Wys tans plasings met die etiket dooies. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket dooies. Wys alle plasings

Dinsdag 26 Julie 2022

Geeste van Afgestorwenes / Dooies

DIE BEGRIP "GEES/TE VAN AFGESTORWENES":   

Alhoewel die begrip "GEESTE VAN AFGESTORWENES (van dooies)" ons laat dink dat dit verwys na die geeste vd wat gesterf het, word die begrip veral gebruik in konteks met hoe ons hulle nie moet raadpleeg nie... -Die rede hiervoor is omdat, wanneer iemand dit doen, dit nie noodwendig die gees vd mens (wat gesterf het) is waarmee hy praat nie, maar kan bose en ander geeste wees (kyk die woord in die Hebr. wat daarvoor gebruik word in die betrokke skrifte waar die term "geeste van afgestorwenes" gebruik word, nl. is die woord "obe" - familiar spirits)(mense wat bekend/"familiar" is met hierdie geeste en/of hulle raadpleeg, beskryf hierdie geeste somtyds as hulle vriende... - hulle kommunikeer en raadpleeg hierdie geeste)(1 Sam. 18:3,9; 2 Kon. 21:6; 23:24; 2 Kron. 23:6). In hierdie geval word die begrip "geeste van afgestorwenes" gebruik om te verwys na ander "geeste" wat opgeroep word, eerder as wat dit verwys na die siel van die een wat doodgegaan het... LET WEL DIE KONTEKS VAN "RAADPLEEG" ONDER DIE TEMA VAN GEESTE VAN AFGESTORWENES" (daarom kyk ons spesifiek na daardie tema in hierdie pos). M.a.w., as iemand 'n gees van 'n afgestorwene raadpleeg (iets wat ons nie mag doen nie!) dink hy hy's besig om met die dooie se gees te kommunikeer, maar is dan liewer besig om met bose of ander geeste te praat... Vir "wie ons raadpleeg" is belangrik, want dit wys in wie ons ons vertroue plaas. Mense wat geeste van afgestorwenes raadpleeg is dalk besig om hulle vertroue in "ander geeste" te plaas. Ons moet nie hierdie soort praktyke gebruik om die Here te raadpleeg nie. In heelwat skrifte word die woorde "geeste van afgestorwenes" en "geeste wat waarse" bv. in een sin gebruik...  (asook die woorde "wat piep en mompel" -Jes. 8:19; 29:4); baie geleerdes is van mening dat "geeste van afgestorwenes" dus 'n term is wat gebruik kan word o.a. vir "geeste wat weerse" (en verwys dan nie na die geeste van die afgestorwenes self nie). 

DIE BEGRIP "DOOIES":

"Dooies" word nie as "lewendes" gesien nie - kan nie leef op die aarde nie (Luk. 20:38; 24:5; Ecc 9:5,6). Die begrip "dooies" word veral gebruik om te verwys na "die liggaam" vd een wat doodgegaan het (nie die gees/siel nie)(Ps. 88:4-6; Num. 16:48; Eseg. 37:9) - dooies is in die graf/kuil (is soos 'n pit/tronk)(maw, die begrip "dooie" word meer gebruik in konteks met "die liggaam" van die een wat doodgegaan het, nie sy "siel" nie). Wanneer iemand doodgaan word hy as 'n "dooie" gesien, maar natuurlik weet ons dat wanneer iemand doodgaan dit sy uiterlike mens ("die liggaam) is wat doodgaan (nie "die siel" nie). Die mens is nie net uiterlik van aard (uiterlik mens) nie, maar het ook 'n innerlike (die gees vd mens / die innerlike mens).  Wanneer die mens sterf/doodgaan, is dit sy uiterlike wat sterwe (en verderf in die graf), - die innerlike (die gees) vd mens wag dan op die oordeel vd tweede dood (oordeel vd hel / ewige oordeel / poel van vuur-Openb. 20:14; Matt. 25:41 ens.)(verwys na die "natuurlike mens"); maar in die geval vd geestelike mens (die wat weergebore is) wag sy gees op die opstanding (waarin hy dan verenig word met sy liggaam en die liggaam verander word in 'n onverganklike liggaam - sal dan vir ewig lewe-Joh. 6:39,40; Fil. 3:21 ens. - die wat opstaan tot lewe sal nie deur die tweede dood gaan nie) (l.w. dat "aanneming tot kinders" eers voltrek word met hierdie vereniging vd liggaam...). Ons mag nie offerande maak of deel he aan offers aan dooies nie (Ps. 106:28). Ons moet ook nie dooies raadpleeg nie (Deut. 18:10,11).  Volgens (Ecc. 9:5,6) weet die dooies glad niks nie!, en het geen deel aan dit wat onder die son gebeur nie... Om dooies te raadpleeg is net nutteloos nie maar verkeerd omdat jy veronderstel is om die Here te raadpleeg ("...Moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie?; moet vir die lewendes die dooies gevra word?" - Jes. 8:19). ONDER DIE TEMA VAN DOOIES SIEN ONS DIE KONTEKSE VAN "RAADPLEEG" en "OFFERANDE" (en dus belangrike temas waarop ons moet inkyk op hierdie pos).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie studie moet ons dus noodwendig ook stilstaan by die temas van 

(1) "GEESTE VAN AFGESTORWENES OF DOOIES RAADPLEEG" (want dit is in hierdie konteks wat die begrip "geeste van afgestorwenes" gebruik word),

en 

(2) "OFFERANDES GEMAAK AAN DOOIES": 

Kinders vd Here word belet om geeste van afgestorwenes of dooies te RAADPLEEG, en word ook belet om OFFERANDES te maak of deel te he aan offerandes gemaak aan dooies. 

RAADPLEEG:

(Deut. 18:10,11)  "Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, 

-of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, 

-of wat die dooies raadpleeg nie.

Die begrip "raadpleeg geeste van afgestorwenes" ("obe" - familiar spirits) is eintlik 'n praktyk waar ander en bose geeste geraadpleeg word. Wanneer iemand hierdie doen is hy nie noodwendig besig om met die gees van die een wat doodgegaan het, te praat nie..., maar eerder besig om met ander -en bose geeste te kommunikeer. 

Die begrip "dooies raadpleeg" ("daw-rash'"-"necromancer"-soek of vra/aanbid)  gaan oor "soek of vra" die dooies, en het dus te doen met aanbidding. Wanneer iemand hierdie doen is hy besig om sy hulp by die verkeerde bron te soek. 

"BRON" is belangrik...! Vir wie raadpleeg jy? Na wie luister jy? Ons raadpleeg die een in wie ons ons vertroue plaas. Die wat geeste van afgestorwenes raadpleeg is eintlik besig om te luister na goëlaars en waarsêers... - m.a.w., hulle raadpleeg die verkeerde bron en is in die proses eintlik besig om te luister na mense wat gode raadpleeg en/of tye gebruik om te voorspel... (Deut. 8:14). Wanneer 'n Christen raad nodig het moet hy seker maak hy raadpleeg die Here - moenie afgode, dooies, waarseers, ens. raadpleeg nie. (Jes. 8:19 - "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?")

 In vandag se lewe is hierdie dinge baiemaal weggesteek onder ander name, bv. dat hulle dooies raadpleeg deur 'n speletjie, of antwoorde gaan soek in oosterse meditasie praktyke, ens.  L.w., die groot verskil tussen 'n profeet vd Here en 'n waarseer is DIE BRON wat elkeen gebruik. Nie almal vir wie jy raadpleeg het die Here as bron nie!  Bv., wanneer jy 'n dienskneg vd Here raadpleeg raadpleeg jy iemand wat die Here as bron gebruik, maar wanneer jy iemand soos 'n waarseer of dodebesweerder raadpleeg, raadpleeg jy iemand wat 'n ANDER BRON gebruik. Dit is belangrik om te weet "watter bron" iemand gebruik voor jy hom raadpleeg - sommige Christene laat na om hierin te kyk, en wanneer 'n Christen opsetlik iemand raadpleeg wat 'n ander bron gebruik is hy besig om die Here te terg! (2 Kon. 21:6). In Deut. 18:13 word so iemand beskryf as iemand wat nie opreg is met die Here God nie.  Om geeste van afgestorwenes of dooies te raadpleeg, word o.a. "gruwels" ("to-ay-baw'" - iets gruwelik, 'n gruwelike praktyk of ding) genoem in die Skrif (Deut. 18:9,12). Nog ander gruwelike praktyke wat genoem word in Deut. 18, is: waarsêery (voorspelling), goëlery (voorspelling deur tye dop te hou), verklaring van voortekens (towervloeke uitspreek), towery (towerpraktyke), die wat met besweringe omgaan (die wat met vloeke omgaan), en die met ‘n gees wat waarsê (vra/raadpleeg ander geeste). Ons sien dat in al hierdie praktyke gaan dit oor die bron wat gebruik (en geraadpleeg) word;  bv., dit is 'n gruwel om geeste van afgestorwenes of dooies te raadpleeg, want so iemand is eintlik besig om ander -en bose geeste te raadpleeg...

OFFERANDES:

(Psa 106:28,29 - "Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet; en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat ‘n plaag onder hulle uitgebreek het"). Daar is veral baie skrifte wat waarsku teen "offerandes aan afgode/duiwels" (Eks. 22:20; 34:15; Hand. 7:41; 1 Kor. 10:20; Lev. 17:7; Deut. 32:16,17) - hierdie het te doen met "aanbidding" en word o.a. "geestelike hoerery" genoem (m.a.w., wanneer 'n kind vd Here offer aan gode/duiwels, is dit soos iemand wat "hoereer" -hier geestelik bedoel, want kinders vd Here behoort eintlik aan die Here...). "Offerandes aan dooies" kan ook gesien word as 'n vorm van aanbidding en dit hoort nie so nie. Hierdie offerande aan dooies gaan terloops gewoonlik gepaard met gebed tot dooies, o.a. buiging, of waar hulle hulp vra/daar spesifieke dinge van die dooies versoek word, of hulle hul om raad vra, ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SKRIFTE OOR "GEESTE VAN AFGESTORWENES":

Lev. 19:31  Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

Lev. 20:6  En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.

(Deut. 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

(1Sam. 28:3)  En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.

(1Sam. 28:8)  Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem. (1Sa 28:9)  Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ‘n val vir my op om my dood te maak?

(2Kon. 21:6)  ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.

(2Kon. 23:24)  Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die HERE gekry het.

Jes. 8:19  En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

Jes. 19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

SKRIFTE OOR "DOOIES":

(Num 16:48)  En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.

(Eze 37:9)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.

(Isa 8:19)  En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

(Ecc 9:5)  Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
(Ecc 9:6)  Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

(Psa 106:28)  Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;

(Psa 88:4)  Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
(Psa 88:5)  Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
(Psa 88:6)  vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.


(Luk 24:5)  En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
(Luk 20:38)  Hy is tog nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kan die gees van 'n afgestorwene aan iemand verskyn?

Wanneer dit kom by die tema van "geeste van afgestorwenes" verwys dit nie na alle gevalle waar afgestorwenes aan iemand verskyn het nie, maar word spesifiek gebruik in die konteks van "oproep van geeste".  Bv. in die geval waar Elia en Moses aan Jesus verskyn het (Mark. 9), het niks te doen gehad met oproep van geeste nie! (hierdie was ook nie 'n geval van "spoke" nie, want Petrus, Jakobus en Johannes het ook vir Moses en Elia werklik ervaar, en wou selfs vir elkeen van hulle 'n hut maak...) (dit is ook nie bloot 'n geval van mense wat nooit gesterf het nie, want Deut. 34:5,6 verklaar dat Moses "gesterwe" het...). Jesus was bloot in gebed tot die Vader toe dit gebeur (Luk. 9:29)(Hy was m.a.w. besig om die Vader te raadpleeg, nie geeste van afgestorwenes nie). M.a.w., die verskyning van 'n gees van 'n dooie is nie onmoonltik nie, maar dit gaan oor die konteks van daardie verskyning. As ons bv. besig is om die Here te raadpleeg, kies Hy die metode waarop Hy ons antwoord - hetsy dit is deur 'n droom, visioen, of Hy 'n engel of profeet na ons stuur, of deur Sy Gees met ons praat..., watter metode Hy ookal wil gebruik - en Hy kan selfs 'n afgestorwene stuur as Hy wil! (maar in daardie geval is die Here geraadpleeg, nie die gees van 'n dooie geraadpleeg nie). Ons leer uit Luk. 16 dat afgestorwenes (se geeste) nie vry is om te kom en gaan soos hulle wil nie - vir ongelowiges wil dit beslis nie lyk of dit enigsins moontlik is nie, maar dit mag verskillend wees vir gelowiges (maar ook nie iets waaroor hulle dan self kan besluit nie). En sou dit moontlik wees, moet dit nie gesoek word deur praktyke soos die oproep van geeste nie... 

