Wys tans plasings met die etiket egbreek. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket egbreek. Wys alle plasings

Saterdag 06 Junie 2026

Egbreuk / owerspel

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "egbreuk" (en kyk ook in op waarna "owerspel" verwys).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gewoonlik word die woorde egbreek en egbreuk onderskeidelik as volg verduidelik, nl. dat egbreek  of egbreuk gesien word as vleeslike gemeenskap tussen twee mense wat nie met mekaar getroud is nie - beide gewillig, en een is reeds getroud met iemand anders.  Dit is 'n goeie beskrywing, maar nie al waarna egbreuk verwys nie... In Matt. 19:9 verwys Jesus na iemand wat egbreuk pleeg as iemand wat "skei en hertrou" (en tereg, want 'n skeibrief breek nie dit wat God saamgevoeg het nie).  Op 'n ander geleentheid het Jesus daarna verwys as 'n slegte/vleeslike gedagte waar iemand na 'n getroude "kyk om haar te begeer" (Matt. 5:27-30; 15:18,19);  egbreuk verwys m.a.w. nie net na die vleeslike daad nie, maar iemand kan egbreuk in sy hart pleeg (wat jou terloops onrein maak...). 

'n Egbreker word gesien as 'n ONREINE (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/01/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is_28.html). Hetsy dit as "egbreek" of "egbreuk" in die Afrikaans vertaal is, dieselfde woord word in die Grieks gebruik (en is die engelse woord "adultery"). Kyk as vb. Matt. 5:27 en 28.  In v. 27 word die woord "egbreek" gebruik, maar in v. 28 word die woord "egbreuk" gebruik, tog in die Grieks word dieselfde woord gebruik (G3431 - "commit adultery").  

Rol ook af vir 'n opsomming oor "owerspel" (Lev. 20:10).
________________________________________________________________________________
EGBREEK / EGBREUK:

Die woord "egbreek" is die Hebr. woord "naw-af'", wat verwys na 'n vrou wat die huwelik breek deur te hoereer  (of die Gr. woord moy-khyoo'-o / Matt. 5:27,28). Jesus het geleer dat selfs wanneer 'n man kyk na 'n vrou om haar te begeer..., hy reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg het (Matt. 5:27-30 - "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.  En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie"). Slegte gedagtes soos egbreuk maak die mens ONREIN (Matt. 15:18,19; Mark. 7:21-23). Naasteliefde is belangrik as jy die gebod van God wil hou, en egbreek is nie naasteliefde nie! (Rom. 13:9).  "Ons mag nie egbreek pleeg nie" - in die N.T. is die wet van die Here ook belangrik, nl. ons is ook "onder 'n wet"! (nl. die wet van Jesus Christus en die Heilige Gees), en dit word van gelowiges verwag "om nie die wet te breek nie" (Jak. 2:11). Christene moenie hulle vryheid gebruik "om te sondig" nie. Egbreek is 'n ernstige sonde wat tot nietigheid lei;  en dus, daar word van Christene verwag om nie aan te hou sondig nie... (Joh. 8:11).  Die wat hulle nie bekeer nie, moet egter nie verwag dat hulle die tweede dood gaan vryspring nie (Ef. 5:5,6  - "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid").

Kom ons bestudeer 'n paar skrifte oor die onderwerp "egbreuk" (/owerspel):
- (Lev 18:20)  En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie  - as 'n man vleeslike gemeenskap het met iemand anders se vrou, dan word hy daardeur ONREIN.

(Jak. 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  - egbrekers word hier vgl. met die wat die wêreld kies bo God (kyk gerus ook hoe die wat afgode aanbid, geestelik gesien word as hoereerders...).

(Spr. 6:32)  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; - die pad van owerspel is 'n PAD VAN SELF-VERWOESTING.

(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; - owerspel en hoerery is WERKE VAN DIE VLEES (die wat stap in die werke vd vlees sonder om hulle daarvan te bekeer, is besig met "sonde tot die dood").

- Kom ons kyk ook na 'n vb. in Deut. 22:20,21(waar 'n dogter nie maagedelik rein was met haar huwelik nie, en die man dit agterkom nadat hulle getroud is = ONREIN):
-(Deu 22:20)  Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie—
-(Deu 22:21)  dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. (in die O.T. is die met bloedskuld gedood). Christus het egter vir alles sondes betaal, ook vir sondes wat bloedskuld veroorsaak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html)(daar is slegs een onvergeeflike sonde in die N.T., nl. lastering teen die Heilige Gees). Alhoewel die persoon met bloedskuld in die O.T. met sy eie bloed moes betaal, is bloedskuld 'n vergeeflike sonde in die N.T. omdat Christus in ons plek met Sy bloed betaal het.  Daar is dus 'n kans vir vergifnis sou iemand berou en dit neerle.  Verder het Christus ook vir ons geleer dat ons ook so moet vergewe (Mark. 11:26; Matt. 18:21,22)(Luk. 15:30).  Die wat egter as Christene bekendstaan maar hoereer sonder om hulle te bekeer, moet anders hanteer word (soos ons in bg. voorbeelde gesien, nie om iemand te veroordeel nie, maar skaam te maak)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html).

NOG SKRIFTE:
Exo_20:14  Jy mag nie egbreek (Hebr. woord "naw-af'", wat verwys na 'n vrou wat die huwelik breek deur te hoereer) nie.
Deu_5:18  En jy mag nie egbreek nie.
Mat_5:27  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Mat_19:18  Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê—dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;
Mar_10:19  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
Luk_18:20  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
Rom_13:9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Jas_2:11  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
Mat_5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
Mat_5:32  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Mat_15:19  Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
Mat_19:9  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Mar_7:21  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
Mar_10:11  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
Mar_10:12  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
Luk_16:18  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
Joh_8:3  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
Joh_8:4  En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap;
_________________________________________________________________________________
OWERSPEL:

In Gal. 5:19 word owerspel beskryf as 'n werk van die vlees... (werke wat op nietigheid uitloop), en daarom is Christene wat owerspel pleeg en hulle nie daarvan bekeer en vergifnis ontvang nie, se saligheid in gevaar. Owerspel is tipies 'n daad van vleeslike gemeenskap "tussen 'n man en vrou, waarvan een getroud is met 'n ander" (in die Ou Testament was diesulkes doodgemaak - bloedskuld kan slegs betaal word met bloed)(Lev. 20:10); (in die N.T. is daar vergifnis in Christus, maar Hy verwag dat diesulkes "geen heen en sondig nie meer nie"/ Joh. 8:11). Party glo dat "om in die huwelik te tree" met die een saam met wie jy owerspel pleeg, die sonde regmaak, maar die waarheid is dat in so 'n geval hulle ook egbreuk pleeg! (dit fix nie die sonde nie, maar maak dit meer).

Nog skrifte oor owerspel: 
Spr. 6:32  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;
Spr. 30:20  So is die weg van ‘n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
Jer_3:8  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.
Jer_3:9  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
Jer_5:7  Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.
Jer_7:9  Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie,
Jer_13:27  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Jer_23:14  maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
Jer_29:23  omdat hulle ‘n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ‘n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die HERE.
Ezk_16:32  o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.
Ezk_16:38  En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.
Ezk_23:37  Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan.
Ezk_23:43  Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.
Hos_1:2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.
Hos_2:1  Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.
Hos_3:1  En die HERE het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.
Hos_4:2  Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Hos_4:13  Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.
Hos_4:14  Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ‘n val.
Hos_5:3  Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
Rom_2:22  Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
Gal_5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
2Pe_2:14  met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
Rev_2:22  Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------