Wys tans plasings met die etiket nugter. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket nugter. Wys alle plasings

Dinsdag 24 Maart 2026

Die wapenrusting

In hierdie pos kyk ons na "DIE WAPENRUSTING VAN GOD" waarna verwys word in Ef. 6:11 (bestudeer gerus o.a. die tema van geestelike bekleding, want die wapenrusting van God kan ook gesien word soos iets waarmee jy jouself geestelik beklee - rol af tot heel onder vir 'n lys van poste waarin geestelike bekleding behandel word). Die mens het nie net klere nodig vir die uiterlike nie, maar ook vir die innerlike mens. Die "wapenrusting van God" kan gesien word as "geestelike klere"; bv., net soos ons die uiterlike mens beklee met wapenrusting wanneer jy gaan veg in 'n fisiese geveg, net so het die mens geestelike wapenrusting nodig vir die geestelike geveg waarin ons ons bevind

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons is in 'n wortelstryd..., maar wat is hierdie stryd?: 

Die Skrif leer dat die geestelike mens in 'n worstelstryd betrokke is..., nie teen vlees en bloed (m.a.w., nie teen mense wat uit vlees en uit bloed gebore is) nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Ef. 6:12 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug"). Duidelik is hierdie stryd geestelik van aard! en praat nie van 'n worstelstryd teen ander mense nie.  Die "owerhede, magte en wêreldheersers vd duisternis" en "bose geeste in die lug" waarna verwys word in Ef. 6:12 verwys na die geestelike realm, en fisiese klere/wapenrusting gaan nie help in hierdie "geveg" nie (want dit is geestelik van aard).  Wat ons nodig het is "geestelike klere" . Die wapenrusting van God sal ons help om oorwinning te behaal... - bestudeer gerus die tema "wêreld oorwin" om hierdie nog beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2025/07/wat-beteken-die-begrip-wereld-oorwin.html). 

Hoe word hierdie (geestelike) wapenrusting (wat na verwys word as die WAPENRUSTING VAN GOD)_beskryf?:

- die lendene omgord met die WAARHEID;

- die borswapen van GEREGTIGHEID;

- skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE;

- die skild van die GELOOF;

- die helm van VERLOSSING; en

- die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD  (Ef. 6:14-17 - "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—").

DIE GEREDDE HET DIE "GEESTELIKE WAPENRUSTING VAN GOD" NODIG:  

DIE WEERGEBORENE IS VRYGEKOOP VAN DIE MAG WAARONDER HY GEBORE IS, en dit maak die duiwel woedend - sy plan om jou te verwoes, het gefaal - nou probeer hy jou terugkry...  DIT  IS  BASIES  DIE  GEVEG  WAARIN  DIE  GEESTELIKE   MENS  BETROKKE  IS.  Die duiwel probeer om jou te vang om die leuen te glo in plaas van die waarheid (dit is waarom jou lendene omgord moet wees met die waarheid), probeer om jou te vang om verkeerd te doen (dit is waarom jy die borswapen van geregtigheid moet aanhê), probeer jou stuit om die goeie boodskap uit te dra (dit is waarom jy skoene moet aanhe bereidheid om die evangelie te verkondig), probeer jou van die geloof afvallig maak (dit is waarom jy die skild van die geloof nodig het), probeer om jou te laat twyfel in die verlossing wat jy ontvang het (dit is waarom jy die helm van verlossing nodig het), en probeer om jou te vang om 'n ander evangelie aan te neem (dit is waarom jy die swaard nodig het). In hierdie geveg het jy die geestelike wapenrusting van God nodig (Ef. 6:11) sodat jy kan staande bly in die dag van onheil.  

Die geestelike mens moet seker maak dat hy met al hierdie BEKLEE is, maar die manier om dit aan te trek bestaan nie bloot uit woorde nie, maar het baie te doen met keuses en dade;  bv, wat kies jy wanneer jy moet kies tussen wêreldse wysheid en die kennis van God/waarheid/Jesus se woorde? (sal jy die waarheid kies?, of glo jy dat jy beter weet of dat die wereld se kennis meer logies is?).  Wat kies jy wanneer jy versoek word om verkeerd te doen? (het jy geregtigheid? - kies jy om die Here te gehoorsaam, of die vlees?). Is jou hoop in die evangelie vd Koninkryk/Jesus/vrede? (of glo jy dat saligheid op verskillende maniere verkry kan word?); wie raadpleeg jy wanneer jy antwoorde soek? (in wie plaas jy jou vertroue?; bv., raadpleeg jy die Here, of soek jy ander bronne op?) en vir wie gehoorsaam jy? (in wie glo jy? - doen jy die wil van God, of jou eie wil?);   leef jy vir die Here? (dien jy Hom of jouself?); ens. ... Hierdie is basies wat bepaal hoe jy jou "beklee" (nl. of jy die Here raadpleeg, hoop in Sy saligheid, glo in Sy woorde, ens.). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA DIE VERSKILLENDE DIE ELEMENTE VD WAPENRUSTING OM DIT BETER TE PROBEER VERSTAAN:
Skrifgedeelte van belang:  
(Eph 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
(Eph 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Eph 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Eph 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Eph 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Eph 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
Die geestelike wapenrusting word beskryf as geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God (en waak in gebed, want ons kan niks sonder die Here doen nie).  Elkeen van hierdie dele moet jy "AANTREK", en meeste dele is bedoel vir BESKERMING;  behalwe een, ..is om mee te VEG (nl. die woord van God - die swaard). Elke stuk vd wapenrusting is belangrik;  bv., die Skrif leer dat geloof (die skild van geloof) is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus! Die ander dele wat nodig is vir beskerming, is geregtigheid, waarheid, bereidheid evangelie verkondig, en verlossing. "Geregtigheid" word voorgestel soos die borswapen, waarheid soos die lendene omgord, evangelie verkondig, soos skoene, en verlossing die helm. In die volgende paragraaf sal ons meer stilstaan op elkeen van hierdie dele om te verstaan presies waarna elkeen verwys en wat elkeen beteken - l.w. dat elkeen van hierdie dele 'n spesifieke deel vd liggaam beskerm (en neem ook in ag dat die geestelike mens se liggaam soos 'n tempel is). (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). 

Bestudeer gerus ook die tema van "geestelike bekleding" saam met hierdie onderwerp.  Bv., die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming) gaan oor hoe die een wat weergebore word ingedoop word onder die kinders van God (dit verwys na die wat in Christus gedoop is) - hierdie is soos geestelike KLERE wat iemand aantrek. Op ditto wyse is daar ander geestelike soort bekledings in die Skrif (wat elk verwys na iets wat "aangetrek" word, bv. die "klere van heil/saligheid".  Die geredde BEKLEE hom/haarself bv. ook met die "nuwe mens"..., wat o.a. beteken dat hy die dinge daarbo bedink en verwys na "Christus in ons" (Ef. 4:24)( Kol 3:2-12). Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik..., en in elke geval verwys dit in konteks na iets spesifiek. Ons het geestelike bekleding nodig vir baie dinge, o.a. om ons naaktheid (geestelik bedoel) te bedek/sonde te bedek. 
So het die WAPENRUSTING VAN GOD 'n bepaalde doel, nl.:
- om kragtig te word in die Here (Ef. 6:10)
-staande te kan bly teen die liste vd duiwel (Ef. 6:11)
-om weerstand te bied in die dag van onheil (Ef. 6:13), en 
-om die vurige pyle van die Bose te kan uitwis (Ef. 6:16).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE REDE WAAROM "OORLOGVOERING" BELANGRIK IS:
Ons het gesien in die vorige paragraaf wat die doel is van die "wapenrusting van God" - hoekom ons dit nodig het... Bv., as jy wil kragtig (sterk) word in die Here, dan het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil staande bly teen die liste vd duiwel (hoe hy lê en wag om jou te vang), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil kan weerstand (teestand) bied in die dag van onheil (dag van boosheid), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy die vurige pyle van die Bose wil uitwis, het jy die skild van geloof nodig in die WAPENRUSTING VAN GOD.

Kom ons kyk bietjie meer in op die woorde "SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE LISTE VD DUIWEL": - die woord "liste" hier is die Gr. woord ("meth-od-i'-ah") wat vewys na 'n "metode" wat deur die duiwel gebruik word om iemand in sy lis te probeer vang, soos om te lê en wag...  Bv., kinders vd Koninkryk wat in die strik van die duiwel gevang is, word tipies na verwys in die Skrif as "dronk" of die wat nie waak nie - hulle is nie nugter nie / nie waaksaam nie, en verwys na mense wat gevang is om die wil vd duiwel te doen (2 Tim. 2:26). Dit is waarom Petrus aan die gemeente skryf  (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die duiwel is 'n teëstander..., en gereddes word beveel om hom teë te staan (bestudeer gerus hierdie pos om meer te verstaan wat "teëstander" beteken: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html)(tipies kenmerkend van teëstanders is dat hulle verag en spot... - hulle is trots, vertel leuens, en terg die Here). As ons kyk na die verhaal van Eden is dit duidelik dat die duiwel 'n teëstander is - hy't bv. die Here God verag en leuens vertel - "geloof" word op hierdie manier aangeval (bv. deur 'n leuen, sodat jy nie glo nie).  L.w. die woorde "standvastig in die GELOOF" daar gebruik in 1 Pet. 5:9, want hierdie is die manier hoe jy die vurige pyle vd bose kan uitwis... (Ef. 6:16) - dit is hoe jy kan seker maak dat jy nie in sy liste gevang word nie (hou vas aan die Here en bly Hom vertrou - moenie die leuen glo nie). Kyk gerus hoe die WAPENRUSTING (vir die geestelike geveg) ook gebruik word in konteks met die tema van NUGTER en WAKKER. Geestelike mense is soos mense wat geestelik BEKLEE is, maar wanneer hulle hierdie "klere" uittrek of besoedel (Openb. 3:4; 7:13,14) en nie was nie, sal hulle onkant gevang word wanneer Jesus terugkom... (Openb. 3:3).  Dieselfde met die wapenrusting van God, want die wat nie daarmee beklee is nie sal onkant gevang word, en in hierdie geval, deur die vyand! Vir studie oor sekere van hierdie onderwerpe, klik op die volgende woorde: (SLAAP)(DRONK)(beklee)(naaktheid)(skaamte ontbloot).

Skild van die GELOOF:
Die prentjie wat vir ons geskets word in Ef. 6 is dat die geredde AANGEVAL WORD DEUR DIE BOSE EN MET PYLE GESKIET WORD..., maar daar is 'n manier hoe hierdie "vurige pyle" uitgewis kan word, en dit is deur GELOOF. Geloof is deel van die "wapenrusting van God", en word voorgestel as die "skild" gedeelte. Wanneer die Here jou skild is (m.a.w., as jy jou vertroue in Hom plaas), hoef jy niks te vrees nie! (Gen. 15:1). Die woord "skild" in Ef. 6:16 is die Gr. woord (" thoo-reh-os' "), wat verwys na 'n groot item, soos die vorm van 'n deur (wat pyle kan afweer en jou BESKERM teen aanvalle). Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas hoef jy nie te vrees nie - dan is die Here soos 'n skild vir jou (Ps. 56:4). Bestudeer gerus die konneksie tussen "wêreld oorwin" en "geloof" (1 Joh. 5:4,5), want die woord "geloof" in Ef. 6:16 is die Gr. woord ("pis'-tis") wat gaan oor in wie of waarin jy jou vertroue plaas... - bv. wat sien jy as waarheid?  In wie plaas jy jou vertroue?, maw in die koteks van tussen die wêreld of die Here...;  bv.,  glo jy in wereldse wysheid? of die wysheid van die Here God?  In ander woorde, wat sien jy as waarheid? Plaas jy jou vertroue in die Here God?, of plaas jy dit in die wereld? GELOOF kan m.a.w. onder andere beskryf word as "om die wêreld (bv. sieninge, kennis, wil, ens.) te oorwin" (1 Joh. 5:4,5), en dit is veral waarna geloof verwys in hierdie skrif. 
  
Lendene omgord met die WAARHEID:
In heelwat skrifte waar die lendene omgord is was dit wanneer iemand gereed gemaak het vir 'n pad of missie..., bv. 2 Kon. 9:1 (waar Elisa 'n profete-seun beveel om sy heupe te gord en 'n kruik olie te neem na Ramot om iemand te salf)(kyk ook 2 Kon. 4:29; 1 Kon. 20:31; ens.) - die gord verwys na 'n belt. Dit is interessant om te merk dat die term "omgord die lendene" ook gebruik word in konteks van "nugter" wees, bv. in 1 Pet. 1:13.14 - ("Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie"). Om die wêreld te oorwin begin by om DIE WAARHEID te kies... Dit is soos voorbereiding vir die pad wat voorlê (en soos 'n belt hou dit alles bymekaar).  In 'n gelykenis wat Jesus vertel het in Luk. 12:35-48, waarin Hy hulle vertel om seker te maak hulle is GEREED, gebruik Hy ook die woorde "laat julle heupe omgord wees" (en terloops beveel Hy hulle om WAKKER te wees!). Om "die heupe te omgord" is beslis 'n term gebruik in konteks met "gereed maak" - wanneer jy die waarheid kies is jy soos iemand wat gereed is (is wakker, en sal nie onverwags betrap word nie);  maar as jy wêreldse wysheid en kennis eerder vertrou, is jy soos iemand wat nie gereed is nie. In Jes. 11:5 word geregtigheid daar voorgestel as 'n gordel van sy ("takkie uit die stomp van Isai" / nl. Christus) lendene, en trou die gordel van sy heupe ("gordel" verwys hier na geregtigheid en trou). 

Borswapen van GEREGTIGHEID:

Die woord "geregtigheid" in Ef. 6:14 is die Gr. woord ("dik-ah-yos-oo'-nay"), wat verwys na hoe iemand se karakter en dade in lyn kom met die Here se wil (geregtigheid beskryf basies dat iemand leef en doen soos die Here wil). In 1 Thess. 5:8 word "borswapen" ook gebruik in konteks met "nugter wees" (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Sover is dit duidelik dat die wat die wapenrusting van God aanhet, verwys na mense wat "waak" en "nugter" is! Vgl. dit met Rom 13:12-14 - ("Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In hierdie konteks gaan dit veral daaroor dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees omsy begeerlikhede te bevredig nie (m.a.w., as iemand nie geregtigheid aantrek nie, dan sal hy nie welvoeglik wandel nie, maar toegee aan die begeertes vd vlees).  In 1 Thess. 5:8 word GELOOF en LIEFDE beskryf as die borswapen... (want geregtigheid gaan eintlik hieroor...; m.a.w., dat iemand leef en doen soos die Here wil, bv., vertroue in die Here se wil en raadpleeg Hom, is barmhartig, vergewensgesind, ens).  In heelwat ander skrifte word geregtigheid ook beskryf as iets wat aangetrek word..., bv. in Job 29:14 word geregtigheid beskryf soos 'n kleed;  in Jes. 61:10 word dit beskryf soos 'n mantel.  In Jes. 59:17 word dit ook beskryf soos 'n pantser (Hebr. woord (shir) -yone', -yawn', -yaw', -yo-naw')(borswapen, harnas). 'n Pantser kan jou ook beskerm teen pyle (Jer. 51:3);  in ander woorde, as jy die wil van die Here doen, is jy o.a. beskerm teen die pyle van die bose.

Skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE:

Die evangelie is die goeie boodskap... (Rom 10:15 - "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!"). Dit wil voorkom of hierdie deel van die wapenrusting verwys na hoe ons bereid moet wees om die goeie boodskap te verkondig (kinders van die koninkryk moet bereid wees om gestuur te word) - 'n evangelie wat nie net vir die kinders van Israel bedoel is nie, maar vir enige iemand! Die begrip "evangelie van vrede" is 'n begrip gebruik in die eerste gemeentes om te verwys na die goeie boodskap wat Jesus Christus gebring het wat o.a. bevestig dat enige iemand van enige nasie, stam, volk of taal gered kan word deur Jesus Christus! (nie net die van Joodse afkoms nie)(Hand. 10:36 - "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal")    (Ef. 2:11-19 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God"). Daar is nie meer Jood of Griek nie... (Gal. 3:28) - in Jesus Christus is Jood en heiden een (natuurlik verwysend na die wat glo in Jesus Christus) - hulle is ALMAL "kinders van Abraham". In ander woorde, as 'n weergeborene bereid is om die evangelie te verkondig, dan kan dit hom kragtig maak in die Here... - dit gaan nie net oor wat die evangelie vir jou beteken nie, maar ook wat dit vir ander kan beteken. Dit is barmhartig om die blye boodskap te verkondig. 

Helm van VERLOSSING:

(Eph 6:17 - "En neem aan die helm (Gr. woord "per-ee-kef-al-ah'-yah" - 'n helmet) van verlossing (Gr. woord "so-tay'-ree-on" - saligheid) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—". vir 'n studie oor die begrip "saligheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html. Redding is "veiligheid", dit is waarna die woord "verlossing" hier veral verwys. Vgl. dit met Jes. 59:17 waarin na verwys word as "die helm van heil (redding, gesondheid, saligheid)" - (Jes. 59:17 - "En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel")(Jes. 61:10).

Die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD:

(Ef. 6:17 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard (Gr. woord "makh'-ahee-rah") van die Gees—dit is die woord van God—").  Die skrif verduidelik vir ons wat bedoel word met "SWAARD VAN DIE GEES", nl. dat dit verwys na die WOORD VAN GOD. Vgl. dit met Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart". Die woord van God verander ons van binne sodat ons begin sien en dink soos die Here. As dit nie gebeur nie, het ons niks om mee te veg nie. In Jes. 49:2 word Israel op 'n interessante manier voorgestel: (Jes. 49:2 - "En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek")(mond daar die Hebr. woord "peh", wat gaan oor praat, maar o.a. is die woord "twee-snydend" daar in die betekenis vd woord mond) (en "swaard" verwys na 'n wapen, bv. 'n mes, byl, swaard... -Hebr. woord "kheh'-reb"). Vgl. dit met Jes. 11:4, hoe die Here Jesus die aarde sal slaan met die roede van Sy mond..., en kyk Openb. 1:16 waar Hy beskryf word as o.a. 'n skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan (Openb. 2:12). Om tyd met die woord van God te spandeer is inderdaad baie belangrik vir die wapenrusting.  Oorwinning le in die woord van God, dit is wat ons getuienis moet wees: (Openb. 12:11 - "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie"). 1Jn_2:14 leer dat die wat STERK IS EN DIE WOORD VAN GOD IN HULLE HET, is mense wat die bose oorwin: ("Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het"). Die begrip "oorwin die wêreld" het baie hiermee te doen, is dat ons nie dink en sien soos die wêreld nie, maar dink en sien soos God - die woord van God is hoe die Here sien en dink.  Die woord "wêreld" hier verwys na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is;  hulle het die "gees van dwaling" (1 Joh. 4:6) - hulle bedink die vlees, nie die Gees nie... (sien dus, dat die swaard "van die Gees" verwys na die wat dink soos die Gees). Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die rede waarom geestelike mense anders "dink en sien", is omdat hulle die Heilige Gees het. As jy die bose wil oorwin het jy die woord van God nodig om te veg, nl. die waarheid, die Skrif, die woorde van Jesus Christus, en dus die Heilige Gees nodig, want die Heilige Gees leer en lei ons in die woorde van God (Joh. 14:17,26; 15:26; 1 Kor. 2:12,13; 1 Joh. 2:27) - selfs wanneer ons nie weet wat om te spreek nie, sal Hy vir ons die woorde gee (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig"). Nog 'n woord wat o.a. die "woorde van God" beskryf, is die woord WAARHEID (Mark. 12:14; Luk. 20:21;  Joh. 8:32). Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring (Joh. 1:17), en die Heilige Gees word ook o.a. die "Gees van waarheid" genoem... (Joh. 15:26). In ander woorde, om die SWAARD VAN DIE GEES op te neem, beteken dat jy glo in Jesus Christus se woorde (vertrou Sy woorde/gehoorsaam Hom) en gehoorsaam die Heilige Gees (geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus/1 Kor. 9:21, en onder die wet van die Gees/Rom. 8:2 - hulle dien vir Jesus Christus, dien die Gees). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom die stryd: 

Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges - Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word, tog is hulle uitgesproke is oor hulle Christelike geloof maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer... WIE IS JOU BRON

Om meer te verstaan van hierdie stryd, moet ons iets weet van hoe die duiwel opereer, bv.:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12)(dit wys darem vir ons wie het eintlik die mag!).

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit;  of kan iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

Die wereld is in die strik van satan, meer presies is natuurlike mense gevang om sy wil te doen (die skrif verwys o.a. hierna as "hulle het 'n gees van dwaling").  Kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID ("gebore in sonde" en omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / hulle het die Heilige Gees). Maar wat gebeur as die geestelike mens terugval? Wat gebeur as hy ander bronne begin raadpleeg, homself of op wereldse wysheid begin staatmaak, ens.? Geestelike mense is nie meer slawe van sonde nie, maar wat gebeur wanneer hy dit weer word? Hierdie is 'n ernstige saak, en hoekom dit so belangrik is dat ons OORWINNING BEHAAL wanneer die duiwel ons probeer vang om sy wil te doen. Die natuurlike mens doen nie die wil van die Here nie maar die wil van die duiwel - is slawe van sonde, maar wat gebeur as geestelike mense wat losgekoop is van hulle slaafskap weer terugval daarin? 

Geestelike mense, nl. die wat vrygekoop is, is nie "kinders vd duiwel" nie (doen en dink nie soos die duiwel nie - is nie onder die gees van dwaling nie) en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie, want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). Die geredde (of nuwe mens) dink en sien anders as die wêreld..., en wandel dus anders (want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees). Om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, want ons leef in 'n wêreld waar die bose probeer om ons "heilige klere uit te trek" (probeer om ons te laat teruggaan na die ou mens wat sien en dink en wandel soos die wêreld)(Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander"). Die "aim" is om staande te bly! (vas te hou/om te oorwin)(kyk o.a. die 7 gemeentes in die boek van Openbaring, hoe belangrik dit is "om te oorwin"). In 'n ander konteks word hierdie pad van godsaligheid voorgestel soos 'n wedloop..., waarin die belangrikheid van "geestelike oefening" uitgelig word (1 Kor. 9:24-27) / (1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). Saligheid is wel verniet, alhoewel jy nou aan 'n ander behoort (Jesus Christus het immers duur betaal vir jou) - die persoon wat verlos is dien die een deur wie hy vrygekoop is, en so "oorwin hy die wereld"... In Luk. 11:21-23 het Jesus 'n interessante stelling gemaak: (Luk 11:21-23 - "Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi"). Dit is belangrik om STERK TE WORD IN DIE HERE, sodat ons nie oorval word nie. En die manier om sterk te word is deur DIE WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek - jy kan nie kortpad hier kies nie. Of jou hart is in dit, of nie. (Rom. 12:21 - "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie"). Dit waardeur iemand OORWIN is, daarvan het hy 'n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Geestelike mense moet hulleself o.a. sien soos slawe van Jesus Christus en begeer om Sy wil te doen. Dit gaan basies oor wie se wil jy doen, en hierdie is presies die doel van die duiwel, nl. is om mense te probeer van om sy WIL TE DOEN, in plaas van die Here se wil (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Mense wat deur die duiwel gevang is om sy wil te doen, is soos mense wat in 'n strik gevang is. Dit is gevaarlik as kinders van die Here hulle laat vang... (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste).

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te sien hoe belangrik dit is om te OORWIN:

1Jn_4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Rev_2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Rev_2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Rev_2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev_2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

Rev_3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Rev_3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Rev_3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Rev_12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev_21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Geestelike mense is met Christus beklee (Gal. 3:26-29), maar hulle word ook beveel om hulleself te beklee met die Here Jesus Christus... (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In 'n sekere konteks verwys die woorde "met Christus beklee" na hoe weergeborenes deel is van Jesus Christus se familie (en deel van die wat eendag gaan erf), maar in 'n ander konteks verwys dit na hoe die geredde die "nuwe mens moet aantrek" - dit is iets wat jy moet doen (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-klere-en.html)  - en wat dit in hierdie laaste konteks beteken is dat ons (as nuwe mense/eerste konteks) geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens!  Dit is wat gewoonlik bedoel word met die feit dat geestelike mense op 'n pad is van godsaligheid... "Godsaligheid" word o.a. soos OEFENINGE in die Skrif beskryf (in hierdie opsig word geleer dat geestelike oefening selfs belangriker is as liggaamlike oefening!). Net soos wanneer iemand oefen vir 'n wedloop, het soldate ook oefening nodig om hulle gereed te kry vir die geveg, en dit is ook in hierdie konteks waarin ons moet kyk na die geestelike wapenrusting.  In 1 Tim. 4:7 word gereddes bv. beveel om hulle te "oefen in die godsaligheid" (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid") - gereddes moet hulle "oefen" in die nuwe afgesonderde lewe wat hulle nou het. Die geestelike wapenrusting van God gaan oor geloof, geregtigheid, waarheid, bereidheid, verlossing, en die woord... - hierdie is alles deel van die "nuwe lewe".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Poste waarin "geestelike bekleding" o.a. behandel word:

Maandag 30 Desember 2024

Waaksaam

 

In hierdie pos kyk ons na die begrip "waak" in die Skrif - bv. in watter konteks die woorde "om te waak" of "om "waaksaam" te wees gebruik word in die Skrif. Kinders vd Koninkryk word o.a. aangemoedig om "wakker te wees" (want as jy slaap kan jy nie waak nie...).  In hierdie pos kyk ons dus ook in op ander begrippe wat pas by hierdie tema, bv. "wakker" of "slaap", "nugter" of "dronk".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Opsomming:

"Waak" gaan oor om wag te hou - waar daar nie gewaak word nie kan die vyand inbreek, of iemand kan onverwags betrap word.  Hierdie soort beeldspraak was baie deur Jesus gebruik om te verduidelik hoe kinders vd Koninkryk onverhoeds betrap sal word met die Wederkoms as hulle nie waak nie..., of hoe die vyand in die kerk onder die kinders vd Koninkryk kan insluip as hulle slaap.

Die wat nie waak nie verwys na kinders van die Koninkryk wat "slaap" (hulle "sien" nie, en hulle "hoor" nie..., want hulle slaap) of "dronk" is (die wie se sinne bedorwe is, bv. die eiesinniges wat dronk is van wereldse wysheid, of die wat dronk is van sonde en afgode). Wanneer iemand slaap sien en hoor hy nie... - op dieselfde wyse is die wat geestelik slaap soos mense wat nie sien en hoor nie Hulle hoor bv. die waarheid maar kies om nie te luister nie, of word gewys maar kies om nie te "sien" nie. Somtyds sit die Here iemand geestelik in 'n "diep slaap" sodat hy glad nie meer hoor en sien nie! - hy word m.a.w. oorgegee aan sy eie begeertes; die gevolg van so iemand is dat hy later regtig dink hy "sien en hoor" terwyl hy eintlik nie doen nie! (hy glo later hy's reg al is hy verkeerd - Rom. 1)(bv. wederstrewiges wat in sonde stap maar hulle nie daarvan bekeer nie soos om hulle sonde te regverdig). Hierdie gebeur met kinders vd Koninkryk wat slaap maar nie wakker word nie;  m.a.w., hulle bekeer hulle nie van die manier hoe hulle sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink nie (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10). 

(1) SODAT ONS NIE ONVERWAGS BETRAP WORD NIE: (Mark. 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!")(die woord "waak" hier is die Gr. woord "gray-gor-yoo'-o", wat beteken om waaksaam te wees, wakker, hou wag)(Matt. 24:42; 25:13). In hierdie konteks word dit gewoonlik vgl. met wakker wees, maar dit word ook somtyds in dieselfde konteks gebruik as "moet nugter wees" (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees"). As jy aan die slaap is kan jy nie waak nie, en die wat nie WAAK en hulle KLERE BEWAAR nie, is soos mense wat "dronk" is... - dronk mense kan nie hulle goed bewaar nie (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat WAAK en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  In hierdie geval verwys dit na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap sonder om hulle daarvan te bekeer (hulle bewaar nie hulle klere wat hulle naaktheid bedek nie, en sal dus naak bevind word wanneer Jesus terugkom...). In konteks word 'n kind vd Koninkryk wat geestelik dronk is wanneer Jesus terugkom, ook gesien as iemand wat nie kon waak nie... (want hy is dronk!), en a.g.daarvan kon hy nie sy klere (wat sy naaktheid bedek) bewaar nie... - hierdie verwys na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap en geestelik "hoereer" sonder om hulle daarvan te bekeer.  Doen gerus 'n studie oor die belangrikheid van geestelik bekleed wees (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).

(2) SODAT DIE VYAND NIE INBREEK NIE: Wanneer iemand slaap kan hy nie waak nie... In Matt. 13 verduidelik Jesus deur 'n gelykenis dat die rede waarom daar somtyds onkruid (valses) tussen die koring (opregtes) gesaai word, is wanneer hulle SLAAP! (en die een wat die onkruid daar saai is die vyand - die duiwel). Baie kerke het onkruid, en die rede hiervoor is omdat daar tye is of was wat hulle SLAAP of geslaap het... -  omdat hulle dus NIE WAAK NIE, gebeur hierdie...  Die begrip "dronk" word ook somtyds in hierdie konteks gebruik, bv. dat die wat dronk is val en rondslinger... ;  bv. "val vir versoeking" en "word rondgeslinger deur allerhande leringe".  'n Dronk mens kan nie waaksaam wees nie (want hy weet nie wat hy doen nie en word maklik saamgesleep en val terloops rond).  Die wat nugter is is egter wakker en weet wat om hulle aangaan!, en is vas op hulle voete - dit verwys na mense wat in die Here bly en vashou aan die geloof - hulle "hoor" en hulle "sien" (hulle verstaan - ken bv. die waarheid en weet wat die wil vd Here is). Dit is anders as dronk mense wat nie hoor nie, en nie mooi sien nie..., en dan saamstem wanneer hulle nie moet nie en op iemand anders staatmaak om hulle te ly (kan net sowel in 'n sloot ingelei word... - hierdie word terloops ook in die konteks gebruik van "is blind"). Dit is duidelik dat die vyand op hierdie tye kan inbreek en so iemand lei op 'n verkeerde pad.  Wanneer kinders vd koninkryk in sonde stap en begin luister na ander bronne en hulle deur hulle laat lei, is hulle nie besig om te waak nie! Nog 'n tema wat hierby aansluit is "kinders vd nag" (of  "kinders vd lig/dag") - kinders vd nag is dronk, maar kinders vd dag is nugter - (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid")(Mark. 14:38; 1 Kor. 16:13)(Kol. 4:2 - " Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE OOR "WAAK":

Om die woord beter te verstaan kan ons ook kyk na 'n paar skrifgedeeltes waarin hierdie begrip voorkom:
- (1) Matt. 26 - Jesus besig om te bid, Getsémané, net voor Hy gevange geneem is... Hy vra 3 van Sy dissipels om saam met Hom te WAAK, maar toe Hy later weer by hulle kom VIND HY HULLE AAN DIE SLAAP, en sê vir hulle:-(Matt. 26:40,41 - "En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Hier sien ons 'n goeie vb. van hoe "slaap/nie waak nie" kan lei tot "in die versoeking kom"... (letterlik hier bedoel, maar dit het ook 'n geestelike betekenis;  want wanneer gelowiges "slaap" dan saai die bose onkruid/struikelblokke onder die koring, wat kan veroorsaak dat die gelowige onder versoeking kom).Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(2) (Mar 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, WAAK en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Hierdie beeldspraak word in ander gelykenisse ook gebruik waarin die Here voorgestel word soos 'n "man op reis"... (Luk. 20:9-18; Matt. 25:14-30) - in hierdie geval, Hy laat Sy huis agterna, gee Sy diensknegte volmag (het Sy besittings aan hulle toevertrou), gee vir elkeen werk, en die deurwagter bevel gegee om te waak... Niemand weet wanneer die eienaar terugkom nie, maar wat belangrik is is dat hulle nie slaap wanneer Hy terugkom nie! In hierdie geval sien ons dat waak beslis verwys na "wakker wees". Dit kan miskien vgl. word met Spr. 17:9 (alhoewel die konteks anders daar), van iemand wat homself oorgee aan dronkenskap (in hierdie geval liefde maak terwyl die vrou se man nie by die huis is nie...). Op ditto wyse ruk kinders bv. somtyds hand uit wanneer die ouers nie by die huis is nie... Op ditto wyse is daar diensknegte wat hand uitruk terwyl hulle Meester op reis is... Hier sien ons dat ONGEHOORSAAMHEID o.a. 'n verwysing kan wees dat iemand nie waaksaam is nie (bv., die ongehoorsame kind is nie waaksaam nie en sy ouers betrap hom onkant;  net so die kinders vd koninkryk wat hand uitruk en ongehoorsaam word en dus nie waaksaam is nie, en Jesus sal hulle onkant betrap - bestudeer veral die tema van "soos 'n dief in die nag" om hierdie nog beter te verstaan). 
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(3) (Luk 21:34-37 - "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"). In hierdie geval is die wat "waak" ook die wat "waardig geag sal word" -  "waak" in hierdie gedeelte verwys daarna dat ons nie ons harte beswaar met swelgery en dronkenskap, en sorge vd lewe nie... Vgl. dit met "die dae van Noag" en die derde groep in die gelykenis vd saaier., wat beslis beteken dat daardie mense nie gereed is/was nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(4) (Hand. 20:28-31 - "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie"). In hierdie geval beteken "waak" dat die opsieners/herders ag gee op hulleself en op die kudde... Waarvoor moet hulle oppas?  Daar sal wrede wolwe onder hulle inkom wat verkeerde dinge sal praat en die kudde sal probeer wegtrek om agter hulle aan te gaan - daarom is dit belangrik dat hulle nie "slaap" nie, want anders kan hulle in versoeking kom. Die wagters moet wakker wees! (anders word onkruid onder die koring gesaai). In die wagters se geval verwys dit nie net na die belangrikheid van vermaning waar nodig (soos Paulus gedoen het) nie, maar ook daarna dat hulle die gemeente moet versorg (laat hulle wei en gee vir hulle geestelike kos en water).  
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(5) (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaarsodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In hierdie geval sien ons hoe "klere bewaar" in dieselfde konteks gebruik word as "waak".  Die wat nie hulle klere bewaar nie moet pasop dat hulle nie naak staan teen die tyd wat Jesus terugkom nie - natuurlik is hierdie beeldspraak om te verduidelik dat die heiliges "klere aangetrek is" (bv., hulle sonde is vergewe en hulle is "bekleed met Christus"), maar as hulle terugval in sonde (en die sonde weer begin dien) dan is hulle besig om hulle klere te besoedel;  en as iemand wegval vd geloof in Christus kan hy nie verwag om saam met die volk te erf nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

- (6) (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die konteks van hierdie skrif gaan o.a. oor hoe hulle hulself moet verneder onder die kragtige hand van God...- in hierdie konteks word daar gepraat met die wat na die kudde omsien - hulle moet nie soos heersers optree nie, maar voorbeelde wees... (moet nederig wees, en die Here sal hulle verhoog op die regte tyd)(1 Pet. 5:1-8). Ons kry dieselfde konteks in Jak. 4... (Jak. 4:5-7 - "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). In hierdie geval word daar met al die broeders gepraat... - en daar word o.a. die volgende stelling gemaak: (Jak. 4:3,4 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Kinders vd Koninkryk wat geestelik "slaap" (wat kies om nie te sien en hoor nie) of "dronk" is (die wat geestelik dronk is van sonde, afgode en wereldse wysheid), is HOOGMOEDIG.  Die manier om die duiwel te weerstaan is nie deur harder van hart te word nie... - die duiwel loop rond en soek wie hy kan verslind, en die manier hoe hy wegvlug is wanneer mense hulleself voor die Here VERNEDER ;  so iemand word gesien as nugter, en is dus waaksaam. Ef. 4:27 waarsku dat ons nie aan die duiwel moet plek gee nie, en in die gedeelte word kinders vd koninkryk aangemoedig om hulle met die nuwe mens te beklee en sondes af te le. Maar as 'n kind vd koninkryk in sonde stap en hom/haar nie daarvan wil bekeer nie, is hy/sy besig om "soos die heidene" te wandel en aan die duiwel plek te gee... (Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe").  Om jou hart te verhard verwys na mense wat wetend ongelowig bly... - hulle kies om nie te glo nie, of om te doen wat hulle wil en nie wat die Here wil nie. Die uiteinde is dat so iemand later "nie sien nie" en "nie hoor nie" (soos 'n dronk mens of iemand wat aan die slaap is). Vgl. dit met sekeres in die gemeente van Sardis, kinders vd koninkryk wie se KLERE BESOEDEL was... (Openb. 1:3-6) - en kyk die waarskuwing wat vir hulle gegee word:  (Openb. 3:3 - "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie").
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:

- (7) (Luk 12:37-40 - "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer WAKKER sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy GEWAAK het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook GEREED WEES, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie"). Konteks?  Ons lampe moet aan die brand wees! (Luk 12:35,36). Vgl. dit gerus met die 10 maagde (5 het olie gehad en 5 nie - vir 5 is oopgemaak, en 5 nie). Kinders vd Koninkryk het die lig! - hulle is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (maw, hulle is wakker want hulle "sien") - maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv. hulle antwoorde op ander plekke soek, ander bronne raadpleeg en bv. valse leerstelling aanneem) staan hulle die gevaar om "sonder olie" te wees - sal "donker" opeindig, soos lampe sonder olie...
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE OOR HOE HIERDIE VERSKILLENDE SOORT BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD... (bv. slaap of wakker, dronk of nugter, kinders vd duisternis of kinders vd dag), en HOE DIT AANSLUIT BY "om waaksaam te wees":

Grieks en Hebreeuse betekenis vd woord "waak" - Wat dit beteken om "wakker te wees":
Die wat nie waak nie is aan die slaap.  Wanneer jy aan die slaap is kan jy NIE WAAK NIE... "Waak" is die Hebr. woord "shaw-kad'"(Esra 8:29) wat beteken "wakker bly" of "om bedag/'alert' te wees" of "wag te hou,/uit te kyk vir";  en Griekse woord "gray-gor-yoo'-o" (Matt. 24:42), wat beteken "om wakker te bly, hou wag" (bv. "vigilent"-gee aandag aan iets wat kan gebeur). As jy g'n niks verwag of weet wat kan of gaan gebeur nie, is jy soos iemand wat aan die slaap is.  Bv., gelowiges wat tyd met die Here spandeer (bv. in gebed en woord) weet gewoonlik wat die Here wil doen, watter woord Hy wil laat uitgaan, hoe Hy "sien en dink"...ens.  - hulle word soos "vriende" en begin om die Here se planne te ken... (Joh. 15:15)(bv. hoe die Here oor iets dink, wat Hy beoog om te doen, ens.);   maar die wat nie tyd met die Here spandeer nie is soos mense wat slaap... - daarom weet hulle g'n niks wat aangaan nie!;  of is soos mense wat dronk is en hulp elders kry.  

Wanneer daar nie gewaak word nie saai die vyand onkruid onder die koring:
Die vyand kom in waar mense SLAAP..., en is juis die rede waarom daar somtyds ONKRUID (valses) onder die KORING (opregtes) gesaai word. Dit is dus die rede waarom valse profete en valse leraars (struikelblokke) die kerk somtyds insluip... (Matt. 13:25). In 'n kerk waar baie (of die wagter) slaap kan dus verwag word dat onkruid so sal insluip... (kyk  gerus die geestelike betekenis vd woord "slaap" in die Skrif).  Om "aan die slaap" te wees verwys dus deels na daardie kinders vd Koninkryk wat wandel soos kinders vd duisternis... (hulle wandel nie soos hulle behoort te wandel nie). Kyk bv. die konteks van Ef. 5 waarin gelowiges vermaan word om sonde en afgodsdiens af te lê en gevra word om "die tyd uit te koop"... (Ef. 5:14 - "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn").  Maar die wat "wakker" is verwys gewoonlik na  kinders van die lig , kinders vd dag (1 Thess. 5:1-10)(mens is in die dag wakker...).  KINDERS VD DAG verwys tipies na die wat nie onder toorn sal kom nie... (hulle sal nie deur die "tweede dood" gaan nie)(1 Thess. 5:9).(1Th 5:6-8 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid") - hulle het die hoop op saligheid want hulle "sien" en "hoor";  hulle het dus geloof en liefde. Dit verwys veral na die wie se SINNE VERLIG is! (2 Kor. 4:4-hulle "sien" en "verstaan" - bv., ken die waarheid en die Here se wil)(vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html). Wanneer kinders vd Koninkryk "slaap" dan kan hulle nie sien of hoor wat om hulle aangaan nie, maar WANNEER HULLE WAKKER IS KAN HULLE SIEN EN HOOR.  

Die wat dronk is word ook somtyds vgl. met kinders vd duisternis (of na die wat slaap):
Dronk mense kan nie hulle goed beskerm nie, en hulle val maklik en word rondgeslinger ...(bv. in hierdie konteks verwys dit na "val vir versoekinge" soos sonde, of word deur soorte leringe rondgeslinger-Hebr. 13:9). In beeldspraak beteken om "dronk" te wees  na gelowiges wie se sinne bedorwe is...(natuurlik verwys dit NIE na die wat "dronk van die Heilige Gees" is nie!).  Die wat dronk is gee net ag op hulle eie begeertes en gedagtes, en doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie) - bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens.  

Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike "diep slaap", sodat hulle oë nie sien nie en hulle ore nie hoor nie... (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(hierdie verwys na die wat die waarheid ken maar hulle harte verhard/bv., hulle bly wetend ongelowig en doen wat hulle wil...) - omdat hulle hul nie bekeer van hulle verkeerde dade en verkeerde manier van "sien" nie, gee die Here hulle uiteindelik oor aan hulle begeerte (Rom. 1).  Hulle "sinne is verblind" (soos die ongelowiges) - hulle dink hulle "sien en hoor" maar doen nie werklik nie - hierdie kan ook vgl. word met "dronk" gelowiges.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd Koninkryk word dus nie net aangemoedig om WAAKSAAM te wees nie, maar ook NUGTER... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind). Die wat SLAAP of DRONK is is NIE GEREED NIE, maar kinders vd lig is mense wat waak en nugter is, en is dus gereed! (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").