Omdat meeste mense net "vloeke" sien as iets wat in heksery beoefen word, wil die Christen nie regtig veel daarvan weet nie. Wat belangrk is, is om te onderskei tussen vloeke wat in bose praktyke beoefen word, en vloeke in 'n Skriftuurlike konteks. Ons wil nie hier stilstaan by "vloeke wat onder heksery beoefen" word nie (en wil niks daarvan weet nie!), maar ons moet ons vereenselwig met die skriftuurlike betekenis van die term "vloeke".
Rol af vir die volgende onderwerpe:
- Inleiding
- Voorbeelde van mense wat vervloek is, en deur wie.
- Wat is die doel van 'n vloek?
- Allerhande leringe rondom "bloedlynvloeke".
- Skrifte rondom die onderwerp wat somtyds uit konteks geneem word.
- Wat het die eerste kerke hieroor geleer?
- Nog voorbeelde van vervloeking
========================================================================
Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte.
(2) In ander skrifte beteken dit "om 'n vloek op iemand te sit" (of dat iemand 'n "verafskuwing" is = vervloek) - hierdie geval is die oorgrote meerderheid van vb.e in die Skrif, (1) gevalle waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET; (2) gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf (bv. deur profesie, asof die Here die persoon vervloek); (3) die gevalle in die N.T. waar valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word, is 'n geval waar "die Here mense vervloek. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html)
In Bybelse tye was die volk van God baie meer ingelig oor VLOEKE as vandag. Daar is egter 'n duidelike onderskeid in die hantering van vloeke tussen die Nuwe en die Ou Testament, en die rede hiervoor is die feit dat Jesus Christus die verskil kom maak het - vir die wat in Jesus Christus glo, was die wat onder die vloek van die wet geval het, nou vrygekoop; selfs ook sonde soos bloedskuld wat onvergeeflik was in die Ou Testament, kan in die Nuwe vergewe word... Enige iemand wat hulself diensbaar stel aan die Here (nie meer aan die wet nie)(nie meer aan die sonde nie), in die Here Jesus Christus glo, kan vrygemaak word... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html). Let op dat daar op geen stadium in die eerste gemeentes 'n vb. was van waar vloeke sg. verbreek moes word deur ander Christene nie... - dit is op hierdie punt waarin kerke o.a. verskil, is hoe die tema van vloeke hanteer word. Volgens die Skrif wil dit voorkom of dit net die Here self is wat vloeke kan verbreek op mense se lewens, alhoewel gelowiges wel die "mag" gegee om "sondes te vergewe" http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html, - bv., iemand wat onder die vloek van die wet val maar nou glo in Jesus Christus, kan verseker deur 'n ander Christen bevestig word dat hy vrygekoop is en in Jesus Christus nie meer onder die vloek van die wet is nie! Geen gelowige het egter die mag om sonde te vergewe wat nie deur die Here self vergewe word nie (m.a.w. as die persoon nie die voorwaardes nakom wat deur die Here neergele is nie, kan jy hom nie regtig vergewe nie). Die tema van vloeke moet op hierdie manier hanteer word, want sonder vergifnis kan geen vloek "gebreek" word nie. Geen bloedskuld kan bv. vergewe word waar iemand nie in Jesus Christus glo nie, want dit is eintlik deur die bloed van Jesus wat daardie persoon vergifnis kan ontvang en die vloek daarvan uitgevee kan word.
* Is vloeke "for real"? JA !
Daar is 3 vrae wat ons miskien kan vra om hierdie tema makliker te maak, nl.
- (1) wie in die Skrif die vloeke uitspreek;
- (2) waarom die vloeke uitgespreek is, en
- (3) wat die vloeke self was.
* 'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige sit nie:
Is dit moontlik vir 'n heks om 'n vloek op jou (as gelowige) te plaas? 'n Goeie voorbeeld waarin ons kan inkyk om hierdie vraag te beantwoord, is die van Dawid en Goliat..., want toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie! (omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het). Nog 'n voorbeeld is die van Balak en Bileam..., nl. toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander! (omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17). Luk. 6:28 - Jesus het o.a. geleer dat ons moet seen vir die wat julle vervloek..., nie dat ons in vrees moet lewe en die vervloeking op een of ander manier moet probeer verbreek nie (of bv. spefisieke woorde moet gebruik om dit te verbreek nie). Natuurlik kan jy vir die Here vra om jou te beskerm - Jesus het immers vir ons geleer om te bid dat Hy ons BEWAAR VAN DIE BOSE...
* Neem kennis dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke, vloeke is wat DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET, of was A.G.V. SONDE: In hierdie gevalle, kan 'n "vloek" gesien word soos 'n "tugtiging", of miskien nie - miskien meer soos 'n GEVOLG, 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom (?); of andersins is dit soos 'n "straf" (bv. in die geval van die vloek van die wet). Net die Here self het die mag om vloeke te verbreek wat Hy uitgespreek het... (iemand wat in Christus is en die onder die vloek van die wet geval het, is bv. vrygekoop van die "vloek van die wet" en hoef nie te wonder of daardie vloek nog op sy lewe rus nie). As die Here egter iemand vervloek, soos die vb.e in die N.T.van valse profete, valse leraars, afvalliges ens., kan niemand hierdie vloek verbreek nie...., tensy daardie persoon hom/haar tot die Here bekeer (en dan kan hy deur die Here vergewe word). En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem. Nerens het Jesus vir Christene die mag gegee om vloeke te breek nie, alhoewel hy vir hulle die mag gegee het om te vergewe... (sien eerste paragraaf).(Gal 3:13) Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
* Volgens die skrif is enige iemand wat God se wette oortree, vervloek... Sekerlik geld dit ook vir die Nuwe Testament, alhoewel in die N.T. ons nie meer onder die wet van Moses is nie, maar die wet van Jesus Christus en Sy Gees. Die wat in Hom glo is veronderstel om Hom te gehoorsaam. Die wat Hom nie gehoorsaam nie kan onder 'n spesifieke soort vloek val, nl. "die vloek van Sy wet", en as dit met jou gebeur het leer die Skrif nie dat hierdie vloek deur 'n spesifiek gebed gebreek word nie, alhoewel bekering tot Here nodig is! Jesus het wel vir ons die "vloek" geword aan die kruis... (Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—) sodat ons o.a. vrygekoop kan word van die vloek vd wet (wat meer verwys na die wat onder die wet van Moses was), maar geen mens kan vrygekoop word van hierdie vloek as hy nie in Jesus Christus glo (en Hom/Sy Gees gehoorsaam) nie. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is"). Let wel dat hierdie genade (bv. om vrygekoop te word van die vloek vd wet) nie alle groepe insluit nie (anders sou niemand nodig gehad het om tot weergeboorte te kom nie).
* Dit hang natuurlik af van watter vloek ons praat. Bv., mense wat nie onder die genade is nie is vervloek tot die tweede dood; nl. word "die vervloektes" genoem in die Skrif.. (bv. valses, ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe, afvalliges, ens.). In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing" - in geval vd "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", is hulle "verwens" tot die tweede dood (is "deur die Here vervloek").
* Daar is gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, l.w. waar dit deur die "wil van die Here" geskied het (was bv. a.g.v. die kind se sonde) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en iemand se lot te verander, maar in die geval van bloedskuld kan dit net op een manier betaal word, nl. deur die persoon se bloed of iemand in sy nageslag (wat die N.T. aanbetref kan iemand se bloedskuld nie uitgevee word as hy nie glo in Jesus Christus nie, en in die geval verwys dit veral na onwetende bloedskuld).
* Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie. Uiteindelik moet ons ook besef dat elke mens se lot in die Here se hande is. God se wil vir ons, is altyd goed, maar waar die mens verkeerde besluite neem, het dit gevolge.
* Daar is net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem), wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het, "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14). Alhoewel, "bloedskuld" word ook baiemaal gesien soos 'n "bloedlynvloek" omdat dit slegs deur bloed betaal kan word, en as die persoon nie met sy eie bloed daarvoor betaal nie, dan word dit deur iemand in sy nageslag betaal (l.w., nie deur iemand wat in geregtigheid stap nie - kinders betaal nie vir hulle ouers se sonde nie).
Daar kan gerus ook onderskei word tussen
(1) "sonde in die vlees (erfsmet)",
(2) "daadsondes" en
(3) "opsetlik, aanhoudende sondes" http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
Die "erfsmet" gaan oor die keuse om gehoorsaam of ongehoorsaam te wees (kennis van goed en kwaad)(party noem dit tereg, "'n neiging om te sondig" (wat veral wys na 'n verkeerde manier van sien en dink); -terwyl daadsondes fisies die daad van sonde behels). Om daardie rede betaal ons nie vir Adam se daadsondes nie, maar wel vir ons eie sondes. Dit kan miskien op so 'n manier gesien word, dat die "vloek" van die erfsmet die dood vd liggaam beteken - (Gen 2:17 -"maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"); terwyl die "eet van die verbode vrugte" (wat bloedskuld veroorsaak het) die tweede dood tot gevolg het (hulle wederstrewigheid moet nie verwar word met die vloek vd tweede dood nie, alhoewel hulle bloedskuld veroorsaak dat hulle onder die vloek van ewige oordeel val, nl. wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Moontlik die een rede waarom God vir Adam en Eva uit die tuin van Eden weggestuur het, is sodat hulle nie van die boom van die lewe eet en vir ewig in die toestand lewe nie; anders gestel, jy kan nie verwag om die ewige lewe te oes as jy bloedskuld op jou het nie! - (Gen 3:22-24).
Paulus skryf: (Rom 7:23,24) "maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?" Dat ons hierdie begeerte om te sondig geerf het van Adam is verseker (Adam was 'n slaaf - sy kinders word noodwendig as slawe gebore), maar dit beteken nie dat ons vir Adam se daadsondes betaal nie. Die wat in die Here Jesus Christus glo sal met Sy wederkoms deur Hom die opstanding tot die lewe kry (verheerlikte, geestelike liggame wat vir ewig lewe)(dan is die dood finaal oorwin) - vloek verbreek!
Waar dit in die Ou Testament mag lyk of kinders vir ouers se sondes betaal, meer bekend onder sekere kerke as bloedlyn-vloeke, is die skrif duidelik daaroor dat die kinders ook self in die ouers se sonde gestap het; dus, buiten die feit dat sommige "erfsmet" 'n bloedlynvloek noem, wil dit nie voorkom of enige iets anders in die Skrif gesien kan word as bloedlynvloeke nie, behalwe miskien "bloedskuld" (en dan word daarna verwys as bloedskuld, nie bloedlynvloeke nie (want nie almal in daardie generasie gaan die vloek erf nie; ook sal geregtiges nie daarvoor betaal nie).
========================================================================
Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif van mense wat vervloek is, en deur wie?:
-Wie het die slang vervloek? -God het -(a.g.v. sonde/verlei/laster)
-Wie het vir Kain vervloek? -God het (a.g.v. sonde/moord gepleeg-bloedskuld)
-Wie het vir Kanaän vervloek? -Noag het (dit was sy sy seun, a.g.v. sonde/hy het sy ouer verag-bloedskuld)
-Wie vervloek die wat vir Israel vervloek? -God (a.g.v. sonde/kwaadspreek;vloek)(as jy 'n geseende vloek, sal jy vervloek word)
-Wie het vir Simeon en Levi vervloek? -Jakob (dit was sy seuns, a.g.v. sonde)
-Deur wie word die vervloek wat afgode maak en aanbid? -deur God (a.g.v. sonde/afgodsaanbidding - bloedskuld)..............
Spesifieke voorbeelde van mense wat vervloek is in die Ou Testament:
- Gen. 3:17, die aarde; Gen. 5:29, die aarde;
- Gen. 12:3, die wat Abraham se nageslag vervloek, kyk vb. Josef..., Gen. 27:29;
- Gen. 49:7, Simeon en Levi se toorn vervloek deur Jakob - daarom verstrooi in Israel;
- Deut. 21:23, iemand wat opgehang is, deur God vervloek; Deut. 27:15, die wat afgode maak;
- Deut. 27:16, hy wat sy vader of moeder verag;
- Deut. 27:17, hy wat sy naaste se grenslyn verlê;
- Deut. 27:18, hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei;
- Deut. 27:19, hy wat die reg van die vreemdeling, wees of weduwee verdraai;
- Deut. 27:20, hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het;
- Deut. 27:21, hy wat met enige dier gemeenskap het;
- Deut. 27:22, hy wat met sy suster gemeenskap het;
- Deut. 27:23, hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het;
- Deut. 27:24, hy wat sy naaste in die geheim doodslaan;
- Deut. 27:25, hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om iemand dood te slaan;
- Deut. 27:26, die een wat die woorde van die wet nie hou nie en dit nie doen nie;
- Deut. 18:16-20, die ongehoorsames en die wat nie Sy gebooie en insettinge onderhou nie;
- Jos. 9:23, die wat vir Joshua mislei het - vervloek om houtkappers en waterputters vir hulle te wees;
- Rig. 5:23, die wat nie die Here te hulp kom nie; Rig. 21:18, die wat 'n vrou aan Benjamin stam gee;
- 1 Sam. 14:24, Saul dreig sy manskappe in geveg, dat hy die vervloek wat iets eet tot die aand toe- ook 14:28;
- 1 Sam. 17:43, Goliat vervloek Dawid by sy gode;
- 1 Sam. 26:19, vervloek is die wat Dawid verdrywe;
- Num. 22:11, 24:9 en Jos. 24:9, Neh. 13:2, God het die vervloeking wat Balak oor die kinders van Israel wou bring, in 'n seën verander deur Bileam;
- Job 3:1, Job vervloek sy dag;
- Job 5:3, die dwaas se woning vervloek;
- Job 24:18, vervloeking van die onregverdiges;
- Ps. 37:22, onregverdiges deur God vervloek;
- Spreuke 24:24, vervloek deur die volke en die nasies, is die een wat aan die kant van die skuldige is;
- Spr. 28:27, vervloek is die een wat sy oë toehou vir die in nood;
- Spr. 30:11, die een wat sy vader vervloek;
- Jer. 11:3, die een wat nie luister na die verbond;
- Jer. 17:5, die een wat op die mens en die vlees vertrou en wie se hart van die Here afwyk;
- Spr. 20:14, Jer. verbitterd oor hy lewe;
- Spr. 48:10, die een wat nalaat om die werk van die Here te doen;
- Mig. 6:10, die goddelose;
- Mal. 1:14, die een wat siek of lam of geroofde dier vir offer bring;
- Mal. 2:2, die wat ongehoorsaam is en nie die Here ter harte neem nie.
(gaan lees gerus elke skrif in konteks).
Opsomming: Die wat vervloek is, was die wat:
(1) ongehoorsaam was,
(2) nie die gebooie van die Here gehou het nie, of
(3) die wat nie hulle hoop in die Here geplaas het nie.
LET WEL DAT DIT NIE REGTIG VERANDER HET IN DIE N.T. NIE, MAAR VERVUL WORD OP 'N ANDER MANIER... Gehoorsaamheid word steeds verwag. Die Here verwag steeds dat Sy gebooie onderhou word. Die Here verwag steeds ons ons hoop in Hom plaas (en Hom raadpleeg). In die N.T. is Christene wel nie meer onder die wet van Moses nie, ja, maar hulle is onder die Here Jesus Christus en Sy Gees!
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal vervloek word! (Matt. 7:21)
(- vgl. dit gerus met wie die vervloektes in die N.T. genoem word...- bv., valses, ongelowiges, goddeloses, die wat nog onder die wet lewe, afvalliges, ens.).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE DOEL VAN 'N VLOEK?
Waar 'n Joodse vader 'n vloek op 'n kind geplaas het, was dit straf vir sonde (nie straf wat die kind moes dra vir sonde wat deur die ouer gepleeg is nie!) en dan het die Here die vader die mag gegee daartoe, dus was dit steeds die Here se wil - die Skrif gee vele van hierdie voorbeelde (die Here se woorde) van watter sonde veroorsaak dat iemand vervloek word (sien die vorige paragraaf); logies gesproke gaan vaders hierdie vloeke oor die kinders uitspreek sodat hulle verstaan wat die Here hieroor daaroor te se het. As jy weet dat 'n spesifieke sonde 'n vloek bring, is dit dan bloot iets wat jy te kenne gee (dit is wat gebeur het wanneer hierdie vaders vloeke uitgespreek het... - nie noodwendig dat hulle hul wou verwens nie, maar eerder dat hulle bloot te kenne gegee het van wat gebeur nadat die kind gesondig het). Vandag het meeste kinders van die Here nie eens hierdie kennis nie!
Kyk gerus na die voorbeelde in die vorige paragraaf, want ons kan die volgende daaruit leer:
- 'n Vloek was net op iemand geplaas as die persoon self gesondig het.
- 'n Vloek was deur God op iemand geplaas as hy gesondig het.
- Ook die vloek deur 'n gelowige vader op kinders, was as hulle die spesifieke sonde gepleeg het wat gewoonlik veroorsaak dat iemand vervloek word (in daardie geval was dit natuurlik in die gelowige vader se mag om 'n vloek of 'n seën oor hulle seuns uit te spreek... (Gen. 27:12)).
- Die wetboek was 'n boek van nie net seëninge nie!, maar ook vervloekinge (Deut. 30:1; 30:19)want "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie).
Dus: telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer, ens.).
VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE;
SONDE (daadsondes) WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE!
Daar is sommige wat glo dat die rede waarom sommige kinders in spesifieke sondes stap, is a.g.v. 'n vloek, maar eerder is dit andersom... Kinders wat in sonde stap, veral in die konteks van die wat die Here haat, kan die ouer se vloek dra! (l.w. dat hierdie gebeur tot aan die 3de of 4de geslag!). En hierdie vloek kan nie bloot gebreek word deur die wil van 'n Christen wat dit "breek" nie, tensy daardie persoon tot bekering kom - en noodwendig sal hy nie vir die vloek betaal nie, maar iemand sal!, iemand in die geslag wat die Here haat. In ander woorde, kinders betaal nie vir hulle vader se sondes nie, maar as hulle "doen soos hulle vader", beteken dit nie dat dit was a.g.v. 'n vloek nie, maar dit maak hulle kandidate om daardie vloek te dra!
M.a.w., vloeke a.g.v. ouers se sondes gaan nie oor na 'n kind toe nie (alhoewel dit kan oorgaan na 'n kind wat self bloedskuld het!) - bloeskuld word nooit betaal deur 'n geregtige nie, maar kan deur 'n ongeregtige betaal word (en kan tot in die derde of vierde geslag geneem word). Daardie vloek wat maw op die vader kom, kan oorgaan tot aan die 3de en 4de geslag van die wat die Here haat! Bv., in die geval van "gelowiges" wat hulle tot afgode wend..., se God dat Hy die misdaad van die vaders sal besoek aan die kinders..., die Skrif leer tot aan die 3de en aan die 4de geslag! - let op die woorde, "VAN DIE WAT MY HAAT", nie die wat vir die Here lief is nie... (Eks. 20:5 - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat"). Kinders van die Here wat hulle met afgode besig hou, moet verstaan dat hulle nageslag (spesifiek die in die geslag wat die Here haat) sal betaal vir hulle misdaad. Dit is beter om die Here ALLEEN lief te he en te gehoorsaam, want die seen waarmee Hy jou seen (wat dit ookal is), bewys Hy aan 1000e! (Exo 20:6 - "en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou). * Kyk gerus die bv. in 2 Kron. 28-35: -Agas was die vader van die godvresende Hiskia; Hiskia se kind en kleinkind, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - hy het nie die VLOEK gedra a.g.v. sy voorvaders se sonde nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Allerhande leringe rondom bloedlynvloeke:
Sommige "bloedlynvloek-leermeesters" beweer dat sonde in mense se lewens toegeskryf kan word aan die vaders se sondes en dat dit self 'n vloek is op hulle lewens (asof die sonde wat hulle doen, die vloek is wat oor hulle uitgespreek is) - dit is onskriftuurlik. Hoe kan "n vloek" (of straf of tugtiging), wat die Here op iemand sit, self 'n "sonde" wees? Hoekom sal die Here wil he dat iemand in sonde stap? Selfs die voorbeeld in Rom. 1 wat praat van waar God die ongeregtiges en goddeloses kan oorgee aan die begeerlikhede van hulle harte, is nie 'n vb waar God iemand "laat sondig" nie... - nee, wat dit beteken is dat Hy hulle bloot toelaat om die dwaling wat hulle so graag wil glo, te glo (sulke mense begin glo hulle is reg, al is hulle verkeerd! - duidelik probeer die Gees hulle nie eens meer oortuig van sonde nie, want hulle wil nie luister nie, maar dit beteken nie dat die vloek hulle beweeg om verkeerd te doen nie).
"Bloedlynvloeke" is een van die bekendste onderwerpe in sekere kerke vandag, vloeke wat van een generasie oorgedra word na 'n ander, maar terwyl dit in baie spesifieke gevalle gebeur, is die kerk nooit geleer om vloeke links en regs te breek nie... Die lering behels somtyds ook dat die vloek die oorsaak is van baie siektes, wat natuurlik ook moontlik is, maar nie alle siektes is a.g.v. vloeke nie... (Joh. 9:2,3). In kerke waar lede ingelig word hieroor, word die lidmate ook geleer om "vloeke" te verbreek in die naam van Jesus. En sommige gaan sover as om te se dat hierdie siektes (en sondes) toegeskryf kan word aan bose geeste wat oorgedra is aan die nageslag deur die bloed van die vader. Terwyl dit moontlik is vir kinders om bose geeste te he (Mark. 9:21), en dit moontlik is vir bose geeste om mense siek te maak (Mark. 9:25; 12:22; Hand. 8:7), moet ons egter versigtig wees om bose geeste agter elke siekte, swaarkry (of verkeerd doen) te gaan soek, want dit is ongelukkig was baiemaal gebeur. Vir die wat egter werklik deur die Gees gelei word om 'n bose gees uit te dryf, te bid vir genesing, of selfs bid dat die Here 'n vloek moet wegneem waar iemand tot bekering kom, welgedaan! (niemand mag die werk van die Here te stop nie), maar ons moet versigtig wees om agter elke siekte 'n bose gees te soek, en agter elke sondaar, 'n vloek (?). Daar is nie een voorbeeld in die Skrif van bose geeste wat deur die bloedlyn oorgedra is nie, nog minder dat geregtiges die vloek dra van 'n vader se sonde... Omdat siektes SOMTYDS die gevolg kan wees van sonde, word daar ook wilde afleidings gemaak dat familiesiektes toegeskryf kan word aan bloedlynvloeke. Ook in hierdie geval is dit gevaarlike stellings, want jy kan skaars iets anders voortbring as wat jyself is... - terwyl 'n familiesiekte net sowel 'n vloek kan wees wat oorkom om 'n kind wat in ongeregtigheid stap, is daar vele geseendes wat familiesiektes het en nie noodwendig genesing kry nie. Ander voorbeelde in die Bybel van waar iemand siek was a.g.v. sonde, was spesifiek a.g.v. hulle
eie sonde, bv. (Joh 5:14 - "Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie").
Daar is daar geen klinkklare voorbeel in die Bybel waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie, en ook nie waar 'n vloek beskryf word as 'n "daadsonde" nie...
- In feitlik elke geval was dit God self wat die vloek op iemand plaas omdat die persoon ongehoorsaam was; dus kon "die vloek" nie "sonde" self wees nie, want God sal niemand beweeg om te sondig nie (alhoewel Hy hulle somtyds oorgee aan dit wat hulle alreeds verkeerd doen, omdat hulle nie wil luister nie).
- En ss God self die een is wat die vloek op iemand plaas, EN DIT IS SY WIL!, watter reg het die Christen dan om die vloek te verbreek? (die persoon moet tot bekering kom en self vergifnis van sondes eers ontvang).
Oral in die skrif, waar 'n vloek uitgespreek was, is ook genoem deur wie en waarom (soos ons reeds bespreek het), asook "WAT DIE VLOEK WAS", bv., gaan lees gerus in die volgende skrifgedeeltes: Deut. 11:28, 29:20-29, Dan. 9:11, Sag. 8:13 ens. In Mal. 2:2 was die vloek as volg: die persoon se naam sou onder die hemel uitgedelg word, en afgeskei word van die stamme van Israel... (a.g.v. die volk se ongehoorsaamheid sou daar plae en siektes in die land wees, swawel en sout, geen plante ens. ). In die geval van Num 5:27...(i.v.m. 'n vrou wat deur haar man wantrou word dat sy hoereer het, waar die priester 'n ritueel moet uitvoer - as sy skuldig was, sou die vloek op haar as volg wees: - haar skoot sou opswel en haar heup inval en sy sou onder die volk 'n vervloeking wees). DUS: TELKENS WAS DIE PERSOON BEWUS GEWEES VAN WAT DIE VLOEK WAS - in geen vb. was die persoon onbewus van 'n vloek op sy lewe wat aan hom openbaar moes word nie, en as dit openbaar moet word, laat die Here dit doen, maar te veel word vrees gekweek deur die bloedlynvloek-leringe. Daar is terloops geen vb. in die Bybel van waar iemand 'n vloek op hom gedra het waarvan hy nie bewus was nie, maar as iemand nie bewus is van so iets (veral 'n ongeregtige in die 3de of 4de geslag), laat hy tot bekering en geloof kom, en dit is seker dat die Heilige Gees so iets aan hom sal openbaar.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:
Die bekende skrifte van (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" en Eks. 34:7 word graag gebruik om die lering van "bloedlynvloeke" te staaf. Wanneer ons egter die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat: -die wet oortree en -die wat afgode aanbid. Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap; let ook op die woorde "van die wat My haat". Dit spreek definitief nie daarvan dat die wat vir die Here lief is, vloeke onwentend op hulle kan he nie (Kyk ook Deut. 5:9). Ons kan dit sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie -Agas was die vader van die godvresende Hiskia; Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israe. Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here! Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.(Deut. 24:16).
In Num. 16:1-50 kry ons 'n voorbeeld waar dit kan lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het... Uit die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat saam met die skuldiges gestaan het. Maar wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom! Korag, Datan en Abiram, wou nie hulle tente verlaat nie, en alhoewel Moses die ander gewaarsku het (op bevel van die Here) om weg te kom, dat hulle hul moet afskei van die manne, het hulle nie so gedoen nie - (Num 16:26 "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie"). Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie. (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").
Nie met alle leringe rondom vloeke het mense die kat aan die stert beet nie, en dit is eintlik wonderlik dat daar mense is wat preek oor die feit dat jy 'n vloek op jou kan kry, maar net soos vandag mense somtyds verkeerd glo oor sekere van hierdie dinge, net so die geval in Lam. 5:7 - daar was bv. ook geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal...(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy spreekwoorde van so 'n aard, sal uitwis! (Ese 18:2-9 - "Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie. Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen...en in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE"). Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat het die eerste kerke hieroor geleer?
Die geestelike mens wat behep is met bloelynvloek-leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking wat hy in Jesus Christus gekry het nie. Die lering beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid nie...http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie sondes. Dit sal nie veel help om net 'n vloek te breek as die persoon nie self sondes afle nie. Hierdie is liewer die dinge waaroor in die eerste gemeentes gesels is..., nl. hoe ons moet ag gee op die pad van godsaligheid. Daar is nie veel gepraat oor vloeke nie, behalwe waar aangewys is hoe Jesus Christus ons verlos het (bv., die wat onder die vloek van die wet van Moses is, kan deur Jesus Christus losgekoop word-Gal. 3). En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie"!
As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie, en as die Here die Christen stuur om vir so iemand te bid, laat dit geskied uit gehoorsaamheid aan Hom. Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus..., nl. vir die wat hulle bekeer en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! - so iemand kry vrymaking deur die Here self (Hy kan hulle vrymaak van enige vloeke). In die eerste gemeentes was daar geen leringe waar mense aangemoedig is om hulle lewens te ondersoek of hulle dalk vloeke op hulle het nie; eerder moes hulle hulleself ondersoek of hulle sonde in hulle lewens het en in die Here bly, Hom raadpleeg, eerste soek, ens. Dit is die dinge waaraan aandag gegee is.
In die geval waar iemand hom bekeer en sy geloof bely kan die Christen inderdaad vir die persoon hande ople en bid, natuurlik (soos in die eerste gemeentes ook gedoen is). In geval van waar iemand siek is a.g.v. sonde (wat ook nie altyd die geval is nie!), moet die persoon eers die sonde neerle voor die Christen vir hom moet hande ople en bid vir genesing - (om daardie rede moet ons nie vir iemand haastig die hande ople nie! -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks - dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/handoplegging.html . Waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit beloel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen en die voorwaardes wat Hy stel, nie net wat die Christen wil doen nie (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21). Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar gaan oor gehoorsaamheid aan die Here. Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit miskien selfs soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul - en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar l.w. dat daardie persoon ook eers moet regmaak met die Here, en dit nie 'n mag is wat die Christen ontvang "ten spyte van" nie. Die leerstelling van vloeke op mense se lewens "gaan soek", is selfs belaglik, alhoewel die tema van vloeke baie werklik is, en daar veel meer aandag gegee moet word aan wat die Skrif daaroor leer. Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil... - die Christen hoef nie self te soek wat hy moet doen nie, hy moet liewer die Here soek.
Hier is 'n paar skrifte wat miskien meer lig kan werp op die onderwerp:
(Gal 3:10) "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
(Gal 3:13) "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"
(Rom 5:18) Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
* (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek".
* (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
- "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet".
* (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
- "vloek" in hierdie skrif, beteken ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.
Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
* (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks? = valse leraars/valse profete (v.1)
* (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
- Wie? = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").
* (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
- Wie? 'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks: iets wat aan God gewy word tot verwoesting).
- Kyk ook: Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.
* (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
- Wie? die Afvalliges. (verwensing; gruwel; verafskuwing)
* (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
- in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek? = Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".
* (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
- Wie? -die onregverdiges. (verwens, verdoem)
* (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".
* (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"
* (Jak 3:9) Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Dit is dus duidelik dat geen van bg. NT skrifte enigsins verwys na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie... Ons merk ook geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels of Jesus die mense waarsku van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie - ook geen plek waar hulle so 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie! Ook is daar geen voorbeeld van siektes wat was a.g.v 'n vloek nie..., maar wel gevalle van waar siekte was a.g.v sonde (nie iemand anders se sonde nie!, maar eie sondes) of bose geeste. Ook vind ons geen voorbeeld van waar daadsonde was a.g.v. vloeke nie, maar wel vloeke a.g.v sonde! Om in Sy gawes te kan stap, verg nie 'n aangeleerdheid nie, maar gehoorsaamheid!
2Co 5:17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2Ch 25:4) hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.
(Rom 8:1) Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
========================================================================
NOG VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:
(Jes. 24:5,6) -"Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor" - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval, (Gen 8:21) En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.)( Rom. 8:19-23)
Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".
========================================================================