Wys tans plasings met die etiket bokke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bokke. Wys alle plasings

Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Sondag 01 September 2024

Die begrip "Onregverdiges"

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT PRESIES DIE WOORD "ONREGVERDIG" BETEKEN, OF NA WIE PRESIES "ONREGVERDIGES" IN DIE SKRIF VERWYS.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:

Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig".  

Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos). 

Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd).

Ons kan dus ook op beurt inkyk op die woorde "ongeregtiges"en "goddeloses" (Gen. 18:23) om hierdie begrip beter te verstaan.  In Gen. 18 word daar na die onregverdiges/goddeloses in die stad verwys as "hulle sondes was baie swaar" (Gen. 18:20) - tipies verwys dit na iemand wat moreel verkeerd lewe wat karakter en dade aanbetref, en baiemaal is die rede waarom hulle ander benadeel, sodat hulle self voordeel daaruit trek. Gen. 13:13 verklaar o.a. dat die manne van Sodom sleg was en groot sondaars voor die Here... (o.a. seksuele sondes-Gen. 19:5). Op beurt verwys die begrip "ongeregtiges" gewoonlik ook na mense wat "moreel boos" is (en hulle bv. nie van hulle sonde bekeer nie). Vir 'n studie oor "goddeloses", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html) - goddeloses word bv. ook tipies as slegte mense bestempel, en die woord "goddeloos" beteken boos. 

In sekere verse sien ons dat onregverdiges nie 'n goeie oordeel kan oordeel nie (1 Kor. 6:1; Ps. 82:2), nl. hulle is partydig teenoor die goddelose, en verdraai die reg.../Lam. 3:36). Hiedie is opsetlik!, en wanneer 'n onregverdige dit doen dan ly die regverdige daaronder. Volgens 1 Pet. 2:19 doen onregverdiges leed aan ander (1Pe 2:19 - "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly"). G'n wonder die bokke in Matt. 25 word ook na verwys as "onregverdig", want hulle is onbarmhartig teenoor ander mense. Somtyds dink mense dit kom hulle toe om iemand anders te vervloek, en hierdie is baiemaal 'n teken dat iemand onregverdig is. Onregverdiges sal selfs die reg verdraai (Ps. 82:2), soos kwaadsprekers doen, om iemand te vervloek of vir die voordeel wat hulle daaruit kan trek. Onregverdigheid gaan baiemaal gepaard met verdrukking en afpersing (Jer. 22:17);  gewoonlik om mense sonder oorsaak onregverdig te behandel (Ps. 119:78)(hierdie word alles beter in die volgende paragrawe bespreek).

Die vraag is nou of dit in die konteks is van kinders vd Koninkryk wanneer daar in die Skrif verwys word na onregverdiges?, of verwys die begrip na heidene? Die antwoord is dat in meeste gevalle word daar na onregverdiges verwys word, word daar gepraat van die onregverdiges "onder die kinders vd Koninkryk". Nie almal onder God se volk is regverdig nie!, alhoewel hulle is veronderstel om te wees... Wat sal word van hierdie mense wanneer Jesus terugkom? Jesus het dit baie duidelik gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie. Kyk bv. na (1 Kor. 6:1-10) - onregverdiges is baie ongelowig;  bv., in die betrokke gedeelte word daar na onregverdiges verwys as ongelowiges (kyk v. 6 - hierdie verwys na kinders vd konkryk wat ongelowig is!, want logies gesproke het heidene nie eens die belofte dat hulle die koninkryk van God sal beerwe nie).  In v.9 word die stelling gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie... (kyk ook : 2Pe_2:9 " die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS:  DIE WOORD "ONREGVERDIGES":
Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig").

Een groot verskil tussen regverdiges en onregverdiges, is dat onregverdiges iemand vervloek wanneer hulle dink dit kom hulle toe; maar wat die Here eerder van ons verwag, is om selfs ons vyande te seen. God is nie 'n aannemer van die persoon NIE, en Hy verwag van Sy kinders dieselfde! (Mat_5:45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges). Die Fariseër in Luk. 18:11 het homself nie as 'n onregverdige beskou nie;  tog het hy homself verhoog asof hy meer in guns moet wees by die Here.  Christene maak baiemaal hierdie fout dat hulle dink hulle verdien meer omdat hulle kinders vd Here en en goeie dade doen. Dat die Here inderdaad luister na die hulpgeroep van regverdiges en mense antwoord wat vir Hom raadpleeg, is verseker, maar dit is nie omdat jy dit verdien nie... Die Here laat sy son opgaan oor slegtes en goeies!, en Hy het dit bewys! (1Pe_3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees).

Soos bo gesien is een van die tekens dat iemand onregverdig is, is dat hulle die reg verdraai (Ps. 82:2). In 1 Kor. 6 word die gemeente aangepraat oor die feit dat hulle na onregverdiges gaan vir regsake (1Kor_6:1  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?). Die rede waarom Christene somtyds gaan hulp soek by die wereld met regsake (en nie by die kerk nie), is sodat die ander party deur die wereld geoordeel kan word, en ons weet dat die wereld se manier van "sien" baie anders is as hoe die Here sien.  Hierdie is die manier vd onregverdige om die regverdige te laat lei, want op hierdie manier kan hy miskien die reg verdraai of veroorsaak dat die heilige verkeerd geoordeel word.

Wat die toekomstige opstanding aanbetref, sal dit nie net regverdiges wees wat sal opstaan nie, maar ook onregverdiges (Hand_24:15  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges) - Jesus het geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling! (Joh. 5:28,29).  Onregverdiges kan nie verwag om op te staan "tot lewe" as hulle moreel verkeerd gedoen het teen ander mense nie (Jak. 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel). ONREGVERDIGES SAL NIE DIE KONINKRYK VAN GOD BEERWE NIE! (1Kor._6:9). Die ONREGVERDIGES onder die kinders vd Koninkryk mag dalk voorkom of hulle saligheid het, maar die waarheid is dat geloof sonder werke is dood (2Pe_2:9  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS: DIE WOORD "ONREGVERDIG'":
Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat kan verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos). 

Wanneer iemand onregverdig is doen hy leed aan 'n ander - somtyds moet kinders vd Koninkryk sulke leed (om onregverdig te ly) verdra! (1 Pet. 2:19).  Die Here laat baiemaal toe dat iemand leed verdra, soos Job... (Job 19:6), maar die regverdige wat deur so iets gaan moet na die Here roep vir hulp en Hom vra vir krag om dit te kan verdra, want God handel nie onregverdig nie, en verdraai nie die reg nie... (Job 34:12). God sal onregverdiges oordeel - hulle sal beskaamd staan (Psa_119:78  Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele). ONREGVERDIGHEID kan veral beskryf word as wanneer iemand ly onder iemand anders terwyl hy dit nie verdien nie... (kyk die woorde in Ps. 119:78 "hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het"). Dit is wanneer jy SONDER OORSAAK ONREGVERDIG BEHANDEL WORD, asof jy verdien wat oor jou kom - dit is soos om iemand te vergeld vir iets, terwyl hy eintlik onskuldig is.  Hierdie tipe gedrag word baiemaal in die kerk gewaar, wanneer iemand bv. in opstand kom teen die waarheid en die persoon wat die waarheid verkondig, haat (wat baiemaal tot gevolg het dat die onregverdige vervloek, in plaas van seen). Ons mag miskien dink dat verkeerde oordeel ons dan reg gee om onregverdig op te tree, maar selfs in so 'n geval verwag die Here steeds van jou om regverdig te wees (ons moet selfs ons vyande liefhe). Mense wat regverdig is is nie partydig nie, maar sal toesien dat reg geskied - hierdie is die voorbeeld wat die Here vir ons stel, en ons behoort daardie voorbeeld na te volg (Heb_6:10  Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.). Die Here verwag van ons om reg te laat geskied waar reg toekom.

Onregverdiges word baiemaal gekenmerk aan partydigheid en onregverdige oordeel (Psa_82:2  Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela). Dit is duidelik dat "onregverdiges" gesien word as die wat opsetlik onregverdig is (dit wys hoe hulle dink en die ander persoon wil vervloek). Onregverdige mense kan basies nie vetrou word nie! - hulle bewys dat hulle nie in die huidige lewe vertrou kan word, so hulle sal ook nie in die hiernamaals vertrou kan word nie (Jak. 2:13; 1 Kor. 6:9). As jy nie eens getrou kan wees in die bietjie wat die Here aan jou toevertrou nie, hoe sal jy eendag saam met Jesus kan regeer, want dan gaan baie meer jou toevertrou word (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/06/wie-is-geskik-om-saam-met-hom-te-regeer.html) (Luk_16:10  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig). God is regverdig!, en Hy kan nie toelaat dat onregverdiges eendag heers nie (Rom_3:5  Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS:  DIE WOORD "ONREGVERDIGE":
Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd)

Die woord "onregverdige" word in baie skrifte in konteks met "onregverdige wins" genoem, en dit is duidelik dat nie alle soorte "wins" wat iemand maak, altyd regverdig is nie! (Jes. 56:11; Jer. 8:10; Eseg. 22:13). Hierdie is 'n groot probleem in die besigheidswereld, want die wat onregverdige wins najaag is eintlik besig om bedrog te pleeg! - hulle buit mense uit, en in wese gaan dit oor "iemand benadeel sodat jy wins daaruit trek" (Jer_6:13  Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog). Sommige ander sondes het baie dieselfde beginsel, bv. om kwaad te spreek is ook om iemand te benadeel ter wille van voordele (valse profete laster bv. die waarheid., of hulle sal profeteer wat mense graag wil hoor ter wille van die voordeel wat hulle daaruit kan trek). Dit is duidelik dat onregverdiges o.a. op hierdie manier uitgeken kan word..., want onregverdige mense het nie die liefde wat hulle behoort te he nie (hulle gee nie om of iemand anders daaronder ly nie). Hulle buit ander uit of laat hulle swaarkry, en is sommige gevalle (soos in die tweede paragraaf beskryf) dink hulle die ander persoon verdien dit;  en in hierdie paragraaf sien ons 'n ander geval hoekom hulle mense vervloek - sodat hulle hul eie sakke kan volmaak, of mense se guns kan wen, watookal... Onregverdige wins gaan gewoonlik gepaard met VERDRUKKING en AFPERSING (Jer_22:17  Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer) - sommige pleeg selfs moord ter wille hiervan (Eseg. 22:13,27; Jer. 22:17). 

Onregverdiges staan ook op hierdie manier saam - hulle help mekaar om bedrog te pleeg... (Psa_10:3  Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE). Hierdie soort (verkeerde) wins word bv. baiemaal gemaak deur omkoopgeskenke wat aangeneem word, sodat die reg verdraai kan word - bv. dat die skuldige iemand betaal (deur geld of geskenke of gunste) om hom onskuldig te laat blyk, terwyl die onskuldige ly in die proses (1Sa_8:3  Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.) - wanneer dit gebeur word die onskuldige skuldig gemaak, en die skuldige word onskuldig gemaak (Jes. 5:20)(Spr. 17:15  Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel). (Spr_1:19  So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe). 'n Goeie voorbeeld van iemand wat die reg verdraai, is die in Luk. 18 waarin Jesus vertel van die ONREGVERDIGE regter... - duidelik het hierdie "regter" in hierdie verhaal verwys na iemand wat die reg verdraai het sodat hy onregverdige wins trek en dus die arme weduwee laat ly... (in die verhaal het selfs die onregverdige regter haar later so jammer gekry dat hy haar tot hulp gekom het.  Jesus vertel daar dat as selfs die onregverdige regter na haar luister na baie gepleit, hoekom sal die Here, wat regverdig is, dan nie luister as ons bid nie... Dit mag miskien voel of dit hopeloos is wanneer ons onregverdig behandel word, maar ons moet aanhou bid en nie moedeloos word nie, want die Here is regverdig!)(Luk 18:6-8  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?).

Regverdige mense haat onregverdige wins, wat wys dat hulle betroubaar is (Eks_18:21  Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien);  maar onregverdiges is nie betroubaar nie..., maar eerder soos mense wat 'n gebrek het aan gesonde verstand! - hulle het wel wereldse wysheid, maar nie die wysheid vd Here nie (Spr._15:27  Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe)(Spr._28:16  ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng). 

Jou woorde en dade wys wat in jou hart aangaan (Eseg._33:31  En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan).

Die begrip "Vervloektes"

Die woord "vervloek" kom in sowat 69 verse in die Bybel voor en verwys na iets of iemand wat vervloek is... - kom 'n vloek op hom... (Hebr. woord "aw-rar", wat verwys na kwaad wat vererger word = "vervloek")(Gr. woord "at-ar-ah'-om-ahee", wat ditto beteken Hebr. woord, verwys na "is verdoem" = vervloek).

 Om iemand te seën is bv. die teenoorgestelde van vervloek, en gaan oor wat jy vir die ander persoon toewens.  As jy iemand vervloek wens jy die slegte vir hom toe...-  'n vyand wil  bv. hê dit moet mt jou sleggaan, maar Jesus het geleer dat ons sons vyande moet seën. Ten spyte van die feit dat hulle wil hê dit moet sleggaan met ons, moet ons nie dieselfde aan hulle doen nie, maar die goeie vir hulle toewens... (Matt. 5:22).  

Christene het nie die reg om enige iemand te vervloek nie (Rom. 12:14). 

In Mark. 11 het Jesus 'n vyeboom vervloek, en dit het verdroog (v.21) - wanneer 'n boom verdroog kan dit nooit weer vrug dra nie  L.w. dat die rede waarom Jesus die boom vervloek het is omdat dit nie vrug gedra het nie - sy kans is toe weggeneem om ooit weer vrug te dra.../Mark. 11:13,14 - dieselfde sal gebeur met kinders van die koninkryk wat geen vrug dra nie... (Joh. 15:4,6) - hulle sal "vervloek" word... VERVLOEKTES VAL ONDER 'N OORDEEL - dit is soos 'n STRAF (bv. toe die aarde vervloek is, het dit met moeite vrug opgelewer en dit het dorings en distels voortgebring - wat die werk nog meer gemaak het vir die mens). 

In elke geval van "vervloekte" kan daar beskryf word "wat die vloek is", en kortom is dit nooit iets goed nie! Toe Kain vir Abel doodgemaak het was hy deur die Here vervloek... - as hy die grond bewerk, sou dit nie sy vermoë aan hom meer gee nie, en dit het verder beteken dat hy ‘n swerwer en vlugteling was op die aarde. Dit hang af waarna die vloek verwys.  In geval van die onbarmhartige bokke (Matt. 25) is hulle vervloek tot die ewige vuur...  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 10 Mei 2017

Eindtyd Onderwerpe

Alle "Eindtyd onderwerpe" op hierdie blog is onlangs geskuif na 'n nuwe adres:  http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/. Sekere van hierdie onderwerpe het kort opsommings op die Sondagskool blog en kan dus vir eers daar verkry word...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volgende onderwerpe is oorgeskuif maar nog nie "gepos" nie 
- word met die tyd hersien, byvoegings gemaak, en ekstra moontlike interpretasies met die tyd bygevoeg:

-OPSTANDING/"WEGRAPING"
-LYS EINDTYD ONDERWERPE
-OLYFBERG
-EERSTE SEEL (konteks skrifte)
-TWEEDE SEEL (konteks skrifte)
-DERDE SEEL (konteks skrifte)
-VYFDE SEEL (konteks skrifte)
-VIERDE SEEL (konteks skrifte)
-SESDE SEEL (konteks skrifte)
-DAN. 2,7,8,11 / OPENB. 12,13,17
-SLEUTELGEBEURE OPENB. 11 - 21
-SEWENDE SEEL (konteks skrifte)
-OPSOMMING - TYD VAN SLEUTELGEBEURE
-WIE OORWIN SAL BEKLEE WORD MET WIT KLERE: http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html
-WANNEER JESUS TERUGKOM, SAL HY WEL DIE GELOOF OP AARDE VIND?
-EN DIT SAL VIR JULLE UITLOOP OP 'N GETUIENIS...
-AAN HOM WAT OORWIN SAL EK GEE OM SAAM MET MY TE SIT...
-WIE IS DIE KORING EN DIE KAF?
-WAT BETEKEN DIT OM GEREED TE WEES?
-SOOS 'N DIEF IN DIE NAG
-WAT IS DIE DOEL VAN DIE "WEGRAPING"?
-WIE IS DIE SKAPE EN DIE BOKKE?
-WIE IS DIE KORING EN DIE ONKRUID?
-DIE WEDERKOMS
-TOT DIE SONDE VOL IS
-HET DIE EERSTE GEMEENTES GEGLO DAT JESUS IN HULLE TYD SOU TERUGKOM?
-DIE HERE WEET OM DIE GODSALIGES UIT VERSOEKING TE VERLOS
-VOLGORDE EINDTYD GEBEURE
-ONS MOENIE SY WEDERKOMS VERHAAS NIE
-DIE WAT HULLE LEWE VERLOOR SAL DIT WEN
-IS DIE KERK DIE BRUID VAN CHRISTUS?
-HOE VERGELYK DIE VERSKILLENDE EINDTYDSKRIFTE MET MEKAAR?
-NOG 'N OPSOMMING VAN EINDTYD ONDERWERPE
-KENMERKEND VAN DIE EINDTYE
-GAAN UIT HAAR UIT MY VOLK
-IS DIE KERK BESIG OM TE OES?
-WAARNA VERWYS DIE TERM OES IN DIE SKRIF?
-MAAK VIR JULLE VRIENDE DEUR DIE ONREGVERDIGE MAMMON?
-HOEKOM SKEI DIE HERE NIE NOU AL DIE KORING EN DIE ONKRUID NIE?
-ONS MOET LEEF ASOF JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS NABY IS
-WANNEER IS DIE EINDE VAN DIE WERELD?
-DIE TEMPEL VAN GOD
-JESUS CHRISTUS SE KONINKRYK
-DIE BRUILOF VAN DIE LAM / DIE MAALTYD / DIENSKNEGTE
-HY SIT KONINGS AF EN STEL KONINGS AAN
-DIE ANTICHRIS
-DIE VALSE PROFEET
-VERDERE AANTEKENINGE OOR BABILON
-42 MAANDE
-JULLE IS MEER WERD AS BAIE MOSSIES
- DIE TYD IS NABY
-WAT BEDOEL "AAN HOM WAT OORWIN"?
-EINDTYDSKRIFTE WAT MAKLIK VERWAR WORD
-HET ONS GEMAAK KONINGS EN PRIESTERS...
-WANT EERS MOET DIE AFVAL KOM
-WAARDEUR WORD DIE VRUG VAN DIE GELOWIGE BEINVLOED
-GOEIE VRUG EN GOEIE WERKE
-MOENIE OORDEEL / VEROORDEEL NIE
-HIERDIE EEU / VOLGENDE EEU
-JERUSALEM
-NUWE JERUSALEM