Wys tans plasings met die etiket afgode. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket afgode. Wys alle plasings

Vrydag 08 Mei 2026

God / god / gode

In hierdie pos bestudeer ons die term "God" en kyk veral na die betekenis van die woord.  Na wie verwys die term God? Wat is God se Naam? Is Jesus Christus God? Bestaan daar ander gode?

Rol af vir die volgende opsommings:

- God

- Wat is die Here se naam, en hoe verwys Hy na homself?

-  Is Jesus Christus God?

- Die term "Here".

- Kan mense "gode" wees?

- Bestaan daar ander gode?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------God:

Die betekenis van die woord GOD:

Hebreeus:

(Gen 1:1)  In die begin het God (Hebr. woord " el-o-heem' ", wat in hierdie konteks verwys na die Almagtige regter, soos 'n "magistraat" = God)(afhangende vd konteks, word die woord ook gebruik vir engele, gode, verhewe, groot, regters, en magtige) die hemel en die aarde geskape. Kyk ook Jon 1:6 - "Daarop kom die skeepskaptein na hom (Jona) toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God (el-o-heem)! Miskien sal dié God (el-o-heem) aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie".

In sommige verse word die woord "Here" gebruik voor die woord God, bv.: (Gen 2:4 - "Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE (Hebr. woord "yeh-ho-vaw'", 'n naam wat oor die algemeen verwys na die ewige God, die Een wat bestaan = 'n Joodse naam vir God) God die aarde en die hemel gemaak het". Die woord "Here" God verwys o.a. daarna dat Hy die "ewige God" is (en die woorde "ewige God" word terloops ook spesifiek in sommige skrifte gebruik, bv. Gen. 21:33), en word terloops nie gebruik vir ander gode in die Skrif nie... (want hulle was nie van altyd af daar nie!) - word spesifiek gebruik om te verwys na el-o-heem... - kyk bv.: Gen 21:33 - "En hy het ‘n tamarisk(boom) in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige (Hebr. woord "o-lawm'", van oue, altyd, vir ewig, ens.) God (Hebr. woord "ale", wat verwys na, wat gode aanbetref, is Hy die Almagtige), aangeroep" (kyk ook Gen. 31:13). In ander woorde, die woorde "ewige God" word baie spesifiek gebruik om te verwys na die Almagtige God, en somtyds in woorde word so na Hom verwys: (Gen 28:3 - "En mag God, die Almagtige (Hebr. woord "shad-dah'ee"), jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ‘n menigte van volke kan word"). 

Somtyds word daar ook na die Here God (nl. die ewige God, die Almagtige God) verwys as "die God van Abraham", veral wanneer die betrokke generasie na die God van hulle voorvader Abraham, verwys...;  bv.: Gen 24:12 - "en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer". Hierdie woordgebruik is nog 'n manier om onderskeid te maak tussen ander gode en die ewige God;  in ander woorde, die God vir wie Abraham aanbid het, wie terloops die HERE GOD is (kyk ook die woorde in Gen. 28:13 "God van jou vader Abraham en die God van Isak")(en Eks. 3:6 - die woorde "God van jou vader", "God van Abraham", "God van Isak", "God van Jakob" - geslagslyn)  (Gen. 31:42; 33:20; Rig. 2:12; ens. / (Gen 46:3 - "Toe sê Hy: Ek is God ("ale"), die God ("el-o-heem") van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak"). Of die woorde "die God van Israel" (Eks. 5:1) word gebruik, want Jakob se naam was verander na Israel. Kyk ook Eks. 10:3, waar die woorde "die God van die Hebreërs" gebruik word ("Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God (el-o-heem) van die Hebreërs (Hebr. woord "ib-ree'", 'n afstammeling van Eber/'n Hebreer): Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien").

In Jos. 3:10 verwys Josua na die Here as "die lewende God" (Jos 3:10 - "Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ‘n lewende (Hebr. woord "khah'ee" - Hy lewe! / hy's nie dood soos ander gode nie - kyk bv. ook, die Hebr. woord dale word hier vir God gebruik...) God ("ale") tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe"). 

Grieks:

(Matt. 1:23)  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel (Gr. woord "em-man-oo-ale'", 'n naam vir Christus, wat beteken "God met ons") noem, dit is, as dit vertaal word: God (Gr. woord "theh'-os", wat verwys na 'n goddellike wese, of verwys na 'n magistraat - beteken "verhewe, God, god(dellik)") met ons. Dieselfde Gr. woord word in Matt. 3:9 gebruik waar Jesus verklaar dat God selfs kinders uit klippe kan maak;  kyk ook Matt. 3:16, 4:3,4,6,7,10 en 5:8,9,34, ens.  Gewoonlik in die N.T., waar die woord God gebruik word, is die Gr. woord "theh-os" gebruik, behalwe Matt. 16:22 waar die Gr. woord koo-ree-os gebruik word ("koo'-ree-os" is in die AOV as God vertaal, maar kan ook vertaal word as Here, meester of meneer - dit verwys in wese veral na die een wat die hoogste outoriteit het). In Ef. 1:2,3,17, Kol. 1:2, ens... word daar spesifiek na die Vader verwys as God, maar in vele ander skrifte word daar ook na Jesus Christus verwys as God! (rol af vir die opsomming hieroor). 

Dieselfde Gr. woord "theh-os" word in 2 Kor. 4:4 gebruik vir "god van hierdie wêreld" (wat verwys na die Satan), maar is met 'n kleinletter g in die Skrif geskryf om onderskeid te maak tussen die Here God en die god wat deur die "wereld" aanbid word (nl. die wat onder die mag vd bose is...)(1 Joh. 5:19; Ef. 2:2).

Ook wat die Griekse betekenis van "God" aanbetref, word die woord "Here" baiemaal voor "God" gebruik (bv. "Here jou God",Matt. 4:7,10; 22:37 / of "Here onse God",Hand. 2:39 / of "Here julle God",Hand. 3:22; 7:37) - die woord "Here" verwys na die een met die hoogste outoriteit (meester) - verwysend na die "meester God". 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die Here se naam?, en hoe verwys Hy na homself?
Ons skryf gewoonlik die Here se naam met 'n hoofletter g (G) wanneer ons na Hom (as God) verwys (en dit word ook so in die Skrif gedoen - ander gode word met 'n kleinletter g geskryf), maar die Hebreeuse woord vir "god" (el-o-heem) is dieselfde... (hetsy dit na die ewige God verwys, of gode, dit is dieselfde woord in die Hebrees).  Bv., in Jos 22:22, waar die woorde "die God vd gode" gebruik word, kan ons sien dat waar die woord "el-o-heem" gebruik word, dit nie noodwendig verwys na die Here (yeh-ho-vaw) nie, want in die betrokke Skrif word die woord "el-o-heem" bv. ook gebruik vir "gode"... Die God vir wie ons egter aanbid, nl. die almagtige ewige lewende God wat hemel en aarde gemaak het (die God van Abraham, Isak, Jakob...), is die GOD VAN DIE gODE!  (Hy is die almagtige - "Die God van die gode, die HERE (yeh-ho-vaw), die God (ale)(die almagtige God) van die gode (el-o-heem), die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is—verlos ons nie vandag nie, HERE ")(Dan. 2:47)(rol af vir 'n studie oor wat die woord "god" of "gode" beteken en na wie dit verwys). Vgl. dit met Dan. 2:45 waar daar na die Here verwys word as die "grote ("rab" - kaptein, hoof, groot, here, meester) God ("el-aw")". Alhoewel die woord "el-o-heem" ook gebruik word om na die Here te verwys  (omdat Hy g(nee,G)od is)(in vele skrifte is hierdie die geval), is dit nie 'n woord wat spesifiek net vir Hom gebruik word nie, want dit gaan oor die betekenis;  oor die algemeen word daar dus liewer na die Here God verwys as Jehovah - somtyds as "onse God" (Jes. 1:10) of "die God van ons vaders" (sien bo) om onderskeid te maak tussen Hom en ander gode (bv. in Dan. 4:2 het Nedukadnesar wat ander gode aanbid het, maar tot insig gebring is, na die Here verwys as die "allerhoogste God"). Dit beteken nie dat ons Hom nie kan aanspreek as "God" (of dat jy slegs die woord Jehova kan gebruik soos sommige beweer) nie, maar tussen broeders en suster kan daar bloot na Hom vewys word as God of Here - tussen ander gelowe moet daar liefs uitgeklaar word na watter god ons verwys, nl. is dit die ewige God?, of na gode?  In beide gevalle word die woord eloheem dus gebruik, maar woorde rondom dit klaar uit na watter god daar van gepraat word.   En dus, alhoewel die Hebr. naam yeh-ho-vaw spesifiek die ewige Here God beskryf (en is soos Sy Naam), word daar baiemaal bloot na Hom verwys as "God" in beide die Ou en Nuwe Testament (en dan met 'n hoofletter G geskryf).  In die N.T. word die woord Theh-os (Grieks) oor die algemeen gebruik waar daar na God verwys word, maar dieselfde woord "theh-os" word natuurlik ook gebruik vir bv. die "god van hierdie wereld"... (maar dan met 'n kleinletter g)

Net soos in die O.T. word die woord "Here" ook baiemaal in die N.T. voor die woord God gebruik..., hierdie is 'n manier om te verwys dat Hy die "meester God" is (bv., "Here julle God") (Rig. 6:10 - "En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode (el-o-heem) van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie"). Nie dat daar meer Gode is nie, maar wat "gode" aanbetref (wesens wat deur mense aanbid word), het Hy die hoogste outoriteit en is terloops ewig en die Skepper van alles (terwyl die ander nie is nie!). 1 Kon. 18:24 is nog 'n goeie voorbeeld van  hoe die woord "Here" voor God gebruik word om spesifiek na die Ewige God te verwys...: ("Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE (yeh-ho-vaw) aanroep; en die God (el-o-heem) wat met vuur antwoord, Hy sal God (el-o-heem) wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed"). In hierdie geval word die woord Here bloot gebruik wat die Hebr. woord "JEHOVAH" is (wat verwys na die ewige God wat bestaan, 'n naam wat deur die Jode vir God gebruik word) om uit te klaar na watter God hy verwys. Natuurlik is die omstandighede belangrik, bv. dat daar meer uitklaring gegee word in geval van 'n heidense gehoor (bv., Jehovah, of die Here God, of die Grote God, ens...), maar in die algemeen word Hy onder kinders van die Here aangespreek as God (en almal weet van wie ons praat, want daar is immers net een God!).  

In 1 Kon. 22:54 word daar na die Here as die "God van Israel" verwys, en dit is duidelik dat hierdie verskillende maniere van om na Jehova te verwys, ook bedoel is om uit te wys dat Hy nie dieselfde is as die ander gode wat aanbid word nie;  liewer, Hy is die God van die gode!, die lewende en ewige, Almagtige, GROTE GOD... (dieselfde kan nie van die ander gode gesê word nie..., want ten eerste is daar eintlik net een God, en wat wereldse begrip aanbetref is Hy die Grote God)(Jes. 44:6 - "So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie")(Jes. 44:8)(1 Kor. 10:19,20) - vgl. dit ook met Jesus se woorde in Openb. 1:8,11. Ander gode is nie regtig Gode nie, maar dinge en wesens wat as Gode aanbid word.

In Gen. 46:3, waar die Here in naggesigte aan Jakob verskyn het, word die woord "ale" gebruik (asook die woorde "el-o-heem van jou vader"...) - Hy is die ewige, en dit word ook aan Jakob duidelik gemaak dat Hy die God is wat deur sy vader Isak aanbid is... 'n Ander voorbeeld is in Eks. 3:13-15, waarin die Here homself "EK IS" noem..., en ook verdere versekering gee dat Hy die God is wat deur hulle voorvaders aanbid is - (Eks. 3:13-15 - "Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS (Hebr. woord "haw-yaw'", om te bestaan / bly bestaan / vgl. met die Hebr. woord "el-o-heem") het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Is Jesus Christus God?

Jesus Christus is die Seun van God, en die Vader het Hom alle mag gegee... So ja!, Hy is God! Heelwat woorde word gebruik om die Messias te beskryf..., o.a. die woorde "sterke God", of "Immanuel" (wat terloops beteken "God met ons"/Matt. 1:23) - (Jes. 9:5 - "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God (ale - die almagtige God), Ewige Vader (Hebr. woord "awb" - hoof, vader), Vredevors—");  en kyk ook (Jes. 7:14 - "Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel (Hebr. woord "im-maw-noo-ale'" - wat beteken, God met ons) noem"). In Joh. 20:28 verwys Thomas na Jesus Christus as "my Here en my God", en in Hand. 2:36 verklaar Petrus dat God (die Vader) vir Jesus HERE (meester) en Christus (Messias) gemaak het.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "Here":
Die term "Here" is soos 'n naam vir die Grote God (bv. "Here God" = "meester God"). Dit is sekerlik waarom dit in soveel skrifte voor die woord God geplaas word.

Die woord "Here" is die Hebreeuse woord "yeh-ho-vaw'", wat in konteks vertaal word as Jehovah of die Here ('n nationale Joodse naam vir God)(verwysend na "die ewige God"). (Eseg. 28:2 - "Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here (Johovah, wat beteken "my Here"): Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n gode woning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god").     (Eseg. 28:6)  daarom, so sê die Here (Hebr. woord "ad-o-noy'"- wat beteken, my Here / 'n woord wat slegs vir God gebruik word) HERE (yeh-ho-vee'): Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god,................(Eze 28:9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?).

Die woord "Here" is die Griekse woord "koo'-ree-os", wat in konteks vertaal kan word "God, Here, meester, of Meneer". (Hand. 4:33 - "En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal")  ;  (1Thess. 1:1 - "Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!"). 

Ons sien dat beide die Vader asook Jesus Christus aangespreek word as "God" en "Here". Die name wat in die N.T. veral gebruik word, is God die Vader (die Vader) en die Here Jesus Christus (die Seun van God) - en daar word na die Gees van God verwys as die Heilige Gees, nl. die "afgesonderde Gees" (van God) wat die wat weergebore word, elk ontvang. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kan mense gode wees?: 

Die woord "god" (thehos)(met 'n kleinletter "g" geskryf) verwys nie noodwendig na 'n afgod nie!, 

Bv., die tot wie die woord van God kom, word somtyds na verwys as gode...  (Joh 10:34-38 - "Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode (theh'-os) nie? As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie, sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God? As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom"). Kyk ook Eks. 4:16 ("En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ‘n mond wees en jy vir hom ‘n god (eloheem) wees"), waar genoem word dat Moses vir Aäron soos 'n god is (magistraat) - dit is nie bedoel dat Moses 'n god is nie, maar dat Moses in die plek van God optree... (Aäron was Moses se mond, en Moses het die Here geraadpleeg en hom vertel wat om te sê);  Aaron het maw nie self die Here God geraadpleeg nie, maar Moses het..., en het aan Aaron oorgedra wat God wil spreek (en Aaron was op beurt die profeet). Ons sien hoe die woord "god" hier op 'n ander manier gebruik word, om te verwys na wie is die magistraat!, nie dat dit leer dat hulle self gode is nie. Kyk ook Eks. 7:1,2 ("En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek") stel God vir Moses aan as 'n "god vir Farao" - soos 'n regter of iemand wat deur die Here gestuur word met 'n boodskap soos 'n engel - dit verwys na die plig wat hy gehad het, alhoewel hy nie goed gepraat het nie (dus was Aäron soos sy profeet). Die opdrag was aan Moses gegee, maar Aäron moes dit in woorde oordra. 

In hierdie geval verwys die woord "god" na iemand wat in die plek van God optree. In hierdie opsig word daar somtyds na mense wat die werk doen van God, as gode verwys.  Die vraag is nou of almal na wie as "gode" verwys word, werklik die werk van God doen? DIT IS 'N BAIE BELANGRIKE VRAAG, want daar is baie sg. "gode" in hierdie wereld wat nie regtig gode is nie!

Die algemene persepsie van wie God is, kan miskien ook lig werp op hoekom mense somtyds "gode" genoem is, bv. dat hulle dinge kan doen wat ander mense nie kan doen nie, of buitengewone wysheid het of die toekoms ken, ens.  Hierdie is baiemaal die rede waarom sommige "verbode voedsels eet" en "verbode water drink" (speel in heidens geloofspraktyke, ens.), en die rede waarom die bronne wat genader of geraadpleeg word, gesien is as gode! 'n Goeie vb. is in Hand. 28:6, toe 'n adder vir Paulus byt en hy niks oorkom nie..., en die inboorlinge toe dink hy is 'n god - "En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ‘n god (theos) was". Hierdie is gewoonlik die rede waarom mense gode maak van dinge of mense wat nie gode is nie! - BRON IS BELANGRIK..., en alhoewel Paulus 'n dienaar was van die Here (en na regte 'n in konteks "god" genoem kan word), is daar baie dinge in hierdie lewe wat deur mense gode gemaak is wat nie die Here God as bron het nie. Dit gesê, verwys ons in elk geval liewer ook nie na profete en dienaars van die Here as gode nie, want dit kan tot gevolg hê dat sulke mense aanbid word, wat verkeerd is! Niemand moet aanbid word nie, behalwe die Here God, die Almagtige, ewige God... (wie bestaan uit die Vader, die Seun en Heilige Gees).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bestaan daar ander gode?:

Die Here God is anders as ander gode?, en daar is geen ander HERE GOD nie!, behalwe die ewige God wat hemel en aarde geskep het, en omgee vir die mens...:  As iemand nie deur die Here God gestuur is nie, kan hy nie deurgaan vir 'n "god" nie.  (Deu 4:32-40)  Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.  Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? Of het ‘n god (el-o-heem') probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.  En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is—  daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.

Kom ons kyk na 'n paar skrifte waarin die woord "gode" gebruik word (veral in die konteks van "afgode"): Dit is duidelik dat die woorde "ale" en "eloheem" ook gebruik word vir "gode", en ons moet dus verstaan dat dit gaan oor die betekenis vd woord...  Dit gaan oor wie dit is vir wie iemand sien as die "almagtige". 

In 'n paar skrifte word spesifiek die woord "afgod" gebruik, gewoonlik in die konteks van afgodsoffers of waar beelde aanbid word:  (Jes._48:5  daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie).     (Jes._66:3  Wie ‘n bees as offer slag, is soos hy wat ‘n man doodslaan; wie ‘n lam offer, soos hy wat ‘n hond se nek breek; wie ‘n spysoffer bring—dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ‘n afgod (Hebr. woord "aw'-ven", wat verwys na 'n afgod, boos, vals, nietig, ens.) prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ‘n behae het in hul verfoeisels)     (1Kor._8:4  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod (Gr. woord "i-do-loth'-oo-ton", wat verwys na 'n beeld offer, offer wat aan 'n afgod gemaak word) niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.........1Kor._8:7  Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.)     (1Kor._10:19  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod  iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is?)(Gr. woord "i'-do-lon", wat verwys na 'n beeld, heidense god wat aanbid word).

(Eks. 34:14)  Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god (ale) nie; want die HERE se Naam is Jaloers—’n jaloerse God is Hy.

(Rig. 8:33)  Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle ‘n god (el-o-heem) gemaak.

(Rig. 9:27)  En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god (el-o-heem) ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.

(Rig. 11:24)  Sal u dit nie in besit neem wat u god (el-o-heem) Kamos u as ‘n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

(Rig. 16:23)  En die vorste van die Filistyne het vergader om ‘n groot offer te bring aan hulle god (el-o-heem) Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.
(Rig. 16:24)  En toe die volk hom sien, prys hulle hul god (el-o-heem); want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.

(1Kon. 18:25)  Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god (el-o-heem) aan, maar julle mag geen vuur maak nie.

(1Kon. 20:28)  Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is ‘n god (el-o-heem) van die berge, en Hy is nie ‘n god (el-o-heem) van die laagtes nie—daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.

(2Kon. 1:2)  En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god (el-o-heem) van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
(2Kon. 1:3)  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God (el-o-heem) in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god (el-o-heem) van Ekron, te raadpleeg?
(2Kon. 1:4)  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.

(Job 12:6)  Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God (ale) vertoorn, van hom wat sy god (el-o'-ah, el-o'-ah) in sy hand dra.

(Psa 81:10)  Daar mag by jou geen vreemde god (ale) wees nie, en voor ‘n uitlandse god (ale) mag jy jou nie neerbuig nie.

(Jes. 44:10)  Wie maak ‘n god (ale) en giet ‘n beeld wat geen voordeel aanbring nie?..............(Isa 44:15)  Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar ‘n god (ale) van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar ‘n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer....................(Isa 44:17)  En van wat oor is, maak hy ‘n god (ale), sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!

(Jer 48:35)  En Ek sal in Moab ‘n einde maak, spreek die HERE, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god (el-o-heem).

(Dan 3:28)  Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god (el-aw') te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God (el-aw').(Dan 3:29)  Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis ‘n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god (el-aw') is wat so kan verlos nie.

(Dan 4:8)  totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god (el-aw'), en in wie die gees van die heilige gode (el-aw') is; en ek het hom die droom vertel:

(Dan 6:8)  Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning ‘n verordening moet uitvaardig en ‘n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae ‘n versoek rig aan enige god (el-aw') of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word.

(Dan 6:13)  Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie ‘n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae ‘n versoek doen aan enige god (el-aw') of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse.

(Dan 11:38)  Maar in plaas daarvan sal hy die god (el-o'-ah, el-o'-ah) van die vestings vereer, en die god (el-o-ah) wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.
(Dan 11:39)  So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god (el-o-ah); diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.

(Hos 8:6)  Want dit is ook uit Israel: ‘n smid het dit gemaak, en dit is geen god (el-o-heem) nie; maar tot splinters sal dit word—die kalf van Samaría.

(Amo 8:14)  hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god (el-o-heem) leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

(Mal 2:11)  Juda het troueloos gehandel, en ‘n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE (yeh-ho-vaw), wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van ‘n uitlandse god (ale) getrou.

(Hand. 7:43)  Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god (heos
theh'-os) Remfan ('n Egiptiese afgod), die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.

(Hand. 12:21)-23 -  En op ‘n bepaalde dag het Herodes ‘n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.  Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god (theos) en nie van ‘n mens nie! En onmiddellik het ‘n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God (theos) gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

Baie dinge word in hierdie lewe aanbid asof dit gode is, maar ons moet onderskei tussen LIG (God is lig) EN DUISTERNIS (ander gode). 

Wat ander gode aanbetref, word dieselfde woord in Hebr. en Grieks gebruik vir "god", maar dit beteken nie dat almal wat as gode aangespreek word die werk van die Here God doen nie.  Dit is waarom die volk vele mal gewaarsku was teen gode...  (Gal 4:8,9 - " Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?"). Beelde met hande gemaak, is nie gode nie! (Hand. 19:24)  Want iemand met die naam van Demétrius, ‘n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ‘n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf...................(Hand. 19:26)  en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ‘n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie. 'n Afgod is niks (en het ook nie 'n gees nie!) - die waarheid is dat die wat afgode aanbid, eintlik besig is om duiwels (die duisternis) te aanbid. Ons moet dus onderskei tussen wat is vd lig, en wat is vd duisternis.  Daar is net Een ware God (die een uit wie alles is) en een Seun van God (deur wie alles is)(1Kor. 8:4-6  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is— tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom")(Ef. 4:6). Die Here God is LIG, omhul Homself met lig soos met 'n kleed...(Ps. 104:2). Hierdie is baiemaal die woorde wat gebruik word in die Skrif wanneer daar onderskeid gemaak word tussen God en die bose, nl. onderskei tussen "lig en duisternis".  God is lig, die bose is van die duisternis. Dit is interessant in die Skrif, dat waar die Here of 'n engel van die Here aan iemand verskyn, daar ook baiemaal eerstens LIG gesien word... (bv., Paulus, toe die Here Jesus met Hom uit die hemel praat - Hand. 22:6-11; 26:13; )(en kyk ook vir Petrus in die gevangenis, toe 'n engel vd Here aan hom verskyn en uitlei - Hand. 12:7). Die Here God se kindes word o.a. ook na verwys as "kinders van die lig" en die Here is soos 'n lig vir hulle (Mig. 7:8)(vir 'n studie oor "ster, skyn, kinders vd dag", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html)(Psa 36:10 - "Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig")(Ef. 5:8). Jesus Christus word ook o.a. voorgestel as die Lig (Joh. 1:8,9)(Matt. 17:2; Joh. 12:35,36; ens.). Watter kant dien, aanbid, raadpleeg jy - die lig?, of die duisternis? Alle paaie lei NIE tot God (soos somtyds geleer word) nie!, en God is nie beide lig en duisternis (soos sommige glo) nie..."Vir wie" jy dien, aanbid, raadpleeg is belangrik, want nie alles paaie is van die lig nie.

Vir 'n studie oor afgode, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html). Eseg. 28 is 'n tipiese voorbeeld van iemand wat homself voordoen as 'n god, terwyl hy nie God is nie, en ook nie die wil van God uitvoer nie: (Eseg. 28:2 - "Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here (Johovah): Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god (ale), ek bewoon ‘n gode (el-o-heem) woning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god (el-o-heem)").  En kyk ook: (Eze 28:6)  daarom, so sê die Here (ad-o-noy') HERE ("God" / yeh-ho-vee'): Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god (el-o-heem),................(Eze 28:9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god (el-o-heem)! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god (ale) nie?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 21 November 2025

Afgod/e

In hierdie pos bestudeer ons die tema "afgod/e", en kyk o.a. in op die volgende woorde: AFGOD, AFGODSOFFER, AFGODEDIENS, AFGODSBEELD, AFGODERY, AFGODSTEMPEL, AFGODSPRIESTER. Om beter te verstaan waarom die aanbidding van afgode o.a. verbied word, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2025/10/nietigheid.html, bv., vertroue in dit wat NIETIG is, sal nietigheid oes! 

Rol af vir die volgende opsommings:

-  Wat is 'n afgod?

-  Afgodediens / afgodery

-  Afgodedienaar / afgodspriester / afgodstempel

-  Is afgodsoffers 'n vorm van gemeenskap?

-  Kan afgode iemand onrein maak?

-  Hoe moet ons optree teenoor afgodedienaars?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is 'n afgod: 

'n AFGOD verwys gewoonlik na 'n beeld wat gemaak word (gesny of gegiet, wat gewoonlik 'n god voorstel wat aanbid word), of iets soos 'n klippilaar of heilige boomstam wat opgerig word vir aanbidding en waar offers gebring word (Eks. 20:4; Jes. 44:15,17; Dan. 3:1; ens.). Afgode is sg. gode (Hebr. woord "el-o-heem")... (Hand. 19:24,26), maar in werklikheid is daar nie ander gode nie! Die wat afgode ("gode") aanbid is eintlik besig om duiwels te aanbid (1 Kor. 10:20).  

Daar is net een God, die Here (Hebr. woord "yeh-ho-vaw") is God (Hebr. woord "el-o-heem", en Gr. woord "theh'-os") en daar is geen ander buiten Hom nie - Hy is die grote God en niks anders mag as 'n god aanbid word nie... (Deut. 4:15-19). Wat ander "gode" aanbetref, is die Here die ewige God ("ale"), die almagtige God ("shad-dah'ee"), die grote God ("el-aw").  Dit is mense wat dinge of wesens verander in gode (wat nie gode is nie!), en heelwat ander dinge word ook in die Skrif gesien as afgodery,,,;  bv., daar word o.a. na afgodery verwys as 'n "werk van die vlees"... (Gal. 5:19-21; Kol. 3:5; 1 Sam. 15:23; ens.)(vleeslik/Rom. 8"5-7; Joh. 3:6), wat o.a. verwys na nietige werke... (bv. begeertes van die vlees). Die wat hulle besig hou met nietigheid, sal nietigheid oes, maar hierdie gaan ook deels oor wie se wil jy kies. Doen jy die wil van die Here?, of doen jy die wil van die duiwel? Die duiwel probeer mense vang om sy wil te doen... (2 Tim. 2:26)(basies, die wat hulle hoop plaas in wêreldse wysheid of in sonde verval is gevang om sy wil te doen).  

Die woord "afgod" is die  Gr. woord "i'-do-lon", wat verwys na 'n beeld wat vir aanbidding gebruik word (van bv. 'n heidense god)(1 Kor. 8:4), en die Hebr. woord "aw'-ven" (Jes. 66:3), wat veral wys na iets TEVERGEEFS waarmee iemand hom besig hou of sy hoop in plaas... Terwyl sommige betrokke is in afgodspraktyke vir bloot die voordeel wat hulle daaruit kan kry, leer die skrif dat om 'n afgod te maak en te aanbid, is nutteloos - dit kan geen voordeel aanbring nie! (Jes. 44:9,10).  Afgodsbeelde verwys nie na beelde opgerig vir dekorasie of herdenking (wat bv nie aanbid word nie), maar spesifiek die wat gedien of waarby neergebuig word... (Lev. 26:1; Deut. 4:16-29; 5:8)(beelde of pilare waarin mense hulle hoop/vertroue plaas vir voorsiening, verlossing, ens., wat gewoonlik hulle gode voorstel/Jes. 42:17). 'n Beeld mag nie gemaak word met die doel om aanbid te word nie (Deut. 4:15-19) - dit gaan dus baie hier oor "ter wille" waarvan iets gedoen of opgerig word, en alhoewel sommige onkundig bloot die beeld aanbid (of hulle hoop in spesifieke items plaas, bv. sg. krag in klippe ens.), is dit belangrik om te verstaan dat hulle eintlik besig is om sg. "gode", eintlik duiwels te aanbid, waarvoor hierdie beelde gemaak is of die kennis van daardie bronne af verkry is... In ander woorde, mense wat afgode aanbid, besef nie altyd dat hulle eintlik besig is om duiwels te aanbid nie! (2 Kor. 10:20). Somtyds begin iets nie as 'n afgod nie (Num. 21:8) maar eindig so op, want dit is mense wat van iets 'n afgod maak (kyk bv. die koperslang wat nooit bedoel was om 'n afgod te wees nie)(Nehústan -2 Kon. 18:4). 

Sommige wat hulle besig hou met afgodery aanbid selfs die skepping..., bv. die son en maan en sterre ("die leër vd hemel", wat nie noodwendig net die sterrestelsel beskryf nie, maar kan verwys na geestelike wesens, wat  deur mense tot "gode" gemaak is)(2 Kon. 21:3; Jer. 19:13; Sef. 1:5; Hand. 7:42; Rom. 1:25; ens.).  Maar hierdie hoort nie so nie... - ons is nie veronderstel om die skepping of skepsels te dien nie, maar die Skepper! (Deut. 4:19; Rom. 1:25). (Hier is 'n interesaante "link" van 'n son-aanbidding plek wat opgegrawe is: https://www.youtube.com/watch?v=e8gobxZMwW8). Ander woorde wat o.a. na afgode verwys in die Skrif is "gesnede beelde, "gegote beelde", "huisgode", "klippilare" en "heilige boomstamme" wat op hoë heuwels of onder bome opgerig is (waar hulle "offerrook laat opgaan"/offers bring - met afgodspriesters/afgodsdienaars wat gewoonlik hierdie werke uitvoer/2 Kon. 23:5; Hos. 10:5; Sef. 1:4) (2 Kon. 17:10,11; Jer. 48:35; Num. 22:40,41; 2 Kon. 22:17; 2 Kon. 23:5; Jes. 48:5; Lev. 26:1; Deut. 27:15; Rig. 17:4; 18:17; 1 Kon. 14:23).  'n Ander woord wat ook  gebruik word is "drekgode" (soos 'n stomp/rond, bv. heilige boomstamme of klippilaar)(2 Kon. 17:12). Daar is baie afgode wat op naam genoem word in die Skrif..., bv. Baäl (2 Kon. 23:5; Rig. 2:13; 6:25-32; 1 Kon. 16:31; ens. ), Astárte (1 Kon. 11:5,33; 2 Kon. 23:13; Rig. 2:13), Molog (Amos 5:26; Hand. 7:43), Adramméleg, Anamméleg, Nibhas en Tartak (2 Kon. 17:31); gegote kalf (Eks. 32:8; Hand. 7:41); Tammuz (Eseg. 8:14); hele leër van die hemel (Deut. 4:19; 2 Kon. 21:3; 23:5; Jer. 8:1,2); ens. Daar word in sekere skrifte na 'n sekere afgod verwys as "veldduiwel"(Lev. 17:7)(alhoewel die woord ook kan verwys na die fisiese dier-Jes. 13:21; 34:14) (wat ook vertaal kan word as 'n harige een of bok, wat terloops aanbid was onder sekere volke, of 'n god voorgestel het wat soos 'n bok lyk)(kyk ook die woord "kalwers" wat ook in hierdie konteks gebruik word in sekere skrifte - ...en vgl. dit met die goue kalf / Eks. 32:4-35)(2 Kron. 11:15; 1 Kon. 12:32; 2 Kon. 10:29; 2 Kon. 17:16)(2Kron. 13:8 - "En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle ‘n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het") - hierdie "kalwers" was aanbid soos gode (2 Kron. 13:8; Hos. 13:2).(2Kron. 11:15 - "En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het").

Die beeld wat vir die "dier uit die see" gemaak sal word in die einde van dae voor Jesus terugkom (Openb. 13:15), is ook 'n afgod, want almal sal gedwing word om dit te aanbid; maar wat interessant is is dat daar 'n gees gegee sal word aan die beeld, wat beslis anders is as die afgodsbeelde waarna gewoonlik verwys word. Natuurlik is 'n afgod/afgodsbeeld niks! (1 Kor. 10:19), en word tereg somtyds in die Skrif na verwys as "werke van (iemand se) hande", want hierdie beelde word met die hande gemaak.., nl. gesny of gegiet, en kan nie hoor of sien of loop nie, en het nie 'n gees nie (word gewoonlik gemaak om sg. "gode" te verteenwoordig, wat terloops eintlik duiwels is)(Openb. 9:20; 2 Kor 10:20). Dus, wanneer iemand beelde dien en aanbid, besef hulle nie altyd dat hulle eintlik besig is om duiwels te dien/aanbid nie (1 Kor. 10:19,20  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie"). Openb. 13:16,17 leer dat almal gedwing sal word om die dier te aanbid, en die beeld wat vir die dier gemaak word, is niks anders as 'n afgodsbeeld, maar siende dit 'n gees sal he sal dit meer werklik voel.  Die wat die dier aanbid sal onder oordeel kom (Openb. 13:14,15; 14:9,11; 16:2; ens.). Mense wat hulle besig hou met afgodediens, is eintlik besig om met duiwels gemeenskap te hê... (1 Kor. 10:18-22). 

Die Skrif leer dat die wat die werke van die vlees doen (o.a. afgodery), nie die koninkryk van God sal beërwe nie (Gal. 5:21). Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery moet dit aflê... (Kol. 3:5) - wat terloops in konteks daar nie net verwys na die fisiese gebaar van aanbidding van beelde nie, maar sekere dinge word daar spesifiek op die naam genoem, nl. "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid"=gruwelike of vuil dinge. In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS, en in konteks daar verwys dit ook na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6); die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Hierdie dinge is soos gruwels... - dit is onrein, en die probleem met dit is dat as iemand daarmee gemeenskap het kan hulle self onrein word.  Die begrip "afgodery" verwys dus nie alleen na die aanbidding van 'n fisiese beeld nie, maar vewys ook na sekere werke van die vlees. In 1 Sam. 15:23 word eiesinnigheid (eie-willigheid) beskryf as "afgodery" en "beeldediens" - ("beeldediens" is hier die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beelde, "teraphim") - Saul het gedoen soos hyself goed dink, en het keer op keer nie gedoen soos die Here hom beveel het om te doen nie maar eerder wat hy dink gedoen moet word - koning Saul was eiesinnig (hy het sy wil bo die Here se wil gestel, en homself 'n "god" gemaak). 

Afgodsaanbidding gaan gewoonlik ook gepaard met allerhande afgodspraktyke... (Deu 18:9-12 - "As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit"). DIT IS 'N SONDE WANNEER 'N KIND VAN DIE KONINKRYK AFGODE AANBID (Deu 9:16 - "Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle ‘n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het")(Deut. 9:21);  en let wel, om spesifieke afgodspraktyke na te volg is dus ook verkeerd!, want dit is deel van die aanbidding van 'n afgod.  In alle gevalle waar daar van iets 'n afgod gemaak word word dit soos 'n "gruwel" gesien - een so 'n vb. was die "gegote kalf " (Neh 9:18)(Psa 106:19 - "Hulle het by Horeb ‘n kalf gemaak en gebuig voor ‘n gegote beeld.  En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ‘n bees wat gras eet.  Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte") - dit is duidelik dat die volk hier in opstand gekom het teen die Here, en "Hom verruil" het...vir 'n beeld! Daar is 'n lys van gruwels wat die kind van die Koninkryk moet vermy..., dinge waarvoor hulle die Here verruil - en afgode is een van hierdie gruwels. Hierdie is 'n maklike manier om te verstaan wat presies alles as afodery gesien word, en dit is dat dit dinge is waarvoor jy die Here verruil en eerder jou hoop in daardie dinge plaas as in die Here, en verwys terloops gewoonlik na iets wat onrein is, en dit kan iemand onrein maak! - ...so iemand word dan 'n gruwel, wat op beurt beskryf kan word as "dit wat by die mens hoog geag word"... (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God").

Afgodsaanbidding (die wat hulle besig hou met afgodery) kan TOT iemand se VERDERF LEI (Hos 8:4 - "Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf"). Waar kinders van die Koninkryk hulle met gruwels besig hou, is daar altyd gevolge! (Lev. 18:26), en dit wek beslis God se toorn - daar is vele vb.e in die Skrif van wat met kinders van die Here gebeur het wanneer hulle begin om afgode te aanbid (Hand. 7:40-42; Hos. 8:5,6; ens.);  bv., wat met die volk in die woestyn gebeur het is dat God Hom afgewend het van hulle en hulle oorgegee het... 

Wanneer 'n gelowige afgode aanbid (of besig met die afgodspraktyke waardeur die afgod aanbid word), dan is hy eintlik besig om die Here te terg (Deut. 32:16,17 - "Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg. Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie"). Die wat afgode aanbid is eintlik besig om duiwels te aanbid, en duiwels is nie God nie! Wanneer Christene die wysheid van duiwels aanhang (bv. afgodsleringe en wereldse wysheid kies bo die wysheid van die Here), is hulle besig om af te val van die geloof... (1Tim. 4:1 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). 


-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Afgodediens/afgodery:

Wat word in die Skrif gesien as "afgodery"?

- (1) die aanbidding van beelde, nl. die aanbidding van afgode/duiwels (afgodedienaars, geestelike hoerery, die wat die Here versoek of terg);

- (2) iets in iemand se hart wat "werke vd vlees" is (bv. slegte begeertes, gierigheid, hartstog, eiesinnigheid, ens.);  

- (3) verbode vorme van gemeenskap (bv. hoerery, afgodsoffers, sekere gevalle van vleeslike gemeenskap).

...Hierdie is terloops alles dinge wat jou ONREIN maak!, en l.w. dat geen onreine eendag sal ingaan in die Nuwe Jerusalem nie (Openb. 21:27). 

AFGODEDIENS gaan oor die aanbidding van afgode;  in ander woorde, dit verwys na die wat nie die lewende en waaragtige God (Here) dien nie, maar 'n afgod dien (1 Thess. 1:9). In 1 Kor. 10:14 word kinders van die Koninkryk beveel om te vlug vir die afgodediens! (Gr. woord "i-do-lol-at-ri'-ah", wat gaan oor beeldediens - om 'n beeld te dien/aanbid), maar die begrip "afgodediens" verwys nie net bloot na die fisiese gebaar van beelde dien of aanbid nie, maar verwys ook na sekere werke van die vlees... (wat deur die kinders van ongehoorsaamheid gepleeg word), bv.. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - hierdie word alles gesien as "afgodediens" (Kol 3:5 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is"). Dieselfde Gr. woord wat in Gal. 5:20 vertaal word as afgodery, word in 1 Kor. 10:14 vertaal as "AFGODEDIENS", en kinders vd koninkryk word daar gevra om te "vlug vir die afgodediens"..., en l.w. dat in konteks waarsku hy (met voorbeelde, bv. van mense wat begerig was na slegte dinge, afgodedienaars, hoereerders, murmureerders, en die wat die Here versoek) dat Christene wat hulle besig hou met afgodediens, op 'n gevaarlike pad is (1 Kor. 10:12 - "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie"). Ook in Kol. 3:5 word hierdie spesifieke dinge aangespreek, nl. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - en word daar genoem as dinge "wat afgodediens is"! 

AFGODERY/E:  In Gal. 5:20 is "afgodery" die Gr. woord "eidōlolatreia" wat vertaal word as "afgodery" in die AOV, maar in sommige skrifte word dieselfde woord vertaal as afgodediens (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5)(en dit word ook in dieselfde konteks gebruik as "beeldediens" in 1 Sam. 15:23).  Vgl. dit met  1 Pet. 4:3 waar die woord "afgoderye" gebruik word - in konteks gaan dit oor 'n vorm van onwettige gemeenskap (die woorde "ongeoorloofde afgoderye" word bv. daar gebruik).  In 1 Sam. 15:23 word daar na EIESINNIGHEID verwys as afgodery en beeldediens! - in daardie skrif is "afgodery" die  ( Hebr. woord "aw'-ven" wat verwys na iets wat tevergeefs gedoen word, bv. afgodsaanbidding - in verskillende kontekste kan hierdie woord na die volgende verwys: "ellende, boos, vals, afgod, ongeregtigheid, ongeluk, rouklaers, kom tot niks, smart, onregverdig, slegtes, ens"), en die woord "BEELDEDIENS" daar is (die Hebr. woord "ter-aw-feme'", wat verwys na 'n familie afgod - "afgode, beelde, "teraphim"/huisgode). Om die term "afgodery" dus beter te verstaan, kan kan ook ingekyk word in die woorde "afgodediens en beeldediens" (beelde gesny of gegiet; -bv. beelde, huisgode, drekgode (stompe), ens./Gen. 31:34). Die rede waarom die aanbidding van beelde gesien word as "afgodery", is omdat dit 'n GRUWEL is! (of kyk na die woord "verfoeisels", die Hebr. woord "shik-koots'", wat verwys na iets gruweliks en vuil)(in 2 Kon. 23:24 word daar bv. na huis- en drekgode verwys as "verfoeisels"). Alhoewel 'n afgod niks is, is die wat daaraan offer of dit dien, eintlik besig met duiwels (dit is 'n onrein ding, en kan jou onrein maak). Gruwels is dinge wat verbode is vir kinders van die Koninkryk, en gaan deels oor iets wat in jou hart belangriker is as die Here, en deels verwys dit na iets wat vuil of onrein is (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God"). Bestudeer gerus die term "gruwels", wat terloops nie net verwys na afgode nie, maar ook sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook afgodspraktyke... (vgl. dit met die vorige paragraaf). Dit is duidelik dat afgodery nie net verwys na die fisiese aanbidding van beelde nie, maar ook vewys na sekere werke van die vlees "ongeoorloofde" vorme van gemeenskap.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Afgodedienaar / afgodspriesters / afgodstempel:

Die woord "afgodedienaar" (1 Kor. 5:10; 6:10; 10:7; Ef. 5:5; Openb. 21:8; 22:15) is die Gr. woord "i-do-lol-at'-race" wat verwys na iemand wat afgode (bv. beelde) dien/aanbid;  dieselfde woord word in die AOV somtyds vetaal as "afgodediens" (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5), en somtyds vertaal as "afgodery" (wat verwys na iets wat onrein of vuil is, hetsy geestelike of 'n fisiese gebaar;  bv. begerig na slegte dinge, of die aanbidding van beelde).  In Sef. 1:4 is "afgodsdienaars" die Hebr. woord "kaw-mawr'", wat verwys na die wat dien in afgodsaanbidding... (kyk gerus ook in op die terme "afgodspriesters of die "afgods-efod"/ 'n priesterlike skouerkleed/Hos. 3:4; Rig. 8:27). Onder afgodsdienaars val o.a. die "afgodspriesters" (die Hebr. woord "kaw-mawr'" - "Chemarims" (priesterlike diens tot afgode gerig)(Sef. 1:4) na wie ook verwys word in 2 Kon. 23:5 - hulle het "rook op die hoogtes laat opgaan"... (het geoffer aan afgode - o.a. word Baäl in die gedeelte genoem, en die betrokke afgodspriesters het ook aan die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel geoffer)(Hos. 10:5). Wanneer daar offers aan afgode gebring word word gewoonlik slagoffers en brandoffers gebring... (2 Kon. 10:23,24), en die afgodspriesters verrig hierdie taak... - hulle is "dienaars" van die afgode (bv., word "dienaars van Baäl" genoem in v.23). 1 Kor. 10:20 leer dat die wat aan afgode offer, eintlik aan duiwels offer (nie aan God nie!) - hierdie dienaars het m.a.w. gemeenskap met die duiwels (1 Kor. 10:20). Enige iemand wat deelnaam aan 'n offertafel word ook gesien as "hulle het gemeenskap met duiwels";  dit is waarom dit verbode is vir die Christen om deel te neem aan afgodsoffers, en al sou jy dit neem nie met dieselfde bedoeling nie (en dit jou dus nie kan onrein maak nie), moet dit vermy word terwille van die ander persoon se gewete en die gemeenskap met mekaar.

'n AFGODSTEMPEL is 'n plek waar afgodsaanbidding plaasvind, met altare en beelde en allerhande voorwerpe wat vir die afgode gemaak is, asook natuurlik AFGODSDIENAARS en AFGODSPRIESTERS (Sef. 1:4; Eks. 34:13; Deut. 7:5; 2 Kon. 11:18; 19:37; 21:3; 23:4; Hand. 14:13; 19:27).  In hierdie afgodstempels was ook slagoffers en brandoffers gebring (2 Kon. 10:24). Vyande se wapens of voorwerpe wat uit die tempels kom, was gewoonlik verplaas na hulle eie afgodstempels (1 Sam. 31:9,10; 1 Kron. 10:9,10; 1 Sam. 5:2; 2 Kron. 36:7; Esra 1:7; 5:14; Dan. 5:2). 

AFGODSPRAKTYKE: Kinders vd Koninkryk moet wegbly van afgodstempels en ander heidens-geloofspraktyke (wat bv. o.a. in hierdie tempels beoefen word, nl. om die leër van die hemel te aanbid, of by die HERE te sweer of sweer by 'n afgod, wat terloops gewoonlik gepaardgaan met rympie herhaling van woorde, ens./Sef. 1:5; Jos. 23:7; Matt. 6:7). "Wie jy soek en raadpleeg" wys wie dit is in wie jy jou vertroue plaas (in wie jy glo). Daar is vele vorme van afgodspraktyke, o.a. hanteer sommige die dooies soos afgode (bv. 'n koning wat doodgegaan het), en heelwat afgodspraktyke gaan hiermee gepaard..., bv. om dooies te raadpleeg (geestes van afgestorwenes, of geeste wat waarse/dode of geestesbesweerders), intekeninge op die vel of aan die vel sny ter wille vd dooies, offers aan dooies bring..., ens. (Deut. 14:11; 18:11; Lev. 19:28; 21:5; Ps. 106:28,29). Hierdie hoort nie onder die kinders vd Koninkryk nie (Jes. 18:19). (Jer. 48:35-37). Ander gebare word ook in afgodstempels uitgevoer ter wille van dooies, bv. om die hoof kaal te skeer, baarde afskeer, op die hande snye te maak, roukleed op die heupe, ens. (Jer 48:37). Nie dat dit verkeerd is om jou kaalkop te skeer of te rou nie, maar die konteks hier gaan oor "ter wille van" - in konteks met die aanbidding van dooies.  Hierdie is terloops werke wat tevergeefs gedoen word..., soos die aanbidding van beelde tervergeefs is! (plaas hoop in die verkeerde). Deut. 18:13 leer dat wanneer kinders vd Koninkryk dooies raadpleeg, hulle nie opreg is met die Here God nie. Baie ander afgodspraktyke (waarop ons nie nou alles gaan stilstaan nie) vind in hierdie afgodstempels plaas, bv. heidense vorme van meditasie, fortuin-vertelling, ens. In die verlede was daar selfs gruwelike praktyke waar die wat afgode aanbid, hulle kinders opgeoffer (verbrand) het vir die "gode" (Deut. 12:31; Jer. 19:5);  in ander woorde, hulle het hulle geoffer aan duiwels (Psa 106:37-39 - "Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is. En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade").

Kinders vd Koninkryk mag nie beide die Here asook afgode soek en raadpleeg nie - dit sluit in die eet van afgodsoffers... - jy mag bv. nie aan die Here se tafel eet (nagmaal) asook aan die tafel van afgode nie! Sommige deel in die afgods-offertafel (afgodsoffers) ter wille van hulle kennise (nie met die doel om die afgod te soek of raadpleeg nie maar terwille van respek), maar selfs in so 'n geval leer die Skrif dat Christene dit nie mag doen nie, en met rede (1Kor. 8:10 - "Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n AFGODSTEMPEL (Gr. woord "i-do-li'-on", wat verwys na 'n tempel vir 'n afgod), sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?"). As jy vleis koop of 'n ongelowige jou nooi vir ete, koop of eet dit wat vir jou jou voorgesit word sonder om navraag te doen... (ter wille van die ander persoon se gewete);  maar as hy jou te kenne te gee dat dit 'n afgodsoffer is, moet dit dan nie eet nie (1 Kor. 10:23-29). Vir die kind van die Koninkryk is dit geoorloof om enige iets te eet en drink, ja, maar nie alles is nuttig nie - alles wat die Christen eet of drink moet tot verheerliking van God wees. 'n Christen mag nie die oorsaak wees hoekom iemand struikel nie (1 Kor. 10:29-33). Wanneer 'n Christen afgodsoffers eet, maar nie met dieselfde bedoeling as die een wat dit offer nie, dan logies gesproke kan dit jou nie onrein maak nie, maar dit is iets anders as dit te kenne gegee word of in die teenwoordigheid geskied van die persoon wat dit offer. 'n Maaltyd is 'n vorm van gemeenskap, en terwille van die ander persoon se gewete moet dit vermy word.

- DIE AFGODSTEMPELS SAL UITEINDELIK UITGEROEI WORD:  Baie afgodstempels/heidense gelowe het hulle oorsprong in Baäl (Sef. 1:4)(kyk "Baälstempels"/2 Kon. 10:21-26). Die skrif leer dat wanneer die Here Jesus terugkom sal Hy die afgodsdienaars en afgodspriesters wat van Baal oor is, uitroei... (Sef. 1:1-6);  maar ook sal enige kind vd Koninkryk wat van die Here afvallig geword het en wie Hom nie soek en raadpleeg nie, maar hulle eerder besig hou met afgode en afgodspraktyke (Sef. 1:6), uitgeroei word.  Kinders van die Koninkryk moet gruwels (wat o.a. verwys na afgodsaanbidding) vermy.  In die verlede was daar 'n hele paar konings van Israel wat verkeerd gedoen het en hierdie gruwels toegelaat het - een so 'n voorbeeld was Manasse (wat vir 55 jaar oor Jerusalem regeer het);  behalwe die afgodsaltare en heilige boomstamme wat hy opgerig het en die verbode heidense praktyke wat hy opgesoek het (bv. sy seun deur laat gaan, goelery, verklaring van voortekens, dodebeswering, en waarseery), het hy die leër van die hemel gedien en het selfs altare daarvoor in die tempel van God opgerig, asook 'n gesnede beeld in die tempel gesit... (2 Kon. 21:1-9). Die uiteinde van hierdie gruwels was dat daar onheil oor Jerusalem en Juda gekom het. Afgodedienaars sal nie die koninkryk van God beerwe nie (1 Kor. 6:10).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die woord "beeld" (in hierdie paragraaf kyk ons in op die presiese betekenis van sekere terme om beter te verstaan waarna "beeld" regtig verwys):

Die woord "beeld" is 'n representasie van iets of iemand... (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons BEELD (die Hebr. woord "tseh'-lem", soos 'n illusie, 'n figuur wat "lyk soos"), na ons gelykenis (Hebr. woord "dem-ooth'", wat verwys na vorm of dieselfde), en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"). Jesus Chrisuts is die BEELD (Gr. woord "i-kone'", wat verwys na 'n representasie, "lyk soos", 'n beeld van) van die onsielike God (Kol 1:15). Die woord "beeld" verwys nie noodwendig net na die fisiese element (bv. uiterlike mens) nie, maar kan ook verwys na die innerlike mens, bv. die innerlike mens van die weergeborene word daagliks vernuwe na die "beeld van sy Skepper" (Kol 3:10).

Beelde vir dekorasie of herinnering is ook gemaak om soos die oorspronklike te lyk;  bv., beelde van leeus lyk soos leeus... Beelde van herinnering lyk soos wie herdenk word... Jy is 'n beeld van jou ouers;  op ditto wyse, as kinders van Jesus Christus, sal ons 'n beeld wees van Hom... 'n BEELD lyk soos die ware jakob - of kan wys wie "aan bewind" is (Mark. 12:16,17 - "En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom"), ...en dit werk ook so in die geval van afgodsbeelde. Afgodsbeelde (hetsy gesny of gegiet) is voorstelle wat mense maak van "gode", wat baiemaal gesien word as gode wat (oor daardie dele) "regeer" - en lyk gewoonlik soos die sg. "gode" vir wie hulle voorstel (met besonderse karaktertrekke en voorkoms). Bv., as dit 'n dier is wat aanbid word in 'n sekere kultuur, dan lyk die afgod soos die dier, bv. soos 'n bok, kalf, slang, watookal... - die afgode is 'n representasie van daardie "god" (2 Kon. 21:7; Jer. 44:19).  (Rom 1:22,23 - "Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere").

'n Beeld lyk m.a.w. soos iets/iemand..., of dit stel iets voor. Die Christelike doop is ook 'n "beeld" (stel iets voor), meer presies " 'n teëbeeld" van dit wat gebeur wanneer iemand weergebore word (vergifnis en ontvang die Gees/vernuwing) - dit stel die weergeboorte voor (1 Pet. 3:21). Die eerste tabernakel was 'n "beeld" van die ware... (Hebr. 9:8,9,24). Die Christen se gedaante word met tyd meer en meer verander na die "beeld" van Christus... (2 Kor. 3:181 Kor. 15:49; Rom. 8:29 - kyk die tema van "vernuwing" en "verheerlikte liggaam")(1Kor. 15:49 - "En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra"). In Dan. 2 stel die beeld (wat Nebukadnésar in 'n droom gesien het) koninkryke voor (wat mekaar opvolg). Volgens 1 Kor. 11:7 is 'n man die "beeld" en heerlikheid van God, en die vrou "die heerlikheid van die man"..., wat hier verwys na onderdanigheid en feit dat die man eerste geskep is (waarvan die kulturele hoofbedekking in daardie tye 'n bewys was). Die woord "beeld" in hierdie skrif, is die Gr. woord "i-kone'", wat verwys na "lyk soos" - die man lyk soos God, en die vrou lyk soos die man... (is uit die man geneem/1 Kor. 11:8). Hierdie vereenselwing kan miskien soos 'n vorm van gemeenskap gesien word (nl. is "in gemeenskap met" - nl., die vrou "in gemeenskap met" die man, en die man "in gemeenskap met" die vrou). Op ditto wyse is die wat aan afgode offer, bv. "in gemeenskap" met die "gode"/duiwels... Daarom se Paulus die vrou se lang hare is vir haar 'n eer (soos die vrou vir die man 'n eer/heerlikheid is, en die man vir God) -  hoofbedekking of lang hare het in daardie tyd, in daardie spesifieke kultuur, iets voorgestel... (1 Kor. 11:3)(nl. die vrou die eer van die man..., en indirek is sy eer vir die Here, want die man is die beeld en heerlikheid van God).  

Waar die woorde "gesnede of gegote beelde" gebruik word, verwys dit gewoonlik na 'n afgod (Deut. 5:8; 9:12; 27:15) - dit is beelde wat spesifiek gemaak word om te aanbid of dien, en die wat hulle dien glo dat dit self 'n god is of 'n god voorstel. In Dan. 3 het Koning Nebukadnésar ‘n beeld van goud gemaak, en die mense is beveel om dit te aanbid;  hetsy hierdie beeld soos hy gelyk het, is nie seker nie, maar dat dit bedoel was om 'n "god" voor te stel, is duidelik (Dan. 3:12,14). In Hand. 19 sien ons twee doele waarom silwer afgodstempeltjies gemaak was om te verkoop, nl. die eerste was 'n manier van geldmaak..., en die tweede was dat dit die tempel van die afgod voorgestel het (dit was 'n voorstelling van die afgod se tempel). (Hand. 19:27 - "Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan") - let op die woorde "haar majesteit" in hierdie skrif - die tempel en beeldjies het gewys watter "god" volgens hulle oor daardie dele van die wereld "regeer".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Het 'n afgodsbeeld 'n gees?

Nee, maar die beeld wat vir die "dier uit die see" gemaak sal word in die einde van dae voor Jesus terugkom (Openb. 13:15), sal 'n gees hê - wat beslis anders is as wat afgodsbeelde gewoonlik daarna uitsien. "Gees" is soos asem..., en sonder asem kan niemand lewe nie.  Dit is waarom die mens doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas. SONDER GEES IS DIE LIGGAAM DOOD... (Jak. 2:26 - "Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood"). As die beeld van Openb. 13 'n gees kry, sal dit tot lewe kom - bv., dat die beeld sal kan praat is 'n feit, en hy sal ook kan maak dat mense gedood word (wie dit nie aanbid nie), en 'n merk kry. In vandag se lewe lyk so iets glad nie ontmoontlik nie;  altans, wat die tegnologie aanbetref...

Natuurlik is 'n afgod/afgodsbeeld niks (1 Kor. 10:19), en word tereg somtyds in die Skrif na verwys as "werke van (iemand se) hande", want hierdie beelde word met die hande gemaak (nl. gesny of gegiet) en kan nie hoor of sien of loop nie..., en het nie 'n gees nie (en word gemaak om sg. "gode" te verteenwoordig, wat eintlik duiwels is)(Openb. 9:20; 2 Kor 10:20). (Hab 2:18 -"Wat baat ‘n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ‘n gegote beeld, wat ‘n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?"). Die beeld self kan niks vir hulle doen nie (logies gesproke!).  Om so 'n beeld te aanbid is tevergeefs; alhoewel, die wat dit aanbid met die doel om kontak te maak met 'n "god" is inderdaad besig om gemeenskap te hê met duiwels (en hulle plaas hulle hoop in daardie duiwels). Die beeld van die dier sal nie net 'n blote beeld wees nie, maar dit sal 'n gees hê - hierdie is anders as die normale afgodsbeeld. Die beeld van die dier (Openb. 13:14,15; 14:9,11; 15:2; 16:2; 19:2; 20:4) verwys beslis na 'n afgodsbeeld, want Openb. 13:16,17 leer dat almal gedwing sal word om die dier te aanbid, maar dit sal anders wees as ander afgodsbeelde (omdat dit 'n gees het).

(Openb. 13:15)  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld (Gr. woord "i-kone'", wat verwys na 'n afbeelding, bv. om te lyk soos die dier...) te gee, sodat die dier se beeld ook SAL PRAAT en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

(Openb. 13:16)  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

(Openb. 13:17)  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

(Openb. 13:18)  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kan afgodsoffers jou onrein maak?

(1Kor. 10:20 - "Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie"). Wanneer iemand offers bring aan afgode, dan is hulle eintlik besig om aan DUIWELS te offer - en het dus met duiwels GEMEENSKAP.  Terwyl sommige wat afgode aanbid glo dat hulle besig is om vir God te aanbid, is dit nie so nie - die gode is nie-God nie, maar duiwels! (Deu 32:16,17 - " Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg. Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie") (Openb. 9:20 - "En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie"). 'n Goeie vb is afgodspraktyke met somtyds vreeslike rituele soos babas wat geoffer is... - Ps. 106:37 verklaar ook dat hierdie offers "aan duiwels" was.

Waarna verwys 'n duiwel?, en wat is "veldduiwels"? Daar word baiemaal in konteks van afgode verwys na "veldduiwels, bv. (Lev 17:7 - "En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die VELDDUIWELS (Hebr. woord "saw-eer'", wat na 'n bokram verwys en in konteks o.a. vertaal kan word as "duiwel, bok, harig, "satyr", ens.) agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees vir hulle geslagte"), en (2 Kron. 11:15 - "En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die VELDDUIWELS en die kalwers wat hy gemaak het"). Die woorde hier "agter wie hulle aan hoereer" word baiemaal in 'n konteks gebruik waar dit verwys na "afgode dien", maar dit is interessant dat ongeoorloofde vleeslike gemeenskap (hoerery) baiemaal deel was van sulke rituele (bestudeer gerus ook die woord "satyr" in Griekse en Roomse mitologie). Die woord "veldduiwels" verwys nie noodwendig net na 'n fisiese dier (nl.'n bok) nie, maar verwys in sommige kontekste na 'n god wat beskryf was dat hy 'n vorm van 'n bok het... (l.w. dat in Egipte was bokramme aanbid). Bose of onreine GEESTE word o.a. na verwys as "duiwels" in die skrif  (Openb. 16:13,14)(en vgl. Mark. 3:22 met v. 30). (Matt. 4:24 - "En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak")(Matt. 7:22; 8:16,31; 9:34; 10:8; Mark. 1:34,39; 3:15,22; 5:12,18; 6:13; 16:9; 16:17; Luk. 8:2, 27-38; 9:1,49; 10:17; 11:20; 13:32). Uit heelwat skrifte kan ons leer dat die owerste van hierdie "duiwels", is Beëlsebul - en Jesus verwys na hom in Mark. 3:23 as "die satan" (Matt. 9:34 - "Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.")(Matt. 12:24,27,28). (Mark. 3:22,23 - "En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?")(Luk. 11:15,18,19). Die duiwel en die onreine geeste se doel is om mense te verlei en hulle verstand te bederf, sodat hulle nie die waarheid verstaan en hoor nie (1Tim. 4:1 - " Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang"). Hierdie onreine geeste word soos gode vir die wat afgode aanbid... (hulle glo in hulle verleidende leringe). 

Die woord "gemeenskap" het te doen met iets waarin mense deel... (bv. wat eenheid skep)(Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9), en daar is verskillende vorme van "gemeenskap", bv. om te deel in 'n maaltyd, of waar 'n man en vrou in 'n huwelik tree, word dit ook gesien soos 'n vorm van gemeenskap OF eenheid. Ook vleeslike gemeenskap is 'n vorm van eenheid, maar nie alle vorme van gemeenskap (en vleeslike gemeenskap) is toelaatbaar nie;  bv., gemeenskap met duiwels, die duisternis, sondes en/of bose werke, is nie geoorloof nie.  Sekere vorme van "vleeslike gemeenskap" en "huwelik" is ook verbode..., bv. om die skaamte van jou naaste bloedverwant te ontbloot (jy mag nie met jou naaste bloedverwant trou/vleeslike gemeenskap he nie/Lev. 18:6);  'n Man mag ook nie vleeslike gemeenskap met 'n ander man he nie, ook nie 'n vrou met 'n vrou nie (Rom. 1:26-29; Lev. 18:22), en vleeslike gemeenskap met 'n dier is ook verbode... (Lev. 18:23). Hierdie VERBODE VORME VAN GEMEENSKAP word gesien soos gruwels, want hulle kan jou onrein maak.
Vir 'n lys van verbode gemeenskaps-vorme, gaan na hierdie pos: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html
Om te verstaan wat is GRUWELS, gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html.

Alhoewel 'n maaltyd waarin gedeel word gewoonlik onskuldig is, is nie alle maaltye geoorloofde vorme van gemeenskap nie; bv., die eet van afgodsoffers (waar kos of drank geoffer word aan 'n afgod / Rig. 16:23) kan iemand onrein maak.  Maar dit gesê, is dit ook nie altyd die geval nie, want dit hang af van die omstandighede...  (Mark. 7:15 - "Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak"). M.a.w., dit is nie die kos self wat iemand onrein maak nie, maar die rede waarom dit geneem word;  bv. as dit 'n offer is aan afgode/duiwels, dan het so iemand gemeenskap met die duiwels (en dit maak hom onrein). Op dieselfde wyse het Christene wat deelneem aan die Nagmaal, gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/die-nagmaal-3.html).  Dit gaan oor die "gemeenskap". Iemand mag bv. 'n afgodsoffer eet sonder dat hy bewus is daarvan dat dit aan afgode geoffer is - in so 'n geval kan dit iemand nie onrein maak nie (want dit is nie die kos wat hom onrein maak nie...). Daarom skryf Paulus (1 Kor. 10:25,26 - "Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete. Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan"). Maar as jy saam met mense eet wat verklaar dat die kos geoffer is aan 'n afgod, dan moet jy dit liewer nie eet nie (al eet jy dit nie self met daardie doel nie! - in hierdie geval gaan dit oor die gewete van die ander persoon, en ter wille van hom moet jy dit nie eet nie). (1Kor. 10:28,29 - "Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer—moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete—want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan—  ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete?"). Die feit bly staan dat 'n maaltyd ook 'n vorm van gemeenskap is - is in gemeenskap met die persoon saam met wie jy eet. 'n Christen mag nie gemeenskap he met die duisternis nie - jy wil tog nou nie met hom gemeenskap hou terwyl hy gemeenskap hou met duiwels nie! Dus, in so 'n geval kan die afgodsoffer jou nie onrein maak nie, ja (want jy eet dit nie asof jy dit offer aan afgode nie), maar kan jy onrein word deur jou gemeenskap met die persoon wat dit geoffer het? As jy saam met hom eet, is dit nie soos om in dieselfde juk te trek nie? (2 Kor. 6:14-18) - dit is natuurlik 'n punt van redenasie. Nietemin, wat duidelik is is dat ons nie afgodsoffers moet eet waar dit te kenne gegee is nie (watookal al die redes daarvoor is).  

Die wat aan die Here behoort mag nie gemeenskap hê met die bose nie, want geestelike mense het die Here, Sy Gees as bron;  terwyl die wat afgode aanbid duiwels as bron gebruik. Voorbeelde in die Skrif waar die Here spesifiek waarsku dat Hy Sy gesig teen Sy kinders sal draai is o.a. wanneer hulle agter afgode aan hoereer... (Lev. 20:3). Christene word beveel om hulle te onthou van afgodsoffers en dinge wat deur die afgode besoedel is (Hand. 15:19,20,29; Eseg. 20:30,31)(in Openb. 2:14 neem Jesus mense in die kerk van Pergemus kwalik dat hulle afgodsoffers eet, want kinders vd koninkryk word verbied om afgodsoffers te eet).  Die eet en drink van afgodsoffers word gesien soos AFGODEDIENS (is dieselfde Gr. woord as vir "afgodery")(1 Kor. 10:7).(1Co 10:18-22  Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

DIE WAT AAN AFGODE OFFER, IS EINTLIK BESIG OM AAN DUIWELS TE OFFER: (1 Kor. 10:19,20). Daar is baie (verbode vir die Christen) heidense praktyke wat in afgodstempels beoefen word, en die wat hulle met hierdie gruwels besig hou is eintlik besig om duiwels te dien (Deu 32:17; 1 Kor. 10:19,20) - en dus besig om verleidende geeste en leringe van duiwels aan te hang! (1Tim. 4:1).

Afgodery maak 'n mens ONREIN (2 Kor. 6:14-18): Jesus het geleer dat slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal iemand onrein maak... (Matt. 15:18-20), en ons het reeds gesien dat hierdie dinge in ander skrifte ook werke vd vlees genoem word (Gal. 5:19-21), en dat sommige daarvan ook vgl. word met afgodediens (Kol. 3:5). Afgodsaanbidding, sonde wat bloedskuld veroorsaak, en afgodspraktyke, word gesien soos gruwels, en maak die mens onrein...;  asook, maak dit die land waarop hy woon onrein! (Lev. 18:27-29).  VIR DIE GEESTELIKE MENS IS AFGODERY 'N ONREIN DING (en nie geoorloof nie), en onrein dinge maak dit wat skoon is, vuil. In ander woorde, wanneer skoongewaste mense (nl. geestelike mense) hulle besig hou met afgodery, maak dit hulle "vuil" - en die Skrif leer dat ONREINES, hoereerders, gierigaards, en AFGODEDIENAARS nie 'n erfdeel het in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5; Openb. 21:27).  Christene word in 2 Kor. 6:17 beveel om nie aan te raak wat onrein is nie;  en die wat onrein geword het, moet hulle harte suiwer en die hande reinig... (Jak. 4:8). Basies kom die wat so lewe in opstand teen die Here (teen Sy wil, Sy sieninge, ens.). Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy moet lewe (jy moet die Skepper dien, nie die skepping nie, wat terloops jouself insluit).  Maar die wat besig is met afgodery, maak gebruik van ander geestelike waterbronne (hulle "drink water" by afgode en die vlees - hulle drink "bitter water" wat vervloeking tot gevolg het)(Jes. 65:13; Jer. 51:43; Ps. 68:6; Jak. 3:10-13; Openb. 8:11; Spr. 5:1-4; Num. 5; ens.). Bestudeer gerus ook die tema van "onder die dorings saai" (waar goeie vrug verstik word), of die onderwerp waar 'n plant wat water gekry het dorings en distels oplewer... (soos slegte vrug)(Hebr. 6:6-8).

Dit maak jou onrein/vuil/besoedel/veronreinig: Afgode (beelde wat aanbid word) KAN NIE SIEN OF HOOR OF EET OF RUIK NIE (Deu 4:28), en aabidding tot so 'n beeld is dus eintlik maar tevergeefs, want 'n afgod kan jou nie hoor nie en kan jou nie help of red/verlos of voorsien nie... (Jes. 14:22; 45:20; 1 Sam. 12:21)(maar neem kennis dat die aanbidding van beelde ook gaan oor die aanbidding van "gode", sien volgende paragraaf). 'n Gegote beeld is 'n LEUEN, en daar is GEEN GEES IN HULLE NIE, en hulle KAN JOU NIE LEER NIE (is 'n leuenleraar) - afgodsaanbidding is NIETIG (kyk die woordgebruik "nietige afgode" in vele skrifte - Deut. 32:21; 1 Sam. 12:21; 1 Kon. 16:13,26; 2 Kon. 17:15; Jer. 2:5; 8:19; 10:15; 16:19; 18:15; 51:18) - afgodsbeelde kan tot niet gaan... (Jer. 10:14, 15; Hab. 2:18,19; Jes. 41:29). Maar die feit dat 'n afgod niks is, beteken nie dat dit jou nie kan onrein maak nie! Bv., in Deut. 27:15 word daar na 'n afgod verwys as 'n "gruwel" - gruwels is dinge waardeur kinders vd Koninkryk verontreinig/besoedel kan word (Lev. 18:24)(vgl. met Hos. 9:10, die woord "verfoeisel" word daar gebruik - afgodsaanbidding maak jou vuil/onrein). Kinders vd Koninkryk word verbied om met gruwels (bv. sonde wat bloedskuld veroorsaak, afgodsaanbidding, en afgodspraktyke) om te gaan, en as hulle nie luister nie is daar altyd gevolge... (Deut. 18:10-12).  In die 10 gebooie en sekere ander skrifte word kinders vd Koninkryk spesifiek belet om gesnede of gegote beelde of klippilare ens. te maak - hulle word verbied om hulle besig te hou met watookal gesien word as afgodediens (wat gedien en voor neergebuig word/afgodspraktyke)(Eks. 20:4,5; Lev. 26:1; Deut. 16:22).  Ook in die N.T. word afgodery verbied (Gal. 5:20; 1 Kor. 10:14; 1 Joh. 5:21). As 'n kind vd Koninkryk hierdie oortree, word dit soos 'n misdaad gesien, en is ernstig! (en word selfs tot die 3de en 4de geslag , kinders en kindskinders, besoek van die wat die Here haat/Eks. 20:5; 34:7). Die skrif leer dat afgodedienaars nie eendag in die Koninkryk van God sal ingaan nie, maar hulle uiteinde is die poel van vuur (nl., die tweede dood)(Openb. 21:8; 22:15). Waar die volk oortree het, moes hierdie afgode afgebreek, omgegooi (bv. die altare), afgeslaan (bv. die klippilare), en afgebrand/omgekap (bv. die heilige boomstamme) word (Eks. 23:24; 34:13; Deut. 7:5; 12:3; 2 Kon. 23:14; 2 Kron. 14:3; 31:1). Alhoewel afgode bloot beelde is wat deur mensehande gemaak word (en dus nie werklik iets is nie), gaan dit gewoonlik gepaard met bose praktyke soos towery, goëlery, afgodsoffers, ens. (Mig. 5:11,12) - hierdie beelde word o.a. hanteer soos 'n god of gemaak vir "afgode", wat eintlik duiwels is! (Deut. 32:16,17; Ps. 106:36,37; Openb. 9:20; 1 Kor. 10:19,20).(Jon 2:8 - "Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is").(Jer 14:22 - "Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge").  Die Here wat jou gemaak het is die een vir wie jy eintlik moet raadpleeg en volgens wie se wil jy eintlik moet lewe, maar die wat afgode aanbid is besig om by ander geestelike waterbronne te drink. Wat afgodery verkeerd maak, is dat iemand sy vertroue in verkeerde bronne plaas (Ps. 31:7).

Opsomming:
In Gal. 5:20 is "afgodery" die Gr. woord "eidōlolatreia" wat vertaal word as "afgodery" in die AOV, maar in sommige skrifte word dieselfde woord vertaal as afgodediens (1 Kor. 10:14; Kol. 3:5)(en dit word ook in dieselfde konteks gebruik as "beeldediens" in 1 Sam. 15:23).  Vgl. dit met  1 Pet. 4:3 waar die woord "afgoderye" gebruik word... - en in konteks hier dit gaan oor 'n vorm van onwettige gemeenskap (die woorde "ongeoorloofde afgoderye" word bv. daar gebruik). Alhoewel "AFGODERY" (die Gr. woord "eidōlolatreia", wat te doen het met die tevergeefse aanbidding van 'n beeld/Gal. 5:20; 1 Pet. 4:3) tevergeefs is, moet ons kennis neem dat die wat aan afgode offer, eintlik besig is om aan duiwels te offer, en is dus besig om met duiwels GEMEENSKAP te hê... (1 Kor. 10:20; Ps. 106:37; 1 Kor. 10:20-28). Die nagmaal is ook 'n vorm van gemeenskap (gemeenskap met die bloed en liggaam van Christus/1 Kor. 10:16).  Afgodsoffers moet ook gesien word soos 'n vorm van gemeenskap..., maar die vraag is, gemeenskap met wie of wat? "Afgodsoffers" verwys gewoonlik na kos (soos vleis) of drank wat aan afgode geoffer word... (1 Kor. 8,7; 10:19) - 1 Kor. 10:20 leer dat die wat aan afgode offer eintlik aan duiwels offer;  m.a.w., hulle het gemeenskap met duiwels.  In Gal. 5:19,20 word afgodery 'n "werk vd vlees" genoem, en v.21 verklaar dat die wat hulle besig hou met die werke van die vlees, nie die koninkryk van God sal beërwe nie. Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie en moet dus enige afgodediens aflê... (Kol. 3:5);  wat terloops in konteks hierdie skrif na verwys word as "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid"! HIERDIE IS VORME VAN ONGEOORLOOFDE "GEMEENSKAP".  Werke vd vlees word m.a.w. ook gesien soos afgodery  (werke van die vlees is soos GEMEENSKAP MET DIE VLEES - is vleeslik / die wat afgodery beoefen leef volgens die vlees, nie volgens die Gees nie). Afgodery verwys dus nie net na fisiese gebare van afgodsaanbidding nie, maar elkeen se hart getuig of hy besig is met afgodery of nie (waarmee het hy gemeenskap?). In 1 Kor. 10:14 word Christene beveel om te vlug vir die afgodediens, en in konteks daar vewys dit ook na 'n begeerte na slegte dinge (v. 6), asook die dien van afgode en eet van afgodsoffers (v.7), hoerery (wat ook verwys na "geestelike hoerery", in konteks die eet van afgodsoffers/Num. 25:1-9)(v. 8), om die Here te versoek (v. 9), en murmureerders (v.10). Hierdie dinge is soos afgode wat iemand ONREIN maak.  Vgl. dit met wat Jesus geleer het, wat se dinge iemand onrein maak... - bv. slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis en lastertaal ... (Matt. 15:18-20). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hoe moet ons optree teenoor broeders wat afgode begin dien?

Christene word in 1 Kor. 5:11 beveel om nie om te gaan met broeders wat afgodedienaars is nie (asook word  hoereerders, gierigaards, kwaadsprekers, dronkaards, en rowers in die gedeelte genoem) - met so iemand moet hulle selfs nie saam eet nie;  natuurlik is hierdie spesifiek bedoel in die konteks van "broeders" (1 Kor. 5:10), en die rede hiervoor is nie om so iemand af te skryf nie maar skaam te maak;  of om seker te maak dat die "suurdeeg" nie die hele deeg suurmaak nie... (1 Kor. 5). Natuurlik kan mens jou nie onttrek aan alle afgodedienaars in die wereld nie, want dan sal jy uit die wereld moet uitgaan! (1 Kor. 5:9-13 - "Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie— dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit").  1 Kor. 6:10 leer dat geen afgodedienaar die koninkryk van God sal beërwe nie  (asook word ander groepe in dieselfde konteks genoem, nl. hoereerders, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, en rowers)(vgl. met Openb. 21:8 en 22;15). Kinders vd Koninkryk wat hulle besig hou met afgodery is op gevaarlike grond;  bv., in 1 Kor. 10:7 word Christene spesifiek gewaarsku dat hulle kan val sou hulle hul besig wees met afgodediens (soos gebeur het met sommige van die volk in die woestyn). Christene word in die gedeelte beveel om te vlug vir die afgodediens! (v. 14). Openb. 21:8 leer ook dat afgodedienaars se deel is in die poel wat brand met vuur en swawel, nl. die tweede dood. Dit is belangrik dat Christene wat betrokke is in afgodery hulle daarvan bekeer, want afgodedienaars sal nie die koninkryk van God beërwe nie... (1 Kor. 6:10) - en dit geld terloops ook vir ander werke van die vlees waarin Christene stap maar hulle nie daarvan bekeer nie, bv. hoerery, begerig na slegte dinge, die wat die Here versoek, en murmureerders... (dinge wat terloops afgodediens genoem word in 1 Kor. 10:14).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------