Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings

Saterdag 19 Julie 2025

Wat beteken die begrip "wêreld oorwin"?

Wie is dit wat "die wêreld oorwin"?  Wat beteken dit? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Griekse betekenis van die woorde "wereld oorwin":

Die woord "wêreld" hier is die Griekse woord "kos'-mos" ("adorning/world" - om iets mooi en aantreklik te maak). DIT IS WAT GEWOONLIK GEBEUR HOEKOM MENSE DIE LEUEN GLO, IS DAT IETS VIR HULLE AANTREKLIK VOORGESTEL WORD (wil dit hê, wil dit glo, ens.). Die begrip "wêreld" hier verwys dus na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is... (bv. "wat die vlees bedink"-Rom. 8:7 - "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie"). Natuurlike mense kan nie dinge op 'n geestelike manier beoordeel nie (1 Kor. 2:12,13)(want hulle het nie die Gees nie) en die waarheid is vir hulle bog... (die wat dink en sien soos die wereld, het 'n wereldse gees / het die gees van dwaling, maar geestelike mense het die Gees van God)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1). 

Die woord "oorwin" is die Griekse woord "nik-ah'-o" ("conquer, overcome, prevail, get the victory" - oorwin, oorwinning behaal, oorkom). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waar hierdie woorde "wêreld oorwin" gebruik word:

Joh_16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. - Wat het Jesus hier bedoel met "Hy het die wereld oorwin"? Hierdie woorde was gebruik in konteks met "in die wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed...". Hoekom kan ons moed he tydens verdrukking? - want Hy het die wereld oorwin... Let wel die konteks vd skrif (v. 25-33) wat gaan oor hulle geloof...;  bv. geloof in die Vader en die feit dat hulle GLO dat Jesus van God uitgegaan het (v.30)... Hierdie konteks kry ons ook in ander skrifte waar gepraat word van "wereld oorwin", en "geloof" self word gesien soos 'n oorwinning.  En wanneer Jesus hier praat van verdrukking, dan verwys Hy duidelik ook na verdrukking waardeur Hy sal gaan (v. 32,33), maar in daardie verdrukking sal Hy nie alleen wees nie want die Vader is met Hom - op ditto wyse is weergeborenes wat deur verdrukking gaan nie alleen nie want die Here is met hulle (v. 31-33).  Daarom kan die geestelike mens vrede he, selfs in verdrukking, want hy het GELOOF! - in daardie opsig oorwin die geestelike mens die wereld deur sy geloof (is met die Here soos die Vader met Jesus Chrsitus is).

2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.  Volgens hierdie vers verwys "wêreld oorwin" na die wat die besmettinge vd wêreld ontvlug het... (hulle word nie daardeur verstik/oorwin nie). In konteks word hier gepraat van valse profete en valse leraars, 'n sekere groep gelowiges wat alreeds die "wereld oorwin" het, maar teruggeval het... (en die laaste sal vir hulle erger wees as die eerste!). Die vorige vers verduidelik dat "waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy 'n slaaf geword". Weergeborenes is losgekoop uit hulle slawerny waaronder alle mense gebore word ("natuurlike mense", gebore in sonde - wat beteken dat hulle die sonde dien) - weergeborenes is vrygekoop van hierdie slaafskap / hulle is vrygekoop deur Jesus Christus (is dus nou slawe van Hom - dien Hom/is aan Hom gehoorsaam - hulle dien nie meer die wereld nie/is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar dien nou die Here/is Hom gehoorsaam).  Maar wat gebeur wanneer iemand vrygekoop word en begin om die Here te dien, maar na tyd terugval in die wereld en weer die sonde begin dien?  Vgl. dit met die derde groep in die gelykenis vd saaier, van gelowiges wat vrug dra maar dit verloor - hulle vrug is deur dorings verstik (hulle het hulle vrug verloor a.g.v. sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, sekere soort begeerlikhede, ens.-Mar 4:19). Hierdie mense verander baiemaal in verleiers (o.a. valse profete en valse leraars na wie verwys word in 2 Pet. 2, mense wat ander verlei om die leuen te glo). As 'n weergeborene vrug begin dra maar dit verloor en onvrugbaar is teen die tyd van oordeel, sal so 'n Christen afgesny word ... (Joh. 15). Sulke mense het die wereld op 'n stadium oorwin, ja, maar a.g.v. ongehoorhaamheid behoort hulle nou weer aan die wereld... (is m.a.w. weer deur die "wereld oorwin", en het dus weer 'n slaaf geword vd verdorwenheid...-v.19). (2Pe 2:21,22 - "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol").

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. - Wie is dit wat die "wereld oorwin"?  Volgens hierdie skrif verwys dit na "alles wat uit God gebore is", nl. gelowiges ("kinders vd geloof" word gesien soos mense wat "uit God gebore" is - 1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is"). Hoe het hulle die wereld oorwin? - deur geloof. Die wat weergebore is word gesien as "geestelike mense" - hulle is nou "nuwe mense"/mense wat "uit God gebore" is (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23). Hulle is kinders van God... Hierdie verwys na die innerlike ("die siel") wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word (word weergebore deur water en Gees). Weergeborenes se uiterlike mens ("die liggaam") sal ook eendag vernuwe word wanneer Jesus terugkom (kyk temas "die opstanding", en "verheerlikte liggaam"). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "wereld oorwin" NA GELOOF (in die waarheid).  DIT GAAN OOR WAARIN/WAT IEMAND GLO...? GLO JY IN DIE WAARHEID WAT VAN DIE VADER AF KOM EN DEUR JESUS CHRISTUS VERKONDIG IS?, OF GLO JY IN WAT DIE WERELD LEER?  

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? - Die kinders vd geloof (die wat glo in Jesus Christus) word gesien as mense wat die "wereld oorwin" het ("en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - v.4). Hoekom word die wat in Jesus Christus glo, gesien as mense wat die wereld oorwin het? Hoekom is geloof die oorwinning? In konteks hier verwys dit na mense wat "sy gebooie bewaar" (en sy gebooie is nie vir hulle swaar nie)(1 Joh. 5:3). Hulle glo in Jesus Christus - in wie Hy is, in Sy woorde, wat Hy leer, is Hom gehoorsaam...ens. (1Jn 5:10 - "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" DIE WAT GLO IN JESUS CHRISTUS(v.4,5) en DIE HERE SE GEBOOIE BEWAAR (v.3)- HULLE GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS EN DAT DIE VADER HOM GESTUUR HET (v.5,10)- HULLE GLO IN JESUS SE WOORDE (dat wat Hy verkondig het die waarheid is, en van God die Vader af kom-v.6-10). Dus, as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar is Hom nie gehoorsaam nie, dan plaas dit 'n vraagteken op sy geloof (want geloof sonder werke is dood). M.a.w., vir wie dien jy regtig? Bv., as 'n geestelike mens weer die sonde begin dien, dan is hy besig om afvallig te word vd geloof... Sulke sonde kan omsit in "sonde tot die dood" as die persoon hom/haar nie daarvan bekeer nie. Al het hy ook vrug gedra, sal daardie dorings die vrug verstik en so iemand kan onvrugbaar word (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier). Op ditto wyse word die wat bely hulle glo in Jesus, maar glo nie in Sy woorde/leringe nie, se geloof bevraagteken (sien volgende punt). En op ditto wyse word die wat bely hulle glo in die Vader maar glo nie in Sy Seun nie, se geloof bevraagteken (want as hulle regtig die Vader ken sal hulle weet dat Jesus die Seun van God is).   

Vgl. dit met 1Jn_4:4 - "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". - Wat is dit wat weergeborenes alreeds oorwin het? In konteks gaan dit oor hoe ons nie elke gees moet glo nie, maar die geeste op die proef moet stel of hulle uit God is... (daar word gewaarsku teeen valse profete). En die manier hoe hulle op die proef gestel kan word is deur te kyk of hulle die waarheid verkondig... (1 Joh. 4:2,3). Valse profete is "uit die wereld" / "praat uit die wereld" (en die wereld luister na hulle / glo hulle)(1 Joh. 4:5). Jesus Christus het die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid;  m.a.w., die wat Hom in hulle het, ken die waarheid (1 Joh. 4:4) - in daardie opsig is Hy wat in ons is groter as hy wat in die wereld is.  En in daardie opsig het ons "hulle" (die met die gees van dwaling/geeste wat leuens versprei) oorwin (ons glo nie die leuens nie, maar glo wat Jesus en Sy Gees leer)(1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" OM DIE WAARHEID TE KEN. GEESTELIKE MENSE LUISTER NA DIE HERE EN HET DIE GEES VAN WAARHEID (weet m.a.w. "wat is die waarheid") - HULLE KAN ONDERSKEI WIE PRAAT DIE WAARHEID EN WIE NIE... GEESTELIKE MENSE HET DIE GEES VAN WAARHEID, MAAR NATUURLIKE MENSE HET DIE GEES VAN DWALING (hulle "sien" nie dieselfde nie / glo nie dieselfde nie). Daarom, as iemand bely dat hy/sy in Jesus Christus glo maar hy glo nie in Sy woorde nie, dan plaas dit 'n vraagteken op so iemand se geloof (glo hy regtig?), want gelowiges is mense wat glo en die waarheid ken.     

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Die begrip "wêreld oorwin" is 'n begrip wat gebruik word om te wys wie GLO in die Here en Sy waarheid... (glo in wie Hy is, glo dit wat Hy leer, ens.) - en wie Hom gehoorsaam (bv. "die wat die besmettinge vd wereld ontvlug het"-2 Pet. 2:20).  M.a.w. die wat die wêreld oorwin het, verwys na "gelowiges" - daarom word GELOOF gesien as 'n oorwinning (want jy glo nou anders as die wereld - glo in Jesus Christus, glo dat Hy die Seun van God is, glo in Sy leringe, is Hom gehoorsaam, het die Gees van waarheid...).  Om die Here "met jou te he" is soos 'n oorwinning (selfs al gaan jy deur verdrukking)(Joh. 16:33).  Geloof is m.a.w. die oorwinning! (1 Joh. 5:4). Die wat die wêreld oorwin het, is tipies weergeborenes... (die wat uit God gebore is - gelowiges)(1 Joh. 5:1-4) - hulle het die Gees van waarheid en "sien" dus anders as natuurlike mense ("die wêreld"). 

"Oorwinnaars" in hierdie opsig verwys na mense wat in die waarheid glo asook die wat die Here gehoorsaam (want geloof sonder werke is dood).  In daardie opsig het hulle die wêreld oorwin, want die wat in die "wêreld" glo (m.a.w. dit wat die wêreld verkondig of die wat die wêreld gehoorsaam) word logies nie gesien as mense wat "die wêreld oorwin" het nie, want hulle sien en doen soos die wêreld.  

Die mensdom kan in twee groepe gedeel word, nl. "natuurlike mense" en "geestelike mense" (weergeborenes) - en hierdie twee groepe dink en "sien" verskillend, en dien dus verskillende meesters. Hierdie twee begrippe kan dus ook gebruik word om die verskil uit te beeld tussen wie "die wêreld oorwin het" en wie nie. Bv. natuurlike mense het die "gees van dwaling" (hulle glo in die leuen), maar geestelike mense (weergeborenes) het die "Gees van waarheid" (hulle glo in die waarheid). Daar is nie 'n tussen-in nie - óf jy glo die waarheid (kan geestelike dinge beoordeel), óf jy glo in die leuen (kan nie geestelike dinge beoordeel nie). Dit is logies hoekom natuurlike mense en geestelike mense so verskillend dink en "sien", natuurlike mense kan bv.  nie geestelike dinge beoordeel nie want hulle het nie die Gees van God nie. Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense - geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1); natuurlike mense het nie die Gees van God nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14).  In daardie opsig het geestelike mense "die wereld oorwin" (want hulle dink en sien nie soos die wereld nie). Natuurlike mense bedink dinge op 'n vleeslike manier (verstaan dit nie ditto as hoe geestelike mense dit verstaan nie)(Rom. 8:5).  Vir die natuurlike mens klink die waarheid dwaas - dit is vir hulle bog, maar die geestelike mens weet wat is die waarheid omdat hy die Gees vd waarheid het en glo in Jesus Christus (wie Hy is-weet dat Hy die Seun van God is - glo m.a.w. dat wat Hy verkondig het die waarheid is en van die Vader af kom). 

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________

Saterdag 30 September 2017

Ongeloof

'n Ander manier hoe ons miskien kan verstaan wat "geloof" is, is om te kyk na wat die teenoorgestelde van geloof is, m.a.w. wat word gesien as ONGELOOF?, en wat beteken dit in verskillende skrifte? Wanneer ons die woord "ongeloof" hoor dan mag ons dalk dink dat dit slegs verwys na die wat nie Christene is nie en glad nie in Jesus Christus glo nie, maar inteendeel hanteer die Skrif veral gevalle waar dit verwys na die "ongeloof" van GELOWIGES !
- m.a.w. "ongeloof van Christene",
- asook "ongeloof van die wat deel is van die volk van God" (die wat beweer dat hulle die Vader ken, maar Hom nie werklik ken nie, en daarom nie glo in Christus Jesus nie)(...dit is bv. a.g.v. hulle ONGELOOF dat hulle "afgebreek" is... (Rom. 11:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ONS GAAN LEER UIT DIE ONDERSTAANDE SKRIFTE, IS DAT:
-   DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT DIE HERE SOMTYDS NIE KRAGDADE DOEN NIEbv. Matt. 13:58 en Mark. 6:5,6 - Jesus Christus het nie baie kragdade daar gedoen nie weens die "gelowiges" se ongeloof...

- DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT SOMMIGE DUIWELS NIE UITGEDRYF KAN WORD NIE.  bv. die dissipels wat nie 'n duiwel kon uitdryf nie in Mark. 9, en die pa se ongeloof, en die dissipels se plig om meer te bed en vas...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF (en die hardheid van hulle harte) IS DAT HULLE SOMTYDS TWYFEL IN DIE WOORDE VAN ANDER GELOWIGES (wat die waarheid praat). - bv. die geval waar die dissipels nie geglo het toe daar vir hulle vertel is dat Jesus Christus opgestaan het nie....

-  DIT WEENS "GELOWIGES" SE ONGELOOF IS DAT HULLE SOMTYDS ONWETEND SONDIG.bv. Saulus wat gelaster en Christene vervolg het en geweld gepleeg het, maar gedink het hy die dien die Vader deur dit te doen...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT HULLE NIE ALTYD ONTVANG WAT AAN HULLE BELOWE IS NIE - bv. baie van die volk wat uit Egipteland uitgelei is en aan wie die belofte gemaak is dat hulle die land sou beerwe, het op die ou end nie ingegaan nie maar gesterf in die woestyn a.g.v. hulle ongeloof...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Almal van ons sukkel somtyds met ONGELOOF - soos die pa in Mark. 9:23,24 - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").  Dit wil lyk of Christus onmiddellik gemerk het dat die pa sukkel met geloof, want toe hy sy seun na Jesus bring, maak Jesus die volgende stelling: "Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe" (Mar 9:19). Alle dinge is moontlik vir die een wat glo, maar net soos hierdie pa wil ons ook somtyds uitroep "Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!" - glo in die Here Jesus maar het nie altyd die geloof nie!  Hierdie is 'n realiteit wat ons nie moet ignoreer nie, want as ons dit ignoreer sal ons nie die Here se krag in ons lewens ervaar nie.  Waar geloof ontbreek, moet ons aandag daaraan gee en die Here vra om ons ongeloof te hulp te kom (soos hierdie pa gedoen het), en soek na wat die Here begeer ons moet doen om dit te verander, en kies om nie ongelowig te wees nie, maar gelowig! (Joh. 20:27). In Mark. 9 kon Jesus se dissipels nie die duiwel uitdryf nie, en verseker het die ongeloof van die pa ook iets daarmee te doen gehad, maar dit wil voorkom of die dissipels se geloof ook nie sterk genoeg was nie!, want in die gedeelte moedig Jesus hulle aan dat GEBED EN VAS in hierdie gevalle nodig is: Mar 9:28,29 - ("En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie").

Waar gelowiges wat deel is van die volk van God en bely dat hulle die Vader ken, NIE GLO in Christus Jesus nie (m.a.w. ongelowig is), word hulle afgebreek;  maar sou hulle nie in hierdie ongeloof bly nie, kan hulle weer ingeent word (Rom. 11:23).  Dit moet vir elkeen met ONGELOOF hoop gee dat sou hy kies om nie meer ongelowig te wees nie, die Here hom te hulp sal kom.

Baie van die volk in die woestyn oppad na die beloofde land het nie ingegaan nie as gevolg van hulle ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5). Die belofte was aan hulle gemaak en die Here het vir hulle die weg geskep waardeur hulle sou kon ingaan, maar a.g.v. hierdie "gelowiges" se ongeloof het hulle nie ingegaan nie, en dus nie ontvang wat vir hulle belowe was nie want hulle het nie die voorwaardes van geloof nagekom nie.  
Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil hê dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo! (Luk 18:17 - "Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie").

Elke gelowige moet gedagstes van ongeloof gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus:  
"moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"!
(vgl. met Joh. 20:27)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING en KONTEKS VAN ONDERSTAANDE SKRIFTE:

- Mark. 16:14 - ("Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie").  "Ongeloof" verwys hier na die ongeloof van Christus Jesus se dissipels! - ongeloof in Sy opstanding, en l.w. die woorde hulle "hardheid van hart". In hierdie geval was dit die hardheid van hulle harte en ongeloof wat veroorsaak het dat hulle nie geglo het toe daar aan hulle vertel is dat Hy opgestaan het nie.
- Matt. 17:20, in hierdie geval was die dissipels nie in staat om 'n duiwel uit te dryf nie (tog het op daardie stadium al baie ander duiwels uitgedryf!): Mat_17:20 - ("En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie").
- Matt. 13:58 ("En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie") - "ongeloof" verwys ook hier na die ongeloof van "gelowiges" - ongeloof van die wat deel is van die volk van God, maar aanstoot geneem het in Christus en Sy leringe - m.a.w., hulle gee voor hulle ken die Vader, maar hulle ken Hom nie werklik nie.    
- Mark. 6:5,6 - ("En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer"). Baiemaal is dit a.g.v. "ongeloof" dat daar geen kragdade onder gelowiges plaasvind nie.
- Mar 9:23,24 word die woord ongeloof gebruik in konteks met 'n "gelowige wat voel dat hy nie geloof het nie" - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").
- Dit is in of a.g.v. ongeloof dat mense baiemaal ONWETEND SONDIG, soos in die geval van Paulus (Saulus) wat gelaster en die Christene vervolg het en hulle geweld aangedoen het - hierdie sondes het hy onwetend gedoen omdat hy "ongelowig" was - hy het gedink dat hy die Vader dien, maar het verkeerd gedoen a.g.v. sy ongeloof: 1Tim. 1:13 - ("my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof").  
- Ongeloof veroorsaak dat ons nie altyd ontvang wat aan ons belowe word nie - Heb_3:19  "En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie". Kyk ook  Jud_1:5  "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het". 
- Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil he dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo!  Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig
- Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in hulle hart aangaan... Hand. 28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE:

Mat_13:58  En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie. 
Mat_17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. 
Mar_6:6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. 
Mar_9:24  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! 
Mar_16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
Rom_4:20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee 
Rom_11:20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 
Rom_11:23  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 
1Ti_1:13  my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof
Heb_3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 
Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. 
Act_28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 

Jud_1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 08 Maart 2014

Jesus het mag om sondes te vergewe (bybelstudie)

Hierdie blogpost is 'n studie oor die tema van "vergifnis van sondes" (versoening).
(1Jn 2:12)  Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.

========================================================================
ALHOEWEL "SIEKTE" NIE ALTYD DIE GEVOLG IS VAN "SONDE" NIE (Joh. 9:1-3)(Job), IS DIT 'N SKRIFTUURLIKE FEIT DAT IEMAND SOMTYDS SIEK IS A.G.V. SONDE!  IN HIERDIE GEDEELTE WAS IEMAND VERLAM A.G.V. SONDE (en l.w., dit beteken nou nie dat almal wat verlam is, verlam is a.g.v. sonde nie!) - DIT IS OOK DUIDELIK DAT DIE PERSOON BEWUS WAS VAN die SONDE wat hy gedoen het (v.2).  AS SY SONDE NIE VERGEWE WORD NIE, KON HY NIE GENEES WORD NIE;  inteendeel, die feit dat hy genees is, was in hierdie gedeelte 'n bewys daarvan dat sy sondes vergewe is:

(Mat 9:1)  En nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.

(Mat 9:2)  En hulle het ‘n verlamde man wat op ‘n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

(Mat 9:3)  En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

(Mat 9:4)  En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

(Mat 9:5)  Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?
(Mat 9:6)  Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe—toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. (kyk ook Mark. 2:10; Luk. 5:24)

(Mat 9:7)  En hy het opgestaan en huis toe gegaan.

(Mat 9:8)  En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ‘n mag aan die mense gegee het.

- Dit is dan ook om hierdie rede dat sommige mense "genees" word wanneer hulle tot bekering kom (wanneer hulle sondes afgewas word)en die Here vra om genesing -(m.a.w. spes. in die geval van waar siekte die gevolg was van sonde).  (ook Mark. 2:1-12).  Maar l.w. dat hy nie outomaties genesing ontvang het toe sy sondes vergewe is nie!, maar hy het vergewing van sondes nodig gehad om genesing te ontvang.

(Mar 2:7)  Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?  - Die betekenis van "laster" gaan nie net daaroor dat iemand kwaadspreek van die Here nie, maar dit gaan ook oor wanneer iemand hom voordoen as God sodat ander afvallig raak van die Here.  Jesus is egter die Seun van God, en HERE!  Hy het nie gelaster nie, en kan sondes vergewe!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE N.T. IS 'N PERIODE VAN "GENADE"!, MAAR DIE GENADE IS SLEGS OP TOEPASSING VAN DIE "KINDERS VAN GELOOF" (goddeloses wat hulle bekeer het). Omdat baie van die Fariseers en Skrifgeleerdes nie vir Jesus aanvaar het as Here nie (en sommige ook nie verstaan het dat die Messias ook Here is nie!-Matt. 22:43-45)), het hulle nie verstaan hoe Hy sondes kon vergewe nie - dit is slegs die Here wat sondes kan vergewe.  

Johannes die Doper het gekom, gestuur deur die Here, om vergifnis van sondes te preek vir die wat hulle laat doop het, maar dit was weggewys vir die wat nie die nodige vrugte van die bekering gedra het nie!  Die Here gebruik mense om vergifnis van sondes te preek, sodat Hy vir hulle vergifnis van sondes kan gee, maar dit is slegs vir die wat "glo"! Net so word ons ook uitgestuur om "vergifnis van sondes" te preek, maar dit is slegs vir die wat hulle bekeer, glo.

(Luk 7:48)  En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.
(Luk 7:49)  Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?
(Luk 7:50)  En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

Haar sondes is vergewe omdat sy "geloof" gehad het.  Dit is duidelik volgens v.38 dat sy berou gehad het vir haar sondes.  Jesus het nie nodig om vir haar te se dat sy nie meer die sonde moet doen nie, want dit is duidelik dat sy 'n volle oorgawe gemaak het.  In die geval van die vrou in Joh. 8, het Jesus haar egter beveel:  "...Gaan heen en sondig nie meer nie" (Joh. 8:11).


(Rom 3:23)  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
(Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
(Rom 3:25)  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
(Rom 3:26)  om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE HERE VERDUIDELIK NIE ALTYD IETS SO MOOI AAN DIE WIE SE HARTE VERHARD IS NIE.  DIE REDE DAARVOOR IS DAT HULLE DAN NIE EENS DIE KANS KRY OM VERGIFNIS TE ONTVANG NIE!  MAAR WANNEER IEMAND SE HART NA DIE HERE IS, DAN BREEK HY DIE WAARHEID VIR HULLE OOP SODAT HULLE VERGIFNIS VAN SONDES KAN ONTVANG:

(Mar 4:12)  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

Vergifnis van sondes is slegs bedoel vir die wat glo, dat hulle bekeer het tot die Here, die wie se harte nie verhard is nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HIERDIE GEREGTIGHEID VAN SONDES WAT VERGEWE WORD, VERKRY IEMAND SLEGS DEUR GELOOF, MAAK NIE SAAK WATTER NASIE HY IS NIE!  DIE PERSOON WIE SE SONDES VERGEWE WORD, SE SONDE WORD NIE TOEGEREKEN NIE - m.a.w. hy gaan nie op daardie sondes geoordeel word nie.  Dieselfde kan egter nie gese word van gelowiges wat besig is met "sonde tot die dood" nie (sondes waarvan iemand hom nie bekeer nie) - so iemand sal verantwoording doen vir daardie sondes.
(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

(Rom 4:7)  Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
(Rom 4:8)  Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.
(Rom 4:9)  Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.

VERGELYK DIT MET 1 JOH. 1:6-10.
(1Jn 1:6)  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
(1Jn 1:7)  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
(1Jn 1:8)  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
(1Jn 1:9)  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
(1Jn 1:10)  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
SY BLOED REINIG ONS VAN ALLES SONDE -   Volgens die skrif is enige iemand wat "God se wette" oortree, vervloek ("vloek van die wet").  Jesus het ons egter ook vrygekoop van die vloek wet en Hy het vir ons die "vloek" geraak  aan die kruis. Bestudeer die tema van "bloedskuld" en "offers" om dit beter te verstaan.

(1Pe 2:24)  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

DIT IS NIE DIE WAT UIT DIE WET IS, WAT ERFGENAME IS NIE, MAAR DIE "KINDERS VAN GELOOF": (Rom 4:14)  Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak. BAIE JODE HET GEDINK DAT HULLE ERFGENAME IS OMDAT HULLE KINDERS VAN ABRAHAM WAS OF OMDAT HULLE DIE WET ONDERHOU, MAAR SELFS ABRAHAM WAS DIE GEREGTIGHEID TOEGEREKEN DEUR DIE GELOOF, NOG VOOR DIE BESNYDENIS! Die wet was nooit die weg tot saligheid nie!(Rom 9:31)  terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.
(Rom 9:32)  Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(met donder, hael en vuur - plaag)(Exo 9:27)  Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.

(met sprinkaan-plaag)(Exo 10:17)  Vergeef dan tog nou net dié keer my sonde, en bid tot die HERE julle God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.
DIE FARAO WAS 'N VB. VAN IEMAND MET 'N VERHARDE HART - SO IEMAND VRA ELKE KEER VERGIFNIS, MAAR DIEN STEEDS DIE SONDE EN BLY STAP DAARIN!  DIE HERE SE GENADE IS GROOT, EN BAIE GELOWIGES WORD SO OOR EN OOR VERGEWE, MAAR UITEINDELIK SAL DIT GEOPENBAAR WORD WIE DIE SONDE DIEN, EN WIE DIE HERE DIEN!  Die wat aanhou stap in die sonde, en hulle nie bekeer daarvan nie, is besig met "sonde tot die dood" - so ' gelowige staan die gevaar dat sy sonde nie vergewe word nie, en dit toegereken gaan word. Ons word selfs beveel om nie vir broeders te bid wat in "sonde tot die dood" stap nie (1 Joh. 5:16).  So iemand verhard sy hart teen die Here.  Jesus het ook nie vir die gebid wat die sonde dien nie, maar wel vir die kinders van geloof, en die wat deur hulle woord sal glo! (Joh. 17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eks. 32:30)  En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ‘n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
(Eks. 32:31)  En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ‘n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.
(Eks. 32:32)  Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!
(Eks. 32:33)  Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek.
(Eks. 32:34)  Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
(Eks. 32:35)  So het die HERE dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.
HIERDIE PERSONE WAT TEEN GOD GESONDIG HET, HET 'N BESLUIT GENEEM OM HOM NIE TE DIEN NIE, EN HULLE VERTROUE GEPLAAS IN 'N AFGODSBEELD - HULLE HET HULLE NIE BEKEER NIE, EN DIE FEIT DAT MOSES GEVRA HET DAT DIE HERE HULLE SONDES VERGEWE, HET NIE GEHELP VIR DIE WAT HULLE "NIE BEKEER HET NIE"!  Net so kan gelowiges nie verwag dat die Here bv. 'n "land sal genees" omdat hulle vir ander mense kom onvergifnis vra nie - Nee, daardie persone moet self tot bekering kom, en as hulle self kom bely, kan hulle vergifnis van sondes ontvang.  Alhoewel die land treur a.g.v. hierdie sondes, en die gelowiges ook daaronder gaan ly omdat hulle in die land bly, gaan die Here tog die een wat hom regtig bekeer, vergifnis van sondes gee, en die invloed van sy sondes sal weggeneem word van die land, maar nie van die een wat hom nie bekeer nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 6:1)  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
(Rom 6:2)  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
(Rom 6:3)  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
(Rom 6:4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
(Rom 6:5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
(Rom 6:6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
(Rom 6:7)  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

(Rom 6:13)  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

(Rom 6:19)  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.

ROM. 6 VERDUIDELIK MOOI WAT DIT BETEKEN OM "DIE SONDE TE DIEN", OF OM "DIE HERE TE DIEN".

*(Rom 6:22)  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. - WANNEER ONS SONDE VERGEWE WORD, IS DIT SOOS OM VRYGEMAAK TE WORD VAN DIE SONDE -  DAN DIEN SO IEMAND NIE MEER DIE SONDE NIE, MAAR DIEN DIE HERE!  Waar 'n gelowige egter weer die sonde begin dien, is hy besig met "sonde tot die dood".  Daarom moet die gelowige daagliks sonde bely en hom bekeer van sondes, sodat hy vergifnis kan ontvang - so iemand dien die Here, nie die sonde nie, maar waar iemand hom nie bekeer van sonde nie, dien hy die sonde.
-(1Pe 2:24)  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

(Rom 10:3)  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.

(Rom 12:2)  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

(1Jn 2:1)  My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
(1Jn 2:2)  En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
(1Jn 2:3)  En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.
(1Jn 2:4)  Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
(1Jn 2:5)  Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

(2Co 5:17)  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2Co 5:18)  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
(2Co 5:19)  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
(2Co 5:20)  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
(2Co 5:21)  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

*(Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").  Daarom die belangrikheid van om "weer gebore" te word - Jesus stel dit duidelik in Joh. 3:5,6 - " Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie".  Wat uit die vlees gebore is, is vleesen wat uit die Gees gebore is, is gees.  (Bestudeer die tema van wedergeboorte, en hoe dit spes. gaan oor om "uit God gebore te word").  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html  

(Joh 3:3)  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
(Joh 3:4)  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
(Joh 3:7)  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
(Joh 3:8)  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
(Joh 3:9)  Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
(Joh 3:10)  Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
(Joh 3:11)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
(Joh 3:12)  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
(Joh 3:13)  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
(Joh 3:14)  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
(Joh 3:15)  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

(Joh 14:17) - "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees".
Let wel dat die hierdie genade nie outomaties alle groepe insluit nie (anders sou niemand nodig gehad het om tot wedergeboorte te kom nie).  Mense wat nie onder hierdie genade gaan val nie, m.a.w. "die steeds vervloektes", is die valse leraars, valse profete,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe, sondaars en die afvalliges (2 Pet. 2:14; Rom. 3:14; Hebr. 6:8; Matt. 25:40 ens.).  

(Joh 3:36)  "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom".  


(Rom 5:11)  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

(Rom 8:3)  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
(Rom 8:4)  sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
(Rom 8:6)  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
(Rom 8:7)  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BAIE GELOWIGES DINK DAT OMDAT HULLE UIT GENADE GERED IS, GEEN SONDE WAT HULLE DOEN HULLE VAN HUL SALIGHEID KAN BEROOF NIE, MAAR WANNEER IEMAND WEER DIE SONDE BEGIN DIEN, KAN DIT HOM SY SALIGHEID KOS!  - HY MAG EENDAG WEGGEWYS WORD EN SY SONDE SAL DAN TOEGEREKEN WORD (m.a.w. sonde tot die dood word nie vergewe nie, al is die persoon ook 'n gelowige!).  DIT IS EENVOUDIG:  
DIEN JY DIE SONDE?  
OF DIEN JY DIE HERE?
 DIT IS SLEGS DIE PERSOON WAT DIE HERE DIEN, VIR WIE JESUS GAAN OPWEK IN DIE LAASTE DAG (opwek tot lewe - ewige lewe) - in Hom is daar vergifnis van sonde.


(Rom 11:15)  Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?


(Rom 5:13)  want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
(Rom 5:20)  Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
(Rom 5:21)  sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
(Rom 6:1)  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
(Rom 6:2)  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
(Rom 6:14)  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
(Rom 6:15)  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Jn 4:10)  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

Woensdag 01 Januarie 2014

uit genade gered (2)

Vir die eerste deel oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html
=====================================================

In hierdie blogpost - (OPSOMMING):

(4)  "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie!).  

Daar is 'n duidelike verskil tussen 
-"gehoorsaam wees deur wette te onderhou" (met die doel om saligheid te beerwe), en
-"gehoorsaam wees omdat jy die Here alleen dien" (hom vertrou)(omdat jy alreeds tot saligheid gekom het).  Om die Here alleen te dien, beteken dat iemand "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN". ("Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie...") - niemand kan twee here dien nie...

(5) ALHOEWEL "WERKE" NIE SALIGHEID KAN BEWERK NIE, KAN DIT SALIGHEID BEINVLOED! 


(6) Alhoewel ons genade (guns) verkry deur die geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur werke.  Vir iemand se sondes om vergewe te word, het hy regverdigmaking nodig - hy ontvang dit deur die geloof. Maar, net soos hy geregverdig word deur geloof sodat sy sonde vergewe word, word hy ook geregverdig deur sy werke wat 'n bewys is dat hy glo! 

=========================================================================
UITEENSETTING:

(4)   Heelwat leringe in omloop in die kerk vandag, is gebaseer op wat die mens "uit die deal kan kry" (waar mense steeds die sonde dien, maar ook die saligheid wil he).  "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; NIE die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie!  


 Luk 16:16 - ("Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin") - kyk gerus na die konteks van hierdie skrifgedeelte - wat het Jesus hier bedoel?
-  In die betrokke skrifgedeelte het Jesus gepraat oor hoe ons "nie twee here kan dien nie":
(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.


Luk 16:16)  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

Deur onsself te probeer regverdig deur die onderhouding van wette (m.a.w. om die sonde te probeer afsterf deur die onderhouding van wette), kan ons nie regverdig nie, maar wanneer iemand die Here ALLEEN dien (en Hom gehoorsaam is as gevolg daarvan), dan ontvang hy uit genade regverdigmaking (God kyk na die hart!) - sy sondes word vergewe, en hy dien nie meer die sonde nie.  Waar iemand egter steeds die sonde dien nadat hy tot geloof gekom het, bewys sy werke dat hy nie regtig die Here alleen dien nie! - dit is daardie persoon wat homself regverdig voor die mense, maar God ken sy hart.
Dus, in Luk. 16  gaan dit spesifiek oor die wat afgodsdiens beoefen (hetsy deur menslike gebooie as sekuriteit, rykdom en wereldse sekuriteit, of eie wil), maar dink dat hulle steeds regverdig word omdat hulle wette onderhou. Iemand word slegs geregverdig as hy die Here alleen dien, die Here alleen vertrou (nie 'n ander ook dien nie).

========================================================================
(5)
 ALHOEWEL WERKE NIE SALIGHEID KAN BEWERK NIE, KAN DIT WEL SALIGHEID BEINVLOED!  Toe Jesus die evangelie (v/d koninkryk) kom deel het, het Hy  heelwat gepraat oor die VRUG VAN DIE GELOWIGE, oor wat dit beteken om HOM AS EERSTE LIEFDE TE KEN, hoe ons MOET BID, wat dit is om DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN ens.  - hierdie kan alles soos "werke" gesien word, maar dit verwys na die "werke van die gelowige", nie "werke tot saligheid" nie, m.a.w. werke van die persoon wat reeds tot saligheid gekom het (en daardie werke regverdig hom, m.a.w. wys dat hy tot saligheid gekom het).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
========================================================================
(6)   Alhoewel ons genade (guns) verkry deur die geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur werke.  Vir iemand se sondes om vergewe te word, het hy regverdigmaking nodig - hy ontvang dit deur die geloof. Maar, net soos hy geregverdig word deur geloof sodat sy sonde vergewe word, word hy ook geregverdig deur sy werke wat bewys dat hy glo! 
(Jak. 2:24)  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?


Kyk na Jesus se opdrag in Matt. 28:19 - "......en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"  -  baie preek net die gedeelte van dat die mens geregverdig word uit genade, maar laat na om die res te preek, dat die mens ook geregverdig word uit werke, nie net uit geloof nie! 
Om dit beter te verstaan, gaan na my blogpost getiteld:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html
"GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie).  
*  TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR OM GENADE TE BEWYS (sondes te vergewe)(sodat die persoon geregverdig kan word), al verdien hy dit nie.(Joh 12:47)  "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red". 
DIE DOOP IS 'N TEKEN HIERVAN, VAN ONS REGVERDIGMAKING,  HOE ONS SONDES AFGEWAS WORD, ons DOODGAAN VIR DIE SONDE, EN OPSTAAN IN 'N NUWE LEWE, EN NET SOOS CHRISTUS OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD, SO SAL HY ONS OOK EENDAG LAAT OPSTAAN IN NUWE LIGGAME (die ewige lewe ontvang) (m.a.w. sal die ewige oordeel vryspring).

 Wanneer Hy egter terugkom (m.a.w. met Jesus Christus se wederkoms), gaan Hy KOM OM TE OORDEEL, en elke gelowige sal geoordeel word op hulle:

- op of hulle die nodige vrug gedra het http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html ; http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-onkruid.html - (oordeel tussen skape en "skape"/"koring en kaf"/"koring en onkruid"), 

- en op hulle werke http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html (of hulle die wil van die Vader gedoen het), 

waardeur Jesus dan sal besluit wie Hy gaan opwek tot lewe (die ewige lewe gee), en wie nie (en die wie nie opgewek gaan word tot die lewe nie, sal in die ewige oordeel val) - dit beteken dat die gelowige nie net geregverdig word deur die geloof nie, maar ook deur sy werke! (m.a.w. sy werke bewys of hy glo). 
Die mens word wel geregverdig deur genade (tot saligheid), maar hy word ook geregverdig deur werke (wat bewys dat hy tot saligheid gekom het).  As iemand dan bely dat hy tot saligheid gekom het (ja, deur genade omdat hy dit nie verdien nie), dan beteken dit dat hy homself onderwerp het aan die Here OM HOM GEHOORSAAM TE WEES - daarom word die gelowige ook deur werke regverdig, nie net deur geloof nie! Die probleem is hier dat gelowiges bely dat hulle tot geloof gekom het, maar hulle weet nie wat "geloof" beteken nie, want hulle dien nog die sonde.  Iemand wat tot geloof gekom het, soek nie sy eie wil nie en dien nie meer die sonde nie, maar soek na die wil van die Vader, en dien die Here - onderwerp homself aan die Here om Hom gehoorsaam te wees.  
Want wat beteken Jesus se woorde dan as ons besluit dat die gelowige glad nie deur werke geregverdig word nie?:
* (Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.


(Mat 12:7)  "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie"


Daar, die duidelike verskil tussen "gehoorsaam wees deur wette te onderhou", en "gehoorsaam wees omdat jy die Here alleen dien" (hom vertrou).  Om die Here alleen te dien, beteken dat iemand "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN" - so iemand onderhou die Here se gebooie omdat hy glo/gered is, nie omdat hy poog om gered te word nie.


 (Mat 5:20) - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie".
========================================================================