Maandag 15 Desember 2014

Die Gees van God (2)

Vir die eerste gedeelte oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html

Vir volgende gedeeltes, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-gees-van-god-4.html
_________________________________________________________________

IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS KYK NA:
-  wie ontvang die Heilige Gees?
- hoekom ontvang iemand die Heilige Gees?
---------------------------------------------------------------------------------------------
(rol af vir uiteensetting)
OPSOMMING:

WIE ONTVANG DIE HEILIGE GEES?:
(1)  DIE WAT VIR HULLE HEMELSE VADER VRA IN GEBED
(2)  DIE WAT IN HOM GLO
(3)  DIE WAT HULLE BEKEER EN LAAT DOOP
(4)  DIE WAT GEHOORSAAM IS AAN DIE HERE JESUS CHRISTUS

(M.A.W. SY DIENSKNEGTE EN DIENSMAAGDE)

_________________________________________________________________________________

HOEKOM ONTVANG IEMAND DIE HEILIGE GEES?
(1)  SODAT HY IN DIE KONINKRYK VAN GOD KAN INGAAN - die Gees verander ons "in ander mense" - Sy saad binne-in ons (wat groei om vrug te dra - "vrug vir die ewige lewe" - vrug om die ewige lewe te beerwe)
(2)  DIE GEES IS 'N TROOSTER - HY LEER ONS IN ALLES, EN HERINNER EN LEI ONS IN DIE WAARHEID EN GETUIG VAN DIE HERE JESUS - daarom word Hy genoem, "DIE GEES VAN DIE WAARHEID".  HY MAAK GOD SE PLANNE AAN ONS BEKEND...
(3)  HOEKOM ONTVANG IEMAND DIE KRAG VAN DIE 
HEILIGE GEES?  - om te getuig! 

________________________________________________________________________


DEUR WIE WORD IEMAND GEDOOP

 MET DIE GEES?

-  deur die HERE JESUS CHRISTUS!
___________________________________________


UITEENSETTING:

WIE ONTVANG DIE HEILIGE GEES?:
(1)  DIE WAT VIR HULLE HEMELSE VADER VRA IN GEBED:  (Luk 11:13 - "As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?"). 

- DIE VADER IS DIE EEN WAT MENSE VUL MET DIE GEES - DIE BELOFTE WAS EGTER DAT WANNEER DIE MESSIAS KOM, HY AL SY DIENSKNEGTE EN DIENSMAAGDE SAL VUL MET DIE GEES VAN GOD (nie net sekere diensknegte en diensmaagde nie).  VOOR DIT KON GEBEUR, MOES DIE HERE JESUS EERS VERHEERLIK WORD (Joh. 7:39). DIT IS DUS DIE VADER WAT DIE GEES UITSTORT - IN JESUS DIE CHRISTUS SE NAAM (die Seun van God, die Messias) - (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het") - daarom is dit die Here Jesus wat ons doop met die Gees (Matt. 3:11,16)(Hand. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor")


(2)  DIE WAT IN HOM GLO:  
-(Joh 7:39 - "En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie (ontvang nie), omdat Jesus nog nie verheerlik was nie").
- DIE WERELD KAN HOM NIE ONTVANG NIE - (Joh 14:16,17 - "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees").

- DIE WOORDE, "WANT DIE HEILIGE GEES WAS DAAR NOG NIE", BEDOEL NIE DAT NIEMAND OP DAARDIE STADIUM AL VERVUL WAS MET DIE HEILIGE GEES NIE, MAAR VERWYS NA DIE FEIT DAT HY NOG NIE UITGESTORT WAS OP ALLE DIENSKNEGTE EN DIENSMAAGDE NIE.  BAIE O.T. GELOWIGES HET WEL DIE GEES VAN GOD GEHAD, EN HIER IN, rondom die tyd van JOH. 7, WAS DAAR HEELWAT MENSE OP WIE DIE GEES GERUS HET OP DAARDIE STADIUM: DINK AAN JESUS SELF (wat uit die Gees self verwek is -Matt. 1:20, en die Gees het ook soos 'n duif op Hom neergedaal toe Hy gedoop is -Matt. 3:16, wat eintlik 'n teken was vir Johannes dat Jesus die Seun van God is -Joh. 1:33-35).  Dink ook aan JOHANNES DIE DOPER (wat in die Gees opgegroei het -Luk. 2:40).  En wat van die vele profete e.a....... (Elisabet -Luk. 1:41)(Sagaria -Luk. 1:67)(Simeon -Luk. 2:25)(Anna -Luk. 2:36)...ens.   

IETS WAT ONS OOK MOET VERSTAAN, EN WAT DUIDELIK IS UIT DIE SKRIF, IS DAT MENSE NIE ALMAL DIESELFDE "PORSIE" KRAG VAN DIE GEES ONTVANG NIE, maar dit in mates ontvang.   Ons sien bv. dat selfs na die uitstorting van die Heilige Gees, die dissipels gedurig vervul is met die Gees!!  (Hand. 4:31, 13:52).  DIT BETEKEN NIE DAT DIE GEES ELKE KEER WEGGEGAAN HET VAN HULLE EN WEER TERUGGEKOM HET NIE, MAAR SLEGS DAT DIE HERE DIE KRAG VAN SY GEES UITDEEL SOOS NODIG!  Bv., volgens Joh. 20:22 is dit duidelik dat die dissipels alreeds die Gees ontvang het, maar hulle word ook daarna beveel om te wag in Jerusalem om gedoop te word in die Gees.  So dus, alhoewel hulle voor die dag van die uitstorting van die Heilige Gees alreeds die Gees van God ontvang het, is hulle op daardie dag ook vervul deur die Gees, en ook op ander geleenthede! - meer spes., toe ook vervul met "krag van die Heilige Gees". 

 Die verskil is ook dat 

....................... op die dag van die uitstorting van die Gees, was die Gees uitgestort op alle diensknegte en diensmaagde.  Dit maak dit 'n absolute dinamiese gebeurtenis - van daardie dag af word elkeen wat hulle BEKEER en laat DOOP, GLO en GEHOORSAAM is aan die Here Jesus, gevul met die Heilige Gees, en die Here deel die krag van Sy Gees uit in verskillende mates. Dit is nie meer net die profete en sekere konings en geroeptes wat die Gees van God ontvang nie, maar elke DIENSKNEG en DIENSMAAGD (die wat hulleself onderwerp aan die Here), maar Jesus Christus is die Een wat ons doop met Sy Gees - as iemand Hom nie bely as die Lam en Seun van God nie, dan gaan hulle nie die Gees ontvang nie!  Maar l.w. dat alhoewel die dissipels wat bymekaar was op die dag van Pinkster gedoop is in Sy Gees, was nie alle gelowiges (op ander plekke) outomaties ook gedoop in die Gees, op daardie selfde oomblik nie!  Baie van hulle moes eers gedoop word, ander moes eers bekeer, en vir ander moes die hande opgele word om die Gees te ontvang..... 

(3)  DIE WAT HULLE BEKEER EN LAAT DOOP (Christelike doop):  (Hand. 2:38 - "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang").
  
-ONS MOET EGTER VERSTAAN DAT DIE GEES NIE UITGESTORT WAS OP ALMAL WAT DEUR JOHANNES GEDOOP IS NIE!  DIT IS SLEGS DIE WAT GELOOF IN JESUS CHRISTUS BELY HET (die wat geglo het dat Hy die Christus is, die Seun van God, en in Sy woorde geglo het), WAT HIERDIE DOPING IN DIE GEES ONTVANG HET (want onthou, Hy is die een wat die Gees uitdeel!)(ons moet verstaan wat die verskil is tussen die "doop van Johannes" en die "Christelike doop"(of "doop in die Here Jesus").  'N VOORBEELD HIERVAN IS IN Hand. 19:1-6 - ("En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus".  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer).  

(4)  DIE WAT GEHOORSAAM IS AAN DIE HERE JESUS CHRISTUS: (Hand. 5:32 - "En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is").

- Die wat nie vir Hom skaam is nie, maar die wat in Hom glo en bely dat Hy die Messias en Seun van God is.

==============================================

HOEKOM ONTVANG IEMAND DIE HEILIGE GEES?
(1)  SODAT HY IN DIE KONINKRYK VAN GOD KAN INGAAN:  (Joh 3:5 - "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie").  (Joh 6:63 - "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe").  - die Gees verander ons "in ander mense";  Sy saad binne-in ons (wat groei om vrug te dra - "vrug vir die ewige lewe" - vrug om die ewige lewe te beerwe).  http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html

(2)  DIE GEES IS 'N TROOSTER - HY LEER ONS IN ALLES, EN HERINNER EN LEI ONS IN DIE WAARHEID EN GETUIG VAN DIE HERE JESUS - daarom word Hy genoem, "DIE GEES VAN DIE WAARHEID".  HY MAAK GOD SE PLANNE AAN ONS BEKEND: (Joh 14:16 - "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid").  (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het").  (Joh 15:26 - "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig").  (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig").


(3)  HOEKOM ONTVANG IEMAND DIE KRAG VAN DIE 
HEILIGE GEES?  - om te getuig! 
 http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
=================================================================================

DEUR WIE WORD IEMAND GEDOOP MET DIE GEES?

-  die HERE JESUS CHRISTUS!

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
(Mar 1:8)  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

(Luk 3:16)  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

==============================================

Geen opmerkings nie: