Wys tans plasings met die etiket weggeruk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket weggeruk. Wys alle plasings

Sondag 22 Junie 2025

Volgorde van gebeure rondom die Opstanding en wegraping

IN HIERDIE POS KYK ONS NA SKRIFTE WAT VIR ONS KAN LIG WERP OP MIN OF MEER WANNEER DIE OPSTANDING EN WEGRAPING SAL PLAASVIND. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Weergeborenes verwag dat hulle opgewek sal word uit die dood wanneer Jesus terugkom (in nuwe liggame, wat vir ewig sal lewe)(Joh. 11:25; Hand. 24:15; Joh. 5:29)(https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html). Die wegraping is deel van die opstanding en verwys na wat sal gebeur met geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom (noodwendig is die wat opgewek word uit die dood mense wat in Christus gesterf het, maar die wat dan nog in die lewe is, sal ook nuwe liggame kry)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). 

Dit is die verskil tussen die OPSTANDING en die WEGRAPING:

-die opstanding = die wat in Christus gesterf het, staan op uit die dood en kry nuwe liggame;

-die wegraping = die wat nog in die lewe is wanneer Jesus Christus terugkom kry ook nuwe liggame kry (word in 'n oogwink verander).

Vir nog skrifte kan die volgende pos kan ook bestudeer word: (https://warechristene.blogspot.com/2023/11/volgorde-van-wanneer-wie-sal-opstaan.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk wat die Skrif leer oor of hulle op verskillende tye plaasvind en wanneer presies elkeen plaasvind: 

Daar is nie altyd ooreenstemming oor wanneer die opstanding presies gaan plaasvind nie, en veral hewige verskille op wanneer die wegraping sal gebeur! Sekere Christelike kerke leer dat die wegraping voor die groot verdrukking plaasvind; ander leer weer dat die wegraping in die middel vd verdrukking plaasvind, en ander leer weer dat dit na die verdrukking plaasvind.... Maar wat leer die Skrif? 

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om meer sekerheid hieroor te kry.

(1) Kom ons kyk eers na 1 Kor. 15:50-53:

(1Kor. 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.(1Co 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,(1Co 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.(1Co 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

- Opstanding is "met die laaste basuin" (7de basuin onder 7de seel) - dode word onverganklik opgewek.

- Die wegraping - "EN ons sal verander word".

Hierdie skrifgedeelte leer o.a. vir ons die doel vd wegraping..., nl. dat die wat nie ontslaap voor Christus terugkom nie, sal net soos die wat opstaan uit die dood, ook verander word... (hulle sal ook nuwe liggame kry) - en dit word beskryf as "in 'n oomblik, in 'n oogwink" - en verder word ook geleer WANNEER dit sal gebeur!, nl "BY DIE LAASTE BASUIN". Bestudeer gerus die 7 basuine onder die 7de seel in die boek van Openbaring (Openb. 8 en 9). L.w. dat die Groot Verdrukking val onder die tyd van die 5de seel, terwyl dit wat hier beskryf word (nl. die opstanding en wegraping) lyk of dit val onder die 7de seel! (want dit is waaronder die basuine val). Meer presies leer die Skrif hier dat dit onder die laaste basuin (dus, die 7de) sal plaasvind. Vgl. dit met (Matt. 24:31 - "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2) Kom ons kyk na Matt. 24:23-31:

(Mat 24:23)  As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.(Mat 24:24)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mat 24:25)  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.(Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.(Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.(Mat 24:28)  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.(Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Watter volgorde word vir ons hier beskryf:

- 1. valse christusse en valse profete / verdrukking;

- 2. NA die verdrukking - sonsverduistering en maan gee nie glans....ens. (maw, 6de seel gebeure),

- 3. EN DAN wederkoms.

- 4. EN DAN word die uitverkorenes versamel uit die 4 windstreke.

Onthou dat 1 Kor. 15 leer dat die wegraping eers NA die opstanding gebeur..., en hierdie skrif leer vir ons dat die "versameling van uitverkorenes" NA die verdrukking  gebeur.  Dus, as hierdie "versameling" na die opstanding verwys en die wegraping na die opstanding gebeur, dan gaan die wegraping eers na die verdrukking gebeur; - meer presies,  na die verdrukking, na 6de seel gebeure, na die wederkoms (en volgens 1 Kor. 15, na die opstanding...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(3) Kom ons kyk na 1 Thess. 4:16,17:

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan (dooies sal EERSTE opstaan). (1Th 4:17)  DAARNA sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Volgorde wat hier beskryf word:

- 1.  Wederkoms

- 2.  Basuin

- 3.  Opstanding

- 4.  Wegraping

Ook in hierdie gedeelte word die wegraping NA die opstanding beskryf... (en die doel van die wegraping word ook duidelik gegee, nl. "ons wat in die lewe oorbly"). Vir 'n studie oor "weggevoer", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/06/die-term-weggeruk.html). 

Hierdie skrifgedeelte leer vir ons dat die wegraping eers NA die opstanding plaasvind. Dit gee 'n baie duidelik volgorde, nl. dat die Here self van die hemel sal neerdaal (wederkoms), en dan die geklank vd basuin (bv. "laaste basuin"-1 Kor. 15:52), en dan die opstanding (1 Thess. 4:16b), en dan die wegraping (1 Thess. 4:17).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(4) Kom ons kyk na 2 Thess. 2:1-8:

(2Th 2:1)  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want EERS moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (2Th 2:4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.(2Th 2:5)  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?(2Th 2:6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.(2Th 2:7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;(2Th 2:8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Volgorde van gebeure geneem uit die gedeelte:

- 1. afval

- 2. mens van sonde / seun van verderf / ongeregtige geopenbaar (die seun van verderf sal in die tempel gaan sit en voorgee dat hy God is) - maar iets hou hom tee voor hy geopenbaar kan word! en moet dus eers uit die weg geruim word...

- 3. wederkoms (...en ons vereniging met Hom) 

- 4. en dan sal  die "ongeregtige" tot niet gemaak word.

In hierdie gedeelte sien ons dat ons vereniging met die Here sal plaasvind na die wederkoms, en ook leer die gedeelte vir ons dat die wederkoms nie sal gebeur voor die mens van sonde en ongeregtige geopenbaar word nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die term "weggeruk"

In hierdie pos kyk ons na die term "weggeruk", en wat dit beteken in verskillende kontekste. Dit is belangrik om te kyk in watter konteks die woord gebruik is, en watter Gr. of Hebr. woorde gebruik is (rol af vir opsomming). Noodwendig beteken dit om iets weg te ruk of pluk, maar nie noodwendig net wegneem nie, maar in sekere kontekste kan dit selfs verwys na verwoesting. 

1 Thess. 4:17 is 'n baie gewilde skrif waar die woord "weggevoer" voorkom en verwys na die "wegraping"... (soos dit oor die algemeen genoem word). Vir 'n studie oor die wegraping (bv. die doel daarvan), gaan na: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). Natuurlik is nie alle gevalle van "weggeruk" in dieselfde konteks as hierdie skrif van die wat nuwe liggame kry (waar die woord "weggevoer" gebruik word) nie. Bv., wat die 1 Thess.4  konteks aanbetref (nl. van die wat nuwe liggame kry en hulle verneging met die Here), is daar slegs een Skrif waar die woord weggevoer in hierdie konteks gebruik word;  dus, slegs een "wegraping" in die Skrif!, maar daar is vele "wegrapings", of eerder "wegvoerings" in die Skrif wat ander kontekste aanbetref! (bv. in 2 Kor. van iemand wat weggeruk is na die hemel, in Hand. 8:39 van Filippus wat weggeraap is na 'n ander plek op aarde..., ens.). Na regte is daar maw verskillende "wegvoerings", maar net een in die konteks van die wat nuwe liggame kry en dan met die Here verenig word (waarna oor die algemeen verwys word as "die wegraping")!  Die Gr. woord wat in 1 Thess. 4:17 gebruik word vir "weggevoer", is die woord "harpadzo", wat beteken "vang weg of op", of "pluk", of "neem met geweld".  

In meeste kontekste waar die Gr. woord harpadzi gebruik word, is dit gebruik van mense wat "weggeruk is na die hemel" (bv. 2 Kor. 12:2 en 4, en Openb. 12:5);  so, daar word somtyds algemeen aanvaar dat die wat weggeruk word "hemel" toe gaan, maar l.w. dat dit nie altyd daarna verwys nie.  Dieselfde Gr. woord word bv. gebruik in Hand. 8:39, waar Filippus skielik weggevoer is...., maar nie na die hemel nie! Dus, nie elke geval waar die spesifieke Gr. woord gebruik is, beteken dat mense weggevoer word spesifiek hemel toe nie. Alhoewel die "wegraping" in 1 Thess. 4 deel is van die opstanding (bv., eerste die opstanding, en dan volg die wegraping), beteken dit bv. nie dat die wat weggevoer word weggeraap word spesifiek hemel toe nie; meer presies verklaar die Skrif dat hulle weggevoer sal word in die lug en die Here in die wolke sal ontmoet (1 Thess. 4:17)(hulle sal bv. altyd by die Here wees, ja..., maar neem kennis van waar Hy gaan wees! - nie in die hemel nie, maar op aarde). Dus, die wat deel het aan die "wegraping" van 1 Thess. 4 sal wel die Here in die wolke ontmoet, ja, maar dit beteken nie dat hulle hemel toe gaan nie (liewer leer die Skrif dat hulle altyd by Hom sal wees, en Hy gaan op die aarde wees). Vir nog skrifte kan die volgende pos ook bestudeer word: (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wegruk, uitpluk, trek, neem:

2Kor.12:2  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk ((G726- "har-pad'-zo"- to seize (in various applications): - catch (away, up), pluck, pull, take (by force)). is tot in die derde hemel.

2Kor.12:4  dat hy weggeruk (G726) is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

Openb. 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk (G726) na God en sy troon.

(1Thess. 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer (G726) word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

(Hand. 8:39)  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer (G726), en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Breek af, skeer af, uitwortel:

Job_18:14  Weggeruk (H5423-rooted out, break off, tear off, etc.) word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Verwoes, uitgepluk:

Spr. 2:22  maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk (H5255-tear away, destroy, pluck, root, etc.) word.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bymekaarmaak, onttrek, verwoes, neem weg:

Jes. 57:1  Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk (H622-gather, assemble, destroy, fetch, put all together, take away, withdraw, etc.) vanweë die boosheid.

Eseg. 34:29  En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk (H622) sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vrygemaak word, verwoes, gekou word, afgesny:

Jol_1:5  Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk (H3772) is.

Jol_1:16  Is die spys nie weggeruk (H3772-be chewed, destroy, cut, be freed, etc.) voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------