Wys tans plasings met die etiket eie beginsel nie bewaar. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket eie beginsel nie bewaar. Wys alle plasings

Donderdag 09 Julie 2026

Die boek van Judas (3)(dwalendes, ongelowiges, hoereerders)

In hierdie pos word daar gekyk na punte 3,4,10,16 op die lys gegee in die inleiding pos van hierdie bybelstudie - "die boek van Judas":  (punt3 -die wat eie beginsel nie bewaar, vers 6)(punt16,vers 5 -ongelowiges)(punt4 -hoereerders, vers 7)(punt10 -dwalendes, v.13).

Vir die eerste 2 punte (1-ingesluiptes) en (2-ongebondes), gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

WAT IS DIE GEVOLGE VAN SONDE, ONGELOOF EN AFVALLIGHEID  (gegee in punte 3,4,10,16)?  Kom ons kyk wat die boek van Judas hieroor leer:

Wat het gebeur met die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie en hulle woning verlaat het- (hulle is geboei en word in bewaring gehou vir die dag van oordeel). 

Wat het gebeur met die ongelowiges onder die volk van God tydens die uittog? - (hulle is in die woestyn omgebring en kon nie in die beloofde land ingaan nie).

Wat het gebeur met die mense van Sodom en Gomorra wat gehoereer het en agter vreemde vlees aangeloop het? - (is verwoes en sal die straf vd ewige vuur ondergaan).

Om sy punt (dat daar gevolge is vir optrede!) te bevestig, gebruik Judas hierdie vergelykings.  Die mense na wie hy verwys in hierdie hfst (bv spotters, goddeloses, ongelowiges, ingesluiptes ens.) vgl hy met "die engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie", die "ongelowiges onder die volk" en die "mense van Sodom en Gomorra".  Kortom, net soos daar gevolge was vir hierdie groepe mense se optrede, net so sal daar gevolge wees vir die na wie verwys word in Judas 1 (bv. spotters, goddeloses, ongelowiges, en ingesluiptes).  Net soos die ongelowiges onder die volk van God omgebring is in die woestyn en nie in die beloofde land kon ingaan nie, net so kan die ongelowiges onder die Christen-volk nie staatmaak op beloftes wat spesifiek gegee was aan "gelowiges" nie (geloof is belangrik om te kan ingaan). Bv., geroepenes wat in ongebondenheid stap, kan nie verwag om in ditto beloftes te deel as die met 'n skoon gewete nie (die begrip "ongebondenheid" word in konteks gebruik met sondes soos hoerery, owerspel, en allerhande onreinheid). Christene wat bv. hoereer en "agter vreemde vlees aanloop"(soos die mense van Sodom en Gomorra), kan nie verwag om die ewige vuur vry te spring nie! Hierdie is alles belangrike waarskuwings wat deur Judas in hierdie boek gemaak word. 

Jud 1:5 "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het. 

Jud. 1:6 - "En die ENGELE WAT HULLE EIE BEGINSEL (Gr. woord "ar-khay'", wat beteken "begin, owerheid, mag, krag, magistraat, heerskappy ens.) NIE BEWAAR HET NIE, maar hul eie woning (huis, tuiste) verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;" 

Jud. 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER EN AGTER VREEMDE VLEES AANGELOOP het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DWALENDES:

(Kom ons staan eers stil by punt 10 op die inleiding pos van hierdie reeks) mense wat DWAAL (v.13): (soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word/spreek harde woorde teen die Here)(Jud 1:13 - "woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, DWAALSTERRE vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word"). Vgl. dit gerus met (1Kor. 6:10 - "Moenie DWAAL nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Wat ons leer uit hierdie twee skrifte is dat kinders vd Koninkryk wat DWAAL (in hierdie geval spesifiek verwysend na die "ingesluiptes" en "goddeloses" onder die kinders vd Koninkryk (Jud. 1:3,4), bv. die "valse profete" of die "sonder vrugte" (Jud. 1:12)) nie die koninkryk van God sal beerwe nie.  Hierdie mense word tipies baiemaal herken as hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers, rowers, die wat hulle vertroue plaas in wereldse wysheid, en die wat laster... (1 Kor. 6:10 en Jud. 1:13).  Hoekom val hulle onder dieselfde groep as dwalendes? - want dit is duidelik dat hulle die vlees dien; hulle is gehoorsaam aan die vlees, nie aan die Here nie. Kinders van die Koninkryk is veronderstel om die Here te dien, nie hulleself nie.  Dit gaan nie oor wat jy begeer, wil doen, of wat jy glo is die waarheid nie (dit is bv. kenmerkend dat diesulkes altyd leer maar nooit tot die kennis vd waarheid kom nie... - vgl. dit met 2 Tim. 3:1-9;  hulle gebruik bv. nie die waarheid om die wil van die Here te leer ken en Hom te gehoorsaam nie, maar om hulle sonde te regverdig of om die waarheid te verdraai). 

Na wie verwys "dwalendes" in die Skrif?
Dwalendes word o.a. ook beskryf as ONGELOWIG (bose,ongelowige, verharde hart)(eerste groep in die gelykenis vd saaier), het GEEN WORTEL nie (en val dus af in tyd van versoeking)(tweede groep in die gelykenis vd saaier), of is aan die SLAAP of DRONK (en bedrieg hulleself)(derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html), en verwys tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...).  Versoeking is soos 'n vangnet wat gestel word - die duiwel probeer alewig ons vang in sy strik, om sy wil te doen, maar ons moet seker maak dat ons staande bly in hierdie stryd (Psa_119:110  Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie). Daar is beslis gevolge vir dwaling... Op dieselfde wyse as wat daar gevolge was vir die engele wat gedwaal het, kan Christene nie verwag om nie gestraf te word as hulle dwaal en hulle nie daarvan bekeer nie. (Jak. 5:19,20 - "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek") - met hierdie skrif maak Jakobus dit o.a. duidelik dat die wat afdwaal van die waarheid en hulle nie bekeer nie, die dood sal erf! - DWALING is 'n erstige probleem.
- die wat deur hulle eie begeerlikhede verlok word (Jak. 1; Spr. 7);
- die wat deur die verleiding vd sonde hulle harte verhard (bose en ongelowige harte)(Hebr. 3);
- die wat deur 'n sonde oorval word (word versoek)(Gal. 6);
- die wat afdwaal vd kennis van God en/of mislei word om te dink soos die wereld (1 Kor. 15; 1 Kor. 6);
- die wat verkeerd sien en glo omdat hulle nie die Skrifte ken nie, en ook nie die krag van God ken nie (Mark. 12).

Om die begrip dwalendes beter te verstaan, kan ons na verskillende groepe of mense kyk wat gedwaal het of wie se optrede as "dwalende" beskryf word, bv.:

(1) - Die DWALENDE ENGELE: 2 Pet. 2:4 leer vir ons dat daar 'n groep engele is WAT GESONDIG HET, en dat hulle nie gespaar is nie... (Job 4:18; 2 Pet. 2:5; Jud. 1:13)(hierdie groep engele is in die hel gewerp en aan kettings vd duisternis oorgegee - word in bewaring gehou vir die oordeel). Vgl. dit gerus met Jud 1:6 - "En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar". Hierdie engele het gesondig (bv. is engele wat gemeenskap gehad met mense-vrouens, 'n verbode vorm van vleeslike gemeenskap...), het die Here verloën en hulle woning verlaat (Job 4:18 - "Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling") - in ander woorde, hulle het GEDWAAL (kyk ook Job 15:15,16) - hulle het vir versoeking geval. In hierdie geval sien ons dat die uiteinde van hulle dwaling was dat hulle hul woning verlaat het... L.w. dat daar beslis gevolge is vir dwaling, net soos met die dwalende engele gebeur het. Dit was die rede waarom die Here 'n poel van vuur en swawel berei het, was eintlik bedoel vir die duiwel en sy engele... (Openb. 20:10; Matt. 25:41).

(2) - DIE WAT VERLEI WORD DEUR VALSE LERINGE: (1Kor. 15:33 - "Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes"). In hierdie gedeelte sien ons dat daar Christene was in die gemeente van Korinthe wat nie in die opstanding van Christus geglo het nie.  Hulle het hulle vertroue geplaas in die wat leuens verkondig (in plaas van om ag te gee op die bewyse dat Jesus opgestaan het uit die dood, nl. die feit dat Hy aan menigtes verskyn het na Sy opstanding...en l.w., hierdie was terloops geskryf in die tyd toe baie van daardie getuies nog in die lewe was!...). Ons sien hierdie ook baiemaal in die Christelike kerk gebeur, waar die Here Sy waarheid en krag bevestig maar sommig Christene dan steeds kies om die leuen te glo. Vgl. dit met (Mar 12:18-27), waar Sadduseërs (die wat sê dat daar geen opstanding is nie) vir Jesus probeer vasvra het - in hierdie gedeelte maak Jesus dit duidelik dat hulle DWAAL (hulle ken nie die Skrifte nie, en ken nie die krag van God nie) - (Mar 12:24,27 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?...... (v.27)  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks"). Hierdie is baiemaal die rede waarom sommige DWAAL, is omdat hulle nie die Skrifte ken nie en dan bog praat/deelneem aan bogpraatjies (1Tim. 1:6 - "waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies") (2Ti 2:16-18 - "Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om"). Die goddelose span graag 'n vangnet vir Christene!, maar Christene moet seker maak dat hulle nie van die Here se waarheid afdwaal nie... (Psa 119:110). Die wat afdwaal van die waarheid verwys na mense wat vir die versoeking geval het, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle nie die Skrif ken nie, of nie die krag van God ken nie!

(3) - DIE WAT DIE HERE VERSOEK:  Geroepenes wat die Here versoek, is ook soos DWALENDES... - hulle "dwaal met die hart" (Heb 3:7-10 - "Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie"). Hierdie dwalendes verwys na kinders vd Koninkryk wat hulle harte verhard (verbittering teen die Here is baiemaal 'n teken hiervan). Die volk in die woestyn is 'n goeie voorbeeld - hulle het bv. die Here werke goed geken en gesien hoe Hy vir hulle sorg en lei, tog het hulle in opstanding gekom teen die Here en hulle harte teen Hom verhard... - was ONGELOWIG en het Hom nie vertrou nie. Dit is interessant om na hierdie vb te gaan kyk om te sien hoe presies dit lyk wanneer mense "die Here versoek", nl. hulle het Hom "getoets"! (bv. getoets of Hy steeds vir hulle sal sorg en omgee, al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy hulle steeds sal vergewe al doen hulle wat hulle wil.  Hulle het Hom getoets of Hy Sy beloftes sal hou al tree hulle ongelowig op). Hierdie is ook 'n vorm van dwaling, maar verwys na dwaling in die hart... - hulle word deur hulle eie harte verlei (om hierdie beter te verstaan, kan ingekyk word na die term "bedrieg hulleself" - dit is nie iemand anders wat vir hulle lieg en so verlei nie, maar hulle lieg vir hulleself en word deur hulle eie begeertes verlei; dit is ook 'n vor van "vir versoeking val"). Vgl. hierdie punt gerus met die volgende twee punte.

(4) - DIE WAT IN DIE VLEES SAAI: (Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Christene wat hulle nie bekeer van sonde in hulle lewens nie, is besig om in die vlees te saai (en so iemand kan nie die ewige lewe maai nie! - bestudeer gerus die onderwerp "NIETIGHEID"). Geloof sonder werke is dood... Jy kan nie bely jy's 'n gelowige, maar jy doen die werke van 'n ongelowige nie.  Baiemaal DWAAL Christene deur te dink dat hulle steeds die ewige lewe sal maai al bly stap hulle in sonde, maar die waarheid is dat Christene wat in die vlees maai en nie ophou daarmee nie, die gevaar staan dat hulle nie op die ou end die ewige lewe sal kan maai nie (al is jy ook gered is dit gevaarlik as jy nie "vrug tot lewe" dra nie, of die vrug wat jy alreeds dra, verloof!). So iemand wat die Here versoek deur te doen wat hy wil en te glo dat die Here hom in elk geval sal red, is besig om te DWAAL... Dis soos 'n stout kind wat sy ouers tart deur ongehoorsaam te wees en staatmaak daarop dat hulle hom sal oorsien omdat hulle lief is vir hom.  Net so is dit met stout kinders vd Koninkryk - Christene wat so optree word gewoonlik deur die Here getugtig met die doel om hulle terug te bring by die plek waar hulle weer in die Gees begin saai (hierdie verwys nie na ingesluiptes en valses nie, maar weergeborenes wat, nadat hulle in die Gees begin saai het, terugval (vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier)(1Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

(5) - DIE WAT VERSOEK WORD DEUR HULLE EIE BEGEERLIKHEDE:  (Jak. 1:13-16 - "Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders"). Sonde bring altyd die dood voort;  daarom moet Christene daagliks hulle gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus. Dit is belangrik om sonde af te le, nie net fisiese sonde wat deur die liggaam gedoen word nie, maar ook in die gedagtes! Ons moet versigtig wees wat dit is wat ons begeer... Dit is nie altyd verkeerd om iets te begeer nie - dit hang af wat jy begeer! (bv., wanneer jy na 'n getroude vrou kyk om haar te begeer, is jy besig om die sonde van egbreuk te pleeg, l.w. in jou gedagtes!/Matt. 5:28). As iemand in die Gees wandel, sal hy gedagtes van onwettige begeertes kruisig en sy gedagtes verander. Sekere gedagtes moet beslis nie gekoester word ni, en begeerlikhede is die rede waarom Christene baiemaal in die versoeking kom en sondig.  Wat is dit wat jy begeer?  Dit is bv. verkeerd om iets wat aan jou naaste behoort, te begeer... (hetsy vrou, besittings ens.). Dit is verkeerd vir 'n Christen om geld te begeer, want dit kan tot gevolg he dat iemand afdwaal vd geloof (1Ti 6:10 - "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor"). Dit is verkeerd om slegte dinge of sonde te begeer... Dit is verkeerd vir Christene om leringe in stryd met die Woord te begeer (bv. leringe wat hulle eerder in die gehoor streel)... Baiemaal dwaal Christene op hierdie manier in hulle harte deurdat hulle verkeerde begeertes koester en nalaat om gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus.  Sulke begeertes kan tot "dwaling" lei en tot gevolg he dat iemand in sonde begin stap (nl. vir die versoeking val);  bv., begeertes na verdraaide leringe (dit wat jy bv. eerder graag wil glo as wat Jesus Christus geleer het) kan veroorsaak dat 'n Christen begin om sy vertroue in daardie valse leringe te plaas, en sou hy hom nie daarvan bekeer nie kan hierdie sonde verander in "sonde tot die dood" (sulke werke lei tot nietigheid). Vir nog 'n skrif oor hierdie onderwerp, kyk na Spr. 7, waarin die een wat agter 'n hoer aanloop vgl. word met iemand wat dwaal... - op dieselfde wyse word die wat "geestelik hoereer" gesien as dwalendes (Spr. 7:21 - "Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. v.22  Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan...................... v.23..................—sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. v.24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. v.25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie..... v.27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood").

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONGELOWIGES:

(Jud 1:5 - "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ONGELOWIG was, omgebring het"). Wat Judas hierdie leer, is dat ongeloof kan veroorsaak dat 'n geroepene eendag nie erf nie! Net soos sekere vd volk nie in die beloofde land kon ingaan nie a.g.v. ONGELOOF (Hebr. 3:19), net so kan ongelowige kinders vd Koninkryk nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Heb 3:10-12 - "Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie"). Ons sien in hierdie skrif dat die begrip "ongelowiges" o.a. verwys na mense wat afvallig word... (nie mense wat nog die waarheid ken nie, maar die wat gelowig word het maar daarna ongelowig weer word).

Soos bo gesien word ONGELOWIGES somtyds ook beskryf as mense wat dwaal (wat duidelik nie noodwendig slegs verwys na natuurlike mense/heidene nie, bv. die wat nog nie die evangelie gehoor het nie, maar verwys veral in hierdie konteks na die wat wel die evangelie en waarheid gehoor het, maar hulle harte daarteen verhard... - hulle kies dus om ongelowig te bly). In 2 Kor. 4:4 word daar na ongelowiges verwys as die WIE SE SINNE VERBLIND IS ("naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - wat natuurlik ook waar is vir heidene, maar geestelike mense kan ook in daardie strik trap as hulle nie sterk staan nie (vir 'n studie hieroor en die belangrikheid vd wapenrusting van God, waarvan die skild geloof terloops deel is, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/03/die-wapenrusting.html). Ongelowiges word op beurt ook beskryf as ONGEHOORSAMES (1Pe 2:7,8), en word in Tit. 1:15 in ditto konteks gebruik as "besoedeldes"... (l.w. dat geen onreine sal eendag in die Koninkryk van God ingaan nie/Ef. 5:5).

'n Goeie vb is in Luk. 16, waar die ryk man (wat gekies het om ongelowig te bly) wat gesterf het en smart daar smart verduur, vra om terug te kom sodat hy sy familie kan waarsku..., maar kyk Abraham se woorde aan hom: (Luk 16:29-31 - "Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan"). Baie van die volk wat uit Egipte uitgelei is na die Beloofde land, het nie ingegaan nie a.g.v. ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5).  Al is jy ook 'n geroepene, dit is belangrik om vas te hou aan die geloof. 

Hierdie mense word tipies voorgestel deur veral die eerste groep in die gelykenis van die saaier (die wat die woord hoor, maar nie glo nie), maar kan ook verwys na gelowiges wat nie wortel het nie en dus afval in tyd van versoeking (hulle het gelowig geword, maar kies ongeloof - kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier). Dit beskryf die met 'n bose, ongelowige, of verharde hart. Vir 'n studie oor wat bedoel word met die begrip "ongeloof", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/09/ongeloof.html). Mense hoor maar HOOR nie altyd nie!  Dit is belangrik om ag te gee op die waarheid. Mark. 16:14 is 'n goeie vb. waarin daar getuig is dat Jesus opgestaan het uit die dode, maar hulle nie geglo het nie;  l.w. dat Jesus hulle verwyt het vir hierdie "hardheid van hart"! ONGELOOF WORD in hierdie betrokke vb. VOORGESTEL AS "HARDHEID VAN HART" (hulle het hulle harte verhard teen die waarheid en besluit hulle wil nie glo nie) - die Here verwag van ons om die waarheid te vertrou (Joh 20:27 - "Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig") - daar word van jou as kind van die Koninkryk verwag om te glo. Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in sy hart aangaan, nl. of hy GELOWIG, of ONGELOWIG (Hand. 28:24) - hierdie is gewoonlik 'n baie eenvoudige manier om te bepaal wie glo, en wie nie! (is of iemand die waarheid glo;  bv., as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar hy glo nie in Jesus se woorde nie, is dit 'n bewys dat hy ongelowig is). Gelowiges GLO die waarheid...

In 'n kerk of gemeenskap waar kragdade gewoonlik kortkom en die dienaars vd Here nie veel krag kan verrig nie, is die rede gewoonlik nie a.g.v. die dienaars se ongeloof nie (alhoewel dit ook kan wees), maar gewoonlik omdat baie mense in daardie kerk of gemeenskap ONGELOWIG is (Matt. 17:20; 13:58;). Daar kan miskien 'n bietjie genesings en lering plaasvind, maar geen kragte in so 'n geval nie (Mark. 6:5,6). In Mark. 9:23,24 maak Jesus die stelling dat alle dinge moontlik is vir die een wat glo. Ongeloof veroorsaak selfs dat mense onwetend kan sondig (1 Tim. 1:13), en dit is waarom kinders vd Koninkryk mekaar somtyds laster en seermaak, is nl. dat die wat ongelowig is verlei word om in opstand te kom teen die wat gelowig is. Wanneer kinders van die Koninkryk kies om nie die waarheid te glo nie, maak hulle hulself oop vir allerhande verleidinge - die gevolg hiervan is bv. baiemaal dat hulle ander gelowe raadpleeg of begin deelneem aan ander geloofspraktyke omdat hulle nie die krag van die Here ervaar nie;  in ander woorde, diesulkes val maklik vir versoeking omdat hulle ONGELOWIG is ('n goeie vb. is koning Saul wat alewig sy eie kop gevolg het i.p.v. sy vertroue plaas in die Here se opdragte, en die gevolg is dat die Here hom later nie wou antwoord nie, en dit het weer tot gevolg gehad dat hy uiteindelik 'n dodebesweerder gaan opsoek het). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOEREERDERS: 

(Jud 1:7 - "soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense GEHOEREER en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan"). In konteks verwys die "mense" na wie in hierdie skrif verwys word, na INGESLUIPTES en GODDELOSES - (Jud 1:4-8 - "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens"). "Ingesluiptes" is VALSES wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg asof hulle koring is, maar hulle is nie (is onkruid, en is deur die bose daar gesaai). Hulle beskryf basies ongelowiges, en word o.a. beskryf goddeloos, mense wat in ONGEBONDHEID leef (owerspel, hoerery, allerhande onreinheid) - hulle verwys na mense wat die Here Jesus Christus verloën. Vir 'n studie oor waarna "ingesluiptes" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html). "Goddeloses" word tipies beskryf as "slegte mense", "onregverdig", en word o.a. ook verwys as "vyande vd Here".  Vir 'n studie oor waarna "goddeloses" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html).

Hierdie mense word baiemaal gekenmerk as o.a. "hoereerders" (vir 'n studie oor "hoereer", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html), en verwys nie altyd net na die wat in die vlees hoereer (nl. onwettige lus/begeertes) nie, maar kan ook verwys na die wat "geestelik hoereer" (die wat ander geloofspraktyke volg of afgode aanbid;  dus, hulle verloën die Here!), asook is dit 'n sonde wat in die hart gepleeg kan word! (Matt. 5:28/kyk die tema van "besoedelde gewete"). Hoereerders is ONREIN en kan nie verwag om eendag in te gaan in die Koninkryk van God nie (Ef. 5:5). Hoerery word verder gesien as 'n "werk vd vlees" (Gal. 5:19), en ons weet dat sulke werke uitloop op nietigheid...  Somtyds word daar na hoereerders vewys as mense wat dwaal, wat op beurt baiemaal na verwys word as die wat "SLAAP" of "DRONK" is (die wat hulleself bedrieg )(vgl. hierdie mense ook met die derde groep in die gelykenis vd saaier)(vir 'n studie oor "dwalendes", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dwaal-dwalendes.html).  Soos reeds gesien, verwys "dwalendes" tipies na die wat velei en versoek word en vir die versoeking val (bv. verlei deur die duiwel/deur 'n mens/deur eie begeerte...) - in die geval van "hoereerders" is dit baiemaal omdat hulle deur eie begeerte verlok word en hulleself bedrieg.

Vir nog poste oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristene.blogspot.com/2017/03/hoereer-hoerery-hoereerders.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/owerspel-egbreuk.html

https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html

https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------