Saterdag 23 Januarie 2016

Om te vas

Alhoewel "gereelde vas" 'n noodsaaklikheid is vir die Christen, word dit soos enige ander wet nie vervul deur die blote onderhouding daarvan nie, maar deur die manier waarop Jesus vir ons geleer het ons dit vervul. Bv., "om te vas" gaan nie oor om 'n wet te dien nie, maar gaan oor om die Here te dien, Hom te raapleeg as die Een wat ons uitkoms bepaal, en Sy woorde (wysheid en kennis) by Hom te soek. "Om te vas" was ook geen snaaksigheid by die volk van God nie en wel iets wat God hulle beveel het om te doen op spesifieke dae of tye, maar al het hulle hierdie wet nagekom, het baie dit nie regtig vervul nie omdat hulle dit om verkeerde redes gedoen het of omdat hulle in sonde gestap het - in so 'n geval word "vas" glad nie beloon nie en die persoon het eintlik dan onnodig gevas en dit word dan gesien soos bloot "werke".  

Ons moet vra:   WAT IS DIE BEDOELING WAAROM IEMAND VAS?
Baie verkry geen loon deur die vas nie omdat hulle bloot vas "om deur mense gesien te word" (Matt. 6:16) en om regverdig voor te kom (Luk. 18:12); inteendeel, so iemand dink dat as hy bloot wette onderhou dit vir hom tot regverdigheid gereken sal word, maar as iemand met die verkeerde bedoeling "vas", sal hy geen loon daarvoor ontvang nie! En as iemand vas, maar stap in sonde en goddeloosheid (soos dat hy onbarmhartig is teenoor sy naaste - Jes. 58:3-6) dan sal die Here nie na so iemand se gesmeek luister nie! (ROL AF VIR SKRIFTE HIEROOR). Die wet word vervul deur die eerste twee gebooie.  Iemand kan nie dink dat hy die wil van die Here doen deur bv. te vas, maar hy het afgode in sy lewe of is onbarmhartig teenoor sy medemens nie! Op dieselfde wyse sou dit sinneloos wees om die Sabbat te onderhou as jy a.g.daarvan jou oe toemaak vir naaste in nood... 

Sou ons egter vas met die regte bedoeling, m.a.w. omdat ons verlang na die Bruidegom en wysheid en kennis van die Here nodig het; omdat ons Hom wil raadpleeg en Sy wil soek en doen, dan sal ons loon ontvang vir daardie vas. Niks verkeerd daarmee om op spesifieke dae te vas nie, maar iemand se bedoeling moet reg wees "waarom hy vas". Daar is ook geen vasgestelde reels oor hoe lank 'n vas moet duur nie, want dit is gekoppel aan hoe lank iemand nodig het om te vas. 
_________________________________________________________________________________

Wat het Jesus nog verder vir ons geleer oor die tema van vas?
(1)  Hy het "om te vas" vgl. met "treur" (Matt. 9:15);
(2)  Hy het dit vgl. met "lap wat gelas word" of "wyn wat ingegooi word" (Matt. 9:16,17);
(3)  Hy het beskrywe dat dit 'n NOODSAAKLIKHEID is vir die kind van God (Matt. 9:15)(Matt. 17:21);
(4) en in Mat 4:4 sien ons dat "vas" gesien moet word as belangrik omdat ons nie van brood alleen lewe nie, maar die woorde van God nodig het - deur "om te vas" soek jy na Sy wysheid en kennis - Hy word dan geraadpleeg en jy verstaan dat jy nie sonder Hom kan lewe nie - jy het Sy woorde net so nodig soos jy brood nodig het... - "Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan".

Dit is duidelik dat die eerste Christene gereeld gevas het:
(en let wel hoe die bedoeling van die vas in sommige gevalle hier gegaan het oor "om die Here te raadpleeg ten opsigte van 'n besluit wat geneem moes word)

Act_13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Act_13:3  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
Act_14:23  En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
1Co_7:5  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie. (hierdie is in konteks met huwelikspaar)

JESUS HET SELF OOK GEVAS NET VOOR HY SY BEDIENING BEGIN HET:
Mat_4:2  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

"Om te vas" was geen snaaksigheid by die volk van God nie en wel iets wat God hulle beveel het om te doen op spesifieke dae of tye:

Rig_20:26  "Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring". 

MIN CHRISTENE VANDAG NEEM REGTIG TYD OM TE VAS.  AS ONS BV. KYK HOE DIE VOLK SAAM MET ESTER (vir 3 dae) GEVAS HET TERWYL HULLE DIE HERE RAADPLEEG VIR 'N ANTWOORD / UITKOMS, WONDER 'N MENS HOEVEEL CHRISTENE VANDAG BEREID SOU WEES OM DIT TE DOEN?
Est_4:3  En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. 
Est_4:16  Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om. 

Kom ons kyk na nog skrifte van hoe die volk van God besef het die belangrikheid van "om te vas":
-(sien ook dat dit baiemaal was in geval van wanneer hulle getreur het en antwoorde by die Here gesoek het)
-(maar hulle was ook nie altyd beantwoord vir "vas" nie omdat hulle somtyds met die verkeerde bedoelinge gevas het of gestap het in sonde en goddeloosheid)

1Sa_7:6  Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig. 
1Sa_31:13  En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas
2Sa_1:12  En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het. 
1Ki_21:27  En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop. 
1Ch_10:12  het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas
Ezr_8:23  So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor. 
Neh_1:4  En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel 
Neh_9:1  En op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof
Zec_7:5  Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas? 
2Sa_12:16  En Dawid het die aangesig van God gesoek vir die kind, en Dawid het ‘n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die grond gelê. 
2Sa_12:21  Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir ‘n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet. 
2Sa_12:22  En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet—die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly. 
2Sa_12:23  Maar nou is hy dood—waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie. 
Psa_35:13  En ek—toe hulle siek was, het ek ‘n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. 
Psa_69:10  (69:11) Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword. 
Psa_109:24  My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet. 
Dan_6:18  (6:19) Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug. 
Dan_9:3  En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. 
Joe_2:12  Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. 
Zec_7:3  deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voorbeelde van wanneer "vas" NIE BELOON WORD NIE:
-(m.a.w., in hierdie gevalle word die persoon se vas gesien soos "werke" en beteken vir hom niks - hy kon net sowel nie gevas het nie)
-(en as iemand vas maar stap in sonde en goddeloosheid, soos in die geval waar hy nie barmhartig is teenoor sy naaste nie of nie die Here alleen liefhet nie maar ook afgode dien, LUISTER DIE HERE NIE NA SO IEMAND SE GESMEEK NIE)

(1) As "vas" vir iemand gaan oor "om godsalig voor te kom", soos sommige Fariseers gedoen het, dan is die bedoeling verkeerd en daardie soort vas gaan niks geestelik vir die mens beteken nie. Mat_6:16  En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Jy kan geen ekstra loon by die Here verkry vir vas as dit slegs gaan oor om deur mense gesien te word nie. Mat_6:17  Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, Mat_6:18  sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

(2) Waar dit gaan oor bloot "wette onderhou" met die doel om geregverdig te word (soos om jou hoop in die wet te plaas / soos om "die wet te dien), is dit met verkeerde bedoeling - so iemand sal geen loon daarvoor ontvang nie.  Luk_18:12  Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.

(3) Isa_58:3  Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? —Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan. Isa_58:4  Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie. Isa_58:5  Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ‘n dag wat die HERE welgevallig is? Isa_58:6  Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? 

(4) Jer_14:12  As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet. 

Geen opmerkings nie: