Wys tans plasings met die etiket oproep van geeste. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket oproep van geeste. Wys alle plasings

Dinsdag 26 Julie 2022

Geeste van Afgestorwenes / Dooies

DIE BEGRIP "GEES/TE VAN AFGESTORWENES":   

Alhoewel die begrip "GEESTE VAN AFGESTORWENES (van dooies)" ons laat dink dat dit verwys na die geeste vd wat gesterf het, word die begrip veral gebruik in konteks met hoe ons hulle nie moet raadpleeg nie... -Die rede hiervoor is omdat, wanneer iemand dit doen, dit nie noodwendig die gees vd mens (wat gesterf het) is waarmee hy praat nie, maar kan bose en ander geeste wees (kyk die woord in die Hebr. wat daarvoor gebruik word in die betrokke skrifte waar die term "geeste van afgestorwenes" gebruik word, nl. is die woord "obe" - familiar spirits)(mense wat bekend/"familiar" is met hierdie geeste en/of hulle raadpleeg, beskryf hierdie geeste somtyds as hulle vriende... - hulle kommunikeer en raadpleeg hierdie geeste)(1 Sam. 18:3,9; 2 Kon. 21:6; 23:24; 2 Kron. 23:6). In hierdie geval word die begrip "geeste van afgestorwenes" gebruik om te verwys na ander "geeste" wat opgeroep word, eerder as wat dit verwys na die siel van die een wat doodgegaan het... LET WEL DIE KONTEKS VAN "RAADPLEEG" ONDER DIE TEMA VAN GEESTE VAN AFGESTORWENES" (daarom kyk ons spesifiek na daardie tema in hierdie pos). M.a.w., as iemand 'n gees van 'n afgestorwene raadpleeg (iets wat ons nie mag doen nie!) dink hy hy's besig om met die dooie se gees te kommunikeer, maar is dan liewer besig om met bose of ander geeste te praat... Vir "wie ons raadpleeg" is belangrik, want dit wys in wie ons ons vertroue plaas. Mense wat geeste van afgestorwenes raadpleeg is dalk besig om hulle vertroue in "ander geeste" te plaas. Ons moet nie hierdie soort praktyke gebruik om die Here te raadpleeg nie. In heelwat skrifte word die woorde "geeste van afgestorwenes" en "geeste wat waarse" bv. in een sin gebruik...  (asook die woorde "wat piep en mompel" -Jes. 8:19; 29:4); baie geleerdes is van mening dat "geeste van afgestorwenes" dus 'n term is wat gebruik kan word o.a. vir "geeste wat weerse" (en verwys dan nie na die geeste van die afgestorwenes self nie). 

DIE BEGRIP "DOOIES":

"Dooies" word nie as "lewendes" gesien nie - kan nie leef op die aarde nie (Luk. 20:38; 24:5; Ecc 9:5,6). Die begrip "dooies" word veral gebruik om te verwys na "die liggaam" vd een wat doodgegaan het (nie die gees/siel nie)(Ps. 88:4-6; Num. 16:48; Eseg. 37:9) - dooies is in die graf/kuil (is soos 'n pit/tronk)(maw, die begrip "dooie" word meer gebruik in konteks met "die liggaam" van die een wat doodgegaan het, nie sy "siel" nie). Wanneer iemand doodgaan word hy as 'n "dooie" gesien, maar natuurlik weet ons dat wanneer iemand doodgaan dit sy uiterlike mens ("die liggaam) is wat doodgaan (nie "die siel" nie). Die mens is nie net uiterlik van aard (uiterlik mens) nie, maar het ook 'n innerlike (die gees vd mens / die innerlike mens).  Wanneer die mens sterf/doodgaan, is dit sy uiterlike wat sterwe (en verderf in die graf), - die innerlike (die gees) vd mens wag dan op die oordeel vd tweede dood (oordeel vd hel / ewige oordeel / poel van vuur-Openb. 20:14; Matt. 25:41 ens.)(verwys na die "natuurlike mens"); maar in die geval vd geestelike mens (die wat weergebore is) wag sy gees op die opstanding (waarin hy dan verenig word met sy liggaam en die liggaam verander word in 'n onverganklike liggaam - sal dan vir ewig lewe-Joh. 6:39,40; Fil. 3:21 ens. - die wat opstaan tot lewe sal nie deur die tweede dood gaan nie) (l.w. dat "aanneming tot kinders" eers voltrek word met hierdie vereniging vd liggaam...). Ons mag nie offerande maak of deel he aan offers aan dooies nie (Ps. 106:28). Ons moet ook nie dooies raadpleeg nie (Deut. 18:10,11).  Volgens (Ecc. 9:5,6) weet die dooies glad niks nie!, en het geen deel aan dit wat onder die son gebeur nie... Om dooies te raadpleeg is net nutteloos nie maar verkeerd omdat jy veronderstel is om die Here te raadpleeg ("...Moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie?; moet vir die lewendes die dooies gevra word?" - Jes. 8:19). ONDER DIE TEMA VAN DOOIES SIEN ONS DIE KONTEKSE VAN "RAADPLEEG" en "OFFERANDE" (en dus belangrike temas waarop ons moet inkyk op hierdie pos).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie studie moet ons dus noodwendig ook stilstaan by die temas van 

(1) "GEESTE VAN AFGESTORWENES OF DOOIES RAADPLEEG" (want dit is in hierdie konteks wat die begrip "geeste van afgestorwenes" gebruik word),

en 

(2) "OFFERANDES GEMAAK AAN DOOIES": 

Kinders vd Here word belet om geeste van afgestorwenes of dooies te RAADPLEEG, en word ook belet om OFFERANDES te maak of deel te he aan offerandes gemaak aan dooies. 

RAADPLEEG:

(Deut. 18:10,11)  "Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, 

-of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, 

-of wat die dooies raadpleeg nie.

Die begrip "raadpleeg geeste van afgestorwenes" ("obe" - familiar spirits) is eintlik 'n praktyk waar ander en bose geeste geraadpleeg word. Wanneer iemand hierdie doen is hy nie noodwendig besig om met die gees van die een wat doodgegaan het, te praat nie..., maar eerder besig om met ander -en bose geeste te kommunikeer. 

Die begrip "dooies raadpleeg" ("daw-rash'"-"necromancer"-soek of vra/aanbid)  gaan oor "soek of vra" die dooies, en het dus te doen met aanbidding. Wanneer iemand hierdie doen is hy besig om sy hulp by die verkeerde bron te soek. 

"BRON" is belangrik...! Vir wie raadpleeg jy? Na wie luister jy? Ons raadpleeg die een in wie ons ons vertroue plaas. Die wat geeste van afgestorwenes raadpleeg is eintlik besig om te luister na goëlaars en waarsêers... - m.a.w., hulle raadpleeg die verkeerde bron en is in die proses eintlik besig om te luister na mense wat gode raadpleeg en/of tye gebruik om te voorspel... (Deut. 8:14). Wanneer 'n Christen raad nodig het moet hy seker maak hy raadpleeg die Here - moenie afgode, dooies, waarseers, ens. raadpleeg nie. (Jes. 8:19 - "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?")

 In vandag se lewe is hierdie dinge baiemaal weggesteek onder ander name, bv. dat hulle dooies raadpleeg deur 'n speletjie, of antwoorde gaan soek in oosterse meditasie praktyke, ens.  L.w., die groot verskil tussen 'n profeet vd Here en 'n waarseer is DIE BRON wat elkeen gebruik. Nie almal vir wie jy raadpleeg het die Here as bron nie!  Bv., wanneer jy 'n dienskneg vd Here raadpleeg raadpleeg jy iemand wat die Here as bron gebruik, maar wanneer jy iemand soos 'n waarseer of dodebesweerder raadpleeg, raadpleeg jy iemand wat 'n ANDER BRON gebruik. Dit is belangrik om te weet "watter bron" iemand gebruik voor jy hom raadpleeg - sommige Christene laat na om hierin te kyk, en wanneer 'n Christen opsetlik iemand raadpleeg wat 'n ander bron gebruik is hy besig om die Here te terg! (2 Kon. 21:6). In Deut. 18:13 word so iemand beskryf as iemand wat nie opreg is met die Here God nie.  Om geeste van afgestorwenes of dooies te raadpleeg, word o.a. "gruwels" ("to-ay-baw'" - iets gruwelik, 'n gruwelike praktyk of ding) genoem in die Skrif (Deut. 18:9,12). Nog ander gruwelike praktyke wat genoem word in Deut. 18, is: waarsêery (voorspelling), goëlery (voorspelling deur tye dop te hou), verklaring van voortekens (towervloeke uitspreek), towery (towerpraktyke), die wat met besweringe omgaan (die wat met vloeke omgaan), en die met ‘n gees wat waarsê (vra/raadpleeg ander geeste). Ons sien dat in al hierdie praktyke gaan dit oor die bron wat gebruik (en geraadpleeg) word;  bv., dit is 'n gruwel om geeste van afgestorwenes of dooies te raadpleeg, want so iemand is eintlik besig om ander -en bose geeste te raadpleeg...

OFFERANDES:

(Psa 106:28,29 - "Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet; en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat ‘n plaag onder hulle uitgebreek het"). Daar is veral baie skrifte wat waarsku teen "offerandes aan afgode/duiwels" (Eks. 22:20; 34:15; Hand. 7:41; 1 Kor. 10:20; Lev. 17:7; Deut. 32:16,17) - hierdie het te doen met "aanbidding" en word o.a. "geestelike hoerery" genoem (m.a.w., wanneer 'n kind vd Here offer aan gode/duiwels, is dit soos iemand wat "hoereer" -hier geestelik bedoel, want kinders vd Here behoort eintlik aan die Here...). "Offerandes aan dooies" kan ook gesien word as 'n vorm van aanbidding en dit hoort nie so nie. Hierdie offerande aan dooies gaan terloops gewoonlik gepaard met gebed tot dooies, o.a. buiging, of waar hulle hulp vra/daar spesifieke dinge van die dooies versoek word, of hulle hul om raad vra, ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SKRIFTE OOR "GEESTE VAN AFGESTORWENES":

Lev. 19:31  Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

Lev. 20:6  En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.

(Deut. 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

(1Sam. 28:3)  En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.

(1Sam. 28:8)  Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem. (1Sa 28:9)  Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ‘n val vir my op om my dood te maak?

(2Kon. 21:6)  ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.

(2Kon. 23:24)  Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die HERE gekry het.

Jes. 8:19  En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

Jes. 19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

SKRIFTE OOR "DOOIES":

(Num 16:48)  En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.

(Eze 37:9)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.

(Isa 8:19)  En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

(Ecc 9:5)  Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
(Ecc 9:6)  Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

(Psa 106:28)  Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;

(Psa 88:4)  Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
(Psa 88:5)  Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
(Psa 88:6)  vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.


(Luk 24:5)  En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
(Luk 20:38)  Hy is tog nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kan die gees van 'n afgestorwene aan iemand verskyn?

Wanneer dit kom by die tema van "geeste van afgestorwenes" verwys dit nie na alle gevalle waar afgestorwenes aan iemand verskyn het nie, maar word spesifiek gebruik in die konteks van "oproep van geeste".  Bv. in die geval waar Elia en Moses aan Jesus verskyn het (Mark. 9), het niks te doen gehad met oproep van geeste nie! (hierdie was ook nie 'n geval van "spoke" nie, want Petrus, Jakobus en Johannes het ook vir Moses en Elia werklik ervaar, en wou selfs vir elkeen van hulle 'n hut maak...) (dit is ook nie bloot 'n geval van mense wat nooit gesterf het nie, want Deut. 34:5,6 verklaar dat Moses "gesterwe" het...). Jesus was bloot in gebed tot die Vader toe dit gebeur (Luk. 9:29)(Hy was m.a.w. besig om die Vader te raadpleeg, nie geeste van afgestorwenes nie). M.a.w., die verskyning van 'n gees van 'n dooie is nie onmoonltik nie, maar dit gaan oor die konteks van daardie verskyning. As ons bv. besig is om die Here te raadpleeg, kies Hy die metode waarop Hy ons antwoord - hetsy dit is deur 'n droom, visioen, of Hy 'n engel of profeet na ons stuur, of deur Sy Gees met ons praat..., watter metode Hy ookal wil gebruik - en Hy kan selfs 'n afgestorwene stuur as Hy wil! (maar in daardie geval is die Here geraadpleeg, nie die gees van 'n dooie geraadpleeg nie). Ons leer uit Luk. 16 dat afgestorwenes (se geeste) nie vry is om te kom en gaan soos hulle wil nie - vir ongelowiges wil dit beslis nie lyk of dit enigsins moontlik is nie, maar dit mag verskillend wees vir gelowiges (maar ook nie iets waaroor hulle dan self kan besluit nie). En sou dit moontlik wees, moet dit nie gesoek word deur praktyke soos die oproep van geeste nie... 

Dit is net soos die tema van engele wat deur die Here gebruik word, maar ons bid nie tot die engele nie, maar tot die Here (en Hy sal Sy engele uitstuur as Hy wil...). Wat dus belangrik is hier is DIE BRON en WIE GERAADPLEEG WORD. Die Here word nie geraadpleeg deur die gebruik van heidense praktyke soos oproep van geeste nie! - moenie jou antwoorde in hierdie praktyke gaan soek en dink jy is besig om die Here so te raadpleeg nie, want as jy dit doen is jy eintlik besig om die Here te terg (en nie opreg met Hom nie!).  Die Here kan 'n afgestorwene stuur as Hy wil, maar gelowiges word verbied om afgestorwenes te raadpleeg/op te roep.  

Daar is nog 'n vb. in 1 Sam. 28 waar dit lyk of die gees van 'n profeet verskyn, maar dit is 'n geval waar Saul verkeerdelik 'n gruwelike praktyk opgesoek het en 'n dooie geraadpleeg het 1 Sam. 28; 1 Kron. 10:13,14). Saul het gesondig deur hierdie te doen, en het terloops daarvoor betaal...  In die betrokke vb. in 1 Sam. 28 wil dit voorkom of dit die profeet self is wat met hom kommunikeer, maar was dit werklik so? (v. 13 verwys na hierdie gees as 'n "bonatuurlike wese" - wat in die Engels vertaal is as "gods" / en in Hebr. "el-o-heem'"-engele, gode, regters). Nietemin of dit werklik hier Samuel was of nie, die feit bly staan dat kinders vd Here belet word om "geeste van afgestorwenes te raadpleeg", en met rede (want hoe weet jy met wie daar werklik gekommunikeer word?). Ons moenie soos Saul ongeduldig wees wanneer die Here ons nie antwoord of onmiddellik antwoord nie, maar liewer selfondersoek doen "hoekom die Here ons nie antwoord nie", of wag op die Here. Koning Saul het hierdie fout gemaak, dat toe hy nie 'n antwoord vd Here kry nie, het hy wederstrewig gebly en die antwoord gaan soek by 'n dodebesweerder (1 Sam. 28:6-19).  A.g.v. sy ongehoorsaamheid het die Here hom omgebring en die koningskap van hom weggeneem, en die koningskap laat oorgaan op Dawid (en sy bloedlyn). Daar is altyd gevolge wanneer ons wetend ongehoorsaam is aan die Here. Hierdie was so 'n ernstige saak in die O.T. dat die Here Sy aangesig teen so iemand (wat hom begewe tot hierdie dinge) gedraai het en hom selfs uitgeroei het onder die volk... (Lev. 20:6).

Is SPOKE geeste van afgestorwenes?

Sommige mense glo dat daar nie iets soos spoke bestaan nie, maar baie mense getuig daarvan dat hulle al spoke gesien het en hierdie verskynsels is terloops niks nuuts nie.  In die Skrif is daar ook 'n paar voorbeelde waar melding gemaak word van spoke (" fan'-tas-mah " - gees)(Matt. 14:26; Mark. 6:49). Dit is egter 'n redenasie onder geleerdes oor wat "spoke" presies is.  Is dit werklik geeste van afgestorwenes?, of is dit ander geeste wat hulle voordoen as afgestorwenes? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 26 Januarie 2014

Bloedskuld (4)

VIR DIE EERSTE 3 DELE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
(3)  WAT ALLES VEROORSAAK BLOEDSKULD?
In punt 2 op die vorige pos ("bloedskuld 3) het ons gekyk na "die vergieting van onskuldige bloed" en alreeds gekyk na 'n klomp ander sondes wat ook bloedskuld veroorsaak, maar ons probeer in hierdie pos o.a. om 'n meer volledige lys saam te stel van wat alles bloedskuld veroorsaak.  Rol ook af na die volgende paragraaf waarin meer ingekyk word op "die land wat ontheilig word deur bloedskuld".

Volgens Lev. 20 is iemand ook skuldig aan bloedskuld weens die volgende dinge:
-  wanneer hy sy VADER OF MOEDER VLOEK; (kwaadspreek/ongehoorsaam aan ouers)
-  wanneer 'n man met sy VADER SE VROU GEMEENSKAP HET; (geen respek vir sy vader)
-  wanneer 'n man MET SY SKOONDOGTER GEMEENSKAP HET; (geen respek vir sy seun)
-  wanneer 'N MAN MET 'N MANSPERSOON GEMEENSKAP HET (soos 'n mens met 'n vrou het);(geen respek vir hoe die Here dit gewil het nie, vir Sy skepping nie - God het die "man en vrou" gemaak vir mekaar, nie "man en man" nie, of "vrou en vrou" nie)
-  wanneer 'N VROU NABY ENIGE DIER KOM OM DAARMEE TE DOEN TE HE; (geen respek vir die Here se skepping nie)
-  as daar IN  'N MAN OF VROU 'N GEES VAN 'N AFGESTORWENE IS OF 'N GEES WAT WAARSê. (so iemand trek die ander persoon ook in die ongeregtigheid in)

(Gaan kyk gerus hoe hierdie dinge ook alles genoem word van "kenmerkend van die LAASTE DAE")(kinders ongehoorsaam aan ouers/sonder natuurlike liefde/bandeloos/wreed/ens.)http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/kenmerkend-van-die-eindtye.html;  M.A.W., waar ons ander behandel SONDER RESPEK EN PARTYDIG IS, VEROORSAAK DIT DAT ONS ook ONDER OORDEEL KAN KOM... (Jak. 4:11; Jak. 2).

Ander sondes wat ook onder bloedskuld getel kan word (en ons nog meer laat verstaan dat dit gaan oor "jy moet jou naaste liefhe soos jouself"), is die volgende - soos geneem uit Eseg. 18:10-13:
- iemand wat die vrou van sy naaste verontreinig,
-die ellendige en behoeftige verdruk,
-roof pleeg,
-die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode,
-gruwelike dinge doen,
-op rente leen en woeker neem ("unjust gain") ens.......
(Eseg. 18:10)  En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen—
(Eseg. 18:11)  terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
(Eseg. 18:12)  die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,
(Eseg. 18:13)  op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

========================================================================
(4)   BLOEDSKULD WAS EEN VAN DIE REDES HOEKOM DIT SLEG GAAN MET 'n LAND:

 Die land word ontheilig deur bloedskuld  (Num 35:33,34 - "En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het. En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel). M.a.w., iemand is doodgemaak weens bloedskuld omdat hy o,a, die land ontheilig het... - die ander persoon se bloed moes dus eers van hom geeis word voor die land weer kan heilig/afgesonder wees.  'n Goeie vb. is 2 Sam. 21 - daar was hongersnood in die land a.g.v. "bloedskuld". 'n Ander is die van Kain: Kain was die eerste persoon wat onskuldige bloed vergiet het - volgens Gen. 4:12 het die Here hom "vervloek" (wanneer hy die grond bewerk, sou dit nie meer sy vermoe aan hom gee nie).  Dit is dus duidelik dat bloedskuld een van die redes is hoekom 'n land "treur"...   

Net soos die Here vir Sodom en Gomorra geheel verwoes het weens goddeloosheid, so sou Hy ook vir Egipte 'n woestyn maak, Edom 'n wildernis, so ook Babel... Gaan kyk gerus ook na hoe hulle goddeloosheid beskryf word (afgodsdiens, hoerery, vergieting van onskuldige bloed ens.), wat duidelik verwys na sondes wat bloedskuld veroorsaak. Dit is logies hoekom die Here hierdie stede uitgewis het, is weens "bloedskuld".  God wag altyd tot die "sonde vol is" voor Hy 'n plek verwoes... 
-(Joe 3:19)  Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
-(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
-(Openb. 14:8)  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
-(Openb. 16:19)  En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/tot-die-sonde-vol-is.html.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vgl. dit met Hos. 4:2,3 - daar sien ons dat selfs die wegkwyn van wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see, die gevolg is van "sonde". (In die dae waarin ons lewe, is die land inderdaad besig om te treur, gesien die massas diere wat oor die aarde doodgaan, wilde diere v/d veld, voels v/d hemel en visse v/d see - hierdie dinge is die gevolg van SONDE!  Dit is die gevolg van BLOEDSKULD!  Hoe meer afvalligheid, sonde in die land, kinders wat hulle ouers vloek, hoerery, homoseksualisme, ens., hoe meer gaan "die land treur").

Alhoewel Jesus in ons plek gesterf het, het dit nie outomaties almal gereinig van bloedskuld nie, maar slegs die wat tot bekering kom se sondes word vergewe;  m.a.w., ons kan nie verwag dat die land waarop ons woon nie geraak word as ons tussen "onreines" woon nie. Hoe minder mense in 'n land in Jesus Christus glo, hoe meer bloedskuld is daar in die land.. - dit het tot gevolg dat die land meer en meer "treur".  Selfs in 'n Christelike land is hierdie 'n groot probleem waar daar afvalliges is, en dus ook in hierdie geval, hoe meer afvalligheid gebeur, hoe meer gaan die land daaronder lei.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog verse waarin ingekyk kan word:

-Deu 19:10  sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.

-Deu 21:8  Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.

- Hos 4:2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
  Hos 4:3  Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

- Psa 106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
Psa_106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.

-Eseg._9:9  Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie.

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (1)

HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS -  DIE ONDERWERP VAN
  "BLOEDSKULD"

========================================================================
INLEIDING:

Bloedskuld word gewoonlik berskryf as "bloed op hoof (hande)", wat tereg die gevolg is van MOORDPLEEG, maar daar is ook baie ander sondes wat bloedskuld kan veroorsaak, bv. 'n kind wat sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, EGBREUK, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS, VLEESLIKE GEMEENSKAP MET DIERE, DIEFSTAL, OWERSPEL, ens. Iemand wat onrein word deur hierdie dinge (nl. deur sondes wat bloedskuld veroorsaak), word self soos iets wat ONREIN is ! (is 'n GRUWEL, is "iets vuil", en gemeenskap met 'n "onrein ding" kan ander dinge ook onrein maak - alhoewel, watter dinge beinvloed word, hang natuurlik af van die soort onreinheid...). Die aanbidding van afgode (en afgodspraktyke) word bv. ook gesien as "gruwels" - en die wat daarmee besig is het gemeenskap met duiwels (en word daardeur onrein). Daar is baie vorme van "gemeenskap" wat mens onrein kan maak - as jy gemeenskap het met 'n GRUWEL (gemeenskap het met 'n onrein ding"), kan jy self daardeur onrein word... (dit is bv. waarom die geskeide man wat sy vrou wou terugneem in die O.T., haar nie mag terugneem as sy egbreuk gepleeg het in die tyd van hulle skeiding nie, want in so 'n geval was sy nou onrein - soos 'n gruwel wat iets anders onrein maak/Deut. 24:1-4). Die probleem met 'n gruwel is nie net die feit dat die persoon self onrein word nie, maar hy word ook self soos 'n onrein ding/'n gruwel! (wat ander goed onrein maak)(Lev. 11:43; Deut. 18:12). 

Dit is waarom dit nodig is vir so 'n onreine om weer rein te kom, maar l.w. dat daardie "afwassing" nie op dieselfde maniere geskied nie, en in die O.T. kon die bloed van stiere en bokke nie hierdie spesifieke soort onreinheid, nl. bloedskuld, afwas nie. Die tema van bloedskuld moet dus saam met die tema van onreines of besoedeldes behandel word (nl. die feit dat sekere soort besoedeling ander mense of iets anders kan besoedel).  Daar is verskillende soorte onreinheid, en die verskillende soorte "onreinheid" het nie altyd dieselfde invloed nie...  Bv., alhoewel onrein diere in die O.T. gruwels was (Lev. 11), het die eet van onrein diere nie bloedskuld veroorsaak nie! - gruwels veroorsaak nie altyd bloedskuld nie (maar was 'n ander soort onreinheid wat deur die offersisteem "afgewas" kon word). Bloedskuld is egter nie dieselfde soort "onreinheid" nie en het bepaalde ander gevolge... - dit kan bv. selfs die land onrein maak! (en ontheilig, wat tot gevolg het dat dit nie goedgaan met die land nie). 

Mense met "bloedskuld" word baiemaal tipies gesien as vervloektes (Deut. 27:15), omdat daar geen offer in die O.T. was waardeur so iemand weer rein kon word nie. Sommige geleerdes verwys hierna as dat daar geen offer was wat kon betaal vir sondes "wat die dood verdien het" nie - wat dit beteken is dat die enigste manier hoe so iemand in die O.T. weer rein kon word, was deur sy eie bloed (somtyds deur iemand in dieselfde bloedlyn se bloed, en in sekere gevalle deur die hoepriester se bloed wanneer hy sterwe). Die enigste manier in die O.T. hoe daar vir bloedskuld betaal kon word, is deur jou eie bloed (om somtyds iemand in dieselfde bloedlyn, bv. in die geval waar daardie persoon ook bloedskuld op hom gehad het)(en vir die wat perongeluk bloedskuld op hulle gekry het, kon hulle na 'n vrystad gaan en daar wag tot die dood van die hoepriester). Soos ons weet, onreinheid veroorsaak dat iets of iemand ontheilig word... - daarom was die met bloedskuld in die O.T. verwyder van die volk, verban of doodgemaak, maar dit behoort teen hierdie tyd duidelik te wees dat BELYDENIS VAN SONDE en BEKERING nog altyd die manier was hoe iemand vergifnis kry! Die onderwerp van bloedskuld kan ingewikkeld raak in hierdie opsig, want ons moet verstaan dat die offersisteem in die O.T. meer bedoel was "om rein te word" en die eenmaal 'n jaar versoeningsoffer vir onwetende sondes bedoel was. Daar was geen offer in die O.T. waardeur iemand van bloedskuld gereinig kon word nie, behalwe deur "die mens se bloed". 

Vrae wat ons o.a. wil beantwoord in hierdie studie, is:
-  Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, outomaties vry van bloedskuld?
- Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe?  Is bloedskuld die rede waarom al die goed wat met aarde gebeur?
-  Kan iemand wat tot geloof gekom het en weer skuldig word aan bloedskuld, rein kom?
-  Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek?  En kan dit oorgedra word aan die kinders?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons wil ook probeer om die volgende stellings te verstaan:
*  Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes sê? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").  
*  Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie?  Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!"(Mat 27:24)
* En watter impak sou dit hê op die skare dat hulle hom antwoord:  "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)

In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE!  Selfs in die eerste gemeentes, terwyl die dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie... - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer:  (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------