Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings

Dinsdag 24 Maart 2026

Die wapenrusting

In hierdie pos kyk ons na "DIE WAPENRUSTING VAN GOD" waarna verwys word in Ef. 6:11 (bestudeer gerus o.a. die tema van geestelike bekleding, want die wapenrusting van God kan ook gesien word soos iets waarmee jy jouself geestelik beklee - rol af tot heel onder vir 'n lys van poste waarin geestelike bekleding behandel word). Die mens het nie net klere nodig vir die uiterlike nie, maar ook vir die innerlike mens. Die "wapenrusting van God" kan gesien word as "geestelike klere"; bv., net soos ons die uiterlike mens beklee met wapenrusting wanneer jy gaan veg in 'n fisiese geveg, net so het die mens geestelike wapenrusting nodig vir die geestelike geveg waarin ons ons bevind

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons is in 'n wortelstryd..., maar wat is hierdie stryd?: 

Die Skrif leer dat die geestelike mens in 'n worstelstryd betrokke is..., nie teen vlees en bloed (m.a.w., nie teen mense wat uit vlees en uit bloed gebore is) nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Ef. 6:12 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug"). Duidelik is hierdie stryd geestelik van aard! en praat nie van 'n worstelstryd teen ander mense nie.  Die "owerhede, magte en wêreldheersers vd duisternis" en "bose geeste in die lug" waarna verwys word in Ef. 6:12 verwys na die geestelike realm, en fisiese klere/wapenrusting gaan nie help in hierdie "geveg" nie (want dit is geestelik van aard).  Wat ons nodig het is "geestelike klere" . Die wapenrusting van God sal ons help om oorwinning te behaal... - bestudeer gerus die tema "wêreld oorwin" om hierdie nog beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2025/07/wat-beteken-die-begrip-wereld-oorwin.html). 

Hoe word hierdie (geestelike) wapenrusting (wat na verwys word as die WAPENRUSTING VAN GOD)_beskryf?:

- die lendene omgord met die WAARHEID;

- die borswapen van GEREGTIGHEID;

- skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE;

- die skild van die GELOOF;

- die helm van VERLOSSING; en

- die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD  (Ef. 6:14-17 - "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—").

DIE GEREDDE HET DIE "GEESTELIKE WAPENRUSTING VAN GOD" NODIG:  

DIE WEERGEBORENE IS VRYGEKOOP VAN DIE MAG WAARONDER HY GEBORE IS, en dit maak die duiwel woedend - sy plan om jou te verwoes, het gefaal - nou probeer hy jou terugkry...  DIT  IS  BASIES  DIE  GEVEG  WAARIN  DIE  GEESTELIKE   MENS  BETROKKE  IS.  Die duiwel probeer om jou te vang om die leuen te glo in plaas van die waarheid (dit is waarom jou lendene omgord moet wees met die waarheid), probeer om jou te vang om verkeerd te doen (dit is waarom jy die borswapen van geregtigheid moet aanhê), probeer jou stuit om die goeie boodskap uit te dra (dit is waarom jy skoene moet aanhe bereidheid om die evangelie te verkondig), probeer jou van die geloof afvallig maak (dit is waarom jy die skild van die geloof nodig het), probeer om jou te laat twyfel in die verlossing wat jy ontvang het (dit is waarom jy die helm van verlossing nodig het), en probeer om jou te vang om 'n ander evangelie aan te neem (dit is waarom jy die swaard nodig het). In hierdie geveg het jy die geestelike wapenrusting van God nodig (Ef. 6:11) sodat jy kan staande bly in die dag van onheil.  

Die geestelike mens moet seker maak dat hy met al hierdie BEKLEE is, maar die manier om dit aan te trek bestaan nie bloot uit woorde nie, maar het baie te doen met keuses en dade;  bv, wat kies jy wanneer jy moet kies tussen wêreldse wysheid en die kennis van God/waarheid/Jesus se woorde? (sal jy die waarheid kies?, of glo jy dat jy beter weet of dat die wereld se kennis meer logies is?).  Wat kies jy wanneer jy versoek word om verkeerd te doen? (het jy geregtigheid? - kies jy om die Here te gehoorsaam, of die vlees?). Is jou hoop in die evangelie vd Koninkryk/Jesus/vrede? (of glo jy dat saligheid op verskillende maniere verkry kan word?); wie raadpleeg jy wanneer jy antwoorde soek? (in wie plaas jy jou vertroue?; bv., raadpleeg jy die Here, of soek jy ander bronne op?) en vir wie gehoorsaam jy? (in wie glo jy? - doen jy die wil van God, of jou eie wil?);   leef jy vir die Here? (dien jy Hom of jouself?); ens. ... Hierdie is basies wat bepaal hoe jy jou "beklee" (nl. of jy die Here raadpleeg, hoop in Sy saligheid, glo in Sy woorde, ens.). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA DIE VERSKILLENDE DIE ELEMENTE VD WAPENRUSTING OM DIT BETER TE PROBEER VERSTAAN:
Skrifgedeelte van belang:  
(Eph 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
(Eph 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Eph 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Eph 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Eph 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Eph 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
Die geestelike wapenrusting word beskryf as geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God (en waak in gebed, want ons kan niks sonder die Here doen nie).  Elkeen van hierdie dele moet jy "AANTREK", en meeste dele is bedoel vir BESKERMING;  behalwe een, ..is om mee te VEG (nl. die woord van God - die swaard). Elke stuk vd wapenrusting is belangrik;  bv., die Skrif leer dat geloof (die skild van geloof) is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus! Die ander dele wat nodig is vir beskerming, is geregtigheid, waarheid, bereidheid evangelie verkondig, en verlossing. "Geregtigheid" word voorgestel soos die borswapen, waarheid soos die lendene omgord, evangelie verkondig, soos skoene, en verlossing die helm. In die volgende paragraaf sal ons meer stilstaan op elkeen van hierdie dele om te verstaan presies waarna elkeen verwys en wat elkeen beteken - l.w. dat elkeen van hierdie dele 'n spesifieke deel vd liggaam beskerm (en neem ook in ag dat die geestelike mens se liggaam soos 'n tempel is). (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). 

