Wys tans plasings met die etiket verkragting. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verkragting. Wys alle plasings

Donderdag 05 Januarie 2017

Gemeenskap / vleeslike gemeenskap / naaktheid

Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense wat iets "deel"
(soos in Joh. 4:9; Hand. 2:42; 1 Kor. 1:9...), MAAR in sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap"  (altans, in die Afrikaanse Bybel word die woord "gemeenskap" in hierdie konteks gebruik in die O.T., wat in die Hebr. beteken "om by iemand te lê" ("shaw-kab") - sommige skrifte gebruik woorde wat beskryf  "hoe die man by die vrou ingaan" Gen. 16:14, of wanneer " n vrou in 'n man se skoot gegee word" Gen. 16:5). 'n Ander woord wat ook gebruik word vir vleeslike gemeenskap (Lev. 15:18...) is die woord "beken" (Gen. 4:1; 4:17; 19:5...ens.).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Christen moet versigtig wees "waarmee" of  "met wie" hy gemeenskap het.
In die konteks van "vleeslike gemeenskap" is gemeenskap meestal slegs toelaatbaar in die huwelik (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Sou iemand seks beoefen buite die huwelik, dan is hy besig om te hoereer en homself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html).

Maar die Christen moet ook versigtig wees vir sekere ander vorme van "gemeenskap", bv.:
-  waar daar gedeel word in afgodsoffers (bv. in die teenwoordigheid van die wat die voedsel aan afgode offer), want dit veroorsaak dat so iemand GEMEENSKAP het MET DUIWELS! (1 Kor. 10:18-20).

-  waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges, in die sin van om saam met hulle te stap in ongeregtigheid, want in so 'n geval het die persoon GEMEENSKAP MET DIE DUISTERNIS! (2 Kor. 6:14)(1 Joh. 1:6)  en GEMEENSKAP MET DIE SONDES (1 Tim. 5:22)(in konteks met Ef. 5 gaan "gemeenskap met duisternis" oor hoerery, allerhande onreinheid, hebsug, gemeenheid, dwase en lawwe praatjies, gierigaards, afgodedienaars, die ongehoorsames, dronkaards (Ef. 5:11));  (Openb. 18:4).

-  gemeenskap met ongehoorsames (die Christen moet gemeenskap met 'n ongehoorsame broeder of suster vermy sodat die ongehoorsame skaam kan word) (2 Thess. 3:14)(l.w. dat dit hier spesifiek bedoel is in konteks met die wat reeds tot insig gekom het van hulle ongehoorsaamheid, en/of vermaan is, maar nog nie wil luister nie).

-  gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring - so iemand moet nie in jou huis ontvang word nie en moet ook nie eens gegroet word nie, want dan het jy GEMEENSKAP MET SY BOSE WERKE (2 Joh. 1:11)(l.w. hier spesifiek in konteks gebruik met die wat nie bly in die leer van Christus nie -v.9- en die wat bely dat Hy nie in die vlees gekom het nie -v.7). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Watter vorme van "gemeenskap" is goed ?:
-  GEMEENSKAP MET ONSE HERE JESUS CHRISTUS en DIE VADER (1 Kor. 1:9; 1 Joh. 1:3); (1Jn_1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie).
-  GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGE GEES (2 Kor. 13:14; Fil. 2:1).
-  gemeenskap deur die gebruik van die nagmaal (1 Kor. 10:16), want daardeur het die Christen GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
-  GEMEENSKAP AAN SY LYDE (Fil. 3:10; 1 Pet. 4:13).
-  GEMEENSKAP TUSSEN GELOWIGES (Hand. 2:42; 1 Joh. 1:3)(-deur te deel in die leer, nagmaal en gebede)(-deur te deel in ons gemeenskap met die Vader en met sy Seun Jesus Christus (1 Joh. 1:3))(-deur te deel in die prediking van die evangelie (Gal. 2:9))(-v/d geloof (Fil. 1:6)). (1Jn_1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde)-  GEMEENSKAP AAN DIE EVANGELIE (Fil. 1:5)
-  gemeenskap tussen gelowiges t.o.v. besittings (m.a.w. waar hulle al hulle besittings met mekaar deel - BESITTINGS IN GEMEENSKAP)(Hand. 4:32).

(en natuurlik gemeenskap asook vleeslike gemeenskap binne die huwelik...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet verstaan wat gesien word as "gemeenskap", want nie oral waar iemand omgang of gemeenskap het met iemand/iets wat onrein is, beteken dit dat hy ook omgang het met sy werke nie!
'n  Afgodsoffer kan bv. nie die Christen onrein maak nie,  maar as dit geskied waar daar te kenne gegee is dat dit aan afgode geoffer is en/of saam met die persoon wat dit offer geniet word, dan kan 'n Christen onrein word daardeur en beteken dit inderdaad dat hy ook, net soos die persoon wat dit offer, gemeenskap het met die duiwels! (1 Kor. 10).  Hier kan ons duidelik sien dat dit te doen het met die GEWETE van die een wat dit offer (dit kan die gewete beinvloed van die een wat daarin deel) - 'n afgodsoffer is eintlik niks (want afgode is niks), maar die wat dit offer, offer aan duiwels omdat hulle die afgod hanteer asof hy iets is. As die Christen nou saam met die een wie se gewete besoedel is, eet asof die een wat dit offer se afgod "iets is", dan is hy besig om sy eie gewete te besoedel omdat hy deur sy optrede ook waarde heg aan die offer. Dit is soos wanneer mense waarde heg aan "werke" asof dit aanneming tot saligheid kan bewerkstellig. Diesulkes se "gewetens is besoedel" want hulle plaas hulle hoop in werke, soos wat hierdie persone wat die afgodsoffer geniet, hulle hoop plaas in die afgod asof dit iets is.  So iemand offer eintlik aan duiwels en die een wat die offer saam met hom geniet, het dan GEMEENSKAP met duiwels!   

Maar nie enige iemand met wie ons gemeenskap het beteken outomaties dat ons gemeenskap het met hulle werke nie, want om bv. te eet saam met 'n ongelowige, maak jou nie onrein nie (maar om te deel in hulle sondes, ja, dit sal jou onrein maak, en dan in so 'n geval het jy gemeenskap met hulle sondes).  Die Jode het bv. geen gemeenskap gehou met die Samaritane nie (Joh_4:9), of met heidene nie... (Luk. 5:29,30; Matt. 9:10,11; 11:19; Luk. 7:34...));  maar Jesus het iets anders kom wys.  Om te eet saam met heidene maak jou nie onrein nie, maar om te deel in hulle sondes, ja, dit is wat jou onrein maak.  Om saam met 'n ongehoorsame broeder of suster te eet kan jou ook nie onrein maak nie, maar die rede waarom dit belet word 2 Thess. 3:14 is nie sodat jy nie onrein word nie, maar is bedoel om die broeder skaam te laat kry sodat hy tot bekering kom. Sou jou omgang met hom egter wees asof sy sonde niks is, terwyl hy weier om sy sonde te bely, dan kan sulke omgang jou onrein maak want dit gaan weer hier oor die gewete!  Of sou jy bv. iemand toelaat om verdraaide leringe te leer (leringe wat nie bly in die leer van Christus nie)(hetsy Christene wat nie vashou aan die waarheid nie, of die wat 'n ander evangelie bring), dan het jy gemeenskap met hulle bose werke (1 Joh. 1:11), want as jy hulle toelaat om verdraaide leringe te leer asof jy waarde heg aan hierdie leringe, dan het jy tog natuurlik gemeenskap daaraan! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige skrifte verwys die woord "gemeenskap" spesifiek na "vleeslike gemeenskap".  Enige iemand wat seks gehad het, word gesien as "besoedel", maar nie noodwendig gesien as "besoedel deur sonde" nie want in die huwelik word hierdie besoedeling nie gesien as "sonde" nie (1 Kor. 7:28);  maar in feitlik alle ander kontekste word "besoedeling dmv seks" wel gesien as "besoedeling deur sonde" (behalwe gevalle soos bewaring van nageslag (Deut. 25:5-10)). Ons moet verstaan die belangrikheid van hierdie onderwerp en hoe meeste "sondes gepleeg deur gemeenskap" bloedskuld veroorsaak, wat ook terloops "die land besoedel". Hierdie sondes moet ernstig opgeneem word en Christene wat sulke sondes pleeg, moet dit bely en neerlê want geen onreine (besoedelde) sal die koninkryk van God sien nie!

"Vleeslike gemeenskap" word in die volgende gevalle NIE toegelaat NIE:
- In geval van Hoerery (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13,18; 1 Kor. 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8; 22:15).

Ander gevalle wat spesifiek genoem word en dus in sekere gevalle ook daarop wys dat diesulkes nie met mekaar mag trou nie:
-  Vleeslike gemennskap met jou naaste se vrou (dit geld ook in die geval van "verloof aan") (Lev. 18:20; 19:20; Num. 5:12,13; Deut. 22:22,23)(Hebr. 13:4; Rom. 2:22; Matt. 5:27,28);
-  Vleeslike gemeenskap met jou broer se vrou, en as 'n man sy broer se vrou neem (Lev. 20:21 geen kinders- vgl. met Ps. 109:13)(Matt. 14:3,4-vb. van Herodias; Luk. 3:19; Mark. 6:17);
-  'n Manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man; of vrou met 'n vrou (Lev. 18:22; 20:13; Rom. 1:26,27,29)(Gen. 19:5-8)(verwysing Rig. 19:22-25)(Ef. 4:19; 1 Tim. 1:10; Jud. 1:7);
-  'n Man of vrou wat vleeslike gemeenskap het met 'n dier (Lev. 18:23; 20:15; Deut. 27:21);
-  As 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het (Lev. 20:11; Deut. 20:30);
-  As 'n man met sy tante gemeenskap het (Lev. 20:20; Lev. 18:14);
-  'n Man wat met sy suster, of die dogter van sy vader of moeder gemeenskap het (Deut. 27:22; 2 Sam. 13:1,14; Eseg. 22:11; Lev. 20:17; 18:9);
-  'n Man wat met sy skoonmoeder gemeenskap het, of waar 'n man en sy seun gemeenskap het met dieselfde meisie (Deut. 27:23; Amos 2:7);
-  As 'n man met 'n vrou wat onwel is (en i.g.v. bloedvloeiing), gemeenskap het (Lev. 20:18; Eseg. 23:10);
-  As 'n man met sy skoondogter gemeenskap het (Lev. 20:12; 18:15; Eseg. 22:11)(maar in sekere gevalle toelaatbaar soos Deut. 25:5-10; Gen. 38.., ter wille van bewaring van nageslag;  -vgl. dit ook met dogters wat met vader gemeenskap gehad het sodat hulle die geslag in die lewe kon hou - Gen. 19);

Gevalle van verkragting (of waar 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n verloofde meisie of nie-verloofde jongmeisie):
-  In geval van vleeslike gemeenskap met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is (Lev. 19:20)(hierdie geval was nie hanteer soos bloedskuld nie, maar die persoon het ook gesondig...).
-  In die geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat verloof is, is hulle altwee skuldig as die meisie geensins aandui dat sy ontevrede is terwyl die daad plaasvind nie (Deut. 22:23,24), maar as hy haar verkrag, dan is slegs die man skuldig (Deut. 22:25);  daarom, in geval van VERKRAGTING is natuurlik nie altwee skuldig nie, maar slegs die verkragter (Deut. 22:25);
-  In geval van waar 'n man gemeenskap het met 'n meisie wat nie verloof is nie (m.a.w. altwee het williglik gemeenskap), word dit van hom verwag om met haar te trou en mag hy haar nooit verstoot solank hy lewe nie (Deut. 22:28,29).

Uitsonderlike gevalle:
-  (Lev 18:6 - "Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE").  Hierdie wet word verskillend vervul in verskillende gevalle.  Kyk ons na die vb. van Gen. 19 waar die dogters gemeenskap het met hulle vader sodat hulle die geslag in die lewe kon hou, is dit baie soos die geval in Gen. 38 waar gemeenskap tussen 'n man en sy skoondogter toegelaat is terwille van om die geslag in die lewe te hou;   en ook Deut. 25:5-10 van gemeenskap tussen 'n man met sy broer se vrou (in hierdie geval waar die broer dood is), wat ook toegelaat is terwille van OM DIE GESLAG IN DIE LEWE TE HOU. Dit gaan dus hier oor die nakom van die tweede gebod en a.g.v. barmhartigheid waarom dit toelaatbaar is (kan vgl. word met hoe die Sabbat steeds geheilig word al doen iemand "werke uit barmhartigheid").  Vir die menslike geslag om voort te plant, moes die eerste mense met hulle naaste bloedverwante trou, maar later is iets anders verwag (Lev. 18:6).  Hier sien ons hoe sekere wette ook verskillend vervul word in verskillende tydperke ("bedelings"), maar l.w. dat dit die Here is wat besluit (nie mense nie!) wat toelaatbaar is en wat nie.

Waar die woord "beken" gebruik word:
-  Die woord "beken" is die Hebr. woord "yah-dah" wat beteken "om te KEN". Dit is eers wanneer twee mense wat in die huwelik is, mekaar kaal sien en gemeenskap het, wanneer hulle mekaar regtig "ken".  Dit is duidelik volgens Gen. 4:1 dat hierdie woord spesifiek verwys na vleeslike gemeenskap, want die skrif verklaar verder dat sy a.g.daarvan (a.g.v. "beken") swanger geword en 'n seun gebaar het.

-  Dieselfde woord word gebruik in Gen. 4:17 en 25, 38:26; 1 Sam. 1:19;  asook in Gen. 19:5,8 van die manne van Sodom wat die manne wat by Lot se huis ingegaan het (die 2 engele), wou beken. Dit is duidelik dat hierdie manne van Sodom nie net hoereerders was nie, maar ook geen probleem daarmee gehad het om as mans met ander ander mans omgang te he nie.

-  Dieselfde woord word ook gebruik in die geval van Matt. 1:25, toe Maria swanger bevind is uit die Heilige Gees, nog voordat sy en Josef bymekaargekom het - volgens v.25 het hy haar glad nie beken nie vir die hele tyd verder van haar swangerskap (selfs nadat hulle getroud is).

-  Op verskeie plekke word ook van jongmeisies wat nog maagde is die woorde gebruik:  "geen man het haar beken nie" (Gen. 24:16; Gen. 19:8; Rig. 11:39).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skaamte ontbloot:
(Hebr. woord "er-vaw" - "nakedness" / kaal)
Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar dit word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind (en verwys dus ook na gevalle waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie):
Bv.:   In die volgende gevalle mag jy nie iemand se skaamte ("nakedness") ontbloot nie:
- naaste bloedverwant (Lev 18:6)
- jou vader en moeder (Lev 18:7)
- die vrou van jou vader (Lev 18:8)
- jou suster, die dogter van jou vader of moeder / dogter van jou vader se vrou (Lev 18:9,11; 20:17)
- jou seun se dogter of dogter se dogter(Lev 18:10)
- jou vader se suster (Lev 18:12; 20:19)
- jou moeder se suster (Lev 18:13; 20:19)
- jou vader se broer, of sy vrou wat jou tante is (Lev 18:14)
- jou skoondogter (Lev 18:15)
- jou broer se vrou (Lev 18:16)
- 'n vrou en haar dogter (Lev 18:17)
- susters terwyl altwee in lewe (Lev 18:18)
- 'n vrou wat menstrueer (Lev 18:19)
Wat presies word bedoel met "skaamte ontbloot"?  
(Lev 20:11 - "En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle"  /  Lev_20:20 - "En as ‘n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe" / Lev_20:21 - "En as ‘n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees"). Buite-egtelike gemeenskap en hoerery veroorsaak dat dit wat veronderstel is om in die geheim tussen mense gedeel word, "ontbloot word" deur iemand wat nie veronderstel is om hulle naaktheid te sien nie. In die geval van die huwelik word dit toegelaat om mekaar se skaamte te sien.  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar, bv. (Lev 18:8 - "Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader"). In sekere ander gevalle, soos in die geval van waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om sy naam te laat voortleef, word dit toegelaat dat hy sy broer se skaamte ontbloot.

Beeldspraak:
Vgl. dit met: Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het", (Eseg. 16:37)  daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien".  Hier sien ons, alhoewel ook beeldspraak, die verband tussen "skaamte ontbloot" en "naaktheid". (Eseg. 23:18; Hos. 2:10).  Vgl. ook met die beeldspraak in Openb. 16:15 wat ook verwys na hoe die een wat nie sy klere bewaar nie,  blootgestel sal word...:  -(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").

Naak/te:
Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat eers gekom het net na die sondeval (Gen. 2:25; 3:7) - omdat hulle geeet het van die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 3:11).  Hulle het m.a.w. die kennis gekry van goed en kwaad (Gen. 3:22).  Ons weet dat die straf vir hierdie "erfsmet" die (fisiese) dood is (Gen. 2:17) - dit moet egter nie verwar word met die tweede dood (wat die "vloek"/straf is vir daadsondes) nie. Die geestelike betekenis van naaktheid in die skrif gaan dus oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom in hierdie skaam naakte posisie bevind (Openb. 16:15). Almal moet voor die oordeelstoel verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind en hulle geheime ontbloot:  - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7).  (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html). ("Wit klere" verwys egter na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5)).

Toe Adam en Eva se "oë oopgaan" en hulle gewaar het dat hulle naak is, het hulle vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak (Gen. 3:7), maar die Here het vir hulle 'n uitnemender weg gewys en vir hulle rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek (Gen 3:21). Hier sien ons hoe barmhartig die Here is.  Ons moet ook barmhartig wees teenoor die wat (in nood) "naak" is en vir hulle klere gee (Jak. 2:15; Matt. 25:36,38,43,44). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)(en op dieselfde wyse "geestelik" sal die wat "naak" is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal).  Selfs in die lewe vandag waar ons baie naaktheid sien in die media, is dit steeds ongehoord om kaal in die publiek te verskyn.  Dit is net eenvoudig nie geoorloof nie, en dit was nooit geoorloof nie - kyk maar die vb. van Noag wat dronk en naak in sy tent gelê het (Gen. 9:21-28).  Sem en Jafet het hom bedek sonder om sy naaktheid te kyk, maar Gam het die ander broers geroep om Noag se naaktheid aan te sien, en vir hierdie optrede was Gam vervloek. Vir iemand om naak rond te loop is 'n skande. So sal die wat eendag naak voor die Here staan, in skande wees...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (2)(getroudes)


Hierdie pos is besig om hersien te word - dit is die tweede pos in 'n reeks van poste getiteld, "trou, skei en hertrou". In hierdie pos kyk ons spesifiek na die onderwerp "getroudes".

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:

Rol af vir die volgende opsommings:.
- Hoe moet ons die huwelik verstaan?
- Die huwelikseremonie.
- Uitsonderlike gevalle waar huwelik verwag was (of nie!).
- Die begrip "getroudes".
- Wie mag, of mag nie, met mekaar trou?
--------------------------------------------------------------
HOE MOET ONS DIE HUWELIK VERSTAAN?

Die mens (beide man en vrou) is geskep na die beeld van God (Gen. 1:27), en hulle is instaat om 'n geslag voort te bring (in die beeld van God)(Mal. 2:14-16). God het basies die huwelik ingestel!, en Hy neem "dit wat Hy saamgevoeg het", ernstig op - ons behoort dit ook ernstig op te neem en moet Sy reëls gehoorsaam t.o.v. die huwelik (Gen 2:22-25 - "En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie"). Die rede wat vir ons gegee word in Gen. 2 hoekom die vrou geskep is, is om 'n hulp te wees vir die man sodat hy nie alleen is nie (Gen. 2:18,20) - dit is 'n groot deel van waaroor die huwelik gaan. Vgl. dit met Jesus se woorde in Matt. 19:4-6 waar Hy praat oor die huwelik en o.a. Gen. 2 aanhaal...: ("En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Wanneer 'n man en vrou in die huwelik tree en EEN VLEES WORD, word hulle "deur God saamgevoeg";  maar natuurlik is daar huwelike wat nie "deur God saamgevoeg word nie", nl. verbode vorme van gemeenskap... (bv. naverwante mag nie trou nie) - rol af na die laaste paragraaf vir 'n opsomming hieroor. Let op die woorde "hulle twee sal een vlees wees", want daar is vorme hiervan wat verbied word! en dus, as twee mense in 'n verbode vorm van gemeenskap is, stap hulle in sonde (bv. 'n geskeide wat hertrou, pleeg egbreuk/Mark. 10:11,12; Matt. 19:9). Dit gaan oor die tema van rein en onrein en wanneer 'n huwelik "heilig" is.... -in 'n volgende pos in hierdie reeks word hierdie tema spesifiek behandel.

In 'n huwelik is 'n vrou aan 'n man verbind (lewenslank!)(Rom 7:2,3 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie"). Kortom, vrouens wat nie onder die wet van 'n man wil staan nie, moet nie trou nie! Hierdie kan vergelyk word met 2 Kor. 11:2, waarin Christene voorgestel word soos 'n reine maagd wat aan 'n man (nl. Christus) verbind sal word... (2Kor. 11:2 - "Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel") - natuurlik is hierdie beelspraak...  Daar word nie nie spesifiek na Christene vewys as die "vrou van die Lam" of die "bruid van Christus" nie (want dit stel ook weer iets spesifiek voor... - vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/10/die-nuwe-jerusalem.html), maar hulle is tog deel van die vrou en is aan Hom verbind! (soos 'n vrou aan 'n man) en in gemeenskap met Christus (1 Kor. 1:8,9; 10:16) (geestelik bedoel). Maar die prentjie van die huwelik word baiemaal gebruik om te verduidelik hoe ons aan die Here verbind is..., en rein moet bly! (en nie geestelik moet hoereer nie);  want as 'n vrou bv. 'n ander man s'n word terwyl haar man nog in die lewe is, sal sy 'n egbreekster genoem word. 'N VROU IS ONDER DIE WET VAN HAAR MAN solank hy lewe;  op ditto wyse behoort Christene aan Christus (is aan Hom verbind / is onder Sy wet) en mag nooit 'n ander s'n word nie.

As ons dus meer wil verstaan oor waaroor presies die HUWELIK gaan, kan ons inkyk op 'n paar leringe waar die huwelik gebruik word om iets spesfiek te verduidelik:

- Kol 3:5:  
UIT HIERDIE VOORBEELD KAN ONS LEER DAT DIE MAN EN VROU GEHEILIG/AFGESONDER IS VIR MEKAAR, EN GESIEN WORD AS "EEN LIGGAAM" (hulle word een / is deur God saamgevoeg):  Die volk van God word baiemaal in beeldspraak voorgestel as behoort aan Hom, en as sy afgode aanbid dan is sy besig om te "hoereer"... (nl. is dan besig om geestelik te hoereer). Op dieselfde wyse word daar na 'n vrou in 'n huwelik as 'n HOEREERDER verwys as sy 'n ander behaag. Maar hierdie geld nie net vir iemand wat owerspel pleeg in 'n huwelik nie, maar ook 'n geskeide wat weer trou... (want geskeides is nie vry van hulle huweliksbond nie - 'n geskeide vrou behoort nog steeds aan haar man) (Rom 7:3 - "Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie"). (https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html) (https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html)
(bestudeer gerus ook verbode vorme van gemeenskap: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).
Kortom, wanneer 'n man en vrou TROU, word hulle saamgevoeg (wat o.a. beteken dat hulle EEN WORD) - hulle word gesien as een (het gemeenskap met mekaar)(Mar 10:7-9  "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). HULLE IS GEHEILIG (afgesonder) VIR MEKAAR.  Wat "geestelike hoerery" aanbetref word afgodediens bv. in Kol. 3:5 na verwys as "hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid", en die rede waarom hierdie dinge soos afgodediens gesien word, is omdat dit gaan oor "vir wie jy geheilig/afgesonder is" en verontreiniging (Lev. 18:20-24). Vir iets om heilig te wees, moet dit rein wees... (https://warechristene.blogspot.com/2016/09/verontreinig-ontheilig.html);  in ander woorde, wanneer iemand owerspel of egbreuk pleeg, dan is die huwelik nie meer "heilig" nie..., wat beteken dat een of altwee persone in die huwelik onrein geword het deur een of ander vorm van verbode gemeenskap. 'n Huwelik kan slegs heilig bly wanneer altwee rein bly.  Bv., die getroude vrou wat hoereer of owerspel pleeg, word ONREIN..., want sy behaag 'n ander man terwyl sy aan 'n spesifieke man behoort. Op ditto wyse is die volk van God besig om geestelik te hoereer wanneer hulle afgode aanbid terwyl hulle eintlik aan Hom behoort.  In 'n HUWELIK gaan dit dus oor twee mense "wat aan mekaar behoort" en in gemeenskap is (afgesonder vir mekaar) (Heb 13:4 - "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel"). Paulus gaan sover om te se dat "die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou" (1 Kor. 7:4). Ons kan verstaan waarom daar geleer is in die eerste gemeentes dat 'n huwelikspaartjie hulle nie aan mekaar moet onttrek nie, want dit kan veroorsaak dat hulle val in tyd van versoeking (bv., sodat hulle nie hoereer, of egbreuk pleeg deur weer te trou nie)(1Kor. 7:5 - "Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie"). En daarom is egskeiding ook nie 'n goeie ding nie, want nie net onttrek hulle vir 'n kort tydperk nie, maar vir 'n onbeperkte...(Mal 2:16 - "Want Ek haat egskeiding (Hebr. woord "shaw-lakh'", wat verwys na om weg te stuur = verlaat, weggestoot,, ens.), sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie").

- Rom. 7:
UIT HIERDIE VOORBEELD KAN ONS LEER DAT DIE HUWELIK BETEKEN DIE VROU IS ONDER WET VERBIND AAN DIE MAN, EN DIT WORD SLEGS GEBREEK WANNEER EEN DOODGAAN: Die getroude vrou is verbind aan haar man solank hulle lewe! (selfs al skei sy van hom of hy van haar).  WEDUWEES kan weer trou, want hulle is nie meer aan 'n man verbind nie ('n huweliksbond word verbreek wanneer een van hulle sterwe).   In Rom.7 word hierdie begrip aangereek (Rom 7:1,2 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man."). Wat 'n huwelik aanbetref, word die man bv. gesien soos 'n priester wat die wet van die Here moet neerle - hulle is beide onder die wet van die Here. Om meer te verstaan oor die onderwerp van "wet en orde", en bv. hoe  dit verskillend vervul word in verskillende bedelings en hoekom, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/06/orde-en-wet.html).  (Rom 7:3 - "Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie"). Hierdie gaan veral oor die konsep van "dien" - aan wie jy behoort;  bv., die weergeborene dien nie meer die sonde nie (is dood vir die sonde), maar dien nou die Gees;  op ditto wyse is die vrou onder die man solank hy lewe (Rom. 7:4-9 - "So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe"). In ander woorde, al hoe 'n huwelikspaartjie kan vrykom van die wet waaronder hulle gebind is, is deur die DOOD (hetsy jy self doodgaan, of jou huweliksmaat). Dus, dit is wat Rom. 7 vir ons leer, nl. dat die vrou los is van die wet van haar man wanneer hy sterf (dien hom nie meer nie...), en in so 'n geval is sy los om weer te trou.  In 'n huwelik dien die man en vrou mekaar, maar as een sterf dan is hulle vry van hulle bond;  vgl. dit gerus ook met (1Kor. 7:32-34  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag. Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag"). 

- 1 Kor. 7:  
UIT HIERDIE VOORBEELD KAN ONS LEER DAT HUWELIKSMAATS HULLE VIR MEKAAR OPOFFER - HULLE BEHAAG MEKAAR: Op dieselfde wyse wat die weergeborene se liggaam 'n lewende en welgevalle offer is vir die Here (Rom. 12:1; Kol. 2:17), so offer twee mense in 'n huwelik hulle vir mekaar op.  Natuurlik moet die Here eerste behaag word (in hierdie konteks moet selfs getroudes leef asof hulle ongetroud is!/1 Kor. 7:29-35) - dit is waarom Paulus geglo het dit is beter om liewer nie te trou nie, want getroudes het dit moeiliker in die vlees omdat hulle ook mekaar behaag, liefhe en dien... (1 Kor. 7:34). GETROUDES behoort aan mekaar, nie aan hulleself nie (net soos ons ook nie aan onsself behoort nie, maar aan die Here.../Gal. 3L29; 5:24; 1 Kor. 15:23). GETROUDES dien mekaar en is soos slawe van mekaar (soos ons slawe is van Christus/1 Kor. 7:22). (1Kor. 7:3-7 - "Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie. Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders). Paulus verduidelik in 1 Kor. 7 dat getroudes verdrukking het in die vlees... en hy wil nie he dat ons slawe "van mense" word nie, maar liewer slawe van Christus wees - natuurlik het hy hierdie in die konteks gebruik van hoe elkeen moet bly in die die roeping waarin hulle geroep is, bv. slawe moet nie vrymaking soek nie, maar as hulle kan vry kom, moet hulle die geleentheid gebruik. Dit is dieselfde wanneer dit kom by die huwelik, is dat die wat in 'n huwelik is en verdrukking van die vlees ervaar, nie moet soek om los te kom vd huwelik nie. Daar is nie veel gronde waarop iemand kan vrykom van 'n huweliksverbond nie, alhoewel daar gevalle is wat toegelaat word (bv. vir die verdrukte party), maar hierdie word in die pos oor egskeiding behandel (1Kor. 7:20-38 - "Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van. Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie. Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God. In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is. Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly. Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar. Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie; en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby. En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag. Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag. Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here. Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed. Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter"). In 'n huwelik mag dit nie altyd moeilik wees nie, maar dit is 'n goeie leerskool van lewe - ten eerste moet ons die Here liefhe bo almal, en tweedens mekaar liefhe.  Jesus het geleer dat wanneer ons barmhartigheid bewys, dan is dit asof ons dit aan Hom doen (Matt. 25);  inderdaad is twee gelowiges in 'n huwelik wat mekaar dien, eintlik ook besig om die Here te dien!

- 1Kor. 6:
UIT HIERDIE VOORBEELD KAN ONS LEER DAT 'N MAN EN VROU WAT TROU "EEN VLEES WORD", EN GESIEN WORD AS "EEN":  Wanneer 'n man en vrou getroud is, word hulle gesien soos EEN VLEES (hulle is deur die Here SAAMGEVOEG (Mar 10:7-9 "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie"). Om "een te word met", hetsy dit vleeslik bedoel is, of geestelik, gaan oor GEMEENSKAP... In die geval van vleeslike gemeenskap word 'n man een met 'n vrou wanneer hy met haar gemeenskap het.  Dieselfde met die geestelike, bv. wanneer iemand gemeenskap het met 'n afgodsaltaar, het hy gemeenskap met duiwels (). Die wat aan die Here behoort mag nie geestelik hoereer agter duiwels aan nie...   1 Kor. 6 gee ook 'n voorbeeld van 'n vorm van gemeenskap wat verbied word, nl. "hoerery", want die een wat 'n hoer aanhang is eintlik besig om teen sy eie liggaam te sondig.  Wanneer 'n getroude man bv. hoereer, is hy besig om te sondig teen sy eie "liggaam" (in hierdie geval verwys dit na die huwelik tussen hom en sy vrou - basies is hy besig om egbreuk te pleeg).  Maar 1 Kor. 6 gee vir ons 'n geestelike beskrywing van iets soortgelyk, nl. dat ons liggaam en gees aan die Here behoort (die liggaam word bv. o.a. soos 'n tempel van die Heilige Gees gesien - is dus heilig, afgesonder vir die Here), en ons liggaam is veronderstel om soos 'n offer te wees - ons moet die Here verheerlik in ons liggame. Dit is die probleem met sondes wat behaag word..., is dat ons dan teen ons eie liggaam sondig (1 Kor. 6:12-20_Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam. En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag. Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die huwelikseremonie:

Geleerdes verskil oor hoe die huwelik presies plaasgevind het in die verlede - volgens Gen. 24, 21:21, en 38:6, wil dit voorkom of die ouers gewoonlik 'n bruid gekies het vir die bruidegom. In Gen. 34:4 en Rig. 14:2 sien ons  dat beide Sigem en Simson hul ouers se toestemming gevra het vir die vrouens met wie hulle wou trou. In Gen. 24:58 was Rabekka nie gedwing om met Isak te trou nie - sy kon die besluit maak of sy wil of nie.

Alhoewel troues gesien is meer soos 'n burgerlike as 'n godstienstige fees, was dit 'n ernstige saak - immers is 'n eed gemaak! (en God neem ede baie ernstig op/https://warechristene.blogspot.com/2014/01/sweer-hoegenaamd-nie.html). 'n Eed mag nie verbreek word nie. En God haat egskeiding (Mal. 2:14).  

Die Bybel gee nie direkte regulasies rondom huwelikseremonies nie, maar dit is duidelik dat hulle ook een of ander soort seremonie gehou het (Joh. 2). Volgens sekere bronne wil voorkom of reeds met die verlowing daar al 'n kontrak voor twee getuies geteken is, soms was 'n ring of 'n armband gegee, maar die meisie sou nog by haar ouerhuis bly tot en met die troue. 'n Bruidsprys moes aan die pa van die bruid betaal word (Gen. 29; 1 Sam. 18:25), wat dan aan die dogter gegee word by haar ouers of man se dood (dus mag die pa dit nie gebruik het nie, alhoewel hy die rente daarvan kon gebruik)('n Vb. hiervan is "Laban"..., maar Laban het die wet oortree /Gen. 31:15). Die meisie se pa het op beurt 'n bruidskat gegee aan haar of haar man, bv. bediendes of grond.

Sommige bronne leer dat in Bybelse tye 'n paartjie gereed was om te TROU sodra die bruidegom die nuwe huis gereed gehad het - die bruidegom gee ook vir haar juwele, en hy wag tot die aand waarin sy vriende hom dan vergesel na die bruid se huis - daar gekom, wag sy bruid hom in, gekleed in haar troukleed, en die juwele wat hy vir haar gegee het... In 'n eenvoudige plegtigheid is die sluier afgeneem en op die bruidegom se skouer geplaas.  Daarna was dit die huweliksfees! (by die bruidegom of sy ouers se huis). 

In 'n tradisionele Joodse huwelikseremonie aanvaar die man sekere huwelikspligte, bv. die voorsiening van kos, woonplek en klere vir sy vrou, en selfs beloftes dat hy ook emosioneel vir haar sal sorg.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na 'n paar uitsonderlike gevalle van waar dit verwag was dat 'n seun en dogter trou, of nie!: 
Daar is spesifieke gevalle wat vir ons in die Skrif gegee word waar mense gedwing was om te trou, of reels rondom uitsonderlike gevalle.   

As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het:  In so 'n geval moes hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop..., maar as haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies (Eks. 22:16,17 - "As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies").

Waar 'n man 'n verloofde dogter gryp en haar verkrag:  Natuurlik was daar nie van hulle verwag om te trou nie, want in die eerste plek was dit nie vrywillig van haar kant af nie, asook was sy alreeds verloof  (Deu 22:25-27 - "Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe; maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval. Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie").

As 'n verloofde meisie met 'n ander man gemeenskap het: Nog 'n O.T. geval, en in hierdie geval het beide vrywillig gemeenskap gehad het (die meisie het nie geskreeu niem dus was dit vrywilliglik), maar die meisie was verloof aan iemand anders... - hulle mag nie getrou het nie, maar is inteendeel beide gestenig!  (Deu 22:23 - "As ‘n dogter, ‘n jongmeisie, aan ‘n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap, dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei"). Dit wil voorkom of verlowing in daardie tyd gesien is asof alreeds getroud.

- As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap...: In hierdie geval moes hulle trou, en hy moes betaal omdat hy haar onteer het en mag haar nie verstoot het solank as hy lewe nie (Deut. 22:29 - "dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie")(hierdie lyk nie soos verkragting nie; vgl. dit met Deut. 22:24 waarin die meisie ook "onteer" was, maar sy het nie geskreeu nie). Anders as in die vorige geval (van 'n verloofde), was die meisie nie verloof aan iemand nie ('n maagd).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip"GETROUDES":

Die woord "getroude" wys op "'n vrou wat haar verbind het aan 'n man" of " 'n man wat 'n vrou geneem het".  Die woord "getroud"e is die Gr. woord "gam-eh'-o", wat verwys na "om te trou" ('n vrou neem). 

-'n Huwelik is 'n verbintenis tussen 'n man en 'n vrou (vb. Adam en Eva)(Gen. 2:24/ Matt. 19:4-6; 1 Kor. 6:16). Die begrip "getroud" kan bv. nie verwys nie na Skriftelike onwettige verbintenisse (soos 'n verbintenis tussen twee mense van dieselfde geslag) nie (en dis terloops nie asof dit reg is in die huidige bedeling maar verkeerd was in die vorige, soos sommige glo nie...).  Om deel te neem aan verbode vorme van vleeslike gemeenskap, is sonde, en sonde word in alle "bedelings" gesien as sonde (Rom. 1:18-27, Lev. 18:22...).

- "Getroud" verwys gewoonlik na een man en 'n vrou wat aan mekaar verbind is: In die eerste gemeentes was mans beveel om net "een vrou te hê" (1 Tim. 2:3; Tit. 1:6), veral in die geval van opsieners. Of dit verkeerd is om meer as een vrou te hê, is natuurlik debateerbaar.  Alhoewel dit toegelaat was dat 'n man meer as een vrou kan hê en daar selfs wette daarvoor was in die Ou Testament (bv. Deut. 21:15), is dit ook duidelik dat dit nooit God se oorspronklike bedoeling was nie (Gen. 2:24; Matt. 19:5; Ef.. 5:31).  En l.w. dat dit is a.g.v. hoerery wat dit verkieslik nie in die eerste gemeentes toegelaat was nie... - om daardie rede skryf Paulus dat 'n man slegs een vrou mag hê, en 'n vrou slegs een man (1Kor. 7:2 - "Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê").  Een van die reels vir die wat 'n opsienersamp begeer het, was dat hulle net een vrou het (1 Tim. 3:2; 5:9; Tit. 1:6). 

- "Getroud" verwys nie na geskeides wat "weer trou" nie (alhoewel weduwees en wewenaars weer mag trou, want die verbond is verbreek toe die een sterf en hy/sy kan dus nou behoort aan 'n ander...). (Luk 16:17,18 - "Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val. Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk"). Alhoewel dit in die wereld toegelaat word en hanteer word soos 'n huwelik wanneer geskeides weer trou, wil dit nie voorkom of dit dieselfde is as wat in die Bybel bedoel word met egskeiding nie (in die volgende pos in hierdie reeks word egskeiding in meer diepte behandel). Met ander woorde, die HUWELIK kan nie beskryf word as o.a. 'n onwettige verbintenis nie. Die wat 'n onwettige gemeenskapsverhouding betree, kan nie regtig gesien word as getroud nie (maar leef na regte in sonde terwyl hulle "getroud" is, en staan dan as hoereerders of egbrekers bekend) - maar natuurlik is hierdie nie die standpunt waarvan alle Christelike kerke uitgaan nie. Verseker 'n debateerbare punt... Daar is bv. blykbaar ou geskrifte wat bewys dat die eerste gemeentes geglo het dat geskeides nie weer mag trou nie, en dit wil ook voorkom of hierdie Jesus se standpunt was (Luk. 16:18) - Hy is immers die hoof van die kerk;  so, ons moet na Hom luister, maar selfs Jesus se woorde word somtyds hier verskillend interpreteer. In sommige gevalle word daar selfs verwag dat geskeides wat hertrou het, weer moet skei (?)(wat in so 'n geval nie verkeerd gesien is nie, want na regte was hulle nie werklik "getroud" nie en het in sonde geleef )(hierdie kan miskien vgl. word met die geval in Esra 10)(Mark. 10:9, Rom. 7:2, 1 Kor. 5:1,2...);  nietemin, die rede vir die voorbeelde is om die erns van die saak te onderstreep. GESKEIDES MOET NIE WEER TROU NIE, ALHOEWEL DAAR EEN OF TWEE UITSONDERINGS IS. Dus, ons moet verstaan wat bedoel word met huwelik, en dat dit nie bloot gaan oor 'n man en vrou wat verbind nie, maar die verbintenis moet OOK wettiglik deur die Herer toegelaat word! 

 - "Getroud" beteken dat die verbintenis is "tot die dood" (gebind aan mekaar tot die een sterwe)(Rom. 7:2,3). Dit is bv. duidelik waarom hertrou feitlik nooit toegelaat word nie, want dit is slegs moontlik as die eerste verbintenis verbreek is..., en dit eers wanneer die een doodgaan wat die ander een vry is om weer te trou.  

 Volgens Paulus is dit beter om ongetroud te bly, maar wanneer twee ongetroudes van begeerte brand, moet hulle liewer trou (sodat hulle nie hoereer nie)(1 Kor. 7:8,9).  Dit is dus verkeerd vir twee verliefdes om saam te bly in 'n seksverhouding sonder dat hulle in die huwelik verbind is. In die O.T. was dit ook verwag dat 'n man met 'n vrou trou as hy met haar vleeslike gemeenskap gehad het buite die huwelik - Deut. 22:28,29 (behalwe in die geval van verkragting - in so 'n geval moes die verkragter doodgemaak word - Deut. 22:25). 

- 'n Getroude mag nie hoereer pleeg nie (egbreuk word tipies beskryf as iemand wat "skei en hertrou", alhoewel, nie a.g.v. van 'n maat wat hoereer het nie... / Matt. 19:9 (in so 'n geval wil dit voorkom of Jesus hertrou toegelaat het, maar natuurliik beteken dit nie dat die onreine ook mag hertrou nie). 
 
-  Gelowiges gaan nie trou in die hiernamaals nie. (Matt. 22:30, Mark. 12:25, Luk. 20:34).

-  Sommige mense is onbekwaam om te trou.  (Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE MAG, OF MAG NIE, MET MEKAAR TROU?

- Mag 'n gelowige met 'n ongelowige trou?
Wanneer twee gelowiges in die huwelik tree, word hulle EEN ("een vlees"), en dit is wat ook gebeur met twee mense wat vleeslike gemeenskap het - dit is waarom dit verkeerd is vir 'n gelowige om 'n hoer aan te hang..., want nie net is sy onrein nie maar jy word self onrein omdat jy "een vlees" met haar word (deur vleeslike gemeenskap)(1 Kor. 6:16 - "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees")(Gen. 2:24; Matt. 19:5,6; Mark. 10:8; Ef. 5:31). In ander woorde, 'n onreine kan 'n rein persoon onrein maak deur vleeslike gemeenskap...;  TENSY in die geval waar 'n gelowige en ongelowige getroud is (die een m.a.w. rein en die ander een onrein. - die rede waarom hierdie anders is, is omdat in die huwelik vleeslike gemeenskap toelaatbaar is en so 'n huwelik is heilig (al is die een onrein!). Om hierdie beter te verstaan, nl. hoekom iemand deur onwettige vleeslike gemeenskap onrein word, kan ons kyk na die volgende onderwerp:  Weergeborenes is een met Christus... (1Kor. 6:15 - "Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!") - hulle is deel van Sy liggaam (die kerk stel somtyds gelowiges voor as die bruid van Christus, alhoewel hierdie terminologie in konteks meer na iets anders verwys, maar verseker word die kinders van die Koninkryk ook gesien soos 'n vrou wat getroud is aan die Here - natuurlik beeldspraak om te verduidelik hoe ons aan die Here verbind is, en dus rein moet wees voor dit kan gebeur!).  Ons is maw reeds verbind!, en daarom sal ons besoedel word as ons afgode dien (geestelik hoereer.  Dieselfde met die huwelik... - 'n man en vrou wat aan mekaar verbind is sal besoedel word as hulle buite die huwelik hoereer, maar binne die huwelik word die reine nie besoedel nie omdat daardie huwelik geheilig is.

Net soos die maag is vir die voedsel (en die voedsel vir die maag), so is die liggaam vd gelowige vir die Here (en die Here vir die liggaam)(ons is lede van Christus / ons liggame js soos tempels/1 Kor. 6:19)(1 Kor. 6:13). Die gelowige se liggaam is soos 'n "lewende, heilige offer" en moet welgevallig wees aan die Here (Rom 12:1). Hierdie soort beeldspraak is belangrik, want in 'n huwelik gaan dit oor dien, en as ons dit nie verstaan nie verstaan ons ook nie ons verhouding met die Here nie (dit is waarom afvalliges wat afgode begin aanbid, aangespreek word as mense wat geestelik "hoereer"). Tydens vleeslike gemeenskap offer beide hulle liggame vir mekaar (hulle word een!dus, as 'n reine met 'n onreine gemeenskap het, word hy een met die onreine). Die reine hang die Here aan...;  dus is dit geen probleem waar twee reines in 'n huwelik is (en mekaar aanhang) nie (1Kor. 6:17 - "Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom"). Basies behoort die rein gelowige nie aan homself nie, maar aan die Here (1 Kor. 6:19). (1Kor. 6:20 - "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort" - waar 'n gelowige met 'n ongelowige gemeenskap het in 'n huwelik, is dit duidelik 'n probleem want ons is veronderstel om God in ons liggame en geeste te verheerlik). Die kwessie van gelowiges wat met ongelowiges trou, gaan dus veral oor die tema van "rein en onrein"... (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html) - hoe kan jy iets rein "een maak" met iets onrein? (dit is ook waarom in die O.T. 'n geskeide vrou wat hertrou het, nie kon teruggaan na haar man nie want sy was nou onrein..., en daar was nie 'n offer wat vir sonde (wat bloedskuld veroorsaak) kon betaal/reinig nie (behalwe met die persoon se eie lewe). In die N.T. word dit vir ons verduidelik dat 'n huwelik tussen 'n gelowige en 'n ongelowige egter geheilig is deur die gelowige! (hierdie word alles beter bespreek in die volgende pos: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html). 

Tereg mag ONGETROUDE GELOWIGES ("reines") in die O.T. nie met ONGELOWIGES (onreines) getrou het nie, maar dit wil voorkom of in die eerste gemeentes daar nie van gelowiges verwag was om van ongelowiges te skei wat in so 'n huwelik is nie.  Dit wil voorkom of die konteks van daardie skrifgedeelte miskien veral gaan oor "bly in die staat waarin jy geroep is" (bv. dat in hierdie geval dit spesifiek verwys na 'n man en vrou wat alreeds in 'n huwelik is teen die tyd dat een van hulle geloof kom). Paulus het bepaalde reels neergele vir sulke huwelike waar 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is;  bv., Paulus reken dat 'n gelowige nie mag losmaking soek nie... - die gelowige mag nie die ongelowige verstoot solank die ongelowige dit goedvind om saam te lewe nie (die rede hiervoor is omdat die huwelik geheilig is, wat terloops nie die geval was in die O.T. nie);  maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom toelaat (en die rede hiervoor is, iemand hou vas aan so 'n huwelik in die hoop dat die ongelowige tot bekering kom, maar hoe weet jy of hy sal?; verandering is amper onmoontlik waar iemand nie tot bekering kom nie, so dit is beter om hom te laat gaan)(1 Kor. 7:12-16). HIERDIE IS BELANGRIK OM IN AG TE NEEM VOOR 'N GELOWIGE MET 'N ONGELOWIGE TROU, MAAR TEN EERSTE IS DAAR NERENS 'N SKRIF IN DIE N.T. WAT GELOWIGES TOELAAT OM MET ONGELOWIGES TE TROU NIE. Baie probleme en onsekerheid wanneer 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is!, want al is die huwelik in hierdie geval ook geheilig deur die gelowige, weet jy nie of die ongelowige hom sal bekeer nie;  dus, ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou, want hulle mag dalk meer verdrukking in die vlees he as gelowiges wat met mekaar getroud is (dit wil voorkom of die konteks van 1 Kor. 7 nie bedoel was om gelowiges toe te laat om met ongelowiges te trou nie, maar liewer gegaan het oor die wat alreeds in 'n huwelik is waar een gelowig is en die ander een ongelowig  - of 'n gelowige in die N.T. toegelaat word om met 'n ongelowige te trou, is natuurlik debateerbaar, maar dit was nooit die Here se wil dat gelowiges met ongelowiges trou nie). 

- Verbode vorme van vleeslike gemeenskap (dus kan hulle nie trou nie!):
(vir 'n studie oor verbode vorme van vleeslike gemeenskap, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).
Net soos weergeborenes (heiliges/afgesonderdes) versigtig moet wees vir sekere vorme van gemeenskap (bv. gemeenskap met ongehoorsames, in ditto juk trek as ongelowiges, gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie, deel in afgodsoffers), net so moet huweliksmaats (wat geheilig is vir mekaar) wegbly van vleeslike gemeenskap buite die huwelik. Verbode vorme van gemeenskap (soos bo genoem) kan iemand ONREIN maak;  op ditto wyse maak vleeslike gemeenskap buit die huwelik, iemand onrein (en onheilig die huwelik!, want beteken dat dit dan nie meer heilig is, nie,nl. dat die skuldige ook "een vlees" geword het met iemand anders en dus ONREIN is). 

BUITE DIE HUWELIK IS VLEESLIKE GEMEENSKAP DUS VERBODE!, MAAR DAAR IS ANDER SPESIFIEKE VOORBEELDE  VAN VERBODE "VLEESLIKE GEMEENSKAP" WAT BETEKEN DAT DIESULKES NIE IN 'N HUWELIK KAN TREE NIE, BV.: . jy mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (Luk. 16:18; Matt. 5:32; 19:9), 'n manspersoon mag nie met 'n manspersoon (of vrou met vrou) trou nie (Lev. 18:22; 20:13; Rom. 1:26-29), jy mag nie met 'n dier trou nie (Lev. 18:23; 20:5; Deut. 27:21), naby-bloedverwante (Lev. 20:20; 18:14; Deut. 27:22, 2 Sam. 13:1,14, Eseg. 22:11; Lev. 20:17, 18:9), ens.

- Mag 'n man meer as een vrou he?
(1Kor. 7:1,2  "Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie. Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê").


-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------