Wys tans plasings met die etiket voortekens. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket voortekens. Wys alle plasings

Vrydag 29 Desember 2023

Gruwels

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip GRUWELS in die Skrif verwys. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het 'n GRUWEL tipies as volg beskryf: (Luk_16:15  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God).  In hierdie pos gaan ons kyk wat hierdie dinge is wat mense  so "hoog ag" in hulle harte, bv. in wie plaas hulle hul vertroue?  Wie raadpleeg hulle? Na wie luister hulle? Gruwels is tipies ONREIN DINGE wat iets of iemand anders onrein kan maak... Jesus het bv. geleer dat dit dit is wat uit die hart kom, wat iemand onrein maak... (bv. slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal (Matt. 15:19).

Daar is 'n lys van spesifieke dinge in die Skrif wat GRUWELS genoem word - die woord "gruwel" is die Hebr. woord "sheh'-kets" of "to-ay-baw'" wat verwys na gemors, iets vieslik, of 'n afgods objek...  Kinders vd Koninkryk mag hulle nie met gruwels ophou nie (Lev 18:26), en waar dit gebeur is daar altyd gevolge (die Christen self kan bv. daardeur verontreinig word- Lev. 18:24). M.a.w., wanneer 'n kind vd Koninkryk hom/haar met "gruwels" besig hou, word hy/sy besoedel (word vuil;  is dan m.a.w."nie meer skoon nie"). Die groot Babilon word o.a. "MOEDER vd hoere en VD GRUWELS VD AARDE" genoem... (Openb. 17:5), wat verwys na hoe goddeloos "sy" is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat word gesien as 'n GRUWEL?:

- (1) AFGODE (vreemde/nietige/drekgode aanbid) - om m.a.w. "agter ander gode aan te loop", Deut. 7:25; 13:13,14; 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7).  (Deu_27:15  Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak, ‘n gruwel vir die HERE, werk van ‘n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen).

- (2) AFGODSOFFERS: Offers aan ander gode is gesien as gruwels omdat so iemand "gemeenskap het met duiwels" (1 Kor. 10:20).  Die wat afgode aanbid, het op beurt die Hebreers se offers ook gesien as gruwels... (Eks. 8:26)(dit gaan oor "gemeenskap met"). Enige iets of iemand met wie jy gemeenskap het, kan jou onrein maak as dit of die persoon onrein is! Selfs die offer van 'n goddelose..., is 'n gruwel (is soos 'n onrein ding)(Spr._21:27  Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring).

- (3) In sommige skrifgedeeltes verwys die begrip "gruwels" na SONDES WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK..., bv. bloedskande, hoerery (Deut. 23:17,18; Rig. 20:6; ens.), egbreuk (Deut. 24:4), afgodsaanbidding, ditto geslag gemeenskap (Lev. 18:22; Rom. 1)(selfs om jou soos die ander geslag te gedra, is 'n gruwel: Deu_22:5  ‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel), gemeenskap met diere, onskuldige bloed vergiet/doodslaan (Rig. 20:6), steel, owerspel, ens. (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24). 

- (4) In konteks verwys gruwels oor die algemeen na AANBIDDING- EN RAADPLEEG PRAKTYKE WAT DEUR HEIDENE BEDRYF WORD... - die heiden groepe wat bv. in die Skrif genoem word is die nasies wat voor die volk verdryf was... Hierdie nasies was heiden nasies - hulle was nie deel vd Hebreeuse volk nie, en het ander gode aanbid en afgodspraktyke beoefen. Die volk van God was belet om deel te neem aan hierdie praktyke vd heiden nasies, bv. afgodspraktyke beoefen deur die Egiptenaars, Kaananiete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete - Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1 (praktyke wat terloops vandag nog deur sekere groepe of nasies beoefen word). Die heiden nasies het vele sulke afgodspraktyke gehad (waarna in die Skrif verwys word as "gruwels"), bv. om hulle kinders deur vuur laat gaan (iets wat in afgodsaanbidding gedoen was), waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, hulle het omgegaan met towery en dodebeswering, gees van ‘n afgestorwenes geraadpleeg, of geeste wat waarsê, het dooies geraadpleeg, ens. 

- (5) In Spr. 6:16-19 word sewe dinge genoem wat vir die Here 'n GRUWEL is, nl. (1) trotse oë, (2) ‘n leuenagtige tong en (3) hande wat onskuldige bloed vergiet, (4) ‘n hart wat onheilsplanne beraam, (5) voete wat haastig na die kwaad toe loop, (6) een wat as valse getuie leuens uitstrooi (Spr. 12:22)en (7) tussen broers tweedrag saai). Spr._16:5  Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ‘n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

- (6) Afgodspraktyke: O.a. "seuns en dogters met vuur vir hulle gode verbrand" (Deu_12:31; 2 Kon. 23:13). In Deu 18:10,11 word 'n paar van hierdie praktyke op die naam genoem = GRUWELS:  (1) Iemand wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan, (2) waarsêery, (3) goëlery, (3) verklaring van voortekens, (4) towery, (5) met besweringe omgaan, (6) ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of (7) ‘n gees wat waarsê, of (8) die dooies raadpleeg. Hierdie word alles as gruwels gesien, en kinders van die Here wat met hierdie dinge gemeenskap het, sal daardeur onrein word;  meer presies, hulle word self soos 'n gruwel;  dus, die wat met hulle gemeenskap het, kan self daardeur onrein word... (Deu_18:12  "Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit).

 - (7) Goddeloosheid /"verkeerd van hart"/spotters/valses:  Die wandel vd goddelose is 'n gruwel(Spr. 15:9), sy planne (Spr. 15:26), sy spreek (Spr. 8:7), sy offer (bv. gebed)(Spr. 15:8; Spr. 28:9) - en hoeveel te meer as sy offer met skandelike bedoeling gebring word (Spr. 21:27).  (Pro_17:15  Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel.)  (Spr._11:20  Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE ‘n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is)  (Pro_24:9  Die sonde is ‘n dwase voorneme, en die spotter is ‘n gruwel vir die mensdom)   Pro_29:27  ‘n Man van onreg is vir die regverdiges ‘n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel ‘n gruwel.  Nog ander dinge wat in die O.T. genoem word wat gesien is as gruwels, is: (Deu 25:11-16) - (1) 'n vrou wat in 'n geveg tussen twee manne, die een se skaamdele gryp; (2) en  twee soorte weegstene of efas (bedrog) (Spr.11:1  ‘n Valse weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae)(Spr. 20:10,23).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sekere dinge in die O.T. wat as gruwels gesien is, is in die huidige bedeling rein verklaar, bv.:

- Sekere diere in die O.T. (onrein diere): (Lev. 11:10-43)(Deu 14:3 "Jy mag niks eet wat ‘n gruwel is nie"). Ons weet bv. dat varke gebruik was in heidense offers, en hierdie is dus 'n goeie rede waarom 'n vark gesien is as 'n onrein ding. Dit beteken nie noodwendig dat alle "onrein diere" in die O.T. gebruik was in afgodsoffers nie, maar dit is o.a. in hierdie konteks waarom die volk verbied was om sekere diere te eet. (Lev_20:25  Daarom moet julle ‘n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ‘n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.) Dit gaan oor wat die Here rein verklaar, en wat nie (vir 'n kort opsomming oor hierdie onderwerp, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Hand. 10 is 'n goeie vb. = van die gesig aan Petrus waarin hy beveel word om onrein diere te eet en kyk gerus sy opmerking daar... (Hand. 10:14 = "En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie") - ons sien dat in hierdie gesig die Here nie net vir hom wys dat in die nuwe bedeling Hy hierdie diere rein verklaar het nie, maar die Here het ook hierdie vb. gebruik om hulle te stuur na die heidene om die evangelie te verkondig.

- Gemeenskap met ander gelowe: In Gen. 43:32 sien ons hoe mense van verskillende oor die algemeen mekaar gesien het in die O.T., nl. as onrein (om bv. saam te eet, ens.). Kyk bv. dat die Egiptenaars ook nie saam met die Hebreërs geëet het nie, omdat dit vir hulle ‘n gruwel was, maar die waarheid is dat gewone omgang met ander gelowe jou nie kan onrein maak nie, behalwe as jy gemeenskap het met hulle werke, ongeregtighede, ens.! (Deu_23:7  Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vloek en skuld (a.g.v. gruwels):

Die BANVLOEK was 'n vloek wat oor 'n huis kom wanneer 'n gruwel in daardie huis ingebring is... (Deu_7:26  En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek"). Vgl. dit gerus met die gevolge van BLOEDSKULD. Gruwels maak die land onrein! - ons sien dat hierdie presies is wat ook gese word van bloedskuld (Lev 18:27 - " Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, EN DIE LAND HET ONREIN GEWORD"). Vir 'n studie oor bloedskuld, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2014/01/bloedskuld-1.html).

Daar is vreeslike gevolge wanneer 'n land onrein word, o.a. is hierdie die rede waarom 'n nasie uitgespoeg kan word! (Lev 18:28,29 - "Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit"). BESTUDEER GERUS DIE TEMA VAN WAT GEBEUR WANNEER DIE SONDE VOL RAAK (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html);(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------