Maandag 09 Oktober 2017

Begeer

In hierdie pos gaan ons kyk na hoe die woord "begeer" gebruik word in die Skrif.
_________________________________________________________________________________

Dit is nie altyd verkeerd om iets te begeer nie, maar dit hang veral af van wat dit is wat iemand begeer, en hoekom hy dit begeer.  Elkeen se hart wys "wat sy begeertes" is (Matt. 6:21; 12:34,35...), 
bv., die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge! (Spr. 12:12).  Maar die regverdige ontvang alles wat hy vra? ..... Hoekom?  Want hy begeer die regte dinge (en vra ook daarvolgens) (Matt. 7:7,8; Spr. 10:24; 11:23).  Die tema van "begeer" kan gerus behandel word saam met die tema van "planne".  Die woord "planne" verwys somtyds na dit wat jy "dink" of die manier "hoe jy oor iets dink" (die Griekse woord "logismos"-2Kor. 10:5). Ons planne beïnvloed ons begeertes, en daarom moet planne of denke gevange geneem word tot gehoorsaamheid aan Christus! (2 Kor. 10:5). Christus het baie gepraat oor die "hart" en gewys dat ons moet ag gee op die hart... (Matt. 5:8,28;  6:21;  12:34,35;  13:15,19;  15:18,19;  22:37;  24:48...). (Spr. 16:9)  "Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe".

Daar is heelwat voorbeelde in die Skrif van gelowiges wat iets begeer het maar nie ontvang het nie - veral in voorbeelde waar diesulkes in ongehoorsaamheid stap (Hebr. 12:17), of verkeerd bid (Jak. 4:2,3). Baiemaal is die rede waarom gebede nie beantwoord word nie, omdat hulle begeertes het wat "onwettig" is, of omdat hulle agter die wêreld aan "hoereer" - (Jak. 4:4b - "................ Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God)(Joh. 8:44).  Die Christen wat verkeerde dinge begeer moet egter dankbaar wees as hy dit nie ontvang nie, want die Here weet wat goed is vir ons, en Hy weet wanneer iets kan veroorsaak dat ons val.  Somtyds gee die Here wel vir iemand iets wat nie Sy wil is nie! (wat in sommige gevalle gesien kan word soos 'n "vloek" eerder as "antwoord op gebed!")(soos die vb. in Rom. 1 vd die wat nie ag gee op die waarheid nie, of die vb. van koning Saul, wat wys was in sy eie oë en dooies gaan raadpleeg het vir 'n antwoord toe die Here hom nie meer wou antwoord nie...). Wanneer ons die Here raadpleeg, moet dit wees met die bedoeling dat ons ons onderwerp aan Sy wil, want Hy weet wat is goed vir ons.  Ons moet dus DIE HERE SE WIL begeer (1 Joh. 5:14; Hebr. 2:4; Kol. 1:9; Luk. 9:54; Rom. 2:18; Joh. 9:31; 4:34; Luk. 12:47; 5:12; Luk. 9:23,24...)(Gal 5:17 - "want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie").

Almal het begeerte na die daagslikse behoeftes (oor wat hul sal eet, drink of aantrek), maar die gelowige word beveel om hom nie daaroor te kwel nie (m.a.w., nie bevrees word of heeltyd daaraan dink nie...), maar eerder sy begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend maak by God (Fil. 4:6). Christus het ook verder geleer dat ons eers die koninkryk van God moet soek en Sy geregtigheid, en dan sal al hierdie dinge (hierdie behoeftes) vir ons bygevoeg word... (Mat 6:31-34)(Psa 37:4 - "... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart").  Hy't ook gesê dat ons ons nie moet kwel oor die dag van "môre" nie (v.34). Waar gelowiges loop kla en ontevrede is in plaas van om hierdie soort begeertes in gebed na die Here toe te neem, of nalaat om Sy dinge eerste te soek , is hulle besig om die Here te versoek! (soos die volk Hom versoek het in die woestyn). (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html

Ons moet ons begeertes na die Here neem, maar nie verkeerde begeertes nie! Sou 'n gelowige bv. rykdom begeer, of iets wat aan sy naaste behoort, is dit verkeerde begeertes en nie geoorloof nie. Sou hy nou dink dat hy hierdie verkeerde begeertes (wat kom uit die vlees met sy hartstogte) in gebed vir die Here kan vra, dan bid hy verkeerd (volgens sy eie luste), en moet hy nie dink dat sy gebede beantwoord sal word nie... "Gierigheid" (begeerte na geld, of liefde vir geld), of bv. begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, of begeerte na sondes en wereldse wysheid,  is nie iets wat onder die kinders van gehoorsaamheid hoort nie... (Kol. 3:5).  (Gal 5:24 -  "Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig"). Kinders van die Here behoort tevrede te wees met wat hulle het en moet ook nie dit wat aan iemand anders behoort, begeer nie - hetsy besittings, naaste se vrou...(watookal aan jou naaste behoort)(Fil. 4:11; 1 Tim. 6:8; Eks. 20:7; Matt. 5:28 ens.). Kinders van die Here moet ook nie leringe begeer wat hulle in die gehoor streel nie, maar eerder 'n begeerte hê na die waarheid en ag gee op wat Christus geleer het (1 Pet. 2:2; 2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N KORT OPSOMMING:


Die manier hoe iemand die begeerlikhede van die vlees kan oorwin, is om "te wandel deur die Gees" 
(Gal. 5:16). 

Gedagtes van onwettige begeertes, bv. begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, of waar iemand iets van sy naaste begeer, of begeerte na geld, vleeslike en wereldse begeertes of waar iemand slegte dinge begeer, of begeerte na leringe wat nie stroop met die waarheid nie ens.,  moet nie gekoester word nie want dit veroorsaak dat iemand versoek word! (Jak. 1:14,15). 
-  (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie").  
-  (1Pe 4:2 - "om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God"). 
-  (1Jn 2:16 - "Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld").  

Begeertes wat wel geoorloof is vir die gelowige (gesonde begeertes), is 'n verlange of begeerte na die Here (om Hom te vrees, met Hom te praat, Hom te raadpleeg, Hom te bedank, ens.); of 'n verlange of begeerte na Sy woord (soos om "kos" te begeer - die kos vd woord); of 'n hoop op die toekomstige opstanding of begeerte na Sy koninkryk en Sy dinge;  of 'n begeerte na 'n amp om ander gelowiges te dien; of 'n begeerte dat mede-broers en susters in Christus tot volkome sekerheid sal kom en 'n verlange tussen mekaar waar gelowiges besorg is oor mekaar en mekaar dien met die evangelie, sakramente ens.  Ook begeerte na vleeslike gemeenskap wat binne 'n (wettige) huwelik plaasvind, is natuurlik geoorloof. Of 'n begeerte na alledaagse behoeftes (maar nooit waar dit iemand se gedagtes oorneem en dit eerste gesoek word bo die Here nie)...  Solank iemand "deur die Gees" wandel, sal hy nie die dinge vd vlees begeer nie, maar die dinge vd Gees begeer!  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk na 'n klompie gevalle van dinge wat nie vir die gelowige geoorloof is (om te begeer) nie:

-   begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap  ("desire, covet, lust")(Hebr. woord khaw-mad' of Gr. woord ep-ee-thoo-meh'-o), bv., waar 'n man na 'n vrou kyk om haar te begeer (verwys nie hier na begeerte "binne die huwelik" nie)(Spr. 6:25; Matt. 5:28), dus begeerte na 'n vrou met wie 'n man nie getroud is nie, of begeerte na die vrou van jou naaste, of begeerte na 'n hoer (Spr. 6:25; - "Begeer haar (slegte vrou/hoer) skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie")....  Ook in die geval van manne teenoor mekaar, en vroue teenoor mekaar  (Rom. 1:26,27), is dit nie geoorloof nie (m.a.w. in die geval van homoseksualisme). Om beter te verstaan wat met die woord "lus" in hierdie konteks gebruik word, is deur te kyk na wat dit beteken het in Gen. 3:6, toe Eva die boom van goed en kwaad se vrug "begeer" het...sy het iets begeer wat onwettig was vir haar.

Vir ongetroudes en weduwees/wewenaars wat hulleself nie kan beheer nie, is dit beter om te trou as om van begeerte te brand (1 Kor. 7:9)(-l.w., praat nie hier van "geskeides" nie - geskeides word nie gesien as "ongetroudes" nie, maar 'n geskeide word gesien as 'n "getroude" wat van sy/haar maat geskei is.  Geskeides is steeds volgens belofte aan mekaar verbind tot een van hulle afsterwe, en dan word die een wat oorbly in die lewe ook nie meer gesien as "ongetroude", asof nog 'n maagd, nie, maar gesien as weduwee of wewenaar.  Dus is "geskeides wat weer trou"  besig met onwettige vleeslike gemeenskap - onwettige begeerte na vleeslike gemeenskap - dus "egbreuk").  Die wat getroud is, moet nie begeer om losmaking te kry nie!  (en die wat ongetroud is, moet verkieslik nie vasmaking soek nie, maar as hulle dit soek, is dit nie verkeerd nie)(1Kor. 7:27,28).


-   in die geval van waar iemand iets van sy naaste begeer, bv. sy huis of vrou of enige iets wat aan hom behoort (Eks. 20:17; Deut. 5:21; Rom. 7:7);  en die wat soek na ydele eer en mekaar beny (Gal. 5:26).  Dit dan ook die rede waarom rowers steel en geweldenaars optree teenoor hulle naaste, omdat hulle dit wat aan hulle naaste behoort, BEGEER (Mig. 2:1,2).  Met meeste van die volk se oorwinnings, was hulle nie toegelaat om die bangoed wat aan hulle vyande behoort het, soos goud en silwer, te begeer of vir hulle te neem nie (Deut. 7:25)(rol af vir skrifgedeeltes);  inteendeel was die bangoed eerder geheilig aan die Here.  Sou hulle wel vd buit neem omdat hulle dit "begeer", het hulle gesondig (Jos. 7:21) - die rede waarom God hierdie volke in hulle hand gegee het, was nie omdat hulle hul naaste se goed begeer het nie! Voorbeelde van waar hierdie woord gebruik word is in:  (Eks. 34:24, van mense wat ander mense se land begeer);  of (Eks. 20:17 en Deut. 5:21, van dat ons niks van ons naaste mag begeer nie);  of (Deut. 7:25 en Jos. 7:21 - mag nie ander nasies se gode, of die goud en silwer waarvan dit gemaak is, begeer nie);

-  in die geval van waar iemand geld begeer  - (gelowiges word aangemoedig om liewer vergenoeg te wees met dit wat hulle het! (1 Tim. 6:8)). (1Tim.  6:9,10 - "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor"). 'n Man van God moet vlug vir hierdie dinge!, en liewer geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid en sagmoedigheid najaag (1 Tim. 6:11; 2 Pet. 1:4). Simon se begeerte na "krag" in Hand. 8, was verkeerd omdat hy dit begeer het vir eer en eie gewin. Sou sy begeerte egter wees om mede-gelowiges te bedien en daarom die krag van die Gees begeer, wat die Gees ookal deur hom wil werk, dan was sy begeerte geoorloof (1 Kor. 12:7).  Wanneer 'n Christen met 'n klomp geld of besittings of werk of krag geseen word, dan is dit nie bedoel om die persoon self te verryk asof hy belangriker is as ander mense of meer eer nodig het nie!, maar wat gebeur is dat die Here iets aan hom toevertrou wat hy veronderstel is om te gebruik in Sy koninkryk - die vraag is nou HOE hy dit gaan aanwend in die koninkryk van God? (Luk. 12:16-21).  Hoekom kry sommige baie en sommige min?  Dit gaan nie werklik oor HOEVEEL iemand kry nie, maar meer oor WAT DOEN HY MET DIT WAT HY KRY? Aan elkeen word gegee volgens sy vermoë en volgens wat nuttig is... (Matt. 25:15; Ef. 4:7; 1 Kor. 12:7). As iemand iets begeer, moet hy homself afvra HOEKOM hy dit begeer?

-  begeerlikhede van die vlees/wereldse begeertes, en in die geval van waar slegte dinge en sonde begeer word (1 Kor. 1:22; 10:6; Ps. 106:29; Jak. 4:3; 2 Pet. 2:10; 1 Joh. 2:16; 2 Tim. 3:6; Tit. 2:12; 3:3; 1 Pet. 1:14; 1 Pet. 4:2) - bv. begeerte na afgodsdiens of afgodsoffers of offerandes aan dooies ens. (1 Kor. 10:7; Openb. 2:14; Ps. 106:28);  of 'n begeerte om te hoereer, en waar mense hulle liggame onder mekaar onteer (1 Kor. 10:8; Num. 25:1-9; 1 Kor. 6:18; Openb. 2:14; Rom. 1:24); en nog ander begeerlikhede vd vlees, bv. onreinheid, ongebondenheid;  towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge......... (Gal. 5:19-21).(Rom 6:12 - "Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie").

-  begeerlikhede van die jonkheid (2 Tim. 2:22) - onheilige en onsinnige praatjies moet vermy word (2 Tim. 2:16), en dwase en onverstandige strydvrae moet afgewys word (2 Tim. 2:23).  Doen afstand van ongeregtigheid (v.19), en moenie van die waarheid afdwaal nie (v.18)......ens.  (Psa 119:9 -  "Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord").

-  begeerte na lering wat hulle in hulle gehoor streel - (2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18) - begeerte na fabels en leuens, in plaas van na die waarheid;  - 'n begeerte na wereldse wysheid.
_________________________________________________________________________________
'n Paar gevalle van dinge wat wel vir die gelowige geoorloof is (om te begeer):

-  'n amp, waarin iemand vir die gemeente van God wil sorg dra (1 Tim. 3:1) - maar l.w. dat daar bepaalde kriteria is waarop iemand geskik is vir so 'n werk (bv. opsienersamp - 1 Tim. 3:2-7)(diaken - 1 Tim. 3:8-13).  Ongelukkig word daar nie altyd so aandag gegee hieraan nie en dit veroorsaak dat ampte somtyds in die kerk uitgedeel word aan mense wat op die ou end leed doen in plaas van die Here se werk (Matt. 15:14; Luk. 6:39...).

- 'n begeerte (na die Here se koms) na wanneer ons met ons woning uit die hemel oorklee word (1 Pet. 1:13; Hebr. 11:16; 2 Kor. 5:2; Hebr. 11:16).

-  'n verlange (begeerte) na die onvervalste melk van die woord ( 1 Pet. 2:2) - soek die dinge daarbo! (Kol. 3:1).

-  'n verlange na die Here, om Sy Naam te vrees, om met Hom te praat, by Hom te pleit en te smeek, Hom te bedank...  (Ps. 84:2; Job. 13:3; Neh. 1:11; Fil. 4:6; Hand. 15:17; 17:27)('n begeerte om Hom te raadpleeg en te ken, in Hom te bly, Sy wil te doen!....).

-  'n begeerte vir mede-broers en susters in Christus om tot volkome sekerheid te kom vd hoop tot die einde toe - m.a.w. 'n begeerte dat hulle nie traag word nie... (Hebr. 6:11);  en verlange tussen mede-broers en susters in Christus om mekaar te sien en oor mekaar besorg te wees, om mekaar te dien, te vermaan waar nodig, en die evangelie onder mekaar te deel, en sakramente te deel (Fil. 1:8; 2:26; 4:17; 2 Tim. 1:4; 1 Thess. 3:6; 2:3,8; Luk. 22:15);  en mekaar dus - a.g.v. die feit dat hulle aan mekaar dink en mekaar verlang - opdra in gebed (2 Kor. 9:14; Rom. 1:9,10...). Soek ander se voordeel (1 Kor. 10:33).

-  waar die vrou 'n begeerte het na haar man (Gen. 3:16)(en die man 'n begeerte na sy vrou: - hy moet sy vrou liefhe - Ef. 5:28).

-  om alledaagse behoeftes te begeer, MAAR moet nie daaroor top nie maar dit deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend maak (Fil. 4:6; Matt. 6:31-34; Luk. 16:21; 15:16...).

-  soek EERSTE die koninkryk van God... (Matt. 6:33).  Voor ons die alledaagse behoeftes begeer, moet ons eerste die koninkryk van God begeer (Matt. 13:44-46). Dit moet in so 'n mate begeer word dat iemand bereid is "om alles te verkoop sodat hy dit kan koop" (soos 'n verborge skat in 'n saailand).  Moet die koninkryk van God in so 'n mate begeer, dat hy sy lewe vir die evangelie opgee (Matt. 10:39; Mark. 8:35).

_________________________________________________________________________________
"begeer": 

(Hebreeus)
-khaw-mad' (Gen. 3:6; Eks. 20:17; 34:24; Deut. 5:21; 7:25; Jos. 7:21; Ps. 68:16; Spr. 6:25; 12:12; Jes. 53:2; Mig. 2:2)(to be desired, covet, lust)
A primitive root; to delight in: - beauty, greatly beloved, covet, delectable thing, ( X great) delight, desire, goodly, lust, (be) pleasant (thing), precious (thing).

-baw-kash' (Num. 16:10; 2 Sam. 3:17; 1 Kon. 11:22; Neh. 5:18; Ps. 104:21; Sag. 6:7)(seek, required) 
A primitive root; to search out (by any method; specifically in worship or prayer); by implication to strive after: - ask, beg, beseech, desire, enquire, get, make inquisition, procure, (make) request, require, seek (for).

-shaw-al', shaw-ale' (Deut. 14:26b; 1 Sam. 12:13,17,19; 1 Kon. 3:5,10,11,13; 2 Kon. 2:9,10; 1 Kron. 4:10; 2 Kron. 1:7,11; Ps. 21:4; 27:4; Ecc. 2:10)(desire, ask)
A primitive root; to inquire; by implication to request; by extension to demand: - ask (counsel, on), beg, borrow, lay to charge, consult, demand, desire, X earnestly, enquire, + greet, obtain leave, lend, pray, request, require, + salute, X straitly, X surely, wish.

-aw-vaw' (Deut. 14:26a; 1 Sam. 2:16; Job 23:13; 2 Sam. 3:21; 1 Kon. 11:37; Job 23:13; Ps. 45:11; 132:13,14; Spr. 13:4; 21:10,26; 23:3,6;24:1; Ecc. 6:2; Jes. 26:9; Jer. 17:16; Mig. 7:1)(lust, desire, covet)
A primitive root; to wish for: - covet, (greatly) desire, be desirous, long, lust (after).

-aw-mar' (1 Sam. 20:4)(desire)
A primitive root; to say (used with great latitude): - answer, appoint, avouch, bid, boast self, call, certify, challenge, charge, + (at the, give) command (ment), commune, consider, declare, demand, X desire, determine, X expressly, X indeed, X intend, name, X plainly, promise, publish, report, require, say, speak (against, of), X still, X suppose, talk, tell, term, X that is, X think, use [speech], utter, X verily, X yet.

-khaw-fates' (Ps. 73:25)(desire)
A primitive root; properly to incline to; by implication (literally but rarely) to bend; figuratively to be pleased with, desire: -  X any at all, (have, take) delight, desire, favour, like, move, be (well) pleased, have pleasure, will, would.

(Grieks)
-ep-ee-thoo-meh'-o (Matt. 5:28; 13:17; Luk. 17:22; Hand. 20:33; Rom. 7:7; 13:9; Gal. 5:17; 1 Tim. 3:1; Jak. 4:2)(desire, coveted, lust)
From G1909 and G2372; to set the heart upon, that is, long for (rightfully or otherwise): - covet, desire, would fain, lust (after).

-ahee-teh'-o (Matt. 27:20)(ask)
Of uncertain derivation; to ask (in generally): - ask, beg, call for, crave, desire, require. Compare G4441.

-ep-eed'-zay-teh'-o (Mark. 8:12)(seek after)
From G1909 and G2212; to search (inquire) for; intensively to demand, to crave: - desire, enquire, seek (after, for).

-dzay-teh'-o (Luk. 11:16)(sought)
Of uncertain affinity; to seek (literally or figuratively); specifically (by Hebraism) to worship (God), or (in a bad sense) to plot (against life): - be (go) about, desire, endeavour, enquire (for), require, (X will) seek (after, for, means). Compare G4441.

-ex-ahee-teh'-om-ahee (Luk. 22:31)(desired)
Middle voice from G1537 and G154; to demand (for trial): - desire.

-bas-il-yooce' (Hand. 13:21)(desired)
Probably from G939 (through the notion of a foundation of power); a sovereign (abstractly, relatively or figuratively): - king.

-or-eg'-om-ahee (1 Tim. 6:10)(coveted after)
Middle voice of apparently a prolonged form of an obsolete primary (compare G3735); to stretch oneself, that is, reach out after (long for): - covet after, desire.

-ek-zay-teh'-o (Hebr. 12:17)(sought)
From G1537 and G2212; to search out, that is, (figuratively) investigate, crave, demand, (by Hebraism) worship: - en- (re-) quire, seek after (carefully, diligently).

-ep-ee-poth-eh'-o (Jak. 4:5)(lust)
From G1909 and ποθέω potheō (to yearn); to dote upon, that is, intensely crave possession (lawfully or wrongfully): - (earnestly) desire (greatly), (greatly) long (after), lust.

-ep-ee-thoo-mee'-ah (Openb. 18:14)(lusted after)
From G1937; a longing (especially for what is forbidden): - concupiscence, desire, lust (after).

_________________________________________________________________________________
Bangoed/Buit:
(paar opmerkings oor "bangoed" of "buit", spesifiek met die oog op dat dit "nie begeer" moet word nie)

Met meeste van die volk se oorwinnings was hulle nie toegelaat om die bangoed wat aan hulle vyande behoort het, soos goud en silwer, te begeer of vir hulle te neem nie (Deut. 7:25; Jos. 6:18; 7:15; 2 Sam. 8:11,12...);  inteendeel was die bangoed eerder geheilig aan die Here.  Sou hulle wel vd buit neem omdat hulle dit begeer, het hulle gesondig (Jos. 7:21) - die rede waarom God hierdie volke in hulle hand gegee het, was nie omdat hulle hul naaste se goed begeer het nie!  (Tog het die Here bv. 'n uitsondering gemaak toe Hy die volk uit Egipteland lei, maar weer-eens, dit wat hulle toe van hulle vyande versamel het, was nie "omdat hulle dit begeer het nie", maar in opdrag van die Here...- die Here het dit vir hulle gegee - Eks. 3:21,21; 11:2,3; 12:35,36).  Kyk wat het in Rig. 8:24-28 gebeur toe Gideon 'n skouerkleed maak van ringe uit die buit:  (Rig. 8:27 - "En Gídeon het daar ‘n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis ‘n strik geword"). In hierdie geval sien ons hoe die gebruik van "buit" kan lei tot afvalligheid...  (Vgl. dit met die insident vd goue kalf in woestyn... (Eks. 32)).  Die buit was veronderstel om geheilig (afgesonder) te word (Lev. 27:28) en gebruik in die bou vd tabernakel/tempel (1 Kon. 7:51) - (1Kron. 26:26,27 - "Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het— van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus").  In die geval van waar mense uit die volk vd Here doodgemaak was omdat hulle afgode aanbid het en ander uitgelok het om dit ook te doen, was hulle ook nie toegelaat om die betrokke mense se bangoed vir hulle te neem nie, maar in die geval was dit alles uitgebrand: -(Deu 13:16,17 - "En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig ‘n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie. Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—).

Nog Skrifte (bangoed/buit)-
Lev_27:28  Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
Deu_13:17  Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—
Jos_6:18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
Jos_7:1  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.
Jos_7:11  Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
Jos_7:15  En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en ‘n skanddaad in Israel begaan het.
Jos_22:20  Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie ‘n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.
1Sa_15:21  Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer.
1Ch_2:7  En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
(Num 31:27)  en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
(Deu 2:34)  En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
(Deu 2:35)  Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

(Jos 6:18)  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
(Jos 6:19)  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.

(Jos 7:1)  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.

(2Sa 8:11)  Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
(2Sa 8:12)  van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

(1Kron. 18:11)  Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.

(1Kron. 22:14)  En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en ‘n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.

(1Kon. 7:51)  En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: