 

- (4) In konteks verwys gruwels oor die algemeen na AANBIDDING- EN RAADPLEEG PRAKTYKE WAT DEUR HEIDENE BEDRYF WORD... - die heiden groepe wat bv. in die Skrif genoem word is die nasies wat voor die volk verdryf was... Hierdie nasies was heiden nasies - hulle was nie deel vd Hebreeuse volk nie, en het ander gode aanbid en afgodspraktyke beoefen. Die volk van God was belet om deel te neem aan hierdie praktyke vd heiden nasies, bv. afgodspraktyke beoefen deur die Egiptenaars, Kaananiete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete - Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1 (praktyke wat terloops vandag nog deur sekere groepe of nasies beoefen word). Die heiden nasies het vele sulke afgodspraktyke gehad (waarna in die Skrif verwys word as "gruwels"), bv. om hulle kinders deur vuur laat gaan (iets wat in afgodsaanbidding gedoen was), waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, hulle het omgegaan met towery en dodebeswering, gees van ‘n afgestorwenes geraadpleeg, of geeste wat waarsê, het dooies geraadpleeg, ens. 

- (5) In Spr. 6:16-19 word sewe dinge genoem wat vir die Here 'n GRUWEL is, nl. (1) trotse oë, (2) ‘n leuenagtige tong en (3) hande wat onskuldige bloed vergiet, (4) ‘n hart wat onheilsplanne beraam, (5) voete wat haastig na die kwaad toe loop, (6) een wat as valse getuie leuens uitstrooi (Spr. 12:22)en (7) tussen broers tweedrag saai). Spr._16:5  Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ‘n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

- (6) Afgodspraktyke: O.a. "seuns en dogters met vuur vir hulle gode verbrand" (Deu_12:31; 2 Kon. 23:13). In Deu 18:10,11 word 'n paar van hierdie praktyke op die naam genoem = GRUWELS:  (1) Iemand wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan, (2) waarsêery, (3) goëlery, (3) verklaring van voortekens, (4) towery, (5) met besweringe omgaan, (6) ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of (7) ‘n gees wat waarsê, of (8) die dooies raadpleeg. Hierdie word alles as gruwels gesien, en kinders van die Here wat met hierdie dinge gemeenskap het, sal daardeur onrein word;  meer presies, hulle word self soos 'n gruwel;  dus, die wat met hulle gemeenskap het, kan self daardeur onrein word... (Deu_18:12  "Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit).

 - (7) Goddeloosheid /"verkeerd van hart"/spotters/valses:  Die wandel vd goddelose is 'n gruwel(Spr. 15:9), sy planne (Spr. 15:26), sy spreek (Spr. 8:7), sy offer (bv. gebed)(Spr. 15:8; Spr. 28:9) - en hoeveel te meer as sy offer met skandelike bedoeling gebring word (Spr. 21:27).  (Pro_17:15  Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel.)  (Spr._11:20  Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE ‘n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is)  (Pro_24:9  Die sonde is ‘n dwase voorneme, en die spotter is ‘n gruwel vir die mensdom)   Pro_29:27  ‘n Man van onreg is vir die regverdiges ‘n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel ‘n gruwel.  Nog ander dinge wat in die O.T. genoem word wat gesien is as gruwels, is: (Deu 25:11-16) - (1) 'n vrou wat in 'n geveg tussen twee manne, die een se skaamdele gryp; (2) en  twee soorte weegstene of efas (bedrog) (Spr.11:1  ‘n Valse weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae)(Spr. 20:10,23).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sekere dinge in die O.T. wat as gruwels gesien is, is in die huidige bedeling rein verklaar, bv.:

- Sekere diere in die O.T. (onrein diere): (Lev. 11:10-43)(Deu 14:3 "Jy mag niks eet wat ‘n gruwel is nie"). Ons weet bv. dat varke gebruik was in heidense offers, en hierdie is dus 'n goeie rede waarom 'n vark gesien is as 'n onrein ding. Dit beteken nie noodwendig dat alle "onrein diere" in die O.T. gebruik was in afgodsoffers nie, maar dit is o.a. in hierdie konteks waarom die volk verbied was om sekere diere te eet. (Lev_20:25  Daarom moet julle ‘n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ‘n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.) Dit gaan oor wat die Here rein verklaar, en wat nie (vir 'n kort opsomming oor hierdie onderwerp, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Hand. 10 is 'n goeie vb. = van die gesig aan Petrus waarin hy beveel word om onrein diere te eet en kyk gerus sy opmerking daar... (Hand. 10:14 = "En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie") - ons sien dat in hierdie gesig die Here nie net vir hom wys dat in die nuwe bedeling Hy hierdie diere rein verklaar het nie, maar die Here het ook hierdie vb. gebruik om hulle te stuur na die heidene om die evangelie te verkondig.

- Gemeenskap met ander gelowe: In Gen. 43:32 sien ons hoe mense van verskillende oor die algemeen mekaar gesien het in die O.T., nl. as onrein (om bv. saam te eet, ens.). Kyk bv. dat die Egiptenaars ook nie saam met die Hebreërs geëet het nie, omdat dit vir hulle ‘n gruwel was, maar die waarheid is dat gewone omgang met ander gelowe jou nie kan onrein maak nie, behalwe as jy gemeenskap het met hulle werke, ongeregtighede, ens.! (Deu_23:7  Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vloek en skuld (a.g.v. gruwels):

Die BANVLOEK was 'n vloek wat oor 'n huis kom wanneer 'n gruwel in daardie huis ingebring is... (Deu_7:26  En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek"). Vgl. dit gerus met die gevolge van BLOEDSKULD. Gruwels maak die land onrein! - ons sien dat hierdie presies is wat ook gese word van bloedskuld (Lev 18:27 - " Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, EN DIE LAND HET ONREIN GEWORD"). Vir 'n studie oor bloedskuld, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2014/01/bloedskuld-1.html).

Daar is vreeslike gevolge wanneer 'n land onrein word, o.a. is hierdie die rede waarom 'n nasie uitgespoeg kan word! (Lev 18:28,29 - "Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit"). BESTUDEER GERUS DIE TEMA VAN WAT GEBEUR WANNEER DIE SONDE VOL RAAK (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html);(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (1)

HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS -  DIE ONDERWERP VAN
  "BLOEDSKULD"

========================================================================
INLEIDING:

Bloedskuld word gewoonlik berskryf as "bloed op hoof (hande)", wat tereg die gevolg is van MOORDPLEEG, maar daar is ook baie ander sondes wat bloedskuld kan veroorsaak, bv. 'n kind wat sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, EGBREUK, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS, VLEESLIKE GEMEENSKAP MET DIERE, DIEFSTAL, OWERSPEL, ens. Iemand wat onrein word deur hierdie dinge (nl. deur sondes wat bloedskuld veroorsaak), word self soos iets wat ONREIN is ! (is 'n GRUWEL, is "iets vuil", en gemeenskap met 'n "onrein ding" kan ander dinge ook onrein maak - alhoewel, watter dinge beinvloed word, hang natuurlik af van die soort onreinheid...). Die aanbidding van afgode (en afgodspraktyke) word bv. ook gesien as "gruwels" - en die wat daarmee besig is het gemeenskap met duiwels (en word daardeur onrein). Daar is baie vorme van "gemeenskap" wat mens onrein kan maak - as jy gemeenskap het met 'n GRUWEL (gemeenskap het met 'n onrein ding"), kan jy self daardeur onrein word... (dit is bv. waarom die geskeide man wat sy vrou wou terugneem in die O.T., haar nie mag terugneem as sy egbreuk gepleeg het in die tyd van hulle skeiding nie, want in so 'n geval was sy nou onrein - soos 'n gruwel wat iets anders onrein maak/Deut. 24:1-4). Die probleem met 'n gruwel is nie net die feit dat die persoon self onrein word nie, maar hy word ook self soos 'n onrein ding/'n gruwel! (wat ander goed onrein maak)(Lev. 11:43; Deut. 18:12). 

Dit is waarom dit nodig is vir so 'n onreine om weer rein te kom, maar l.w. dat daardie "afwassing" nie op dieselfde maniere geskied nie, en in die O.T. kon die bloed van stiere en bokke nie hierdie spesifieke soort onreinheid, nl. bloedskuld, afwas nie. Die tema van bloedskuld moet dus saam met die tema van onreines of besoedeldes behandel word (nl. die feit dat sekere soort besoedeling ander mense of iets anders kan besoedel).  Daar is verskillende soorte onreinheid, en die verskillende soorte "onreinheid" het nie altyd dieselfde invloed nie...  Bv., alhoewel onrein diere in die O.T. gruwels was (Lev. 11), het die eet van onrein diere nie bloedskuld veroorsaak nie! - gruwels veroorsaak nie altyd bloedskuld nie (maar was 'n ander soort onreinheid wat deur die offersisteem "afgewas" kon word). Bloedskuld is egter nie dieselfde soort "onreinheid" nie en het bepaalde ander gevolge... - dit kan bv. selfs die land onrein maak! (en ontheilig, wat tot gevolg het dat dit nie goedgaan met die land nie). 

Mense met "bloedskuld" word baiemaal tipies gesien as vervloektes (Deut. 27:15), omdat daar geen offer in die O.T. was waardeur so iemand weer rein kon word nie. Sommige geleerdes verwys hierna as dat daar geen offer was wat kon betaal vir sondes "wat die dood verdien het" nie - wat dit beteken is dat die enigste manier hoe so iemand in die O.T. weer rein kon word, was deur sy eie bloed (somtyds deur iemand in dieselfde bloedlyn se bloed, en in sekere gevalle deur die hoepriester se bloed wanneer hy sterwe). Die enigste manier in die O.T. hoe daar vir bloedskuld betaal kon word, is deur jou eie bloed (om somtyds iemand in dieselfde bloedlyn, bv. in die geval waar daardie persoon ook bloedskuld op hom gehad het)(en vir die wat perongeluk bloedskuld op hulle gekry het, kon hulle na 'n vrystad gaan en daar wag tot die dood van die hoepriester). Soos ons weet, onreinheid veroorsaak dat iets of iemand ontheilig word... - daarom was die met bloedskuld in die O.T. verwyder van die volk, verban of doodgemaak, maar dit behoort teen hierdie tyd duidelik te wees dat BELYDENIS VAN SONDE en BEKERING nog altyd die manier was hoe iemand vergifnis kry! Die onderwerp van bloedskuld kan ingewikkeld raak in hierdie opsig, want ons moet verstaan dat die offersisteem in die O.T. meer bedoel was "om rein te word" en die eenmaal 'n jaar versoeningsoffer vir onwetende sondes bedoel was. Daar was geen offer in die O.T. waardeur iemand van bloedskuld gereinig kon word nie, behalwe deur "die mens se bloed". 

Vrae wat ons o.a. wil beantwoord in hierdie studie, is:
-  Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, outomaties vry van bloedskuld?
- Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe?  Is bloedskuld die rede waarom al die goed wat met aarde gebeur?
-  Kan iemand wat tot geloof gekom het en weer skuldig word aan bloedskuld, rein kom?
-  Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek?  En kan dit oorgedra word aan die kinders?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons wil ook probeer om die volgende stellings te verstaan:
*  Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes sê? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").  
*  Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie?  Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!"(Mat 27:24)
* En watter impak sou dit hê op die skare dat hulle hom antwoord:  "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)

In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE!  Selfs in die eerste gemeentes, terwyl die dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie... - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer:  (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------