Wys tans plasings met die etiket waaksaam. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket waaksaam. Wys alle plasings

Maandag 30 Desember 2024

Waaksaam

 

In hierdie pos kyk ons na die begrip "waak" in die Skrif - bv. in watter konteks die woorde "om te waak" of "om "waaksaam" te wees gebruik word in die Skrif. Kinders vd Koninkryk word o.a. aangemoedig om "wakker te wees" (want as jy slaap kan jy nie waak nie...).  In hierdie pos kyk ons dus ook in op ander begrippe wat pas by hierdie tema, bv. "wakker" of "slaap", "nugter" of "dronk".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Opsomming:

"Waak" gaan oor om wag te hou - waar daar nie gewaak word nie kan die vyand inbreek, of iemand kan onverwags betrap word.  Hierdie soort beeldspraak was baie deur Jesus gebruik om te verduidelik hoe kinders vd Koninkryk onverhoeds betrap sal word met die Wederkoms as hulle nie waak nie..., of hoe die vyand in die kerk onder die kinders vd Koninkryk kan insluip as hulle slaap.

Die wat nie waak nie verwys na kinders van die Koninkryk wat "slaap" (hulle "sien" nie, en hulle "hoor" nie..., want hulle slaap) of "dronk" is (die wie se sinne bedorwe is, bv. die eiesinniges wat dronk is van wereldse wysheid, of die wat dronk is van sonde en afgode). Wanneer iemand slaap sien en hoor hy nie... - op dieselfde wyse is die wat geestelik slaap soos mense wat nie sien en hoor nie Hulle hoor bv. die waarheid maar kies om nie te luister nie, of word gewys maar kies om nie te "sien" nie. Somtyds sit die Here iemand geestelik in 'n "diep slaap" sodat hy glad nie meer hoor en sien nie! - hy word m.a.w. oorgegee aan sy eie begeertes; die gevolg van so iemand is dat hy later regtig dink hy "sien en hoor" terwyl hy eintlik nie doen nie! (hy glo later hy's reg al is hy verkeerd - Rom. 1)(bv. wederstrewiges wat in sonde stap maar hulle nie daarvan bekeer nie soos om hulle sonde te regverdig). Hierdie gebeur met kinders vd Koninkryk wat slaap maar nie wakker word nie;  m.a.w., hulle bekeer hulle nie van die manier hoe hulle sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink nie (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10). 

(1) SODAT ONS NIE ONVERWAGS BETRAP WORD NIE: (Mark. 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!")(die woord "waak" hier is die Gr. woord "gray-gor-yoo'-o", wat beteken om waaksaam te wees, wakker, hou wag)(Matt. 24:42; 25:13). In hierdie konteks word dit gewoonlik vgl. met wakker wees, maar dit word ook somtyds in dieselfde konteks gebruik as "moet nugter wees" (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees"). As jy aan die slaap is kan jy nie waak nie, en die wat nie WAAK en hulle KLERE BEWAAR nie, is soos mense wat "dronk" is... - dronk mense kan nie hulle goed bewaar nie (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat WAAK en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  In hierdie geval verwys dit na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap sonder om hulle daarvan te bekeer (hulle bewaar nie hulle klere wat hulle naaktheid bedek nie, en sal dus naak bevind word wanneer Jesus terugkom...). In konteks word 'n kind vd Koninkryk wat geestelik dronk is wanneer Jesus terugkom, ook gesien as iemand wat nie kon waak nie... (want hy is dronk!), en a.g.daarvan kon hy nie sy klere (wat sy naaktheid bedek) bewaar nie... - hierdie verwys na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap en geestelik "hoereer" sonder om hulle daarvan te bekeer.  Doen gerus 'n studie oor die belangrikheid van geestelik bekleed wees (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).

(2) SODAT DIE VYAND NIE INBREEK NIE: Wanneer iemand slaap kan hy nie waak nie... In Matt. 13 verduidelik Jesus deur 'n gelykenis dat die rede waarom daar somtyds onkruid (valses) tussen die koring (opregtes) gesaai word, is wanneer hulle SLAAP! (en die een wat die onkruid daar saai is die vyand - die duiwel). Baie kerke het onkruid, en die rede hiervoor is omdat daar tye is of was wat hulle SLAAP of geslaap het... -  omdat hulle dus NIE WAAK NIE, gebeur hierdie...  Die begrip "dronk" word ook somtyds in hierdie konteks gebruik, bv. dat die wat dronk is val en rondslinger... ;  bv. "val vir versoeking" en "word rondgeslinger deur allerhande leringe".  'n Dronk mens kan nie waaksaam wees nie (want hy weet nie wat hy doen nie en word maklik saamgesleep en val terloops rond).  Die wat nugter is is egter wakker en weet wat om hulle aangaan!, en is vas op hulle voete - dit verwys na mense wat in die Here bly en vashou aan die geloof - hulle "hoor" en hulle "sien" (hulle verstaan - ken bv. die waarheid en weet wat die wil vd Here is). Dit is anders as dronk mense wat nie hoor nie, en nie mooi sien nie..., en dan saamstem wanneer hulle nie moet nie en op iemand anders staatmaak om hulle te ly (kan net sowel in 'n sloot ingelei word... - hierdie word terloops ook in die konteks gebruik van "is blind"). Dit is duidelik dat die vyand op hierdie tye kan inbreek en so iemand lei op 'n verkeerde pad.  Wanneer kinders vd koninkryk in sonde stap en begin luister na ander bronne en hulle deur hulle laat lei, is hulle nie besig om te waak nie! Nog 'n tema wat hierby aansluit is "kinders vd nag" (of  "kinders vd lig/dag") - kinders vd nag is dronk, maar kinders vd dag is nugter - (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid")(Mark. 14:38; 1 Kor. 16:13)(Kol. 4:2 - " Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE OOR "WAAK":

Om die woord beter te verstaan kan ons ook kyk na 'n paar skrifgedeeltes waarin hierdie begrip voorkom:
- (1) Matt. 26 - Jesus besig om te bid, Getsémané, net voor Hy gevange geneem is... Hy vra 3 van Sy dissipels om saam met Hom te WAAK, maar toe Hy later weer by hulle kom VIND HY HULLE AAN DIE SLAAP, en sê vir hulle:-(Matt. 26:40,41 - "En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Hier sien ons 'n goeie vb. van hoe "slaap/nie waak nie" kan lei tot "in die versoeking kom"... (letterlik hier bedoel, maar dit het ook 'n geestelike betekenis;  want wanneer gelowiges "slaap" dan saai die bose onkruid/struikelblokke onder die koring, wat kan veroorsaak dat die gelowige onder versoeking kom).Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(2) (Mar 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, WAAK en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Hierdie beeldspraak word in ander gelykenisse ook gebruik waarin die Here voorgestel word soos 'n "man op reis"... (Luk. 20:9-18; Matt. 25:14-30) - in hierdie geval, Hy laat Sy huis agterna, gee Sy diensknegte volmag (het Sy besittings aan hulle toevertrou), gee vir elkeen werk, en die deurwagter bevel gegee om te waak... Niemand weet wanneer die eienaar terugkom nie, maar wat belangrik is is dat hulle nie slaap wanneer Hy terugkom nie! In hierdie geval sien ons dat waak beslis verwys na "wakker wees". Dit kan miskien vgl. word met Spr. 17:9 (alhoewel die konteks anders daar), van iemand wat homself oorgee aan dronkenskap (in hierdie geval liefde maak terwyl die vrou se man nie by die huis is nie...). Op ditto wyse ruk kinders bv. somtyds hand uit wanneer die ouers nie by die huis is nie... Op ditto wyse is daar diensknegte wat hand uitruk terwyl hulle Meester op reis is... Hier sien ons dat ONGEHOORSAAMHEID o.a. 'n verwysing kan wees dat iemand nie waaksaam is nie (bv., die ongehoorsame kind is nie waaksaam nie en sy ouers betrap hom onkant;  net so die kinders vd koninkryk wat hand uitruk en ongehoorsaam word en dus nie waaksaam is nie, en Jesus sal hulle onkant betrap - bestudeer veral die tema van "soos 'n dief in die nag" om hierdie nog beter te verstaan). 
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(3) (Luk 21:34-37 - "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"). In hierdie geval is die wat "waak" ook die wat "waardig geag sal word" -  "waak" in hierdie gedeelte verwys daarna dat ons nie ons harte beswaar met swelgery en dronkenskap, en sorge vd lewe nie... Vgl. dit met "die dae van Noag" en die derde groep in die gelykenis vd saaier., wat beslis beteken dat daardie mense nie gereed is/was nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(4) (Hand. 20:28-31 - "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie"). In hierdie geval beteken "waak" dat die opsieners/herders ag gee op hulleself en op die kudde... Waarvoor moet hulle oppas?  Daar sal wrede wolwe onder hulle inkom wat verkeerde dinge sal praat en die kudde sal probeer wegtrek om agter hulle aan te gaan - daarom is dit belangrik dat hulle nie "slaap" nie, want anders kan hulle in versoeking kom. Die wagters moet wakker wees! (anders word onkruid onder die koring gesaai). In die wagters se geval verwys dit nie net na die belangrikheid van vermaning waar nodig (soos Paulus gedoen het) nie, maar ook daarna dat hulle die gemeente moet versorg (laat hulle wei en gee vir hulle geestelike kos en water).  
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(5) (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaarsodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In hierdie geval sien ons hoe "klere bewaar" in dieselfde konteks gebruik word as "waak".  Die wat nie hulle klere bewaar nie moet pasop dat hulle nie naak staan teen die tyd wat Jesus terugkom nie - natuurlik is hierdie beeldspraak om te verduidelik dat die heiliges "klere aangetrek is" (bv., hulle sonde is vergewe en hulle is "bekleed met Christus"), maar as hulle terugval in sonde (en die sonde weer begin dien) dan is hulle besig om hulle klere te besoedel;  en as iemand wegval vd geloof in Christus kan hy nie verwag om saam met die volk te erf nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

- (6) (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die konteks van hierdie skrif gaan o.a. oor hoe hulle hulself moet verneder onder die kragtige hand van God...- in hierdie konteks word daar gepraat met die wat na die kudde omsien - hulle moet nie soos heersers optree nie, maar voorbeelde wees... (moet nederig wees, en die Here sal hulle verhoog op die regte tyd)(1 Pet. 5:1-8). Ons kry dieselfde konteks in Jak. 4... (Jak. 4:5-7 - "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). In hierdie geval word daar met al die broeders gepraat... - en daar word o.a. die volgende stelling gemaak: (Jak. 4:3,4 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Kinders vd Koninkryk wat geestelik "slaap" (wat kies om nie te sien en hoor nie) of "dronk" is (die wat geestelik dronk is van sonde, afgode en wereldse wysheid), is HOOGMOEDIG.  Die manier om die duiwel te weerstaan is nie deur harder van hart te word nie... - die duiwel loop rond en soek wie hy kan verslind, en die manier hoe hy wegvlug is wanneer mense hulleself voor die Here VERNEDER ;  so iemand word gesien as nugter, en is dus waaksaam. Ef. 4:27 waarsku dat ons nie aan die duiwel moet plek gee nie, en in die gedeelte word kinders vd koninkryk aangemoedig om hulle met die nuwe mens te beklee en sondes af te le. Maar as 'n kind vd koninkryk in sonde stap en hom/haar nie daarvan wil bekeer nie, is hy/sy besig om "soos die heidene" te wandel en aan die duiwel plek te gee... (Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe").  Om jou hart te verhard verwys na mense wat wetend ongelowig bly... - hulle kies om nie te glo nie, of om te doen wat hulle wil en nie wat die Here wil nie. Die uiteinde is dat so iemand later "nie sien nie" en "nie hoor nie" (soos 'n dronk mens of iemand wat aan die slaap is). Vgl. dit met sekeres in die gemeente van Sardis, kinders vd koninkryk wie se KLERE BESOEDEL was... (Openb. 1:3-6) - en kyk die waarskuwing wat vir hulle gegee word:  (Openb. 3:3 - "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie").
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:

- (7) (Luk 12:37-40 - "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer WAKKER sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy GEWAAK het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook GEREED WEES, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie"). Konteks?  Ons lampe moet aan die brand wees! (Luk 12:35,36). Vgl. dit gerus met die 10 maagde (5 het olie gehad en 5 nie - vir 5 is oopgemaak, en 5 nie). Kinders vd Koninkryk het die lig! - hulle is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (maw, hulle is wakker want hulle "sien") - maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv. hulle antwoorde op ander plekke soek, ander bronne raadpleeg en bv. valse leerstelling aanneem) staan hulle die gevaar om "sonder olie" te wees - sal "donker" opeindig, soos lampe sonder olie...
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE OOR HOE HIERDIE VERSKILLENDE SOORT BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD... (bv. slaap of wakker, dronk of nugter, kinders vd duisternis of kinders vd dag), en HOE DIT AANSLUIT BY "om waaksaam te wees":

Grieks en Hebreeuse betekenis vd woord "waak" - Wat dit beteken om "wakker te wees":
Die wat nie waak nie is aan die slaap.  Wanneer jy aan die slaap is kan jy NIE WAAK NIE... "Waak" is die Hebr. woord "shaw-kad'"(Esra 8:29) wat beteken "wakker bly" of "om bedag/'alert' te wees" of "wag te hou,/uit te kyk vir";  en Griekse woord "gray-gor-yoo'-o" (Matt. 24:42), wat beteken "om wakker te bly, hou wag" (bv. "vigilent"-gee aandag aan iets wat kan gebeur). As jy g'n niks verwag of weet wat kan of gaan gebeur nie, is jy soos iemand wat aan die slaap is.  Bv., gelowiges wat tyd met die Here spandeer (bv. in gebed en woord) weet gewoonlik wat die Here wil doen, watter woord Hy wil laat uitgaan, hoe Hy "sien en dink"...ens.  - hulle word soos "vriende" en begin om die Here se planne te ken... (Joh. 15:15)(bv. hoe die Here oor iets dink, wat Hy beoog om te doen, ens.);   maar die wat nie tyd met die Here spandeer nie is soos mense wat slaap... - daarom weet hulle g'n niks wat aangaan nie!;  of is soos mense wat dronk is en hulp elders kry.  

Wanneer daar nie gewaak word nie saai die vyand onkruid onder die koring:
Die vyand kom in waar mense SLAAP..., en is juis die rede waarom daar somtyds ONKRUID (valses) onder die KORING (opregtes) gesaai word. Dit is dus die rede waarom valse profete en valse leraars (struikelblokke) die kerk somtyds insluip... (Matt. 13:25). In 'n kerk waar baie (of die wagter) slaap kan dus verwag word dat onkruid so sal insluip... (kyk  gerus die geestelike betekenis vd woord "slaap" in die Skrif).  Om "aan die slaap" te wees verwys dus deels na daardie kinders vd Koninkryk wat wandel soos kinders vd duisternis... (hulle wandel nie soos hulle behoort te wandel nie). Kyk bv. die konteks van Ef. 5 waarin gelowiges vermaan word om sonde en afgodsdiens af te lê en gevra word om "die tyd uit te koop"... (Ef. 5:14 - "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn").  Maar die wat "wakker" is verwys gewoonlik na  kinders van die lig , kinders vd dag (1 Thess. 5:1-10)(mens is in die dag wakker...).  KINDERS VD DAG verwys tipies na die wat nie onder toorn sal kom nie... (hulle sal nie deur die "tweede dood" gaan nie)(1 Thess. 5:9).(1Th 5:6-8 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid") - hulle het die hoop op saligheid want hulle "sien" en "hoor";  hulle het dus geloof en liefde. Dit verwys veral na die wie se SINNE VERLIG is! (2 Kor. 4:4-hulle "sien" en "verstaan" - bv., ken die waarheid en die Here se wil)(vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html). Wanneer kinders vd Koninkryk "slaap" dan kan hulle nie sien of hoor wat om hulle aangaan nie, maar WANNEER HULLE WAKKER IS KAN HULLE SIEN EN HOOR.  

Die wat dronk is word ook somtyds vgl. met kinders vd duisternis (of na die wat slaap):
Dronk mense kan nie hulle goed beskerm nie, en hulle val maklik en word rondgeslinger ...(bv. in hierdie konteks verwys dit na "val vir versoekinge" soos sonde, of word deur soorte leringe rondgeslinger-Hebr. 13:9). In beeldspraak beteken om "dronk" te wees  na gelowiges wie se sinne bedorwe is...(natuurlik verwys dit NIE na die wat "dronk van die Heilige Gees" is nie!).  Die wat dronk is gee net ag op hulle eie begeertes en gedagtes, en doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie) - bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens.  

Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike "diep slaap", sodat hulle oë nie sien nie en hulle ore nie hoor nie... (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(hierdie verwys na die wat die waarheid ken maar hulle harte verhard/bv., hulle bly wetend ongelowig en doen wat hulle wil...) - omdat hulle hul nie bekeer van hulle verkeerde dade en verkeerde manier van "sien" nie, gee die Here hulle uiteindelik oor aan hulle begeerte (Rom. 1).  Hulle "sinne is verblind" (soos die ongelowiges) - hulle dink hulle "sien en hoor" maar doen nie werklik nie - hierdie kan ook vgl. word met "dronk" gelowiges.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd Koninkryk word dus nie net aangemoedig om WAAKSAAM te wees nie, maar ook NUGTER... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind). Die wat SLAAP of DRONK is is NIE GEREED NIE, maar kinders vd lig is mense wat waak en nugter is, en is dus gereed! (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").

Vrydag 09 Augustus 2013

Versoeking/Beproewing


In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "VERSOEKING".
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

"Om versoek te word" beteken "OM OP DIE PROEF GESTEL TE WORD" (jy word getoets). Wanneer iemand versoek word word hy deur die kwaad versoek (bv., iemand word deur sy eie begeerlikheid verlok, of sy geloof word op die proef gestel). God versoek niemand nie, maar Hy laat dit toe of nie toe nie... (Jak. 1:13; 1 Kor. 10:13; ens.). In die boek van Openbaring word die gemeente van Filadelfía vrygestel van die "uur van beproewing" omdat hulle die woord van Sy lydsaamheid bewaar het en nie Sy Naam verloën het nie. Hier sien ons dat die doel van versoeking is om die geloof op die proef te stel (Openb. 3:10), en in hierdie geval het die gemeente reeds bewys dat hulle vashou aan die geloof. In Adam en Eva se geval het hulle duidelik gefaal! Hulle was deur hulle eie begeerlikheid verlok om kennis te kry... Job aan die ander kant is 'n vb. van iemand wat die toets deurstaan het. 

GEBED en om WAAKSAAM ("wakker") te wees, kan help dat iemand nie in versoeking kom nie (Matt. 26:41). Dit is gewoonlik wanneer 'n kerk "slaap" wanneer daar onkruid (valses) onder die koring gesaai word - vir 'n studie hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html) of (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html).

Somtyds versoek ons die Here;  bv. dat iemand die Here op die proef stel... (bv. om Sy motiewe te toets, toets of Hy regtig vir jou ongee, toets of Sy jou sal vergewe as jy nie Sy wil doen nie, toets of Hy Sy beloftes sal hou, ens.). ONS MAG NIE DIE HERE VERSOEK NIE! (Matt. 4:7). Vir 'n pos hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html).

Jakobus leer dat wanneer ons geloof beproef word, dit LYDSAAMHEID BEWERK; en leer verder dat ons in sulke tye WYSHEID NODIG het en daarvoor moet bid (Jak. 1:2-6). Jesus het bv. met baie wysheid elke versoeking verdra toe Hy deur die duiwel versoek is in die woestyn (Matt. 4:1-11)(Jak. 1:12 - "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet").

(1)  VERSOEKING  GAAN OOR "OM OP DIE PROEF TE STEL".
(2)  GOD VERSOEK NIEMAND NIE. 
(3)  Dit is die TOESTAND VAN DIE HART wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan.
(4)  GEBED en om WAAKSAAM TE WEES, kan help dat iemand nie in versoeking kom nie!
(5) Iemand word versoek "WANNEER HY DEUR SY EIE BEGEERLIKHEID WEGGESLEEP EN VERLOK WORD" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html ).

========================================================================
(1)  VERSOEKING  GAAN OOR "OM OP DIE PROEF TE STEL".  

Die woord word in sommige skrifte vertaal as "beproewing", bv.  Openb. 3:10 - "Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing (G3986 - temptation) wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".  Die woord "beproewing" hier is bv. dieselfde Gr. woord wat gebruik word in die gelykenis van die saaier, maar dit word daar vertaal as "versoeking" en hier as "beproewing".  En wanneer iemand nie die proef (beproewing)/versoeking deurstaan nie, "VAL HY AF"... (Luk. 8:13; Hebr. 13:12). Wanneer iemand versoek word word hy deur die kwaad versoek (Jak. 1:13). Dit beteken bv. dat iemand se geloof op die proef gestel word (Job; Matt. 4:1,2; Jak. 1:3). 

Jakobus het geleer dat as dit so gebeur dat 'n gelowige in versoeking val, hy dit moet sien as louter vreugde, want as hy die toets deurstaan bewerk dit lydsaamheid...  (Jak. 1:2)  "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie". HIERDIE IS MISKIEN MAKLIKER GESE AS GEDAAN!, maar as jy jouself in die situsie bevind waar jou geloof getoets word, is Jakobus se manier van dink tot groot hulp. Dit moet gesien word as 'n geleentheid om te bewys dat jy glo en vashou aan die Here. (Deu 8:2 - "En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewingom te weet wat in jou hart isof jy sy gebooie sal hou of nie").

Wie van ons is regtig sterk genoeg om staande te bly sou ons versoek word?  Bid ons genoeg?  Wat is die toestand van jou hart?  Die een wie se hart reg is, wat IN DIE HERE BLY  en aan Hom VASHOU (alhoewel miskien met min krag, MAAR SY WOORD BEWAAR EN SY NAAM NIE VERLOEN NIE-Openb. 3:8), kan so 'n toets deurstaan.  Vra die Here om jou nie in die versoeking te lei nie maar te bewaar vd bose, maar as jou geloof wel getoets word, wees dan ook maar bly (want dit bewerk lydsaamheid en sal wys wat in jou hart aangaan). 

(Jak. 1:12)  "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders". Waarna is jou begeerte?  Hoe lyk jou hart?  En is jou gedagtes op die dinge daarbo?  (vgl. dit met 1 Tim. 6:9).

Verdrukking en vervolging word somtyds gesien as versoeking, in die sin van dat jou geloof getoets word.  Die wat bv. vashou aan die geloof en a.g.daarvan doodgemaak word vir hulle geloof, het die toets deurstaan! In hierdie opsig word daar na verdrukking ook verwys as beproewing.  (1Pe 4:12)  "Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;(1Pe 4:13)  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.(1Pe 4:14)  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.(1Pe 4:15)  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.(1Pe 4:16)  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  GOD VERSOEK NIEMAND NIE. 

Dit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie.  En die Here sal nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. (Jak. 1:13;1Kor. 10:13). Gewoonlik is dit ons eie begeertes waardeur ons versoek word... (https://warechristene.blogspot.com/2013/08/versoeking-2.html).  

GOD VERSOEK NIEMAND NIE! Dit is die duiwel wat mense versoek(Luk. 4:13; 1 Kor. 7:5), maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie. 

(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking (G3986) verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek (G3985 - tempted - examine, proof, tempt, try) Hy niemand nie.

(1Kor. 10:13)  Geen versoeking (G3986) het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

(Luk 4:13)  En toe die duiwel elke versoeking (G3986) geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk.

(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking (G3985) bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Dit is die TOESTAND VAN DIE HART wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan:

 En nie net dit nie, maar deur versoeking word gewys wat in die hart aangaan...  Om "wortel te skiet" en geestelik te begin groei, is belangrik om versoekinge te kan deurstaan -  kyk 2de groep in die gelykenis vd saaier.  Die wat nie wortel het nie, val af in tye van versoeking.  Elkeen wat tot geloof kom in Jesus Christus het die lig vd Gees en geestelike kos en water nodig om te geestelik te groei. Sonder "wortel skiet" en groei sal dit moeilik wees om versoekinge te kan weerstaan, en dit is die rede waarom sommige wat tot geloof kom, AFVAL. (Luk 8:6)  "En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie"...................(Luk 8:13)  "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking (G3986 - temptation - a putting to proof, try) VAL HULLE AF" (G868 - fall away - withdraw self, depart, draw (fall) away).

Dit is 'n Skriftuurlike feit dat sommig AFVAL nadat hulle tot geloof gekom het. Die gemeente van Hebreers was o.a. gewaarsku hierteen, en in hierdie konteks wat genoem dat dit die is met 'n bose of ongelowige hart wat afval... (Heb 3:12 - "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God AFVALLIG (G868 - departing - withdraw self, depart, draw (fall)away) word nie").  In hierdie skrif leer ons dat dit die HART is wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan (m.a.w., het hy geestelik gegroei?). Kyk ook na Jesus se verduideliking in die gelykenis van die saaier - "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking  VAL HULLE AF".  Maar kan 'n Christen dan 'n bose hart he? Of 'n ongelowige hart? JA!  In die geval van waar die saad op die rots val, "neem hulle die woord met blydskap aan wanneer hulle dit hoor" - so iemand kom dus tot geloof, maar glo net vir 'n tyd en ontwikkel 'n ongelowige hart. 'n Ander interessante vb. hiervan is die van Simon die towenaar, wat tot bekering gekom het, maar wie se hart nie reg was nie!: - (Hand. 8:13)  "En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur"........(Hand. 8:18-23)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is". In die geval van Simon was hy in 'n "gal van bitterheid" en "bande van ongeregtigheid" - gaan lees meer hieroor op page E-H op hierdie blog, en rol af tot ("In 'n gal van bitterheid": http://warechristene.blogspot.co.nz/p/e-h.html.)
Kyk gerus ook in op die onderwerp van "verharde harte" (waar iemand weet wat is die waarheid, maar sy hart daarteen verhard) - VGL. DIT MET HEBR. 3:8 (VERHARDE HARTE - verbitterd).

DIT IS DIE TOESTAND VAN DIE HART WAT BEPAAL OF IEMAND VERSOEKING KAN DEURSTAAN OF NIE. Geestelike groei is belangrik! In ander woorde, dit is belangrik om die Here te KEN... (Hy is soos kos en water vir ons, Sy wil, Sy woorde, Sy Gees). Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  GEBED en om WAAKSAAM TE WEES, kan help dat iemand nie in versoeking kom nie! 

(Mat 26:41 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Jesus het baie hieroor gepraat, oor hoe ons moet WAAK... (wat verwys daarna dat ons wakker moet wees, want die wat slaap nie" word onverwags betrap;  dit is bv. wanneer die kerk slaap wat onkruid onder die koring gesaai word...).Waar 'n kerk nie waak nie (maar slaap) word onkruid tussen die koring gesaai - die gevolg hiervan is dat hulle verleidende geeste en leringe van duiwels kan begin aanhang.(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof AFVALLIG (G868 - depart - withdraw self, depart, draw (fall) away) sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang  -  GAAN LEES GERUS DIE HELE 1 TIM. 4 OM TE SIEN WAT HIER GENOEM WORD, DIE BELANGRIKHEID VAN OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, en wat  AS LERINGE VAN DUIWELS beskou word .(leringe wat bv. " verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het .................ens......)".
DIE VOLGENDE LINKS KAN BESTUDEER WORD:

GEBED kan ons beskerm teen versoeking:
- Matt. 26:41. (Heb 2:18 - " Want deurdat Hy self onder versoeking (G3985) gely het, kan Hy dié help wat versoek word"). Jakobus leer o.a. dat ons moet BID VIR WYSHEID wanneer ons versoek word...

Jesus het geleer dat ons o.a. moet bid dat ons nie in versoeking kom nie!:
(Luk 11:4)  "en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking (G3986) nie, maar verlos ons van die Bose". (Luk 22:46 - "En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie").  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Iemand word versoek "WANNEER HY DEUR SY EIE BEGEERLIKHEID WEGGESLEEP EN VERLOK WORD" 

Wat jy in jou hart begeer is gewoonlik dit wat veroorsaak dat jy versoek word, bv. as jy begeer "om ryk te word" -(1Ti 6:9 - "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking (G3986) en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang"). Dit is belangrik om gedagtes te neem tot gehoorsaamheid aan Christus.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------