Wys tans plasings met die etiket Heilige Gees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Heilige Gees. Wys alle plasings

Sondag 17 September 2023

Wie is die Heilige Gees?

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WIE IS DIE HEILIGE GEES?, 

die volgende word o.a. ook behandel:

-  Die begrip Heilige Gees.

-  Wat is die invloed vd Heilige Gees?

Die begrip "HEILIGE GEES" kom in sowat 100 verse in die Bybel voor, en word terloops belowe aan die wat in Jesus Christus glo (hulle kan die Heilige Gees ontvang)(Hand. 2:38; Matt. 3:11; Joh. 1:33). Die ontvang vd Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte! - niemand kan weergebore word sonder water (afwassing van sonde) en die ONTVANG VAN DIE HEILIGE GEES nie (Joh. 3:5). Daar is sekere heiliges in die O.T. wat ook die Heilige Gees ontvang het (bv. profete, priesters, konings... - bv. die wat die volk moes lei, in die Here se bediening gestaan het, en die Here se wil bekend moes maak), maar nie almal wat deel was vd volk van God het in die O.T. die Heilige Gees ontvang nie - dit is wat o.a. 'n groot verskil tussen die Ou en Nuwe Testament!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- Die woord "Gees" (Gr. woord "pnyoo'-mah") hier, verwys na die Gees van God ("pnyoo'-mah" kan vertaal word as gees, lewe, geestelik, verstand...)(Matt. 12:32; Mark. 1:18; ens.)(en is 'n gees wat in iemand kom bly... - en het tot gevolg dat die persoon se gees verander, bv. sy manier van dink en doen... - verstand, hy/sy"groei" om vrug "tot lewe" te dra, asook werk die Gees gawes en bedieninge deur die persoon soos Hy wil... - sulke mense in wie die Heilige Gees is, word geestelike mense genoem). 

- Kyk ook na die Hebr. woord vir Gees - is die (woord "roo'-akh") (Jes. 63:10,11 ens.) wat verwys na asem, gees, gemoed, wind, ens.  Die Heilige Gees is soos asem..., want net soos die liggaam (uiterlike mens) sonder gees/asem dood is (Jak. 2:26), net so kan die mens nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie;  daarom word daar na geestelike mense verwys as mense wat die belofte het van ewige lewe. want geestelike mense is (deur die Heilige Gees) instaat om vrug te dra tot ewige lewe... (hierdie is onmoontlik vir die natuurlike mens om te doen! - natuurlike mense dra vrugte tot die dood). Die Heilige Gees word ook somtyds voorgestel soos wind - die Gees werk soos Hy wil (1 Kor. 12:11) en "waai" waar Hy wil... (Joh. 3:8; Hand. 2:2)(Joh. 20:22). 

Vir 'n studie oor die Gees van God, gaan na:  (https://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html) - die studie is opgedeel in 4 dele, waaronder die begrip "Gees van God" bespreek word, o.a. die ontvang vd Heilige Gees en hoekom iemand die Heilige Gees ontvang, wat dit beteken om in die Heilige Gees gedoop te word, ens.).

-------------------------------------------------------

- Die woord "heilige" (Gr. woord "hag'-ee-os") verwys na Gees van God wat "afgesonder" word vir die heiliges ("hag'-ee-os" word vertaal as "heilig of heilige", wat verwys na iets afgesonder vir 'n spesifieke doel)(Matt. 3:11; 12:32; ens.). Dit is die (Hebr. woord "ko'-desh") wat ook verwys na iets of iemand afgesonder, veral vir 'n spesifieke doel... (Jes. 63:10,11). Vir 'n studie oor wat "heilig" beteken, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/06/heilig-1.html) en (https://warechristene.blogspot.com/2016/08/heilig-2.html) - in die betrokke studie word al die verskillende woorde gegee wat in Hebreeus en Grieks gebruik word vir die woord "heilig" (asook die verskillende betekenisse vd woord - bv., iets, plek of iemand wat afgesonder word; heilige een; om heilig te maak; om seremonieel af te sonder; is heilig; om heilig op te tree; om skoon te maak; ens.).

DIE HEILIGE GEES IS GEES VAN GOD (Ef. 4:30) WAT AFGESONDER WORD, EN WORD DEUR JESUS CHRISTUS GESTUUR AAN DIE WAT IN HOM GLO (Matt. 3:11; Mark. 1:8; Joh. 1:33; Hand. 19:4; 1:5; Joh. 20:22; Hand. 2:4,38; ens.).

___________________________________________________________________________________

Wat is die invloed van die Heilige Gees?

Kom ons kyk eers na wat is die invloed van 'n gees oor die algemeen op iemand?
Waar daar na "gees" in die Skrif verwys word, verwys dit nie altyd na die Heilige Gees nie. Die mens het bv. ook 'n gees. Die mens se gees (die "geeste van alle vlees") beskryf daardie peroon met wil, vermoë, persoonlikheid, karaktertrekke ens., en word somtyds bloot na verwys as "siel". Maar wanneer nog 'n gees in iemand bly verander hy daardie mens (se gees); m.a.w., wanneer 'n gees in iemand ingaan kan die gees sy persoonlikheid, karakter en vermoëns beinvloed.  Daar is ook "ander -en bose geeste" wat somtyds in mense ingaan - hierdie geeste is nie goed nie!  Wanneer iemand 'n bose gees in hom het, word daar o.a. verwys dat daardie persoon onder die mag vd duiwel is... (Hand. 10:38). In ander woorde, wanneer iemand 'n gees in hom het, is hy onder die mag van daardie gees... 'n Gees kan iemand se siel beinvloed (en 'n bose gees se invloed is duidelik nie goed nie). Bv., wanneer 'n bose gees (onreine gees / ander gees) in iemand bly kan hy sy dade beinvloed, bv. dat hy kranksinnig voorkom, of kan veroorsaak dat die persoon homself probeer seermaak of sy liggaamsgebruik stuit, bv. hom doof of blind maak, of is verlam in sekere dele sodat hulle nie kan loop nie of speeksel by die mond uitloop..., ens. Daar bly somtyds verskeie geeste in een persoon en die geeste het verskillende werkinge. Daar is hope voorbeelde in die Skrif van hoe mense wat bose geeste in hulle het ly onder die mag van daardie onrein of ander geeste, en dit is duidelik dat diesulkes ook nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie (Hand. 19:15,16; 8:7; Luk. 8:2; 1 Joh. 4:1,3; Joh. 10:20,21; Sag. 13:2; Mark. 16:9; 9:21; Matt. 17:18; Luk. 4:35; ens.). Dat hierdie geeste mense siek kan maak is beslis ook so... (maar dit is natuurlik gevaarlik om alle siektes en tekortkominge toe te skryf aan bose of ander geeste soos sommige doen, want daar kan baie ander redes wees waarom iemand siek is... (redes wat ook terloops almal skriftuurlik is; bv. a.g.v. kieme, of sonde kan iemand siek maak, of bloot dat iemand siek is omdat hy deur 'n toets gaan, of siek is bloot ter wille van 'n wonderwerk wat moet gebeur sodat God se krag gewys kan word..., ens.).

 'n Gees kan ook beinvloed hoe iemand dink (hoe iemand "sien");  bv., die wat 'n gees van dwaling het sien nie dieselfde as die wat die Heilige Gees het nie. Die Heilige Gees is die "gees van waarheid" en sal nie aan jou dwalings verkondig nie (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").  daarom "dink en sien" mense wat die Heilige Gees het bv. ook gewoonlik dieselfde. Enige gees wat in iemand bly sal dus 'n invloed hê op daardie persoon en kan/sal hom of haar verander. In die Skrif is daar dan ook hope vb.e van hoe die Heilige Gees mense verander of deur hulle werk, en weergebore Christene kan hiervan getuig! Nie net ervaar hulle verandering in hulle siele, maar hulle kry ook gawes en bedieninge om bv. dinge te doen wat hulle normaalweg nie kan doen nie, bv. hulle bekwaam maak om spesifieke werke vir die Here te doen, hulle gebruik in wonderwerke, besonderse insig en wysheid vir hulle gee, ens. 

Wanneer die Heilige Gees in 'n Christen kom bly dan verander Hy daardie persoon en werk o.a. GAWES EN BEDIENINGE, en WERK deur hom soos benodig in die koninkryk van God  (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/gawes-en-bedieninge.html).  Die Heilige Gees maak die weergeborene dus o.a. bekwaam om spesifieke werke vir die Here te doen... (om bv. die volk vd Here te lei in die Here se wil, om God se planne bekend te maak, om te kan getuig, om iemand wat afgedwaal het terug te roep, ens.), en lei en leer hom in die Here se waarheid. Mense in wie die Heilige Gees is verkry 'n besonderse verstand (bv. om die Here se wil te ken en te weet wat is die waarhed)  - immers is die Heilige Gees die Gees van WAARHEID!;  m.a.w., mense in wie die Heilige Gees is "sien" anders en leer wat is die waarheid werklik. Hierdie is die groot verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense", en die Heilige Gees is die rede waarom geestelike mense verskillend dink en sien van natuurlike mense (1 Kor. 2:11; Rom. 8:5; 1 Kor. 2:14; ens.).

Die invloed vd Heilige Gees is dus baie anders as die invloed van ander geeste, en die Heilige Gees maak iemand nuut en is goed vir die mens en verander ons ten goede, en verseël terloops die weergeborene (tot die dag van verlossing)! Ook wat insig aanbetref is die manier hoe die weergeborene "sien" anders omdat hy die Heilige Gees het.
Die wat weergebore word word gebore deur 
-water (afwassing van sondes/staan op in nuwe lewe) en deur 
-Gees (ontvang die Heilige Gees). Die ontvang van die Heilige Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte, en soos bo genoem kan die weergeborene ook krag ontvang deur die Heilige Gees (gawes, bedieninge en werke).  Alhoewel die ONTVANG van die Heilige Gees eenmalig is (m.a.w., dit gebeur wanneer iemand weer gebore word), kan die weergeborene gedurigdeur met KRAG (vd Heilige Gees) vervul word... (in alle gevalle is die doel vir "krag ontvang" sodat ons kan bedien en getuig). Vir 'n pos oor "wie ontvang die Heilige Gees" en "hoekom iemand die Heilige Gees ontvang", gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2014/12/die-gees-van-god-2.html.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "HEILIGE GEES":

Die begrip "Heilige Gees" word veral in die Nuwe Testament gebruik, en in 'n paar O.T. skrifte nl.:
- (Jes. 63:10)  Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
-(Jes. 63:11)  Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
-(Mar 12:36)  Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.
-(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
-(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
-(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
..............ens.

In die O.T. word die begrip "die Gees van God" meerendeels gebruik, terwyl in die Nuwe Testament die begrip "Heilige Gees" weer meerendeels gebruik word.  Vir nog 'n interessante studie kan daar ingekyk word op die "7 Geeste van God". Die Heilige Gees is die Gees van God! - die begrip "heilige" verwys na "afgesonderde" Gees van God (m.a.w. Gees van God wat afgesonder word vir die wat weergebore word - hulle ontvang die Gees...)(1 Kor. 2:12-14; 3:16; ens.). Dit is dieselfde Gees maar verskillende begrippe verduidelik verskillende werkinge vd Gees;  bv. die begrip "krag van die Gees" verwys weer meer na gawes wat deur die Heilige Gees ontvang word... (en word o.a. na verwys as "doping in die Heilige Gees"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees word soos 'n PERSOON gesien:

(Mat 28:19 - "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"). - DIE GEES VAN GOD IS EEN VD DRIE-EENHEID, EN WAS TERLOOPS OOK TEENWOORDIG BY DIE SKEPPING (Gen 1:2 - "En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters").

Die Heilige Gees is in Jesus plek hier teenwoordig - (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het"), en elkeen wat in Jesus glo en Hom gehoorsaam, ontvang die Heilige Gees (Hand. 5:32)(Joh 16:7 - "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur"). Die Heilige Gees is 'n gees wat in iemand kom bly - (Hand. 8:15 - "Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang"). 

Die Heilige Gees is 'n gees in iemand wat daardie persoon lei en leer - met die persoon praat! - soos 'n persoon wat kommunikeer (Heb 3:7,8 - "Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie"). En is terloops een met die Vader en die Seun - Hy sal nie iets anders verkondig as bv. wat Jesus verkondig het nie (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig").

As iemand laster teen die Heilige Gees, is dit soos om 'n persoon te laster. Daar is een onvergeeflike sonde in die Nuwe Testament (wat terloops nie net onvergeeflik is in "hierdie eeu" nie, maar sal ook onvergeeflik wees in die "volgende eeu"), en dit is "LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES"... (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html). (Mat 12:31,32 - "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie").

Geestelike mense (in wie die Heilige Gees is) is onderwerp aan die Heilige Gees, en word deur die Gees gelei (Rom. 8:14). Dit is wat dit beteken dat ons nie meer :onder die wet (van Moses) is nie"... Geestelike mense is nie onder die wet nie, maar onder die Gees! Vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html. Geestelike mense is dus wel vry vd wet, maar is ONDER DIE GEES!  En dit beteken dat as jy 'n geestelike mens is moet jy die Gees gehoorsaam... - en as jy dit nie doen nie, kan daar gevolge wees. Die Heilige Gees is inderdaad 'n persoon na wie geestelike mense luister. Daar is vb.e in die Skrif van wat met geestelike mense gebeur (of gebeur het) wat nie na die Gees lusiter nie. Kyk o.a. die vb. in Hand. 5 van iemand wat vir die Gees gelieg het...  Geestelike mense moet pasop dat hulle nie die Heilige Gees bedroef nie... - vir 'n studie hieroor (en wat dit beteken), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nog skrifgedeeltes wat handel oor die Heilige Gees:

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Mat 12:31)  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

(Mar 3:28)  Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—

(Luk 12:10)  En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

(Act 10:44)  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
(Act 10:45)  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

(Act 11:15)  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

(Act 10:47)  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

(Mar 1:8)  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

(Luk 3:16)  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Joh 1:33)  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

(Act 1:5)  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

(Act 10:38)  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

(Act 11:16)  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

(Act 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

(Act 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

(Act 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

(Act 19:2)  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie..........................................
(Act 19:6)  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

(Act 5:3)  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

(Act 7:51)  Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

(Heb 3:7)  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
(Heb 3:8)  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

(Act 6:3)  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

(Act 7:55)  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

(Act 9:31)  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

(Luk 12:11)  En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;
(Luk 12:12)  want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

(1Co 2:13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

(1Co 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

(Eph 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

(1Th 4:8)  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

(2Ti 1:14)  Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.

(Tit 3:5)  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

(Heb 2:4)  terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

(1Th 1:5)  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

(1Pe 1:12)  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

(1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

(Jud 1:20)  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

(1Co 12:3)  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

(2Co 13:13)  Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

(Eph 1:13)  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

(Luk 1:15)  want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

(Luk 1:67)  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

(Act 1:16)  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

(Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

(Act 11:28)  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

(Act 13:2)  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
(Act 13:3)  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
(Act 13:4)  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

(Act 15:28)  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

(Act 16:6)  En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

(Act 20:23)  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

(Act 20:28)  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

(Act 21:11)  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

(Act 28:25)  En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

(Eph 3:5)  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

(Act 2:33)  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

(Act 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(Luk 3:22)  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.

(Luk 4:1)  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

(Act 13:9)  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

(Luk 11:13)  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

(Joh 20:22)  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
(Joh 20:23)  As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

(Act 1:2)  tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

(Rom 5:5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

(Rom 14:17)  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

(Rom 15:13)  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 07 Maart 2023

7 Geeste van God

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA DIE TERM "7 Geeste van God" WAT GEBRUIK WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING. Is die term slegs beeldspraak, of is daar werklik 7 Geeste van God?  Verwys hierdie 7 Geeste na verskillende name?, of na gawes, bedieninge en werke vd een Gees? 

Daar is min skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie "7 Geeste van God", en die 7 Geeste word ook nie elk op 'n naam genoem nie. Sommige geleerdes probeer name kry uit ander skrifte, maar daardie name moet miskien eerder gesien word as "werke of dele vd Gees" (as wat dit is om verskillende Geeste van God te beskryf);  tog is dit sekerlik nie verkeerd om na die verskillende gawes, bedieninge en werke vd Gees te verwys as "geeste" nie (soos dit in sommige skrifte gebruik word, bv. Jes. 11:2), maar dan met die doel dat dit verskillende maniere is om die Gees van God te beskryf ... (bv., die Heilige Gees word ook die Gees van God genoem, asook die Gees van waarheid)  (die gawe van wysheid en gawe van kennis kan bv. maklik na verwys word as "die Gees van wysheid en verstand", maar dit is een Gees, maar verskillende gawes vd Gees...).  Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na "die Gees van God" (al word daar heelwat name vir die Gees van God gegee). As daar inderdaad 7 name aan die Gees van God gegee word in die hemel, dan weet ons nie wat hierdie 7 name presies is nie. 

In hierdie pos gaan ons kyk na die betrokke skrifte in Openbaring waar daar melding gemaak word van die 7 Geeste van God, asook kyk na ander skrifte wat moontlik kan lig werp op hierdie onderwerp.
_________________________________________________________________________________
DAAR IS 4 SKRIFTE IN DIE BOEK VAN OPENBARING WAT MELDING MAAK VD 
"7 Geeste van God"Kom ons kyk eers na die betrokke 4 skrifte (in Griekse betekenis en in konteks):

-  (Openb. 4:5)  En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels (Gr. woord " lam-pas' ", wat beteken lamp, lig, flits) wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ", wat verwys na wind of asem, en beteken gees, spook, lewe, verstand) van God is, het voor die troon gebrand;
-  (Openb. 5:6)  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë (Gr. woord " of-thal-mos' ", wat verwys na visie - beteken oog, sig), wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
-  (Openb. 3:1)  En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
-  (Openb. 1:4)  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") wat voor sy troon is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat kan ons leer oor die 7 Geeste van God uit hierdie betrokke skrifte:

Die 7 Geeste van God word voorgestel met "sewe vuurfakkels" (lamp/lig/flits wat in donker skyn)(Openb. 4:5)  (die 7 Geeste van God is soos 'n lamp/e - dus, die wat die Gees van God ontvang het 'n lamp wat vir hulle help om te sien, bv. om te "sien" wat moet gedoen word, of om te "sien" wat is die waarheid, ens. - die 7 Geeste van God is soos lig in die donker...) (weergeborenes in wie die Heilige Gees is word bv. ook voorgestel soos ligte in hierdie wereld, want hulle het die Lig! - kyk tema "kinders vd dag";  uitverkorenes word o.a. voorgestel soos sterre (Gen. 22:17; Deut. 1:10) wat skyn in 'n donker plek.  Die Messias word ook voorgestel soos 'n ster, nl. "die blink Morester"(Openb. 22:16), 'n "lig in die duisternis" (Joh. 1:5). Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (2 Pet. 1:19). Figuurlik word die aarde op die oomblik soos 'n donker plek voorgestel, maar die dag kom! (1 Pet. 1:19);  en solank die dag nog nie aangebreek het nie is Christus en die profetiese woord soos lig in die duisternis...;  maar wanneer "die dag aanbreek" begin 'n nuwe era, en die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel... - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof - die Lig sal onder hulle woon en hulle sal Sy seen ervaar....ens. (Ps. 67:2-8). Huidiglik is die Here nie self hier teenwoordig nie, maar is teenwoordig deur Sy Gees! (en Sy Gees en Sy woord is dus soos 'n lamp...). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd gemeentes ook voorgestel soos "sterre" (ligte) - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring wat soos lig is...);

Die 7 Geeste van God word voorgestel as die Lam se oë (sig) - "sewe oë"wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6) (hier is die klem op die feit dat die 7 Geeste van God uitgestuur word en dus soos oe is vir die Here..., m.a.w. "om te sien" wat op die aarde aangaan - vgl. dit gerus met Openb. 3:1 waarin die Lam aan die gemeente van Sardis se "Ek ken jou werke..." - die Here weet/sien alles, Hy sien Sy kinders se doen en late, weet wat in hulle harte aangaan, ens...) (vgl. dit ook met bg. Openb. 4:5 waarin die 7 Geeste van God voorgestel word met lampe;  m.a.w. "om te kan sien!" - nie net dat die Here ons sien nie, maar ook dat die Gees 'n lig is vir ons sodat ons kan sien....)(dus, op beurt sal elke mens wat die Gees ontvang ook instaat wees om te SIEN! bv., die wat in Jesus is en die Gees ontvang, is "afgesonder" ("heilig") vir Hom - Hy vernuwe hulle, lei, leer, vul met die krag vd Gees ens., en Hy verander hulle "manier van sien".  Bv., die wat in Christus Jesus glo ontvang die Heilige Gees (die Gees van waarheid) - en daarom kan hulle "SIEN" ! (hulle verstaan/weet/ken die waarheid en die Here, ens. - dit is terloops die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens"...).  Die Heilige Gees is soos oe vir hulle - 'n fakkel/lig op hulle pad (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) en leer en lei hulle in die WAARHEID (hulle kan "sien"/verstaan/weet/kan sien waar die pad is). En die Gees werk ook ander gawes en bedieninge deur hulle, bv. gawe van  wysheid, gawe van kennis, gawe van onderskeiding...., ens. (hulle is soos "sieners").  Hulle "sien" dinge wat ander mense nie sien nie - verstaan of weet iets wat ander mense nie weet nie, het sekerheid, ens. M.a.w., hulle sien/weet/verstaan, omdat hulle die Gees het - en die Gees werk ook hierdie dinge deur hulle deur gawes en bedieninge);

Die 7 Geeste van God is in die Lam se hande (Openb. 3:1) (Hand. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor") (Hy gee die Gees aan die wat in Hom glo - hierdie is iets waarna die volk van God vir lank uitgesien het vir eeue, is dat wanneer die Messias kom die Gees uitgestort sou word want nie alle geroepenes in die Ou Testament het die Gees ontvang nie.  In die Nuwe tesament word die Gees gegee aan almal wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, en hulle ontvang ook gawes en bedieninge vd Gees volgens geloof). Jesus Christus is die Een wat die Gees stuur aan die wat in Hom glo... - hy het mag verkry om dit te doen;

Die 7 Geeste van God is voor Sy troon (Openb. 1:4). Die Gees van God is voor die Vader se troon, en word ook beskryf as in die Lam se hande, en word ook beskryf as die Lam se oe, en word ook beskryf as 7 vuurfakkels/lampe...  Dit is duidelik dat die Gees van God Homself nie net op aarde bevind nie maar ook in die hemel - is eintlik in die hemel (waar God woon - derde hemel)(http://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-3.html), en word uitgestuur en uitgestort oor die aarde en na sekere mense.  Die begrip "Heilige Gees" verwys bv. na Gees wat "afgesonder" is (die woord "heilige" beteken "afgesonder"), en word in baie skrifte na verwys as "Gees van God".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk of daar enige skrifte is waar daar na die Gees verwys word asof Hy uit verskillende dele bestaan, bv.:
- Jes. 11:1,2 ("Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE"). 

Die term "7 Geeste van God" word nie gebruik in Jes. 11:2 nie, maar daar word na die Gees verwys as die
-  "Gees van wysheid en verstand",
-  "Gees van raad en sterkte", en
-  "Gees van kennis en vd vrees vd Here".
Sommige geleerdes bou 'n hele studie uit Jes. 11:2 waarin hulle die verskillende dinge wat daar genoem word vd Gees toepas op die 7 Geeste van God (waarna verwys word in die boek van Openb.)(al word daar net 6 punte genoem, bv. wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis, en vrees;  of daar net na "3 Geeste" verwys). Wat Jes. 11:2 aanbetref, waarin terloopes spesifiek verwys word na Jesus Christus (die takkie wat uitspruit uit die stomp van Isai), gaan dit hier oor hoe Hy die Gees van God op Hom het, en moet miskien eerder gesien word as beskrywend van die verskillende werkinge, gawes en bedieninge vd Gees wat op Hom rus as wat dit verskillende Geeste van God beskryf... - dit is een Gees, maar met verskillende werkinge, gawes en bedieninge (wat op beurt na verwys kan word as verskillende Geeste van God).  M.a.w., dit is "die Gees van God" maar verskillende werke vd Gees... - en dan sekerlik nie verkeerd om na hierdie verskillende dele te verwys as "Geeste" nie (maar bedoelend dat dit verskillende maniere is om die Gees te beskryf). Vgl. dit gerus met skrifte waar daar bv. na die gawes, bedieninge en werkinge van die Gees verwys word (1 Kor. 12:4-6 - "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk"). Daar kan bv. ook onderskei word tussen wanneer iemand "die Heilige Gees ontvang" (wederbaar word deur die Gees) en "die krag van die Gees ontvang" (gedoop word in die Gees) - dit is dieselfde Gees, maar verkillende dele vd Gees... Die Heilige Gees is deels verantwoordelik vir die vernuwing van iemand wat weergebore word, maar werk ook verskillende gawes en bedieninge en werke deur die wat Hom ontvang (l.w. o.a. gawe van wysheid, gawe van kennis, ens). IN DAARDIE OPSIG wil dit voorkom of  DIE TERM "7 GEESTE VAN GOD" VERWYS NA VERSKILLENDE WERKE VAN DIE GEES  (wat op beurt ook na verwys kan word as "Geeste").  Dit sal ook interessant wees om 'n studie te maak van hierdie terme, bv. "wysheid en verstand". "raad en sterkte", en "kennis en vrees vd Here", wat terloops in heelwat ander skrifte saam gebruik word!..., bv.:-  "wysheid" en "verstand" (Eks. 31:3; 35:31; 36:1; Deut. 4:6; 1 Kon. 4:29; 1 Kon. 7:14; Openb. 13:18; Ef. 1:8; Spr. 3:13, 8:1; 24:3 ens.); -  "raad" en "sterkte" (Spr. 8:14; Jes. 11:2); en -  "kennis, en "vrees vd Here" (Spr. 1:7,29; 2:5; 9:10; Jes. 33:6). In seker skrifte word daar ook spesifiek na die "G(g)ees van wysheid" verwys (kyk bv. Ef. 1:17, Deut. 34:9; Eks. 28:3). 

Elkeen van hierdie verskillende "werke"/dele vd Gees kan dus sekerlik beskryf word as "Geeste".  

Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na die "Gees van God", en daar word heelwat name vir die Gees van God gebruik, bv. "die Heilige (afgesonderde) Gees" en die "Gees van waarheid". Die begrip "Gees van God" word bv. ook gebruik om na die "Heilige Gees" te verwys, en word ook genoem "die Gees van waarheid" - dit is een Gees maar wys na verskillende aspekte vd Gees (bv. is afgesonder, is waarheid, ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees:

Daar word na die "Heilige Gees" ook verwys as die "die Gees van God" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html).  Dawid het o.a. ook na die "Gees van God" verwys as "die Heilige Gees":  (Psa 51:11)  (51:13) "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie". In die O.T. was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres onder die volk die Heilige Gees ontvang (bv. profete en konings, waarvan Dawid een was...) - en die Gees was op hierdie manier tussen hulle teenwoordig.  En die wat die Gees van God ontvang het was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen, om Sy wil aan die volk bekend te maak, hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan, ens. Hulle is die mense wat kon "SIEN" - hulle het bv. die wil van God geken, het selfs somtyds geweet wat in die toekoms sou gebeur, het besonderse wysheid of verstand of kennis of bekwaamheid gehad, ens. (sodat hulle vir die Here kon werk, Sy wil bekend maak aan die volk en die volk kon lei)(http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Let wel dat hierdie bedienaars in die O.T. ook o.a. "sieners" genoem was (bv. profeet, priester, ens. - wat hulle is die ouens wat kon "sien"! - hulle het die Here geraadpleeg en die weg geken, het geweet/by die Here gehoor wat moet gedoen word. Wanneer iemand die Here wou raadpleeg het hy dus na 'n SIENER gegaan. Elke persoon wat die Heilige Gees het kan gesien word soos 'n siener (Christene word bv. in die N.T. o.a. gesien as 'n "profete of priesterdom"), want die Heilige Gees is soos 'n lamp vir hulle (hulle ken die pad, die waarheid ens.)(maar l.w. dat nie alle kinders vd Here gehoorsaam bly aan die Gees nie, want sommige dwaal af vd waarheid al ken hulle die waarheid;  en sommige begin doen wat hulle wil en begin ander bronne raadpleeg wat hulle verkeerd lei - sulke weergeborenes is veronderstel om sieners te wees, maar is besig om die Gees te bedroef... - in daardie opsig is almal wat die Gees het veronderstel om sieners te wees, maar nie almal gehoorsaam nie en kan dus nie almal gesien word as ware profete en priesters vir die Here nie.  In die O.T. was daar ook diesulkes wat die Heilige Gees gehad het, maar ongehoorsaam was en in valse profete verander het...).  

Die "Heilige Gees" word somtyds na verwys as "die Gees van God" (Gees wat afgesonder word - dit is wat "heilige" beteken -  en deur Jesus Christus gestuur word aan Sy kinders om hulle te vernuwe en vul met krag uit die hoogte sodat hulle in gawes, bedieninge en werke stap soos die Gees deur hulle werk...). Ons sien dus baie werke vd Heilige Gees in die weergeborene se lewe, en hierdie spesifieke gawes, bedieninge en werke word in die Skrif genoem.  Daar is o.a. 9 gawes wat op die naam genoem word, asook bedieninge wat die Gees deur gelowiges werk soos Hy wil... Dit is een Gees, maar sekerlik kan daar na hierdie verskillende gawes of bedieninge of werke as "Geeste" verwys word... (alhoewel, dan nie 9 of meer Geeste nie!, maar soos die geval met Jes. 11:2 kan sommige saam gebruik word...;  bv. nie net "Gees van wysheid" nie, maar "Gees van wysheid en verstand", en hierdie "1 Gees" beskryf dan beide die gawe van wysheid en gawe van kennis...).  Die begrip "7 Geeste van God" verwys bes moontlik net na verskillende werke of dele vd Gees (?)(een Gees maar verskillende werke);  of dele - bv. ons kan onderskei tussen "ontvang vd Heilige Gees wanneer iemand weergebore word" en "die ontvang van die krag van die Gees waarmee gelowiges gedoop word en gedurigdeur mee vervul kan word". Bv., in Joh. 20:22 het Jesus op Sy dissipels geblaas en vir hulle gese:  "ONTVANG DIE HEILIGE GEES"  - let wel dat hierdie gebeur het nog VOOR die uitstorting van die Heilige Gees nog voor Jesus se opvaarding... (m.a.w., na hierdie "blaas oor hulle" het Jesus in Hand. 1:4,5 Sy dissipels gevra om in Jerusalem te bly tot hulle "gedoop word met die Heilige Gees").   As daar letterlik 7 Geeste van God is, dan kan 2 moontlik na hierdie verwys..., nl. "die Gees van waarheid wat die Heilige Gees is", en "die doping/krag van die Gees"...;  maar natuurlik is altwee "DIE GEES VAN GOD"! Dit is dus duidelik dat die "ontvang vd Heilige Gees" in Joh. 20:22 'n aparte gebeurtenis was van die "doop in die Heilige Gees" in Hand. 2, maar  die doel verskillend in die twee geleenthede (dit is een Gees nl. die Gees van God. met verskillende werke...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Dinsdag 26 Junie 2018

WATER vir LEWE

In hierdie pos kyk ons na  "waarna WATER verwys in beeldspraak".
Gelowiges word soos saad in die wêreld gesaai of geplant...(Matt. 12:33; Luk. 3:9;1 Kor. 3:6-8...), en word o.a. voorgestel soos bome in Luk. 3:9, en soos "takke" of "lote" in Rom. 11 en Joh. 15:5 (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html). Net soos saad geplant en natgemaak word, en God dit laat groei, net so het gelowiges WATER nodig om te kan groei en vrug dra , maar ook water nodig om aan die lewe te bly!  In hierdie pos sal ons sien dat "water" verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (waardeur ons groei en vrug dra, en waarin en deur Wie ons LEWE)(Joh. 6:63,68).

Ons gaan die volgende vrae beantwoord:
-  WAT is / waarna verwys die water?
-  WAAR kry ons hierdie water?
-  HOE kry ons hierdie water?
________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Die belangrikheid van water is regdeur die Bybel bv., in die skepping het water 'n belangrike rol gespeel (2 Pet. 3:5) - maar natuurlik nie sonder die woord van God nie (wat ook vgl. moet word met "water"). Op verskeie geleenthede is water gebruik as die middel waardeur genesing tot stand gebring is (Joh. 5:3-7; 2 Kon. 5:10).  "LEWE" word ook baiemaal voorgestel soos water (omdat water nodig is om aan die lewe te bly)(bv. Openb. 22:1).  Selfs in die Christelike doop is water o.a. 'n teken van "lewe", in die sin van "afwassing van die oue en opstaan in 'n nuwe lewe" (Hebr. 10:22; Hand. 10:47...)(maar wys ook op die belofte van opstanding tot ewige lewe). (1 Joh. 5:8 - "en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die WATER en die bloed, en die drie is eenstemmig").  Water (as letterlike teken) is een van die elemente nodig vir wedergeboorte - die ander element is die Gees (en verwys figuurlik ook na "water"!)(Joh. 3:5): - "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit WATER en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie"

In hierdie pos sal ons sien hoe belangrik WAARHEID is, 
en kan opsom dat WATER in beeldspraak verwys na:
DIE WOORDE VD HERE, en Jesus Christus is DIE WOORD;
- die GEES VAN GOD 
- die HERE is soos 'N FONTEIN VAN WATER.

Wanneer die Here Hom van iemand afskei, dan word daardie mens soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:43; Ps. 68:6...). Die natuurlike mens kan ook miskien voorgestel word soos 'n dor land SONDER WATER, want hy het geen belofte van LEWE nie omdat hy "geen water het nie"....Natuurlik verwys hierdie na die INNERLIKE MENS, nie die uiterlike nie.  In Amos 8:11-13 word die wat geestelik "hoereer" (verwysend na die wat eintlik deel is van God se volk, maar wat in sonde stap of afvallig word) ook voorgestel soos 'n "dor land", en al sou diesulkes dors na die woorde vd Here, sal hulle dors nie geles word nie omdat hulle (ook) dors na verkeerde dinge (bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke)(Jes. 65:13). Dawid het ook 'n soortgelyke beedpraak gebruik in Ps. 63:1 waar dit lyk of hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"... Maar die siel wat dors na die Here (soos Dawid), sal versadig word!, en kan voorgestel word "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11). Die geestelike mens het die belofte van LEWE, want hy het "die water" (woord / Gees) wat hom aan die lewe hou.

Alhoewel elkeen van ons figuurlik voorgestel word soos saad, plant, boom, lote...ens., word die mens somtyds ook as "grond" voorgestel (soos in die gelykenis vd saaier)(https://warechristene.blogspot.com/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html);
(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html);  sekerlik omdat die LIGGAAM uit grond gemaak is, maar siende ons eintlik hier vd INNERLIKE MENS praat (nie die uiterlike nie), kan ons ook innerlik die liggaam voorstel met grond (en innerlik, die siel, met plant of boom...)(en innerlik, die gees vd mens, met lig). Wanneer water op grond val, dan het dit tot gevolg dat die saad uitspruit.  Lig is weer belangrik vir groei. Op dieselfde wyse kan die geestelike mens voorgestel word soos grond (liggaam), waarop water val en die SAAD (siel) spruit uit ("een plant"-1 Kor. 3:7,8), en met WATER (woorde vd Here -"een maak nat"-1 Kor. 3:7,8)(die Heilige Gees) en LIG (gees), sal dit GROEI (God laat groei-1 Kor. 3:7,8).  Die manier hoe elkeen van ons "op ons grond bou", is belangrik!, want dit sal bepaal wat se soort VRUG iemand op die ou end dra.  Die wat HOOR en REG BOU, gee ag op die WAARHEID (hulle "dors na die water vd woord en die Gees");   bv., wanneer ons die woord van God (die waarheid) op ons grond bou, dan bring dit lewe voort (verwys na die wat "hoor"), maar as ons verkeerd bou (bv. valse leerstellings), kan dit die dood voortbring...  Ander vb.e van "bou" sluit onderwerpe in soos :  - pasop hoe julle "hoor"  ;  wat dit beteken om "gereed te wees" (bv., word ryk in die Here; verloor lewe i.p.v. om dit te probeer wen; ken die wil vd Here en doen dit); ens.

"Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid! (1Pe 1:24,25). Die mens het die woorde van God nodig om te kan lewe.  Alhoewel DIE HEILIGE GEES ook soos lig is vir die gees vd geestelike mens, is Hy ook soos water omdat Hy die "Gees van WAARHEID" is en vir ons lei en leer in die woorde vd Here, en word verder vgl. met "lewende water" omdat die Gees soos 'n fontein is wat opspring tot in die ewige lewe! (Openb. 21:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA verwys "WATER" (in beeldspraak)?

-(1)  WATER verwys na die WOORDE VD HERE:
(Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.  IN HIERDIE VERS SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here".  In 1 Pet. 1:23 verwys "saad" ook na die Woord van God. God is die Een wat laat groei, en Hy gebruik Sy diensknegte om die PLANTwerk te doen, en om "NAT te MAAK" (woord saai / water gee). Sy woorde is vir ons soos waterSonder die woorde vd Here kan ons nie groei nie.

Water verwys dus na "woorde".  In sommige skrifte word die woorde wat uit iemand se mond kom, ook voorgestel soos water (Spr. 18:4). In Spr. 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos "n fontein van lewe...".  Die geestelike mens se hart word vernuwe deur die Heilige Gees (sien punt 2 waar Heilige Gees ook met water voorgestel word).  Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste - en waarvan die hart vol is loop die mond oor! (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16).


Jesus Christus is DIE WOORD.  Hy is Here, en is soos 'n "fontein van water" en gee die WATER.  Die waarheid het deur Hom gekom:
- (Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- (Openb. 19:13)  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
- (1Jn 1:1,2)  Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe— en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is—

- (1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.

-(2)  WATER verwys na die GEES VAN GOD:
(Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
(Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. WANNEER IEMAND DIE GEES ONTVANG IS DIE GEVOLG "SOOS STROME WATER"...(Jes. 44:3). Vgl. hierdie met begrip "lewende water" (rol af na volgende paragraaf).  Die persoon kry soveel water dat dit soos strome uit sy binneste vloei. Ons het gesien dat "water" veral verwys na die woorde vd Here - let wel die Heilige Gees is "DIE GEES VAN WAARHEID". Die Gees van God is vir ons soos water en gee vir ons DIE WOORDE VD HERE - leer en lei ons in die waarheid, en herinner ons aan die waarheid wat deur Jesus gekom het... (Ps 123:10; Joh. 16:13). Hy vernuwe ons harte sodat ons anders begin dink en "sien" en PRAAT! Maar die Gees is ook soos 'n fontein wat opspring tot in die ewige lewe!  "Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid... -(1Pe 1:24,25) - "Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,  maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is). 

- (3) DIE HERE IS soos 'n "FONTEIN VAN WATER":
(Jer 2:13)  Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
WAAR kry ons hierdie WATER?
Hierdie "water" (woorde vd Here en Sy Gees) kan slegs by die Here verkry word.

Natuurlik verwys die "woorde van die Here" na die WAARHEID - Sy woord is die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid, en die WAARHEID het deur Jesus Christus gekom (Joh. 1:17);  en Hy is die Een wat ons doop met die Heilige Gees  (Matt. 3:11). As iemand nie in Jesus Christus glo nie, dan glo hulle ook nie in Sy woorde nie, en hulle kan dan ook nie verwag om die Heilige Gees te ontvang nie, want Hy is die Een wat die Gees gee aan die wat in Hom glo-Joh. 7:38.
En hoe kan iemand vrug dra "tot ewige lewe" as hy nie die Gees het nie?
Ons sien dus dat hierdie WATER (woord en Gees) by Jesus Christus verkrygbaar is (en Hy self is die Woord!):
- (Joh 4:13,14)  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Jesus het vir ons die waarheid gebring sodat ons Sy woorde kan ken, en Hy lei Sy diensknegte om die woord te verkondig (sodat hulle van die water wat hulle kry, kan gee aan die wat dors is). Jesus gee Sy Gees aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam - die Gees van God leer en lei hulle in die waarheid, en herinner hulle aan Sy woorde (Joh. 16:13).

Jesus Christus het op geleenthede ook die begrip "LEWENDE WATER" gebruik, wat verwys na die water wat HY GEE.  In Jer. 2:13 noem die Here Homself  'n "fontein van lewende water". Hy is "die fontein" by wie ons water kan kry:
-(Psa 42:1)  Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
-(Psa 42:2)  (42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
Hy gee vir ons hierdie water want Hy is Here en is soos 'n "fontein van lewende water" (Joh. 4:10,11). Nie net is hierdie water (wat Hy gee) instaat om iemand se dors te les nie, maar is van so 'n aard dat iemand nooit weer sal dors kry nie!  (Joh 4:14). "Lewende water" word soos 'n fontein in iemand, wat opspring tot in die EWIGE LEWE. In Openb. 21:6 het Jesus belowe dat Hy die fontein vd water vd lewe verniet sal gee aan die wat DORS het - m.a.w., die wat "dors na Hom" en dors na Sy geregtigheid...(die wat in Hom glo).  (Mat 5:6)  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Ons het die water vd Here nodig om te kan LEWE!  Jer. 17:13 leer vir ons dat die wat die "fontein van lewende water" (die Here) verlaat (die wat van Hom afwyk), beskaamd sal staan, en hulle sal op die aarde geskryf word...

Die Heilige Gees word ook voorgestel soos LEWENDE WATER in Joh. 7:38,39. Die wat in Jesus Christus glo en dors na Sy geregtigheid, word gevul met Sy Gees (Sy Gees is soos "water" vir hulle - Joh 7:39). Die wat die Heilige Gees ontvang is nie meer 'n "dor land" nie, maar soos 'n land vol water.  Nie net word hulle dors geles nie, maar hierdie lewende water (die Heilige Gees in hulle) word soos 'n fontein wat opspring TOT IN DIE EWIGE LEWE!  Daarom word daar ook na die lewende water verwys as "die fontein vd water VD LEWE".  Die begrip "lewende water" verwys dus ook na die wat die ewige lewe gaan ontvang, want hulle het die water wat nodig is om aan die lewe te bly (die water wat die ontvang wat weergebore word deur die Gees).
-  (Jes. 44:3,4)  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
- (Jes. 59:21)  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE KRY ONS HIERDIE WATER?


(1) Wat moet ons doen om hierdie water te kry? (2) Word hierdie water gegee aan almal wat dit vra?

(1) Dit is duidelik dat water gegee word aan die DORSTIGES (Openb. 21:6; 22:17).  Dawid het verstaan dat die Here soos 'n fontein is van water, en dat "dors" hier verwys na "dors na die Here en Sy dinge...(Psa 63:1)  ‘n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.- VGL. HIERDIE GERUS MET DIE TEMA VAN "DOR LAND" WANT DOR LAND VERWYS NA "VERLATE GESTEL", bv. Hos. 2:1-3, waarin die Here waarsku dat diesulkes se hoerery en owerspel tot gevolg gaan he dat Hy hulle naak uittrek en maak soos 'n woestyn (natuurlik beeldspraak) - Hy sou hulle "STEL SOOS 'N DOR LAND", en hulle van dors laat sterwe...  'n Soortgelyke voorstelling kan uit verskeie ander skrifte verkry word van iets/iemand waarvan die Here Hom skei of wat geskei is van die Here (Jer. 51:43; Ps. 68:6 ens.)...  Die volk Israel word bv. voorgestel soos 'n vrou en die Here HAAR MAN, maar as hulle "owerspel pleeg" en "hoereer" (m.a.w. "hoereer" met afgode, heidense praktyke...), dan waarsku Hy dat Hy haar soos 'n woestyn sal maak, 'n DOR LAND... (Hos. 2:1-3). Haar dors sal nie geles word nie omdat sy, in plaas van om na die Here te dors en na Sy wil en geregtigheid, dors na verkeerde dinge. (Jes. 65:13)  "Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan".  Die wat "geestelik hoereer" kry nie die regte water nie, maar soek water (soos bitter water) wat hulle dood kan veroorsaak! Gewoonlik wys iemand se vrug wat se soort water hy drink, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor - (Jak. 3:10,11 - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?)(rol af na volgende paragraaf vir 'n kort opsomming oor "vars en bitter water").

Hier is 'n paar dinge wat ons kan leer uit Jes. 55 oor wat dit beteken om te dors na die water van die Here:
- v. 2:  "Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig";
- v. 3:  "Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe";
- v. 6:  "Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is";
- v. 7:  "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees"...
Ons moet dors wees vir die regte dinge - luister na die Here, "eet" Sy dinge, neig ons oor tot Hom en luister, soek Hom, roep Hom aan, verlaat en bekeer van verkeerde wee, bekeer van die manier hoe ons dink tot die manier hoe die Here dink, ens.

Nie alle woorde het ewigheidswaarde nie!, maar slegs die WAARHEID.  Ja, die waarheid is belangrik, en ons moet weet "wat is die waarheid".  Waarheid is NIE "wat elkeen glo" soos baie mense vandag dink nie, maar is wat die Here sê dit is!  Jesus het vir ons die waarheid gebring.  As iemand nie glo in Sy woorde nie, dan glo hy nie in Jesus Christus nie! Die Heilige Gees (wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo) is die Gees van WAARHEID, en lei en leer ons in die waarheid.  Hy werk ook gawes en bedieninge deur ons waardeur die waarheid bekend gemaak word, bv. 'n "gawe van onderskeiding"...ens. Die wat die Gees van God het, WEET WAT IS DIE WAARHEID en is eintlik die enigste mense op aarde wat met sekerheid weet "wat is die waarheid". Maar ons moet versigtig wees om te dink dat almal wat bely hulle is Christene, werklik die Gees van God het, of gehoorsaam is aan die Heilige Gees... - Nie almal wat Christene is, is Christene in hart nie! Dit is slegs die wat regtig GLO in Jesus Christus (in Hom en in Sy woorde) en Hom gehoorsaam, wat die Heilige Gees ontvang (en wie se harte vernuwe word). Sommige word afvallig vd geloof, en weet later nie meer wat is die waarheid nie (omdat hulle nie gehoorsaam is aan die Heilige Gees nie)...(kyk punt 2).

(2) Somtyds is iemand "dors na die Here", maar dan ontvang hy nie die water nie!:
Dit gebeur veral met kinders vd Here wat geestelik "hoereer" - bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke.  (Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor. (Amo 8:12)  En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.(Amo 8:13)  In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van DORS beswykOOK IN HIERDIE VERSE SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here". SOMTYDS IS IEMAND DORS NA DIE WOORDE VD HERE MAAR DAN VIND HY DIT NIE (sy dors word nie geles nie!) OMDAT HY BESIG IS OM TE "HOEREER" soos ons sien hier in Amos 8:12 - hulle vind nie die waarheid nie omdat hulle BESIG is MET AFGODSAANBIDDING / HEIDENDSE PRAKTYKE.  In so 'n geval (al is die persoon dors) sal sy dors nie geles word nie.  Hy vind dit nie - hy soek die woorde vd Here, of soek die waarheid maar vind dit nie!  Dus, die een wat geestelik hoereer sal homself bevind soos 'n dor land! (al is hy 'n kind vd Here!). Wat gebeur met ongehoorsame kinders vd Here wat hulle vertroue plaas in afode en afgodspraktyke en wereldse en eie wysheid, en hulle nie bekeer van hierdie werke nie, is dat hulle later die leuen begin glo omdat hulle NIE WATER KRY NIE. Hulle kies nie die waarheid nie, en hulle weet later nie meer wat die waarheid is nie - al het hulle die Heilige Gees kan die Gees van hulle weggeneem word (omdat hulle die Gees van WAARHEID nie gehoorsaam nie), en hulle kan 'n "gees van dwaling" gestuur word (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).  Hierdie is baie gevaarlik!, en dit het beslis te doen met "wie dit is vir wie jy raadpleeg" (in wie jy jou vertroue plaas).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VARS of BITTER water (in beeldspraak):
Jak. 3 leer vir ons wat bedoel word wanneer vars of bitter water gebruik word in beeldspraak:
(Jak. 3:10)  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
(Jak. 3:11)  ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
(Jak. 3:12)  ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
(Jak. 3:13)  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

-  vars water verwys na woorde van seën, terwyl
-  bitter water verwys na woorde van vervloeking.

Bitter water:
Interessant, Num. 5 is ook 'n vb. van waar bitter water gebruik is as middel waardeur 'n vloek op iemand kon kom, bv. in daardie geval was dit op 'n vrou wat egbreuk gepleeg het... . BITTER WATER kan nie gedrink word nie (Eks. 15:23) en mense kan sterf daarvan... (Openb. 8:11) - op dieselfde wyse is dit die vervloektes wat eendag die tweede dood sal sterf! Hulle het nie die water wat soos 'n fontein opbruis tot in die ewige lewe nie, maar het bitter water waarvan hulle sal sterf.

(Spr. 5:1)  My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
(Spr. 5:2)  dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
(Spr. 5:3)  want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
(Spr. 5:4)  maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.

(Psa 64:2)  (64:3) Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
(Psa 64:3)  (64:4) wat hulle tong skerp maak soos ‘n swaard, hulle pyl rig—bitter woorde!
(Psa 64:4)  (64:5) om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
(Psa 64:5)  (64:6) ‘n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Maandag 15 Desember 2014

Die Gees van God (3)


Vir die eerste 2 gedeeltes oor hierdie onderwerp, gaan na:
______________________________________________________
In hierdie blogpost gaan ons kyk na:
HOE DIE NAAM VAN DIE Gees GEBRUIK WORD?

* Is "Heilige Gees" dieselfde as "die Gees van God", of dieselfde as "die Gees van die Here"?

______________________________________________________
Die "HEILIGE GEES" is dieselfde as "DIE GEES VAN GOD", of "DIE GEES VAN DIE HERE" - word ook in sekere skrifte net gepraat van "die Gees": 
-(Psa 51:11)  (51:13) "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie".

(Jes. 63:10)  Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
(Jes. 63:11)  Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
...(Jes. 63:14)  Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE/God hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ‘n heerlike Naam te maak.

DIT IS DUIDELIK VOLGENS HIERDIE SKRIFGEDEELTE IN JES. 63, DAT DIE TERM "HEILIGE GEES" OOK NA "GEES VAN DIE HERE" VERWYS.  Kyk ook 1 Kor. 12:3: 
1 Kor.12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
_________________________________________________________________________________

Die term "Heilige Gees" word meer gebruik in die Nuwe Testament, waar die term "Gees van die Here" weer meer gebruik word in die Ou Testament, maar dit beteken nie dat dit nie dieselfde Gees is nie!,
want dit is duidelik wanneer ons sekere skrifte vgl., soos - Dawid bid bv.

(Psa 51:11)(51:13 -"Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie");

VGL. dit met:

(1Sa 16:13 - "Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan").

SO,  DIE "GEES VAN DIE HERE" IS DIESELFDE IS AS DIE "HEILIGE GEES".
_________________________________________________________________________________
SKRIFTE MET DIE TERM "HEILIGE GEES":
Mat_1:18  Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees
Mat_1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 
Mat_3:11  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. 
Mat_12:32  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie. 
Mat_28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
Mar_1:8  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. 
Mar_3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
Mar_12:36  Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete. 
Mar_13:11  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees
Luk_1:15  want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. 
Luk_1:35  En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. 
Luk_1:41  En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees 
Luk_1:67  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: 
Luk_2:25  En daar was ‘n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. 
Luk_2:26  En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie. 
Luk_3:16  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. 
Luk_3:22  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae. 
Luk_4:1  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, 
Luk_11:13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 
Luk_12:10  En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie. 
Luk_12:12  want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê. 
Joh_1:33  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. 
Joh_7:39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. 
Joh_14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 
Joh_20:22  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees
Act_1:2  tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; 
Act_1:5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 
Act_1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 
Act_1:16  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het; 
Act_2:4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. 
Act_2:33  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. 
Act_2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 
Act_4:8  Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, 
Act_4:31  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. 
Act_5:3  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? 
Act_5:32  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is. 
Act_6:3  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; 
Act_6:5  En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë, 
Act_7:51  Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. 
Act_7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. 
Act_8:15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 
Act_8:17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. 
Act_8:18  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied 
Act_8:19  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. 
Act_9:17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. 
Act_9:31  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. 
Act_10:38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. 
Act_10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. 
Act_10:45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 
Act_10:47  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? 
Act_11:15  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. 
Act_11:16  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. 
Act_11:24  want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring. 
Act_11:28  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius. 
Act_13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. 
Act_13:4  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus. 
Act_13:9  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: 
Act_13:52  En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. 
Act_15:8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 
Act_15:28  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 
Act_16:6  En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig. 
Act_19:2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 
Act_19:6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 
Act_20:23  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 
Act_20:28  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. 
Act_21:11  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. 
Act_28:25  En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek 
Rom_5:5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. 
Rom_9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 
Rom_14:17  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees
Rom_15:13  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! 
Rom_15:16  om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees
1Co_2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 
1Co_6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 
1Co_12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees
2Co_6:6  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; 
2Co_13:14  (<13>) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 
Eph_1:13  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 
Eph_4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. 
1Th_1:5  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het. 
1Th_1:6  En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees
1Th_4:8  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het. 
2Ti_1:14  Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon. 
Tit_3:5  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees 
Heb_2:4  terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil? 
Heb_3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 
Heb_6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 
Heb_9:8  waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie. 
Heb_10:15  En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 
1Pe_1:12  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien. 
2Pe_1:21  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. 
1Jn_5:7  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; 
Jud_1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid 

SKRIFTE MET DIE TERME "GEES VAN DIE HERE", "GEES VAN GOD" of "DIE (Sy, My) GEES":
Jdg_3:10  En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.
Jdg_6:34  En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
Jdg_11:29  Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
Jdg_13:25  En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol. 
Jdg_14:6  Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos ‘n mens ‘n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie. 
Jdg_14:19  En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader. 
Jdg_15:14  Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af. 
1Sa_10:6  En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word. 
1Sa_16:13  Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan. 
1Sa_16:14  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik. 
2Sa_23:2  Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong. 
1Ki_10:5  en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie. 
1Ki_18:12  As ek nou van u af weggaan en die Gees van die HERE u wegneem—ek weet nie waarheen nie—en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees die HERE van sy jeug af. 
1Ki_22:24  Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek? 
2Ki_2:16  en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie! 
2Ch_18:23  Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek? 
2Ch_20:14  Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf; 
2Ch_24:20  Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat. 
Psa_33:6  Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. 
Isa_4:4  as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging. 
Isa_11:2  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. 
Isa_34:16  Soek in die boek van die HERE en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond—dié het dit beveel, en sy Gees—dié het hulle bymekaargebring. 
Isa_40:13  Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? 
Isa_48:16  Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur. 
Isa_59:21  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie. 
Isa_61:1  Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; 
Isa_63:14  Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ‘n heerlike Naam te maak. 
Eze_3:12  Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van ‘n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die HERE uit sy woonplek! 
Eze_3:14  Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van die HERE was sterk op my. 
Eze_11:1  En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsanja, die seun van Assur, en Pelatja, die seun van Benája, vorste van die volk. 
Eze_11:5  Toe val die Gees van die HERE op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die HERE: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék. 
Eze_37:1  Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. 
Eze_39:29  En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE. 
Eze_43:5  En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul. 
Mic_3:8  Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde. 
Zec_4:6  Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. 
Zec_7:12  Ook het hulle hul hart soos ‘n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare ‘n groot toorn gekom. 
Luk_4:18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; 
Act_5:9  En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra. 
Act_8:39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 
Rom_1:4  en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, 
Rom_15:30  Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God, 
1Co_6:11  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. 
1Co_12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 
2Co_3:17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 
2Co_3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 
Eph_1:17  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, 
Rev_1:10  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê: 
Rev_14:13  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.