Bestudeer gerus ook die tema van "geestelike bekleding" saam met hierdie onderwerp.  Bv., die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming) gaan oor hoe die een wat weergebore word ingedoop word onder die kinders van God (dit verwys na die wat in Christus gedoop is) - hierdie is soos geestelike KLERE wat iemand aantrek. Op ditto wyse is daar ander geestelike soort bekledings in die Skrif (wat elk verwys na iets wat "aangetrek" word, bv. die "klere van heil/saligheid".  Die geredde BEKLEE hom/haarself bv. ook met die "nuwe mens"..., wat o.a. beteken dat hy die dinge daarbo bedink en verwys na "Christus in ons" (Ef. 4:24)( Kol 3:2-12). Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik..., en in elke geval verwys dit in konteks na iets spesifiek. Ons het geestelike bekleding nodig vir baie dinge, o.a. om ons naaktheid (geestelik bedoel) te bedek/sonde te bedek. 
So het die WAPENRUSTING VAN GOD 'n bepaalde doel, nl.:
- om kragtig te word in die Here (Ef. 6:10)
-staande te kan bly teen die liste vd duiwel (Ef. 6:11)
-om weerstand te bied in die dag van onheil (Ef. 6:13), en 
-om die vurige pyle van die Bose te kan uitwis (Ef. 6:16).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE REDE WAAROM "OORLOGVOERING" BELANGRIK IS:
Ons het gesien in die vorige paragraaf wat die doel is van die "wapenrusting van God" - hoekom ons dit nodig het... Bv., as jy wil kragtig (sterk) word in die Here, dan het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil staande bly teen die liste vd duiwel (hoe hy lê en wag om jou te vang), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil kan weerstand (teestand) bied in die dag van onheil (dag van boosheid), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy die vurige pyle van die Bose wil uitwis, het jy die skild van geloof nodig in die WAPENRUSTING VAN GOD.

Kom ons kyk bietjie meer in op die woorde "SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE LISTE VD DUIWEL": - die woord "liste" hier is die Gr. woord ("meth-od-i'-ah") wat vewys na 'n "metode" wat deur die duiwel gebruik word om iemand in sy lis te probeer vang, soos om te lê en wag...  Bv., kinders vd Koninkryk wat in die strik van die duiwel gevang is, word tipies na verwys in die Skrif as "dronk" of die wat nie waak nie - hulle is nie nugter nie / nie waaksaam nie, en verwys na mense wat gevang is om die wil vd duiwel te doen (2 Tim. 2:26). Dit is waarom Petrus aan die gemeente skryf  (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die duiwel is 'n teëstander..., en gereddes word beveel om hom teë te staan (bestudeer gerus hierdie pos om meer te verstaan wat "teëstander" beteken: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html)(tipies kenmerkend van teëstanders is dat hulle verag en spot... - hulle is trots, vertel leuens, en terg die Here). As ons kyk na die verhaal van Eden is dit duidelik dat die duiwel 'n teëstander is - hy't bv. die Here God verag en leuens vertel - "geloof" word op hierdie manier aangeval (bv. deur 'n leuen, sodat jy nie glo nie).  L.w. die woorde "standvastig in die GELOOF" daar gebruik in 1 Pet. 5:9, want hierdie is die manier hoe jy die vurige pyle vd bose kan uitwis... (Ef. 6:16) - dit is hoe jy kan seker maak dat jy nie in sy liste gevang word nie (hou vas aan die Here en bly Hom vertrou - moenie die leuen glo nie). Kyk gerus hoe die WAPENRUSTING (vir die geestelike geveg) ook gebruik word in konteks met die tema van NUGTER en WAKKER. Geestelike mense is soos mense wat geestelik BEKLEE is, maar wanneer hulle hierdie "klere" uittrek of besoedel (Openb. 3:4; 7:13,14) en nie was nie, sal hulle onkant gevang word wanneer Jesus terugkom... (Openb. 3:3).  Dieselfde met die wapenrusting van God, want die wat nie daarmee beklee is nie sal onkant gevang word, en in hierdie geval, deur die vyand! Vir studie oor sekere van hierdie onderwerpe, klik op die volgende woorde: (SLAAP)(DRONK)(beklee)(naaktheid)(skaamte ontbloot).

Skild van die GELOOF:
Die prentjie wat vir ons geskets word in Ef. 6 is dat die geredde AANGEVAL WORD DEUR DIE BOSE EN MET PYLE GESKIET WORD..., maar daar is 'n manier hoe hierdie "vurige pyle" uitgewis kan word, en dit is deur GELOOF. Geloof is deel van die "wapenrusting van God", en word voorgestel as die "skild" gedeelte. Wanneer die Here jou skild is (m.a.w., as jy jou vertroue in Hom plaas), hoef jy niks te vrees nie! (Gen. 15:1). Die woord "skild" in Ef. 6:16 is die Gr. woord (" thoo-reh-os' "), wat verwys na 'n groot item, soos die vorm van 'n deur (wat pyle kan afweer en jou BESKERM teen aanvalle). Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas hoef jy nie te vrees nie - dan is die Here soos 'n skild vir jou (Ps. 56:4). Bestudeer gerus die konneksie tussen "wêreld oorwin" en "geloof" (1 Joh. 5:4,5), want die woord "geloof" in Ef. 6:16 is die Gr. woord ("pis'-tis") wat gaan oor in wie of waarin jy jou vertroue plaas... - bv. wat sien jy as waarheid?  In wie plaas jy jou vertroue?, maw in die koteks van tussen die wêreld of die Here...;  bv.,  glo jy in wereldse wysheid? of die wysheid van die Here God?  In ander woorde, wat sien jy as waarheid? Plaas jy jou vertroue in die Here God?, of plaas jy dit in die wereld? GELOOF kan m.a.w. onder andere beskryf word as "om die wêreld (bv. sieninge, kennis, wil, ens.) te oorwin" (1 Joh. 5:4,5), en dit is veral waarna geloof verwys in hierdie skrif. 
  
Lendene omgord met die WAARHEID:
In heelwat skrifte waar die lendene omgord is was dit wanneer iemand gereed gemaak het vir 'n pad of missie..., bv. 2 Kon. 9:1 (waar Elisa 'n profete-seun beveel om sy heupe te gord en 'n kruik olie te neem na Ramot om iemand te salf)(kyk ook 2 Kon. 4:29; 1 Kon. 20:31; ens.) - die gord verwys na 'n belt. Dit is interessant om te merk dat die term "omgord die lendene" ook gebruik word in konteks van "nugter" wees, bv. in 1 Pet. 1:13.14 - ("Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie"). Om die wêreld te oorwin begin by om DIE WAARHEID te kies... Dit is soos voorbereiding vir die pad wat voorlê (en soos 'n belt hou dit alles bymekaar).  In 'n gelykenis wat Jesus vertel het in Luk. 12:35-48, waarin Hy hulle vertel om seker te maak hulle is GEREED, gebruik Hy ook die woorde "laat julle heupe omgord wees" (en terloops beveel Hy hulle om WAKKER te wees!). Om "die heupe te omgord" is beslis 'n term gebruik in konteks met "gereed maak" - wanneer jy die waarheid kies is jy soos iemand wat gereed is (is wakker, en sal nie onverwags betrap word nie);  maar as jy wêreldse wysheid en kennis eerder vertrou, is jy soos iemand wat nie gereed is nie. In Jes. 11:5 word geregtigheid daar voorgestel as 'n gordel van sy ("takkie uit die stomp van Isai" / nl. Christus) lendene, en trou die gordel van sy heupe ("gordel" verwys hier na geregtigheid en trou). 

Borswapen van GEREGTIGHEID:

Die woord "geregtigheid" in Ef. 6:14 is die Gr. woord ("dik-ah-yos-oo'-nay"), wat verwys na hoe iemand se karakter en dade in lyn kom met die Here se wil (geregtigheid beskryf basies dat iemand leef en doen soos die Here wil). In 1 Thess. 5:8 word "borswapen" ook gebruik in konteks met "nugter wees" (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Sover is dit duidelik dat die wat die wapenrusting van God aanhet, verwys na mense wat "waak" en "nugter" is! Vgl. dit met Rom 13:12-14 - ("Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In hierdie konteks gaan dit veral daaroor dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees omsy begeerlikhede te bevredig nie (m.a.w., as iemand nie geregtigheid aantrek nie, dan sal hy nie welvoeglik wandel nie, maar toegee aan die begeertes vd vlees).  In 1 Thess. 5:8 word GELOOF en LIEFDE beskryf as die borswapen... (want geregtigheid gaan eintlik hieroor...; m.a.w., dat iemand leef en doen soos die Here wil, bv., vertroue in die Here se wil en raadpleeg Hom, is barmhartig, vergewensgesind, ens).  In heelwat ander skrifte word geregtigheid ook beskryf as iets wat aangetrek word..., bv. in Job 29:14 word geregtigheid beskryf soos 'n kleed;  in Jes. 61:10 word dit beskryf soos 'n mantel.  In Jes. 59:17 word dit ook beskryf soos 'n pantser (Hebr. woord (shir) -yone', -yawn', -yaw', -yo-naw')(borswapen, harnas). 'n Pantser kan jou ook beskerm teen pyle (Jer. 51:3);  in ander woorde, as jy die wil van die Here doen, is jy o.a. beskerm teen die pyle van die bose.

Skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE:

Die evangelie is die goeie boodskap... (Rom 10:15 - "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!"). Dit wil voorkom of hierdie deel van die wapenrusting verwys na hoe ons bereid moet wees om die goeie boodskap te verkondig (kinders van die koninkryk moet bereid wees om gestuur te word) - 'n evangelie wat nie net vir die kinders van Israel bedoel is nie, maar vir enige iemand! Die begrip "evangelie van vrede" is 'n begrip gebruik in die eerste gemeentes om te verwys na die goeie boodskap wat Jesus Christus gebring het wat o.a. bevestig dat enige iemand van enige nasie, stam, volk of taal gered kan word deur Jesus Christus! (nie net die van Joodse afkoms nie)(Hand. 10:36 - "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal")    (Ef. 2:11-19 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God"). Daar is nie meer Jood of Griek nie... (Gal. 3:28) - in Jesus Christus is Jood en heiden een (natuurlik verwysend na die wat glo in Jesus Christus) - hulle is ALMAL "kinders van Abraham". In ander woorde, as 'n weergeborene bereid is om die evangelie te verkondig, dan kan dit hom kragtig maak in die Here... - dit gaan nie net oor wat die evangelie vir jou beteken nie, maar ook wat dit vir ander kan beteken. Dit is barmhartig om die blye boodskap te verkondig. 

Helm van VERLOSSING:

(Eph 6:17 - "En neem aan die helm (Gr. woord "per-ee-kef-al-ah'-yah" - 'n helmet) van verlossing (Gr. woord "so-tay'-ree-on" - saligheid) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—". vir 'n studie oor die begrip "saligheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html. Redding is "veiligheid", dit is waarna die woord "verlossing" hier veral verwys. Vgl. dit met Jes. 59:17 waarin na verwys word as "die helm van heil (redding, gesondheid, saligheid)" - (Jes. 59:17 - "En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel")(Jes. 61:10).

Die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD:

(Ef. 6:17 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard (Gr. woord "makh'-ahee-rah") van die Gees—dit is die woord van God—").  Die skrif verduidelik vir ons wat bedoel word met "SWAARD VAN DIE GEES", nl. dat dit verwys na die WOORD VAN GOD. Vgl. dit met Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart". Die woord van God verander ons van binne sodat ons begin sien en dink soos die Here. As dit nie gebeur nie, het ons niks om mee te veg nie. In Jes. 49:2 word Israel op 'n interessante manier voorgestel: (Jes. 49:2 - "En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek")(mond daar die Hebr. woord "peh", wat gaan oor praat, maar o.a. is die woord "twee-snydend" daar in die betekenis vd woord mond) (en "swaard" verwys na 'n wapen, bv. 'n mes, byl, swaard... -Hebr. woord "kheh'-reb"). Vgl. dit met Jes. 11:4, hoe die Here Jesus die aarde sal slaan met die roede van Sy mond..., en kyk Openb. 1:16 waar Hy beskryf word as o.a. 'n skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan (Openb. 2:12). Om tyd met die woord van God te spandeer is inderdaad baie belangrik vir die wapenrusting.  Oorwinning le in die woord van God, dit is wat ons getuienis moet wees: (Openb. 12:11 - "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie"). 1Jn_2:14 leer dat die wat STERK IS EN DIE WOORD VAN GOD IN HULLE HET, is mense wat die bose oorwin: ("Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het"). Die begrip "oorwin die wêreld" het baie hiermee te doen, is dat ons nie dink en sien soos die wêreld nie, maar dink en sien soos God - die woord van God is hoe die Here sien en dink.  Die woord "wêreld" hier verwys na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is;  hulle het die "gees van dwaling" (1 Joh. 4:6) - hulle bedink die vlees, nie die Gees nie... (sien dus, dat die swaard "van die Gees" verwys na die wat dink soos die Gees). Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die rede waarom geestelike mense anders "dink en sien", is omdat hulle die Heilige Gees het. As jy die bose wil oorwin het jy die woord van God nodig om te veg, nl. die waarheid, die Skrif, die woorde van Jesus Christus, en dus die Heilige Gees nodig, want die Heilige Gees leer en lei ons in die woorde van God (Joh. 14:17,26; 15:26; 1 Kor. 2:12,13; 1 Joh. 2:27) - selfs wanneer ons nie weet wat om te spreek nie, sal Hy vir ons die woorde gee (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig"). Nog 'n woord wat o.a. die "woorde van God" beskryf, is die woord WAARHEID (Mark. 12:14; Luk. 20:21;  Joh. 8:32). Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring (Joh. 1:17), en die Heilige Gees word ook o.a. die "Gees van waarheid" genoem... (Joh. 15:26). In ander woorde, om die SWAARD VAN DIE GEES op te neem, beteken dat jy glo in Jesus Christus se woorde (vertrou Sy woorde/gehoorsaam Hom) en gehoorsaam die Heilige Gees (geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus/1 Kor. 9:21, en onder die wet van die Gees/Rom. 8:2 - hulle dien vir Jesus Christus, dien die Gees). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom die stryd: 

Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges - Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word, tog is hulle uitgesproke is oor hulle Christelike geloof maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer... WIE IS JOU BRON

Om meer te verstaan van hierdie stryd, moet ons iets weet van hoe die duiwel opereer, bv.:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12)(dit wys darem vir ons wie het eintlik die mag!).

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit;  of kan iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

Die wereld is in die strik van satan, meer presies is natuurlike mense gevang om sy wil te doen (die skrif verwys o.a. hierna as "hulle het 'n gees van dwaling").  Kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID ("gebore in sonde" en omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / hulle het die Heilige Gees). Maar wat gebeur as die geestelike mens terugval? Wat gebeur as hy ander bronne begin raadpleeg, homself of op wereldse wysheid begin staatmaak, ens.? Geestelike mense is nie meer slawe van sonde nie, maar wat gebeur wanneer hy dit weer word? Hierdie is 'n ernstige saak, en hoekom dit so belangrik is dat ons OORWINNING BEHAAL wanneer die duiwel ons probeer vang om sy wil te doen. Die natuurlike mens doen nie die wil van die Here nie maar die wil van die duiwel - is slawe van sonde, maar wat gebeur as geestelike mense wat losgekoop is van hulle slaafskap weer terugval daarin? 

Geestelike mense, nl. die wat vrygekoop is, is nie "kinders vd duiwel" nie (doen en dink nie soos die duiwel nie - is nie onder die gees van dwaling nie) en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie, want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). Die geredde (of nuwe mens) dink en sien anders as die wêreld..., en wandel dus anders (want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees). Om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, want ons leef in 'n wêreld waar die bose probeer om ons "heilige klere uit te trek" (probeer om ons te laat teruggaan na die ou mens wat sien en dink en wandel soos die wêreld)(Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander"). Die "aim" is om staande te bly! (vas te hou/om te oorwin)(kyk o.a. die 7 gemeentes in die boek van Openbaring, hoe belangrik dit is "om te oorwin"). In 'n ander konteks word hierdie pad van godsaligheid voorgestel soos 'n wedloop..., waarin die belangrikheid van "geestelike oefening" uitgelig word (1 Kor. 9:24-27) / (1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). Saligheid is wel verniet, alhoewel jy nou aan 'n ander behoort (Jesus Christus het immers duur betaal vir jou) - die persoon wat verlos is dien die een deur wie hy vrygekoop is, en so "oorwin hy die wereld"... In Luk. 11:21-23 het Jesus 'n interessante stelling gemaak: (Luk 11:21-23 - "Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi"). Dit is belangrik om STERK TE WORD IN DIE HERE, sodat ons nie oorval word nie. En die manier om sterk te word is deur DIE WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek - jy kan nie kortpad hier kies nie. Of jou hart is in dit, of nie. (Rom. 12:21 - "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie"). Dit waardeur iemand OORWIN is, daarvan het hy 'n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Geestelike mense moet hulleself o.a. sien soos slawe van Jesus Christus en begeer om Sy wil te doen. Dit gaan basies oor wie se wil jy doen, en hierdie is presies die doel van die duiwel, nl. is om mense te probeer van om sy WIL TE DOEN, in plaas van die Here se wil (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Mense wat deur die duiwel gevang is om sy wil te doen, is soos mense wat in 'n strik gevang is. Dit is gevaarlik as kinders van die Here hulle laat vang... (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste).

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te sien hoe belangrik dit is om te OORWIN:

1Jn_4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Rev_2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Rev_2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Rev_2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev_2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

Rev_3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Rev_3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Rev_3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Rev_12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev_21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Geestelike mense is met Christus beklee (Gal. 3:26-29), maar hulle word ook beveel om hulleself te beklee met die Here Jesus Christus... (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In 'n sekere konteks verwys die woorde "met Christus beklee" na hoe weergeborenes deel is van Jesus Christus se familie (en deel van die wat eendag gaan erf), maar in 'n ander konteks verwys dit na hoe die geredde die "nuwe mens moet aantrek" - dit is iets wat jy moet doen (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-klere-en.html)  - en wat dit in hierdie laaste konteks beteken is dat ons (as nuwe mense/eerste konteks) geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens!  Dit is wat gewoonlik bedoel word met die feit dat geestelike mense op 'n pad is van godsaligheid... "Godsaligheid" word o.a. soos OEFENINGE in die Skrif beskryf (in hierdie opsig word geleer dat geestelike oefening selfs belangriker is as liggaamlike oefening!). Net soos wanneer iemand oefen vir 'n wedloop, het soldate ook oefening nodig om hulle gereed te kry vir die geveg, en dit is ook in hierdie konteks waarin ons moet kyk na die geestelike wapenrusting.  In 1 Tim. 4:7 word gereddes bv. beveel om hulle te "oefen in die godsaligheid" (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid") - gereddes moet hulle "oefen" in die nuwe afgesonderde lewe wat hulle nou het. Die geestelike wapenrusting van God gaan oor geloof, geregtigheid, waarheid, bereidheid, verlossing, en die woord... - hierdie is alles deel van die "nuwe lewe".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Poste waarin "geestelike bekleding" o.a. behandel word:

Saterdag 19 Julie 2025

Wat beteken die begrip "wêreld oorwin"?

Wie is dit wat "die wêreld oorwin"?  Wat beteken dit? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Griekse betekenis van die woorde "wereld oorwin":

Die woord "wêreld" hier is die Griekse woord "kos'-mos" ("adorning/world" - om iets mooi en aantreklik te maak). DIT IS WAT GEWOONLIK GEBEUR HOEKOM MENSE DIE LEUEN GLO, IS DAT IETS VIR HULLE AANTREKLIK VOORGESTEL WORD (wil dit hê, wil dit glo, ens.). Die begrip "wêreld" hier verwys dus na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is... (bv. "wat die vlees bedink"-Rom. 8:7 - "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie"). Natuurlike mense kan nie dinge op 'n geestelike manier beoordeel nie (1 Kor. 2:12,13)(want hulle het nie die Gees nie) en die waarheid is vir hulle bog... (die wat dink en sien soos die wereld, het 'n wereldse gees / het die gees van dwaling, maar geestelike mense het die Gees van God)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1). 

Die woord "oorwin" is die Griekse woord "nik-ah'-o" ("conquer, overcome, prevail, get the victory" - oorwin, oorwinning behaal, oorkom). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waar hierdie woorde "wêreld oorwin" gebruik word:

Joh_16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. - Wat het Jesus hier bedoel met "Hy het die wereld oorwin"? Hierdie woorde was gebruik in konteks met "in die wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed...". Hoekom kan ons moed he tydens verdrukking? - want Hy het die wereld oorwin... Let wel die konteks vd skrif (v. 25-33) wat gaan oor hulle geloof...;  bv. geloof in die Vader en die feit dat hulle GLO dat Jesus van God uitgegaan het (v.30)... Hierdie konteks kry ons ook in ander skrifte waar gepraat word van "wereld oorwin", en "geloof" self word gesien soos 'n oorwinning.  En wanneer Jesus hier praat van verdrukking, dan verwys Hy duidelik ook na verdrukking waardeur Hy sal gaan (v. 32,33), maar in daardie verdrukking sal Hy nie alleen wees nie want die Vader is met Hom - op ditto wyse is weergeborenes wat deur verdrukking gaan nie alleen nie want die Here is met hulle (v. 31-33).  Daarom kan die geestelike mens vrede he, selfs in verdrukking, want hy het GELOOF! - in daardie opsig oorwin die geestelike mens die wereld deur sy geloof (is met die Here soos die Vader met Jesus Chrsitus is).

2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.  Volgens hierdie vers verwys "wêreld oorwin" na die wat die besmettinge vd wêreld ontvlug het... (hulle word nie daardeur verstik/oorwin nie). In konteks word hier gepraat van valse profete en valse leraars, 'n sekere groep gelowiges wat alreeds die "wereld oorwin" het, maar teruggeval het... (en die laaste sal vir hulle erger wees as die eerste!). Die vorige vers verduidelik dat "waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy 'n slaaf geword". Weergeborenes is losgekoop uit hulle slawerny waaronder alle mense gebore word ("natuurlike mense", gebore in sonde - wat beteken dat hulle die sonde dien) - weergeborenes is vrygekoop van hierdie slaafskap / hulle is vrygekoop deur Jesus Christus (is dus nou slawe van Hom - dien Hom/is aan Hom gehoorsaam - hulle dien nie meer die wereld nie/is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar dien nou die Here/is Hom gehoorsaam).  Maar wat gebeur wanneer iemand vrygekoop word en begin om die Here te dien, maar na tyd terugval in die wereld en weer die sonde begin dien?  Vgl. dit met die derde groep in die gelykenis vd saaier, van gelowiges wat vrug dra maar dit verloor - hulle vrug is deur dorings verstik (hulle het hulle vrug verloor a.g.v. sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, sekere soort begeerlikhede, ens.-Mar 4:19). Hierdie mense verander baiemaal in verleiers (o.a. valse profete en valse leraars na wie verwys word in 2 Pet. 2, mense wat ander verlei om die leuen te glo). As 'n weergeborene vrug begin dra maar dit verloor en onvrugbaar is teen die tyd van oordeel, sal so 'n Christen afgesny word ... (Joh. 15). Sulke mense het die wereld op 'n stadium oorwin, ja, maar a.g.v. ongehoorhaamheid behoort hulle nou weer aan die wereld... (is m.a.w. weer deur die "wereld oorwin", en het dus weer 'n slaaf geword vd verdorwenheid...-v.19). (2Pe 2:21,22 - "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol").

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. - Wie is dit wat die "wereld oorwin"?  Volgens hierdie skrif verwys dit na "alles wat uit God gebore is", nl. gelowiges ("kinders vd geloof" word gesien soos mense wat "uit God gebore" is - 1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is"). Hoe het hulle die wereld oorwin? - deur geloof. Die wat weergebore is word gesien as "geestelike mense" - hulle is nou "nuwe mense"/mense wat "uit God gebore" is (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23). Hulle is kinders van God... Hierdie verwys na die innerlike ("die siel") wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word (word weergebore deur water en Gees). Weergeborenes se uiterlike mens ("die liggaam") sal ook eendag vernuwe word wanneer Jesus terugkom (kyk temas "die opstanding", en "verheerlikte liggaam"). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "wereld oorwin" NA GELOOF (in die waarheid).  DIT GAAN OOR WAARIN/WAT IEMAND GLO...? GLO JY IN DIE WAARHEID WAT VAN DIE VADER AF KOM EN DEUR JESUS CHRISTUS VERKONDIG IS?, OF GLO JY IN WAT DIE WERELD LEER?  

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? - Die kinders vd geloof (die wat glo in Jesus Christus) word gesien as mense wat die "wereld oorwin" het ("en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - v.4). Hoekom word die wat in Jesus Christus glo, gesien as mense wat die wereld oorwin het? Hoekom is geloof die oorwinning? In konteks hier verwys dit na mense wat "sy gebooie bewaar" (en sy gebooie is nie vir hulle swaar nie)(1 Joh. 5:3). Hulle glo in Jesus Christus - in wie Hy is, in Sy woorde, wat Hy leer, is Hom gehoorsaam...ens. (1Jn 5:10 - "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" DIE WAT GLO IN JESUS CHRISTUS(v.4,5) en DIE HERE SE GEBOOIE BEWAAR (v.3)- HULLE GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS EN DAT DIE VADER HOM GESTUUR HET (v.5,10)- HULLE GLO IN JESUS SE WOORDE (dat wat Hy verkondig het die waarheid is, en van God die Vader af kom-v.6-10). Dus, as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar is Hom nie gehoorsaam nie, dan plaas dit 'n vraagteken op sy geloof (want geloof sonder werke is dood). M.a.w., vir wie dien jy regtig? Bv., as 'n geestelike mens weer die sonde begin dien, dan is hy besig om afvallig te word vd geloof... Sulke sonde kan omsit in "sonde tot die dood" as die persoon hom/haar nie daarvan bekeer nie. Al het hy ook vrug gedra, sal daardie dorings die vrug verstik en so iemand kan onvrugbaar word (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier). Op ditto wyse word die wat bely hulle glo in Jesus, maar glo nie in Sy woorde/leringe nie, se geloof bevraagteken (sien volgende punt). En op ditto wyse word die wat bely hulle glo in die Vader maar glo nie in Sy Seun nie, se geloof bevraagteken (want as hulle regtig die Vader ken sal hulle weet dat Jesus die Seun van God is).   

Vgl. dit met 1Jn_4:4 - "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". - Wat is dit wat weergeborenes alreeds oorwin het? In konteks gaan dit oor hoe ons nie elke gees moet glo nie, maar die geeste op die proef moet stel of hulle uit God is... (daar word gewaarsku teeen valse profete). En die manier hoe hulle op die proef gestel kan word is deur te kyk of hulle die waarheid verkondig... (1 Joh. 4:2,3). Valse profete is "uit die wereld" / "praat uit die wereld" (en die wereld luister na hulle / glo hulle)(1 Joh. 4:5). Jesus Christus het die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid;  m.a.w., die wat Hom in hulle het, ken die waarheid (1 Joh. 4:4) - in daardie opsig is Hy wat in ons is groter as hy wat in die wereld is.  En in daardie opsig het ons "hulle" (die met die gees van dwaling/geeste wat leuens versprei) oorwin (ons glo nie die leuens nie, maar glo wat Jesus en Sy Gees leer)(1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" OM DIE WAARHEID TE KEN. GEESTELIKE MENSE LUISTER NA DIE HERE EN HET DIE GEES VAN WAARHEID (weet m.a.w. "wat is die waarheid") - HULLE KAN ONDERSKEI WIE PRAAT DIE WAARHEID EN WIE NIE... GEESTELIKE MENSE HET DIE GEES VAN WAARHEID, MAAR NATUURLIKE MENSE HET DIE GEES VAN DWALING (hulle "sien" nie dieselfde nie / glo nie dieselfde nie). Daarom, as iemand bely dat hy/sy in Jesus Christus glo maar hy glo nie in Sy woorde nie, dan plaas dit 'n vraagteken op so iemand se geloof (glo hy regtig?), want gelowiges is mense wat glo en die waarheid ken.     

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Die begrip "wêreld oorwin" is 'n begrip wat gebruik word om te wys wie GLO in die Here en Sy waarheid... (glo in wie Hy is, glo dit wat Hy leer, ens.) - en wie Hom gehoorsaam (bv. "die wat die besmettinge vd wereld ontvlug het"-2 Pet. 2:20).  M.a.w. die wat die wêreld oorwin het, verwys na "gelowiges" - daarom word GELOOF gesien as 'n oorwinning (want jy glo nou anders as die wereld - glo in Jesus Christus, glo dat Hy die Seun van God is, glo in Sy leringe, is Hom gehoorsaam, het die Gees van waarheid...).  Om die Here "met jou te he" is soos 'n oorwinning (selfs al gaan jy deur verdrukking)(Joh. 16:33).  Geloof is m.a.w. die oorwinning! (1 Joh. 5:4). Die wat die wêreld oorwin het, is tipies weergeborenes... (die wat uit God gebore is - gelowiges)(1 Joh. 5:1-4) - hulle het die Gees van waarheid en "sien" dus anders as natuurlike mense ("die wêreld"). 

"Oorwinnaars" in hierdie opsig verwys na mense wat in die waarheid glo asook die wat die Here gehoorsaam (want geloof sonder werke is dood).  In daardie opsig het hulle die wêreld oorwin, want die wat in die "wêreld" glo (m.a.w. dit wat die wêreld verkondig of die wat die wêreld gehoorsaam) word logies nie gesien as mense wat "die wêreld oorwin" het nie, want hulle sien en doen soos die wêreld.  

Die mensdom kan in twee groepe gedeel word, nl. "natuurlike mense" en "geestelike mense" (weergeborenes) - en hierdie twee groepe dink en "sien" verskillend, en dien dus verskillende meesters. Hierdie twee begrippe kan dus ook gebruik word om die verskil uit te beeld tussen wie "die wêreld oorwin het" en wie nie. Bv. natuurlike mense het die "gees van dwaling" (hulle glo in die leuen), maar geestelike mense (weergeborenes) het die "Gees van waarheid" (hulle glo in die waarheid). Daar is nie 'n tussen-in nie - óf jy glo die waarheid (kan geestelike dinge beoordeel), óf jy glo in die leuen (kan nie geestelike dinge beoordeel nie). Dit is logies hoekom natuurlike mense en geestelike mense so verskillend dink en "sien", natuurlike mense kan bv.  nie geestelike dinge beoordeel nie want hulle het nie die Gees van God nie. Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense - geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1); natuurlike mense het nie die Gees van God nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14).  In daardie opsig het geestelike mense "die wereld oorwin" (want hulle dink en sien nie soos die wereld nie). Natuurlike mense bedink dinge op 'n vleeslike manier (verstaan dit nie ditto as hoe geestelike mense dit verstaan nie)(Rom. 8:5).  Vir die natuurlike mens klink die waarheid dwaas - dit is vir hulle bog, maar die geestelike mens weet wat is die waarheid omdat hy die Gees vd waarheid het en glo in Jesus Christus (wie Hy is-weet dat Hy die Seun van God is - glo m.a.w. dat wat Hy verkondig het die waarheid is en van die Vader af kom). 

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________

Saterdag 30 September 2017

Ongeloof

'n Ander manier hoe ons miskien kan verstaan wat "geloof" is, is om te kyk na wat die teenoorgestelde van geloof is, m.a.w. wat word gesien as ONGELOOF?, en wat beteken dit in verskillende skrifte? Wanneer ons die woord "ongeloof" hoor dan mag ons dalk dink dat dit slegs verwys na die wat nie Christene is nie en glad nie in Jesus Christus glo nie, maar inteendeel hanteer die Skrif veral gevalle waar dit verwys na die "ongeloof" van GELOWIGES !
- m.a.w. "ongeloof van Christene",
- asook "ongeloof van die wat deel is van die volk van God" (die wat beweer dat hulle die Vader ken, maar Hom nie werklik ken nie, en daarom nie glo in Christus Jesus nie)(...dit is bv. a.g.v. hulle ONGELOOF dat hulle "afgebreek" is... (Rom. 11:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ONS GAAN LEER UIT DIE ONDERSTAANDE SKRIFTE, IS DAT:
-   DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT DIE HERE SOMTYDS NIE KRAGDADE DOEN NIEbv. Matt. 13:58 en Mark. 6:5,6 - Jesus Christus het nie baie kragdade daar gedoen nie weens die "gelowiges" se ongeloof...

- DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT SOMMIGE DUIWELS NIE UITGEDRYF KAN WORD NIE.  bv. die dissipels wat nie 'n duiwel kon uitdryf nie in Mark. 9, en die pa se ongeloof, en die dissipels se plig om meer te bed en vas...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF (en die hardheid van hulle harte) IS DAT HULLE SOMTYDS TWYFEL IN DIE WOORDE VAN ANDER GELOWIGES (wat die waarheid praat). - bv. die geval waar die dissipels nie geglo het toe daar vir hulle vertel is dat Jesus Christus opgestaan het nie....

-  DIT WEENS "GELOWIGES" SE ONGELOOF IS DAT HULLE SOMTYDS ONWETEND SONDIG.bv. Saulus wat gelaster en Christene vervolg het en geweld gepleeg het, maar gedink het hy die dien die Vader deur dit te doen...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT HULLE NIE ALTYD ONTVANG WAT AAN HULLE BELOWE IS NIE - bv. baie van die volk wat uit Egipteland uitgelei is en aan wie die belofte gemaak is dat hulle die land sou beerwe, het op die ou end nie ingegaan nie maar gesterf in die woestyn a.g.v. hulle ongeloof...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Almal van ons sukkel somtyds met ONGELOOF - soos die pa in Mark. 9:23,24 - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").  Dit wil lyk of Christus onmiddellik gemerk het dat die pa sukkel met geloof, want toe hy sy seun na Jesus bring, maak Jesus die volgende stelling: "Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe" (Mar 9:19). Alle dinge is moontlik vir die een wat glo, maar net soos hierdie pa wil ons ook somtyds uitroep "Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!" - glo in die Here Jesus maar het nie altyd die geloof nie!  Hierdie is 'n realiteit wat ons nie moet ignoreer nie, want as ons dit ignoreer sal ons nie die Here se krag in ons lewens ervaar nie.  Waar geloof ontbreek, moet ons aandag daaraan gee en die Here vra om ons ongeloof te hulp te kom (soos hierdie pa gedoen het), en soek na wat die Here begeer ons moet doen om dit te verander, en kies om nie ongelowig te wees nie, maar gelowig! (Joh. 20:27). In Mark. 9 kon Jesus se dissipels nie die duiwel uitdryf nie, en verseker het die ongeloof van die pa ook iets daarmee te doen gehad, maar dit wil voorkom of die dissipels se geloof ook nie sterk genoeg was nie!, want in die gedeelte moedig Jesus hulle aan dat GEBED EN VAS in hierdie gevalle nodig is: Mar 9:28,29 - ("En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie").

Waar gelowiges wat deel is van die volk van God en bely dat hulle die Vader ken, NIE GLO in Christus Jesus nie (m.a.w. ongelowig is), word hulle afgebreek;  maar sou hulle nie in hierdie ongeloof bly nie, kan hulle weer ingeent word (Rom. 11:23).  Dit moet vir elkeen met ONGELOOF hoop gee dat sou hy kies om nie meer ongelowig te wees nie, die Here hom te hulp sal kom.

Baie van die volk in die woestyn oppad na die beloofde land het nie ingegaan nie as gevolg van hulle ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5). Die belofte was aan hulle gemaak en die Here het vir hulle die weg geskep waardeur hulle sou kon ingaan, maar a.g.v. hierdie "gelowiges" se ongeloof het hulle nie ingegaan nie, en dus nie ontvang wat vir hulle belowe was nie want hulle het nie die voorwaardes van geloof nagekom nie.  
Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil hê dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo! (Luk 18:17 - "Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie").

Elke gelowige moet gedagstes van ongeloof gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus:  
"moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"!
(vgl. met Joh. 20:27)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING en KONTEKS VAN ONDERSTAANDE SKRIFTE:

- Mark. 16:14 - ("Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie").  "Ongeloof" verwys hier na die ongeloof van Christus Jesus se dissipels! - ongeloof in Sy opstanding, en l.w. die woorde hulle "hardheid van hart". In hierdie geval was dit die hardheid van hulle harte en ongeloof wat veroorsaak het dat hulle nie geglo het toe daar aan hulle vertel is dat Hy opgestaan het nie.
- Matt. 17:20, in hierdie geval was die dissipels nie in staat om 'n duiwel uit te dryf nie (tog het op daardie stadium al baie ander duiwels uitgedryf!): Mat_17:20 - ("En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie").
- Matt. 13:58 ("En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie") - "ongeloof" verwys ook hier na die ongeloof van "gelowiges" - ongeloof van die wat deel is van die volk van God, maar aanstoot geneem het in Christus en Sy leringe - m.a.w., hulle gee voor hulle ken die Vader, maar hulle ken Hom nie werklik nie.    
- Mark. 6:5,6 - ("En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer"). Baiemaal is dit a.g.v. "ongeloof" dat daar geen kragdade onder gelowiges plaasvind nie.
- Mar 9:23,24 word die woord ongeloof gebruik in konteks met 'n "gelowige wat voel dat hy nie geloof het nie" - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").
- Dit is in of a.g.v. ongeloof dat mense baiemaal ONWETEND SONDIG, soos in die geval van Paulus (Saulus) wat gelaster en die Christene vervolg het en hulle geweld aangedoen het - hierdie sondes het hy onwetend gedoen omdat hy "ongelowig" was - hy het gedink dat hy die Vader dien, maar het verkeerd gedoen a.g.v. sy ongeloof: 1Tim. 1:13 - ("my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof").  
- Ongeloof veroorsaak dat ons nie altyd ontvang wat aan ons belowe word nie - Heb_3:19  "En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie". Kyk ook  Jud_1:5  "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het". 
- Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil he dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo!  Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig
- Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in hulle hart aangaan... Hand. 28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE:

Mat_13:58  En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie. 
Mat_17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. 
Mar_6:6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. 
Mar_9:24  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! 
Mar_16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
Rom_4:20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee 
Rom_11:20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 
Rom_11:23  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 
1Ti_1:13  my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof
Heb_3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 
Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. 
Act_28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 

Jud_1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------