Vrydag 19 Februarie 2016

Die Skepping (4)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
_________________________________________________________________________________

GOD IS IN DIE HEMEL DAARBO.(die "hoogste hemel", bo die uitspansel waar die voels vlieg "langs" die hemel en die ligte "aan" die hemel is - vir skrifte hieroor, gaa na die derde deel van hierdie onderwerp).
Baie skrifte maak sin as ons dit verstaan bv.:
-  kyk hoeveel maal is daar 'n stem van bo "uit die hemel" gehoor;
-  waarom kyk ons op wanneer ons bid?
-  waarom word hande opgelig na Hom? .........
_________________________________________________________________________________
KOM ONS KYK NA SKRIFTE WAAR 'N STEM OF GELUID GEHOOR IS VAN BO UIT DIE HEMEL:

(Gen 21:17)  Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

(Gen 22:11)  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

(Gen 22:15)  Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af

(Exo 20:22)  Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.

(Deu 4:36)  Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

(1Ch 21:26)  En Dawid het daar vir die HERE ‘n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die HERE aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.

(Dan 4:31)  Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar ‘n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesê—die koningskap word jou ontneem;

(Luk 3:21)  En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;
(Luk 3:22)  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae. (2 Pet. 1:17,18)(Matt. 17:6).
(2Pe 1:17)  want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
(2Pe 1:18)  En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
-(vgl. met Matt. 17:6)

(Act 11:9)  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

(Rev 14:2)  En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.

(Joh 12:28)  Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.

(Joh 3:27)  Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.

(Act 2:2)  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

(Act 7:55)  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

(Act 9:3)  En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;

(Act 10:11)  hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
_________________________________________________________________________________
KOM ONS KYK NA SKRIFTE WAAR HANDE UITGEBREI WORD NA DIE HEMEL / OF GEBED GERIG WORD - en opkyk - NA HEMEL:

(1Ki 8:22)  Toe het Salomo voor die altaar van die HERE gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel

Gebed gehoor na die hemel toe: (1Ki 8:30)  Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.

(1Ki 8:32)  wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

(1Ki 8:34)  wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het.

(1Ki 8:36)  wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe—want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel—en gee reën op u land wat U aan u volk as ‘n erfenis gegee het.

(1Ki 8:45)  wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf.

(1Ki 8:54)  Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;

(Lam 3:41)  laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:

(Mat 14:19)  Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

(Mar 6:41)  Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.
_________________________________________________________________________________
Wonderwerke uit die hemel:

(1Ki 18:45)  En in ‘n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en ‘n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël;

(2Ki 1:10)  Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer....
(2Ki 1:12)  Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.....
(2Ki 1:14)  Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!
_________________________________________________________________________________
Opgeneem hemel toe:

(2Ki 2:1)  En toe die HERE Elía in ‘n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.......
(2Ki 2:11)  En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.



(Hand. 1:10)  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
_________________________________________________________________________________
Engele / bodes in hemel:

(Dan 4:13)  Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, ‘n bode, naamlik ‘n heilige, het uit die hemel neergedaal;

(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

(Mat 28:2)  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

(Mar 13:32)  Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.

(Luk 2:15)  En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: