Wie is dit wat "die wêreld oorwin"? Wat beteken dit?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Griekse betekenis van die woorde "wereld oorwin":
Die woord "wêreld" hier is die Griekse woord "kos'-mos" ("adorning/world" - om iets mooi en aantreklik te maak). DIT IS WAT GEWOONLIK GEBEUR HOEKOM MENSE DIE LEUEN GLO, IS DAT IETS VIR HULLE AANTREKLIK VOORGESTEL WORD (wil dit hê, wil dit glo, ens.). Die begrip "wêreld" hier verwys dus na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is... (bv. "wat die vlees bedink"-Rom. 8:7 - "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie"). Natuurlike mense kan nie dinge op 'n geestelike manier beoordeel nie (1 Kor. 2:12,13)(want hulle het nie die Gees nie) en die waarheid is vir hulle bog... (die wat dink en sien soos die wereld, het 'n wereldse gees / het die gees van dwaling, maar geestelike mense het die Gees van God)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1).
Die woord "oorwin" is die Griekse woord "nik-ah'-o" ("conquer, overcome, prevail, get the victory" - oorwin, oorwinning behaal, oorkom).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waar hierdie woorde "wêreld oorwin" gebruik word:
- Joh_16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. - Wat het Jesus hier bedoel met "Hy het die wereld oorwin"? Hierdie woorde was gebruik in konteks met "in die wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed...". Hoekom kan ons moed he tydens verdrukking? - want Hy het die wereld oorwin... Let wel die konteks vd skrif (v. 25-33) wat gaan oor hulle geloof...; bv. geloof in die Vader en die feit dat hulle GLO dat Jesus van God uitgegaan het (v.30)... Hierdie konteks kry ons ook in ander skrifte waar gepraat word van "wereld oorwin", en "geloof" self word gesien soos 'n oorwinning. En wanneer Jesus hier praat van verdrukking, dan verwys Hy duidelik ook na verdrukking waardeur Hy sal gaan (v. 32,33), maar in daardie verdrukking sal Hy nie alleen wees nie want die Vader is met Hom - op ditto wyse is weergeborenes wat deur verdrukking gaan nie alleen nie want die Here is met hulle (v. 31-33). Daarom kan die geestelike mens vrede he, selfs in verdrukking, want hy het GELOOF! - in daardie opsig oorwin die geestelike mens die wereld deur sy geloof (is met die Here soos die Vader met Jesus Chrsitus is).
- 2Pe_2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. - Volgens hierdie vers verwys "wêreld oorwin" na die wat die besmettinge vd wêreld ontvlug het... (hulle word nie daardeur verstik/oorwin nie). In konteks word hier gepraat van valse profete en valse leraars, 'n sekere groep gelowiges wat alreeds die "wereld oorwin" het, maar teruggeval het... (en die laaste sal vir hulle erger wees as die eerste!). Die vorige vers verduidelik dat "waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy 'n slaaf geword". Weergeborenes is losgekoop uit hulle slawerny waaronder alle mense gebore word ("natuurlike mense", gebore in sonde - wat beteken dat hulle die sonde dien) - weergeborenes is vrygekoop van hierdie slaafskap / hulle is vrygekoop deur Jesus Christus (is dus nou slawe van Hom - dien Hom/is aan Hom gehoorsaam - hulle dien nie meer die wereld nie/is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar dien nou die Here/is Hom gehoorsaam). Maar wat gebeur wanneer iemand vrygekoop word en begin om die Here te dien, maar na tyd terugval in die wereld en weer die sonde begin dien? Vgl. dit met die derde groep in die gelykenis vd saaier, van gelowiges wat vrug dra maar dit verloor - hulle vrug is deur dorings verstik (hulle het hulle vrug verloor a.g.v. sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, sekere soort begeerlikhede, ens.-Mar 4:19). Hierdie mense verander baiemaal in verleiers (o.a. valse profete en valse leraars na wie verwys word in 2 Pet. 2, mense wat ander verlei om die leuen te glo). As 'n weergeborene vrug begin dra maar dit verloor en onvrugbaar is teen die tyd van oordeel, sal so 'n Christen afgesny word ... (Joh. 15). Sulke mense het die wereld op 'n stadium oorwin, ja, maar a.g.v. ongehoorhaamheid behoort hulle nou weer aan die wereld... (is m.a.w. weer deur die "wereld oorwin", en het dus weer 'n slaaf geword vd verdorwenheid...-v.19). (2Pe 2:21,22 - "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol").
- 1Jn_5:4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. - Wie is dit wat die "wereld oorwin"? Volgens hierdie skrif verwys dit na "alles wat uit God gebore is", nl. gelowiges ("kinders vd geloof" word gesien soos mense wat "uit God gebore" is - 1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is"). Hoe het hulle die wereld oorwin? - deur geloof. Die wat weergebore is word gesien as "geestelike mense" - hulle is nou "nuwe mense"/mense wat "uit God gebore" is (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23). Hulle is kinders van God... Hierdie verwys na die innerlike ("die siel") wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word (word weergebore deur water en Gees). Weergeborenes se uiterlike mens ("die liggaam") sal ook eendag vernuwe word wanneer Jesus terugkom (kyk temas "die opstanding", en "verheerlikte liggaam"). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "wereld oorwin" NA GELOOF (in die waarheid). DIT GAAN OOR WAARIN/WAT IEMAND GLO...? GLO JY IN DIE WAARHEID WAT VAN DIE VADER AF KOM EN DEUR JESUS CHRISTUS VERKONDIG IS?, OF GLO JY IN WAT DIE WERELD LEER?
- 1Jn_5:5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? - Die kinders vd geloof (die wat glo in Jesus Christus) word gesien as mense wat die "wereld oorwin" het ("en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - v.4). Hoekom word die wat in Jesus Christus glo, gesien as mense wat die wereld oorwin het? Hoekom is geloof die oorwinning? In konteks hier verwys dit na mense wat "sy gebooie bewaar" (en sy gebooie is nie vir hulle swaar nie)(1 Joh. 5:3). Hulle glo in Jesus Christus - in wie Hy is, in Sy woorde, wat Hy leer, is Hom gehoorsaam...ens. (1Jn 5:10 - "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" DIE WAT GLO IN JESUS CHRISTUS(v.4,5) en DIE HERE SE GEBOOIE BEWAAR (v.3)- HULLE GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS EN DAT DIE VADER HOM GESTUUR HET (v.5,10)- HULLE GLO IN JESUS SE WOORDE (dat wat Hy verkondig het die waarheid is, en van God die Vader af kom-v.6-10). Dus, as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar is Hom nie gehoorsaam nie, dan plaas dit 'n vraagteken op sy geloof (want geloof sonder werke is dood). M.a.w., vir wie dien jy regtig? Bv., as 'n geestelike mens weer die sonde begin dien, dan is hy besig om afvallig te word vd geloof... Sulke sonde kan omsit in "sonde tot die dood" as die persoon hom/haar nie daarvan bekeer nie. Al het hy ook vrug gedra, sal daardie dorings die vrug verstik en so iemand kan onvrugbaar word (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier). Op ditto wyse word die wat bely hulle glo in Jesus, maar glo nie in Sy woorde/leringe nie, se geloof bevraagteken (sien volgende punt). En op ditto wyse word die wat bely hulle glo in die Vader maar glo nie in Sy Seun nie, se geloof bevraagteken (want as hulle regtig die Vader ken sal hulle weet dat Jesus die Seun van God is).
- Vgl. dit met 1Jn_4:4 - "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". - Wat is dit wat weergeborenes alreeds oorwin het? In konteks gaan dit oor hoe ons nie elke gees moet glo nie, maar die geeste op die proef moet stel of hulle uit God is... (daar word gewaarsku teeen valse profete). En die manier hoe hulle op die proef gestel kan word is deur te kyk of hulle die waarheid verkondig... (1 Joh. 4:2,3). Valse profete is "uit die wereld" / "praat uit die wereld" (en die wereld luister na hulle / glo hulle)(1 Joh. 4:5). Jesus Christus het die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid; m.a.w., die wat Hom in hulle het, ken die waarheid (1 Joh. 4:4) - in daardie opsig is Hy wat in ons is groter as hy wat in die wereld is. En in daardie opsig het ons "hulle" (die met die gees van dwaling/geeste wat leuens versprei) oorwin (ons glo nie die leuens nie, maar glo wat Jesus en Sy Gees leer)(1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" OM DIE WAARHEID TE KEN. GEESTELIKE MENSE LUISTER NA DIE HERE EN HET DIE GEES VAN WAARHEID (weet m.a.w. "wat is die waarheid") - HULLE KAN ONDERSKEI WIE PRAAT DIE WAARHEID EN WIE NIE... GEESTELIKE MENSE HET DIE GEES VAN WAARHEID, MAAR NATUURLIKE MENSE HET DIE GEES VAN DWALING (hulle "sien" nie dieselfde nie / glo nie dieselfde nie). Daarom, as iemand bely dat hy/sy in Jesus Christus glo maar hy glo nie in Sy woorde nie, dan plaas dit 'n vraagteken op so iemand se geloof (glo hy regtig?), want gelowiges is mense wat glo en die waarheid ken.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:
Die begrip "wêreld oorwin" is 'n begrip wat gebruik word om te wys wie GLO in die Here en Sy waarheid... (glo in wie Hy is, glo dit wat Hy leer, ens.) - en wie Hom gehoorsaam (bv. "die wat die besmettinge vd wereld ontvlug het"-2 Pet. 2:20). M.a.w. die wat die wêreld oorwin het, verwys na "gelowiges" - daarom word GELOOF gesien as 'n oorwinning (want jy glo nou anders as die wereld - glo in Jesus Christus, glo dat Hy die Seun van God is, glo in Sy leringe, is Hom gehoorsaam, het die Gees van waarheid...). Om die Here "met jou te he" is soos 'n oorwinning (selfs al gaan jy deur verdrukking)(Joh. 16:33). Geloof is m.a.w. die oorwinning! (1 Joh. 5:4). Die wat die wêreld oorwin het, is tipies weergeborenes... (die wat uit God gebore is - gelowiges)(1 Joh. 5:1-4) - hulle het die Gees van waarheid en "sien" dus anders as natuurlike mense ("die wêreld").
"Oorwinnaars" in hierdie opsig verwys na mense wat in die waarheid glo asook die wat die Here gehoorsaam (want geloof sonder werke is dood). In daardie opsig het hulle die wêreld oorwin, want die wat in die "wêreld" glo (m.a.w. dit wat die wêreld verkondig of die wat die wêreld gehoorsaam) word logies nie gesien as mense wat "die wêreld oorwin" het nie, want hulle sien en doen soos die wêreld.
Die mensdom kan in twee groepe gedeel word, nl. "natuurlike mense" en "geestelike mense" (weergeborenes) - en hierdie twee groepe dink en "sien" verskillend, en dien dus verskillende meesters. Hierdie twee begrippe kan dus ook gebruik word om die verskil uit te beeld tussen wie "die wêreld oorwin het" en wie nie. Bv. natuurlike mense het die "gees van dwaling" (hulle glo in die leuen), maar geestelike mense (weergeborenes) het die "Gees van waarheid" (hulle glo in die waarheid). Daar is nie 'n tussen-in nie - óf jy glo die waarheid (kan geestelike dinge beoordeel), óf jy glo in die leuen (kan nie geestelike dinge beoordeel nie). Dit is logies hoekom natuurlike mense en geestelike mense so verskillend dink en "sien", natuurlike mense kan bv. nie geestelike dinge beoordeel nie want hulle het nie die Gees van God nie. Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense - geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1); natuurlike mense het nie die Gees van God nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). In daardie opsig het geestelike mense "die wereld oorwin" (want hulle dink en sien nie soos die wereld nie). Natuurlike mense bedink dinge op 'n vleeslike manier (verstaan dit nie ditto as hoe geestelike mense dit verstaan nie)(Rom. 8:5). Vir die natuurlike mens klink die waarheid dwaas - dit is vir hulle bog, maar die geestelike mens weet wat is die waarheid omdat hy die Gees vd waarheid het en glo in Jesus Christus (wie Hy is-weet dat Hy die Seun van God is - glo m.a.w. dat wat Hy verkondig het die waarheid is en van die Vader af kom).