Dit is net soos die tema van engele wat deur die Here gebruik word, maar ons bid nie tot die engele nie, maar tot die Here (en Hy sal Sy engele uitstuur as Hy wil...). Wat dus belangrik is hier is DIE BRON en WIE GERAADPLEEG WORD. Die Here word nie geraadpleeg deur die gebruik van heidense praktyke soos oproep van geeste nie! - moenie jou antwoorde in hierdie praktyke gaan soek en dink jy is besig om die Here so te raadpleeg nie, want as jy dit doen is jy eintlik besig om die Here te terg (en nie opreg met Hom nie!).  Die Here kan 'n afgestorwene stuur as Hy wil, maar gelowiges word verbied om afgestorwenes te raadpleeg/op te roep.  

Daar is nog 'n vb. in 1 Sam. 28 waar dit lyk of die gees van 'n profeet verskyn, maar dit is 'n geval waar Saul verkeerdelik 'n gruwelike praktyk opgesoek het en 'n dooie geraadpleeg het 1 Sam. 28; 1 Kron. 10:13,14). Saul het gesondig deur hierdie te doen, en het terloops daarvoor betaal...  In die betrokke vb. in 1 Sam. 28 wil dit voorkom of dit die profeet self is wat met hom kommunikeer, maar was dit werklik so? (v. 13 verwys na hierdie gees as 'n "bonatuurlike wese" - wat in die Engels vertaal is as "gods" / en in Hebr. "el-o-heem'"-engele, gode, regters). Nietemin of dit werklik hier Samuel was of nie, die feit bly staan dat kinders vd Here belet word om "geeste van afgestorwenes te raadpleeg", en met rede (want hoe weet jy met wie daar werklik gekommunikeer word?). Ons moenie soos Saul ongeduldig wees wanneer die Here ons nie antwoord of onmiddellik antwoord nie, maar liewer selfondersoek doen "hoekom die Here ons nie antwoord nie", of wag op die Here. Koning Saul het hierdie fout gemaak, dat toe hy nie 'n antwoord vd Here kry nie, het hy wederstrewig gebly en die antwoord gaan soek by 'n dodebesweerder (1 Sam. 28:6-19).  A.g.v. sy ongehoorsaamheid het die Here hom omgebring en die koningskap van hom weggeneem, en die koningskap laat oorgaan op Dawid (en sy bloedlyn). Daar is altyd gevolge wanneer ons wetend ongehoorsaam is aan die Here. Hierdie was so 'n ernstige saak in die O.T. dat die Here Sy aangesig teen so iemand (wat hom begewe tot hierdie dinge) gedraai het en hom selfs uitgeroei het onder die volk... (Lev. 20:6).

Is SPOKE geeste van afgestorwenes?

Sommige mense glo dat daar nie iets soos spoke bestaan nie, maar baie mense getuig daarvan dat hulle al spoke gesien het en hierdie verskynsels is terloops niks nuuts nie.  In die Skrif is daar ook 'n paar voorbeelde waar melding gemaak word van spoke (" fan'-tas-mah " - gees)(Matt. 14:26; Mark. 6:49). Dit is egter 'n redenasie onder geleerdes oor wat "spoke" presies is.  Is dit werklik geeste van afgestorwenes?, of is dit ander geeste wat hulle voordoen as afgestorwenes? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 05 Januarie 2019

Dooies/Begrafnis/Rou

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA die onderwerp van DOOIES.

Die volgende onderwerpe word o.a gedek:  
-begrafnis, 
-wette rondom dooies, 
-onreinheid van doodsbene, 
-geeste van afgestorwenes, 
-rou en ween.
_________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Ons ween nou wanneer 'n geliefde doodgaan, maar anders as die goddelose het gelowiges hoop om mekaar eendag weer te sien wanneer hulle opgewek word.  Op dieselfde wyse het die dissipels se droefheid  in blydskap verander met Jesus se opstanding uit die dode! (Joh. 16:20-22).  Maar wanneer iemand 'n goddelose of onbesnedene van hart aan die dood oorgee, dan is daar geen hoop om hom weer te sien nie... - so iemand is "VERGETE IN DIE GRAF",  wat verwys daarna dat sy naam tot niet sal gaan asof die Here nie meer aan hom dink nie - "afgesny van Sy hand" met geen hoop om weer te LEWE nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html).  Uiteindelik sal die dood en die doderyk  (m.a.w., die wat nie deel het aan die eerste opstanding nie-Openb. 20:6,13-15voor die Wit troon van God verskyn en sal geoordeel word (m.a.w., ook hierdie dooies sal herlewe, ja, maar dit is nie dieselfde soort herlewing soos die wat opstaan met eerste opstanding nie...) - die wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie, sal dan in die poel van vuur gegooi word - DIT  IS  DIE  TWEEDE  DOOD (Openb. 20:13,14)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).    

Maar die wat aan die Here behoort - oor hulle het die dood geen mag nie  (m.a.w., die wat in Jesus Christus glo) - hulle het die belofte van opstanding uit die dood, opstanding tot LEWE, en aan hulle is die belofte gemaak dat hulle DIE AARDE sal BEëRWE...  Jesus Christus sal eendag Sy koninkryk opneem - Sy "party" sal aan bewind kom! en oor die hele aarde regeer. Christene is huidiglik soos politikuste of spreekbuise vir die Here se "party" (nl. "die koninkryk van God") - en hulle is soos mense wat uitgaan om mense te wen vir hierdie "party". Die koninrkyk van God is wel hemels van aard, maar sal ook eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde. Christene is wel nou die "verloorders" op aarde (bv., hulle behoort aan 'n hemelse "party" en is nie aan bewind nie) maar sal eendag die wenners wees wanneer Jesus Christus se "party" aan bewind kom en Hy Sy koninkryk oprig - en hulle sal saam met Hom regeer... (Openb. 20:6).  

Wanneer ons ons laaste asem uitblaas, sterf ons - vir hierdie doel kan ons dit seker noem 'n "eerste" dood, maar daar is hoop vir elkeen wat nog in die lewe is om seker te maak dat hulle nie die "tweede dood" sterf nie. Die wat glo in Jesus Christus en Hom dien se name sal nie vergeet word wanneer hulle in die graf kom nie, want wanneer Hy terugkom sal Hy hulle opwek uit die dood (1 Pet. 1:3). Omdat Jesus die dood oorwin het deur die opstanding uit die dode (opstanding tot ewige lewe) kan die dood nie oor Hom heers nie, en Hy het die dood oorwin! (Rom. 6:9).  Elkeen wat in Hom glo het die belofte dat hulle ook die dood sal oorwin omdat Hy hulle sal opwek wanneer Hy terugkom (Joh. 5:29; Dan. 12:2,3; Hand. 24:15). Die duiwel het die mag oor die dood gehad (Hebr. 2:14), maar Jesus Christus het nou die sleutels van die dood en vd doderyk (Openb. 1:18). Hy koop hulle los uit die doderyk.... Hierdie was 'n belofte van die Vader aan Sy kinders dat Hy die dood vir ewig sou vernietig... (Jes. 25:8), en dat Hy hulle uit die mag van die doderyk sou LOSKOOP (Hos. 13:14) - (2Ti 1:10)Jesus Christus heers oor die dode sowel as oor die lewende! (Rom. 14:9) en Hy sal die lewende en die dode oordeel by Sy verskyning en Sy koninkryk (2 Tim. 4:1; 1 Pet. 4:5; Hand. 10:42), en het die mag om te besluit wie opgewek word en wie nie, en wie opgewek word tot lewe, en wie tot veroordeling (Joh. 5:29). Hy sal die wat Hom volg en dien se liggame opwek uit die dode en hulle liggame verander tot verheerlikte liggame - ook genoem "die opstanding".(Joh 17:2 - "soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee")(Kol 3:3). Almal wat "glo" sal opgewek word;  alhoewel nie almal wat opgewek word opgewek sal word tot lewe nie!, want alle gelowiges sal voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10) - en die onregverdiges, ongehoorsames, onbarmhartiges (die wat nie, of nie die nodige vrug dra nie) sal afgesny en uitgegooi word...  (Matt. 13:39,41,49; 22:12-14; Matt. 25 ; 3:10; 7:9; Joh. 15:6; Hebr. 6:7,8; 10:26,27; 2 Pet. 2:20 ens.). Hierdie is iets wat Jesus Christus self geleer het, bv. o.a. ook dat die wat nie in Hom bly nie, in die vuur gegooi sal word... (Joh. 15:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

Oor die eeue het verskillende volke nog altyd verskillende maniere gebruik om hulle dooies te begrawe. Wat egter die vraag oor "verassing" aanbetref is daar geen spesifieke riglyne in die Skrif daaroor "as 'n manier om te begrawe" nie, en geleerdes verskil ook heelwat oor die tema van verassing.

Vir meeste mense (en hulle families) is dit belanrik "waar" hulle begrawe word, en miskien "saam met wie" (soos ook vir baie gelowiges oor die eeue - Gen. 47:30; 30:5; Rig. 8:32; 16:31; 1 Kon. 13:22,31; 2 Kon. 21:26). In so 'n mate was dit vir die O.T. gelowiges belangrik, dat weiering om op dieselfde plek as die familie begrawe te word, somtyds soos 'n straf vir 'n ongehoorsame gebruik is... (1 Kon. 13:22). O.a. was een vd konings bv. gewaarsku dat hy 'n "eselbegrafnis" sou kry, sou hy hom nie bekeer nie (Jer. 22:19).

Jesus het vir ons gewys dat daar 'n balans moet wees bv. dat "om die dooies te begrawe" nie so belangrik is soos wat dit is om die koninkryk van God te verkondig nie (Matt. 8:22; Luk. 9:60). Tog duidelik het Hy nie bedoel dat dit verkeerd is om iemand te begrawe, of nie nodig is nie, maar dit het hier gegaan oor prioriteite. Sommige mense is so opgeneem deur die rou dat dit vir hulle belangriker is om tyd by die graf te spandeer as om tyd vir die Here uit te koop. Waar "rou" iemand se gedagtes heeltemal oorneem of dit hom bv. stuit om vir die Here te werk soos die vb. in Matt. 8 en Luk. 9 is daardie persoon se balans verkeerd. Die dringendheid van om die evanglie te verkondig is baie belangriker as om tyd by die graf te spandeer. Sommige mense sal liewer by 'n graf gaan sit en hulle hart uitstort teenoor 'n afgestorwene as wat hulle met die Here sit en praat!? (asof afgestorwenes vir hulle kan laat beter voel of antwoorde gee?). Ons moet onderskei of dit "verlange" is wat iemand na 'n graf toe neem?, of is dit dat hy nie sonder daardie persoon kan lewe nie. Ons hoop moet in die Here wees, nie in mense nie, en duidelik nie in die afgestorwenes nie. Die rede waarom daar verbied word om "dooies te raadpleeg" gaan juis oor hierdie feit dat iemand sy hoop in 'n dooie plaas terwyl hy eintlik die Here moet raadpleeg.  Daarom word gelowiges ook verbied om rituele uit te voer ter wille van dooies, bv. om 'n tekening op die vel te maak ter wille van dooies, om hare te skeer ter wille van dooies, ens. Nie dat daar noodwendig iets verkeerd is met 'n tekening op die vel of om jou hare te skeer nie, maar dit gaan oor die konteks waarin dit hier geskied. In hierdie konteks gaan dit oor die feit dat dit gedoen word TER WILLE VAN 'n dooie (wat verkeerd is).

In hierdie pos behandel ons meer die LETTERLIKE sy van "doodgaan" (bv., kyk bv. na woorde soos "begrawe" (Gen. 15:15 ens.) "sterf / sterwe" (Gen. 2:17; 19:19...),"doodgaan" (Eks. 7:18), "dooie liggaam" (Matt. 24:28), "gebeente" (Gen. 50:25; Eks. 13:19; Jos. 24:32; Hebr. 11:22) ens.); MAAR siende die mens TWEELEDIG VAN AARD is, moet ons verstaan dat "dood" nie net 'n letterlike verwysing het nie.  Die innerlike mens sterwe bv. nie onmiddellik wanneer die uiterlike sterwe nie, maar sal ook uiteindelik "doodgaan" ("figuurlike" verwysing)(verwysing na "tweede dood" / oordeel vd hel) as hy nie vernuwe word nie. 
Vir die innerlike mens om aan die lewe te bly het hy die ASEM vd Heilige Gees nodig, en hy moet die regte geestelike KOS EN WATER kry...(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEGRAWE / BEGRAFNIS:
Ons begrawe ons dooies in grafte (Gen. 23:4,6,9; Mark. 6:29), en plaas gedenkstene daarop sodat ons kan sien waar iemand begrawe is (Gen. 35:20). Of grafte net wit geverf word om fraai te lyk (Matt. 23:27) is miskien nie al rede nie, want grafte moes ook goed sigbaar wees (Luk. 11:44) siende enige iemand wat daaraan raak vir 7 dae sou onrein wees... (Num. 19:11,16).

Vir baie van ons is dit belangrik "waar" ons begrawe word, net soos dit vir Jakob belangrik was (Gen. 47:30; 30:5; Rig. 8:32; 16:31; 1 Kon. 13:22,31 ens.), en sal miskien graag in 'n tuin begrawe wil word "waar ons geliefdes ook begrawe is" - 2 Kon. 21:26; of  miskien op 'n spesifieke stuk grond wat persoonlike waarde dra of omdat ons graag net langs ons geliefdes wil wees met die tyd van "die opstanding" (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html). Die profeet in 1 Kon. 13 (vir wie dit lyk of hierdie ook belangrik was) was hierdie voorreg geweier omdat hy aan die Here ongehoorsaam was... (1Kon. 13:22).  In Jer. 22:19 was die koning van Juda gewaarsku dat hy 'n "eselsbegrafnis" sal kry as hy hom nie bekeer nie (Jer 22:19) - dit wil voorkom of eselsbagrafnis hier beteken het dat hy nie in Jerusalem begrawe sou word nie maar weggesleep en ver vd poorte van Jerusalem af neergegooi sou word, en kan miskien vgl. word met soos wanneer iemand se lyk weggegooi word (Jer. 36:30).

Nog 'n manier waarop dooies begrawe is in Bybelse tye was om die dooie in 'n gat soos 'n kuil te gooi en klippe op te stapel (2Sa 18:17) - hierdie was ook moontlik meer die manier waarop armes begrawe is (Jos. 7:26; 8:29).

Vandag is daar ook nog die opsie van "verassing", maar is 'n tema wat al heelwat redenasie uitgelok het siende daar geen spesifieke riglyne t.o.daarvan in die Bybel bestaan nie (rol af vir meer oor hierdie onderwerp).

Kiste:
Daar is slegs een vb. wat in die Skrif genoem word van 'n kind van God "wat in 'n kis begrawe is", en dit was Josef.  Kiste was nie 'n Joodse gebruik nie, maar gebruik in Egipte (en met Josef se geskiedenis is dit logies dat hy soos die Egiptenaars in 'n kis begrawe is)(Gen. 50:3,26). Eerder as afsonderlike grafte lees ons in N.T. tye dat hulle groot kamers in die rotse gemaak het waarin 'n paar mense begrawe kon word (Jes. 22:16; Joh. 19:41,42). In die O.T. is daar ook verwysings na soortgelyke gebruike, bv. Jakob wou in 'n "spelonk" (grot) begrawe word (saam met familie) op 'n spesifieke stuk grond in die land Kanaän (Gen. 49:29).

Die lyk was gesalf en in doeke toegedraai (Luk. 23:53,56; 24:1 ens.). Die graf het gewoonlik 'n lae deuropening gehad, maar was ruim binnekant, en 'n ronde klip of plat steen was dan voor die deuropening gerol (Luk. 24:2).  Alhoewel, wanneer die vlees ontbind het, is die beendere wel somtyds in houtkiste of klipkiste geplaas, terug in die graf (die name van die dooies was blykbaar ook dikwels op die kiste uitgekrap).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Salf en balsem / In doeke toedraai:
Ons sien dat volke op verskeie maniere hulle dooies gesalf het met speserye wanneer hulle hul begrawe. Dit was somtyds 'n lang proses, soos bv. in die geval met die Egiptenare.
Dit was ook die gewoonte vd Jode om hulle dooies te SALF wanneer hulle hul begrawe.
-  (Joh 19:39)  En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.(Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. 
-  (Mat 26:12)  Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.
-  (Mar 14:8)  Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf.
-  (Joh 12:7)  Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
-  (2Ch 16:14)  En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ‘n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom ‘n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.
-  (Joh 19:39,40)  En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig. (Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
- (Mat 26:12)  Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.

Dit wil voorkom of Israel (Jakob) gebalsem was (soos die manier wat die Egiptenare dit gedoen het):
-  (Gen 50:2)  En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.(Gen 50:3)  En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween. 

