Wys tans plasings met die etiket troon van die Satan. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket troon van die Satan. Wys alle plasings

Maandag 17 November 2025

Sinagoge vd Satan / dieptes vd Satan / troon vd Satan

In hierdie pos kyk ons na 3 terme/verwysings in die boek van Openbaring, en probeer verstaan waarna presies dit verwys.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Sinagoge vd Satan

- Dieptes vd Satan

- Troon vd Satan

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

Alhoewel die "7 briewe aan 7 gemeentes" (in Openb. 2 en 3) gesien word as kerke van die tyd waarin Johannes die briewe geskryf het, word dit ook somtyds gesien as voorstellings van gemeentes in die einde van dae voor Jesus terugkom;  bv., in Openb. 3:9 (die brief aan die gemeente in Filadelfía) word belowe dat hulle "bewaar sal word in die uur van beproewing" ('n "uur" wat baiemaal na verwys word as 'n tyd in die einde van dae wanneer die bewoners vd aarde op die proef gestel sal word...). Sommige geleerdes is van mening dat die betrokke 7 briewe/gemeentes verwys na 7 tydperke. Nietemin, al sou dit slegs geskryf wees aan spesifieke gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, dan kan ons baie leer deur hierdie 7 briewe... (bv., wat Jesus van ons verwag, hoe belangrik dit is om ag te gee op die pad van godsaligheid, die gevaar van om "geestelik te hoereer", ens.).

In twee vd 7 briewe word spesifieke verwysings gemaak waar oor iets spesifiek gepraat word..., nl. die "sinagoge vd satan" (waaraan die wat vals is "behoort"/Openb. 2:9), die "dieptes van satan" (Openb. 2:24), en die "troon vd satan" (Openb. 2:13)..., maar waarna presies vewys hierdie terme?  Is dit letterlik of beeldspraak? In hierdie pos ondersoek ons hierdie spesifieke terme om te verstaan waarna presies dit verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "sinagoge van die Satan": 

In twee van die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring word die term "sinagoge van die Satan" gebruik, waar daar verwys word na 'n vergadering van mense/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... (hulle is na die vlees, maar nie na die gees nie) - die groep word o.a. beskryf as 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9).      Die woord "satan" verwys na 'n aanklaer, meer presies is die Satan 'n VALS AANKLAER.. In Openb. 20:2 word daar na die draak/ou slang ook o.a. verwys as 'n duiwel en "satan"... Waar die woord "satan" gebruik word in die Skrif, verwys dit in meeste gevalle na 'n spesifieke wese (Job 1 en 2; Sag. 3:1,2; Luk. 10:18; Matt. 12:26; Luk. 22:31; 1 Kor. 7:5; 11:14; Openb. 12:9; 20:2,7), maar word ook somtyds gebruik as 'n beskrywing (bv 'n vals aanklaer, en dan word die woord "satan" gebruik... / Mark. 8:33). 

Die wie se sinne verblind is word gesien as "onder die mag van die Satan" (Hand. 26:18); of die wat in sonde stap word somtyds beskryf as "dronk" soos iemand wat deur die Satan beinvloed is... (bv wat aanbetref die manier hoe hulle sien en dink, asof hulle van hom "gedrink" het, wat verwys na wereldse wysheid)(Hand. 5:3; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 5:15)(en kan in sommige gevalle moonltik toegeskryf word aan bose geeste wat in mense ingaan/Joh. 13:27?). M.a.w., nie oral waar die woord "satan" in die skrif gebruik word verwys dit na die spesifieke wese wat ook draak en ou slang en duiwel genoem word nie, maar somtyds beskryf dit dat iemand onder die mag van hom is, of soos hy is. Die woorde "sinagoge van Satan" verwys nie noodwendig na een spesifieke plek op aarde waar die kerk van satan bestaan nie (alhoewel dit ook kan), maar is meer beskrywend van mense wat SOOS DIE SATAN vals aanklaers is (kwaadsprekers en leuenaars);  baie soos daar na 'n Christelike kerk/vergadering/gemeente verwys word as 'n groep mense wat eenders dink en sien, maar in die geval van Openb. 2:9 verwys dit na 'n groep Jode, wat die naam het van Jode en veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik aan die "gemeente" van die Satan behoort, want hulle dink en sien soos hy... (Joh. 8:44)., of tree soos hy op! (is leuenaars en lasteraars)(Openb. 2:9; 3:9). 

Kom ons kyk na die 2 skrifgedeeltes waar die term voorkom:

(1) Brief aan die gemeente in Smirna:

(Openb. 2:8)  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: (Openb. 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n SINAGOGE Gr. woord "soon-ag-o-gay'", wat verwys na 'n vergadering van mense, bv. 'n Joodse sinagoge - vergadering, gemeente, sinagoge) VAN DIE SATAN (Gr. woord "sat-an-as'" - aanklaer, duiwel)(Openb. 2:10)  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (Openb. 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.         Dieselfde Gr. woord vir "sinagoge" kom in vele ander skrifte voor... (Matt. 12:9; Mark. 6:2; ens.), waar daar verwys word na 'n bymekaarkom plek van mense van dieselfde geloof (soos 'n kerkgebou) - die woord "sinagoge" in Openb. 2:9 word gebruik, want dit is "Jode" wat bymekaarkom ("Joodse kerk"), maar in hierdie geval verwys dit na Jode wat veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik die Satan dien. 

Die gemeente van Smirna het verdrukking en armoede geken, maar het die werke gehad en was ryk in die Here (Openb. 2:9);  maar daar was 'n groep wat hulle gelaster het en kwaadgepraat het van hulle..., en in die gedeelte verwys die wat van hulle kwaadpraat, na 'n spesifieke groep Jode. Die gemeente van Smirna word bemoedig om vas te staan!, want die duiwel sou ook sommige van hulle in die gevangenis werp... (en die Here het dit toegelaat sodat hulle geloof op die proef gestel word)(Openb. 2:10). 

Slotsom: DIE "SINAGOGE VD SATAN" VERWYS NA 'N GROEP MENSE WAT HULLE VOORGEDOEN HET AS MENSE WAT DIE HERE DIEN, MAAR HULLE WAS VALS EN HET EINTLIK DIE SATAN GEDIEN (want hulle sien en dink soos hy / lasteraars en kwaadsprekers).  Kwaadpraat is baiemaal 'n kenmerk dat iemand vals is - die rede waarom hulle kwaadpraat/valse aanklagte maak van die opregtes, is om hulle te verwoes en keer dat ander na hulle luister - hulle wou keer dat die evangelie en waarheid uitgaan. In ag geneem dat dit is wat die woord "satan" beteken, nl. 'n vals aanklaer, is dit duidelik dat hierdie kwaadsprekers satan se werk doen! (want hulle kla mense vals aan/is kwaadsprekers net soos die Satan doen).

(2) Brief aan die gemeente in Filadelfía:

(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: (Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. (Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die SINAGOGE VAN DIE SATAN, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. (Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. (Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.      - Die gemeente in Filadelfía het min krag gehad, maar het die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloën nie... (3:8). Ook in hierdie geval was daar 'n groep wat gelaster het en kwaadgepraat het van hull...e, maar die Here bemoedig hulle dat diesulkes uiteindelik sal kom en voor hulle voete neerbuig en erken dat die Here hulle (gemeente van Filadelfia) liefgehad het... (3:9).  Die gemeente van Filadelfia word o.a. belowe dat hulle bewaar sal word in die uur van beproewing (wanneer die res vd wereld beproef sal word). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "troon van die Satan": 

Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.       - Die woord "satan" beteken "aanklaer", en word gewoonlik gebruik in konteks met 'n spesifieke bose wese, die een wat die hele wêreld verlei (Openb. 12:9), ook genoem "die duiwel/ou slang/ groot draak/Beëlsebul"... (elkeen van hierdie woorde beskryf hom op 'n ander manier). Die woorde "troon van" verwys duidelik na die troon van hierdie spesifieke aanklaer..., maar is dit 'n fisiese plek op aarde?, of beeldspraak?  

Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 13:2 vd dier uit die see se troon - ("En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag") - diere in profesie stel gewoonlik nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n koning (bv. die koning van daardie koninkryk). Die troon is gewoonlik die plek waarvanaf 'n koning regeer. Die "troon van Satan" waarna verwys word in Openb. 2:13 mag dalk verwys na so 'n spesifieke troon, bv. soos in Openb. 13:2 (want in die einde van dae sal 'n koninkryk/koning opstaan aan wie die draak, nl. die Satan, sy krag en TROON en groot mag sal gee...). Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 12:9 (waar die manlike kind weggeruk word na God en sy troon ),  asook baie ander skrifte (in Openb. 12:9 verwys "troon" nie na die Satan se troon nie, maar na God se troon). Duidelik, in hierdie geval, verwys dit na 'n fisiese plek waar God se troon is.  Die woord "troon" in Openb. 2:13 verwys na die troon van die wereldse god... (sien die woorde troon "van die Satan"), en beskryf duidelik 'n plek waarvanaf die Satan regeer..., hetsy fisies of nie.  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem moet word of beeldspraak is, is nie seker nie, maar as dit 'n konneksie het met Openb. 12, dan kan dit na 'n letterlike troon verwys. Kyk bv. Openb. 12:2, waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk... (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word, of waarvanaf hy deur iemand "regeer". Daar word wel na die Satan verwys as die god van hierdie wereld, maar nie bedoel dat hy god gemaak is oor die wereld nie, maar verwys eerder na hoe baie mense onder sy mag is en hom sien as 'n god. Tog duidelik is Jesus Christus die Een wat al die mag het! (Hebr. 2:14; Kol. 2:15; 1 Pet. 3:22), nie die Satan nie, maar mense gee hom mag in hulle lewens... (hy is dus hulle god).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "dieptes van die Satan":

Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.      -  Om hierdie beter te verstaan, kom ons kyk na ander voorbeeld waar die woorde "dieptes van..." gebruik word. Dieselfde Griekse woord bv. ook vir "dieptes" gebruik in 1 Kor.. 2:10... ("Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God") - in konteks word daar verwys na hoe die wysheid wat die apostels verkondig nie ‘n wysheid van hierdie is wêreld nie, of van hierdie wêreld se heersers ('n wysheid wat vergaan) nie, maar is wysheid van God (1 Kor. 2:6,7; wat terloops o.a. verwys na "verborgenhede";  wysheid wat bedek was wat geen vd wereldheersers ken nie - hierdie wysheid, waarna verwys word as "dieptes van God" in hierdie konteks, word net gegee aan mense wat die Heilige Gees het (1 Kor. 2:7-15)(Jes. 48:16 - "Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur"). In konteks verwys "dieptes van God" m.a.w. in 1 Kor. 2 na wysheid wat "geestelike mense" verstaan (omdat hulle die Heilige Gees het), maar die natuurlike mens kan dit nie verstaan nie.      As ons hierdie sou vgl. om beter te verstaan wat bedoel word met "dieptes van Satan", wil dit voorkom of dit gaan oor wysheid, maar natuurlik in hierdie geval "wereldse wysheid", sekerlik verborgenhede wat deur die Satan openbaar word aan die wat hom dien... (m.a.w., dit wat die dienaars van Satan verstaan, bv. wat vir hulle gegee word deur onreine geeste). Bv., wat die gemeente in Thiatíre aanbetref, was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee... (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet), en duidelik het sy 'n sekere wereldse kennis/wysheid gebruik om die mense te verlei, 'n wysheid verkry van die Satan. Die "lering" wat sy gebring het is duidelik nie wysheid van God nie. Waar die geestelike mens "die dieptes van God" leer ken deur die Heilige Gees, verkry die dienaars van Satan hulle wysheid deur ander geeste (bv. onreine geeste). Die term "dieptes van satan" wil dus voorkom of dit verwys na "wysheid wat van die bose verkry word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------