Wys tans plasings met die etiket lasteraars. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket lasteraars. Wys alle plasings

Dinsdag 02 Junie 2026

Die duiwel

 

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "duiwel", en waarna of na wie dit verwys. 

Rol af vir die volgende opsommings:

- Die begrip "duiwel"

- Soos 'n duiwel / die duiwel as pa?

- Onreine geeste is duiwels

- Die Satan is 'n duiwel

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DUIWEL:  

Die woord "duiwel" word nie altyd vir 'n spesifieke wese gebruik nie, en is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar. Somtyds word daar na die Satan verwys as "duiwel" (Openb. 12:9; 20:2,10), en in ander gevalle word daar na bose geeste verwys as duiwels (wat verwys na "onreine geeste").Vir 'n pos wat by hierdie onderwerp aansluit, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2026/05/die-duiwel-die-satan-die-ou-slang-groot.html.

Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "duiwel", word met verskillende name voorgestel, wat elk 'n besonderse betekenis het. (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die Satan, die owerste van die onreine geeste, is 'n lasteraar en "vals aanklaer" (vgl. dit met die tema van "kwaadspreek" die duiwel is 'n kwaadspreker) - sien die woorde hierbo in Openb. 12:9 wat hom beskryf as 'n wese wat "die hele wereld verlei" (vgl. dit met Openb. 20:3)(die begrip duiwel verwys na 'n VERLEIER). In Matt. 4, waar die duiwel vir Jesus Christus probeer versoek het in die woestyn, is die woord duiwel ook die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os")(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer..., nl. dat hy mense in versoeking probeer lei, en die manier hoe hy dit doen is deur die waarheid te laster en mense so probeer verlei dat hulle afval vd geloof, of hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie (hy mislei/verlei hulle om die leuen te glo of te sondig)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SOOS 'N DUIWEL: 

Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy 'n lasteraar is (soos die ou slang). In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese "groot draak" of "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon soos die ou slang is. Die woord "satan" word ook somtyds op hierdie manier gebruik, bv. in (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat hy op daardie oomblik soos die Satan was... Dit wat Petrus gesê het het die waarheid verdraai, want hy het gedink soos die wereld (nie soos God nie). Kinders van die Here behoort "soos die Here te dink en sien", nie soos die wereld nie (kyk die groot verskil tussen "geestelike mense" en "natuurlike mense" nie), want die wereld (die wat dink en sien soos die wereld) is onder die mag van die bose (1 Joh. 5:19). 

'n Duiwel is 'n KWAADSPREKER ('n "vals aanklaer").  As iemand kwaadspreek is hy soos die duiwel - noodwendig is kinders soos hulle pa;  dus, as iemand die gewoonte het om kwaad te spreek (soos die duiwel), wys dit wie sy pa is! Die wat soos die duiwel optree sal saam met die duiwel (hulle pa) in die poel van vuur beland (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dade en woorde is belangrik, want dit wys aan wie jy behoort.

DIE DUIWEL AS PA vir sommige beskryf? 

In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel"... omdat hy die reguit weë van die Here verdraai het (want Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan, en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, Elimas was 'n verleier en lasteraar... ("soos 'n duiwel").  Vgl. dit met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Hierdie verwys nie dat die persoon 'n wese is fisies gebore uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is... (soos kinders soos hulle pa is). Weergeborenes word bv. ook gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle dink, sien en doen soos Hy. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige van vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes". 

LASTERAARS word o.a. in die Skrif beskryf as mense wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het... (2 Tim. 2:3.5).  Die waarheid is dat diesulkes godsalig voorkom, wat dus die rede is waarom baie deur hulle verlei word. Duidelik is lasteraars "soos die duiwel" (het die duiwel as pa), en as lasteraars onder kinders van die Koninkryk beweeg, is hulle soos struikelblokke in die kerk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Onreine geeste:

Onrein of BOSE GEESTE word ook somtyds na verwys as DUIWELS (Joh. 10:21) (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). As onreine geeste o.a. deur die woord "duiwel" beskryf word, beteken dit dat hulle lasteraars en kwaadsprekers is, en dit is interessant dat wanneer iemand gelaster het, hy gesien is as iemand "met 'n duiwel". Kyk gerus die vb. waar sommige vir Jesus valslik aankla dat hy "duiwel besete" is (Joh. 7:20; Joh. 10:20), en op 'n ander geleentheid  het sommige skrifgeleerdes gese dat hy 'n onreine gees het (Mark. 3:30), en selfs voorgegee dat hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf! (Mark. 3:22; Luk 11:15)(lees gerus hoe Jesus hulle reghelp dat die duiwel nie self duiwels sal uitdryf nie - hulle het Jesus voorgestel soos 'n lasteraar, maar hulle was eintlik die lasteraars!).  Kranksinnigheid (Joh. 10:20; Hand. 26:24,25) of om "buite die sinne" (Mark. 3:21) te wees, is 'n tipiese kenmerk dat iemand 'n duiwel het, want dit is hoe duiwels is - hierdie gaan oor hoe iemand "sien en dink" (en sy woorde getuig hiervan). 

Maar natuurlik is nie alles wat duiwels kwytraak, vals nie, want hulle weet goed wat is die waarheid... (Luk. 4:34,35,41; Mark. 1:24; 3:11).  Dit is nie omdat hulle nie weet wat die waarheid is waarom hulle lieg nie, maar hulle lieg omdat hulle die waarheid wil verdraai. Hierdie is gewoonlik iets wat mense nie altyd verstaan van die bose nie;  bv., wanneer iemand die bose raadpleeg is die antwoorde nie altyd leuens nie, maar dit kan net sowel wees! En dit is hierdie gedaante van godsaligheid wat mense baiemaal uitgooi. Kinders van die Koninkryk is spesifiek beveel om nie die bose te raadpleeg nie, en ons moet gehoorsaam wees aan die Here. Terwyl "laster" en "kwaadspreek" dus kenmerkend kan wees van mense wat bose geeste het, beteken dit nie dat hulle nooit die waarheid praat nie, eerder is dit dat hulle goed weet wat is die waarheid en dit opsetlik verdraai om mense te verlei. Dit is egter anders as iemand onkundig is! en tot insig gebring word... "Lastering teen die Heilige Gees" is bv. 'n onvergeeflike sonde in hierdie, sowel die volgende bedeling, maar ons moet verstaan wat met "laster" bedoel word, want onkundiges wat bog praat is nie noodwendig besig om te laster nie. Lasteraars is eintlik kundig..., maar verander die waarheid in 'n leuen. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die worstelstryd..., en hoe die duiwel daarby inpas:

Natuurlik bestaan "die duiwel" - 'n manier hoe daar somtyds na die Satan verwys word omdat hy verleier is.  Die Satan is NIE God NIE (daar is net een God, en Hy bestaan uit 3, nl. die Vader, Seun en Heilige Gees). Wat se wese die Satan ookal is (?), wat wel seker is is dat hy hy rêrig is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie...  En alhoewel die Here God die mag het (en die duiwel bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), is die duiwel 'n VERLEIER en 'n VERWOESTER. Sommige Christene het ongelukkig "onder die mag van satan" beland omdat hulle geluister het na sy leuens. Daarom is dit belangrik om ag te gee op die wapenrusting van God - en dit help nie jy trek dit net deur woorde elke dag aan nie, maar wat belangrik is is dat jy 'n dader is... (bv., dis iets anders om geloof uit te leef as om bloot te bely dat jy glo). Christene bely bv. dat hulle glo in Jesus Christus, maar wanneer sommige begin praat hoor jy gou dat hulle liewer in wereldse wysheid glo as dit wat Jesus geleer het. Alhoewel die natuurlike mens die duiwel mag gee in hulle lewens (daar word bv. o.a. na die duiwel verwys as die "god vd wereld"), behoort die krag en mag en heerlikheid nie aan hom nie!, maar aan die Here.  

Die "duiwel", nl. die Satan, het wesens wat onder hom dien en hy's o.a. die leier vd bose geeste (nl. vd onreine geeste/duiwels - hy is "Beelsebul", is hulle "god"), en is daarop uit om mense te verblind en te verlei (bv., wat in die tuin van Eden gebeur het met die sondeval, is 'n goeie voorbeeld hiervan...). Hierdie is maniere wat hy gebruik om die mens te probeer VERWOES. DIE REDE HOEKOM HY LASTER EN KWAADSPREEK, IS OM TE VERWOES. Jesus het geleer dat die duiwel 'n mensemoordenaar is, 'n leuenaar (hy is die vader van leuensen staan nie in die waarheid nie (want daar is geen waarheid in hom nie)(Joh. 8:44);  m.a.w., wat die duiwel praat is gewoonlik leuens (hy praat uit sy eie).  Jy gaan nie sommer die waarheid vind by duiwels nie..., miskien deels omdat hulle jou in hul strik wil vang, maar verseker sal hulle die geleentheid gebruik om jou te mislei. 

Die wat afgode aanbid of deelneem aan ander-geloofspraktyke moet verstaan dat hulle eintlik besig is om met duiwels gemeenskap te hou (1Kor. 10:20). Daarom is dit belangrik om die waarheid op die regte plek te soek! (jy kan nie die bose raadpleeg en verwag om noodwendig die waarheid daar te vind nie). Hierdie is 'n strik vd duiwel waarin sommige Christene val..., en dit is om die waarheid by ander gelowe te probeer vind (hoekom doen sommige dit?)(https://warechristene.blogspot.com/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Sommige is kwaad vir die Here en dan terg hulle Hom op hierdie manier - dit hoort nie so nie. En natuurlik moet ons soek, maar die vraag is "waar soek jy"?  Die Here moet jou bron wees... - kinders van die Here is nie veronderstel om die bose te raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html), en as jy dit doen wys jy dat jy nie die Here vertrou nie of besig is om Hom te versoek ('n Christen wat by die bose antwoorde gaan soek, is beslis nie veilig nie). Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges, Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word.., tog is hulle uitgesproke oor hulle Christelike "geloof", maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer. WIE IS JOU BRON? ...Dit is belangrik om hierdie te weet want anders besef jy nie die stryd waarin jy gewikkeld is nie, en as jy die stryd nie verstaan nie, gaan jy nie ag gee op die geestelike wapenrusting van God nie. 

Kom ons kyk na 'n paar dinge wat die Skrif spesifiek leer oor die Satan, na wie o.a. verwys word as DIE DUIWEL:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan veroorsaak dat mense verdruk word  (bv. in die gevangenis gewerp word sodat hulle op die proef gestel kon word-Openb. 2:10 / en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste... ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie.  M.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... 

Noodwendig, nie almal wat sg. duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is deur die Here gestuur nie... (Hand. 19:13-17), maar dit is nie vir ons om te besluit wie is gestuur, en wie nie (Luk 9:49,50 - En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Waar bekering gepreek word (Matt. 3:2; 4:17), siekes gesond gemaak word en bose geeste uitgedryf word (Matt. 10:7,8; Luk. 10:9), is dit duidelik dat die Koninkryk van God daar naby gekom het. Vir iemand om duiwels te kan uitdryf moet hy dus aan die Koninkryk van God behoort... (hierdie verwys na weergeborenes).  Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). Wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied;  dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hy hulle kan gebied), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Tensy hulle hom die mag gee... - kinders vd Koninkryk moet seker maak dat hulle die geestelike wapenrusting van God aanhet. 

Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hierdie slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... - in ander woorde, hulle is vrygekoop van slaafskap onder sonde (hulle doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is, is nie meer "kinders vd duiwel" nie;  en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., maar hulle het nou 'n nuwe vader (kinders volg hulle vader)(1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL IS 'N VERWOESTER EN HET DIE MENS GEVANG OM SY WIL TE DOEN, WAT TOT GEVOLG HET DAT ALLE MENSE DOODGAAN, MAAR SY MAG IS GEBREEK!;   nl, hy het mag gehad oor die dood, maar Jesus Christus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—)(Jes. 25:8; Hos. 13:14; 2 Tim. 1:10). Almal wat in Jesus Christus glo, SAL DIE DOOD OORWIN! (1 Kor.. 15:54,55). DIE DUIWEL HET NIE MEER DAARIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). 

Die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood (hulle sal nuwe liggame kry) - wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie)(1 Kor. 15:54,55. Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, natuurlik slegs as God hom toelaat, het hy nie die mag om geestelike mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie (Joh. 5:29).  Die duiwel word wel die "god van hierdie wereld" genoem omdat mense hom mag oor hulle lewens gee en baie mense hom gehoorsaam, maar uiteindelik sal hy nie meer toegelaat word om dit te doen nie.  Dit sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom... - dan sal die duiwel gebind word vir 'n 1000 jaar sodat hy nie instaat is om die mens te verlei nie.  Tereg, in die volgende bedeling sal almal vir Jesus Christus aanbid en Hom gehoorsaam!, en dus sal Hy ook die God (van hierdie wereld) wees. Alles sal Jesus Christus se eiendom wees en die duiwel sal nie meer die mens kan aankla nie (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Huidiglik is die duiwel nog instaat om die mens aan te kla en te probeer verwoes, maar in die volgende bedeling sal hy nie toegelaat word om dit te doen nie (behalwe aan die einde van daardie bedeling).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 17 November 2025

Sinagoge vd Satan / dieptes vd Satan / troon vd Satan

In hierdie pos kyk ons na 3 terme/verwysings in die boek van Openbaring, en probeer verstaan waarna presies dit verwys.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Sinagoge vd Satan

- Dieptes vd Satan

- Troon vd Satan

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

Alhoewel die "7 briewe aan 7 gemeentes" (in Openb. 2 en 3) gesien word as kerke van die tyd waarin Johannes die briewe geskryf het, word dit ook somtyds gesien as voorstellings van gemeentes in die einde van dae voor Jesus terugkom;  bv., in Openb. 3:9 (die brief aan die gemeente in Filadelfía) word belowe dat hulle "bewaar sal word in die uur van beproewing" ('n "uur" wat baiemaal na verwys word as 'n tyd in die einde van dae wanneer die bewoners vd aarde op die proef gestel sal word...). Sommige geleerdes is van mening dat die betrokke 7 briewe/gemeentes verwys na 7 tydperke. Nietemin, al sou dit slegs geskryf wees aan spesifieke gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, dan kan ons baie leer deur hierdie 7 briewe... (bv., wat Jesus van ons verwag, hoe belangrik dit is om ag te gee op die pad van godsaligheid, die gevaar van om "geestelik te hoereer", ens.).

In twee vd 7 briewe word spesifieke verwysings gemaak waar oor iets spesifiek gepraat word..., nl. die "sinagoge vd satan" (waaraan die wat vals is "behoort"/Openb. 2:9), die "dieptes van satan" (Openb. 2:24), en die "troon vd satan" (Openb. 2:13)..., maar waarna presies vewys hierdie terme?  Is dit letterlik of beeldspraak? In hierdie pos ondersoek ons hierdie spesifieke terme om te verstaan waarna presies dit verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "sinagoge van die Satan": 

In twee van die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring word die term "sinagoge van die Satan" gebruik, waar daar verwys word na 'n vergadering van mense/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... (hulle is na die vlees, maar nie na die gees nie) - die groep word o.a. beskryf as 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9).      Die woord "satan" verwys na 'n aanklaer, meer presies is die Satan 'n VALS AANKLAER.. In Openb. 20:2 word daar na die draak/ou slang ook o.a. verwys as 'n duiwel en "satan"... Waar die woord "satan" gebruik word in die Skrif, verwys dit in meeste gevalle na 'n spesifieke wese (Job 1 en 2; Sag. 3:1,2; Luk. 10:18; Matt. 12:26; Luk. 22:31; 1 Kor. 7:5; 11:14; Openb. 12:9; 20:2,7), maar word ook somtyds gebruik as 'n beskrywing (bv 'n vals aanklaer, en dan word die woord "satan" gebruik... / Mark. 8:33). 

Die wie se sinne verblind is word gesien as "onder die mag van die Satan" (Hand. 26:18); of die wat in sonde stap word somtyds beskryf as "dronk" soos iemand wat deur die Satan beinvloed is... (bv wat aanbetref die manier hoe hulle sien en dink, asof hulle van hom "gedrink" het, wat verwys na wereldse wysheid)(Hand. 5:3; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 5:15)(en kan in sommige gevalle moonltik toegeskryf word aan bose geeste wat in mense ingaan/Joh. 13:27?). M.a.w., nie oral waar die woord "satan" in die skrif gebruik word verwys dit na die spesifieke wese wat ook draak en ou slang en duiwel genoem word nie, maar somtyds beskryf dit dat iemand onder die mag van hom is, of soos hy is. Die woorde "sinagoge van Satan" verwys nie noodwendig na een spesifieke plek op aarde waar die kerk van satan bestaan nie (alhoewel dit ook kan), maar is meer beskrywend van mense wat SOOS DIE SATAN vals aanklaers is (kwaadsprekers en leuenaars);  baie soos daar na 'n Christelike kerk/vergadering/gemeente verwys word as 'n groep mense wat eenders dink en sien, maar in die geval van Openb. 2:9 verwys dit na 'n groep Jode, wat die naam het van Jode en veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik aan die "gemeente" van die Satan behoort, want hulle dink en sien soos hy... (Joh. 8:44)., of tree soos hy op! (is leuenaars en lasteraars)(Openb. 2:9; 3:9). 

Kom ons kyk na die 2 skrifgedeeltes waar die term voorkom:

(1) Brief aan die gemeente in Smirna:

(Openb. 2:8)  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: (Openb. 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n SINAGOGE Gr. woord "soon-ag-o-gay'", wat verwys na 'n vergadering van mense, bv. 'n Joodse sinagoge - vergadering, gemeente, sinagoge) VAN DIE SATAN (Gr. woord "sat-an-as'" - aanklaer, duiwel)(Openb. 2:10)  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (Openb. 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.         Dieselfde Gr. woord vir "sinagoge" kom in vele ander skrifte voor... (Matt. 12:9; Mark. 6:2; ens.), waar daar verwys word na 'n bymekaarkom plek van mense van dieselfde geloof (soos 'n kerkgebou) - die woord "sinagoge" in Openb. 2:9 word gebruik, want dit is "Jode" wat bymekaarkom ("Joodse kerk"), maar in hierdie geval verwys dit na Jode wat veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik die Satan dien. 

Die gemeente van Smirna het verdrukking en armoede geken, maar het die werke gehad en was ryk in die Here (Openb. 2:9);  maar daar was 'n groep wat hulle gelaster het en kwaadgepraat het van hulle..., en in die gedeelte verwys die wat van hulle kwaadpraat, na 'n spesifieke groep Jode. Die gemeente van Smirna word bemoedig om vas te staan!, want die duiwel sou ook sommige van hulle in die gevangenis werp... (en die Here het dit toegelaat sodat hulle geloof op die proef gestel word)(Openb. 2:10). 

Slotsom: DIE "SINAGOGE VD SATAN" VERWYS NA 'N GROEP MENSE WAT HULLE VOORGEDOEN HET AS MENSE WAT DIE HERE DIEN, MAAR HULLE WAS VALS EN HET EINTLIK DIE SATAN GEDIEN (want hulle sien en dink soos hy / lasteraars en kwaadsprekers).  Kwaadpraat is baiemaal 'n kenmerk dat iemand vals is - die rede waarom hulle kwaadpraat/valse aanklagte maak van die opregtes, is om hulle te verwoes en keer dat ander na hulle luister - hulle wou keer dat die evangelie en waarheid uitgaan. In ag geneem dat dit is wat die woord "satan" beteken, nl. 'n vals aanklaer, is dit duidelik dat hierdie kwaadsprekers satan se werk doen! (want hulle kla mense vals aan/is kwaadsprekers net soos die Satan doen).

(2) Brief aan die gemeente in Filadelfía:

(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: (Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. (Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die SINAGOGE VAN DIE SATAN, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. (Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. (Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.      - Die gemeente in Filadelfía het min krag gehad, maar het die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloën nie... (3:8). Ook in hierdie geval was daar 'n groep wat gelaster het en kwaadgepraat het van hull...e, maar die Here bemoedig hulle dat diesulkes uiteindelik sal kom en voor hulle voete neerbuig en erken dat die Here hulle (gemeente van Filadelfia) liefgehad het... (3:9).  Die gemeente van Filadelfia word o.a. belowe dat hulle bewaar sal word in die uur van beproewing (wanneer die res vd wereld beproef sal word). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "troon van die Satan": 

Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.       - Die woord "satan" beteken "aanklaer", en word gewoonlik gebruik in konteks met 'n spesifieke bose wese, die een wat die hele wêreld verlei (Openb. 12:9), ook genoem "die duiwel/ou slang/ groot draak/Beëlsebul"... (elkeen van hierdie woorde beskryf hom op 'n ander manier). Die woorde "troon van" verwys duidelik na die troon van hierdie spesifieke aanklaer..., maar is dit 'n fisiese plek op aarde?, of beeldspraak?  

Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 13:2 vd dier uit die see se troon - ("En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag") - diere in profesie stel gewoonlik nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n koning (bv. die koning van daardie koninkryk). Die troon is gewoonlik die plek waarvanaf 'n koning regeer. Die "troon van Satan" waarna verwys word in Openb. 2:13 mag dalk verwys na so 'n spesifieke troon, bv. soos in Openb. 13:2 (want in die einde van dae sal 'n koninkryk/koning opstaan aan wie die draak, nl. die Satan, sy krag en TROON en groot mag sal gee...). Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 12:9 (waar die manlike kind weggeruk word na God en sy troon ),  asook baie ander skrifte (in Openb. 12:9 verwys "troon" nie na die Satan se troon nie, maar na God se troon). Duidelik, in hierdie geval, verwys dit na 'n fisiese plek waar God se troon is.  Die woord "troon" in Openb. 2:13 verwys na die troon van die wereldse god... (sien die woorde troon "van die Satan"), en beskryf duidelik 'n plek waarvanaf die Satan regeer..., hetsy fisies of nie.  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem moet word of beeldspraak is, is nie seker nie, maar as dit 'n konneksie het met Openb. 12, dan kan dit na 'n letterlike troon verwys. Kyk bv. Openb. 12:2, waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk... (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word, of waarvanaf hy deur iemand "regeer". Daar word wel na die Satan verwys as die god van hierdie wereld, maar nie bedoel dat hy god gemaak is oor die wereld nie, maar verwys eerder na hoe baie mense onder sy mag is en hom sien as 'n god. Tog duidelik is Jesus Christus die Een wat al die mag het! (Hebr. 2:14; Kol. 2:15; 1 Pet. 3:22), nie die Satan nie, maar mense gee hom mag in hulle lewens... (hy is dus hulle god).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "dieptes van die Satan":

Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.      -  Om hierdie beter te verstaan, kom ons kyk na ander voorbeeld waar die woorde "dieptes van..." gebruik word. Dieselfde Griekse woord bv. ook vir "dieptes" gebruik in 1 Kor.. 2:10... ("Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God") - in konteks word daar verwys na hoe die wysheid wat die apostels verkondig nie ‘n wysheid van hierdie is wêreld nie, of van hierdie wêreld se heersers ('n wysheid wat vergaan) nie, maar is wysheid van God (1 Kor. 2:6,7; wat terloops o.a. verwys na "verborgenhede";  wysheid wat bedek was wat geen vd wereldheersers ken nie - hierdie wysheid, waarna verwys word as "dieptes van God" in hierdie konteks, word net gegee aan mense wat die Heilige Gees het (1 Kor. 2:7-15)(Jes. 48:16 - "Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur"). In konteks verwys "dieptes van God" m.a.w. in 1 Kor. 2 na wysheid wat "geestelike mense" verstaan (omdat hulle die Heilige Gees het), maar die natuurlike mens kan dit nie verstaan nie.      As ons hierdie sou vgl. om beter te verstaan wat bedoel word met "dieptes van Satan", wil dit voorkom of dit gaan oor wysheid, maar natuurlik in hierdie geval "wereldse wysheid", sekerlik verborgenhede wat deur die Satan openbaar word aan die wat hom dien... (m.a.w., dit wat die dienaars van Satan verstaan, bv. wat vir hulle gegee word deur onreine geeste). Bv., wat die gemeente in Thiatíre aanbetref, was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee... (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet), en duidelik het sy 'n sekere wereldse kennis/wysheid gebruik om die mense te verlei, 'n wysheid verkry van die Satan. Die "lering" wat sy gebring het is duidelik nie wysheid van God nie. Waar die geestelike mens "die dieptes van God" leer ken deur die Heilige Gees, verkry die dienaars van Satan hulle wysheid deur ander geeste (bv. onreine geeste). Die term "dieptes van satan" wil dus voorkom of dit verwys na "wysheid wat van die bose verkry word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Dinsdag 28 Desember 2021

Die boek van Judas

In die boek van Judas word gelowiges aangemoedig om "kragtig te stry vir die geloof" (Jud. 1:3) en te onthou hoe die apostels gewaarsku het dat daar in die laaste dae SPOTTERS sal wees wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18). 

Vir die 2de deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Judas 1 kan vgl. word met 2 Pet. 2 en 3, waarin baie soortgelyke woordgebruik voortkom (2Pe 3:3 - "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel"). Die woord "spotters" hier is die Gr. woord "emp-aheek-tace'" (iemand wat bespot, spotter), wat veral verwys na 'n valse leraar of iemand wat spot met iemand anders...; bv iets in 'n gemene manier sê, 'n onliefdevolle opmerking maak of gemeen optree ens.  Voor Jesus se kruisdood het Hy hierdie selfde soort gemeenheid beleef van die wat Hom BESPOT het (Matt. 20:19; Mark. 10:34) - ons sien ook dat "spot" gewoonlik gepaardgaan met sekere ander optredes, bv. hulle het Hom gegésel en op Hom gespuug... (Mark. 10:34)(tipiese optrede van haters). Daar is ook leuens oor Hom versprei en valse getuienis teen Hom gegee (Matt. 26:59,60) en teen Hom geplot... (Matt. 26:4). 

SPOTTERS tree baie onbarmhartig op en is niks anders as "bullies" nie! Maar na wie presies verwys hierdie "spotters" in Judas 1 en 2 Pet. 2 en 3?  In Judas 1 word daar na hierdie mense o.a. verwys as "ingesluiptes" -  hulle beweeg onder die kinders vd koninkryk, maar is nie werklik kinders vd koninkryk nie... Ons moet verstaan dat die "spotters" na wie hier verwys word in Judas 1 verwys na 'n spesifieke groep van spotters. Bv., daar is baiemaal mense wat agter ander aan spot... - hulle is soos onwetendes (bv. die wat opgesweep was om vir Jesus te kruisig - baie van hulle het dit onwetened gedoen. Hulle het nie die waarheid oor Jesus geken nie, maar was mislei deur die leuens te glo wat oor Jesus en die waarheid versprei is). Baiemaal is spotters bloot mense wat agter ander aan spot, onwetendes wat die leuen glo. Die spotters in Judas 1 verwys egter nie na onwetendes (wat spot) nie, maar na WETENDES! (wat spot) - mense wat goed weet wat is die waarheid maar daaroor spot;  mense wat goed weet wanneer iemand deur die Here gestuur is maar met of oor daardie persoon spot sodat mense nie na hom luister of in sy woorde glo nie... (soos valse leraars en valse broeders)(vgl. hierdie gerus ook met die temas van kwaadspreek en laster, want dit is tipiese tekens van verleiers).  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Judas verwys na hierdie "spotters" as o.a. die volgende:

(1) mense wat INGESLUIP het in die kerk (v.4);

(2) die wat die genade van God verander in ongebondenheid (v.4);

(3) mense wat vgl. kan word met DIE WAT HULLE EIE BEGINSEL NIE BEWAAR NIE (v.6); 

(4) mense wat vgl. kan word met DIE WAT AGTER VREEMDE VLEES AAN HOEREER (v.7), of DIE VLEES IN HULLE DROMERYE BESOEDEL (v.8). 

(5) mense wat DIE HEERSKAPPY VERAG (v.8).

(6) mense wat DIE HEERLIKE WESENS LASTER (v.8), en word gesien as LASTERAARS (en belaster alles wat hulle nie ken nie)(v.10,15). 

(7) mense wat SOOS WATERLOSE WOLKE IS (v.12)(wat "deur winde rondgedrywe word"); 

(8) mense wat soos bome in die nasomer is, SONDER VRUGTE (v. 12).

(9) mense wat TWEE MAAL GESTORWE EN ONTWORTEL IS (v.12).

(10) mense wat DWAAL (v.13)(soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word)(spreek harde woorde teen die Here);

(11) mense wat SINNELIK is (soos "natuurlike" mense)(die begrip "natuurlike mense" word gewoonlik gebruik van almal wat uit Adam gebore is, hulle is nie wedergebore nie en het nie die Gees nie, en dink en "sien" dus soos die wereld). Vgl. dit met v.10 - hulle verstaan alles op 'n natuurlike wyse (soos redelose diere); 

(12) mense wat NIE DIE GEES HET NIE (v.18)(omdat hulle nie die Gees het nie, kan hulle nie werklik gesien word as kinders van God nie, al beweeg hulle onder die kinders van God...)(Rom 8:14 - "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God"). 

(13) mense wat MURMUREERDERS is (v.16)(kla oor hulle lot, en wandel volgens eie begeerlikhede - v.16);

(14) mense wat TROTSE WOORDE SPREEK (v.16)(terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel - v.16); 

(15) mense wat SKEURING MAAK (v.19)(hulle het nie die Gees nie en "sien" dus verkeerd, en veroorsaak dus skeuringe in die kerk) 

(16) mense wat vgl. kan word met ONGELOWIGES (v.5)(soos die ONGELOWIGES onder die volk wat uit Egipte gekom het); 

(17) mense WAT DIE HERE JESUS CHRISTUS VERLOëN (v.4)(net soos die engele wat hulle woning verlaat het en vir God verloen het - v.6);

(18) GODDELOSES / ONGEHOORSAMES (v. 4,15,17)(soos Sodom en Gomorra +, die wat agter vreemde vlees aan gehoereer het - v.7). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is hierdie "spotters" se uiteinde?

(Jud 1:4)  is lank tevore al opgeskryf is vir DIE OORDEEL.

(Jud 1:5)  sal soos die ongelowiges onder die volk OMGEBRING WORD.

(Jud 1:6) word soos die dwalende engele bewaar vir OORDEEL.

(Jud 1:7)  sal soos Sodom en Gomorra+ die STRAF vd EWIGE VUUR ondergaan.

(Jud 1:13) word soos dwaalsterre VIR DIE EWIGE DUISTERNIS bewaar.

(Jud 1:15)  die Here sal gerig hou oor almal en die goddeloses onder hulle STRAF.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN JUDAS (in die Bybel) moet nie verwar word met die EVANGELIE VAN JUDAS (gnostiese boek) nie:

Wat is "die evangelie van Judas"? 

Die "evangelie van Judas" is nie dieselfde as die "boek van Judas" in die Bybel nie, en is ook nie deur die Judas vd Bybel geskryf nie. Dit val onder die groep "Gnostiese boeke", en alhoewel sommige Bybelse begrippe in gnostiese boeke gebruik word en sommige van hierdie mense hulleself voorgegee het as Christene, is hulle skrewes nie dieselfde as dit wat die Bybel leer of wat Jesus en Sy dissipels geleer het nie. 

Die naam mag wel lui "die evangelie van Judas", en Judas Iskariot (wat vir Jesus verraai het) was wel vir hierdie mense 'n outoriteits-figuur, ja, maar dit is nie geskryf deur Judas Iskariot nie... Ouderdom word gestel op sowat 60 of 70 jaar nadat die ander evangelies vd Bybel (deur die apostels) geskryf is;  dus kon dit nie deur Judas Iskariot geskryf wees nie, en ook nie deur 'n ooggetuie van Jesus se lewe en woorde nie...  Niemand weet deur wie hierdie boek geskryf is nie. 

Daar is ook wesenlike verskille tussen hierdie evangelie en die apostels se evangelies, en dus logies waarom dit NIE deel vorm vd Bybel se samestelling nie. Daar is slegs een verwysing na die "evangelie van Judas" deur die vroee kerkvader Ireaeus se geskrifte (180 n.C.), van 'n 5 hfst. boek wat hy geskryf het waarin hy valse leerstellings (vd Christelike geloof) uitwys. Volgens Ireaeus was die leringe in die "evangelie van Judas" deel vd leringe vd "Cainites". Sommige Gnostiese leringe het bv. geleer dat God nie die wêreld geskep het nie en dat die wêreld 'n kosmiese gaos is, en dat sekere mense glad nie eens hier hoort nie - hierdie was veral geleer deur die "Cainites";  hulle was volgelinge van Kain en het bv. geglo dat Kain (wat vir Abel doodgemaak het) eintlik reg was en die God wat vir Kain gestraf het, die bose god was. Hulle het verder ook geleer dat God nie gehoorsaam moet word nie en dat daar 'n groter geestelike krag is in die heelal. Gnostiese "Christene" het geglo in 'n hele goddellike realm en dat mense deur hierdie "goddellike wesens" geskep is en die wêreld daardeur totstand gekom het. Hulle het ook nie geglo dat Jesus die Seun van God is nie, en ook nie geglo dat Sy dood en opstanding enige iets te doen het met saligheid nie, en ook nie geglo dat die apostels Jesus behoorlik verstaan het of die waarheid verkondig het nie... (en het dus nie die apostels aanvaar as outoriteits-figure nie, maar het wel vir  Judas Iskariot aanvaar! - die een wat vir Jesus verraai het). Die Gnostiese "Christene" het ook baie geglo soos dit wat ons vandag in Hindoesme of in die New Age sien... - dus, alhoewel sommige Christene die evangelie van Judas wil probeer deel maak vd Christelike Bybel, is dit beslis nie dieselfde as die Christelike geloof nie. Die Gnostiese boeke (waarvan die evangelie van Judas deel is) is in stryd met die res vd Bybel en daarom logies waarom dit nie deel vorm van die samestelling nie. DIE FEIT  DAT DAAR  SLEGS 2 MANUSKRIPTE VAN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" BESTAAN (en hulle nog van mekaar verkil ook!), is 'n bewys dat geeneen vd twee eens gesien kan word as oorspronklike nie -  en dit waarin die twee manuskripte wel ooreenstem verskil ook van die duisende afskrifte wat ons het vd Nuwe Testament (vd Bybel - dit is dus nie Christelik nie). Christene kan nie hierdie evangelie as geloofwaardig in die Christelike geloof beskou nie - die eerste kerkvaders het dit terloops ook afgeskryf as valse leerstellings.

----

Hier is 'n paar dinge wat kom uit die evangelie van Judas (en ons sal sien dat dit baie verskil vd Christelike geloof):

- Volgens die evangelie van Judas is Jesus afkomstig van "die moeder van alle dinge", en Judas (Iskariot) is die enigste een wat dit weet! - en a.g.v. hierdie feit sal Jesus (volgens hierdie evangelie) alleenlik vir Judas die verborgenhede vd koninkryk deel... . 

- Nog iets wat uit hierdie evangelie kom, is dat die dissipels 'n sg. visioen sien waarin hulle vir Jesus sien...;  hulle sien 'n huis met twaalf priesters wat offer rondom 'n altaar, en sommige offer hulle eie kinders, sommige het met mans geslaap, ander pleeg moord, en ander pleeg klomp sondes... - dan, wanneer Jesus dit sg. uitle, verduidelik hy dat die 12 priesters die 12 dissispels voorstel... Daar is ook 'n sg. visioen wat Judas self sien... - o.a. van hoe die 12 dissipels hom met klippe gooi (in die evangelie van Judas word die 12 dissipels gelaster...)

- Nog iets wat in hierdie vangelie gegee word (wat ook heeltemal verskil vd Bybel) is dat Jesus sg. 'n geheime uitlegging gee oor die wereld se totstandkoming..., dat daar "oospronlik 'n onsienbare gees was, die god wat nie geken word nie, en hoe hy die wolk roep en daar uit die wolk 'n wese kom wat genoem word "die een wat self ontstaan" - en dan word verduidelik wat alles geskep word, o.a. die realm van gaos en die realm waarin ons bly... ens. (dit is duidelik dat die "evangelie van Judas" geensins in die Bybel inpas nie).

----

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS NIE DIESELFDE AS "DIE BOEK VAN JUDAS" (in die Bybel) NIE. 

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD DAAR O.A. GESPOT MET DIE DISSISPELS EN LEUENS OOR HULLE VERTEL - OOK OOR JESUS!

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD LEUENS VERKONDIG ONDER DIE NAAM VAN CHRISTENSKAP (tree op soos "ingesluiptes").

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS 'N VB VAN IETS WAT DEUR 'N "SPOTTER" GESKRYF IS. (sekerlik ditto as die soort "spotters" waarna verwys word in die boek van Judas...!). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------