Wys tans plasings met die etiket gode. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket gode. Wys alle plasings

Vrydag 08 Mei 2026

God / god / gode

In hierdie pos bestudeer ons die term "God" en kyk veral na die betekenis van die woord.  Na wie verwys die term God? Wat is God se Naam? Is Jesus Christus God? Bestaan daar ander gode?

Rol af vir die volgende opsommings:

- God

- Wat is die Here se naam, en hoe verwys Hy na homself?

-  Is Jesus Christus God?

- Die term "Here".

- Kan mense "gode" wees?

- Bestaan daar ander gode?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------God:

Die betekenis van die woord GOD:

Hebreeus:

(Gen 1:1)  In die begin het God (Hebr. woord " el-o-heem' ", wat in hierdie konteks verwys na die Almagtige regter, soos 'n "magistraat" = God)(afhangende vd konteks, word die woord ook gebruik vir engele, gode, verhewe, groot, regters, en magtige) die hemel en die aarde geskape. Kyk ook Jon 1:6 - "Daarop kom die skeepskaptein na hom (Jona) toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God (el-o-heem)! Miskien sal dié God (el-o-heem) aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie".

In sommige verse word die woord "Here" gebruik voor die woord God, bv.: (Gen 2:4 - "Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE (Hebr. woord "yeh-ho-vaw'", 'n naam wat oor die algemeen verwys na die ewige God, die Een wat bestaan = 'n Joodse naam vir God) God die aarde en die hemel gemaak het". Die woord "Here" God verwys o.a. daarna dat Hy die "ewige God" is (en die woorde "ewige God" word terloops ook spesifiek in sommige skrifte gebruik, bv. Gen. 21:33), en word terloops nie gebruik vir ander gode in die Skrif nie... (want hulle was nie van altyd af daar nie!) - word spesifiek gebruik om te verwys na el-o-heem... - kyk bv.: Gen 21:33 - "En hy het ‘n tamarisk(boom) in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige (Hebr. woord "o-lawm'", van oue, altyd, vir ewig, ens.) God (Hebr. woord "ale", wat verwys na, wat gode aanbetref, is Hy die Almagtige), aangeroep" (kyk ook Gen. 31:13). In ander woorde, die woorde "ewige God" word baie spesifiek gebruik om te verwys na die Almagtige God, en somtyds in woorde word so na Hom verwys: (Gen 28:3 - "En mag God, die Almagtige (Hebr. woord "shad-dah'ee"), jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ‘n menigte van volke kan word"). 

Somtyds word daar ook na die Here God (nl. die ewige God, die Almagtige God) verwys as "die God van Abraham", veral wanneer die betrokke generasie na die God van hulle voorvader Abraham, verwys...;  bv.: Gen 24:12 - "en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer". Hierdie woordgebruik is nog 'n manier om onderskeid te maak tussen ander gode en die ewige God;  in ander woorde, die God vir wie Abraham aanbid het, wie terloops die HERE GOD is (kyk ook die woorde in Gen. 28:13 "God van jou vader Abraham en die God van Isak")(en Eks. 3:6 - die woorde "God van jou vader", "God van Abraham", "God van Isak", "God van Jakob" - geslagslyn)  (Gen. 31:42; 33:20; Rig. 2:12; ens. / (Gen 46:3 - "Toe sê Hy: Ek is God ("ale"), die God ("el-o-heem") van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak"). Of die woorde "die God van Israel" (Eks. 5:1) word gebruik, want Jakob se naam was verander na Israel. Kyk ook Eks. 10:3, waar die woorde "die God van die Hebreërs" gebruik word ("Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God (el-o-heem) van die Hebreërs (Hebr. woord "ib-ree'", 'n afstammeling van Eber/'n Hebreer): Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien").

In Jos. 3:10 verwys Josua na die Here as "die lewende God" (Jos 3:10 - "Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ‘n lewende (Hebr. woord "khah'ee" - Hy lewe! / hy's nie dood soos ander gode nie - kyk bv. ook, die Hebr. woord dale word hier vir God gebruik...) God ("ale") tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe"). 

Grieks:

(Matt. 1:23)  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel (Gr. woord "em-man-oo-ale'", 'n naam vir Christus, wat beteken "God met ons") noem, dit is, as dit vertaal word: God (Gr. woord "theh'-os", wat verwys na 'n goddellike wese, of verwys na 'n magistraat - beteken "verhewe, God, god(dellik)") met ons. Dieselfde Gr. woord word in Matt. 3:9 gebruik waar Jesus verklaar dat God selfs kinders uit klippe kan maak;  kyk ook Matt. 3:16, 4:3,4,6,7,10 en 5:8,9,34, ens.  Gewoonlik in die N.T., waar die woord God gebruik word, is die Gr. woord "theh-os" gebruik, behalwe Matt. 16:22 waar die Gr. woord koo-ree-os gebruik word ("koo'-ree-os" is in die AOV as God vertaal, maar kan ook vertaal word as Here, meester of meneer - dit verwys in wese veral na die een wat die hoogste outoriteit het). In Ef. 1:2,3,17, Kol. 1:2, ens... word daar spesifiek na die Vader verwys as God, maar in vele ander skrifte word daar ook na Jesus Christus verwys as God! (rol af vir die opsomming hieroor). 

Dieselfde Gr. woord "theh-os" word in 2 Kor. 4:4 gebruik vir "god van hierdie wêreld" (wat verwys na die Satan), maar is met 'n kleinletter g in die Skrif geskryf om onderskeid te maak tussen die Here God en die god wat deur die "wereld" aanbid word (nl. die wat onder die mag vd bose is...)(1 Joh. 5:19; Ef. 2:2).

Ook wat die Griekse betekenis van "God" aanbetref, word die woord "Here" baiemaal voor "God" gebruik (bv. "Here jou God",Matt. 4:7,10; 22:37 / of "Here onse God",Hand. 2:39 / of "Here julle God",Hand. 3:22; 7:37) - die woord "Here" verwys na die een met die hoogste outoriteit (meester) - verwysend na die "meester God". 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die Here se naam?, en hoe verwys Hy na homself?
Ons skryf gewoonlik die Here se naam met 'n hoofletter g (G) wanneer ons na Hom (as God) verwys (en dit word ook so in die Skrif gedoen - ander gode word met 'n kleinletter g geskryf), maar die Hebreeuse woord vir "god" (el-o-heem) is dieselfde... (hetsy dit na die ewige God verwys, of gode, dit is dieselfde woord in die Hebrees).  Bv., in Jos 22:22, waar die woorde "die God vd gode" gebruik word, kan ons sien dat waar die woord "el-o-heem" gebruik word, dit nie noodwendig verwys na die Here (yeh-ho-vaw) nie, want in die betrokke Skrif word die woord "el-o-heem" bv. ook gebruik vir "gode"... Die God vir wie ons egter aanbid, nl. die almagtige ewige lewende God wat hemel en aarde gemaak het (die God van Abraham, Isak, Jakob...), is die GOD VAN DIE gODE!  (Hy is die almagtige - "Die God van die gode, die HERE (yeh-ho-vaw), die God (ale)(die almagtige God) van die gode (el-o-heem), die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is—verlos ons nie vandag nie, HERE ")(Dan. 2:47)(rol af vir 'n studie oor wat die woord "god" of "gode" beteken en na wie dit verwys). Vgl. dit met Dan. 2:45 waar daar na die Here verwys word as die "grote ("rab" - kaptein, hoof, groot, here, meester) God ("el-aw")". Alhoewel die woord "el-o-heem" ook gebruik word om na die Here te verwys  (omdat Hy g(nee,G)od is)(in vele skrifte is hierdie die geval), is dit nie 'n woord wat spesifiek net vir Hom gebruik word nie, want dit gaan oor die betekenis;  oor die algemeen word daar dus liewer na die Here God verwys as Jehovah - somtyds as "onse God" (Jes. 1:10) of "die God van ons vaders" (sien bo) om onderskeid te maak tussen Hom en ander gode (bv. in Dan. 4:2 het Nedukadnesar wat ander gode aanbid het, maar tot insig gebring is, na die Here verwys as die "allerhoogste God"). Dit beteken nie dat ons Hom nie kan aanspreek as "God" (of dat jy slegs die woord Jehova kan gebruik soos sommige beweer) nie, maar tussen broeders en suster kan daar bloot na Hom vewys word as God of Here - tussen ander gelowe moet daar liefs uitgeklaar word na watter god ons verwys, nl. is dit die ewige God?, of na gode?  In beide gevalle word die woord eloheem dus gebruik, maar woorde rondom dit klaar uit na watter god daar van gepraat word.   En dus, alhoewel die Hebr. naam yeh-ho-vaw spesifiek die ewige Here God beskryf (en is soos Sy Naam), word daar baiemaal bloot na Hom verwys as "God" in beide die Ou en Nuwe Testament (en dan met 'n hoofletter G geskryf).  In die N.T. word die woord Theh-os (Grieks) oor die algemeen gebruik waar daar na God verwys word, maar dieselfde woord "theh-os" word natuurlik ook gebruik vir bv. die "god van hierdie wereld"... (maar dan met 'n kleinletter g)

Net soos in die O.T. word die woord "Here" ook baiemaal in die N.T. voor die woord God gebruik..., hierdie is 'n manier om te verwys dat Hy die "meester God" is (bv., "Here julle God") (Rig. 6:10 - "En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode (el-o-heem) van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie"). Nie dat daar meer Gode is nie, maar wat "gode" aanbetref (wesens wat deur mense aanbid word), het Hy die hoogste outoriteit en is terloops ewig en die Skepper van alles (terwyl die ander nie is nie!). 1 Kon. 18:24 is nog 'n goeie voorbeeld van  hoe die woord "Here" voor God gebruik word om spesifiek na die Ewige God te verwys...: ("Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE (yeh-ho-vaw) aanroep; en die God (el-o-heem) wat met vuur antwoord, Hy sal God (el-o-heem) wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed"). In hierdie geval word die woord Here bloot gebruik wat die Hebr. woord "JEHOVAH" is (wat verwys na die ewige God wat bestaan, 'n naam wat deur die Jode vir God gebruik word) om uit te klaar na watter God hy verwys. Natuurlik is die omstandighede belangrik, bv. dat daar meer uitklaring gegee word in geval van 'n heidense gehoor (bv., Jehovah, of die Here God, of die Grote God, ens...), maar in die algemeen word Hy onder kinders van die Here aangespreek as God (en almal weet van wie ons praat, want daar is immers net een God!).  

In 1 Kon. 22:54 word daar na die Here as die "God van Israel" verwys, en dit is duidelik dat hierdie verskillende maniere van om na Jehova te verwys, ook bedoel is om uit te wys dat Hy nie dieselfde is as die ander gode wat aanbid word nie;  liewer, Hy is die God van die gode!, die lewende en ewige, Almagtige, GROTE GOD... (dieselfde kan nie van die ander gode gesê word nie..., want ten eerste is daar eintlik net een God, en wat wereldse begrip aanbetref is Hy die Grote God)(Jes. 44:6 - "So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie")(Jes. 44:8)(1 Kor. 10:19,20) - vgl. dit ook met Jesus se woorde in Openb. 1:8,11. Ander gode is nie regtig Gode nie, maar dinge en wesens wat as Gode aanbid word.

In Gen. 46:3, waar die Here in naggesigte aan Jakob verskyn het, word die woord "ale" gebruik (asook die woorde "el-o-heem van jou vader"...) - Hy is die ewige, en dit word ook aan Jakob duidelik gemaak dat Hy die God is wat deur sy vader Isak aanbid is... 'n Ander voorbeeld is in Eks. 3:13-15, waarin die Here homself "EK IS" noem..., en ook verdere versekering gee dat Hy die God is wat deur hulle voorvaders aanbid is - (Eks. 3:13-15 - "Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS (Hebr. woord "haw-yaw'", om te bestaan / bly bestaan / vgl. met die Hebr. woord "el-o-heem") het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Is Jesus Christus God?

Jesus Christus is die Seun van God, en die Vader het Hom alle mag gegee... So ja!, Hy is God! Heelwat woorde word gebruik om die Messias te beskryf..., o.a. die woorde "sterke God", of "Immanuel" (wat terloops beteken "God met ons"/Matt. 1:23) - (Jes. 9:5 - "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God (ale - die almagtige God), Ewige Vader (Hebr. woord "awb" - hoof, vader), Vredevors—");  en kyk ook (Jes. 7:14 - "Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel (Hebr. woord "im-maw-noo-ale'" - wat beteken, God met ons) noem"). In Joh. 20:28 verwys Thomas na Jesus Christus as "my Here en my God", en in Hand. 2:36 verklaar Petrus dat God (die Vader) vir Jesus HERE (meester) en Christus (Messias) gemaak het.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "Here":
Die term "Here" is soos 'n naam vir die Grote God (bv. "Here God" = "meester God"). Dit is sekerlik waarom dit in soveel skrifte voor die woord God geplaas word.

Die woord "Here" is die Hebreeuse woord "yeh-ho-vaw'", wat in konteks vertaal word as Jehovah of die Here ('n nationale Joodse naam vir God)(verwysend na "die ewige God"). (Eseg. 28:2 - "Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here (Johovah, wat beteken "my Here"): Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n gode woning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god").     (Eseg. 28:6)  daarom, so sê die Here (Hebr. woord "ad-o-noy'"- wat beteken, my Here / 'n woord wat slegs vir God gebruik word) HERE (yeh-ho-vee'): Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god,................(Eze 28:9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?).

Die woord "Here" is die Griekse woord "koo'-ree-os", wat in konteks vertaal kan word "God, Here, meester, of Meneer". (Hand. 4:33 - "En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal")  ;  (1Thess. 1:1 - "Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!"). 

Ons sien dat beide die Vader asook Jesus Christus aangespreek word as "God" en "Here". Die name wat in die N.T. veral gebruik word, is God die Vader (die Vader) en die Here Jesus Christus (die Seun van God) - en daar word na die Gees van God verwys as die Heilige Gees, nl. die "afgesonderde Gees" (van God) wat die wat weergebore word, elk ontvang. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kan mense gode wees?: 

Die woord "god" (thehos)(met 'n kleinletter "g" geskryf) verwys nie noodwendig na 'n afgod nie!, 

Bv., die tot wie die woord van God kom, word somtyds na verwys as gode...  (Joh 10:34-38 - "Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode (theh'-os) nie? As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie, sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God? As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom"). Kyk ook Eks. 4:16 ("En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ‘n mond wees en jy vir hom ‘n god (eloheem) wees"), waar genoem word dat Moses vir Aäron soos 'n god is (magistraat) - dit is nie bedoel dat Moses 'n god is nie, maar dat Moses in die plek van God optree... (Aäron was Moses se mond, en Moses het die Here geraadpleeg en hom vertel wat om te sê);  Aaron het maw nie self die Here God geraadpleeg nie, maar Moses het..., en het aan Aaron oorgedra wat God wil spreek (en Aaron was op beurt die profeet). Ons sien hoe die woord "god" hier op 'n ander manier gebruik word, om te verwys na wie is die magistraat!, nie dat dit leer dat hulle self gode is nie. Kyk ook Eks. 7:1,2 ("En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek") stel God vir Moses aan as 'n "god vir Farao" - soos 'n regter of iemand wat deur die Here gestuur word met 'n boodskap soos 'n engel - dit verwys na die plig wat hy gehad het, alhoewel hy nie goed gepraat het nie (dus was Aäron soos sy profeet). Die opdrag was aan Moses gegee, maar Aäron moes dit in woorde oordra. 

In hierdie geval verwys die woord "god" na iemand wat in die plek van God optree. In hierdie opsig word daar somtyds na mense wat die werk doen van God, as gode verwys.  Die vraag is nou of almal na wie as "gode" verwys word, werklik die werk van God doen? DIT IS 'N BAIE BELANGRIKE VRAAG, want daar is baie sg. "gode" in hierdie wereld wat nie regtig gode is nie!

Die algemene persepsie van wie God is, kan miskien ook lig werp op hoekom mense somtyds "gode" genoem is, bv. dat hulle dinge kan doen wat ander mense nie kan doen nie, of buitengewone wysheid het of die toekoms ken, ens.  Hierdie is baiemaal die rede waarom sommige "verbode voedsels eet" en "verbode water drink" (speel in heidens geloofspraktyke, ens.), en die rede waarom die bronne wat genader of geraadpleeg word, gesien is as gode! 'n Goeie vb. is in Hand. 28:6, toe 'n adder vir Paulus byt en hy niks oorkom nie..., en die inboorlinge toe dink hy is 'n god - "En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ‘n god (theos) was". Hierdie is gewoonlik die rede waarom mense gode maak van dinge of mense wat nie gode is nie! - BRON IS BELANGRIK..., en alhoewel Paulus 'n dienaar was van die Here (en na regte 'n in konteks "god" genoem kan word), is daar baie dinge in hierdie lewe wat deur mense gode gemaak is wat nie die Here God as bron het nie. Dit gesê, verwys ons in elk geval liewer ook nie na profete en dienaars van die Here as gode nie, want dit kan tot gevolg hê dat sulke mense aanbid word, wat verkeerd is! Niemand moet aanbid word nie, behalwe die Here God, die Almagtige, ewige God... (wie bestaan uit die Vader, die Seun en Heilige Gees).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bestaan daar ander gode?:

Die Here God is anders as ander gode?, en daar is geen ander HERE GOD nie!, behalwe die ewige God wat hemel en aarde geskep het, en omgee vir die mens...:  As iemand nie deur die Here God gestuur is nie, kan hy nie deurgaan vir 'n "god" nie.  (Deu 4:32-40)  Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.  Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? Of het ‘n god (el-o-heem') probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.  En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is—  daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.

Kom ons kyk na 'n paar skrifte waarin die woord "gode" gebruik word (veral in die konteks van "afgode"): Dit is duidelik dat die woorde "ale" en "eloheem" ook gebruik word vir "gode", en ons moet dus verstaan dat dit gaan oor die betekenis vd woord...  Dit gaan oor wie dit is vir wie iemand sien as die "almagtige". 

In 'n paar skrifte word spesifiek die woord "afgod" gebruik, gewoonlik in die konteks van afgodsoffers of waar beelde aanbid word:  (Jes._48:5  daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie).     (Jes._66:3  Wie ‘n bees as offer slag, is soos hy wat ‘n man doodslaan; wie ‘n lam offer, soos hy wat ‘n hond se nek breek; wie ‘n spysoffer bring—dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ‘n afgod (Hebr. woord "aw'-ven", wat verwys na 'n afgod, boos, vals, nietig, ens.) prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ‘n behae het in hul verfoeisels)     (1Kor._8:4  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod (Gr. woord "i-do-loth'-oo-ton", wat verwys na 'n beeld offer, offer wat aan 'n afgod gemaak word) niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.........1Kor._8:7  Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.)     (1Kor._10:19  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod  iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is?)(Gr. woord "i'-do-lon", wat verwys na 'n beeld, heidense god wat aanbid word).

(Eks. 34:14)  Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god (ale) nie; want die HERE se Naam is Jaloers—’n jaloerse God is Hy.

(Rig. 8:33)  Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle ‘n god (el-o-heem) gemaak.

(Rig. 9:27)  En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god (el-o-heem) ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.

(Rig. 11:24)  Sal u dit nie in besit neem wat u god (el-o-heem) Kamos u as ‘n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

(Rig. 16:23)  En die vorste van die Filistyne het vergader om ‘n groot offer te bring aan hulle god (el-o-heem) Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.
(Rig. 16:24)  En toe die volk hom sien, prys hulle hul god (el-o-heem); want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.

(1Kon. 18:25)  Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god (el-o-heem) aan, maar julle mag geen vuur maak nie.

(1Kon. 20:28)  Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is ‘n god (el-o-heem) van die berge, en Hy is nie ‘n god (el-o-heem) van die laagtes nie—daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.

(2Kon. 1:2)  En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god (el-o-heem) van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
(2Kon. 1:3)  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God (el-o-heem) in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god (el-o-heem) van Ekron, te raadpleeg?
(2Kon. 1:4)  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.

(Job 12:6)  Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God (ale) vertoorn, van hom wat sy god (el-o'-ah, el-o'-ah) in sy hand dra.

(Psa 81:10)  Daar mag by jou geen vreemde god (ale) wees nie, en voor ‘n uitlandse god (ale) mag jy jou nie neerbuig nie.

(Jes. 44:10)  Wie maak ‘n god (ale) en giet ‘n beeld wat geen voordeel aanbring nie?..............(Isa 44:15)  Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar ‘n god (ale) van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar ‘n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer....................(Isa 44:17)  En van wat oor is, maak hy ‘n god (ale), sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!

(Jer 48:35)  En Ek sal in Moab ‘n einde maak, spreek die HERE, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god (el-o-heem).

(Dan 3:28)  Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god (el-aw') te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God (el-aw').(Dan 3:29)  Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis ‘n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god (el-aw') is wat so kan verlos nie.

(Dan 4:8)  totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god (el-aw'), en in wie die gees van die heilige gode (el-aw') is; en ek het hom die droom vertel:

(Dan 6:8)  Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning ‘n verordening moet uitvaardig en ‘n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae ‘n versoek rig aan enige god (el-aw') of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word.

(Dan 6:13)  Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie ‘n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae ‘n versoek doen aan enige god (el-aw') of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse.

(Dan 11:38)  Maar in plaas daarvan sal hy die god (el-o'-ah, el-o'-ah) van die vestings vereer, en die god (el-o-ah) wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.
(Dan 11:39)  So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god (el-o-ah); diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.

(Hos 8:6)  Want dit is ook uit Israel: ‘n smid het dit gemaak, en dit is geen god (el-o-heem) nie; maar tot splinters sal dit word—die kalf van Samaría.

(Amo 8:14)  hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god (el-o-heem) leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

(Mal 2:11)  Juda het troueloos gehandel, en ‘n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE (yeh-ho-vaw), wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van ‘n uitlandse god (ale) getrou.

(Hand. 7:43)  Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god (heos
theh'-os) Remfan ('n Egiptiese afgod), die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.

(Hand. 12:21)-23 -  En op ‘n bepaalde dag het Herodes ‘n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.  Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god (theos) en nie van ‘n mens nie! En onmiddellik het ‘n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God (theos) gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

Baie dinge word in hierdie lewe aanbid asof dit gode is, maar ons moet onderskei tussen LIG (God is lig) EN DUISTERNIS (ander gode). 

Wat ander gode aanbetref, word dieselfde woord in Hebr. en Grieks gebruik vir "god", maar dit beteken nie dat almal wat as gode aangespreek word die werk van die Here God doen nie.  Dit is waarom die volk vele mal gewaarsku was teen gode...  (Gal 4:8,9 - " Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?"). Beelde met hande gemaak, is nie gode nie! (Hand. 19:24)  Want iemand met die naam van Demétrius, ‘n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ‘n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf...................(Hand. 19:26)  en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ‘n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie. 'n Afgod is niks (en het ook nie 'n gees nie!) - die waarheid is dat die wat afgode aanbid, eintlik besig is om duiwels (die duisternis) te aanbid. Ons moet dus onderskei tussen wat is vd lig, en wat is vd duisternis.  Daar is net Een ware God (die een uit wie alles is) en een Seun van God (deur wie alles is)(1Kor. 8:4-6  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is— tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom")(Ef. 4:6). Die Here God is LIG, omhul Homself met lig soos met 'n kleed...(Ps. 104:2). Hierdie is baiemaal die woorde wat gebruik word in die Skrif wanneer daar onderskeid gemaak word tussen God en die bose, nl. onderskei tussen "lig en duisternis".  God is lig, die bose is van die duisternis. Dit is interessant in die Skrif, dat waar die Here of 'n engel van die Here aan iemand verskyn, daar ook baiemaal eerstens LIG gesien word... (bv., Paulus, toe die Here Jesus met Hom uit die hemel praat - Hand. 22:6-11; 26:13; )(en kyk ook vir Petrus in die gevangenis, toe 'n engel vd Here aan hom verskyn en uitlei - Hand. 12:7). Die Here God se kindes word o.a. ook na verwys as "kinders van die lig" en die Here is soos 'n lig vir hulle (Mig. 7:8)(vir 'n studie oor "ster, skyn, kinders vd dag", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html)(Psa 36:10 - "Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig")(Ef. 5:8). Jesus Christus word ook o.a. voorgestel as die Lig (Joh. 1:8,9)(Matt. 17:2; Joh. 12:35,36; ens.). Watter kant dien, aanbid, raadpleeg jy - die lig?, of die duisternis? Alle paaie lei NIE tot God (soos somtyds geleer word) nie!, en God is nie beide lig en duisternis (soos sommige glo) nie..."Vir wie" jy dien, aanbid, raadpleeg is belangrik, want nie alles paaie is van die lig nie.

Vir 'n studie oor afgode, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html). Eseg. 28 is 'n tipiese voorbeeld van iemand wat homself voordoen as 'n god, terwyl hy nie God is nie, en ook nie die wil van God uitvoer nie: (Eseg. 28:2 - "Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here (Johovah): Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god (ale), ek bewoon ‘n gode (el-o-heem) woning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god (el-o-heem)").  En kyk ook: (Eze 28:6)  daarom, so sê die Here (ad-o-noy') HERE ("God" / yeh-ho-vee'): Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god (el-o-heem),................(Eze 28:9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god (el-o-heem)! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god (ale) nie?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------