Wys tans plasings met die etiket nuwe liggame. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket nuwe liggame. Wys alle plasings

Sondag 22 Junie 2025

Volgorde van gebeure rondom die Opstanding en wegraping

IN HIERDIE POS KYK ONS NA SKRIFTE WAT VIR ONS KAN LIG WERP OP MIN OF MEER WANNEER DIE OPSTANDING EN WEGRAPING SAL PLAASVIND. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Weergeborenes verwag dat hulle opgewek sal word uit die dood wanneer Jesus terugkom (in nuwe liggame, wat vir ewig sal lewe)(Joh. 11:25; Hand. 24:15; Joh. 5:29)(https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html). Die wegraping is deel van die opstanding en verwys na wat sal gebeur met geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom (noodwendig is die wat opgewek word uit die dood mense wat in Christus gesterf het, maar die wat dan nog in die lewe is, sal ook nuwe liggame kry)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). 

Dit is die verskil tussen die OPSTANDING en die WEGRAPING:

-die opstanding = die wat in Christus gesterf het, staan op uit die dood en kry nuwe liggame;

-die wegraping = die wat nog in die lewe is wanneer Jesus Christus terugkom kry ook nuwe liggame kry (word in 'n oogwink verander).

Vir nog skrifte kan die volgende pos kan ook bestudeer word: (https://warechristene.blogspot.com/2023/11/volgorde-van-wanneer-wie-sal-opstaan.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk wat die Skrif leer oor of hulle op verskillende tye plaasvind en wanneer presies elkeen plaasvind: 

Daar is nie altyd ooreenstemming oor wanneer die opstanding presies gaan plaasvind nie, en veral hewige verskille op wanneer die wegraping sal gebeur! Sekere Christelike kerke leer dat die wegraping voor die groot verdrukking plaasvind; ander leer weer dat die wegraping in die middel vd verdrukking plaasvind, en ander leer weer dat dit na die verdrukking plaasvind.... Maar wat leer die Skrif? 

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om meer sekerheid hieroor te kry.

(1) Kom ons kyk eers na 1 Kor. 15:50-53:

(1Kor. 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.(1Co 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,(1Co 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.(1Co 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

- Opstanding is "met die laaste basuin" (7de basuin onder 7de seel) - dode word onverganklik opgewek.

- Die wegraping - "EN ons sal verander word".

Hierdie skrifgedeelte leer o.a. vir ons die doel vd wegraping..., nl. dat die wat nie ontslaap voor Christus terugkom nie, sal net soos die wat opstaan uit die dood, ook verander word... (hulle sal ook nuwe liggame kry) - en dit word beskryf as "in 'n oomblik, in 'n oogwink" - en verder word ook geleer WANNEER dit sal gebeur!, nl "BY DIE LAASTE BASUIN". Bestudeer gerus die 7 basuine onder die 7de seel in die boek van Openbaring (Openb. 8 en 9). L.w. dat die Groot Verdrukking val onder die tyd van die 5de seel, terwyl dit wat hier beskryf word (nl. die opstanding en wegraping) lyk of dit val onder die 7de seel! (want dit is waaronder die basuine val). Meer presies leer die Skrif hier dat dit onder die laaste basuin (dus, die 7de) sal plaasvind. Vgl. dit met (Matt. 24:31 - "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2) Kom ons kyk na Matt. 24:23-31:

(Mat 24:23)  As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.(Mat 24:24)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mat 24:25)  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.(Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.(Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.(Mat 24:28)  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.(Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Watter volgorde word vir ons hier beskryf:

- 1. valse christusse en valse profete / verdrukking;

- 2. NA die verdrukking - sonsverduistering en maan gee nie glans....ens. (maw, 6de seel gebeure),

- 3. EN DAN wederkoms.

- 4. EN DAN word die uitverkorenes versamel uit die 4 windstreke.

Onthou dat 1 Kor. 15 leer dat die wegraping eers NA die opstanding gebeur..., en hierdie skrif leer vir ons dat die "versameling van uitverkorenes" NA die verdrukking  gebeur.  Dus, as hierdie "versameling" na die opstanding verwys en die wegraping na die opstanding gebeur, dan gaan die wegraping eers na die verdrukking gebeur; - meer presies,  na die verdrukking, na 6de seel gebeure, na die wederkoms (en volgens 1 Kor. 15, na die opstanding...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(3) Kom ons kyk na 1 Thess. 4:16,17:

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan (dooies sal EERSTE opstaan). (1Th 4:17)  DAARNA sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Volgorde wat hier beskryf word:

- 1.  Wederkoms

- 2.  Basuin

- 3.  Opstanding

- 4.  Wegraping

Ook in hierdie gedeelte word die wegraping NA die opstanding beskryf... (en die doel van die wegraping word ook duidelik gegee, nl. "ons wat in die lewe oorbly"). Vir 'n studie oor "weggevoer", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/06/die-term-weggeruk.html). 

Hierdie skrifgedeelte leer vir ons dat die wegraping eers NA die opstanding plaasvind. Dit gee 'n baie duidelik volgorde, nl. dat die Here self van die hemel sal neerdaal (wederkoms), en dan die geklank vd basuin (bv. "laaste basuin"-1 Kor. 15:52), en dan die opstanding (1 Thess. 4:16b), en dan die wegraping (1 Thess. 4:17).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(4) Kom ons kyk na 2 Thess. 2:1-8:

(2Th 2:1)  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want EERS moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (2Th 2:4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.(2Th 2:5)  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?(2Th 2:6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.(2Th 2:7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;(2Th 2:8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Volgorde van gebeure geneem uit die gedeelte:

- 1. afval

- 2. mens van sonde / seun van verderf / ongeregtige geopenbaar (die seun van verderf sal in die tempel gaan sit en voorgee dat hy God is) - maar iets hou hom tee voor hy geopenbaar kan word! en moet dus eers uit die weg geruim word...

- 3. wederkoms (...en ons vereniging met Hom) 

- 4. en dan sal  die "ongeregtige" tot niet gemaak word.

In hierdie gedeelte sien ons dat ons vereniging met die Here sal plaasvind na die wederkoms, en ook leer die gedeelte vir ons dat die wederkoms nie sal gebeur voor die mens van sonde en ongeregtige geopenbaar word nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 11 Januarie 2024

Opstandings / herlewings oor al die eeue

Hierdie is 'n kort OPSOMMING VAN OPSTANDINGS/HERLEWINGS OOR AL DIE EEUE:

Is daar iemand in die geskiedenis wat opgestaan het uit die dood?  Ja! 

In hierdie opsomming kyk ons na hierdie of sulke gevalle, asook wanneer nog toekomstige opstandings of herlewings sal plaasvind.  Alle mense sal opgewek word om geoordeel te word... (alhoewel nie almal in dieselfde soort liggame opgewek sal word of ditto liggame sal ontvang nie). Wat toekomstige opstandings of herlewings aanbetref sal die EERSTE OPSTANDING plaasvind aan die einde van "hierdie eeu" (wanneer Jesus terugkom) - die ander dooies sal eers HERLEWE aan die einde van die "volgende eeu" (aan die einde van die 1000 jaar)(Openb. 20:5,6). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) Jesus het EERSTE OPGESTAAN uit die dode (Hy is die "EERSTELING" - die "eerste" wat opgestaan het vd wat ontslaap het... -1 Kor. 15:4-8,20,23; Hand. 26:23; Kol. 1:18; Openb. 1:5).  Voor Hom was daar mense wat opgewek was uit die dood, ja (bv. Lasarus-Joh. 11:11-27)(en Eútichus-Joh. 20:7-12), maar dit was nie dieselfde soort opwekking as waarna "die opstanding" verwys nie; maar was bv. eerder slegs 'n verlenging van hulle lewens wat hulle gehad het (en hulle het weer doodgegaan) - hulle het m.a.w. opgestaan in ditto verganklike liggame. Die liggaam waarin Jesus egter opgestaan het was 'n ander 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42), is bv. 'n "verheerlikte geestelike onverganklike liggaam" - dit is 'n liggaam wat nie kan sterwe nie (Luk. 20:36) en deur geslote deure of mure kan gaan (Joh. 20:19,26);  en alhoewel dit o.a. 'n "geestelike liggaam" genoem word is dit 'n vatbare liggaam (Joh. 20:20,27/"vlees en been") - die persoon kan kos eet (Luk. 24:42,43) en is steeds herkenbaar, maar dit wil voorkom of so 'n liggaam ook van gedaante kan verander (Mark. 16:12; Joh. 19:20 ens.).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Daar was alreeds 'n "opstanding" van heiliges net nadat Jesus uit die dood opgestaan het (Matt. 27:52,53). Jesus Christus het eerste uit die dood opgestaan en daarna was daar 'n opstanding van ander heiliges..., maar was dit dieselfde soort opstanding? Daar is min inligting oor hierdie spesifieke "opstanding" van heiliges (wat net na Jesus se dood en opstanding plaasgevind het-Matt. 27:53). Na wie hierdie groep verwys, en of hulle in verheerlikte liggame opgestaan het, is nie seker nie...- ditis bes moontlik bloot mense wat nie lank dood was nie maar weer lewe gegee is (dus opgewek in ditto verganklike liggame en dus weer gesterwe het)(?).  

Al wat die Skrif hieroor leer is dat 
- (1) Jesus eerste opgestaan het uit die dood (Hand. 26:23), en na Sy opstanding 
- (2) het sommige grafte oopgegaan en baie liggame van ontslape heiliges het opgestaan en ook uit die grafte uitgegaan, en in Jerusalem ingegaan en aan baie mense verkyn...(27:52,53)(hierdie is duidelik 'n historiese gebeurtenis, maar ons weet nie wat met hierdie mense gebeur het nie). 
- Die volgende opstanding (3) sal wees wanneer Jesus terugkom, en word gewoonlik na verwys as "DIE OPSTANDING" (of die woorde "eerste opstanding" word gebruik, omdat dit die eerste is van toekomstige opstandings of herlewings...). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toekomstige opstandings/herlewings:

(3)  Die wat in Christus gesterf het sal uit die dood uit opstaan in "DIE OPSTANDING"
"DIE OPSTANDING" is 'n begrip wat spesifiek gebruik word vir die opstanding vd kinders van die Koninkryk, wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu")(1 Kor. 15; Jes. 25:8; Hos. 13:14; Matt. 22:23-31; Joh. 11:24,25; Hand. 17:32; 26:23; Fil. 3:11; Hebr. 11:35). Opstanding of herlewing gaan gepaard met oordeel - die wat bv. deel het aan die volgende opstanding (wanneer Jesus terugkom),  sal voor CHRISTUS SE REGTERSTOEL verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10; Joh. 5:29; Matt. 25:31,32; Joh. 5:22; Hand. 10:42; 17:31; 1 Kor. 4:5; 1 Pet. 4:5). Wanneer Hy terugkom sal Hy die wat in Hom ontslaap het (se geeste) saam met Hom bring (1 Thess. 4:14) en hulle liggame sal opstaan (1 Thess. 4:14-16)(sommige sal opstaan tot lewe en sommige tot veroordeling-Joh. 5:29), en dan sal die (heiliges) wat in die lewe oorgebly het ook nuwe liggame kry (waarna oor die algemeen verwys word as "die wegraping"-1 Thess. 4:16,17). En l.w. dat geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, se liggame ook verander sal word! (hierdie is meer bekend as "die wegraping", en is terloops deel vd "opstanding" - wanneer Jesus terugkom sal "die opstanding" eerste plaasvind, en daarna die "wegraping"...). 

(4) die ander DODE SAL HERLEWE aan die einde van die "volgende eeu";  m.a.w., die wat nie opstaan aan die einde van "hierdie eeu" nie (die wat nie deel het aan "die opstanding" nie), sal herlewe aan die einde vd "volgende eeu" - m.a.w. na of aan die einde van die 1000jaar tydperk-Openb. 20:5, en hulle sal in die WIT TROON OORDEEL verskyn (Openb. 20:11-15). Dan sal die dood en doderyk in die poel van vuur gegooi word.. (ook genoem, die "tweede dood"/wanneer beide die liggaam en siel verderf word/Matt. 10:28).  Die see en dood en doderyk sal die dode gee wat daarin is (Openb. 20:11-15), en elkeen sal geoordeel word volgens hulle werke... Hierdie geval van "dooies wat herlewe" aan die einde vd "volgende eeu" moet dus nie verwar word met "die opstanding" aan die einde van "hierdie eeu" nie - die opstanding vind plaas wanneer Jesus terugkom (en almal wat deel het aan die opstanding sal voor die regterstoel van Christus verskyn), maar die ander dooies sal eers herlewe aan die einde van Sy 1000-jaar regering (en hulle sal voor die wit troon oordeel verskyn)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------