Maandag 25 September 2017

Wat dit beteken "om ryk te wees in God"

In verskeie skrifgedeeltes het Christus Jesus het vir ons geleer wat dit beteken "OM GEREED TE WEES"... Volgens Luk. 12:13-40 kan ons leer dat "om gereed te wees" o.a. beteken
"OM RYK TE WEES IN GOD".


- Maar wie is dit wat gesien word as "RYK" in die Skrif?, 
- En wat word bedoel met die woorde "ryk in God"?

In hierdie pos wil ons veral kyk na wat dit beteken om ryk te wees in die Here, die Christen se persepsie van "geseende" asook wat dit beteken om 'n skat in die hemel te he, en wat bedoel word met die woorde "om JOU LEWE TE VERLOOR".  Natuurlik verwys "om jou lewe te verloor" ook na die wie se liggame doodgemaak word ter wille van hulle geloof in Christus Jesus, maar in hierdie pos gaan ons kyk na hoe dit as beeldspraak gebruik word in die Skrif. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat word as RYKDOM gesien?  Rykdom word gemeet aan dit waarvan iemand baie het, bv. ryk in geld of besttings ens. (Gen. 31:1; Num. 31:9; 1 Kon. 3:13 ens.), maar RYKDOM IN DIE HERE verwys nie na hierdie wereldse rykdomme nie, maar verwys eerder na die wat die wereldse rykdomme en hulle lewens opgee sodat hulle die koninkryk van God kan "wen" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html), m.a.w. ryk in die Here se kennis en wysheid, gawes, bedieninge, (ware) liefde, skat in die hemel ens. Hulle gee bv. die wereldse kennis en wysheid op sodat hulle wysheid en kennis van die Here kan verkry. Hulle gee besittings en geld op en deel alles wat hulle het en gee nie om om a.g.daarvan ook self arm te wees nie, sodat hulle eerder 'n skat in die hemel kan verkry. Hulle deel die evangelie ten koste van vervolginge en verdrukkinge sodat deur hulle armoede ander ook ryk kan word in die Here...

Rykdom kan ook verwys na hoeveel "vermoë" iemand het, bv. talente of gawes..., maar rykdom in kennis, wysheid, gawes en talente beteken nie veel as iemand nie die Here KEN en gehoorsaam nie! - (m.a.w., as hy verkeerd "bou")(rol af na die Kor. skrifgedeelte om hierdie beter te verstaan). Hy mag dalk ryk wees in kennis en gawes, maar as hy nie gehoorsaam is aan die waarheid nie, dan het hy hom nie bekeer tot die manier "hoe die Here sien" nie, maar dan die wereldse wysheid of kennis eerder gekies bo die Here se waarheid en wysheid.  Dieselfde geld bv. ook vir "rykdom in barmhartigheid", want nie alle goeie dade sal eendag beloon word nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html).  Iemand mag dalk ryk wees in barmhartigheid, maar as hy dit doen om gesien te word of belangrik wil voorkom of doen vir eie gewin, dan is hy besig om homself te verhef en probeer dus sy lewe "wen" in plaas van om dit te "verloor" vir die koninkryk van God.  Om ryk te word in die Here, gaan dus oor "om te VERLOOR"! (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/dis-orraait-om-te-verloor.html). Die wat ryk is in die Here is dus die nederiges, en dit dan waarom Christus na die GESEENDES verwys as die armes, die wat treur, die sagmoediges, die wat honger en dors na geregtigheid, die wat beledig en verstoot word ter wille van Christus, die wat die woord hoor en bewaar, die wat versoeking kan verdra, die gehoorsames ens. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html) - m.a.w. die "VERLOORDERS" in die wêreldse oë, maar "wenners" in die Here.  Die wat arm is in die wêreld, maar RYK IN DIE HERE. Ook in Openb. 2:9 is dit die verdruktes en armoediges en die wat Sy werke doen, wat gesien word as RYK!  Dit wat die regverdige persoon begeer, is baie verskillend van dit wat die wereldse mens begeer. Die man van God begeer eerder om die wil van die Here te doen, om heilig te wees, om die Here te vertrou, ware liefde, om te verdra, sagmoedigheid, die ewige lewe, die waarheid ens. (1 Tim. 6:11-14), maar die mens wat die wereldse dinge begeer, soek sy eie wil en is nie bereid om sy lewe te "verloor" nie, maar soek met alle mag om dit te "wen" (is nie vergenoeg nie, glo in homself, soek na wereldse wysheid...).

Rykdom in die Here is wel belangrik vir die wat eendag ingaan in die koninkryk van God - om 'n "skat in die hemel" te verkry moet iemand bereid wees om sy lewe te verloor soos wanneer hy alles verkoop om 'n saailand waarin hy 'n skat gevind het, te koop (Matt. 13:44).  Om "ryk te word in die Here" is amper soos om die koninkryk te "koop" deur jou eie lewe te verloor... In sekere gevalle kan Christene hulle saligheid verloor sou hulle "lou" wees en steeds staatmaak op wêreldse rykdom..., want in so 'n geval is dit 'n bewys dat diesulkes nie EERSTE die koninkryk van God soek nie, maar eerder die wêreldse rykdom begeer.  In die brief aan die gemeente van Laodicense noem Christus hulle "LOU" (Christene) omdat hulle ryk is in wereldse dinge, maar nie ryk is in die Here nie.  Hy raai hulle aan om van Hom goud te koop wat deur vuur gelouter is...(Openb. 3:18) - hoekom?  Sodat hulle RYK kan word - ryk in Hom:  "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien".
Hulle WERKE word beskryf as "nie koud of warm nie" (v.16).  En omdat hulle nie koud of warm is nie, sal Hy hulle UIT SY MOND SPUUG (v.16). Hierdie is nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie!

Elke Christen se WERKE moet van so 'n aard wees dat dit by die bekering pas sodat hy RYK WORD IN DIE HERE.  Let wel dat "bekering" nie net gaan oor bekering van dooie werke, of bekering van sonde of afgode nie, maar veral in betekenis verwys na bekering van "die manier hoe jy sien" na die manier hoe die Here "sien".  Vir die wereldse mens gaan sukses oor besittings en geld en wereldse kennis en wysheid ens., en wat gewoonlik ook gepaard gaan met onbarmhartigheid teenoor ander met die doel om hulleself te verhef. Wereldse rykdom is anders as rykdom in die Here.

Iemand mag dalk lyk of hy ryk is in liefde, maar dit hang af hoe hy "liefde" beskryf!  Rykdom in wereldse liefde is anders as rykdom in ware liefde (want ware liefde is onderwerp aan die Here se reels (Ef. 2:4-7; 1 Thess. 3:12,13)). Iemand mag dalk barmhartig voorkom, maar eintlik onbarmhartig wees omdat hy "liefde" beskryf deur wereldse wysheid. In wereldse liefde word die waarheid baie verander (rol af na die Ef. en 1 Thess. skrifgedeeltes om dit beter te verstaan). Geen mens kan ryk word in die Here as sy hart nie reg is nie (of hy hom nog nie bekeer het van die manier hoe hy self "sien" nie), want die werke van die geloof is 'n bewys van ware BEKERING; en niemand kan ryk word in die Here as hy hom nie onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees nie. So, bekering gaan nie net oor bekering van dooie werke, sonde en afgode nie, maar ook oor "bekering van wereldse wysheid"!  -Bekeer van die manier hoe ons barmhartigheid of rykdom of liefde ens. beskryf na die manier hoe die Here dit beskryf!  Juis om hierdie rede het baie dissipels van Jesus weggedraai omdat hulle nie saamgestem het met Sy leringe nie - m.a.w., hulle het hulle nie (tot Hom) BEKEER nie (Joh. 6:66).  Ons kan nie ryk word in die Here as ons ons nie bekeer van die manier hoe ons "sien" nie, want deur Sy leringe het Hy vir ons geleer hoe Hy dinge sien en hoe ons werke (wat saam met die geloof gaan) veronderstel is om te lyk. As ons hierdie werke toon (wat gebore word uit Sy denkwyse, nie ons s'n nie!), dan sal ons ryk word in die Here. As ons begeertes egter steeds is na wereldse rykdom en plesiere, en ons denke en werke so gerig is op die sorge van die lewe dat ons geen tyd het vir die Here nie, dan is ons nie besig om EERSTE na Sy koninkryk te soek nie, en dan kan ons nie ryk word in Hom nie...

(1Ti 6:17-19) "Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld 
-om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie 
-hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; 
-dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Christus het baie gepraat oor hierdie onderwerp en geleer dat ons nie wereldse rykdom  moet begeer, of te besorg moet wees oor die sorge van die lewe nie, maar eerste die koninkryk van God moet soek... (Luk. 12:31). Hierin sien ons die balans - die wereldse dinge en soeke moet nie eerste kom nie, maar die Here moet eerste wees in ons lewens!  As jy so besig is met die sorge van die lewe dat jy nie tyd het vir die Here, vir gebed, vir lering ens. nie, dan is jou balans verkeerd, en sal jy nie ryk word in die Here nie.

Daar is 'n manier om 'n SKAT IN DIE HEMEL te verkry!, en dit is deur te gee, in plaas van om te wil hê!; meer presies gaan dit oor jouself opgee - jou "wil" opgee - jou begeertes opgee en om die wil van die Here te doen. Sorge en plesiere en rykdom gaan alles oor wat jy wil hê (of dink jy nodig het).  As jy egter reg "DINK", dan sal jy meer ingestel wees op "gee" as om te ontvang - m.a.w. "gee TYD vir die Here", "gee LIEFDE", "gee jou BESITTINGS en GELD", ens.   (Luk 12:33)  "Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie". Die mens wat nog nie bekeer is nie sien dinge anders, en probeer bymekaarmaak en vashou. Maar die een wat bekeerd is, "sien" soos die Here sien en weet dat niks wat hy het aan hom behoort nie, en hou nie alles vir homself nie.  Hierdie is die WERKE wat by die bekering pas!  Johannes die doper het ook hiervan gepraat, en geleer wat gesien word as "werke" wat by die bekering pas:  (Luk 3:11)  En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.(Luk 3:12)  En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?(Luk 3:13)  En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.(Luk 3:14)  En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy". Kyk die klem op BARMHARTIGHEID, MEEDEDEELSAAMHEID en EERLIKHEID - (vgl. dit gerus met die tema van "barmhartigheid, liefde en trou").

Die Christen se persepsie en hoe hy werk met geld, besittings, werke of krag, is 'n goeie aanduiding van of hy ryk is/word in die Here of nie.  Wat sien jy as "seën"?, en wie sien jy as die "geseëndes"? (https://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html). Die mens wat nog nie bekeer het nie, sien geseëndes as die wat "goed daarvan af" is of voorspoedig in wereldse dinge (besittings, wysheid, liefde...), maar die bekeerde beskryf die geseënde as goed daarvan af of voorspoedig in die Here! (m.a.w., skat in die hemel, die Here se wysheid en kennis / waarheid, ware liefde...).  Dit lyk baie anders as in die geval van wereldse rykdom, want rykdom in die Here kan dus o.a. beskryf word as die wat nie baie het nie, want hulle deel dit wat hulle het met ander.  Dit is die wat vervolg word ter wille van die geloof, want hulle gee nie om om hulle eie lewens te verloor ter wille van die Here nie (Matt. 5:10).  En hulle gee nie om om beledig en vervolg te word om die Here se ontwil nie, of dat daar valslik allerhande kwaad teen hulle gespreek word nie (Matt. 5:11).  Hulle soek eerder Christus se vriendskap as wereldse vriendskap! (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/how-word-ek-n-vriend-van-jesus-christus.html).
Die Here se persepsie van  "geseëndes" is die wat treur, die sagmoediges, die armes, die wat honger en dors na geregtigheid, die barmhartiges, die wat rein van hart is, die vredemakers, die wat nie aan Hom aanstoot neem nie, die wat Sy woord bewaar, die wat nie gesien het nie maar tog glo, die wat versoeking verdra, die wat Sy gebooie doen.....ens.  Dit gaan beslis daaroor dat ons EERSTE moet soek na die koninkryk van God... en dus ons lewens VERLOOR in plaas van om dit te wen (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html).

As iemand hoogmoedig is oor sy rykdom (hetsy talente, geld, krag, besittings of watookal) en dit alles vir homself hou omdat hy dink dat dit hom eerder toekom as sy mede broers en susters, of dink dat hy dit uit sy eie mag verkry het, dan wys dit dat sy begeerte eerder na wereldse rykdom is as na die Here! Die wereldse spreekwoord "glo in jouself" is veral ook 'n vb. hiervan waar mense dink dat wat hulle het, hulle verkry het deur hulle eie mag, en hulle leer ander om hulle eie weg te probeer maak in plaas van om die Here te raadpleeg en te vertrou (of om tevrede te wees met hulle roeping).  Mense maak maklik die fout deur hulle te beroem in wereldse rykdom (Ps. 49:6)(asof hulle dit verkry het deur eie mag).  Koning Nebukadnesar het ook eens hierdie fout gemaak. Die volk van God was spesifiek gewaarsku teen sulke soort gedagtes-(Deu 8:17)  en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. (Deu 8:18)  Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.  Jy mag dalk dink jy het daardie belangrike werk omdat jy hard gewerk het om daar te kom en dit self laat maak werk het, maar die waarheid is dat baie ander dieselfde pad gestap het as jy, maar dit nie ontvang het nie!; dus gaan dit nie oor wat jy vermag nie, maar wel oor die vermoë wat die Here jou gee asook die deure wat Hy oopmaak! Baie mense het dieselfde talente as jy, maar daar gaan nie vir almal dieselfde deur oop nie. Watookal iemand se lot, het niks te doen met hoeveel hy in homself geglo het nie.  Hierdie wereldse leerstellings van "glo in jouself" en "word wat jy ookal wil" is wereldse wysheid wat mense se oë wegneem van hulle Skepper en hulle geensins leer om op die Here te vertrou of Sy wil in hulle lewens te soek nie. Wat ons eerder ons kinders moet leer is dat elkeen se lot in die Here se hande is (en hulle moet tevrede wees met hulle lot! - Jud. 1:16), en nie op hulleself vertrou nie maar die Here raadpleeg en Sy wil soek!  (Hand.. 1:25,26; Fil. 2:14). LEER hulle OM RYK TE WORD IN DIE HERE, NIE RYK WORD IN WERELDSE RYKDOM NIE!  Ons moet hulle leer dat die lewe nie bestaan uit die oorvloed van hulle besittings nie! (Luk. 12:17), maar dat hulle eerder die koninkryk van God moet soek as om besittings te begeer of hulle te kommer oor alledaagse nood (Luk. 12:31,32). Hier is wat Christus o.a. vir ons geleer het oor hierdie onderwerp:  (Luk 12:34 - "Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie....).  Is dit wat ons vir ons kinders leer?  Dit beteken nie dat die Here nie wil he dat ons werk of enige besittings moet he, of he wat ons nodig het nie! (want inteendeel het Hy vir ons geleer dat die Vader vir ons alles sal voorsien wat ons nodig het, sou ons eerste die koninkryk soek...), maar wat Hy vir ons leer is dat WAAR iemand se SKAT IS, daar is SY HART ook (Luk. 12:34c). Dit gaan oor wat vir iemand belangrik is...Wat is dit wat hy begeer?  Begeer hy die Here se koninkryk?, of begeer hy ander "skatte"?  As ons verstaan dat dit gaan oor die Here se wil (nie ons eie nie), dan gaan ons tevrede wees met wat ons het, met watter werk Hy ons gee, watter gawes Hy gee, wat elkeen se lot is, wat ons het en ontvang....  As ons verstaan dat dit gaan oor om Hom te raadpleeg en ons vertroue in Hom te stel, dan gaan ons nie oor enige iets bekommerd wees nie.  As ons verstaan dat dit wat ons het nie ons eie is nie maar eintlik aan die Here behoort en ons 'n verantwoordelikheid het om dit te gebruik volgens Sy wil, dan sal ons dit nie alles vir onsself hou nie maar ons talente en gawes en krag en werk en besittings en geld gebruik in die koninkryk van God. Inderdaad is ons persepsie rondom hierdie dinge ook 'n goeie aanduiding van of ons ryk is in die Here of nie. Ons persepsie wys wat in ons hart aangaan, wys of ons regtig bekeerd is en wys wat ons sien as "skatte".
-  (Mar 10:21)  En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.

(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
(Luk 12:34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

- Wat is dit wat jy in jou hart begeer?  
Is dit wereldse rykdom?, of is dit om 'n skat in die hemel te verkry?
Is jy so besig om te dink aan die sorge van die lewe dat jy geen tyd het om die Here se koninkryk te soek nie?, of is jou begeerte EERSTE na die Here?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N SKAT IN DIE HEMEL:

Christus het hierdie onderwerp van om ryk te word in die Here veral aangespreek in die brief aan die gemeente van Laodicense (Openb. 3:14-22), waarin Hy hulle bestraf en tugtig oor hulle verkeerde manier van "sien" (Openb. 3:17).  Hierdie Christene was RYK, maar nie ryk in die Here nie! Hy beveel hulle om RYK TE WORD IN HOM (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien").
- Hoe koop jy goud van die Here?
- Hoe verkry jy 'n skat in die hemel?
In Matt. 19:16-30 verduidelik Christus hoe hierdie "skat in die hemel" verkry kan word.  Ons kan seker "skat" hier vgl. met "die ewige lewe", want in die gedeelte vra iemand vir Hom wat hy moet doen om "die ewige lewe" te verkry, en dan verduidelik Jesus vir hom hoe hy 'n "skat in die hemel" kan verkry...  Die persoon het wel die Here se gebooie onderhou, maar hy het iets kortgekom:  (Matt. 19:21 - "Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My"). Wat Hy vir hom leer is dat hy bereid moet wees om SY LEWE TE VERLOOR (sodat hy dit eendag kan wen). Ja, dit was letterlik bedoel. Ja, Christus het van hom verwag om sy besittings letterlik te verkoop en dit aan die armes te gee!

Die goud wat ons liewer moet koop, is 'n "erfenis in die hemele"... en dit kan slegs gekoop word deur geloof: (1Pe 1:4,6,7 - ..."sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons"; ..."Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus") - Let wel die woorde "daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge... Watter prys is jy bereid om te betaal om goud van die Here te koop?, om hierdie "erfenis" (ewige lewe) te koop?

In Matt. 13:44 het Christus ook die koninkryk vd hemele vgl. met " 'n skat wat verborge is in die saailand", en dan verduidelik hy hoe iemand hierdie skat kan verkry... -(Mat 13:44 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand"). Hoe soek iemand na die koninkryk van God? Hoe verky hy hierdie skat in die hemele?...  -hy verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand!  As jy nie verstaan wat dit beteken nie, dan verstaan jy nog nie waaroor GELOOF gaan nie! Ja, geloof sonder werke is dood.  Geloof is nie alleen 'n belydenis nie.  Dit wat jou SKAT is, sal gou uitwys of jou hart inderdaad gelowig is.  Christus het geleer dat elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor, en elkeen wat dit om Sy ontwil verloor, sal dit vind (Matt. 16:25).  Hierdie leerstelling van Christus is die teenoorgestelde van wat die wereld leer, want in die wereld gaan dit alles oor wat jy moet doen om jou lewe (hier en nou) te wen! en gaan gepaard met om die "eerste of die beste" te probeer wees, en selfs om in die proses op ander te trap om bo uit te kom... In die wereld gaan dit alles oor "die self". Die wat so "dink" mag dalk die wereld wen, maar wat help dit jy is ryk in die wereld maar nie ryk in die Here nie!, want as jy nie ryk word in die Here en bereid is om jou lewe te verloor om Sy ontwil nie, sal jou siel eendag verseker skade ly...("Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?").    

Iemand wat ryk is in die Here, leef nie net vir homself nie, maar leef
- VIR DIE HERE,
- en leef dus ook VIR ANDER MENSE - (Mat 25:40 - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dus, ook waar 'n Christen rykdom begeer in werke en/of krag om verkeerde redes (bv. vir eer of eie gewin), is dit nie goed nie (Matt. 7:21,22). Die Christen moet pasop wat hy begeer! (Gen. 3:6; Eks. 20:17; Deut. 5:21; 7:25; 1 Sam. 12:13,17,19; Matt. 5:28; Mark. 8:12; Rom. 13:9; Gal. 5:17...), want die wat bv. ryk wil word, val in versoeking... (1 Tim. 6:9).  Die begeerte na geld (m.a.w. geldgierigheid of liefde vir geld) kan tot gevolg he dat iemand AFDWAAL VAN DIE GELOOF ! (1Ti 6:10). Christene moet nie gedagtes koester waarin hulle geld of iets wat aan iemand anders behoort begeer nie, of waar hulle iets begeer om verkeerde redes nie.  Dit gaan dus ook oor die rede waarom iets begeer word. "Wat iemand begeer" wys wat in sy hart aangaan.  Geldgierigheid wys bv. daarop dat iemand NIE TEVREDE is met wat hy het nie, en wys ook dat hy nie die Here vertrou nie! (Heb 13:5) - dit wys wat in sy hart aangaan.

Wat elkeen homself eerder moet afvra is HOE hy dit wat die Here aan hom toevertrou, AANWEND.  Wat doen hy met dit wat die Here hom gee?  Die Christen wat dink dat hy baie geld ontvang omdat hy dit (bo ander) verdien, of selfsugtig is en alles vir homself hou, kan nie RYK word IN DIE HERE NIE, want hy breek die tweede gebod. Hy is veronderstel om vir die Here te vra wat hy met die geld moet doen - so hy soek ook nie na die wil van die Here nie en raadpleeg nie (en breek die eerste gebod).

Miskien is die doel dat hy dit gebruik om meer geld te maak wat ingestort word in die koninkryk van God?; of miskien moet hy dit uitdeel aan die behoeftiges?... watookal hy moet doen is iets waaroor hy moet bid en seker maak dat hy bereid is om "sy lewe te verloor" terwille van die koninkryk van God  -wat dan tot gevolg het dat hy ryk word in die Here en sal eendag sy lewe "wen" terwyl hy dit nou verloor -  maar as hy onbarmhartig is dan sal hy eendag gesorteer word onder die "bokke" en alhoewel hy dit op die oomblik "wen", sal hy eendag sy lewe verloor.  Jesus het ook hierdie feit verklaar in die gelykenis van die saaier. Selfs waar 'n Christen alreeds vrug dra, maar die vrug verstik word deur die sorge vd wereld en die verleiding vd rykdom, sal dit veroorsaak dat hy onvrugbaar word (Matt. 13:22; Mark. 4:19) - en sonder die nodige vrug kan hy nie die ewige lewe beerwe nie... http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html.  Christus het verduidelik in Luk. 16 dat die manier hoe ons sorg dra vir 'n ander se goed, sal bepaal of ons ons eie kan kry (Luk 16:12);  m.a.w., die manier hoe ons sorg dra vir die goed wat die Here aan ons toevertrou (wat terloops Syne is!), sal bepaal hoeveel ons eendag gaan erf! (Luk. 19:12-27). Alles behoort aan die Here, nie aan ons nie. Ons kan nie erf as ons dit wat nou aan ons toevertrou word misbruik nie. Aan sommige word geld toevertrou, aan ander besittings, ander werke en ander krag....., maar hoe gebruik die Christen hierdie dinge in die koninkryk van God?(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/wat-doen-jy-met-die-besittings-wat-die.html).   Die wat bereid is om nou hulle lewe te verloor, sal dit wen, maar die wat dit nou wen, sal dit verloor! (Luk. 16:19-31).

Rykdom in die Here word nie net verkry 
-deur die werking van die Heilige Gees in die Christen se lewe (bv. gawes, bedieninge...)(1 Kor. 1:5-7) nie, 
-of deur die wat die woord bedien (2 Kor. 6:10) en dus die wat tot bekering/wedergeboorte kom, nie;  
-maar word ook verkry deur die "werke van die geloof" wat geskied uit gehoorsaamheid (bv. "die manier hoe die Christen dit wat die Here aan hom toevertrou, aanwend!"...)(Luk. 12:21).

Christene moet hierdie tema ernstig opneem, want die Christen wat ryk is in die Here, kan sy rykdom verloor sou sy begeerte eerder wees/verander na wereldse dinge en sorge en hy nie bereid is om sy lewe ter verloor ter wille van die Here nie! Die wat nie ryk is in die Here wanneer die Here Jesus Christus terugkom nie, san NIE GEREED WEES NIE - m.a.w., dit verwys na die wat nie na Sy wil soek nie, Hom nie gehoorsaam nie, en Hom nie KEN nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (Mat 19:16)  En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
(Mat 19:17)  En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
(Mat 19:18)  Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê—dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;
(Mat 19:19)  eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
(Mat 19:20)  Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort?
(Mat 19:21)  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
(Mat 19:22)  Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.
(Mat 19:23)  En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.
(Mat 19:24)  En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
(Mat 19:25)  Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?
(Mat 19:26)  Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
(Mat 19:27)  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?
(Mat 19:28)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
(Mat 19:29)  En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.
(Mat 19:30)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.

Beeldspraak en beloftes uit gedeelte:
-  "skat in hemel":
Hoe verkry iemand dit?  (Mat 19:21)  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
-  "sal honderd maal soveel ontvang":
Hoe verkry iemand dit? (Matt. 19:29) En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. Die woorde lui bietjie anders in Mark. 10:30: "of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
-  sal saam met Hom op Sy troon sit:
Vgl. met Openb. 3:21 - die wat in plaas van om ryk te wees in geld of besittings, ryk is in die Here! (verwys ook na die wat hulle bekeer van hulle sondes, en bekeer van die manier hoe hulle "sien" na die manier hoe die Here sien).
Gesegdes om te onthou:
- (Mat 19:30)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.  - verwys na hoe die wat ryk is in die Here, nou "laaste" is, maar eendag eerste sal wees - die wat nou ryk is in geld, besittings, familie.., sal eendag minder he (vgl. dit met die gelykenis vd ryk man en Lasarus), en die wat nou arm is in hierdie dinge ter wille van die Here, sal eendag meer he.

VERGELYK MET:
(Mar 10:17)  En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Mar 10:18)  En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.
(Mar 10:19)  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
(Mar 10:20)  Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
(Mar 10:21)  En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
(Mar 10:22)  Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
(Mar 10:23)  Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!
(Mar 10:24)  En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
(Mar 10:25)  Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
(Mar 10:26)  En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
(Mar 10:27)  Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
(Mar 10:28)  Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
(Mar 10:29)  En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
(Mar 10:30)  of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
(Mar 10:31)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

VERGELYK OOK MET:
(Luk 18:18)  En ‘n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Luk 18:19)  En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
(Luk 18:20)  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
(Luk 18:21)  En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
(Luk 18:22)  En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
(Luk 18:23)  Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
(Luk 18:24)  En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
(Luk 18:25)  Want dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
(Luk 18:26)  Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
(Luk 18:27)  Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
(Luk 18:28)  Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
(Luk 18:29)  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
(Luk 18:30)  wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 27:57)  En toe dit aand geword het, het daar ‘n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ‘n dissipel van Jesus was.
(Mat 27:58)  Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
(Mat 27:59)  En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
(Mat 27:60)  en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ‘n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

Die ryk man van Arimathéa het sy besitting (nl. 'n nuwe graf) opgegee vir Christus en het ook linne gegee. Hy het verstaan dat hy die nood moes vul! - hy het verstaan dat die rede waarom hy meer het as 'n ander, was omdat hy dit wat hy het moes deel met die wat dit nie het nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Luk 12:13)  En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.
(Luk 12:14)  Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ‘n regter of deler oor julle aangestel?
(Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
(Luk 12:16)  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.
(Luk 12:17)  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
(Luk 12:18)  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
(Luk 12:19)  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
(Luk 12:20)  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
(Luk 12:21)  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
(Luk 12:22)  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.
(Luk 12:23)  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
(Luk 12:24)  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
(Luk 12:25)  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
(Luk 12:26)  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
(Luk 12:27)  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.
(Luk 12:28)  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!
(Luk 12:29)  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;
(Luk 12:30)  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
(Luk 12:31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Luk 12:32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
(Luk 12:34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(Luk 12:35)  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.
(Luk 12:36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
(Luk 12:37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.
(Luk 12:38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.
(Luk 12:39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.
(Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
(Luk 12:41)  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?
(Luk 12:42)  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
(Luk 12:43)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.
(Luk 12:44)  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
(Luk 12:45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,
(Luk 12:46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.
(Luk 12:47)  En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;
(Luk 12:48)  maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Wat vir ons "regverdig" vookom, is nie noodwendig wat belangrik is nie. In hierdie gedeelte sou dit seker logies wees dat Christus die verontregte se kant moet kies, maar die Here kyk na die hart en dit is duidelik dat hierdie persoon (wat 'n deel van die erfenis gesoek het) se begeerte was na besittings. Miskien kom daardie erfenis hom wel toe, maar omdat hy sy lewe meet aan die oorvloed van sy besittings, wil hy die erfenis om verkeerde rede he!  Dan vertel Jesus die gelykenis van die ryk man wie se grond goed gedra het...  - volgens hierdie gelykenis "ontvang" ons nie sodat ons ryk kan wees nie!  Almal van ons het seker al een of ander tyd in hierdie strik geval waar ons dink dat die lewe uiteindelik goed sal wees as ons soveel het dat ons nie hoef te werk nie, en tyd het om net die lewe "te geniet".  Dit is presies hoe die ryk man redeneer het, en presies die tipe van denke waarvan ons ons moet bekeer.  Christus verduidelik in hierdie gelykenis hoe hierdie die verkeerde uitkyk is op die lewe...  ONS LEWENS MOET NIE GEMEET WORD AAN DIE OORVLOED VAN ONS BESITTINGS NIE, MAAR WORD GEMEENT AAN OF IEMAND "RYK IS IN DIE HERE". En kyk v. 48 - "En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis" - vgl. dit met die gelykenis van die ponde (Luk. 19:12-27).  Wat doen jy met dit wat die Here aan jou toevertrou?  - in ag geneem dat dit Syne is, nie joune nie!  (Luk 12:43)  "Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. (Luk 12:44)  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel".  As jou hart se begeerte eerder is na die wereldse dinge as na die Here, dan dink jy dat die besittings wat jy het aan jou behoort, maar die waarheid is dat jy eers jou eie werklik sal kry in die koninkryk van God (en elkeen verloor in elk geval alles wat hy verkry in hierdie lewe wanneer hy doodgaan! - v.20) - (Luk 16:12)  "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Luk 14:12)  En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
(Luk 14:13)  Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
(Luk 14:14)  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

Weer-eens sien ons hier dat ons sienswyse nie moet wees op wat ons wil hê of dink ons toekom nie, maar wat ons gee. As jy daardie mense nooi wat vir jou teruggee, dan gee jy met die doel om te ontvang - dit is nie die manier hoe jy "jou lewe verloor nie", maar 'n manier om dit te "wen";  so, in hierdie geval wys dit wat regtig in die persoon se hart aangaan. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:1)  En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
(Luk 16:2)  En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
(Luk 16:3)  Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
(Luk 16:4)  Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
(Luk 16:5)  Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
(Luk 16:6)  En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.
(Luk 16:7)  Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
(Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
(Luk 16:9)  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
(Luk 16:10)  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
(Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.

Hierdie gelykenis leer vir ons dat alles wat ons het en ontvang, NIE ONS EIE is nie!  Die manier hoe ons met 'n ander se goed werk, sal bepaal of ons ons eie sal kry.  Die manier hoe ons met dit werk wat die Here aan ons toevertrou, sal bepaal of Hy eendag vir ons ons eie sal gee (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/07/wat-jy-opgee-in-hierdie-lewe-sal-jy-wen.html).  Niks wat ons nou ontvang behoort regtig aan ons nie, maar behoort aan die Here (Deut. 10:14) - die vraag is, "hoe werk ons met dit wat Hy aan ons toevertrou?". As ons daarmee werk soos Hy wil hê, dan behoort ons ryk te word in Hom, al verloor ons alles in hierdie lewe.  Om jou te bekeer tot hierdie gedagte is nie maklik nie, maar sal bewys of jy regtig die ewige lewe wil beërwe, en bereid is om alles te verkoop wat jy het sodat jy die saailand met die skat daarin kan koop! (Matt. 13:44).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 19:1)  En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan.
(Luk 19:2)  En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, ‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man.
(Luk 19:3)  En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.
(Luk 19:4)  En hy het vooruit gehardloop en in ‘n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.
(Luk 19:5)  En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
(Luk 19:6)  Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
(Luk 19:7)  En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ‘n sondige man tuisgegaan.
(Luk 19:8)  Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
(Luk 19:9)  Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ‘n seun van Abraham is.
(Luk 19:10)  Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
(Luk 19:11)  En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
(Luk 19:12)  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.
(Luk 19:13)  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.
(Luk 19:14)  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.
(Luk 19:15)  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.
(Luk 19:16)  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
(Luk 19:17)  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.
(Luk 19:18)  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.
(Luk 19:19)  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.
(Luk 19:20)  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het;
(Luk 19:21)  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
(Luk 19:23)  Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.
(Luk 19:24)  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het—
(Luk 19:25)  en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde
(Luk 19:26)  want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.
(Luk 19:27)  Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

Hierdie skrifgedeelte is 'n goeie vb. van wat "bekering" regtig is... Kyk hoe anders Saggéüs begin optree.  Hy het hom bekeer van sy vorige sienswyses tot hoe die Here dinge sien, en glo nou nie meer dat dit wat hy ontvang "sy eie" is nie - en hou nie alles wat hy ontvang het vir homself nie, maar deel dit, en verder is hy ook nou regverdig en maak reg teenoor die vir wie hy te na gekom het (selfs 4-dubbel betaal hy dit terug).  Hy gee nie meer om om sy "lewe te verloor" nie......  DIT IS WARE BEKERING! Ook deur die gelykenis wat Jesus dan vertel, word dit duidelik dat dit wat Sy diensknegte ontvang bedoel is dat hulle dit gebruik om ryk te word in Hom..., nie om weg te steek nie.  Die een wat dit wegsteek hou dit net vir homself - dit sou beter wees dat hy dit aan iemand anders gee wat dit sal gebruik in die koninkryk, maar deur dit vir homself te hou, het dit net daar gelê en niks beteken nie. Vgl. dit ook met die gelykenis van die ryk man wie se grond goed gedra het.  Die wat wins gemaak het uit wat hulle ontvang het, het dit ten goede aangewend in die koninkryk - ons kan dit seker vgl. met 'n produk wat verkoop word en 'n nood aanvul.  Die persoon wat dit verkoop, maak wins daaruit (en wins kan seker vgl. word met hoe die dienskneg ryk word in die Here terwyl hy die "ponde" ten goede aanwend).
Vgl. gerus ook hierdie met die volgende dagstukkie wat gaan oor "die Here se wingerd": http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-here-se-wingerd.html.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 10:11)  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
(Rom 10:12)  Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
(Rom 10:13)  Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 1:5)  dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
(1Co 1:6)  soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,
(1Co 1:7)  sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,

In hierdie geval verwys rykdom in die Here na Sy waarheid en kennis - hulle is RYK in Sy woorde en kennis - het baie kennis.  Hoekom?  -"sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie" (v.7).  Hulle is as gemeente "ryk in die genadegawes". Tog, ten spyte hiervan noem Paulus hulle "kinders (babas) in die geloof" - hulle het in geen genadegawe agtergestaan nie (was ryk in die gawes), maar het verkeerd gebou omdat hulle oë nie op die Here was nie, maar op die diensknegte van die Here (1 Kor. 3:1-4). Hulle was eiewys a.g.v. hulle "rykdom" (Spr. 28:11). Hierdie kan vreeslike gevolge he wanneer Christene begin KIES "wie" hulle glo!, en kan tot gevolg he dat iemand nie noodwendig na die WAARHEID soek nie, maar glo wat die prediker ookal vir hulle leer.  Al is hulle alreeds ryk in kennis, is hulle in hulle harte opgeblase - in plaas van om hulle "rykdom" te gebruik tot eer van die koninkryk, "bou" hulle verkeerd deur nou self te besluit wat is waarheid en wat nie.  Baie kerke val in hierdie strik en het vir jare geweet wat is waarheid en is ryk in kennis, maar gaan dan en begin preek of laat iets toe, wat in teenstelling is met wat die Skrif leer!  Sulke optrede veroorsaak beslis twis en tweedrag, maar die oplossing is nie om elkeen toe te laat om te glo wat hulle wil nie!, maar eerder om almal te bemoedig om DIE WAARHEID TE SOEK.  Paulus se oplossing is nie dat hulle in sg. vrede saamleef waar elkeen glo wat hy wil nie (soos wat baie kerke vandag leer nie!), maar eerder dat hulle begin let op HOE HULLE BOU ! (daar word van hulle verwag om die waarheid te soek en "reg te bou" - dit is die oplossing vir "twis en tweedrag a.g.v. verskillende leerstellings). As hulle almal die waarheid soek en "reg bou", dan sal daar nie tweedrag wees nie.  Hoe jammer dat hierdie gemeente so RYK was in kennis, tog was baie se harte so verkeerd - hulle was opgeblase in hulle "rykdom".

Hulle was nie besig om in die Here te roem nie, maar in mense (1 Kor. 1:31).  "Wysheid van woorde" het vir hulle begin belangriker word as "die Here se wysheid" (1 Kor.. 1:18) - hulle wou eerder slim klink, en het a.g.daarvan begin kies wat hulle sien "as waarheid" en "wie hulle glo".  Dit is wat gebeur wanneer mense skaam word vir die kruis en dit (en die waarheid) begin sien as dwaasheid (1 Kor. 1:18) - en dan begin hulle die waarheid verander of afwater sodat hulle mense op hierdie manier kan probeer "wen". (1Co 2:4)  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,(1Co 2:5)  sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.(1Co 2:6)  Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.  Baie kerke doen dit vandag deur meer te begin fokus op wereldse wysheid en wereldse sielkunde in te bring in die kerk, of te begin staatmaak op ander geloofspraktyke, met die doel om hulle kerk te probeer "wen" en slim en wys voor te kom, plaas van om te roem in die Here en in Sy waarheid.  Hulle probeer dus hulle kerk/lewens WEN deur te roem in wereldse wysheid en kies predikers wat hulle in die gehoor streel, terwyl wat hulle veronderstel is om te doen is om eerder hulle kerk/lewens te VERLOOR deur vas te hou aan die waarheid! (sodat hulle dit eendag kan wen).  

Hier sien ons dat om "ryk te wees in kennis en gawes" niks beteken as iemand nie die Here KEN nie! Die persoon wat die Here KEN, soek Sy wil (nie hulle eie wil nie) en is gehoorsaam aan Hom (en is dus bereid om hulle lewens ter wille van Hom te verloor...). 
-(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
-(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
-(Mat 7:24)  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 4:8)  Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!
(1Co 4:9)  Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.
(1Co 4:10)  Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
(1Co 4:11)  Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,
(1Co 4:12)  en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit;
(1Co 4:13)  word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.
(1Co 4:14)  Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders.

Die Christene in die gemeente van Kor. was opgeblase en "wys" - hulle het soos wenners voorgekom, maar dit is die apostels (op wie hulle so neergekyk het en vir wie hulle verkeerd geoordeel het) wat eintlik die wenners was! Die apostels was wel dwaas in hulle oë en swak en in oneer!, maar die apostels het verstaan dat, om die koninkryk van God te wen, jy jou lewe moet verloor.  Hierdie WYSE en STERK en "IN AANSIEN" Christene in die gemeente van Kor. word vermaan omdat hulle opgeblase in in hierdie dinge, wat veroorsaak het dat hulle gedink het hulle kan oordeel uitspreek oor die SWAKKES (oor die apostels). Dit is tipies hoe dit lyk wanneer Christene (wat tog ryk geword het in kennis en selfs gawes) weer begin staatmaak op wereldse wysheid, wat tot gevolg het dat hulle ander Christene verkeerd oordeel en die waarheid begin sien soos dwaasheid...  Hulle mag dalk ryk geword het in kennis en wysheid, maar dit is duidelik dat hulle ongehoorsaam geword het en dus nie meer die Here KEN nie, want anders sou hulle ag gegee het op Sy waarheid.  Hulle het natuurlik kans om reg te maak - sou hulle hul BEKEER van die manier "hoe hulle dink", tot die waarheid!  - m.a.w., "bekeer van hulle wereldse wysheid" tot "die dwaasheid" (altans wat hulle sien as dwaasheid) van die woord.  Hulle moet hulle "lewens verloor" ter wille van die koninkryk - ter wille van die waarheid;  maar is hulle bereid om dit te doen?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Co 6:10)  as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.

In hierdie gedeelte beskryf Paulus "die geseendes"  -  as verloorders, tog wenners! - m.a.w., bedroef en arm in die wereld, tog opgeruimd en ryk in die Here!  En l.w. die woorde "as armes, maar wat baie ander ryk maak" - wat verwys na hoe die evangelie en die kennis en waarheid die vermoe het om mense RYK te maak in die Here.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Co 8:9)  Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

Christus het vir ons die vb. gestel van hoe iemand sy lewe verloor om dit te wen - Hy het Sy lewe verloor TER WILLE van ons sodat ons ryk kon word.  Op dieselfde wyse moet ons ons lewens vir mekaar opgee, en barmhartig wees, die woord verkondig ens. sodat ander deur ons armoede ryk kan word.  (vgl. dit ook met bg. 2 Kor. 6:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Co 9:6)  Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
(2Co 9:7)  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.
(2Co 9:8)  En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
(2Co 9:9)  Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.
(2Co 9:10)  En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
(2Co 9:11)  sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
(2Co 9:12)  Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eph 2:4)  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
(Eph 2:5)  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
(Eph 2:6)  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
(Eph 2:7)  sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

Christus Jesus is ryk in genade - ja, vir die wat die voorwaardes nakom!  Die wat nie tot bekering kom nie, word bv. nie onvoorwaardelik vergewe nie... Hierdie is bietjie anders as wat sommige kerke vandag leer! Ware genade en goedertierenheid is egter onderwerp aan die Here se reels (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Th 3:12)  en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,
(1Th 3:13)  sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.

Om ryk te wees in die Here se liefde is baie anders as rykdom in sogenaamde wereldse liefde waarin die waarheid baie verander word... Om ryk te word in die Here kan nie gebeur sonder bekering tot die manier hoe die Here "sien" nie.  Wereldse liefde is anders, want hulle glo bv. o.a. dat dit liefde is as jy stilbly oor die evangelie van Christus Jesus;  of glo dis liefde as jy sekere dinge wat wel deur die Here as ongehoorsaamheid en sonde gesien word, nie meer sonde noem nie. Hierdie wereldse liefde het baie al in die Christelike kerk ingesluip - een vb. hiervan is dat Christene geoordeel word as "sonder liefde" as hulle ander Christene waarsku teen afgodspraktyke - in wereldse liefde moet elkeen toegelaat word om te doen wat hulle wil, en glo wat hulle wil !  Baie dinge wat sleg is word goed genoem; en wat goed is, word sleg genoem - dit is beslis NIE die tipe liefde waarin Christene moet begeer om ryk te word nie!  
Ware liefde is altyd onderwerp aan die Here se reels - dit is die tipe liefde waarin ons moet ryk word vir mekaar en vir almal.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ti 6:6)  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
(1Ti 6:7)  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
(1Ti 6:8)  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
(1Ti 6:9)  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
(1Ti 6:10)  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
(1Ti 6:11)  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
(1Ti 6:12)  Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
(1Ti 6:13)  Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,
(1Ti 6:14)  dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
(1Ti 6:15)  wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
(1Ti 6:16)  wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
(1Ti 6:17)  Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
(1Ti 6:18)  dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,
(1Ti 6:19)  en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.  Dit gaan beslis oor "wat ons begeer" (1 Kor. 6:10).  http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rev 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rev 3:14)  En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
(Rev 3:15)  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
(Rev 3:16)  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
(Rev 3:17)  Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
(Rev 3:18)  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
(Rev 3:19)  Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
(Rev 3:20)  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
(Rev 3:21)  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
(Rev 3:22)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 3:21)  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: