Wys tans plasings met die etiket weggevoer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket weggevoer. Wys alle plasings

Sondag 22 Junie 2025

Die term "weggeruk"

In hierdie pos kyk ons na die term "weggeruk", en wat dit beteken in verskillende kontekste. 

Dit is belangrik om te kyk in watter konteks die woord gebruik is, en watter Gr. of Hebr. woorde gebruik is (rol af vir opsomming). Noodwendig beteken dit om iets weg te ruk of pluk, maar nie noodwendig net wegneem nie, maar in sekere kontekste kan dit selfs verwys na verwoesting. 

1 Thess. 4:17 is 'n baie gewilde skrif waar die woord "weggeruk" voorkom en verwys na die "wegraping"... (soos dit oor die algemeen genoem word). Vir 'n studie oor die wegraping (bv. die doel daarvan), gaan na: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). die Gr. woord wat in 1 Thess. 4:17 gebruik word vir "weggeruk", is die woord "harpadzo", wat beteken "vang weg of op", of "pluk", of "neem met geweld".  In meeste kontekste waar hierdie spesifieke Gr. woord gebruik word, was dit gebruik van mense wat "weggeruk is na die hemel" (bv. 2 Kor. 12:2 en 4, en Openb. 12:5);  so, daar word somtyds algemeen aanvaar dat die wat weggeruk word hemel toe gaan, maar l.w. dat dit nie altyd daarna verwys nie...  Dieselfde Gr. woord word bv. gebruik in Hand. 8:39, waar Filippus skielik weggevoer is...., maar nie na die hemel nie! Dus, nie elke geval waar die spesifieke Gr. woord gebruik is beteken dat mense weggevoer word spesifiek hemel toe nie. Bv., alhoewel die "wegraping" in 1 Thess. 4 deel is van die opstanding (bv., eerste die opstanding, en dan volg die wegraping), beteken dit nie dat die wat weggevoer word weggeraap word spesifiek hemel toe nie - hulle sal bv. altyd by die Here wees, ja..., maar neem kennis van waar Hy gaan wees! - nie in die hemel nie, maar op aarde. Dus, die wat deel het aan die "wegraping" van 1 Thess. 4 sal wel die Here in die wolke ontmoet, ja, maar dit beteken nie dat hulle hemel toe gaan nie (liewer leer die Skrif dat hulle altyd by Hom sal wees, en Hy gaan op die aarde wees). Vir nog skrifte kan die volgende pos ook bestudeer word: (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wegruk, uitpluk, trek, neem:

2Kor.12:2  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk ((G726- "har-pad'-zo"- to seize (in various applications): - catch (away, up), pluck, pull, take (by force)). is tot in die derde hemel.

2Kor.12:4  dat hy weggeruk (G726) is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

Openb. 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk (G726) na God en sy troon.

(1Thess. 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer (G726) word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

(Hand. 8:39)  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer (G726), en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Breek af, skeer af, uitwortel:

Job_18:14  Weggeruk (H5423-rooted out, break off, tear off, etc.) word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Verwoes, uitgepluk:

Spr. 2:22  maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk (H5255-tear away, destroy, pluck, root, etc.) word.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bymekaarmaak, onttrek, verwoes, neem weg:

Jes. 57:1  Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk (H622-gather, assemble, destroy, fetch, put all together, take away, withdraw, etc.) vanweë die boosheid.

Eseg. 34:29  En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk (H622) sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vrygemaak word, verwoes, gekou word, afgesny:

Jol_1:5  Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk (H3772) is.

Jol_1:16  Is die spys nie weggeruk (H3772-be chewed, destroy, cut, be freed, etc.) voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------