Behalwe dat die dooie liggaam met salf behandel is, was dit ook die gewoonte om dit in doeke toe te draai:
-  (Joh 11:44)  En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.
-  (Joh 20:6)  Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê; (Joh 20:7)  en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
-  (Act 5:6)  Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
-  (Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gelowiges word beveel om weg te bly van praktyke soos die volgende:
waarin dooes geraadpleeg word (Deut. 18:11). 
- Dit is ook nie geoorloof om offerandes gemaak aan dooies, te eet nie (Psa 106:28,29).
-  Nog dinge wat verbied word is waar mense ingeprikte tekeninge maak of snye in hulle vlees (Lev 19:28) TER WILLE VAN DOOIES
-  of ter wille van 'n dooie hulleself stukkend kerwe of 'n kaalte maak tussen die oë (Deu 14:1).
Hierdie het alles te doen gehad met "ander geloofspraktyke".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die onreinheid van DOODSBENE:
Onder die wet van Moses was daar, wat die dooies aanbetref, ook 'n paar reëls wat nagekom moes word en het te doen gehad met die tema van "onreinheid".  Bv., enigeen wat 'n lyk van 'n mens aanraak was vir 7 dae onrein (m.a.w. "nie skoon nie" - besoedel)(Num 19:11-18). Om weer rein te word moes 'n prosedure gevolg word asook moes die 7 dae uitgewag word (Num. 19:12,13) - op die 3de en 7dag moes so iemand "ontsondig" word, wat beteken het dat die persoon besprinkel word met 'n mengsel van die sondoffer se as en vars water (Num. 19:9,18) - dit moes dan deur iemand wat rein is met behulp van hisop (wat in hierdie water ingesteek is) op die onrein persoon (of artikels) besprinkel word.  As hulle nie hierdie prosedures gevolg het nie, dan sou dit verdere gevolge hê (Num. 19:13). Dawid maak ook melding van hierdie reinigingsproses in een van sy psalms: -(Psa 51:7)  (51:9). Vgl. dit gerus met die vb.e in 1 Kon. 13:2 en 2 Kon. 23:16 waarin duidelik te sien is dat Josía dit ook so verstaan het dat doodsbene iets ontreinig (bv. dit kan 'n altaar verontreinig"). Niemand kon bv. in die tabernakel DIEN as hulle onrein is nie, en die gevolg van onreinheid was ook dat dit ander dinge kon onrein maak, bv. die tabelnakel of kamp ens. Die tema van "rein en onrein", bv. t.o.v. hierdie dinge,  is egter meer figuurlik van aard in die N.T. (https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html) en ons is nie meer onder die wet van Moses nie. Ons moet ook die Skrif in geheel sien en verstaan dat die Here iets onrein kan verklaar in een "bedeling" maar rein in 'n ander (natuurlik NIE hier verwysend na sondes nie!). Christus het baie siekes gesond gemaak en selfs dooies opgewek uit die dood - en hulle selfs aangeraak (bv. Luk. 7:12-14), en was terloops nie hierdeur gestuit om te BEDIEN (asof Hy nou onrein is) nie. Nietemin in watter "bedeling" ons onsself bevind ons moet altyd onderskei tussen wat is rein, en wat is onrein.  Bv., wat is dit wat Jesus Christus as rein verklaar?, of as onrein verklaar?  .Die tema van rein en onrein diere en Hand. 10:9-17 is 'n goeie vb. hiervan... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Maar dit beteken natuurlik nou nie dat doodsbene in die N.T. geensins iemand kan onrein maak nie, want dit gaan beslis oor die konteks.  Siektes kan bv. wel op hierdie manier oorgedra word maar dit is nie geheel die konteks hier bedoel nie. 'n Christen gaan bv. nie gestuit word om te bedien bloot omdat hy aan 'n dooie geraak het nie, en het dus in so 'n geval nie seremoniële reiniging nodig nie.

VERASSING:
Party mense mag miskien 2 Kon. 23:16 as 'n vb. noem van waarskuwing teen VERASSING, maar in konteks het dit eintlik verwys na "die onreinheid van doodsbene".  Die kwessie van verassing is natuurlik 'n punt van redenasie en daar is verskeie geloofsgroepe wat 'n probleem het met verassing.  Daar is geen Skrif wat gelowiges waarsku teen verassing nie, maar daar is ook geen skrif wat vir ons leer dat verassing 'n metode was gebruik deur gelowiges in Bybelse tye nie.  "Verbranding" is natuurlik die onderwerp waarop miskien ingekyk moet word - ons sien bv. dat afgode verbrand moes word (Deut. 7:25); Moses het die goue kalf verbrand (Eks. 32:20); twee priesters is verbrand omdat hulle die Here kwaad gemaak het (Lev. 10:1,2); 250 Israeliete wat teen Moses en Aaron rebelleer het is deur vuur verbrand (Num. 16:35); met die wit troon oordeel sal die ongeregtiges in die helse vuur gegooi word en vir ewig brand... ens. Ons sien dus dat "verbranding" ook 'n teken was/is van vernietiging, oordeel, wraak ens., maar dit gaan beslis ook oor die bedoeling.  In Jos. 7:25,26 is ook 'n vb. van ongehoorsames wat met vuur verbrand is voor hulle met klippe toegegooi is. In hierdie konteks was dit beslis 'n vorm van oordeel, maar dit beteken nie dat enige dooie wie se liggaam verbrand word vervloek word nie.

Dit is met hierde in gedagte waarom sommige 'n probleem het met verassing, en sommige is bang dat verassing kan veroorsaak dat hulle nie opgewek word wanneer Jesus Christus terugkom nie. Daar is egter geen skrif wat vir ons leer dat die liggaam wat verbrand is nie opgewek kan word nie;  inteendeel, wat sal gebeur met gelowiges wat verbrand is tydens verdrukking? Die voorwaarde om eendag opgewek te word is geloof in Chrisuts Jesus, nie die voorwaarde dat iemand se liggaam nie verbrand word nie. En l.w. dat die liggaam in die graf in elk geval tot niet gaan - "soos ‘n ding wat lê en vergaan" (Psa 31:12) (31:13);  TOG moet ons nie dink dat 'n dooie liggaam altyd sonder krag is nie! - kyk wat het gebeur toe 'n dooie man in die graf van Elisa (die profeet) gegooi word (2Kon. 13:21). Meeste gelowiges is egter van mening dat wanneer dit by begrafnis kom,  hulle liewer die vb. navolg van die eerste Christene wat almal hulle dooies begrawe het, NIE veras het nie (Joh. 19:40 ens.). Siende daar geen riglyne in die Bybel is rondom die onderwerp van verassing nie is baie van mening dat dit seker beter is om te bly by die ou metodes... 

Alhoewel die dooies nie self kan herlewe of opstaan nie (Jes. 26:14), sal alle dooies weer herlewe, maar dit sal gebeur wanneer die Here hulle laat opstaan om geoordeel te word (en verskillende groepe op verskillende tye) - en almal sal nie op dieselfde manier herlewe nie bv., nie almal sal "opstaan tot lewe" (genoem "die opstanding") nie; bv.,  sommige sal opstaan tot veroordeling;  en die "herlewing" aan die einde vd volgende eeu lyk ook anders as die "opstanding" wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom (terloops is alle liggame nie dieselfde nie, maar daar is verskillende soort liggame... -1 Kor. 15:39-41). Elke opstanding of 'n geval waar dooies herlewe, gaan gepaard met oordeel. Sommige glo dat hulle hierdie oordeel kan vryspring wanneer hulle die liggaam veras, maar natuurlik is daar geen Skrif wat dit leer nie en al vergaan hierdie huidige liggaam (van "vlees en bloed"), vergaan die innerlike mens nie wanneer die liggaam in die graf is nie! (maar wag dan op die OORDEEL vd tweede dood, tensy iemand wedergebore...)(Luk. 16:19-31; Matt. 10:28)(Mat 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel"). Die mens is tweeledig van aard, nl. letterlik (uiterlike mens) en figuurlik (innerlike mens). Wanneer die mens doodgaan (laaste asem uitblaas) sterf die uiterlike mens ("eerste" dood), maar wat word vd die gees wat in die mens se binneste geformeer word? Die innerlike mens (siel/gees)(word ook na verwys as "siel") kan dan gesien word soos 'n gees sonder vlees en bene (Luk. 16:19-31; Matt. 10:28). Die "natuurlike mens" wag dan op die oordeel (vd hel)(ook genoem, "tweede dood"); terwyl die "geestelike mens" wag op die opstanding tot LEWE (oor hulle het die tweede dood geen mag nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
Ons word verbied om dooies te raadpleeg:
Die wat dooies raadpleeg is nie opreg met die Here God nie (Deut. 18:13). 
Hier gaan dit beslis oor "wie dit is vir wie ons RAADPLEEG".  

Die wat hulle begewe tot die dode is nie besig om die Here te raadpleeg nie - daarom sien ons die belangrikheid vd profeet (asook die Urim en drome - 1 Sam. 28:6) in die O.T. (Deut. 18:18) want dit was 'n wyse waarop die Here geraadpleeg word. Jesus Christus het baie klem gelê op die belangrikheid van om IN HOM te BLY en hoe ons niks sonder Hom kan doen nie...  Die wat nalaat om Hom te raadpleeg gaan soek antwoorde op verkeerde plekke (Sef. 1:6). (Jes. 8:19 - "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?"). Gelowiges moet nie ongeduldig raak wanneer die Here hulle nie onmiddellik antwoord nie. Koning Saul het hierdie fout gemaak, en toe hy nie 'n antwoord kry nie gaan soek hy 'n vrou op wat 'n dodebesweerster is (1 Sam. 28:6,7) en vra haar om die profeet Samuel (wat toe al dood was - v.3) te laat opkom (1 Sam. 28:8-19). Op hierdie manier het hy ontrou teenoor die Here begaan, en behalwe sy wederstrewigheid, nog hierdie sonde ook gepleeg (deur die gees van 'n afgestorwene om inligting te vra)(1 Kron. 10:13,14) - a.g.v. sy ongehoorsaamheid het die Here hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid.  Op geen stadium is dit vir 'n gelowige geoorloof om afgestorwenes om inligting te vra nie - ons mag nie met hierdie "siele" kontak maak nie. Hierdie is 'n ernstige saak vir die Here - in so 'n mate dat Hy verklaar het dat sou ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, Hy Sy aangesig teen dié persoon sal rig en hom uitroei onder sy volk uit (Lev. 20:6). Waarna die woorde "om agter hulle aan te hoereer" veral verwys is die probleem dat hulle hul hoop eerder plaas in afgestorwenes (raadpleeg dooies) as wat hulle die Here raadpleeg (net soos wat mense doen wanneer hulle agter afgode aan hoereer).  Dit is dus nie onmoontlik dat 'n dooie se siel na iemand gestuur kan word nie:
- (soos ons sien die moontlikheid bestaan in Luk. 16)
- (en soos gebeur het toe die profeet Samuel opkom in 1 Sam. 28)
- (en kyk bv. waar Moses aan Jesus verskyn het en met Hom in gesprek was in Mark. 9),
MAAR die rede waarom die oproep van dooies verbied word het te doen met "wie dit is vir wie jy raadplaag".

Geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê:
In 'n paar skrifte word die woorde "geeste van afgestorwenes" en "geeste wat waarsê" in een sin gebruik - ook die woorde, "wat piep en/of mompel" (Jes. 8:19; 29:4). Sommige geleerdes meen dat "geeste van afgestorwenes" dieselfde hier bedoel, of in konteks gebruik word as met "geeste wat waarsê", alhoewel die term "geeste van afgestorwenes" natuurlik ook bloot net kan verwys na die "innerlike mens" (want wanneer die mens doodgaan is hy soos 'n "gees sonder vlees en bene").  Iets wat die Skrif vir ons leer oor dooies (of sekere dooies?), is dat hulle "glad niks weet nie", en geen deel meer het van wat onder die son gebeur nie (Pred. 9:5,6). Vgl. dit gerus ook met Jes. 29:4 -("Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van ‘n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep").  Wat interessant is van 1 Sam. 28 is dat dit wil voorkom of dit inderdaad die profeet Samuel was wat gepraat het, of was dit 'n gees wat waarsê? Hierdie is natuurlik dinge waaroor daar gedebateer word. Nietemin wat die werklike geval hier, ons mag nie die geeste van afgestorwenes (en/of geeste wat waarsê) raadpleeg nie.

'n Ander interessante punt van bespreking is die in Mark. 9, toe Jesus voor Petrus, Jakobus en Johannes van gedaante verander en in gesprek was met (Elía en) Moses (v.4). Nou ons weet dat Moses op hierdie stadium lank reeds in die graf was (Deut. 34:5,6) - hoe is dit dan moontlik dat Jesus hier kommunikeer met 'n afgestorwene?  Ten eerste sien ons in Luk. 9:29 dat hy in gebed was (tot die Vader) toe dit gebeur - Hy was m.a.w. nie besig om die dode te raadpleeg nie!, maar besig om die Vader te raadpleeg (en Moses en Elia is aan Hom gestuur).  Op dieselfde wyse stuur die Here Sy engele uit soos boodskappers, maar dit beteken nie dat ons die engele moet raadpleeg nie...

Sommige gelowiges glo dat gelowiges wat afgesterwe het se geeste vry is om te kom en gaan, en sommige glo dat ons afgestorwe broers en susters rondom ons is. So 'n persepsie kan moontlik gevorm word van die gelykenis in Luk. 16 waar dit wil voorkom of die ryk man wat hom in die doderyk bevind nie kan oorgaan oor die kloof nie en ook nie kon teruggaan (na die aarde) om sy broers te waarsku nie, maar dan vra hy vir Abraham om vir Lasarus terug te stuur - so asof dit moontlik is vir die aan die ander kant vd kloof om terug te gaan?  Let wel die ryk man se woorde in Luk. 16:30 - ("Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer"). Maar natuurlik, al sou ons ook veronderstel dat dit moontlik is vir ons afgestorwe broers en susters om te kom en gaan, beteken dit nie dat ons in kommunikasie met hulle verkeer, altans, hulle "raadpleeg" nie - EN WORD IMMERS VERBIED OM DIT TE DOEN.  Die Here praat op baie maniere met ons, bv. deur profete of drome en visioene, of deur Sy Gees.  En kyk maar hoe Hy Sy engele gebruik en o.a. uitstuur om boodskappe te bring.  En as Hy wil, kan Hy 'n dooie ook stuur!, maar wat belangrik is hier is dat dit nie ons is wat besluit hoe Hy met ons praat nie, maar dat Hy self daaroor besluit. Daarom raadpleeg ons nie engele of dooies nie, maar raadpleeg die Here en Hy besluit op watter manier Hy ons antwoord. 
_________________________________________________________________________________
Ons mag ons TER WILLE VAN 'N DOOIE nie stukkend kerwe of 'n kaalte maak..., en geen snye en ingeprikte tekening in die vlees maak nie;  - en mag ook nie (kos)offerandes aan dooies maak nie:

(Deu 14:1)  Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.  - DIE FEIT DAT DIE VOLK VAN GOD VERBIED WAS OM HULLESELF STUKKEND TE KERWE OF 'N KAALTE TUSSEN DIE Oë TE MAAK, WAS BEDOEL IN KONTEKS MET WAAR DIT GEDOEN IS "ter wille van dooies".  Hierdie gebruike was toegepas deur die heiden nasies wat hulle besig gehou het met afgodsaanbidding, oproep van dooies en allerhande ander verbode (heidense) praktyke.   
Vgl. hierdie ook met Lev. 19:28:
(Lev 19:28)  Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening ("tattoo") in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

Vgl. dit ook met Lev. 21:5 waar nog dinge genoem word wat deur die heidene gedoen is in AFGODSAANBIDDING (en ter wille van dooies): (Lev 21:5)  Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie. (Kyk ook Lev. 19:28, maar ook v. 27).  Kyk ook: (Jes. 15:2 - "Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is ‘n kaalte, elke baard is afgeskeer")(Jer. 16:6; 48:37...).

Nog 'n heidense praktiek wat verbode is vir kinders vd Here, is waar daar (kos)offerandes gemaak word aan dooies:
-(Deu 26:14)  Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ‘n onreine niks weggebring en daarvan aan ‘n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
-(Psa 106:28)  Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet; (Psa 106:29)  en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat ‘n plaag onder hulle uitgebreek het.
Vgl. hierdie met die tema van "die eet van afgodsoffers", want die gode vd heidene was baiemaal (van) hulle dooies soos bv. 'n koning wat gesterf het ens. (L.w. dat wanneer daar aan afgode geoffer word, word daar eintlik aan duiwels geoffer... ( 1 Kor. 10:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ROU EN WEEN:

Mag ons rou bedryf oor dooies? Natuurlik mag en is daar op verskeie maniere rou bedryf oor dooies oor die eeue, maar ons moet versigtig wees waar gebare uitgevoer word TER WILLE VAN dooies.  Meeste mense "sug in stilte" wanneer hulle rou, terwyl ander weer 'n vreeslike ophef maak. Esegiël was op 'n stadium belet om rou te bedryf (en liewer te sug in stilte), maar die rede hiervoor was spesifiek om as teken van iets anders te dien (Eseg. 24:17-27) - die bedoeling was nie dat dit verkeerd was om op dramatiese manier te huil en ween nie...  

Die manier hoe rou veral beskryf word in die Skrif is deur te "huil en te ween" - gewoonlik was daar 'n rou-tydperk (bv. 7 dae of so iets), en in sommige skrifte word melding gemaak van rouklere wat aangetrek was vir 'n tydperk:
-  (Mar 5:38)  En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien ‘n rumoer: mense wat baie ween en huil.  
-  (Luk 8:52)  En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.
-  (2Sa 14:2)  het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan ‘n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ‘n vrou wat al baie dae rou oor ‘n dode.
-  (Gen 50:10)  En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ‘n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.

Ander maniere van rou en weeklaag was wel o.a. geskeerde baarde, maar (weer-eens) mag NIE ter wille van dooies gedoen geword het nie (Jes. 15:2). Ook die skeur van klere en om grond op die hoof te gooi was 'n uitroep van rou, maar NIE gedoen ter wille van dooies nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------