Wys tans plasings met die etiket goddeloses. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket goddeloses. Wys alle plasings

Donderdag 09 Julie 2026

Die boek van Judas (3)(dwalendes, ongelowiges, hoereerders)

In hierdie pos word daar gekyk na punte 3,4,10,16 op die lys gegee in die inleiding pos van hierdie bybelstudie - "die boek van Judas":  (punt3 -die wat eie beginsel nie bewaar, vers 6)(punt16,vers 5 -ongelowiges)(punt4 -hoereerders, vers 7)(punt10 -dwalendes, v.13).

Vir die eerste 2 punte (1-ingesluiptes) en (2-ongebondes), gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

WAT IS DIE GEVOLGE VAN SONDE, ONGELOOF EN AFVALLIGHEID  (gegee in punte 3,4,10,16)?  Kom ons kyk wat die boek van Judas hieroor leer:

Wat het gebeur met die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie en hulle woning verlaat het- (hulle is geboei en word in bewaring gehou vir die dag van oordeel). 

Wat het gebeur met die ongelowiges onder die volk van God tydens die uittog? - (hulle is in die woestyn omgebring en kon nie in die beloofde land ingaan nie).

Wat het gebeur met die mense van Sodom en Gomorra wat gehoereer het en agter vreemde vlees aangeloop het? - (is verwoes en sal die straf vd ewige vuur ondergaan).

Om sy punt (dat daar gevolge is vir optrede!) te bevestig, gebruik Judas hierdie vergelykings.  Die mense na wie hy verwys in hierdie hfst (bv spotters, goddeloses, ongelowiges, ingesluiptes ens.) vgl hy met "die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie", die "ongelowiges onder die volk" en die "mense van Sodom en Gomorra".  Kortom, net soos daar gevolge was vir hierdie groepe mense se optrede, net so sal daar gevolge wees vir die na wie verwys word in Judas 1 (bv. spotters, goddeloses, ongelowiges, en ingesluiptes).  Net soos die ongelowiges onder die volk van God omgebring is in die woestyn en nie in die beloofde land kon ingaan nie, net so kan die ongelowiges onder die Christen-volk nie staatmaak op beloftes wat spesifiek gegee was aan "gelowiges" nie (geloof is belangrik om te kan ingaan). Bv., geroepenes wat in ongebondenheid stap, kan nie verwag om in ditto beloftes te deel as die met 'n skoon gewete nie (die begrip "ongebondenheid" word in konteks gebruik met sondes soos hoerery, owerspel, en allerhande onreinheid). Christene wat bv. hoereer en "agter vreemde vlees aanloop"(soos die mense van Sodom en Gomorra), kan nie verwag om die ewige vuur vry te spring nie! Hierdie is alles belangrike waarskuwings wat deur Judas in hierdie boek gemaak word. 

Jud 1:5 "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het. 

Jud. 1:6 - "En die ENGELE WAT HULLE EIE BEGINSEL (Gr. woord "ar-khay'", wat beteken "begin, owerheid, mag, krag, magistraat, heerskappy ens.) NIE BEWAAR HET NIE, maar hul eie woning (huis, tuiste) verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;" 

Jud. 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER EN AGTER VREEMDE VLEES AANGELOOP het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DWALENDES:

(Kom ons staan eers stil by punt 10 op die inleiding pos van hierdie reeks) mense wat DWAAL (v.13): (soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word/spreek harde woorde teen die Here)(Jud 1:13 - "woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, DWAALSTERRE vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word"). Vgl. dit gerus met (1Kor. 6:10 - "Moenie DWAAL nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Wat ons leer uit hierdie twee skrifte is dat kinders vd Koninkryk wat DWAAL (in hierdie geval spesifiek verwysend na die "ingesluiptes" en "goddeloses" onder die kinders vd Koninkryk (Jud. 1:3,4), bv. die "valse profete" of die "sonder vrugte" (Jud. 1:12)) nie die koninkryk van God sal beerwe nie.  Hierdie mense word tipies baiemaal herken as hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, rowers, die wat hulle vertroue plaas in wereldse wysheid, en die wat laster... (1 Kor. 6:10 en Jud. 1:13).  Hoekom val hulle onder dieselfde groep as dwalendes? - want dit is duidelik dat hulle die vlees dien; hulle is gehoorsaam aan die vlees, nie aan die Here nie. Kinders van die Koninkryk is veronderstel om die Here te dien, nie hulleself nie.  Dit gaan nie oor wat jy begeer, wil doen, of wat jy glo is die waarheid nie (dit is bv. kenmerkend dat diesulkes altyd leer maar nooit tot die kennis vd waarheid kom nie... - vgl. dit met 2 Tim. 3:1-9;  hulle gebruik bv. nie die waarheid om die wil van die Here te leer ken en Hom te gehoorsaam nie, maar om hulle sonde te regverdig of om die waarheid te verdraai). 

Na wie verwys "dwalendes" in die Skrif?
Dwalendes word o.a. ook beskryf as ONGELOWIG (bose,ongelowige, verharde hart)(eerste groep in die gelykenis vd saaier), het GEEN WORTEL nie (en val dus af in tyd van versoeking)(tweede groep in die gelykenis vd saaier), of is aan die SLAAP of DRONK (en bedrieg hulleself)(derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html), en verwys tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...).  Versoeking is soos 'n vangnet wat gestel word - die duiwel probeer alewig ons vang in sy strik, om sy wil te doen, maar ons moet seker maak dat ons staande bly in hierdie stryd (Psa_119:110  Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie). Daar is beslis gevolge vir dwaling... Op dieselfde wyse as wat daar gevolge was vir die engele wat gedwaal het, kan Christene nie verwag om nie gestraf te word as hulle dwaal en hulle nie daarvan bekeer nie. (Jak. 5:19,20 - "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek") - met hierdie skrif maak Jakobus dit o.a. duidelik dat die wat afdwaal van die waarheid en hulle nie bekeer nie, die dood sal erf! - DWALING is 'n erstige probleem.
- die wat deur hulle eie begeerlikhede verlok word (Jak. 1; Spr. 7);
- die wat deur die verleiding vd sonde hulle harte verhard (bose en ongelowige harte)(Hebr. 3);
- die wat deur 'n sonde oorval word (word versoek)(Gal. 6);
- die wat afdwaal vd kennis van God en/of mislei word om te dink soos die wereld (1 Kor. 15; 1 Kor. 6);
- die wat verkeerd sien en glo omdat hulle nie die Skrifte ken nie, en ook nie die krag van God ken nie (Mark. 12).

Om die begrip dwalendes beter te verstaan, kan ons na verskillende groepe of mense kyk wat gedwaal het of wie se optrede as "dwalende" beskryf word, bv.:

(1) - Die DWALENDE ENGELE: 2 Pet. 2:4 leer vir ons dat daar 'n groep engele is WAT GESONDIG HET, en dat hulle nie gespaar is nie... (Job 4:18; 2 Pet. 2:5; Jud. 1:13)(hierdie groep engele is in die hel gewerp en aan kettings vd duisternis oorgegee - word in bewaring gehou vir die oordeel). Vgl. dit gerus met Jud 1:6 - "En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar". Hierdie engele het gesondig (bv. is engele wat gemeenskap gehad met mense-vrouens, 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap...), het die Here verloën en hulle woning verlaat (Job 4:18 - "Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling") - in ander woorde, hulle het GEDWAAL (kyk ook Job 15:15,16) - hulle het vir versoeking geval. In hierdie geval sien ons dat die uiteinde van hulle dwaling was dat hulle hul woning verlaat het... L.w. dat daar beslis gevolge is vir dwaling, net soos met die dwalende engele gebeur het. Dit was die rede waarom die Here 'n poel van vuur en swawel berei het, was eintlik bedoel vir die duiwel en sy engele... (Openb. 20:10; Matt. 25:41).

(2) - DIE WAT VERLEI WORD DEUR VALSE LERINGE: (1Kor. 15:33 - "Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes"). In hierdie gedeelte sien ons dat daar Christene was in die gemeente van Korinthe wat nie in die opstanding van Christus geglo het nie.  Hulle het hulle vertroue geplaas in die wat leuens verkondig (in plaas van om ag te gee op die bewyse dat Jesus opgestaan het uit die dood, nl. die feit dat Hy aan menigtes verskyn het na Sy opstanding...en l.w., hierdie was terloops geskryf in die tyd toe baie van daardie getuies nog in die lewe was!...). Ons sien hierdie ook baiemaal in die Christelike kerk gebeur, waar die Here Sy waarheid en krag bevestig maar sommig Christene dan steeds kies om die leuen te glo. Vgl. dit met (Mar 12:18-27), waar Sadduseërs (die wat sê dat daar geen opstanding is nie) vir Jesus probeer vasvra het - in hierdie gedeelte maak Jesus dit duidelik dat hulle DWAAL (hulle ken nie die Skrifte nie, en ken nie die krag van God nie) - (Mar 12:24,27 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?...... (v.27)  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks"). Hierdie is baiemaal die rede waarom sommige DWAAL, is omdat hulle nie die Skrifte ken nie en dan bog praat/deelneem aan bogpraatjies (1Tim. 1:6 - "waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies") (2Ti 2:16-18 - "Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om"). Die goddelose span graag 'n vangnet vir Christene!, maar Christene moet seker maak dat hulle nie van die Here se waarheid afdwaal nie... (Psa 119:110). Die wat afdwaal van die waarheid verwys na mense wat vir die versoeking geval het, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle nie die Skrif ken nie, of nie die krag van God ken nie!

(3) - DIE WAT DIE HERE VERSOEK:  Geroepenes wat die Here versoek, is ook soos DWALENDES... - hulle "dwaal met die hart" (Heb 3:7-10 - "Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie"). Hierdie dwalendes verwys na kinders vd Koninkryk wat hulle harte verhard (verbittering teen die Here is baiemaal 'n teken hiervan). Die volk in die woestyn is 'n goeie voorbeeld - hulle het bv. die Here werke goed geken en gesien hoe Hy vir hulle sorg en lei, tog het hulle in opstanding gekom teen die Here en hulle harte teen Hom verhard... - was ONGELOWIG en het Hom nie vertrou nie. Dit is interessant om na hierdie vb te gaan kyk om te sien hoe presies dit lyk wanneer mense "die Here versoek", nl. hulle het Hom "getoets"! (bv. getoets of Hy steeds vir hulle sal sorg en omgee, al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy hulle steeds sal vergewe al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy Sy beloftes sal hou al tree hulle ongelowig op). Hierdie is ook 'n vorm van dwaling, maar verwys na dwaling in die hart... - hulle word deur hulle eie harte verlei (om hierdie beter te verstaan, kan ingekyk word na die term "bedrieg hulleself" - dit is nie iemand anders wat vir hulle lieg en so verlei nie, maar hulle lieg vir hulleself en word deur hulle eie begeertes verlei; dit is ook 'n vor van "vir versoeking val"). Vgl. hierdie punt gerus met die volgende twee punte.

(4) - DIE WAT IN DIE VLEES SAAI: (Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Christene wat hulle nie bekeer van sonde in hulle lewens nie, is besig om in die vlees te saai (en so iemand kan nie die ewige lewe maai nie! - bestudeer gerus die onderwerp "NIETIGHEID"). Geloof sonder werke is dood... Jy kan nie bely jy's 'n gelowige, maar jy doen die werke van 'n ongelowige nie.  Baiemaal DWAAL Christene deur te dink dat hulle steeds die ewige lewe sal maai al bly stap hulle in sonde, maar die waarheid is dat Christene wat in die vlees maai en nie ophou daarmee nie, die gevaar staan dat hulle nie op die ou end die ewige lewe sal kan maai nie (al is jy ook gered is dit gevaarlik as jy nie "vrug tot lewe" dra nie, of die vrug wat jy alreeds dra, verloof!). So iemand wat die Here versoek deur te doen wat hy wil en te glo dat die Here hom in elk geval sal red, is besig om te DWAAL... Dis soos 'n stout kind wat sy ouers tart deur ongehoorsaam te wees en staatmaak daarop dat hulle hom sal oorsien omdat hulle lief is vir hom.  Net so is dit met stout kinders vd Koninkryk - Christene wat so optree word gewoonlik deur die Here getugtig met die doel om hulle terug te bring by die plek waar hulle weer in die Gees begin saai (hierdie verwys nie na ingesluiptes en valses nie, maar weergeborenes wat, nadat hulle in die Gees begin saai het, terugval (vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier)(1Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

(5) - DIE WAT VERSOEK WORD DEUR HULLE EIE BEGEERLIKHEDE:  (Jak. 1:13-16 - "Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders"). Sonde bring altyd die dood voort;  daarom moet Christene daagliks hulle gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus. Dit is belangrik om sonde af te le, nie net fisiese sonde wat deur die liggaam gedoen word nie, maar ook in die gedagtes! Ons moet versigtig wees wat dit is wat ons begeer... Dit is nie altyd verkeerd om iets te begeer nie - dit hang af wat jy begeer! (bv., wanneer jy na 'n getroude vrou kyk om haar te begeer, is jy besig om die sonde van egbreuk te pleeg, l.w. in jou gedagtes!/Matt. 5:28). As iemand in die Gees wandel, sal hy gedagtes van onwettige begeertes kruisig en sy gedagtes verander. Sekere gedagtes moet beslis nie gekoester word ni, en begeerlikhede is die rede waarom Christene baiemaal in die versoeking kom en sondig.  Wat is dit wat jy begeer?  Dit is bv. verkeerd om iets wat aan jou naaste behoort, te begeer... (hetsy vrou, besittings ens.). Dit is verkeerd vir 'n Christen om geld te begeer, want dit kan tot gevolg he dat iemand afdwaal vd geloof (1Ti 6:10 - "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor"). Dit is verkeerd om slegte dinge of sonde te begeer... Dit is verkeerd vir Christene om leringe in stryd met die Woord te begeer (bv. leringe wat hulle eerder in die gehoor streel)... Baiemaal dwaal Christene op hierdie manier in hulle harte deurdat hulle verkeerde begeertes koester en nalaat om gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus.  Sulke begeertes kan tot "dwaling" lei en tot gevolg he dat iemand in sonde begin stap (nl. vir die versoeking val);  bv., begeertes na verdraaide leringe (dit wat jy bv. eerder graag wil glo as wat Jesus Christus geleer het) kan veroorsaak dat 'n Christen begin om sy vertroue in daardie valse leringe te plaas, en sou hy hom nie daarvan bekeer nie kan hierdie sonde verander in "sonde tot die dood" (sulke werke lei tot nietigheid). Vir nog 'n skrif oor hierdie onderwerp, kyk na Spr. 7, waarin die een wat agter 'n hoer aanloop vgl. word met iemand wat dwaal... - op dieselfde wyse word die wat "geestelik hoereer" gesien as dwalendes (Spr. 7:21 - "Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. v.22  Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan...................... v.23..................—sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. v.24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. v.25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie..... v.27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONGELOWIGES:

(Jud 1:5 - "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het"). Wat Judas hierdie leer, is dat ongeloof kan veroorsaak dat 'n geroepene eendag nie erf nie! Net soos sekere vd volk nie in die beloofde land kon ingaan nie a.g.v. ONGELOOF (Hebr. 3:19), net so kan ongelowige kinders vd Koninkryk nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Heb 3:10-12 - "Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie"). Ons sien in hierdie skrif dat die begrip "ongelowiges" o.a. verwys na mense wat afvallig word... (nie mense wat nog die waarheid ken nie, maar die wat gelowig word het maar daarna ongelowig weer word).

Soos bo gesien word ONGELOWIGES somtyds ook beskryf as mense wat dwaal (wat duidelik nie noodwendig slegs verwys na natuurlike mense/heidene nie, bv. die wat nog nie die evangelie gehoor het nie, maar verwys veral in hierdie konteks na die wat wel die evangelie en waarheid gehoor het, maar hulle harte daarteen verhard... - hulle kies dus om ongelowig te bly). In 2 Kor. 4:4 word daar na ongelowiges verwys as die WIE SE SINNE VERBLIND IS ("naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - wat natuurlik ook waar is vir heidene, maar geestelike mense kan ook in daardie strik trap as hulle nie sterk staan nie (vir 'n studie hieroor en die belangrikheid vd wapenrusting van God, waarvan die skild geloof terloops deel is, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/03/die-wapenrusting.html). Ongelowiges word op beurt ook beskryf as ONGEHOORSAMES (1Pe 2:7,8), en word in Tit. 1:15 in ditto konteks gebruik as "besoedeldes"... (l.w. dat geen onreine sal eendag in die Koninkryk van God ingaan nie/Ef. 5:5).

'n Goeie vb is in Luk. 16, waar die ryk man (wat gekies het om ongelowig te bly) wat gesterf het en smart daar smart verduur, vra om terug te kom sodat hy sy familie kan waarsku..., maar kyk Abraham se woorde aan hom: (Luk 16:29-31 - "Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan"). Baie van die volk wat uit Egipte uitgelei is na die Beloofde land, het nie ingegaan nie a.g.v. ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5).  Al is jy ook 'n geroepene, dit is belangrik om vas te hou aan die geloof. 

Hierdie mense word tipies voorgestel deur veral die eerste groep in die gelykenis van die saaier (die wat die woord hoor, maar nie glo nie), maar kan ook verwys na gelowiges wat nie wortel het nie en dus afval in tyd van versoeking (hulle het gelowig geword, maar kies ongeloof - kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier). Dit beskryf die met 'n bose, ongelowige, of verharde hart. Vir 'n studie oor wat bedoel word met die begrip "ongeloof", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/09/ongeloof.html). Mense hoor maar HOOR nie altyd nie!  Dit is belangrik om ag te gee op die waarheid. Mark. 16:14 is 'n goeie vb. waarin daar getuig is dat Jesus opgestaan het uit die dode, maar hulle nie geglo het nie;  l.w. dat Jesus hulle verwyt het vir hierdie "hardheid van hart"! ONGELOOF WORD in hierdie betrokke vb. VOORGESTEL AS "HARDHEID VAN HART" (hulle het hulle harte verhard teen die waarheid en besluit hulle wil nie glo nie) - die Here verwag van ons om die waarheid te vertrou (Joh 20:27 - "Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig") - daar word van jou as kind van die Koninkryk verwag om te glo. Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in sy hart aangaan, nl. of hy GELOWIG, of ONGELOWIG (Hand. 28:24) - hierdie is gewoonlik 'n baie eenvoudige manier om te bepaal wie glo, en wie nie! (is of iemand die waarheid glo;  bv., as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar hy glo nie in Jesus se woorde nie, is dit 'n bewys dat hy ongelowig is). Gelowiges GLO die waarheid...

In 'n kerk of gemeenskap waar kragdade gewoonlik kortkom en die dienaars vd Here nie veel krag kan verrig nie, is die rede gewoonlik nie a.g.v. die dienaars se ongeloof nie (alhoewel dit ook kan wees), maar gewoonlik omdat baie mense in daardie kerk of gemeenskap ONGELOWIG is (Matt. 17:20; 13:58;). Daar kan miskien 'n bietjie genesings en lering plaasvind, maar geen kragte in so 'n geval nie (Mark. 6:5,6). In Mark. 9:23,24 maak Jesus die stelling dat alle dinge moontlik is vir die een wat glo. Ongeloof veroorsaak selfs dat mense onwetend kan sondig (1 Tim. 1:13), en dit is waarom kinders vd Koninkryk mekaar somtyds laster en seermaak, is nl. dat die wat ongelowig is verlei word om in opstand te kom teen die wat gelowig is. Wanneer kinders van die Koninkryk kies om nie die waarheid te glo nie, maak hulle hulself oop vir allerhande verleidinge - die gevolg hiervan is bv. baiemaal dat hulle ander gelowe raadpleeg of begin deelneem aan ander geloofspraktyke omdat hulle nie die krag van die Here ervaar nie;  in ander woorde, diesulkes val maklik vir versoeking omdat hulle ONGELOWIG is ('n goeie vb. is koning Saul wat alewig sy eie kop gevolg het i.p.v. sy vertroue plaas in die Here se opdragte, en die gevolg is dat die Here hom later nie wou antwoord nie, en dit het weer tot gevolg gehad dat hy uiteindelik 'n dodebesweerder gaan opsoek het). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOEREERDERS: 

(Jud 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"). In konteks verwys die "mense" na wie in hierdie skrif verwys word, na INGESLUIPTES en GODDELOSES - (Jud 1:4-8 - "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens"). "Ingesluiptes" is VALSES wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg asof hulle koring is, maar hulle is nie (is onkruid, en is deur die bose daar gesaai). Hulle beskryf basies ongelowiges, en word o.a. beskryf goddeloos, mense wat in ONGEBONDHEID leef (owerspel, hoerery, allerhande onreinheid) - hulle verwys na mense wat die Here Jesus Christus verloën. Vir 'n studie oor waarna "ingesluiptes" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html). "Goddeloses" word tipies beskryf as "slegte mense", "onregverdig", en word o.a. ook verwys as "vyande vd Here".  Vir 'n studie oor waarna "goddeloses" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html).

Hierdie mense word baiemaal gekenmerk as o.a. "hoereerders" (vir 'n studie oor "hoereer", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html), en verwys nie altyd net na die wat in die vlees hoereer (nl. onwettige lus/begeertes) nie, maar kan ook verwys na die wat "geestelik hoereer" (die wat ander geloofspraktyke volg of afgode aanbid;  dus, hulle verloën die Here!), asook is dit 'n sonde wat in die hart gepleeg kan word! (Matt. 5:28/kyk die tema van "besoedelde gewete"). Hoereerders is ONREIN en kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5). Hoerery word verder gesien as 'n "werk vd vlees" (Gal. 5:19), en ons weet dat sulke werke uitloop op nietigheid...  Somtyds word daar na hoereerders vewys as mense wat dwaal, wat op beurt baiemaal na verwys word as die wat "SLAAP" of "DRONK" is (die wat hulleself bedrieg )(vgl. hierdie mense ook met die derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie oor "dwalendes", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html).  Soos reeds gesien, verwys "dwalendes" tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...) - in die geval van "hoereerders" is dit baiemaal omdat hulle deur eie begeerte verlok word en hulleself bedrieg.

Vir nog poste oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

     

Woensdag 18 September 2024

Die begrip "TOORN van God"

In hierdie pos kyk ons na die volgende begrippe: 

- TOORN VAN GOD en TOORN VAN DIE LAM

- GRIMMIGHEID VAN SY TOORN / GRIMMIGHEID VD TOORN VAN GOD

Vir 'n pos oor die begrip "grimmigheid van God", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 
Toorn van God:
(Hebr. woord "af", wat verwys na KWAAD in die gesig en neus)(Num. 22:22; Deut. 5:15; Jos. 23:16; 2 Sam. 6:7; 1 Kron. 13:10; ens.).
(Gr. woord " or-gay' ", wat beteken kwaad, verontwaardiging, wraak, wraak neem)(Openb. 19:15; 16:19; 14:10; Kol. 3:6; Joh. 3:36; Rom. 1:18; Ef. 5:6; Kol. 3:6; ens.).

DIE WOORD "TOORN" VERWYS DUS NA "is kwaad" EN NA "wraak neem".

Vir wie/op wie? (kyk volgende paragraaf):  WEDERSTREWIGES en EIESINNIGES, GODDELOSES of ONGEHOORSAMES, en VYANDE. 

Konteks vd woorde "toorn vd Here": 
- (1) Ons sien baie gevalle in die Skrif waar die toorn van die Here op  WEDERSTREWIGES of EIESINNIGES gekom het... (Num. 22:22; 2 Sam. 6:7; Tit. 1:17).  Die Here word kwaad vir mense wat weet wat is Sy wil maar steeds dink hulle weet beter! Hierdie mense verwys basies na ongehoorsames en die wat rebelleer.  Koning Saul is 'n goeie vb. van iemand wat wederstrewig en eiesinnig was... (1 Sam. 15:23), want hy het op verskillende geleenthede goed geweet wat die Here se wil is maar steeds gedoen soos hyself goeddink - dit het daartoe gelei dat al het hy die Here geraadpleeg, wou die Here hom nie meer antwoord nie (toe sondig hy nog verder en gaan sien 'n waarsegster...).  Die uiteinde is dat hy eintlik vernietig moes word, maar wat die Here toe vernietig is sy koningskap-lyn (die Here neem ook Sy Gees toe weg van hom en stuur hom 'n bose gees). Iemand wat wederstrewig is, gebruik nie die Here as bron nie maar raadpleeg die wereld of glo in homself - in wat hyself dink is reg... Die uiteinde van sulke optrede deur kinders vd Here is dat hulle die Here bedroef  - nou kan ons verstaan hoekom dit so ernstig is as geestelike mense wat wederstrewig en eiesinnig is die Heilige Gees bedroef! (geestelike mense is onder die wet vd Gees of "dien die Gees", maar as hulle nie die Gees gehoorsaam nie maar wederstrewig en eiesinnig is, dan is hulle besig om die Heilige gees te bedroef). Gewoonlik vergaan mense teen wie God toornig word, maar elkeen het 'n kans as hy hom bekeer (Jon. 3:9,10; Mig. 7:18). 
- (2) In 'n ander konteks sal almal wat nie gered word nie, onder toorn kom... (Rom. 9:22). Alle mense het redding nodig van hulle vyand die dood en hulle slaafskap onder sonde;  m.a.w., almal wat die sonde dien se uiteinde is dat hulle vernietig word... (nie net verwysend na die dood nie, maar ook die "tweede dood"), en hulle het dus redding nodig! (en hierdie redding is slegs verkrygbaar in Jesus Christus).  Maar wat gebeur met die wat hoor maar nie luister nie;  m.a.w. DIE ONGEHOORSAMES ?- die toorn van God sal op hulle bly... - (Joh 3:36 - "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom"). Die wat HOOR en gered word, maar dan wederstrewig of eiesinnig word, kan nie verwag dat hulle op die ou end nie onder die toorn sal kom nie... (Ef. 5:6). In die Skrif word diesulkes gewoonlik na verwys as GODDELOSES of ONGEREGTIGES , of "KINDERS VD ONGEHOORSAAMHEID": - (Rom 1:18,19 - "Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar") (Rom 2:5,6 - "Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God wat elkeen sal vergeld na sy werke")(Rom. 3:5,6; Ef. 5:6; Kol. 3:6). Die wat ongehoorsaam is en die merk van die dier neem, sal ook die beker van Sy toorn neem... (Openb. 14:10; 19:15).  
- (3) In 'n ander konteks word die Here toornig op sy VYANDE (bv. Babilon)...  (Nah 1:2 - "‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande"). Die woord "toorn" word o.a. dus gebruik t.o.v. waar die Here wraak uitoefen op Sy VYANDE.  Die tipiese gesindheid van 'n vyand is dat hy HAAT (Ps. 25:19)(bv. dat hy die slegte vir jou toewens.., dit is die teenoorgestelde van seen).  Die vyand verheug hom daaroor as die regverdige struikel, val of ly (maar 'n regverdige se gesindheid is anders)(Spr. 24:17; 25:21; Matt. 5:43,44). Daarom tree vyande baie onbarmhartig op, en hulle doel is om te VERNIETIG (Ps. 69:5).  Johannes gaan selfs sover om te se dat elkeen wat sy broeder haat, 'n moordenaar is! (1 Joh. 3:15) - want dit is eintlik die hart van 'n vyand...  Wanneer die toorn van God oor iemand ontvlam, is dit baiemaal so dat daardie mense uitgedelg word vd aarde! (Deut. 6:15; Jos. 23:16; 2 Sam. 6:7; 2 Korn. 24:18; Job 4:9). Net soos vyande se doel is om te vernietig, so sal die Here Sy vyande vernietig wanneer Hy teen hulle wraak neem (Babilon sal ook vernietig word - wat natuurlik nie net verwys na 'n stelsel nie, maar in Openb. 16 en 18 ook na 'n spesifieke stad). 

Grimmigheid vd toorn van God:
- bv. (Openb. 16:19):  In hierdie geval is grimmigheid ingebring (nie net die woord "toorn" gebruik nie), m.a.w. dit wys o.a. op die feit dat die Here kwaai teen hulle kom... (die woord "grimmigheid" word gewoonlik gebruik in konteks met "teestanders" - die wat Hom terg, bv. die leuenaars, trotsaards, spotters, ens.).  Die kom kwaai teen hulle op en sal hulle vernietig!

In die boek van Openbaring, waar die woorde "grimmigheid van Sy toorn" gebruik word, is dit in konteks met die VAL VAN BABILON... Babilon word soos 'n VYAND gesien, en daarom sal God se toorn op dit afkom:
- Openb. 16:19  En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

Toorn van die Lam:
Die woorde "toorn van die Lam" - "Lam" verwys na Jesus Christus (Joh. 1:29,36; Hand. 8:32), en "toorn" verwys na "is kwaad" en op "wraak neem" (soos bo gesien). Hierdie woorde verwys veral na 'n tyd waarin die Lam toornig sal wees - kyk die woorde "die groot dag van Sy toorn het gekom" (Openb. 6:17)... M.a.w., in hierdie geval verwys dit daarna dat hierdie wraak die Seun toekom (daar is 'n "dag van toorn" bepaal, en verwys na die wraak onder die 7de seel).
- Openb. 6:16  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;     -(6de seel/Openb. 6:12-17; die sewende seel is volgende..., dit is waarom hulle bang is vir die toorn van die Lam want daar sal wraak geneem word onder die 7de seel).
- Openb. 14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.    -(die met die merk vd dier, kyk v. 9, sal hierdie beker van sy toorn kry...).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 01 September 2024

Die begrip "Onregverdiges"

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT PRESIES DIE WOORD "ONREGVERDIG" BETEKEN, OF NA WIE PRESIES "ONREGVERDIGES" IN DIE SKRIF VERWYS.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:

Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig".  

Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos). 

Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd).

Ons kan dus ook op beurt inkyk op die woorde "ongeregtiges"en "goddeloses" (Gen. 18:23) om hierdie begrip beter te verstaan.  In Gen. 18 word daar na die onregverdiges/goddeloses in die stad verwys as "hulle sondes was baie swaar" (Gen. 18:20) - tipies verwys dit na iemand wat moreel verkeerd lewe wat karakter en dade aanbetref, en baiemaal is die rede waarom hulle ander benadeel, sodat hulle self voordeel daaruit trek. Gen. 13:13 verklaar o.a. dat die manne van Sodom sleg was en groot sondaars voor die Here... (o.a. seksuele sondes-Gen. 19:5). Op beurt verwys die begrip "ongeregtiges" gewoonlik ook na mense wat "moreel boos" is (en hulle bv. nie van hulle sonde bekeer nie). Vir 'n studie oor "goddeloses", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html) - goddeloses word bv. ook tipies as slegte mense bestempel, en die woord "goddeloos" beteken boos. 

In sekere verse sien ons dat onregverdiges nie 'n goeie oordeel kan oordeel nie (1 Kor. 6:1; Ps. 82:2), nl. hulle is partydig teenoor die goddelose, en verdraai die reg.../Lam. 3:36). Hiedie is opsetlik!, en wanneer 'n onregverdige dit doen dan ly die regverdige daaronder. Volgens 1 Pet. 2:19 doen onregverdiges leed aan ander (1Pe 2:19 - "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly"). G'n wonder die bokke in Matt. 25 word ook na verwys as "onregverdig", want hulle is onbarmhartig teenoor ander mense. Somtyds dink mense dit kom hulle toe om iemand anders te vervloek, en hierdie is baiemaal 'n teken dat iemand onregverdig is. Onregverdiges sal selfs die reg verdraai (Ps. 82:2), soos kwaadsprekers doen, om iemand te vervloek of vir die voordeel wat hulle daaruit kan trek. Onregverdigheid gaan baiemaal gepaard met verdrukking en afpersing (Jer. 22:17);  gewoonlik om mense sonder oorsaak onregverdig te behandel (Ps. 119:78)(hierdie word alles beter in die volgende paragrawe bespreek).

Die vraag is nou of dit in die konteks is van kinders vd Koninkryk wanneer daar in die Skrif verwys word na onregverdiges?, of verwys die begrip na heidene? Die antwoord is dat in meeste gevalle word daar na onregverdiges verwys word, word daar gepraat van die onregverdiges "onder die kinders vd Koninkryk". Nie almal onder God se volk is regverdig nie!, alhoewel hulle is veronderstel om te wees... Wat sal word van hierdie mense wanneer Jesus terugkom? Jesus het dit baie duidelik gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie. Kyk bv. na (1 Kor. 6:1-10) - onregverdiges is baie ongelowig;  bv., in die betrokke gedeelte word daar na onregverdiges verwys as ongelowiges (kyk v. 6 - hierdie verwys na kinders vd konkryk wat ongelowig is!, want logies gesproke het heidene nie eens die belofte dat hulle die koninkryk van God sal beerwe nie).  In v.9 word die stelling gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie... (kyk ook : 2Pe_2:9 " die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS:  DIE WOORD "ONREGVERDIGES":
Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig").

Een groot verskil tussen regverdiges en onregverdiges, is dat onregverdiges iemand vervloek wanneer hulle dink dit kom hulle toe; maar wat die Here eerder van ons verwag, is om selfs ons vyande te seen. God is nie 'n aannemer van die persoon NIE, en Hy verwag van Sy kinders dieselfde! (Mat_5:45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges). Die Fariseër in Luk. 18:11 het homself nie as 'n onregverdige beskou nie;  tog het hy homself verhoog asof hy meer in guns moet wees by die Here.  Christene maak baiemaal hierdie fout dat hulle dink hulle verdien meer omdat hulle kinders vd Here en en goeie dade doen. Dat die Here inderdaad luister na die hulpgeroep van regverdiges en mense antwoord wat vir Hom raadpleeg, is verseker, maar dit is nie omdat jy dit verdien nie... Die Here laat sy son opgaan oor slegtes en goeies!, en Hy het dit bewys! (1Pe_3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees).

Soos bo gesien is een van die tekens dat iemand onregverdig is, is dat hulle die reg verdraai (Ps. 82:2). In 1 Kor. 6 word die gemeente aangepraat oor die feit dat hulle na onregverdiges gaan vir regsake (1Kor_6:1  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?). Die rede waarom Christene somtyds gaan hulp soek by die wereld met regsake (en nie by die kerk nie), is sodat die ander party deur die wereld geoordeel kan word, en ons weet dat die wereld se manier van "sien" baie anders is as hoe die Here sien.  Hierdie is die manier vd onregverdige om die regverdige te laat lei, want op hierdie manier kan hy miskien die reg verdraai of veroorsaak dat die heilige verkeerd geoordeel word.

Wat die toekomstige opstanding aanbetref, sal dit nie net regverdiges wees wat sal opstaan nie, maar ook onregverdiges (Hand_24:15  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges) - Jesus het geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling! (Joh. 5:28,29).  Onregverdiges kan nie verwag om op te staan "tot lewe" as hulle moreel verkeerd gedoen het teen ander mense nie (Jak. 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel). ONREGVERDIGES SAL NIE DIE KONINKRYK VAN GOD BEERWE NIE! (1Kor._6:9). Die ONREGVERDIGES onder die kinders vd Koninkryk mag dalk voorkom of hulle saligheid het, maar die waarheid is dat geloof sonder werke is dood (2Pe_2:9  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS: DIE WOORD "ONREGVERDIG'":
Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat kan verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos). 

Wanneer iemand onregverdig is doen hy leed aan 'n ander - somtyds moet kinders vd Koninkryk sulke leed (om onregverdig te ly) verdra! (1 Pet. 2:19).  Die Here laat baiemaal toe dat iemand leed verdra, soos Job... (Job 19:6), maar die regverdige wat deur so iets gaan moet na die Here roep vir hulp en Hom vra vir krag om dit te kan verdra, want God handel nie onregverdig nie, en verdraai nie die reg nie... (Job 34:12). God sal onregverdiges oordeel - hulle sal beskaamd staan (Psa_119:78  Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele). ONREGVERDIGHEID kan veral beskryf word as wanneer iemand ly onder iemand anders terwyl hy dit nie verdien nie... (kyk die woorde in Ps. 119:78 "hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het"). Dit is wanneer jy SONDER OORSAAK ONREGVERDIG BEHANDEL WORD, asof jy verdien wat oor jou kom - dit is soos om iemand te vergeld vir iets, terwyl hy eintlik onskuldig is.  Hierdie tipe gedrag word baiemaal in die kerk gewaar, wanneer iemand bv. in opstand kom teen die waarheid en die persoon wat die waarheid verkondig, haat (wat baiemaal tot gevolg het dat die onregverdige vervloek, in plaas van seen). Ons mag miskien dink dat verkeerde oordeel ons dan reg gee om onregverdig op te tree, maar selfs in so 'n geval verwag die Here steeds van jou om regverdig te wees (ons moet selfs ons vyande liefhe). Mense wat regverdig is is nie partydig nie, maar sal toesien dat reg geskied - hierdie is die voorbeeld wat die Here vir ons stel, en ons behoort daardie voorbeeld na te volg (Heb_6:10  Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.). Die Here verwag van ons om reg te laat geskied waar reg toekom.

Onregverdiges word baiemaal gekenmerk aan partydigheid en onregverdige oordeel (Psa_82:2  Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela). Dit is duidelik dat "onregverdiges" gesien word as die wat opsetlik onregverdig is (dit wys hoe hulle dink en die ander persoon wil vervloek). Onregverdige mense kan basies nie vetrou word nie! - hulle bewys dat hulle nie in die huidige lewe vertrou kan word, so hulle sal ook nie in die hiernamaals vertrou kan word nie (Jak. 2:13; 1 Kor. 6:9). As jy nie eens getrou kan wees in die bietjie wat die Here aan jou toevertrou nie, hoe sal jy eendag saam met Jesus kan regeer, want dan gaan baie meer jou toevertrou word (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/06/wie-is-geskik-om-saam-met-hom-te-regeer.html) (Luk_16:10  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig). God is regverdig!, en Hy kan nie toelaat dat onregverdiges eendag heers nie (Rom_3:5  Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS:  DIE WOORD "ONREGVERDIGE":
Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd)

Die woord "onregverdige" word in baie skrifte in konteks met "onregverdige wins" genoem, en dit is duidelik dat nie alle soorte "wins" wat iemand maak, altyd regverdig is nie! (Jes. 56:11; Jer. 8:10; Eseg. 22:13). Hierdie is 'n groot probleem in die besigheidswereld, want die wat onregverdige wins najaag is eintlik besig om bedrog te pleeg! - hulle buit mense uit, en in wese gaan dit oor "iemand benadeel sodat jy wins daaruit trek" (Jer_6:13  Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog). Sommige ander sondes het baie dieselfde beginsel, bv. om kwaad te spreek is ook om iemand te benadeel ter wille van voordele (valse profete laster bv. die waarheid., of hulle sal profeteer wat mense graag wil hoor ter wille van die voordeel wat hulle daaruit kan trek). Dit is duidelik dat onregverdiges o.a. op hierdie manier uitgeken kan word..., want onregverdige mense het nie die liefde wat hulle behoort te he nie (hulle gee nie om of iemand anders daaronder ly nie). Hulle buit ander uit of laat hulle swaarkry, en is sommige gevalle (soos in die tweede paragraaf beskryf) dink hulle die ander persoon verdien dit;  en in hierdie paragraaf sien ons 'n ander geval hoekom hulle mense vervloek - sodat hulle hul eie sakke kan volmaak, of mense se guns kan wen, watookal... Onregverdige wins gaan gewoonlik gepaard met VERDRUKKING en AFPERSING (Jer_22:17  Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer) - sommige pleeg selfs moord ter wille hiervan (Eseg. 22:13,27; Jer. 22:17). 

Onregverdiges staan ook op hierdie manier saam - hulle help mekaar om bedrog te pleeg... (Psa_10:3  Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE). Hierdie soort (verkeerde) wins word bv. baiemaal gemaak deur omkoopgeskenke wat aangeneem word, sodat die reg verdraai kan word - bv. dat die skuldige iemand betaal (deur geld of geskenke of gunste) om hom onskuldig te laat blyk, terwyl die onskuldige ly in die proses (1Sa_8:3  Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.) - wanneer dit gebeur word die onskuldige skuldig gemaak, en die skuldige word onskuldig gemaak (Jes. 5:20)(Spr. 17:15  Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel). (Spr_1:19  So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe). 'n Goeie voorbeeld van iemand wat die reg verdraai, is die in Luk. 18 waarin Jesus vertel van die ONREGVERDIGE regter... - duidelik het hierdie "regter" in hierdie verhaal verwys na iemand wat die reg verdraai het sodat hy onregverdige wins trek en dus die arme weduwee laat ly... (in die verhaal het selfs die onregverdige regter haar later so jammer gekry dat hy haar tot hulp gekom het.  Jesus vertel daar dat as selfs die onregverdige regter na haar luister na baie gepleit, hoekom sal die Here, wat regverdig is, dan nie luister as ons bid nie... Dit mag miskien voel of dit hopeloos is wanneer ons onregverdig behandel word, maar ons moet aanhou bid en nie moedeloos word nie, want die Here is regverdig!)(Luk 18:6-8  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?).

Regverdige mense haat onregverdige wins, wat wys dat hulle betroubaar is (Eks_18:21  Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien);  maar onregverdiges is nie betroubaar nie..., maar eerder soos mense wat 'n gebrek het aan gesonde verstand! - hulle het wel wereldse wysheid, maar nie die wysheid vd Here nie (Spr._15:27  Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe)(Spr._28:16  ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng). 

Jou woorde en dade wys wat in jou hart aangaan (Eseg._33:31  En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan).

Dinsdag 28 Desember 2021

Die boek van Judas

In die boek van Judas word gelowiges aangemoedig om "kragtig te stry vir die geloof" (Jud. 1:3) en te onthou hoe die apostels gewaarsku het dat daar in die laaste dae SPOTTERS sal wees wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18). 

Vir die 2de deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Judas 1 kan vgl. word met 2 Pet. 2 en 3, waarin baie soortgelyke woordgebruik voortkom (2Pe 3:3 - "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel"). Die woord "spotters" hier is die Gr. woord "emp-aheek-tace'" (iemand wat bespot, spotter), wat veral verwys na 'n valse leraar of iemand wat spot met iemand anders...; bv iets in 'n gemene manier sê, 'n onliefdevolle opmerking maak of gemeen optree ens.  Voor Jesus se kruisdood het Hy hierdie selfde soort gemeenheid beleef van die wat Hom BESPOT het (Matt. 20:19; Mark. 10:34) - ons sien ook dat "spot" gewoonlik gepaardgaan met sekere ander optredes, bv. hulle het Hom gegésel en op Hom gespuug... (Mark. 10:34)(tipiese optrede van haters). Daar is ook leuens oor Hom versprei en valse getuienis teen Hom gegee (Matt. 26:59,60) en teen Hom geplot... (Matt. 26:4). 

SPOTTERS tree baie onbarmhartig op en is niks anders as "bullies" nie! Maar na wie presies verwys hierdie "spotters" in Judas 1 en 2 Pet. 2 en 3?  In Judas 1 word daar na hierdie mense o.a. verwys as "ingesluiptes" -  hulle beweeg onder die kinders vd koninkryk, maar is nie werklik kinders vd koninkryk nie... Ons moet verstaan dat die "spotters" na wie hier verwys word in Judas 1 verwys na 'n spesifieke groep van spotters. Bv., daar is baiemaal mense wat agter ander aan spot... - hulle is soos onwetendes (bv. die wat opgesweep was om vir Jesus te kruisig - baie van hulle het dit onwetened gedoen. Hulle het nie die waarheid oor Jesus geken nie, maar was mislei deur die leuens te glo wat oor Jesus en die waarheid versprei is). Baiemaal is spotters bloot mense wat agter ander aan spot, onwetendes wat die leuen glo. Die spotters in Judas 1 verwys egter nie na onwetendes (wat spot) nie, maar na WETENDES! (wat spot) - mense wat goed weet wat is die waarheid maar daaroor spot;  mense wat goed weet wanneer iemand deur die Here gestuur is maar met of oor daardie persoon spot sodat mense nie na hom luister of in sy woorde glo nie... (soos valse leraars en valse broeders)(vgl. hierdie gerus ook met die temas van kwaadspreek en laster, want dit is tipiese tekens van verleiers).  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Judas verwys na hierdie "spotters" as o.a. die volgende:

(1) mense wat INGESLUIP het in die kerk (v.4);

(2) die wat die genade van God verander in ongebondenheid (v.4);

(3) mense wat vgl. kan word met DIE WAT HULLE EIE BEGINSEL NIE BEWAAR NIE (v.6); 

(4) mense wat vgl. kan word met DIE WAT AGTER VREEMDE VLEES AAN HOEREER (v.7), of DIE VLEES IN HULLE DROMERYE BESOEDEL (v.8). 

(5) mense wat DIE HEERSKAPPY VERAG (v.8).

(6) mense wat DIE HEERLIKE WESENS LASTER (v.8), en word gesien as LASTERAARS (en belaster alles wat hulle nie ken nie)(v.10,15). 

(7) mense wat SOOS WATERLOSE WOLKE IS (v.12)(wat "deur winde rondgedrywe word"); 

(8) mense wat soos bome in die nasomer is, SONDER VRUGTE (v. 12).

(9) mense wat TWEE MAAL GESTORWE EN ONTWORTEL IS (v.12).

(10) mense wat DWAAL (v.13)(soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word)(spreek harde woorde teen die Here);

(11) mense wat SINNELIK is (soos "natuurlike" mense)(die begrip "natuurlike mense" word gewoonlik gebruik van almal wat uit Adam gebore is, hulle is nie wedergebore nie en het nie die Gees nie, en dink en "sien" dus soos die wereld). Vgl. dit met v.10 - hulle verstaan alles op 'n natuurlike wyse (soos redelose diere); 

(12) mense wat NIE DIE GEES HET NIE (v.18)(omdat hulle nie die Gees het nie, kan hulle nie werklik gesien word as kinders van God nie, al beweeg hulle onder die kinders van God...)(Rom 8:14 - "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God"). 

(13) mense wat MURMUREERDERS is (v.16)(kla oor hulle lot, en wandel volgens eie begeerlikhede - v.16);

(14) mense wat TROTSE WOORDE SPREEK (v.16)(terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel - v.16); 

(15) mense wat SKEURING MAAK (v.19)(hulle het nie die Gees nie en "sien" dus verkeerd, en veroorsaak dus skeuringe in die kerk) 

(16) mense wat vgl. kan word met ONGELOWIGES (v.5)(soos die ONGELOWIGES onder die volk wat uit Egipte gekom het); 

(17) mense WAT DIE HERE JESUS CHRISTUS VERLOëN (v.4)(net soos die engele wat hulle woning verlaat het en vir God verloen het - v.6);

(18) GODDELOSES / ONGEHOORSAMES (v. 4,15,17)(soos Sodom en Gomorra +, die wat agter vreemde vlees aan gehoereer het - v.7). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is hierdie "spotters" se uiteinde?

(Jud 1:4)  is lank tevore al opgeskryf is vir DIE OORDEEL.

(Jud 1:5)  sal soos die ongelowiges onder die volk OMGEBRING WORD.

(Jud 1:6) word soos die dwalende engele bewaar vir OORDEEL.

(Jud 1:7)  sal soos Sodom en Gomorra+ die STRAF vd EWIGE VUUR ondergaan.

(Jud 1:13) word soos dwaalsterre VIR DIE EWIGE DUISTERNIS bewaar.

(Jud 1:15)  die Here sal gerig hou oor almal en die goddeloses onder hulle STRAF.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN JUDAS (in die Bybel) moet nie verwar word met die EVANGELIE VAN JUDAS (gnostiese boek) nie:

Wat is "die evangelie van Judas"? 

Die "evangelie van Judas" is nie dieselfde as die "boek van Judas" in die Bybel nie, en is ook nie deur die Judas vd Bybel geskryf nie. Dit val onder die groep "Gnostiese boeke", en alhoewel sommige Bybelse begrippe in gnostiese boeke gebruik word en sommige van hierdie mense hulleself voorgegee het as Christene, is hulle skrewes nie dieselfde as dit wat die Bybel leer of wat Jesus en Sy dissipels geleer het nie. 

Die naam mag wel lui "die evangelie van Judas", en Judas Iskariot (wat vir Jesus verraai het) was wel vir hierdie mense 'n outoriteits-figuur, ja, maar dit is nie geskryf deur Judas Iskariot nie... Ouderdom word gestel op sowat 60 of 70 jaar nadat die ander evangelies vd Bybel (deur die apostels) geskryf is;  dus kon dit nie deur Judas Iskariot geskryf wees nie, en ook nie deur 'n ooggetuie van Jesus se lewe en woorde nie...  Niemand weet deur wie hierdie boek geskryf is nie. 

Daar is ook wesenlike verskille tussen hierdie evangelie en die apostels se evangelies, en dus logies waarom dit NIE deel vorm vd Bybel se samestelling nie. Daar is slegs een verwysing na die "evangelie van Judas" deur die vroee kerkvader Ireaeus se geskrifte (180 n.C.), van 'n 5 hfst. boek wat hy geskryf het waarin hy valse leerstellings (vd Christelike geloof) uitwys. Volgens Ireaeus was die leringe in die "evangelie van Judas" deel vd leringe vd "Cainites". Sommige Gnostiese leringe het bv. geleer dat God nie die wêreld geskep het nie en dat die wêreld 'n kosmiese gaos is, en dat sekere mense glad nie eens hier hoort nie - hierdie was veral geleer deur die "Cainites";  hulle was volgelinge van Kain en het bv. geglo dat Kain (wat vir Abel doodgemaak het) eintlik reg was en die God wat vir Kain gestraf het, die bose god was. Hulle het verder ook geleer dat God nie gehoorsaam moet word nie en dat daar 'n groter geestelike krag is in die heelal. Gnostiese "Christene" het geglo in 'n hele goddellike realm en dat mense deur hierdie "goddellike wesens" geskep is en die wêreld daardeur totstand gekom het. Hulle het ook nie geglo dat Jesus die Seun van God is nie, en ook nie geglo dat Sy dood en opstanding enige iets te doen het met saligheid nie, en ook nie geglo dat die apostels Jesus behoorlik verstaan het of die waarheid verkondig het nie... (en het dus nie die apostels aanvaar as outoriteits-figure nie, maar het wel vir  Judas Iskariot aanvaar! - die een wat vir Jesus verraai het). Die Gnostiese "Christene" het ook baie geglo soos dit wat ons vandag in Hindoesme of in die New Age sien... - dus, alhoewel sommige Christene die evangelie van Judas wil probeer deel maak vd Christelike Bybel, is dit beslis nie dieselfde as die Christelike geloof nie. Die Gnostiese boeke (waarvan die evangelie van Judas deel is) is in stryd met die res vd Bybel en daarom logies waarom dit nie deel vorm van die samestelling nie. DIE FEIT  DAT DAAR  SLEGS 2 MANUSKRIPTE VAN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" BESTAAN (en hulle nog van mekaar verkil ook!), is 'n bewys dat geeneen vd twee eens gesien kan word as oorspronklike nie -  en dit waarin die twee manuskripte wel ooreenstem verskil ook van die duisende afskrifte wat ons het vd Nuwe Testament (vd Bybel - dit is dus nie Christelik nie). Christene kan nie hierdie evangelie as geloofwaardig in die Christelike geloof beskou nie - die eerste kerkvaders het dit terloops ook afgeskryf as valse leerstellings.

----

Hier is 'n paar dinge wat kom uit die evangelie van Judas (en ons sal sien dat dit baie verskil vd Christelike geloof):

- Volgens die evangelie van Judas is Jesus afkomstig van "die moeder van alle dinge", en Judas (Iskariot) is die enigste een wat dit weet! - en a.g.v. hierdie feit sal Jesus (volgens hierdie evangelie) alleenlik vir Judas die verborgenhede vd koninkryk deel... . 

- Nog iets wat uit hierdie evangelie kom, is dat die dissipels 'n sg. visioen sien waarin hulle vir Jesus sien...;  hulle sien 'n huis met twaalf priesters wat offer rondom 'n altaar, en sommige offer hulle eie kinders, sommige het met mans geslaap, ander pleeg moord, en ander pleeg klomp sondes... - dan, wanneer Jesus dit sg. uitle, verduidelik hy dat die 12 priesters die 12 dissispels voorstel... Daar is ook 'n sg. visioen wat Judas self sien... - o.a. van hoe die 12 dissipels hom met klippe gooi (in die evangelie van Judas word die 12 dissipels gelaster...)

- Nog iets wat in hierdie vangelie gegee word (wat ook heeltemal verskil vd Bybel) is dat Jesus sg. 'n geheime uitlegging gee oor die wereld se totstandkoming..., dat daar "oospronlik 'n onsienbare gees was, die god wat nie geken word nie, en hoe hy die wolk roep en daar uit die wolk 'n wese kom wat genoem word "die een wat self ontstaan" - en dan word verduidelik wat alles geskep word, o.a. die realm van gaos en die realm waarin ons bly... ens. (dit is duidelik dat die "evangelie van Judas" geensins in die Bybel inpas nie).

----

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS NIE DIESELFDE AS "DIE BOEK VAN JUDAS" (in die Bybel) NIE. 

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD DAAR O.A. GESPOT MET DIE DISSISPELS EN LEUENS OOR HULLE VERTEL - OOK OOR JESUS!

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD LEUENS VERKONDIG ONDER DIE NAAM VAN CHRISTENSKAP (tree op soos "ingesluiptes").

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS 'N VB VAN IETS WAT DEUR 'N "SPOTTER" GESKRYF IS. (sekerlik ditto as die soort "spotters" waarna verwys word in die boek van Judas...!). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 24 Desember 2021

Ingesluiptes

Nie almal wat onder die kinders vd koninkryk beweeg, is inderdaad gelowiges nie.  Sommige het "ingesluip" onder die kinders vd koninkryk, en neem deel aan hulle bedrywighede (maaltye, hou saam fees ens.) asof hulle gelowiges is, maar is nie. Hierdie INGESLUIPTES kan met verskillende groepe vgl. word, nl. "goddelose mense", "valse broeders", "spottters" en "onkruid" (struikelblokke), en word tipies beskryf as ONGELOWIGES wat onder die gelowiges wandel asof hulle gelowig is. Hulle is VALS! Hulle kan inderdaad soos suurdeeg wees in 'n kerk (met die gevaar dat hulle die hele deeg kan suurmaak), want hulle leef nie volgens die wil van God nie en probeer ander motiveer om ook so te lewe (is struikelblokke).  Hulle tree op soos VERLEIERS (deur bv. leuens te verkondig en in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Baie spesifieke dinge word oor "ingesluiptes" in die Skrif geleer , o.a. die volgende:

- (1) Hulle is goddeloos, leef in ongebondenheid, en verloën die Here Jesus Christus:  (Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën".

- (2) Hulle is VALS en ingesmokkel onder die kinders vd koninkryk met die doel om gelowiges diensbaar te maak aan hulleself.  Ingesluiptes kan verwys na VALSE BROEDERS - kyk bv. (Gal 2:4)  "en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring") - in hierdie gedeelte sien ons dat die betrokkenes teen die apostels gepreek het.. (sekerlik omdat hulle probeer het om mense eerder diensbaar te maak aan hulleself en aan wat hulle leer, nie aan wat die apostels geleer het nie);  nog 'n vb van "valse broeders" in die Skrif is 2 Kor. 11:26 (waar die apostel Paulus praat van hoe hy gely het o.a. in gevare onder valse broeders...) - ons sien dat "valse broeders" baiemaal die rede is waarom opregtes ly, bv dat hierdie valses in opstand kom teen die waarheid wat gepreek word deur die opregte en ander opregtes te mislei om die leuen te glo, of veroorsaak dat mense in opstand kom teen die opregte wat die waarheid verkondig deur die opregte bv. vals aan te kla, leuens oor hom te versprei, voor te gee dat hy lieg ens ( maw soos 'n VERLEIER! - vgl. dit met die VALSE LERAARS waarna in hierdie hfst ook verwys word...  - 'n VERLEIER is iemand wat leuens verkondig en iemand vals aankla sodat mense liewer in hom glo as in dit wat verkondig word). Ons sien hierdie mense baiemaal in die kerk - mense wat in opstand kom teen die waarheid en ander probeer beinvloed om die leuen te glo, of mense opsweep teen die opregte.... - vgl. hierdie ook met bg Korag se bende..., waar hulle in opstand kom teen die gesalfdes vd Here.

- (3) Hulle het 'n gedaante van godsaligheid maar verloen die krag daarvan, en is onbetroubaar t.o.v. die geloof;  is met sondes belaai en word deur allerhande begeerlikhede gedryf;  is altyd besig om te leer maar kom nooit tot die kennis vd waarheid nie - hulle staan die waarheid tee en is verdorwe in die verstand:
(2Ti 3:5)  "mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie
(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof".

- (4) Hulle kan moontlik ook vgl. word met die tema van "ONKRUID" (mense wat deur die bose onder die "koring"/kinders vd koninkryk gesaai word). (Mat 13:25 - "maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan"). Onkruid lyk bv soos koring maar is nie - wanneer jonk lyk hulle ditto - dit is eers wanneer "in vrug" wanneer dit sigbaar word wat/wie is koring en wat/wie is onkruid (Matt. 13:26) - "onkruid" word o.a. "struikelblokke" genoem in Matt. 13 - hulle is eintlik "kinders vd bose" (v.38). Dit is nie altyd maklik, of nie altyd onmiddellik sigbaar wie is koring en wie is onkruid nie, want somtyds word koring verlei of is hulle nog onkundig, en dan praat hulle of tree hulle op net soos hierdie valses...  Dit is dan ook om hierdie rede wat onkruid nie nou al verwyder word onder die koring nie (maar eers wanneer Jesus terugkom-Matt. 13:30)..., sodat die koring nie saam met die onkruid uitgetrek word nie. Met die tyd, wanneer vrug gesien word, word dit wel duidelik wie is koring en wie is onkruid (bv., valse profete dra "slegte vrug"...).  

- (5) Hulle kan moontlik ook vgl. word met WOLWE. (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige WOLWE is"). "Wolwe" verskeur (Eseg. 22:27) en vang en jaag skape uitmekaar (Joh. 10:12) - ter wille van onregverdige wins sal hulle selfs bloed vergiet (Eseg. 22:27)("is roofsugtig" - Matt. 7:15). Hierdie sien ons somtyds gebeur in 'n gemeente, waar wolwe inkom en sekere broeders beweeg om agter hulle aan te gaan en die ander word uitmekaar gejaag. Jesus het baie die dissipels gewaarsku teen hierdie mense en hulle ook beskryf as mense wat hulle broeders sal oorgee aan regbanke en hulle gesel... (Matt. 10:17,21)(Matt. 16:6; Mark. 12:38). Die werk vd lam wat gestuur word is ook baiemaal 'n ervaring van "onder wolwe ingestuur" (Luk. 10:3)(Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe")  - wolwe gee voor dat hulle die waarheid ken, maar hulle doen nie - en wys hulle ware klere wanneer hulle die waarheid hoor! Voor Paulus se vertrek in Hand. 20 het hy die Efese ouderlinge gewaarsku teen wolwe wat sal inkom in hulle gemeente... (Hand. 20:29-31), en o.a. die volgende stellings gemaak rakende "wolwe":  (1) hulle sal die kudde nie spaar nie;  en(2) hulle sal verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan... Wolwe is VERLEIERS, en SLUIP onder die broeders in met die doel om hulle te vang en uitmekaar te jaag.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk spesifiek na hoe daar na "ingesluiptes" in 
Judas 1 verwys word: 

-(Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën" - hulle word o.a. in v.12 "skandvlekke" in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye genoem, mense wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer...)(vgl. dit ook met v.13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see).  Hier sien ons dat hierdie "spotters" verwys na mense wat "ingesluip" het onder die kinders vd koninkryk (onder hulle beweeg en saam fees hou en eet ens.). 

Jud. 1:4 - "mense wat INGESLUIP het" (ingesluip het in die kerk of onder die kinders van God), word o.a. in Jud. 1:12 "skandvlekke (stain, defile, spot) in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye" genoem (2 Pet. 2:13)(vgl. dit gerus ook met die begrip "struikelblokke", wat verwys na is soos 'n skandaal - figuurlik in die sin van soos 'n vangnet, "iemand laat sondig" - kyk die onderwerp van ONKRUID)(vgl. dit ook met Jud. 1:13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see)(Jes. 57:20 - die goddelose is soos 'n onstuimige see want hy kan nie tot rus kom nie...)(vgl. ook met Fil 3:18,19 - hulle eer is in hulle skande, v.19 - hierdie mense wandel as vyande vd kruis van Christus en bedink aardse dinge, v.18). "Ingesluiptes" hou sonder vrees saam fees met die gelowiges en voer hulleself, maar hulle is nie kinders vd koninkryk nie maar eerder soos 'n "vlek".  

Let wel dat hulle ook "DWAALSTERRE" genoem word in Jud. 1:14, want hulle dwaal! (swerf rond - kom nie tot rus-Jes. 57:20, vgl. met bg. woorde "onstuimige see"). 

In v. 4 hier word hulle ook GODDELOSE MENSE genoem (die begrip "goddelose" verwys na mense wat "verkeerd doen" - die wat nie die Here vrees maar "doen wat hulle wil"-Jud. 1:18)  ('n goeie vb in die Skirf van "goddelose mense" is Korag se bende..., Num. 16 - l.w. ook die verwysing na Korag hier in Judas 1 v.11! - Korag e.a. het 'n klomp manne van Israel bymekaar vergader om saam met hulle op te staan teen Moses en Aaron... - lees gerus wat hierdie mense se uiteinde was in Num. 16; vgl. met Jud. 1:6,7). 

Hulle word ook in hierdie gedeelte "spotters" genoem  -(Jud 1:18 - "dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel"). Vgl. dit ook met 2 Pet.3:3 wat min of meer dieselfde lui, en interessant in v.4 word o.a. genoem "hoe" hulle gespot het ("en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af"). Mense wat so "insluip" in die kerk, word ook baiemaal geken aan die feit dat hulle SPOTTERS is! (vgl. met Judas 1:18, asook 2 Pet. 3:3-5)(mense wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en spot oor ware feite).  HIERDIE MENSE BEWEEG ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK, NEEM DEEL AAN HULLE FEESTE, EET SAAM ENS...,  MAAR HULLE IS VALS!, EN word baiemaal geken aan hoe hulle in OPSTAND KOM TEEN DIE WAARHEID en SPOT OOR DIE WAARHEID.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Opsomming:

INGESLUIPTES verwys na mense wat wandel soos gelowiges onder die kinders vd koninkryk, maar hulle is eintlik ONGELOWIGES (is heimlik daar ingevoer en deur die bose daar gesaai).  Hulle vrug sal met die tyd wys dat hulle eintlik ONKRUID is. Mense wat onder hierdie groep sorteer is bv. valse profete (bv., dra slegte vrug), valse leraars, valse broeders ens. Hulle is VERLEIERS wat leuens verkondig en mense vang om agter hulle aan te gaan. Hulle is baiemaal die oorsaak hoekom 'n kerk se mense uitmekaar gejaag word (is WOLWE). Ingesluiptes word verder beskryf as GODDELOSES omdat hulle wandel volgens hulle eie begeerlikhede en hulleself nie kan beheer nie (bv., leef in ongebondenheid, ens.) - hulle is nie gehoorsaam aan die Here nie en tree soos STRUIKELBLOKKE op deur te probeer om gelowiges te laat val.  Hulle word veral gekenmerk aan die feit dat hulle in opstand kom teen die waarheid, en kom ook in opstand teen die wat die waarheid verkondig en sal ook ander opstandig maak teen hulle; en tree baiemaal soos SPOTTERS op (wat spot oor die waarheid sodat gelowiges ophou om daarin te glo). Ingesluiptes het gewoonlik 'n gedaante van godsaligheid, maar verloen die krag vd godsaligheid en vir Jesus Christus... 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------