Wys tans plasings met die etiket Geeste voor troon. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Geeste voor troon. Wys alle plasings

Dinsdag 07 Maart 2023

7 Geeste van God

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA DIE TERM "7 Geeste van God" WAT GEBRUIK WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING. Is die term slegs beeldspraak, of is daar werklik 7 Geeste van God?  Verwys hierdie 7 Geeste na verskillende name?, of na gawes, bedieninge en werke vd een Gees? 

Daar is min skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie "7 Geeste van God", en die 7 Geeste word ook nie elk op 'n naam genoem nie. Sommige geleerdes probeer name kry uit ander skrifte, maar daardie name moet miskien eerder gesien word as "werke of dele vd Gees" (as wat dit is om verskillende Geeste van God te beskryf);  tog is dit sekerlik nie verkeerd om na die verskillende gawes, bedieninge en werke vd Gees te verwys as "geeste" nie (soos dit in sommige skrifte gebruik word, bv. Jes. 11:2), maar dan met die doel dat dit verskillende maniere is om die Gees van God te beskryf ... (bv., die Heilige Gees word ook die Gees van God genoem, asook die Gees van waarheid)  (die gawe van wysheid en gawe van kennis kan bv. maklik na verwys word as "die Gees van wysheid en verstand", maar dit is een Gees, maar verskillende gawes vd Gees...).  Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na "die Gees van God" (al word daar heelwat name vir die Gees van God gegee). As daar inderdaad 7 name aan die Gees van God gegee word in die hemel, dan weet ons nie wat hierdie 7 name presies is nie. 

In hierdie pos gaan ons kyk na die betrokke skrifte in Openbaring waar daar melding gemaak word van die 7 Geeste van God, asook kyk na ander skrifte wat moontlik kan lig werp op hierdie onderwerp.
_________________________________________________________________________________
DAAR IS 4 SKRIFTE IN DIE BOEK VAN OPENBARING WAT MELDING MAAK VD 
"7 Geeste van God"Kom ons kyk eers na die betrokke 4 skrifte (in Griekse betekenis en in konteks):

-  (Openb. 4:5)  En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels (Gr. woord " lam-pas' ", wat beteken lamp, lig, flits) wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ", wat verwys na wind of asem, en beteken gees, spook, lewe, verstand) van God is, het voor die troon gebrand;
-  (Openb. 5:6)  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë (Gr. woord " of-thal-mos' ", wat verwys na visie - beteken oog, sig), wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
-  (Openb. 3:1)  En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
-  (Openb. 1:4)  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") wat voor sy troon is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat kan ons leer oor die 7 Geeste van God uit hierdie betrokke skrifte:

Die 7 Geeste van God word voorgestel met "sewe vuurfakkels" (lamp/lig/flits wat in donker skyn)(Openb. 4:5)  (die 7 Geeste van God is soos 'n lamp/e - dus, die wat die Gees van God ontvang het 'n lamp wat vir hulle help om te sien, bv. om te "sien" wat moet gedoen word, of om te "sien" wat is die waarheid, ens. - die 7 Geeste van God is soos lig in die donker...) (weergeborenes in wie die Heilige Gees is word bv. ook voorgestel soos ligte in hierdie wereld, want hulle het die Lig! - kyk tema "kinders vd dag";  uitverkorenes word o.a. voorgestel soos sterre (Gen. 22:17; Deut. 1:10) wat skyn in 'n donker plek.  Die Messias word ook voorgestel soos 'n ster, nl. "die blink Morester"(Openb. 22:16), 'n "lig in die duisternis" (Joh. 1:5). Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (2 Pet. 1:19). Figuurlik word die aarde op die oomblik soos 'n donker plek voorgestel, maar die dag kom! (1 Pet. 1:19);  en solank die dag nog nie aangebreek het nie is Christus en die profetiese woord soos lig in die duisternis...;  maar wanneer "die dag aanbreek" begin 'n nuwe era, en die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel... - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof - die Lig sal onder hulle woon en hulle sal Sy seen ervaar....ens. (Ps. 67:2-8). Huidiglik is die Here nie self hier teenwoordig nie, maar is teenwoordig deur Sy Gees! (en Sy Gees en Sy woord is dus soos 'n lamp...). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd gemeentes ook voorgestel soos "sterre" (ligte) - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring wat soos lig is...);

Die 7 Geeste van God word voorgestel as die Lam se oë (sig) - "sewe oë"wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6) (hier is die klem op die feit dat die 7 Geeste van God uitgestuur word en dus soos oe is vir die Here..., m.a.w. "om te sien" wat op die aarde aangaan - vgl. dit gerus met Openb. 3:1 waarin die Lam aan die gemeente van Sardis se "Ek ken jou werke..." - die Here weet/sien alles, Hy sien Sy kinders se doen en late, weet wat in hulle harte aangaan, ens...) (vgl. dit ook met bg. Openb. 4:5 waarin die 7 Geeste van God voorgestel word met lampe;  m.a.w. "om te kan sien!" - nie net dat die Here ons sien nie, maar ook dat die Gees 'n lig is vir ons sodat ons kan sien....)(dus, op beurt sal elke mens wat die Gees ontvang ook instaat wees om te SIEN! bv., die wat in Jesus is en die Gees ontvang, is "afgesonder" ("heilig") vir Hom - Hy vernuwe hulle, lei, leer, vul met die krag vd Gees ens., en Hy verander hulle "manier van sien".  Bv., die wat in Christus Jesus glo ontvang die Heilige Gees (die Gees van waarheid) - en daarom kan hulle "SIEN" ! (hulle verstaan/weet/ken die waarheid en die Here, ens. - dit is terloops die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens"...).  Die Heilige Gees is soos oe vir hulle - 'n fakkel/lig op hulle pad (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) en leer en lei hulle in die WAARHEID (hulle kan "sien"/verstaan/weet/kan sien waar die pad is). En die Gees werk ook ander gawes en bedieninge deur hulle, bv. gawe van  wysheid, gawe van kennis, gawe van onderskeiding...., ens. (hulle is soos "sieners").  Hulle "sien" dinge wat ander mense nie sien nie - verstaan of weet iets wat ander mense nie weet nie, het sekerheid, ens. M.a.w., hulle sien/weet/verstaan, omdat hulle die Gees het - en die Gees werk ook hierdie dinge deur hulle deur gawes en bedieninge);

Die 7 Geeste van God is in die Lam se hande (Openb. 3:1) (Hand. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor") (Hy gee die Gees aan die wat in Hom glo - hierdie is iets waarna die volk van God vir lank uitgesien het vir eeue, is dat wanneer die Messias kom die Gees uitgestort sou word want nie alle geroepenes in die Ou Testament het die Gees ontvang nie.  In die Nuwe tesament word die Gees gegee aan almal wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, en hulle ontvang ook gawes en bedieninge vd Gees volgens geloof). Jesus Christus is die Een wat die Gees stuur aan die wat in Hom glo... - hy het mag verkry om dit te doen;

Die 7 Geeste van God is voor Sy troon (Openb. 1:4). Die Gees van God is voor die Vader se troon, en word ook beskryf as in die Lam se hande, en word ook beskryf as die Lam se oe, en word ook beskryf as 7 vuurfakkels/lampe...  Dit is duidelik dat die Gees van God Homself nie net op aarde bevind nie maar ook in die hemel - is eintlik in die hemel (waar God woon - derde hemel)(http://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-3.html), en word uitgestuur en uitgestort oor die aarde en na sekere mense.  Die begrip "Heilige Gees" verwys bv. na Gees wat "afgesonder" is (die woord "heilige" beteken "afgesonder"), en word in baie skrifte na verwys as "Gees van God".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk of daar enige skrifte is waar daar na die Gees verwys word asof Hy uit verskillende dele bestaan, bv.:
- Jes. 11:1,2 ("Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE"). 

Die term "7 Geeste van God" word nie gebruik in Jes. 11:2 nie, maar daar word na die Gees verwys as die
-  "Gees van wysheid en verstand",
-  "Gees van raad en sterkte", en
-  "Gees van kennis en vd vrees vd Here".
Sommige geleerdes bou 'n hele studie uit Jes. 11:2 waarin hulle die verskillende dinge wat daar genoem word vd Gees toepas op die 7 Geeste van God (waarna verwys word in die boek van Openb.)(al word daar net 6 punte genoem, bv. wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis, en vrees;  of daar net na "3 Geeste" verwys). Wat Jes. 11:2 aanbetref, waarin terloopes spesifiek verwys word na Jesus Christus (die takkie wat uitspruit uit die stomp van Isai), gaan dit hier oor hoe Hy die Gees van God op Hom het, en moet miskien eerder gesien word as beskrywend van die verskillende werkinge, gawes en bedieninge vd Gees wat op Hom rus as wat dit verskillende Geeste van God beskryf... - dit is een Gees, maar met verskillende werkinge, gawes en bedieninge (wat op beurt na verwys kan word as verskillende Geeste van God).  M.a.w., dit is "die Gees van God" maar verskillende werke vd Gees... - en dan sekerlik nie verkeerd om na hierdie verskillende dele te verwys as "Geeste" nie (maar bedoelend dat dit verskillende maniere is om die Gees te beskryf). Vgl. dit gerus met skrifte waar daar bv. na die gawes, bedieninge en werkinge van die Gees verwys word (1 Kor. 12:4-6 - "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk"). Daar kan bv. ook onderskei word tussen wanneer iemand "die Heilige Gees ontvang" (wederbaar word deur die Gees) en "die krag van die Gees ontvang" (gedoop word in die Gees) - dit is dieselfde Gees, maar verkillende dele vd Gees... Die Heilige Gees is deels verantwoordelik vir die vernuwing van iemand wat weergebore word, maar werk ook verskillende gawes en bedieninge en werke deur die wat Hom ontvang (l.w. o.a. gawe van wysheid, gawe van kennis, ens). IN DAARDIE OPSIG wil dit voorkom of  DIE TERM "7 GEESTE VAN GOD" VERWYS NA VERSKILLENDE WERKE VAN DIE GEES  (wat op beurt ook na verwys kan word as "Geeste").  Dit sal ook interessant wees om 'n studie te maak van hierdie terme, bv. "wysheid en verstand". "raad en sterkte", en "kennis en vrees vd Here", wat terloops in heelwat ander skrifte saam gebruik word!..., bv.:-  "wysheid" en "verstand" (Eks. 31:3; 35:31; 36:1; Deut. 4:6; 1 Kon. 4:29; 1 Kon. 7:14; Openb. 13:18; Ef. 1:8; Spr. 3:13, 8:1; 24:3 ens.); -  "raad" en "sterkte" (Spr. 8:14; Jes. 11:2); en -  "kennis, en "vrees vd Here" (Spr. 1:7,29; 2:5; 9:10; Jes. 33:6). In seker skrifte word daar ook spesifiek na die "G(g)ees van wysheid" verwys (kyk bv. Ef. 1:17, Deut. 34:9; Eks. 28:3). 

Elkeen van hierdie verskillende "werke"/dele vd Gees kan dus sekerlik beskryf word as "Geeste".  

Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na die "Gees van God", en daar word heelwat name vir die Gees van God gebruik, bv. "die Heilige (afgesonderde) Gees" en die "Gees van waarheid". Die begrip "Gees van God" word bv. ook gebruik om na die "Heilige Gees" te verwys, en word ook genoem "die Gees van waarheid" - dit is een Gees maar wys na verskillende aspekte vd Gees (bv. is afgesonder, is waarheid, ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees:

Daar word na die "Heilige Gees" ook verwys as die "die Gees van God" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html).  Dawid het o.a. ook na die "Gees van God" verwys as "die Heilige Gees":  (Psa 51:11)  (51:13) "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie". In die O.T. was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres onder die volk die Heilige Gees ontvang (bv. profete en konings, waarvan Dawid een was...) - en die Gees was op hierdie manier tussen hulle teenwoordig.  En die wat die Gees van God ontvang het was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen, om Sy wil aan die volk bekend te maak, hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan, ens. Hulle is die mense wat kon "SIEN" - hulle het bv. die wil van God geken, het selfs somtyds geweet wat in die toekoms sou gebeur, het besonderse wysheid of verstand of kennis of bekwaamheid gehad, ens. (sodat hulle vir die Here kon werk, Sy wil bekend maak aan die volk en die volk kon lei)(http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Let wel dat hierdie bedienaars in die O.T. ook o.a. "sieners" genoem was (bv. profeet, priester, ens. - wat hulle is die ouens wat kon "sien"! - hulle het die Here geraadpleeg en die weg geken, het geweet/by die Here gehoor wat moet gedoen word. Wanneer iemand die Here wou raadpleeg het hy dus na 'n SIENER gegaan. Elke persoon wat die Heilige Gees het kan gesien word soos 'n siener (Christene word bv. in die N.T. o.a. gesien as 'n "profete of priesterdom"), want die Heilige Gees is soos 'n lamp vir hulle (hulle ken die pad, die waarheid ens.)(maar l.w. dat nie alle kinders vd Here gehoorsaam bly aan die Gees nie, want sommige dwaal af vd waarheid al ken hulle die waarheid;  en sommige begin doen wat hulle wil en begin ander bronne raadpleeg wat hulle verkeerd lei - sulke weergeborenes is veronderstel om sieners te wees, maar is besig om die Gees te bedroef... - in daardie opsig is almal wat die Gees het veronderstel om sieners te wees, maar nie almal gehoorsaam nie en kan dus nie almal gesien word as ware profete en priesters vir die Here nie.  In die O.T. was daar ook diesulkes wat die Heilige Gees gehad het, maar ongehoorsaam was en in valse profete verander het...).  

Die "Heilige Gees" word somtyds na verwys as "die Gees van God" (Gees wat afgesonder word - dit is wat "heilige" beteken -  en deur Jesus Christus gestuur word aan Sy kinders om hulle te vernuwe en vul met krag uit die hoogte sodat hulle in gawes, bedieninge en werke stap soos die Gees deur hulle werk...). Ons sien dus baie werke vd Heilige Gees in die weergeborene se lewe, en hierdie spesifieke gawes, bedieninge en werke word in die Skrif genoem.  Daar is o.a. 9 gawes wat op die naam genoem word, asook bedieninge wat die Gees deur gelowiges werk soos Hy wil... Dit is een Gees, maar sekerlik kan daar na hierdie verskillende gawes of bedieninge of werke as "Geeste" verwys word... (alhoewel, dan nie 9 of meer Geeste nie!, maar soos die geval met Jes. 11:2 kan sommige saam gebruik word...;  bv. nie net "Gees van wysheid" nie, maar "Gees van wysheid en verstand", en hierdie "1 Gees" beskryf dan beide die gawe van wysheid en gawe van kennis...).  Die begrip "7 Geeste van God" verwys bes moontlik net na verskillende werke of dele vd Gees (?)(een Gees maar verskillende werke);  of dele - bv. ons kan onderskei tussen "ontvang vd Heilige Gees wanneer iemand weergebore word" en "die ontvang van die krag van die Gees waarmee gelowiges gedoop word en gedurigdeur mee vervul kan word". Bv., in Joh. 20:22 het Jesus op Sy dissipels geblaas en vir hulle gese:  "ONTVANG DIE HEILIGE GEES"  - let wel dat hierdie gebeur het nog VOOR die uitstorting van die Heilige Gees nog voor Jesus se opvaarding... (m.a.w., na hierdie "blaas oor hulle" het Jesus in Hand. 1:4,5 Sy dissipels gevra om in Jerusalem te bly tot hulle "gedoop word met die Heilige Gees").   As daar letterlik 7 Geeste van God is, dan kan 2 moontlik na hierdie verwys..., nl. "die Gees van waarheid wat die Heilige Gees is", en "die doping/krag van die Gees"...;  maar natuurlik is altwee "DIE GEES VAN GOD"! Dit is dus duidelik dat die "ontvang vd Heilige Gees" in Joh. 20:22 'n aparte gebeurtenis was van die "doop in die Heilige Gees" in Hand. 2, maar  die doel verskillend in die twee geleenthede (dit is een Gees nl. die Gees van God. met verskillende werke...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------