Donderdag 09 Junie 2016

Heilig (1)

IN HIERDIE BLOGPOST KYK ONS NA DIE WOORD
"heilig". 
(Klik hier om na die volgende pos oor "heilig" (2)(Nuwe Testamentiese skrifte) te gaan: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/heilig-2.html).


Kom ons kyk na wat die woord heilig nou eintlik beteken in die verskillende skrifgedeeltes:
========================================================================
Ou Testament verwysings:
(1)  "kaw-dash" (H6942) - die/dit wat WAT AFGESONDER WORD
(2)  "ko-desh" (H6944) - IETS, 'n PLEK of IEMAND wat AFGESONDERD IS
(3)  "kaw-doshe" (H6918) - word gebruik vir HEILIGE EEN
Nuwe Testament verwysings:
(4)  "hag-ee-ad'-zo" (G37) - OM HEILIG TE MAAK
(5)  "hos'-ee-os" (G3741) - om seremonieel AF TE SONDER
(6)  "hag'-ee-os" (G40) - IS HEILIG
(7)  "hos-ee'-oce" (G3743) - OM HEILIG OP TE TREE
(8)  "hag-nid'-zo" (G48) - OM SKOON TE MAAK
_________________________________________________________________________________
OU TESTEMANT: (1 - 3)
_________________________________________________________________________________
(1)  "kaw-dash" (H6942) - die/dit wat WAT AFGESONDER WORD
-  Heilig ("sanctify") (Hebr. woord "kaw-dash" (H6942) = (skoon verklaar, of word gesien as skoon) -"consecrate, dedicate, keep, appoint, proclaim, purify, sanctify etc.")

Waar die Hebreeuse woord "kaw-dash" gebruik word (H6942) gaan dit oor die/dit WAT AFGESONDER WORD vir die Here, en daarom word HY of SY / HULLE / DIT heilig verklaar - hulle word "as skoon" verklaar (heilig verklaar om die taak op hande te verrig of sodat dit verrig kan word) - bv. die eersgeborenes (Eks. 3:2), die volk (Eks. 19:10), priesters (Eks. 19:22); die berg waarop Moses opgeklim het na die Here (Eks. 19:23); die sabbatdag (Eks. 20:8); die wat gawes ontvang deur die Gees (Eks. 28:3); tent van samekoms en altaar (Eks. 40:11; 29:44) ens.
- Lev_20:8  ("En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig" (H6942) Lev. 20:8  ).

""OM TE HEILIG" hier is soos IETS of IEMAND WAT UIT/AfGESONDER WORD - bv. die Here wat uitgesonder word as die Een wat vir hulle voorsien (Num. 20:12; 27:14);  die volk wat hulle moet "heilig" voor die Here iets spesifiek vir hulle gaan doen of iets onder die volk uitwys (Jos. 7:13); die eersgeborenes v/d manlike geslag onder die beeste en kleinvee is aan die Here heilig en hulle mag nie gebruik word vir werk of geskeer word nie (Deut. 15:19); die sabbatdag was heilig (Eks. 20:8), en die 50ste jaar was heilig (Lev. 25:10); die laer van die volk wat geheilig moes word omdat die Here in hulle midde is (Deut. 23:14) - en daarom mag daar niks skandeliks wees nie, want anders sal Hy Hom van hulle afwend - vgl. dit ook met die tent van samekoms priesterdiens, hoe hulle hul moet heilig voor hulle die heilige voorwerpe kan hanteer en hoe nie enige iemand saam met hulle aan offers mag eet nie, want dit is heilig (Eks. 30).

DIE HERE IS DIE EEN WAT IETS UITSONDER AS HEILIG (bv. Hy heilig die priesters - hulle is "uitgekies"), maar H6942 bevat ook die betekenis in geval van waar die Here van iemand verwag "om hom/haarself te heilig" (dan 'n opdrag van die Here) soos om sonde neer te le of fisies hulleself of hulle klere te was (bv. om te heilig vir 'n gebeurtenis of diens of omdat die Here in hulle midde is...).  Iets wat "heilig" is word met respek hanteer en is afgesonder vir die Here -  en moet geskied volgens die Here se reels;  iemand/iets wat heilig is kan gebruik word in die Here se diens, maar as dit ontheilig word, is dit nie meer bruikbaar nie.  Bv., Die volk in die woestyn mag nie vir die Here 'n klipaltaar gebou het van uitgekapte klip nie, want sodra hulle ystergereedskap daaroor swaai, was dit ontheilig (Eks. 20:25). Iemand het die Sabbat ontheilig wanneer hy daarop werk (Eks. 31:14).  'n Dankoffer was slegs heilig op die dag van die offer en die dag daarna, maar as dit nie verbrand word op die derde dag nie, maar geeet word, het hy dit ontheilig (Lev 19:8) - dan gesien as " 'n onrein ding " EN SOU NIE MET WELGEVALLE AANGENEEM WORD NIE (Lev. 19:7).... Die Here het spesifieke reels waarvolgens Hy iets/iemand heilig vir 'n spesifieke taak of om vir Hom te werk.  

So word die wat tot geloof kom in die Here Jesus Christus GEHEILIG deur die Heilige Gees (Hebr. 2:11;  10:10,14,29;  Jud. 1:1; Rom. 15:16...) en dus afgesonder om vir die Here vrug te dra en vir Hom te werk...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  "ko-desh" (H6944) - IETS, 'n PLEK of IEMAND wat AFGESONDERD IS
-  Heilig ' "holiness" (Hebr. woord "ko'-desh" (H6944) =  (afgesonderd as heilig) - "a sacred place or thing" =  concecrated, dedicated, hallowed, holiness, saint, sactuary etc.)

Waar die Hebreeuse woord "ko-desh" gebruik word (H6944) is dit gebruik t.o.v. IETS, 'n PLEK of IEMAND wat AFGESONDERD IS vir die Here, bv. vleis v/d weidingsoffer of brood, wat oorbly van die offers (Eks. 29:33,34); die altaar (Eks. 29:37); die salfolie (Eks. 30:32); die tabernakel en alles wat daarin is (Eks. 40:9); ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)   "kaw-doshe" (H6918) - word gebruik vir HEILIGE EEN
-  Heilig - "sacred" (Hebr. woord "kaw-doshe" (H6918) =  (heilige Een/een) - "holy (One), saint").  

Die Hebreeuse woord "kaw-doshe" (H6918) word gebruik vir HEILIGE EEN, bv. die Here en Sy kinders (Lev. 11:44,45; 19:2) - word veral ook gebruik waar kinders van die Here beveel word om heilig te wees en hulle nie te verontreinig nie (Lev. 19:2; 20:26; 11:44).

_________________________________________________________________________________
SKRIFGEDEELTES UITEENSETTING:
_________________________________________________________________________________
EKSODUS:
Exo_13:2  Heilig (H6942) vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Exo_19:10  Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig (H6942) hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
Exo_19:22  En ook die priesters wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig (H6942), sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
Exo_19:23  Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig (H6942)dit.
Exo_20:8  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig (H6942) .
Exo_28:3  Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig (H6942), dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Exo_28:41  En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig (H6942) hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
Exo_29:1  En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig (H6942), dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,
Exo_29:21  Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig (H6942) kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
Exo_29:27  En jy moet die bors van die beweegoffer heilig (H6942) en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.
Exo_29:36  Jy moet ook daagliks ‘n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig (H6942).
Exo_29:44  So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig (H6942). Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig (H6942) om vir My die priesteramp te bedien.
Exo_31:13  Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig (H6942).
Exo_31:14  Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig (H6942) wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
Exo_40:10  Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig (H6942), en die altaar sal hoogheilig wees.
Exo_40:11  Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig (H6942) dit.
Exo_40:13  Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig (H6942) hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.


Exo_28:36  Verder moet jy ‘n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op ‘n seëlsteen uitgesny word: HEILIG (H6944)   AAN DIE HERE.
Exo_28:38  So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige (H6944) dinge wat die kinders van Israel sal heilig (H6942)—al hulle heilige (H6944) gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.

Exo_29:33  En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ‘n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig (H6944).
Exo_29:34  En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig (H6944).

Exo_29:37  Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig (H6942) . So sal dan die altaar hoogheilig (H6944) word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig (H6942).

Exo_30:29  So moet jy hulle dan heilig (H6944), dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig (H6942).
Exo_30:30  Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig (H6942) om vir My die priesteramp te bedien.
Exo_30:32  Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig (H6944) is dit; heilig (H6944) moet dit vir julle wees.
Exo_30:35  en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig (H6944).

Exo_31:15  Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig (H6944) aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
Exo_39:30  Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ‘n seëlsteen uitgesny word: HEILIG (H6944) AAN DIE HERE.
Exo_40:9  Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig (H6942)met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig (H6944) wees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LEVITIKUS:

Waar persone geheilig:

Lev_6:18  Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig (H6942).
Lev_6:27  Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig (H6942); en as daar van die bloed op ‘n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ‘n heilige (H6918) plek was.
Lev_8:11  En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig (H6942).
Lev_8:12  Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig (H6942).
Lev_10:10  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig (H6944) en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Lev_11:44  Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig (H6942) is en wees heilig (H6918), want Ek is heilig (H6918); daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
Lev_11:45  Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig (H6918) wees, omdat Ek heilig (H6918) is.
Lev_12:4  Dan moet sy drie en dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig (H6944) is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
Lev_16:19  en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig (H6942) van die onreinhede van die kinders van Israel.
Lev_19:2  Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig (H6918) moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig (H6918).
Lev_19:8  En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig (H6944) is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
Lev_20:7  Toon dan dat julle heilig (H6942) is en wees heilig (H6918), want Ek is die HERE julle God.
Lev_20:8  En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig (H6942).
Lev_20:26  En julle moet vir My heilig (H6918) wees, want Ek, die HERE, is heilig (H6918); en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
Lev_21:6  Heilig (H6918) moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig (H6944) wees.
Lev_21:7  Hulle mag geen vrou neem wat ‘n hoer of ‘n onteerde is nie; en ‘n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig (H6918) aan sy God.
Lev_21:8  Daarom moet jy hom heilig (H6942) hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig (H6918) wees, want heilig (H6942) is Ek, die HERE wat julle heilig (H6918).
Lev_21:15  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig (H6942).
Lev_21:23  maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig (H6942).
Lev_22:2  Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige (H6944) gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig (H6942) sodat hulle my heilige (H6944) Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Lev_22:3  Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
Lev_22:9  Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig (H6942).
Lev_22:10  Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig (H6944) is nie. ‘n Bywoner van ‘n priester en ‘n dagloner mag nie eet wat heilig (H6944) is nie.
Lev_22:14  En as iemand by vergissing iets eet wat heilig (H6944) is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig  (H6944) is, aan die priester teruggee.
Lev_22:16  en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig (H6942).
Lev_22:32  En ontheilig my heilige (H6944) Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig (H6942),
Lev_23:20  en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig  (H6944) wees, ten voordele van die priester.
Lev_25:10  En julle moet die vyftigste jaar heilig (H6942) en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.
Lev_25:12  Want dit is ‘n jubeljaar, dit moet vir julle heilig  (H6944) wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.
Lev_27:9  En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE ‘n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig (H6944) wees.
Lev_27:10  Hy mag dit nie omwissel of omruil nie ‘n goeie vir ‘n slegte of ‘n slegte vir ‘n goeie nie; maar as hy tog ‘n dier vir ‘n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig (H6944) wees.
Lev_27:16  En as iemand ‘n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig (H6942), moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ‘n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
Lev_27:17  As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig (H6942)volgens jou skatting, so moet dit bly.
Lev_27:18  Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig (H6942), moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
Lev_27:21  maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig (H6944) wees soos ‘n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
Lev_27:22  En as hy aan die HERE ‘n stuk land heilig (H6942) wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
Lev_27:26  Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig (H6942) nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
Lev_27:30  Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig (H6944) aan die HERE.
Lev_27:32  Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan die HERE heilig (H6944) wees.
Lev_27:33  Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig (H6944) wees; dit mag nie gelos word nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

NUMERI:

Num_6:5  Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig (H6918)  wees—hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
Num_6:8  Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig (H6918) aan die HERE.
Num_6:11  En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy uit oorsaak van die dooie gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag heilig (H6942).
Num_11:18  En aan die volk moet jy sê: Heilig (H6942) julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
Num_15:40  sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig (H6918) mag wees.
Num_16:3  En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig (H6918) ; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?
Num_16:37  Sê aan Eleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig (H6942)
Num_16:38  naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ‘n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring—daarom is hulle heilig (H6942); en hulle sal vir die kinders van Israel ‘n teken wees.
Num_18:10  In ‘n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig (H6944) moet dit vir jou wees.
Num_18:17  Maar die eersgeborene van ‘n bees of die eersgeborene van ‘n skaap of die eersgeborene van ‘n bok moet jy nie loskoop nie; heilig (H6944) is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Num_20:12  Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig (H6942) nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie. (VGL. MET NUM. 11)
Num_27:14  omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig (H6942). Dit is die water van Mériba by Kades, in die woestyn Sin.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DEUTORONOMIUM:

Deu_5:12  Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig (H6942) soos die HERE jou God jou beveel het.
Deu_7:6  Want jy is ‘n volk heilig (H6918) aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
Deu_14:2  Want jy is ‘n volk heilig (H6918) aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
Deu_15:19  Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig (H6942); jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
Deu_23:14  Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig (H6918) wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JOSHUA:

Jos_3:5  Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig (H6942) julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.
Jos_5:15  Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig (H6944). En Josua het so gedoen.
Jos_6:19  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig (H6944) aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.
Jos_7:13  Staan op! Heilig (H6942) die volk en sê: Heilig (H6942) julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is ‘n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

RIGTERS:

Jdg_17:3  En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig (H6942) plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om ‘n gesnede en ‘n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SAMUEL:

1Sa_2:2  Niemand is heilig (H6918) soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.
1Sa_16:5  En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die HERE te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Isai en sy seuns geheilig (H6942) en hulle na die offermaaltyd genooi.
1Sa_21:5  Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig (H6942), alhoewel dit ‘n ongewyde onderneming is—hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONINGS:

2Ki_10:20  Verder sê Jehu: Heilig (H6942)‘n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
KRONIEKE:   (H6918) (H6942) (H6944)

1Ch_15:12  en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.
1Ch_23:13  Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
2Ch_2:4  Kyk, ek gaan ‘n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig—om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôrens en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God—’n ewige verpligting op Israel.
2Ch_8:11  En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het.
2Ch_23:6  Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.
2Ch_29:5  en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;
2Ch_29:17  En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van die HERE gekom en die huis van die HERE binne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.
2Ch_29:34  Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters.
2Ch_30:17  want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
2Ch_35:3  Ook het hy aan die Leviete, die onderwysers van die hele Israel, wat heilig was aan die HERE, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie: dien nou die HERE julle God en sy volk Israel;
2Ch_35:6  en slag die pasga en heilig julle en berei dit vir julle broers, om te doen volgens die woord van die HERE deur die diens van Moses.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ESRA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Ezr_8:28  En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is ‘n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NEHEMIA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Neh_8:9  (8:10) Daarop het Nehemía—hy was die goewerneur—en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.
Neh_8:10  (8:11) Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.
Neh_8:11  (8:12) En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.
Neh_13:22  Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PSALMS:   (H6918) (H6942) (H6944)

Psa_99:3  Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!
Psa_99:5  Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
Psa_99:9  Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
Psa_111:9  Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SPREUKE:   (H6918) (H6942) (H6944)

Pro_20:25  Dit is vir die mens ‘n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
JESAJA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Isa_4:3  En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem—
Isa_6:3  En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Isa_8:13  Die HERE van die leërskare—Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
Isa_23:18  Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
Isa_29:23  want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;
Isa_57:15  Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Isa_65:5  wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is ‘n rook in my neus, ‘n vuur wat die hele dag brand.
Isa_66:17  Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise—almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
JEREMIA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Jer_6:4  Heilig die oorlog teen haar! staan op, en laat ons optrek op die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!
Jer_12:3  Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
Jer_17:22  Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het.
Jer_17:24  As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop géén werk te doen nie,
Jer_17:27  Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek ‘n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.
Jer_22:7  En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal jou beste seders afkap en in die vuur gooi.
Jer_31:40  En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.
Jer_51:27  Hef ‘n banier op oor die aarde, blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies teen hom, roep teen hom op die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas, stel ‘n kommandant teen hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!
Jer_51:28  Heilig nasies teen hom, die konings van Médië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ESEGIEL:   (H6918) (H6942) (H6944)

Eze_20:12  Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
Eze_20:20  En heilig my sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
Eze_36:23  En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
Eze_37:28  En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Eze_38:23  So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Eze_42:13  Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die HERE nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
Eze_42:14  As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want dié is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
Eze_42:20  Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het ‘n muur gehad al rondom; die lengte was vyf honderd en die breedte vyf honderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.
Eze_44:19  En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.
Eze_44:23  En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.
Eze_44:24  En oor ‘n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig.
Eze_45:1  En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.
Eze_46:20  En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulle die volk sou heilig nie.
Eze_48:14  En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
JOEL:   (H6918) (H6942) (H6944)

Joe_1:14  Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.
Joe_2:15  Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
Joe_2:16  Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Joe_3:9  Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SEFANJA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Zep_3:4  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HAGGAI:   (H6918) (H6942) (H6944)

Hag_2:12  As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SAGARIA:   (H6918) (H6942) (H6944)

Zec_14:20  In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
Zec_14:21  Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.

Geen opmerkings nie: