Wys tans plasings met die etiket onrein. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onrein. Wys alle plasings

Vrydag 21 November 2025

Afgod/e

In hierdie pos bestudeer ons die tema "afgod/e", en kyk o.a. in op die volgende woorde: AFGOD, AFGODSOFFER, AFGODEDIENS, AFGODSBEELD, AFGODERY, AFGODSTEMPEL, AFGODSPRIESTER. Om beter te verstaan waarom die aanbidding van afgode o.a. verbied word, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2025/10/nietigheid.html, bv., vertroue in dit wat NIETIG is, sal nietigheid oes! 

Rol af vir die volgende opsommings:

-  Wat is 'n afgod?

-  Afgodediens / afgodery

-  Afgodedienaar / afgodspriester / afgodstempel

-  Is afgodsoffers 'n vorm van gemeenskap?

-  Kan afgode iemand onrein maak?

-  Hoe moet ons optree teenoor afgodedienaars?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is 'n afgod: 

'n AFGOD verwys gewoonlik na 'n beeld wat gemaak word (gesny of gegiet, wat gewoonlik 'n god voorstel wat aanbid word), of iets soos 'n klippilaar of heilige boomstam wat opgerig word vir aanbidding en waar offers gebring word (Eks. 20:4; Jes. 44:15,17; Dan. 3:1; ens.). Afgode is sg. gode (Hebr. woord "el-o-heem")... (Hand. 19:24,26), maar in werklikheid is daar nie ander gode nie! Die wat afgode ("gode") aanbid is eintlik besig om duiwels te aanbid (1 Kor. 10:20).  

Daar is net een God, die Here (Hebr. woord "yeh-ho-vaw") is God (Hebr. woord "el-o-heem", en Gr. woord "theh'-os") en daar is geen ander buiten Hom nie - Hy is die grote God en niks anders mag as 'n god aanbid word nie... (Deut. 4:15-19). Wat ander "gode" aanbetref, is die Here die ewige God ("ale"), die almagtige God ("shad-dah'ee"), die grote God ("el-aw").  Dit is mense wat dinge of wesens verander in gode (wat nie gode is nie!), en heelwat ander dinge word ook in die Skrif gesien as afgodery,,,;  bv., daar word o.a. na afgodery verwys as 'n "werk van die vlees"... (Gal. 5:19-21; Kol. 3:5; 1 Sam. 15:23; ens.)(vleeslik/Rom. 8"5-7; Joh. 3:6), wat o.a. verwys na nietige werke... (bv. begeertes van die vlees). Die wat hulle besig hou met nietigheid, sal nietigheid oes, maar hierdie gaan ook deels oor wie se wil jy kies. Doen jy die wil van die Here?, of doen jy die wil van die duiwel? Die duiwel probeer mense vang om sy wil te doen... (2 Tim. 2:26)(basies, die wat hulle hoop plaas in wêreldse wysheid of in sonde verval is gevang om sy wil te doen).  

Die woord "afgod" is die  Gr. woord "i'-do-lon", wat verwys na 'n beeld wat vir aanbidding gebruik word (van bv. 'n heidense god)(1 Kor. 8:4), en die Hebr. woord "aw'-ven" (Jes. 66:3), wat veral wys na iets TEVERGEEFS waarmee iemand hom besig hou of sy hoop in plaas... Terwyl sommige betrokke is in afgodspraktyke vir bloot die voordeel wat hulle daaruit kan kry, leer die skrif dat om 'n afgod te maak en te aanbid, is nutteloos - dit kan geen voordeel aanbring nie! (Jes. 44:9,10).  Afgodsbeelde verwys nie na beelde opgerig vir dekorasie of herdenking (wat bv nie aanbid word nie), maar spesifiek die wat gedien of waarby neergebuig word... (Lev. 26:1; Deut. 4:16-29; 5:8)(beelde of pilare waarin mense hulle hoop/vertroue plaas vir voorsiening, verlossing, ens., wat gewoonlik hulle gode voorstel/Jes. 42:17). 'n Beeld mag nie gemaak word met die doel om aanbid te word nie (Deut. 4:15-19) - dit gaan dus baie hier oor "ter wille" waarvan iets gedoen of opgerig word, en alhoewel sommige onkundig bloot die beeld aanbid (of hulle hoop in spesifieke items plaas, bv. sg. krag in klippe ens.), is dit belangrik om te verstaan dat hulle eintlik besig is om sg. "gode", eintlik duiwels te aanbid, waarvoor hierdie beelde gemaak is of die kennis van daardie bronne af verkry is... In ander woorde, mense wat afgode aanbid, besef nie altyd dat hulle eintlik besig is om duiwels te aanbid nie! (2 Kor. 10:20). Somtyds begin iets nie as 'n afgod nie (Num. 21:8) maar eindig so op, want dit is mense wat van iets 'n afgod maak (kyk bv. die koperslang wat nooit bedoel was om 'n afgod te wees nie)(Nehústan -2 Kon. 18:4). 

Sommige wat hulle besig hou met afgodery aanbid selfs die skepping..., bv. die son en maan en sterre ("die leër vd hemel", wat nie noodwendig net die sterrestelsel beskryf nie, maar kan verwys na geestelike wesens, wat  deur mense tot "gode" gemaak is)(2 Kon. 21:3; Jer. 19:13; Sef. 1:5; Hand. 7:42; Rom. 1:25; ens.).  Maar hierdie hoort nie so nie... - ons is nie veronderstel om die skepping of skepsels te dien nie, maar die Skepper! (Deut. 4:19; Rom. 1:25). (Hier is 'n interesaante "link" van 'n son-aanbidding plek wat opgegrawe is: https://www.youtube.com/watch?v=e8gobxZMwW8). Ander woorde wat o.a. na afgode verwys in die Skrif is "gesnede beelde, "gegote beelde", "huisgode", "klippilare" en "heilige boomstamme" wat op hoë heuwels of onder bome opgerig is (waar hulle "offerrook laat opgaan"/offers bring - met afgodspriesters/afgodsdienaars wat gewoonlik hierdie werke uitvoer/2 Kon. 23:5; Hos. 10:5; Sef. 1:4) (2 Kon. 17:10,11; Jer. 48:35; Num. 22:40,41; 2 Kon. 22:17; 2 Kon. 23:5; Jes. 48:5; Lev. 26:1; Deut. 27:15; Rig. 17:4; 18:17; 1 Kon. 14:23).  'n Ander woord wat ook  gebruik word is "drekgode" (soos 'n stomp/rond, bv. heilige boomstamme of klippilaar)(2 Kon. 17:12). Daar is baie afgode wat op naam genoem word in die Skrif..., bv. Baäl (2 Kon. 23:5; Rig. 2:13; 6:25-32; 1 Kon. 16:31; ens. ), Astárte (1 Kon. 11:5,33; 2 Kon. 23:13; Rig. 2:13), Molog (Amos 5:26; Hand. 7:43), Adramméleg, Anamméleg, Nibhas en Tartak (2 Kon. 17:31); gegote kalf (Eks. 32:8; Hand. 7:41); Tammuz (Eseg. 8:14); hele leër van die hemel (Deut. 4:19; 2 Kon. 21:3; 23:5; Jer. 8:1,2); ens. Daar word in sekere skrifte na 'n sekere afgod verwys as "veldduiwel"(Lev. 17:7)(alhoewel die woord ook kan verwys na die fisiese dier-Jes. 13:21; 34:14) (wat ook vertaal kan word as 'n harige een of bok, wat terloops aanbid was onder sekere volke, of 'n god voorgestel het wat soos 'n bok lyk)(kyk ook die woord "kalwers" wat ook in hierdie konteks gebruik word in sekere skrifte - ...en vgl. dit met die goue kalf / Eks. 32:4-35)(2 Kron. 11:15; 1 Kon. 12:32; 2 Kon. 10:29; 2 Kon. 17:16)(2Kron. 13:8 - "En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle ‘n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het") - hierdie "kalwers" was aanbid soos gode (2 Kron. 13:8; Hos. 13:2).(2Kron. 11:15 - "En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het").

Die beeld wat vir die "dier uit die see" gemaak sal word in die einde van dae voor Jesus terugkom (Openb. 13:15), is ook 'n afgod, want almal sal gedwing word om dit te aanbid; maar wat interessant is is dat daar 'n gees gegee sal word aan die beeld, wat beslis anders is as die afgodsbeelde waarna gewoonlik verwys word. Natuurlik is 'n afgod/afgodsbeeld niks! (1 Kor. 10:19), en word tereg somtyds in die Skrif na verwys as "werke van (iemand se) hande", want hierdie beelde word met die hande gemaak.., nl. gesny of gegiet, en kan nie hoor of sien of loop nie, en het nie 'n gees nie (word gewoonlik gemaak om sg. "gode" te verteenwoordig, wat terloops eintlik duiwels is)(Openb. 9:20; 2 Kor 10:20). Dus, wanneer iemand beelde dien en aanbid, besef hulle nie altyd dat hulle eintlik besig is om duiwels te dien/aanbid nie (1 Kor. 10:19,20  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie"). Openb. 13:16,17 leer dat almal gedwing sal word om die dier te aanbid, en die beeld wat vir die dier gemaak word, is niks anders as 'n afgodsbeeld, maar siende dit 'n gees sal he sal dit meer werklik voel.  Die wat die dier aanbid sal onder oordeel kom (Openb. 13:14,15; 14:9,11; 16:2; ens.). Mense wat hulle besig hou met afgodediens, is eintlik besig om met duiwels gemeenskap te hê... (1 Kor. 10:18-22). 

Die Skrif leer dat die wat die werke van die vlees doen (o.a. afgodery), nie die koninkryk van God sal beërwe nie (Gal. 5:21). Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery moet dit aflê... (Kol. 3:5) - wat terloops in konteks daar nie net verwys na die fisiese gebaar van aanbidding van beelde nie, maar sekere dinge word daar spesifiek op die naam genoem, nl. "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid"=gruwelike of vuil dinge. In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS, en in konteks daar verwys dit ook na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6); die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Hierdie dinge is soos gruwels... - dit is onrein, en die probleem met dit is dat as iemand daarmee gemeenskap het kan hulle self onrein word.  Die begrip "afgodery" verwys dus nie alleen na die aanbidding van 'n fisiese beeld nie, maar vewys ook na sekere werke van die vlees. In 1 Sam. 15:23 word eiesinnigheid (eie-willigheid) beskryf as "afgodery" en "beeldediens" - ("beeldediens" is hier die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beelde, "teraphim") - Saul het gedoen soos hyself goed dink, en het keer op keer nie gedoen soos die Here hom beveel het om te doen nie maar eerder wat hy dink gedoen moet word - koning Saul was eiesinnig (hy het sy wil bo die Here se wil gestel, en homself 'n "god" gemaak). 

Afgodsaanbidding gaan gewoonlik ook gepaard met allerhande afgodspraktyke... (Deu 18:9-12 - "As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit"). DIT IS 'N SONDE WANNEER 'N KIND VAN DIE KONINKRYK AFGODE AANBID (Deu 9:16 - "Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle ‘n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het")(Deut. 9:21);  en let wel, om spesifieke afgodspraktyke na te volg is dus ook verkeerd!, want dit is deel van die aanbidding van 'n afgod.  In alle gevalle waar daar van iets 'n afgod gemaak word word dit soos 'n "gruwel" gesien - een so 'n vb. was die "gegote kalf " (Neh 9:18)(Psa 106:19 - "Hulle het by Horeb ‘n kalf gemaak en gebuig voor ‘n gegote beeld.  En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ‘n bees wat gras eet.  Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte") - dit is duidelik dat die volk hier in opstand gekom het teen die Here, en "Hom verruil" het...vir 'n beeld! Daar is 'n lys van gruwels wat die kind van die Koninkryk moet vermy..., dinge waarvoor hulle die Here verruil - en afgode is een van hierdie gruwels. Hierdie is 'n maklike manier om te verstaan wat presies alles as afodery gesien word, en dit is dat dit dinge is waarvoor jy die Here verruil en eerder jou hoop in daardie dinge plaas as in die Here, en verwys terloops gewoonlik na iets wat onrein is, en dit kan iemand onrein maak! - ...so iemand word dan 'n gruwel, wat op beurt beskryf kan word as "dit wat by die mens hoog geag word"... (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God").

Afgodsaanbidding (die wat hulle besig hou met afgodery) kan TOT iemand se VERDERF LEI (Hos 8:4 - "Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf"). Waar kinders van die Koninkryk hulle met gruwels besig hou, is daar altyd gevolge! (Lev. 18:26), en dit wek beslis God se toorn - daar is vele vb.e in die Skrif van wat met kinders van die Here gebeur het wanneer hulle begin om afgode te aanbid (Hand. 7:40-42; Hos. 8:5,6; ens.);  bv., wat met die volk in die woestyn gebeur het is dat God Hom afgewend het van hulle en hulle oorgegee het... 

Wanneer 'n gelowige afgode aanbid (of besig met die afgodspraktyke waardeur die afgod aanbid word), dan is hy eintlik besig om die Here te terg (Deut. 32:16,17 - "Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg. Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie"). Die wat afgode aanbid is eintlik besig om duiwels te aanbid, en duiwels is nie God nie! Wanneer Christene die wysheid van duiwels aanhang (bv. afgodsleringe en wereldse wysheid kies bo die wysheid van die Here), is hulle besig om af te val van die geloof... (1Tim. 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). 


-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Afgodediens/afgodery:

Wat word in die Skrif gesien as "afgodery"?

- (1) die aanbidding van beelde, nl. die aanbidding van afgode/duiwels (afgodedienaars, geestelike hoerery, die wat die Here versoek of terg);

- (2) iets in iemand se hart wat "werke vd vlees" is (bv. slegte begeertes, gierigheid, hartstog, eiesinnigheid, ens.);  

- (3) verbode vorme van gemeenskap (bv. hoerery, afgodsoffers, sekere gevalle van vleeslike gemeenskap).

...Hierdie is terloops alles dinge wat jou ONREIN maak!, en l.w. dat geen onreine eendag sal ingaan in die Nuwe Jerusalem nie (Openb. 21:27). 

AFGODEDIENS gaan oor die aanbidding van afgode;  in ander woorde, dit verwys na die wat nie die lewende en waaragtige God (Here) dien nie, maar 'n afgod dien (1 Thess. 1:9). In 1 Kor. 10:14 word kinders van die Koninkryk beveel om te vlug vir die afgodediens! (Gr. woord "i-do-lol-at-ri'-ah", wat gaan oor beeldediens - om 'n beeld te dien/aanbid), maar die begrip "afgodediens" verwys nie net bloot na die fisiese gebaar van beelde dien of aanbid nie, maar verwys ook na sekere werke van die vlees... (wat deur die kinders van ongehoorsaamheid gepleeg word), bv.. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - hierdie word alles gesien as "afgodediens" (Kol 3:5 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is"). Dieselfde Gr. woord wat in Gal. 5:20 vertaal word as afgodery, word in 1 Kor. 10:14 vertaal as "AFGODEDIENS", en kinders vd koninkryk word daar gevra om te "vlug vir die afgodediens"..., en l.w. dat in konteks waarsku hy (met voorbeelde, bv. van mense wat begerig was na slegte dinge, afgodedienaars, hoereerders, murmureerders, en die wat die Here versoek) dat Christene wat hulle besig hou met afgodediens, op 'n gevaarlike pad is (1 Kor. 10:12 - "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie"). Ook in Kol. 3:5 word hierdie spesifieke dinge aangespreek, nl. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - en word daar genoem as dinge "wat afgodediens is"! 

AFGODERY/E:  In Gal. 5:20 is "afgodery" die Gr. woord "eidōlolatreia" wat vertaal word as "afgodery" in die AOV, maar in sommige skrifte word dieselfde woord vertaal as afgodediens (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5)(en dit word ook in dieselfde konteks gebruik as "beeldediens" in 1 Sam. 15:23).  Vgl. dit met  1 Pet. 4:3 waar die woord "afgoderye" gebruik word - in konteks gaan dit oor 'n vorm van onwettige gemeenskap (die woorde "ongeoorloofde afgoderye" word bv. daar gebruik).  In 1 Sam. 15:23 word daar na EIESINNIGHEID verwys as afgodery en beeldediens! - in daardie skrif is "afgodery" die  ( Hebr. woord "aw'-ven" wat verwys na iets wat tevergeefs gedoen word, bv. afgodsaanbidding - in verskillende kontekste kan hierdie woord na die volgende verwys: "ellende, boos, vals, afgod, ongeregtigheid, ongeluk, rouklaers, kom tot niks, smart, onregverdig, slegtes, ens"), en die woord "BEELDEDIENS" daar is (die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beelde, "teraphim"/huisgode). Om die term "afgodery" dus beter te verstaan, kan kan ook ingekyk word in die woorde "afgodediens en beeldediens" (beelde gesny of gegiet; -bv. beelde, huisgode, drekgode (stompe), ens./Gen. 31:34). Die rede waarom die aanbidding van beelde gesien word as "afgodery", is omdat dit 'n GRUWEL is! (of kyk na die woord "verfoeisels", die Hebr. woord "shik-koots'", wat verwys na iets gruweliks en vuil)(in 2 Kon. 23:24 word daar bv. na huis- en drekgode verwys as "verfoeisels"). Alhoewel 'n afgod niks is, is die wat daaraan offer of dit dien, eintlik besig met duiwels (dit is 'n onrein ding, en kan jou onrein maak). Gruwels is dinge wat verbode is vir kinders van die Koninkryk, en gaan deels oor iets wat in jou hart belangriker is as die Here, en deels verwys dit na iets wat vuil of onrein is (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God"). Bestudeer gerus die term "gruwels", wat terloops nie net verwys na afgode nie, maar ook sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook afgodspraktyke... (vgl. dit met die vorige paragraaf). Dit is duidelik dat afgodery nie net verwys na die fisiese aanbidding van beelde nie, maar ook vewys na sekere werke van die vlees "ongeoorloofde" vorme van gemeenskap.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Afgodedienaar / afgodspriesters / afgodstempel:

Die woord "afgodedienaar" (1 Kor. 5:10; 6:10; 10:7; Ef. 5:5; Openb. 21:8; 22:15) is die Gr. woord "i-do-lol-at'-race" wat verwys na iemand wat afgode (bv. beelde) dien/aanbid;  dieselfde woord word in die AOV somtyds vetaal as "afgodediens" (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5), en somtyds vertaal as "afgodery" (wat verwys na iets wat onrein of vuil is, hetsy geestelike of 'n fisiese gebaar;  bv. begerig na slegte dinge, of die aanbidding van beelde).  In Sef. 1:4 is "afgodsdienaars" die Hebr. woord "kaw-mawr'", wat verwys na die wat dien in afgodsaanbidding... (kyk gerus ook in op die terme "afgodspriesters of die "afgods-efod"/ 'n priesterlike skouerkleed/Hos. 3:4; Rig. 8:27). Onder afgodsdienaars val o.a. die "afgodspriesters" (die Hebr. woord "kaw-mawr'" - "Chemarims" (priesterlike diens tot afgode gerig)(Sef. 1:4) na wie ook verwys word in 2 Kon. 23:5 - hulle het "rook op die hoogtes laat opgaan"... (het geoffer aan afgode - o.a. word Baäl in die gedeelte genoem, en die betrokke afgodspriesters het ook aan die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel geoffer)(Hos. 10:5). Wanneer daar offers aan afgode gebring word word gewoonlik slagoffers en brandoffers gebring... (2 Kon. 10:23,24), en die afgodspriesters verrig hierdie taak... - hulle is "dienaars" van die afgode (bv., word "dienaars van Baäl" genoem in v.23). 1 Kor. 10:20 leer dat die wat aan afgode offer, eintlik aan duiwels offer (nie aan God nie!) - hierdie dienaars het m.a.w. gemeenskap met die duiwels (1 Kor. 10:20). Enige iemand wat deelnaam aan 'n offertafel word ook gesien as "hulle het gemeenskap met duiwels";  dit is waarom dit verbode is vir die Christen om deel te neem aan afgodsoffers, en al sou jy dit neem nie met dieselfde bedoeling nie (en dit jou dus nie kan onrein maak nie), moet dit vermy word terwille van die ander persoon se gewete en die gemeenskap met mekaar.

'n AFGODSTEMPEL is 'n plek waar afgodsaanbidding plaasvind, met altare en beelde en allerhande voorwerpe wat vir die afgode gemaak is, asook natuurlik AFGODSDIENAARS en AFGODSPRIESTERS (Sef. 1:4; Eks. 34:13; Deut. 7:5; 2 Kon. 11:18; 19:37; 21:3; 23:4; Hand. 14:13; 19:27).  In hierdie afgodstempels was ook slagoffers en brandoffers gebring (2 Kon. 10:24). Vyande se wapens of voorwerpe wat uit die tempels kom, was gewoonlik verplaas na hulle eie afgodstempels (1 Sam. 31:9,10; 1 Kron. 10:9,10; 1 Sam. 5:2; 2 Kron. 36:7; Esra 1:7; 5:14; Dan. 5:2). 

AFGODSPRAKTYKE: Kinders vd Koninkryk moet wegbly van afgodstempels en ander heidens-geloofspraktyke (wat bv. o.a. in hierdie tempels beoefen word, nl. om die leër van die hemel te aanbid, of by die HERE te sweer of sweer by 'n afgod, wat terloops gewoonlik gepaardgaan met rympie herhaling van woorde, ens./Sef. 1:5; Jos. 23:7; Matt. 6:7). "Wie jy soek en raadpleeg" wys wie dit is in wie jy jou vertroue plaas (in wie jy glo). Daar is vele vorme van afgodspraktyke, o.a. hanteer sommige die dooies soos afgode (bv. 'n koning wat doodgegaan het), en heelwat afgodspraktyke gaan hiermee gepaard..., bv. om dooies te raadpleeg (geestes van afgestorwenes, of geeste wat waarse/dode of geestesbesweerders), intekeninge op die vel of aan die vel sny ter wille vd dooies, offers aan dooies bring..., ens. (Deut. 14:11; 18:11; Lev. 19:28; 21:5; Ps. 106:28,29). Hierdie hoort nie onder die kinders vd Koninkryk nie (Jes. 18:19). (Jer. 48:35-37). Ander gebare word ook in afgodstempels uitgevoer ter wille van dooies, bv. om die hoof kaal te skeer, baarde afskeer, op die hande snye te maak, roukleed op die heupe, ens. (Jer 48:37). Nie dat dit verkeerd is om jou kaalkop te skeer of te rou nie, maar die konteks hier gaan oor "ter wille van" - in konteks met die aanbidding van dooies.  Hierdie is terloops werke wat tevergeefs gedoen word..., soos die aanbidding van beelde tervergeefs is! (plaas hoop in die verkeerde). Deut. 18:13 leer dat wanneer kinders vd Koninkryk dooies raadpleeg, hulle nie opreg is met die Here God nie. Baie ander afgodspraktyke (waarop ons nie nou alles gaan stilstaan nie) vind in hierdie afgodstempels plaas, bv. heidense vorme van meditasie, fortuin-vertelling, ens. In die verlede was daar selfs gruwelike praktyke waar die wat afgode aanbid, hulle kinders opgeoffer (verbrand) het vir die "gode" (Deut. 12:31; Jer. 19:5);  in ander woorde, hulle het hulle geoffer aan duiwels (Psa 106:37-39 - "Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is. En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade").

Kinders vd Koninkryk mag nie beide die Here asook afgode soek en raadpleeg nie - dit sluit in die eet van afgodsoffers... - jy mag bv. nie aan die Here se tafel eet (nagmaal) asook aan die tafel van afgode nie! Sommige deel in die afgods-offertafel (afgodsoffers) ter wille van hulle kennise (nie met die doel om die afgod te soek of raadpleeg nie maar terwille van respek), maar selfs in so 'n geval leer die Skrif dat Christene dit nie mag doen nie, en met rede (1Kor. 8:10 - "Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n AFGODSTEMPEL (Gr. woord "i-do-li'-on", wat verwys na 'n tempel vir 'n afgod), sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?"). As jy vleis koop of 'n ongelowige jou nooi vir ete, koop of eet dit wat vir jou jou voorgesit word sonder om navraag te doen... (ter wille van die ander persoon se gewete);  maar as hy jou te kenne te gee dat dit 'n afgodsoffer is, moet dit dan nie eet nie (1 Kor. 10:23-29). Vir die kind van die Koninkryk is dit geoorloof om enige iets te eet en drink, ja, maar nie alles is nuttig nie - alles wat die Christen eet of drink moet tot verheerliking van God wees. 'n Christen mag nie die oorsaak wees hoekom iemand struikel nie (1 Kor. 10:29-33). Wanneer 'n Christen afgodsoffers eet, maar nie met dieselfde bedoeling as die een wat dit offer nie, dan logies gesproke kan dit jou nie onrein maak nie, maar dit is iets anders as dit te kenne gegee word of in die teenwoordigheid geskied van die persoon wat dit offer. 'n Maaltyd is 'n vorm van gemeenskap, en terwille van die ander persoon se gewete moet dit vermy word.

- DIE AFGODSTEMPELS SAL UITEINDELIK UITGEROEI WORD:  Baie afgodstempels/heidense gelowe het hulle oorsprong in Baäl (Sef. 1:4)(kyk "Baälstempels"/2 Kon. 10:21-26). Die skrif leer dat wanneer die Here Jesus terugkom sal Hy die afgodsdienaars en afgodspriesters wat van Baal oor is, uitroei... (Sef. 1:1-6);  maar ook sal enige kind vd Koninkryk wat van die Here afvallig geword het en wie Hom nie soek en raadpleeg nie, maar hulle eerder besig hou met afgode en afgodspraktyke (Sef. 1:6), uitgeroei word.  Kinders van die Koninkryk moet gruwels (wat o.a. verwys na afgodsaanbidding) vermy.  In die verlede was daar 'n hele paar konings van Israel wat verkeerd gedoen het en hierdie gruwels toegelaat het - een so 'n voorbeeld was Manasse (wat vir 55 jaar oor Jerusalem regeer het);  behalwe die afgodsaltare en heilige boomstamme wat hy opgerig het en die verbode heidense praktyke wat hy opgesoek het (bv. sy seun deur laat gaan, goelery, verklaring van voortekens, dodebeswering, en waarseery), het hy die leër van die hemel gedien en het selfs altare daarvoor in die tempel van God opgerig, asook 'n gesnede beeld in die tempel gesit... (2 Kon. 21:1-9). Die uiteinde van hierdie gruwels was dat daar onheil oor Jerusalem en Juda gekom het. Afgodedienaars sal nie die koninkryk van God beerwe nie (1 Kor. 6:10).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die woord "beeld" (in hierdie paragraaf kyk ons in op die presiese betekenis van sekere terme om beter te verstaan waarna "beeld" regtig verwys):

Die woord "beeld" is 'n representasie van iets of iemand... (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons BEELD (die Hebr. woord "tseh'-lem", soos 'n illusie, 'n figuur wat "lyk soos"), na ons gelykenis (Hebr. woord "dem-ooth'", wat verwys na vorm of dieselfde), en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"). Jesus Chrisuts is die BEELD (Gr. woord "i-kone'", wat verwys na 'n representasie, "lyk soos", 'n beeld van) van die onsielike God (Kol 1:15). Die woord "beeld" verwys nie noodwendig net na die fisiese element (bv. uiterlike mens) nie, maar kan ook verwys na die innerlike mens, bv. die innerlike mens van die weergeborene word daagliks vernuwe na die "beeld van sy Skepper" (Kol 3:10).

Beelde vir dekorasie of herinnering is ook gemaak om soos die oorspronklike te lyk;  bv., beelde van leeus lyk soos leeus... Beelde van herinnering lyk soos wie herdenk word... Jy is 'n beeld van jou ouers;  op ditto wyse, as kinders van Jesus Christus, sal ons 'n beeld wees van Hom... 'n BEELD lyk soos die ware jakob - of kan wys wie "aan bewind" is (Mark. 12:16,17 - "En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom"), ...en dit werk ook so in die geval van afgodsbeelde. Afgodsbeelde (hetsy gesny of gegiet) is voorstelle wat mense maak van "gode", wat baiemaal gesien word as gode wat (oor daardie dele) "regeer" - en lyk gewoonlik soos die sg. "gode" vir wie hulle voorstel (met besonderse karaktertrekke en voorkoms). Bv., as dit 'n dier is wat aanbid word in 'n sekere kultuur, dan lyk die afgod soos die dier, bv. soos 'n bok, kalf, slang, watookal... - die afgode is 'n representasie van daardie "god" (2 Kon. 21:7; Jer. 44:19).  (Rom 1:22,23 - "Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere").

'n Beeld lyk m.a.w. soos iets/iemand..., of dit stel iets voor. Die Christelike doop is ook 'n "beeld" (stel iets voor), meer presies " 'n teëbeeld" van dit wat gebeur wanneer iemand weergebore word (vergifnis en ontvang die Gees/vernuwing) - dit stel die weergeboorte voor (1 Pet. 3:21). Die eerste tabernakel was 'n "beeld" van die ware... (Hebr. 9:8,9,24). Die Christen se gedaante word met tyd meer en meer verander na die "beeld" van Christus... (2 Kor. 3:181 Kor. 15:49; Rom. 8:29 - kyk die tema van "vernuwing" en "verheerlikte liggaam")(1Kor. 15:49 - "En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra"). In Dan. 2 stel die beeld (wat Nebukadnésar in 'n droom gesien het) koninkryke voor (wat mekaar opvolg). Volgens 1 Kor. 11:7 is 'n man die "beeld" en heerlikheid van God, en die vrou "die heerlikheid van die man"..., wat hier verwys na onderdanigheid en feit dat die man eerste geskep is (waarvan die kulturele hoofbedekking in daardie tye 'n bewys was). Die woord "beeld" in hierdie skrif, is die Gr. woord "i-kone'", wat verwys na "lyk soos" - die man lyk soos God, en die vrou lyk soos die man... (is uit die man geneem/1 Kor. 11:8). Hierdie vereenselwing kan miskien soos 'n vorm van gemeenskap gesien word (nl. is "in gemeenskap met" - nl., die vrou "in gemeenskap met" die man, en die man "in gemeenskap met" die vrou). Op ditto wyse is die wat aan afgode offer, bv. "in gemeenskap" met die "gode"/duiwels... Daarom se Paulus die vrou se lang hare is vir haar 'n eer (soos die vrou vir die man 'n eer/heerlikheid is, en die man vir God) -  hoofbedekking of lang hare het in daardie tyd, in daardie spesifieke kultuur, iets voorgestel... (1 Kor. 11:3)(nl. die vrou die eer van die man..., en indirek is sy eer vir die Here, want die man is die beeld en heerlikheid van God).  

Waar die woorde "gesnede of gegote beelde" gebruik word, verwys dit gewoonlik na 'n afgod (Deut. 5:8; 9:12; 27:15) - dit is beelde wat spesifiek gemaak word om te aanbid of dien, en die wat hulle dien glo dat dit self 'n god is of 'n god voorstel. In Dan. 3 het Koning Nebukadnésar ‘n beeld van goud gemaak, en die mense is beveel om dit te aanbid;  hetsy hierdie beeld soos hy gelyk het, is nie seker nie, maar dat dit bedoel was om 'n "god" voor te stel, is duidelik (Dan. 3:12,14). In Hand. 19 sien ons twee doele waarom silwer afgodstempeltjies gemaak was om te verkoop, nl. die eerste was 'n manier van geldmaak..., en die tweede was dat dit die tempel van die afgod voorgestel het (dit was 'n voorstelling van die afgod se tempel). (Hand. 19:27 - "Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan") - let op die woorde "haar majesteit" in hierdie skrif - die tempel en beeldjies het gewys watter "god" volgens hulle oor daardie dele van die wereld "regeer".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Het 'n afgodsbeeld 'n gees?

Nee, maar die beeld wat vir die "dier uit die see" gemaak sal word in die einde van dae voor Jesus terugkom (Openb. 13:15), sal 'n gees hê - wat beslis anders is as wat afgodsbeelde gewoonlik daarna uitsien. "Gees" is soos asem..., en sonder asem kan niemand lewe nie.  Dit is waarom die mens doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas. SONDER GEES IS DIE LIGGAAM DOOD... (Jak. 2:26 - "Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood"). As die beeld van Openb. 13 'n gees kry, sal dit tot lewe kom - bv., dat die beeld sal kan praat is 'n feit, en hy sal ook kan maak dat mense gedood word (wie dit nie aanbid nie), en 'n merk kry. In vandag se lewe lyk so iets glad nie ontmoontlik nie;  altans, wat die tegnologie aanbetref...

Natuurlik is 'n afgod/afgodsbeeld niks (1 Kor. 10:19), en word tereg somtyds in die Skrif na verwys as "werke van (iemand se) hande", want hierdie beelde word met die hande gemaak (nl. gesny of gegiet) en kan nie hoor of sien of loop nie..., en het nie 'n gees nie (en word gemaak om sg. "gode" te verteenwoordig, wat eintlik duiwels is)(Openb. 9:20; 2 Kor 10:20). (Hab 2:18 -"Wat baat ‘n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ‘n gegote beeld, wat ‘n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?"). Die beeld self kan niks vir hulle doen nie (logies gesproke!).  Om so 'n beeld te aanbid is tevergeefs; alhoewel, die wat dit aanbid met die doel om kontak te maak met 'n "god" is inderdaad besig om gemeenskap te hê met duiwels (en hulle plaas hulle hoop in daardie duiwels). Die beeld van die dier sal nie net 'n blote beeld wees nie, maar dit sal 'n gees hê - hierdie is anders as die normale afgodsbeeld. Die beeld van die dier (Openb. 13:14,15; 14:9,11; 15:2; 16:2; 19:2; 20:4) verwys beslis na 'n afgodsbeeld, want Openb. 13:16,17 leer dat almal gedwing sal word om die dier te aanbid, maar dit sal anders wees as ander afgodsbeelde (omdat dit 'n gees het).

(Openb. 13:15)  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld (Gr. woord "i-kone'", wat verwys na 'n afbeelding, bv. om te lyk soos die dier...) te gee, sodat die dier se beeld ook SAL PRAAT en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

(Openb. 13:16)  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

(Openb. 13:17)  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

(Openb. 13:18)  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kan afgodsoffers jou onrein maak?

(1Kor. 10:20 - "Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie"). Wanneer iemand offers bring aan afgode, dan is hulle eintlik besig om aan DUIWELS te offer - en het dus met duiwels GEMEENSKAP.  Terwyl sommige wat afgode aanbid glo dat hulle besig is om vir God te aanbid, is dit nie so nie - die gode is nie-God nie, maar duiwels! (Deu 32:16,17 - " Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg. Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie") (Openb. 9:20 - "En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie"). 'n Goeie vb is afgodspraktyke met somtyds vreeslike rituele soos babas wat geoffer is... - Ps. 106:37 verklaar ook dat hierdie offers "aan duiwels" was.

Waarna verwys 'n duiwel?, en wat is "veldduiwels"? Daar word baiemaal in konteks van afgode verwys na "veldduiwels, bv. (Lev 17:7 - "En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die VELDDUIWELS (Hebr. woord "saw-eer'", wat na 'n bokram verwys en in konteks o.a. vertaal kan word as "duiwel, bok, harig, "satyr", ens.) agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees vir hulle geslagte"), en (2 Kron. 11:15 - "En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die VELDDUIWELS en die kalwers wat hy gemaak het"). Die woorde hier "agter wie hulle aan hoereer" word baiemaal in 'n konteks gebruik waar dit verwys na "afgode dien", maar dit is interessant dat ongeoorloofde vleeslike gemeenskap (hoerery) baiemaal deel was van sulke rituele (bestudeer gerus ook die woord "satyr" in Griekse en Roomse mitologie). Die woord "veldduiwels" verwys nie noodwendig net na 'n fisiese dier (nl.'n bok) nie, maar verwys in sommige kontekste na 'n god wat beskryf was dat hy 'n vorm van 'n bok het... (l.w. dat in Egipte was bokramme aanbid). Bose of onreine GEESTE word o.a. na verwys as "duiwels" in die skrif  (Openb. 16:13,14)(en vgl. Mark. 3:22 met v. 30). (Matt. 4:24 - "En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak")(Matt. 7:22; 8:16,31; 9:34; 10:8; Mark. 1:34,39; 3:15,22; 5:12,18; 6:13; 16:9; 16:17; Luk. 8:2, 27-38; 9:1,49; 10:17; 11:20; 13:32). Uit heelwat skrifte kan ons leer dat die owerste van hierdie "duiwels", is Beëlsebul - en Jesus verwys na hom in Mark. 3:23 as "die satan" (Matt. 9:34 - "Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.")(Matt. 12:24,27,28). (Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?")(Luk. 11:15,18,19). Die duiwel en die onreine geeste se doel is om mense te verlei en hulle verstand te bederf, sodat hulle nie die waarheid verstaan en hoor nie (1Tim. 4:1 - " Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). Hierdie onreine geeste word soos gode vir die wat afgode aanbid... (hulle glo in hulle verleidende leringe). 

Die woord "gemeenskap" het te doen met iets waarin mense deel... (bv. wat eenheid skep)(Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9), en daar is verskillende vorme van "gemeenskap", bv. om te deel in 'n maaltyd, of waar 'n man en vrou in 'n huwelik tree, word dit ook gesien soos 'n vorm van gemeenskap OF eenheid. Ook vleeslike gemeenskap is 'n vorm van eenheid, maar nie alle vorme van gemeenskap (en vleeslike gemeenskap) is toelaatbaar nie;  bv., gemeenskap met duiwels, die duisternis, sondes en/of bose werke, is nie geoorloof nie.  Sekere vorme van "vleeslike gemeenskap" en "huwelik" is ook verbode..., bv. om die skaamte van jou naaste bloedverwant te ontbloot (jy mag nie met jou naaste bloedverwant trou/vleeslike gemeenskap he nie/Lev. 18:6);  'n Man mag ook nie vleeslike gemeenskap met 'n ander man he nie, ook nie 'n vrou met 'n vrou nie (Rom. 1:26-29; Lev. 18:22), en vleeslike gemeenskap met 'n dier is ook verbode... (Lev. 18:23). Hierdie VERBODE VORME VAN GEMEENSKAP word gesien soos gruwels, want hulle kan jou onrein maak.
Vir 'n lys van verbode gemeenskaps-vorme, gaan na hierdie pos: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html
Om te verstaan wat is GRUWELS, gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html.

Alhoewel 'n maaltyd waarin gedeel word gewoonlik onskuldig is, is nie alle maaltye geoorloofde vorme van gemeenskap nie; bv., die eet van afgodsoffers (waar kos of drank geoffer word aan 'n afgod / Rig. 16:23) kan iemand onrein maak.  Maar dit gesê, is dit ook nie altyd die geval nie, want dit hang af van die omstandighede...  (Mark. 7:15 - "Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak"). M.a.w., dit is nie die kos self wat iemand onrein maak nie, maar die rede waarom dit geneem word;  bv. as dit 'n offer is aan afgode/duiwels, dan het so iemand gemeenskap met die duiwels (en dit maak hom onrein). Op dieselfde wyse het Christene wat deelneem aan die Nagmaal, gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/die-nagmaal-3.html).  Dit gaan oor die "gemeenskap". Iemand mag bv. 'n afgodsoffer eet sonder dat hy bewus is daarvan dat dit aan afgode geoffer is - in so 'n geval kan dit iemand nie onrein maak nie (want dit is nie die kos wat hom onrein maak nie...). Daarom skryf Paulus (1 Kor. 10:25,26 - "Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete. Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan"). Maar as jy saam met mense eet wat verklaar dat die kos geoffer is aan 'n afgod, dan moet jy dit liewer nie eet nie (al eet jy dit nie self met daardie doel nie! - in hierdie geval gaan dit oor die gewete van die ander persoon, en ter wille van hom moet jy dit nie eet nie). (1Kor. 10:28,29 - "Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer—moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete—want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan—  ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete?"). Die feit bly staan dat 'n maaltyd ook 'n vorm van gemeenskap is - is in gemeenskap met die persoon saam met wie jy eet. 'n Christen mag nie gemeenskap he met die duisternis nie - jy wil tog nou nie met hom gemeenskap hou terwyl hy gemeenskap hou met duiwels nie! Dus, in so 'n geval kan die afgodsoffer jou nie onrein maak nie, ja (want jy eet dit nie asof jy dit offer aan afgode nie), maar kan jy onrein word deur jou gemeenskap met die persoon wat dit geoffer het? As jy saam met hom eet, is dit nie soos om in dieselfde juk te trek nie? (2 Kor. 6:14-18) - dit is natuurlik 'n punt van redenasie. Nietemin, wat duidelik is is dat ons nie afgodsoffers moet eet waar dit te kenne gegee is nie (watookal al die redes daarvoor is).  

Die wat aan die Here behoort mag nie gemeenskap hê met die bose nie, want geestelike mense het die Here, Sy Gees as bron;  terwyl die wat afgode aanbid duiwels as bron gebruik. Voorbeelde in die Skrif waar die Here spesifiek waarsku dat Hy Sy gesig teen Sy kinders sal draai is o.a. wanneer hulle agter afgode aan hoereer... (Lev. 20:3). Christene word beveel om hulle te onthou van afgodsoffers en dinge wat deur die afgode besoedel is (Hand. 15:19,20,29; Eseg. 20:30,31)(in Openb. 2:14 neem Jesus mense in die kerk van Pergemus kwalik dat hulle afgodsoffers eet, want kinders vd koninkryk word verbied om afgodsoffers te eet).  Die eet en drink van afgodsoffers word gesien soos AFGODEDIENS (is dieselfde Gr. woord as vir "afgodery")(1 Kor. 10:7).(1Co 10:18-22  Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

DIE WAT AAN AFGODE OFFER, IS EINTLIK BESIG OM AAN DUIWELS TE OFFER: (1 Kor. 10:19,20). Daar is baie (verbode vir die Christen) heidense praktyke wat in afgodstempels beoefen word, en die wat hulle met hierdie gruwels besig hou is eintlik besig om duiwels te dien (Deu 32:17; 1 Kor. 10:19,20) - en dus besig om verleidende geeste en leringe van duiwels aan te hang! (1Tim. 4:1).

Afgodery maak 'n mens ONREIN (2 Kor. 6:14-18): Jesus het geleer dat slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal iemand onrein maak... (Matt. 15:18-20), en ons het reeds gesien dat hierdie dinge in ander skrifte ook werke vd vlees genoem word (Gal. 5:19-21), en dat sommige daarvan ook vgl. word met afgodediens (Kol. 3:5). Afgodsaanbidding, sonde wat bloedskuld veroorsaak, en afgodspraktyke, word gesien soos gruwels, en maak die mens onrein...;  asook, maak dit die land waarop hy woon onrein! (Lev. 18:27-29).  VIR DIE GEESTELIKE MENS IS AFGODERY 'N ONREIN DING (en nie geoorloof nie), en onrein dinge maak dit wat skoon is, vuil. In ander woorde, wanneer skoongewaste mense (nl. geestelike mense) hulle besig hou met afgodery, maak dit hulle "vuil" - en die Skrif leer dat ONREINES, hoereerders, gierigaards, en AFGODEDIENAARS nie 'n erfdeel het in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5; Openb. 21:27).  Christene word in 2 Kor. 6:17 beveel om nie aan te raak wat onrein is nie;  en die wat onrein geword het, moet hulle harte suiwer en die hande reinig... (Jak. 4:8). Basies kom die wat so lewe in opstand teen die Here (teen Sy wil, Sy sieninge, ens.). Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy moet lewe (jy moet die Skepper dien, nie die skepping nie, wat terloops jouself insluit).  Maar die wat besig is met afgodery, maak gebruik van ander geestelike waterbronne (hulle "drink water" by afgode en die vlees - hulle drink "bitter water" wat vervloeking tot gevolg het)(Jes. 65:13; Jer. 51:43; Ps. 68:6; Jak. 3:10-13; Openb. 8:11; Spr. 5:1-4; Num. 5; ens.). Bestudeer gerus ook die tema van "onder die dorings saai" (waar goeie vrug verstik word), of die onderwerp waar 'n plant wat water gekry het dorings en distels oplewer... (soos slegte vrug)(Hebr. 6:6-8).

Dit maak jou onrein/vuil/besoedel/veronreinig: Afgode (beelde wat aanbid word) KAN NIE SIEN OF HOOR OF EET OF RUIK NIE (Deu 4:28), en aabidding tot so 'n beeld is dus eintlik maar tevergeefs, want 'n afgod kan jou nie hoor nie en kan jou nie help of red/verlos of voorsien nie... (Jes. 14:22; 45:20; 1 Sam. 12:21)(maar neem kennis dat die aanbidding van beelde ook gaan oor die aanbidding van "gode", sien volgende paragraaf). 'n Gegote beeld is 'n LEUEN, en daar is GEEN GEES IN HULLE NIE, en hulle KAN JOU NIE LEER NIE (is 'n leuenleraar) - afgodsaanbidding is NIETIG (kyk die woordgebruik "nietige afgode" in vele skrifte - Deut. 32:21; 1 Sam. 12:21; 1 Kon. 16:13,26; 2 Kon. 17:15; Jer. 2:5; 8:19; 10:15; 16:19; 18:15; 51:18) - afgodsbeelde kan tot niet gaan... (Jer. 10:14, 15; Hab. 2:18,19; Jes. 41:29). Maar die feit dat 'n afgod niks is, beteken nie dat dit jou nie kan onrein maak nie! Bv., in Deut. 27:15 word daar na 'n afgod verwys as 'n "gruwel" - gruwels is dinge waardeur kinders vd Koninkryk verontreinig/besoedel kan word (Lev. 18:24)(vgl. met Hos. 9:10, die woord "verfoeisel" word daar gebruik - afgodsaanbidding maak jou vuil/onrein). Kinders vd Koninkryk word verbied om met gruwels (bv. sonde wat bloedskuld veroorsaak, afgodsaanbidding, en afgodspraktyke) om te gaan, en as hulle nie luister nie is daar altyd gevolge... (Deut. 18:10-12).  In die 10 gebooie en sekere ander skrifte word kinders vd Koninkryk spesifiek belet om gesnede of gegote beelde of klippilare ens. te maak - hulle word verbied om hulle besig te hou met watookal gesien word as afgodediens (wat gedien en voor neergebuig word/afgodspraktyke)(Eks. 20:4,5; Lev. 26:1; Deut. 16:22).  Ook in die N.T. word afgodery verbied (Gal. 5:20; 1 Kor. 10:14; 1 Joh. 5:21). As 'n kind vd Koninkryk hierdie oortree, word dit soos 'n misdaad gesien, en is ernstig! (en word selfs tot die 3de en 4de geslag , kinders en kindskinders, besoek van die wat die Here haat/Eks. 20:5; 34:7). Die skrif leer dat afgodedienaars nie eendag in die Koninkryk van God sal ingaan nie, maar hulle uiteinde is die poel van vuur (nl., die tweede dood)(Openb. 21:8; 22:15). Waar die volk oortree het, moes hierdie afgode afgebreek, omgegooi (bv. die altare), afgeslaan (bv. die klippilare), en afgebrand/omgekap (bv. die heilige boomstamme) word (Eks. 23:24; 34:13; Deut. 7:5; 12:3; 2 Kon. 23:14; 2 Kron. 14:3; 31:1). Alhoewel afgode bloot beelde is wat deur mensehande gemaak word (en dus nie werklik iets is nie), gaan dit gewoonlik gepaard met bose praktyke soos towery, goëlery, afgodsoffers, ens. (Mig. 5:11,12) - hierdie beelde word o.a. hanteer soos 'n god of gemaak vir "afgode", wat eintlik duiwels is! (Deut. 32:16,17; Ps. 106:36,37; Openb. 9:20; 1 Kor. 10:19,20).(Jon 2:8 - "Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is").(Jer 14:22 - "Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge").  Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy eintlik moet lewe, maar die wat afgode aanbid is besig om by ander geestelike waterbronne te drink. Wat afgodery verkeerd maak, is dat iemand sy vertroue in verkeerde bronne plaas (Ps. 31:7).

Opsomming:
In Gal. 5:20 is "afgodery" die Gr. woord "eidōlolatreia" wat vertaal word as "afgodery" in die AOV, maar in sommige skrifte word dieselfde woord vertaal as afgodediens (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5)(en dit word ook in dieselfde konteks gebruik as "beeldediens" in 1 Sam. 15:23).  Vgl. dit met  1 Pet. 4:3 waar die woord "afgoderye" gebruik word... - en in konteks hier dit gaan oor 'n vorm van onwettige gemeenskap (die woorde "ongeoorloofde afgoderye" word bv. daar gebruik). Alhoewel "AFGODERY" (die Gr. woord "eidōlolatreia", wat te doen het met die tevergeefse aanbidding van 'n beeld/Gal. 5:20; 1 Pet. 4:3) tevergeefs is, moet ons kennis neem dat die wat aan afgode offer, eintlik besig is om aan duiwels te offer, en is dus besig om met duiwels GEMEENSKAP te hê... (1 Kor. 10:20; Ps. 106:37; 1 Kor. 10:20-28). Die nagmaal is ook 'n vorm van gemeenskap (gemeenskap met die bloed en liggaam van Christus/1 Kor. 10:16).  Afgodsoffers moet ook gesien word soos 'n vorm van gemeenskap..., maar die vraag is, gemeenskap met wie of wat? "Afgodsoffers" verwys gewoonlik na kos (soos vleis) of drank wat aan afgode geoffer word... (1 Kor. 8,7; 10:19) - 1 Kor. 10:20 leer dat die wat aan afgode offer eintlik aan duiwels offer;  m.a.w., hulle het gemeenskap met duiwels.  In Gal. 5:19,20 word afgodery 'n "werk vd vlees" genoem, en v.21 verklaar dat die wat hulle besig hou met die werke van die vlees, nie die koninkryk van God sal beërwe nie. Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie en moet dus enige afgodediens aflê... (Kol. 3:5);  wat terloops in konteks hierdie skrif na verwys word as "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid"! HIERDIE IS VORME VAN ONGEOORLOOFDE "GEMEENSKAP".  Werke vd vlees word m.a.w. ook gesien soos afgodery  (werke van die vlees is soos GEMEENSKAP MET DIE VLEES - is vleeslik / die wat afgodery beoefen leef volgens die vlees, nie volgens die Gees nie). Afgodery verwys dus nie net na fisiese gebare van afgodsaanbidding nie, maar elkeen se hart getuig of hy besig is met afgodery of nie (waarmee het hy gemeenskap?). In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te vlug vir die afgodediens, en in konteks daar vewys dit ook na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6), asook die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Hierdie dinge is soos afgode wat iemand ONREIN maak.  Vgl. dit met wat Jesus geleer het, wat se dinge iemand onrein maak... - bv. slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal ... (Matt. 15:18-20). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hoe moet ons optree teenoor broeders wat afgode begin dien?

Christene word in 1 Kor. 5:11 beveel om nie om te gaan met broeders wat afgodedienaars is nie (asook word  hoereerders, gierigaards, kwaadsprekers, dronkaards, en rowers in die gedeelte genoem) - met so iemand moet hulle selfs nie saam eet nie;  natuurlik is hierdie spesifiek bedoel in die konteks van "broeders" (1 Kor. 5:10), en die rede hiervoor is nie om so iemand af te skryf nie maar skaam te maak;  of om seker te maak dat die "suurdeeg" nie die hele deeg suurmaak nie... (1 Kor. 5). Natuurlik kan mens jou nie onttrek aan alle afgodedienaars in die wereld nie, want dan sal jy uit die wereld moet uitgaan! (1 Kor. 5:9-13 - "Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie— dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit").  1 Kor. 6:10 leer dat geen afgodedienaar die koninkryk van God sal beërwe nie  (asook word ander groepe in dieselfde konteks genoem, nl. hoereerders, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, en rowers)(vgl. met Openb. 21:8 en 22;15). Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery is op gevaarlike grond;  bv., in 1 Kor. 10:7 word Christene spesifiek gewaarsku dat hulle kan val sou hulle hul besig wees met afgodediens (soos gebeur het met sommige van die volk in die woestyn). Christene word in die gedeelte beveel om te vlug vir die afgodediens! (v. 14). Openb. 21:8 leer ook dat afgodedienaars se deel is in die poel wat brand met vuur en swawel, nl. die tweede dood. Dit is belangrik dat Christene wat betrokke is in afgodery hulle daarvan bekeer, want afgodedienaars sal nie die koninkryk van God beërwe nie... (1 Kor. 6:10) - en dit geld terloops ook vir ander werke van die vlees waarin Christene stap maar hulle nie daarvan bekeer nie, bv. hoerery, begerig na slegte dinge, die wat die Here versoek, en murmureerders... (dinge wat terloops afgodediens genoem word in 1 Kor. 10:14).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 02 Oktober 2019

Die Here ons BRON

In hierdie pos kyk ons deels na wie dit is vir wie ons RAADPLEEG, wat te doen met watter BRON ons gebruik. Wat is bv. die verskil tussen 'n profeet vd Here en 'n waarsegster?, want in beide gevalle kan hulle somtyds die toekoms sien, of weet wat in iemand se lewe gebeur ens. Die VERSKIL is die BRON wat hulle gebruik... Wanneer die Christen antwoorde soek moet hy seker maak dat hy: 
-die Here as bron gebruik, en ook seker maak dat 
- die een deur wie hy die antwoorde kry, die Here as bron gebruik! - vir 'n opsomming oor "sieners" (raadpleeg), gaan na https://warechristene.blogspot.com/2017/03/siener-raadpleeg.html (- wat o.a. te doen het met hoe die Here ons ANTWOORD). In ander woorde, nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is sieners vd Here nie, en nie almal wat "sieners" is, raadpleeg die Here nie. Ook nie almal wat bekendstaan as profete vd Here is opreg Sy profete nie, want daar is valse profete onder Christene wat hulle voordoen as profete vd Here... 


In hierdie pos kyk ons ook nie net na die BRON van gebruik nie, maar ook na hoekom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie - bv., somtyds antwoord Hy met opset nie vir iemand nie, al gebruik die persoon Hom as bron! 
Wat kan die rede wees hiervoor?, en wat moet die Christen met wie dit gebeur doen om dit reg te stel?
________________________________________________________________________________

INLEIDING:
Daar is redes waarom die Here nie altyd iemand antwoord nie.  Natuurlik neem dit somtyds bloot tyd, maar baiemaal is dit omdat daardie persoon verkeerd bid (bv. volgens eie begeertes - Jak. 4:3);  of in ongehoorsaamheid stap! Baie Christene word so onkant gevang, en is soos mense sonder kennis (Jes. 5:13), wanneer die Here hulle hanteer asof hulle nie 'n Here het nie, want die rede waarom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie het baiemaal te doen met die feit dat hulle ongehoorsaam is (Hos. 4:6). WANNEER KINDERS VAN DIE HERE die kennis verwerp en NALAAT OM NA hulle HERE TE LUISTER, DAN VEROORSAAK DIT DAT DIE HERE HOM LATER OOK NIE MEER DEUR HULLE LAAT RAADPLEEG NIE  - en dit het dan weer tot gevolg dat sommige van hulle ander weivelde begin soek vir antwoorde (soos met koning Saul gebeur het) ---------------------------- Koning Saul is 'n goeie vb. van iemand wat in hierdie opsig oortree het. Hy's gesien as "wederstrewig" en "eiesinnig" (1 Sam. 15:23) omdat hy, terwyl hy goed geweet het wat die Here se antwoorde en opdragte is, nie na Hom geluister het nie maar gedoen het soos hyself goeddink (soos iemand sonder kennis)- en dit het daarnatoe gely dat, al het hy die Here steeds geraadpleeg, die Here later nie meer vir hom antwoorde gegee het nie - en dit het weer daarnatoe gely dat koning Saul 'n waarsegster gaan opsoek het om vir hom antwoorde te gee - so het hy nog verder gesondig! Wat hy eerder moes doen was om hom te bekeer van sy wederstrewigheid en eiesinnigheid (terwyl hy steeds die Here raadpleeg), nie in opstandigheid, omdat die Here hom nie antwoord nie, sy antwoorde op ander plekke te gaan soek nie!  In Eks. 23:21, waar die woord "wederstrewig" gebruik word, is dit die Hebr. woord "maw-rar" (die KJV gebruik die woord "provoke"), wat beteken om iemand bitter te maak of te bedroef. In ander woorde wanneer iemand wederstrewig is teen die Here, dan bedroef hy Hom en kan veroorsaak dat die Here bitter word teen so iemand. Dit is dieselfde wanneer 'n Christen in wie die Heilige Gees is, nie na die Heilige Gees luister nie, en Hom so bedroef... 
'n Ander woord wat ook gebruik word is "maw-raw" (Num. 20:24) wat nie net verwys na die effek van wederstrewigheid nie, maar wederstrewigheid beskryf as iemand wat rebelleer en ongehoorsaam is... Vgl. dit met 1 Sam. 15:23.  Eiesinnigheid is die woord Hebr. woord "paw-tsar" wat gaan oor hardkoppigheid, en word selfs in 1 Sam. 15:23 vgl. met afgodery en beeldediens! (en wederstrewigheid word vgl. met waarsêery!).  In Tit. 1:7 is dit die Griekse woord "ow-thad'-ace" wat vir eiesinnig gebruik word, wat verwys na arrogansie en eie wil (om die self tevrede te stel)... Christene wat wederstrewig is deur die waarheid te ignoreer en hulle eie waarheid volg, of eiesinnig hulle eie wil soos 'n afgod hanteer, staan die gevaar dat hulle die Here en Sy Gees bedroef...  - dit kan tot gevolg he dat al sou hulle steeds by die Here antwoorde soek, Hy hulle nie meer antwoord nie.

Dit was m.a.w. die gevolg van koning Saul se wederstrewigheid en eiesinnigheid wat veroorsaak het dat die Here hom nie wou antwoord nie, en toe i.p.v. om hom te bekeer, sondig hy verder deur die bose te raadpleeg (en het so 'n ander BRON gebruik)(afgodsaanbidding en het die bose geraadpleeg). Dieselfde gebeur somtyds met wederstrewige en eiesinnige Christene.  Dit is gevaarlik wanneer kinders van die Here 'n pad van ONGEHOORSAAMHEID begin stap (en doen wat hulle self wil, i.p.v. wat die Here wil), want dit kan veroorsaak dat die Here Hom glad nie meer deur hulle laat raadpleeg nie (Eseg. 14:3; 20:3; 1 Sam. 28:16,17).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR WIE MAG JY RAADPLEEG?

In die Skrif word dit gesien soos hoerery wanneer kinders van die Here ander gelowe of die bose raapleeg terwyl hulle nalaat om die/hulle Here te raadpleeg (Hos_4:12). Natuurlik beteken die feit dat ons die Here raadpleeg nie dat ons geensins ons antwoorde by mense kan kry (soos geestelike leiers) nie, maar wat dit oor gaan is dat ons eerstens die Here moet raadpleeg (en Hy antwoord ons op verskillende maniere, bv. deur die wat Hom dien, of d.m.v. visioene of drome ens.).  Maar dit gaan ook oor waar die persoon na wie toe ons gaan, sy antwoorde vandaan kry! (m.a.w., wie is hulle bron?). In die O.T. was die profeet of priester die persoon na wie gelowiges gegaan het vir antwoorde.  Hierdie profete en priesters se bron was die Here... -tensy dit 'n valse profeet was of bv. 'n ongehoorsame priester. Neem ook kennis dat die Heilige Gees nie op die hele volk van God uitgestort was (in die O.T.) nie. Die Christen in wie die Heilige Gees is, word deur die Heilige Gees gelei en het in der waarheid nie nodig om mense te raadpleeg nie, maar dit gese - die Gees werk nie dieselfde gawes en bedieninge deur almal nie! In ander woorde, ons het mekaar nodig. Sommige word soos profete gebruik, of is leermeersters, of deur sommige word kragte gewerk, deur ander genadegawes van genesing, sommige dien as helpers en ander regeer, of dien in verskillende tale... Baie gawes word deur die Gees gewerk, bv. 'n gawe van wysheid of kennis of onderskeiding van geeste, ens. Dit beteken dat Christene indirek antwoorde by mekaar kry ! - waaroor dit egter hier gaan is WIE DIE BRON is (van daardie antwoorde).  'n Valse profeet het bv. nie dieselfde BRON as 'n ware profeet nie. 'n Valse leermeester het nie dieselfde BRON as die een wat die waarheid verkondig nie. Daar is ook baie verskillende soorte dokters, maar dit hang af wat hulle BRON is.  Wanneer kinders van die Here dokters nader wat praktyke verkondig gekoppel aan ander geloofspraktyke, is hulle eintlik besig om "ANDER GELOOFSPRAKTYKE" TE RAADPLEEG.  ONS MOET HIERDIE ONDERSKEIDING MAAK en versigtig wees na watter dokters ons gaan.  In vandag se lewe word alle dokters gesien soos "werktuie in die Here se hand", maar natuurlik is dit nie waar dat alle dokters deur die Here gebruik word nie!       

Dus, natuurlik gebruik die Here mense om Sy wil bekend te maak soos die volk na Moses toe gegaan het wanneer hulle vir God wou raadpleeg (Eks. 18:15), maar neem ag dat die Gees van God op Moses gerus het;  daarom het hy geweet wat die wil van die Here is (en hy het die Here as bron gebruik). Wanneer iemand van die volk van God 'n profeet gevra het om die Here te raadpleeg, het hy eintlik steeds die Here geraadpleeg (Eks. 33:7; Rig. 18:5; 1 Sam. 9:9; 1 Sam. 23:2,4; 2 Sam. 5:23; 1 Kon. 22:5,7,8, 13; 1 Kron. 14:14; 2 Kron. 18:4-7; 34:21 ....), want die profeet het ter wille van die persoon dan die Here geraadpleeg. Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg -  in die O.T. was dit bv. veral deur drome of deur die urim of deur die PROFEET (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik SIENERS genoem deur die mense van Israel, en baiemaal as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of na die priester gegaan).  Die siener se antwoord was onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie! Maar nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is "sieners van die Here" nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19) - gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). WIE dit is vir wie ons raadpleeg, wys in wie ons ons hoop plaas.  Sommige dink dat hulle altwee kante kan raadpleeg (soos koning Saul op die ou end gedoen het).  Daar is vandag baie voorbeelde (en ongelukkig baie getuienisse) van Christene wat hulle hoop plaas in heidense praktyke, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof ...  Die ongeluk is dat hierdie gelowiges, as hulle hul nie bekeer van hierdie werke nie, die gees van dwaling gestuur sal word omdat hulle nie die Here soek en Hom nie raadpleeg nie, maar elders raadpleeg en vir hulle leermeesters vergader het wat hulle in die gehoor streel. En as hulle hierdie gees van dwaling gestuur word,is dit amper soos 'n vloek, want dan sal hulle glo hulle is reg terwyl hulle eintlik verkeerd is! (Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).

Elke kind van God behoort eerste die Here te raadpleeg, en sal ook slegs weet wat hy presies moet doen (of nie doen nie) wanneer hy die Here raadpleeg. Maar wanneer die Here vir jou antwoord, en jou die kennis gee wat jy nodig het, moet jy nie in eiesinnigheid steeds doen wat jyself goeddink moet gedoen word (soos koning Saul gedoen het) nie.  Wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, en kry 'n antwoord, maar is dan wederstrewig? Wat was die doel dan hoekom hy in die eerste plek die Here geraadpleeg het? 
Of wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, maar gaan soek steeds op ander plekke (soos "ander geloof"-praktyke) ook 'n antwoord? Hierdie is baiemaal hoe Christene optree, en dan wonder hulle hoekom die Here bitter word teenoor hulle? As jy in ongehoorsaamheid stap, moet dan nie verras wees as die/jou Here jou nie wil antwoord nie! (Eseg. 20:31 - "ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONTREINIG DEUR ONGEHOORSAAMHEID EN BRONNE WAT GERAADPLEEG WORD:

Wanneer gelowiges agter afgode en afgodspraktyke aan hoereer, gaan die Here ophou om hulle te antwoord. Jy kan nie beide raadpleeg en dink dat die Here tevrede is daarmee nie! Vandag is daar baie Christene wat glo dat hulle geensins ONREIN kan word wanneer hulle deelneem aan afgodspraktyke nie, maar natuurlik is dit nie wat die Skrif leer nie.  Die eerste gemeentes was gewaarsku hierteen en gelowiges was o.a. beveel om hulle af te sonder van sulke ongelowiges en NIE AAN TE RAAK WAT ONREIN IS NIE! (2 Kor. 6:14-18). Die groot probleem met wanneer gelowiges hulle ontreinig met drekgode, is die feit dat hulle NIE DIE HERE RAADPLEEG NIE, maar hulle antwoorde op 'n ander plek gaan soek (dit gaan m.a.w. oor die BRON wat gebruik word). Daarom word dit gesien soos hoerery, want as jy aan die Here behoort (soos 'n vrou aan 'n man), dan hoereer jy natuulik wanneer jy agter drekgode aangaan of jou vertroue in die bose plaas! (Hos. 4:12; Eseg. 20:31)(soos 'n vrou wat agter 'n ander man aan hoereer). Dit is dus niks anders as opstandigheid nie.  OPSTANDIGE KINDERS is wederstrewig en eiesinnig en volg hulle eie koppe en wil, en maak hulle eie planne en raadpleeg nie die Here nie...  
-   Wanneer kinders van die Here leef soos mense wat nie 'n Here het nie en Hom dus nie gehoorsaam nie, is hulle besig om te sondig! (Jes. 30:1) - en hulleself te verontreinig.  Dit het baiemaal tot gevolg dat so iemand op die ou end hoereer agter afgode en ander geloofspraktyke aan. 
-   Kinders van die Here wat opstandig is en weier om hulle te bekeer tot die Here, word later nie deur Hom geantwoord nie, al raadpleeg hulle Hom ook! (1 Sam. 28:16,17).  En dan, omdat hulle nie antwoorde van die Here kry nie, gaan soek hulle somtyds dit by ander geloofspraktyke (soos Saul gedoen het), en sondig net verder.  Kinders van die Here wat in hierdie wederstrewigheid en eiesinnigheid verval het waar hulle glad nie die wil van die Here soek nie maar hulle eie planne en wil doen, en selfs ook fisies betrokke word in afgodspraktyke, moet hulle TOT DIE HERE BEKEER! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERONTREINIG DEUR ANDER GELOOFSPRAKTYKE:

Alhoewel meeste Christene wegbly van dinge soos waarsêery en afgodery, is die waarheid dat wederstrewigheid en eiesinnigheid niks anders is as juis dit is nie (1 Sam. 15:23), en dit beteken dat baie Christene eintlik indirek besig is met waarseery en afogodery!  Ons weet ook goed om weg te bly van dinge soos verklaring van voortekens, towery, besweringe, of die wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg ens., maar daar is ongelukkig baie ander maniere en vorme waarin Christene deesdae betrokke word in hierdie dinge sonder dat baie dit eens agterkom. Kyk maar hoeveel Christene is betrokke by verkillende vorme van meditasie en gebede wat in ander geloofspraktyke gebruik word.  Hulle RAADPLEEG hierdie ander geloofspraktyke en vorme van (afgods)aanbidding (bv. ydele herhaling van woorde) vir antwoorde, vir bv. die voordele wat hulle daaruit kry, en glo dat hierdie dinge hulle geensins onrein kan maak nie.  Maar moenie verwag dat die Here tevrede sal wees daarmee wanneer ons in heidense geloofspraktyke betrokke word nie (2 Kon. 1:4-6);  inteendeel, wanneer kinders van die Here hierdie heidense praktyke raadpleeg, is hulle besig om van die Here afvallig te word.... (Hos. 4:12). Hulle is dan besig om die verkeerde BRON te gebruik. Vgl. hierdie met die tema van wat dit beteken om "geestelike DRONK of aan die slaap" te wees.

Baie van hierdie praktyke is ander name gegee, en Christene besef nie altyd waarin hulle betrokke is nie. DIE MANIER HOE ONS EGTER KAN VERHOED dat ons BETROKKE word BY HIERDIE DINGE SONDER DAT ONS AGTERKOM, IS NATUURLIK DAT ONS NOOIT ONS ANTWOORDE BY ANDER GELOWE/GELOOFSPRAKTYKE MOET GAAN SOEK NIE, MAAR EERDER DIE HERE MOET RAADPLEEG en Hom op Sy maniere laat antwoord, en deur die wat Hom as BRON gebruik.  Bv., Jesus het vir ons geleer dat ons nie moet bid soos die heidene met ydele herhaling van woorde omdat hulle dink hulle so verhoor sal word nie (Matt. 6:7). As iemand nie hierdie kennis het van Jesus se woorde nie is dit iets anders, maar as hy goed weet dat Jesus ons gewaarsku het teen heidense vorme van gebed waar ydele herhaling van woorde geskied  maar steeds deelneem aan sulke praktyke, dan is so iemand eiesinnig besig om eerder sy eie wil en kop te volg. Wat sal die uiteinde wees van sulke optrede?
Christelike meditasie/"bepeinsing"  is egter anders! want, anders as ander vorme van meditasie en gebed, is die een wat met die Here "mediteer" en tot Hom bid,  besig om sy gedagtes op die Here te plaas en Hom te raadpleeg vir antwoorde (die Here as BRON). Verder, ook anders as heidense vorme van meditasie, is die Christen wat mediteer eerder besig om "gedagtes gevange te neem (nie bloot te laat verbygaan nie!), en onderwerp hom aan die Here se wil en Sy woord" (soos die skrif vir ons leer - 2 Kor. 10:5). L.w., Die een vir wie jy raadpleeg, is die een in wie jy jou vertroue plaas.

Op die stadium wat Sefanja (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/opsomming-die-boek-sefanja.html) geprofeteer het, was die sedes van die volk baie laag.  In Sefanja 1 word verduidelik wat gaan gebeur met die wederkoms, en hoe die Here gaan terugkom om besoeking te doen oor die mense van die aarde... - bv., Hy gaan terugkom OM TE OORDEEL en heelwat dinge word in Sef. 1 genoem wat Hy teen hulle hou, o.a. dat hulle VAN HOM AFVALLIG GEWORD het en HOM NIE SOEK nie;  asook die feit dat HULLE HOM NIE RAADPLEEG NIE(Sef. 1:6 - "Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie").   Spesifieke dinge wat ook in die gedeelte genoem word en dinge waarmee die volk hulle verkeerdelik besig gehou het, is afgodsaanbidding (Sef. 1:4,5) en die feit dat hulle ook hulle vertroue geplaas het in rykdom (Sef. 1:18).  Hulle het hulle vertroue geplaas in afgode en ander dinge, in plaas van in die Here. Deur hulle antwoorde te gaan soek by ander geloofspraktyke, was hulle betower deur die kitsantwoorde van die mistieke, in plaas van om hulle antwoorde by die Here te soek EN TEVREDE TE WEES MET SY WIL. Hierdie is baiemaal die rede waarom mense nie die Here raadpleeg nie, want hulle is nie tevrede met Sy wil of antwoord nie, of hulle wil nie WAG op Sy antwoord nie - dit is bv. die rede waarom sekere konings eerder hulle hoop in valse profete geplaas het as in die ware profeet, want hulle was nie tevrede met die Here se antwoord nie! (2 Kron. 18). 
Dit is die groot verskil tussen die valse profeet en die ware profeet:  -Die valse profeet profeteer "uit eie hart" (Eseg. 13:2) en bring sy eie woord (asof hy die antwoord het!), maar die ware profeet kry sy antwoord van die Here. Die ware profeet se antwoord is dus nie volgens hoe "hy self sien" nie, maar volgens hoe die Here sien en volgens die Here se wil.  Maar die valse profeet is eerder besig met waarseery, want hy spreek leuens en gee valse hoop... (Eseg. 13:6).  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/profete-valse-profeet.html). 

Mense wat hulle hoop plaas in afgode, raadpleeg nie die Here nie - hulle volg geloofspraktyke soos waarseery, goelery of verklaring van tekens of towery, of raadpleeg 'n gees van 'n afgestorewene ens.  Kinders van die Here word beveel OM NIKS MET HIERDIE DINGE TE DOEN TE HE NIE! Wanneer iemand sy hoop in sulke dinge plaas, is hy soos 'n ONGELOWIGE wat nie glo dat sy Here vir hom iets kan doen nie. 
(Jes. 8:19)  "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?". (Deu 18:9)  As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
(Deu 18:10)  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
(om meer te leer oor die begrip "raadpleeg", en die gevolg van gelowiges wat die verkeerde bron raadpleeg)(lees gerus die verse in konteks)
_________________________________________________________________________________

Jes_19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê. 
Isa_30:2  wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon 1:3)  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?

(2Ki 1:4)  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
(2Ki 1:5)  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
(2Ki 1:6)  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

(2Ki 1:16)  en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg—is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? —daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

Eze_21:21  Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer. 
Hos_4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword. 

(Eseg 14:7)  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gen_25:22  En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. 
Eks_18:15  En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. 
Eks_33:7  En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. 
Jdg_18:5  Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees. 
1Sa_9:9  Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem. 
1Sa_23:2  Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla. 
1Sa_23:4  Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand. 
(2Sa 5:23)  Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
1Ki_22:5  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
1Ki_22:7  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
1Ki_22:8  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ki_3:11  En Jósafat vra: Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het. 
2Ki_8:8  Toe sê die koning vir Hásael: Neem ‘n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word? 
2Ki_22:13  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie. 
2Ki_22:18  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
1Ch_14:14  Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan. 
2Ch_18:4  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
2Ch_18:6  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
2Ch_18:7  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ch_34:21  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie. 
2Ch_34:26  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
Jer_21:2  Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek. 
Jer_37:7  So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe; 
Eze_14:7  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. 
Eze_20:1  En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 65:1)  Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

(Eze 14:3)  Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

(Eze 20:3)  Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.

(Eze 20:31)  ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1Sa_28:7  En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor.
1Sa_28:16  En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
_________________________________________________________________________________