Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Dinsdag 31 Desember 2024

Maak vir julle vriende deur die onregverdige mammon

In hierdie pos kyk ons na Jesus se stelling in Luk. 16:9, nl. "maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon", en probeer vasstel wat presies Hy hiermee bedoel het.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Betrokke skrifgedeelte (waarin die gesegde voorkom)

- Opsomming (betekenis)

- Konteks

- Vergelyking met ander soortgelyke skrifgedeeltes

- Opsomming van spesifieke voorbeelde

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk eers na die betrokke skrifgedeelte:

(Luk 16:1-15)  (Luk. 16:1)  En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.(Luk 16:2)  En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.(Luk 16:3)  Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.(Luk 16:4)  Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.(Luk 16:5)  Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?(Luk 16:6)  En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.(Luk 16:7)  Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.(Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.(Luk 16:9)  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.(Luk 16:10)  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.(Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Opsomming:  

Die bestuurder gebruik die ryk man se rykdom om vriende te maak, en in die proses stel hy sy eie werk verder in gevaar, want hy besluit hy gaan sy werk in elk geval verloor so hy kan dit net sowel doen... Op ditto wyse moet ons die Here se rykdom (dit wat Hy aan ons toevertrou om te bestuur) gebruik of aanwend sodat dit vir ons vrug tot ewige lewe verdien - jy kan in elk geval niks saamneem wanneer ons doodgaan nie, so jy kan die rykdom wat jy ontvang net sowel aanwend/gebruik/uitdeel (hetsy geld, besittings, werk, talent..., watookal). M.a.w., ons moet die "rykdom" wat ons van die Here ontvang gebruik om "vriende te maak" (bv., gebruik dit wat die Here aan ons toevertrou tot ons voordeel deur dit aan te wend sodat dit vrug verdien vir die ewige):

- Dit wat die gelowige nou het is nie sy eie nie, maar hy ontvang dit om dit te "bestuur"; 

- daar word van die geestelike mens verwag om dit op 'n getroue manier te bestuur!, bv. barmhartigheid en goeie werke, om vrygewig te wees, mededeelsaam, ens... (Luk. 16:1-15; Matt. 25:14-30; 31-46; 1 Tim. 6:17-19);

- en as jy dit getrou bestuur is jy besig om vir jouself skatte bymekaar te maak in die hemel / vrug versamel vir die ewige / "vriende te maak".  Bv., as jy jou rykdom gebruik om goed te doen aan ander of om te evangeliseer, ens., kan dit vir jou vrug versamel vir die ewige lewe... Dit is nie dieselfde as karma (soos in sommige gelowe) nie, want natuurlik is hierdie op toepassing van geestelike mense (die wie se sonde vergewe en wie die Heilige Gees het) - slegs weergeborenes is instaat is om hierdie "vrug tot (ewige) lewe" te versamel. Die geestelike mens se dade (bv. barmhartigheid ) kan dus vir hom verdienste voortbring (vir die ewige)!  Niks wat die geestelike mens nou het is sy eie nie, maar die Here sal eendag vir ons ons eie gee. Die een wat dus bereid is om dit wat op die oomblik aan hom geleen word aan te wend sodat hy liewer werk vir ewige rykdom (dit is soos om dit meer te maak) sal eendag ook sy eie kry;  maar die een wat dit net vir homself hou en nie gebruik in die Koninkryk nie, kan nie verwag om eendag iets te kry nie, want daar is geen vrug wat hy verdien het nie (die tydelike was vir hom belangriker as die wil van die Here - jy kan nie twee here dien nie)("As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?"). Jesus het baie oor hierdie onderwerp gepraat, bv. hoe belangrik dit is om barmhartig te wees en ander te vergewe, want as jy nie ander vergewe nie sal die Vader jou ook nie vergewe nie. Vergifnis is ook iets wat ons ontvang (soos rykdom), en daar word vd geestelike mens verwag om dit wat hy ontvang ook uit te deel. In Matt. 25 het Jesus ook dat onbarmhartiges (nl. "bokke") nie in die Koninkryk sal ingaan nie... - hulle het nagelaat om deel van hulle rykdom aan te wend in die Koninkryk, en al was hulle instaat om dit te doen het hulle nie voorsien in ander se nood nie. Hierdie is 'n belangriker tema, en geestelike mense wat nalaat om dit wat die Here vir hulle gee (bv. geld, besittings, talente, werk, vergifnis, ens.) te gebruik in die Koninkryk, is besig om net hulleself te verryk en is nie besig om te ryk te word in die Here nie. Ja, jy sal eendag beloon word wanneer jy bereid is om te verloor in die tydelike! (wat jy verloor in hierdie lewe sal jy wen in die ewige, maar as jy nie bereid is om enige iets te verloor nie kan jy nie verwag om iets in die ewige te wen nie).  (1Ti 6:17-19 - "Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;  dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,  en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf").

-(Spr. 19:17 - "Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde") .   

-(Luk 12:33,34 - "Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees").   

-(Luk 18:22-24 - "En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk. En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan").

-(Hand. 2:44,45 - "En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het").

-(Hand. 4:34,35 - "Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.  En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het").

-(Mat 6:19-21 - "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees"); (Kol. 1:1-3). 

-(Jak. 5:1-6 - "Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.  Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag. Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie").

Wat Jesus vir ons in Luk. 16 leer is dat ons "getroue bestuurders" moet wees (wat die goed wat Hy aan ons toevertrou bestuur volgens Sy wil), en dat as ons dit doen ons op daardie manier rykdom vir die ewige versamel! Ander temas wat goed by hierdie onderwerp aansluit, is bv. wat dit beteken om "ryk te word in die Here" (wat veral gaan oor "om jou lewe te verloor" - bv. die liggaam, soos om bereid te wees om te sterf ter wille van die Here; maar dit verwys ook na ander "rykdom", bv. gawes, besittings, geld, talente, ens.). 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Konteks:

Notas & konteks:  

(Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

- figuurlik verwys mammon na rykdom. 

Wat Jesus vir ons in Luk. 16 leer is dat ons (1) "getroue bestuurders" moet wees;  wat  (2) sy goed volgens Sy wil bestuur bv. om dit te saai in die Koninkryk, barmhartig te wees, skulde kwytskeld, ens; en  (3) dat as ons dit doen, ons op daardie manier rykdom vir die ewige versamel...

- (1) Deels gaan dit oor hoe ons dit wat die Here vir ons gee, bestuur? (is ons getrou). Hoe bestuur jy die rykdom (geld of werke, talente, ens.) wat die Here vir jou gee? Niks wat ons het of kry behoort aan ons nie, maar behoort aan die Here;  m.a.w., God kan vgl. word met die "die ryk man" (kyk verhaal), en ons elkeen is die bestuurder (van Sy goed).  Die vraag is nou "of ons getrou is in Sy goed"?  (Luk 16:10)  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. Hoe bestuur ons dit wat Hy aan ons toevertrou?, want die manier hoe jy Sy goed bestuur wys of jy getrou is. As jy bv. nou wys dat jy getrou is in die minste, dan wys dit dat jy ook in die grote getrou sal wees. AS JY NIE GETROU IS IN DIT WAT NOU AAN ONS TOEVERTROU WORD OM TE BESTUUR NIE, HOE SAL JY EENDAG JOU EIE KRY? (Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee? Jesus leer vir ons o.a. hoedanig ons die goed wat Hy vir ons gee moet bestuur..., bv. dat ons barmhartig moet wees en bereid wees om op te gee... (bv., wat jy opgee in hierdie lewe, sal jy wen in die ewige lewe").  Hierdie is nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie tema gepraat het nie (in die volgende afdeling van hierdie pos kyk ons ook na ander soortgelyke skrifgedeeltes wat oor hierdie tema handel). 

- (2) Deels gaan dit oor die feit dat ons nie twee here kan dien nie... (is jy bereid om te verloor ter wille van die Here se wil?)(wat sien die Here as "getroue bestuur"?). Niks wat ons het of kry is ons eie nie - alles behoort aan die Here, maar om dit te bestuur volgens die Here se wil beteken gewoonlik dat jy deel daarvan opgee (watookal jy van die Here ontvang, bv. geld, besittings, werk, talent, gawes, vergifnis, ens.).  Bv., die geestelike mens wat baie geld ontvang ontvang dit nie net vir homself nie, maar moet dit ook gebruik in die Koninkryk van God. Die persoon met baie besittings ontvang dit nie net vir homself nie, maar moet dit ook uitdeel onder die kinders van die Koninkryk. Net so met werk, talente, gawes, ens... Die bestuur van die Here se goed moet dus wees volgens wat Hy verwag, maar as ons dit bv. bestuur volgens eie begeertes sal ons nie noodwendig doen wat die Here verwag nie. Jy moet bv. bereid wees om deel van dit wat jy ontvang, op te gee (dit word gesien as "getroue bestuur"). Dit voel miskien verkeerd dat die bestuurder so met die ryk man se geld werk, deur baie van die skuld kwyt te skeld, maar l.w. dat die ryk man hom daarvoor prys (in die verhaal).  Jesus skets hier 'n prentjie van wat die Here van ons verwag wanneer Hy sy goed aan ons toevertrou (om te bestuur) - jy sal geprys word as jy van die Here se goed weggee, of  bv. sommige skulde kwytskeld, ens. Ons sal miskien dink dis net regverdig om alles in te samel van die skuldenaars, maar die Here verwag liewer barmhartigheid! Dien die Here, nie jou eie begeertes (bv. om ryk te word) nie (Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie. Wat sien die Here as getroue bestuur? - hy verwag m.a.w. in hierdie geval kwytskelding van sekere skulde... Kyk gerus ook na verse 14-17 wat volg op hierdie verhaal - geldgierige mense sal aanstoot neem deur dit wat Jesus hier vra, want wat Hy verwag is dat ons opgee deel van dit ons ontvang ((Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God). Jy moet bereid wees om bietjie te "verloor"... 

- (3) Deels gaan dit oor die feit dat die bestuurder die ryk man se geld tot sy eie voordeel gebruik (bv. deur om skuld kwyt te skeld in plaas van om alles te eis, maak hy vriende).  (Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?). Ja, die bestuurder wen beslis iets deur hierdie optrede!, en dit is dat hulle hom op die ou end sal huisves wanneer hy miskien sy werk verloor en op straat sit..., maar terwyl hy vriende op hierdie manier maak is hy eintlik besig om op te gee van dit wat hy nou kan wen sodat hy later liewer daaruit kan ontvang. Hy kon besluit het om elke sent van die skuldenaars te eis en sy werk probeer behou, maar hy het liewer iets gedoen wat kan veroorsak dat hy sy werk verloor maar iets uit dit alles wen. Die kwytskelding van (sekere) skulde is duidelik vir die Here belangriker as om alles te eis, want die ryk man prys die bestuurder toe vir die optrede! (Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig);  m.a.w., wat die Here verwag in hierdie geval is nie dat die bestuurder al die geld terugeis nie, maar dat hy bereid is om sy werk te verloor ter wille van om sekere skulde kwyt te skeld (en dit word gesien as slim). WAT ONS AS REGVERDIG SIEN, IS NIE NOODWENDIG SOOS DIE HERE DIT SIEN NIE.  Watter besluit sou jy neem as jy die bestuurder was?, want die een wat sy werk liewer het as om later in guns te wees, sou nie dieselfde besluit neem nie...;  of anders gestel, die geldgierige sal beslis nie op hierdie manier wil verloor nie! Wat Jesus hier leer is dat ons bereid moet wees om te verloor en later wen, eerder as om nou te wen en later te verloor. M.a.w., soek eerste die Koninkryk van God! Ons sou dink dat hy eerder sy werk beskerm en al die geld van die skuldenaars eis (om so sy werk te beskerm), maar wat die Here sien as prysenswaardig is om nou te verloor met die doel om in die ewigheid te wen (alhoewel dit dus lyk of ons nou verloor, wen ons eintlik;  m.a.w. maak op hierdie manier "vriende deur die onregverdige mammon) - ...op hierdie manier verkry ons dus "onregverdige rykdom", want deur so met die Here se rykdom (dit wat Hy aan ons toevertrou) te werk is dit op die ou end tot ons voordeel! 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na 'n paar ander skrifte waarmee hierdie tema vgl. kan word:

- Matt. 25:14-30 (hierdie volg op die verhaal vd 10 maagde, die 5 dwase en 5 verstandiges / wat o.a. te doen het met die temas van "kinders vd dag", "gereed wees", en "wakker wees" - die wie se lampe brand verwys na mense wat die Lig het, die diensknegte wat wakker is en dus self ook "skyn in die nag".  In Matt. 25:14-30 word die betekenis vd verhaal van die 10 maagde op 'n ander manier verduidelik...- bv. die "verstandige maagde" kan vgl. word met die dienskengte wat 5 of 2 talente ontvang het): (Mat 25:14)  Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.(Mat 25:15)  En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.(Mat 25:16)  En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.(Mat 25:17)  Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.(Mat 25:18)  Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.(Mat 25:19)  En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.(Mat 25:20)  En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.(Mat 25:21)  En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.(Mat 25:22)  En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.(Mat 25:23)  Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.(Mat 25:24)  En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;(Mat 25:25)  omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.(Mat 25:26)  Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.(Mat 25:27)  Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.(Mat 25:28)  Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;(Mat 25:29)  want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.(Mat 25:30)  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. Deur hierdie verhaal leer Jesus hoe belangrik dit is om te woeker met dit wat die Here vir jou gee... (en siende dit vgl. word met die verhaal vd 10 maagde, is dit duidelik dat die manier om olie in jou lamp te he, verwys dus na hoe jy opgee in hierdie lewe en dus wen in die ewige - dis soos om skatte bymekaar te maak in die hemel...). Wat doen jy met dit wat die Here aan jou toevertrou?  Sien hoe dit aanskakel by die verhaal in Luk. 16:1-15... Kyk bv. die woorde in v.21 ("oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel"). Die kneg wat die een talent ontvang het was nie bereid om dit te verloor nie... - al het hy weinig gekry kon hy rente daarom maak, maar dit sou beteken dat hy moet bereid wees om dit te stort of verloor in orde om dit te vermeerder of rente daarom te maak. Die dienskneg wat die 1 talent ontvang het was nie bereid om dit te "verloor" sodat hy dit meer kon maak nie, en hy was ook nie bereid om dit vir iemand anders gee sodat hy ten minste rente daarop kon trek nie (- kyk v.27 "Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het"). Duidelik is dit wat elkeen ontvang het steeds die Here s'n!, en wanneer Hy terugkom (m.a.w., wanneer Jesus terugkom) gaan hy kom "oes" wat jy met dit wat Hy vir jou gegee het, gedoen het. Niks wat ons het of ontvang behoort aan ons nie. Wat die Here van ons verwag is om dit wat ons ontvang te gebruik (verloor dit) om dit meer te maak... - of as jy dit nie gebruik nie, gee dit ten minste vir iemand anders sodat dit rente trek, dan kan die Here ten minste die rente daarop oes. Die ander twee het hulle talente gebruik om dit meer te maak (m.a.w., hulle het dit gebruik/"verloor" sodat hulle dit meer kon maak - op dieselfde wyse was die bestuurder in Luk. 16 bereid om sy werk te verloor sodat hy guns kon wen). Ons moet bereid wees om dit wat ons kry, te verloor (sodat dit meer kan word of rente kan trek). 

- Matt. 25:31-46 (hierdie volg op die vorige verhaal vd talente...(Mat 25:31)  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;(Mat 25:32)  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;(Mat 25:33)  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.(Mat 25:37)  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.(Mat 25:42)  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.(Mat 25:43)  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.(Mat 25:44)  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?(Mat 25:45)  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.(Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. Dit waaroor Jesus dus volgende praat in Matt. 25 gaan oor BARMHARTIGHEID..., en hoe die wat barmhartig is verwys na die wat hulle rykdom deel en help waar nood is en na ander omsien (hulle word gesien as "skape")- dit is die mense wat verseker sal ingaan in die Koninkryk (wanneer Jesus terugkom)! M.a.w., as jy bereid is om in hierdie lewe te verloor, sal jy wen in die ewige! Wat doen jy met dit wat die Here aan jou toevertrou? Deel jy dit wat jy het, of hou jy alles vir jouself? As jy instaat is om iemand in nood te help of om na iemand om te sien, doen jy dit? Weer-eens is die tema hier "om bereid te wees om te verloor" dit wat jy kry, en in die proses wen jy in die ewige! (dieselfde lering as in Luk. 16 vd bestuurder, en ditto as in die vorige verhale in Matt. 25).

- Matt. 18:23-35  (hierdie verhaal het gevolg op die vraag oor hoeveel maal ons moet vergewe...(Mat 18:23)  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.(Mat 18:24)  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.(Mat 18:25)  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.(Mat 18:26)  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.(Mat 18:27)  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.(Mat 18:28)  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.(Mat 18:29)  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.(Mat 18:30)  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.(Mat 18:31)  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.(Mat 18:32)  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;(Mat 18:33)  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. Ook in hierdie verhaal gaan dit oor verloor (en sal dus wen). (1) Soos die Here ons vergewe en kwytskeld, so moet ons ook aan ander doen; (2) Hierdie dienskneg was nie bereid om te verloor wat iemand anders aan hom skuld nie (tog was hyself kwytgeskeld; die koning was bereid om "te verloor" wat hy aan hom geskuld het, maar hy was nie self bereid om te verloor nie...). Wat die mens teenoor God aanbetref, het ons beslis skuld en dit sou net reverdig wees as ons dit betaal, maar die Here vergewe ons wanneer ons bely - op ditto wyse moet ons ander vergewe (wanneer hulle bely)((Luk 17:3)  Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.(Luk 17:4)  En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou—moet jy hom vergewe).  Sou ons nie  bereid wees om ook dieselfde barmhartigheid te bewys nie, dan "wen" ons nie enige iets in die geval vir die ewige lewe nie.  Onbarmhartiges is nie bereid om te "verloor" nie (vgl. dit mat Matt. 25) - Jesus het geleer dat as ons nie vergewe nie, sal die Vader ons ook nie vergewe nie (Matt. 6:15)(Mar 11:25)  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.(Mar 11:26)  Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. Kyk terug hierbo op verse 32-35 - wat gebeur met die wat vergewe is, maar nie ook wil vergewe nie? (Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;(Mat 18:33)  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie). Hierdie sluit aan by Luk. 16 waar die bestuurder bereid was om sy werk op te gee terwille van dit wat hy wen. Van watter soort rykdom ons ookal praat in hierdie lewe (geld, besittings, werk, ens.), Christene moet bereid wees om dit te stort in die Koninkryk van God sodat hulle kan ryk word in die Here.

-  "Maak skatte in die hemel bymekaar" (kom ons kyk na 'n paar verse wat vir ons leer dat die manier hoe ons huidiglik lewe, kan bepaal of ons uiteindelik ingaan en erf...)Die belofte dat die sagmoediges die aarde sal beërwe (Matt. 5:5), word nie verniet aan die "sagmoediges" belowe nie - sagmoedige mense gee nie om om te verloor nie! En soos ons in vele voorbeelde gesien het, is dit juis daardie gelowiges wat bereid is om te verloor, wie besig is om te versamel vir die ewige. In Luk. 12 leer Jesus vir ons dat die rykdom van die lewe nie so belangrik is soos om skatte in die hemel te vergader nie - (Luk 12:33) " Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie". Die woorde "verkoop julle besittings en gee aalmoese" wys op wat jy verloor... (maar as jy dit doen, word jy eintlik ryk). 

- Nog 'n vb. is Luk. 15 - Luk. 15 sluit af met "die verlore seun", maar voor dit is die verhaal van die "verlore penning", en voor dit die verhaal van die "verlore skaap"...  In die verhaal van die verlore skaap los hy die 99 ander skape in die woestyn en daar is meer blydskap oor die verlore een wat gevind word!, as oor die ander 99. In die verhaal van die verlore seun is daar nooit in al die jare wat die oudste broer sy vader gedien het, vir hom 'n bokkie gegee om saam met sy vriende vrolik te wees nie..., maar dit is gedoen vir die een wat "afvallig" was.  Vgl. dit gerus met die verhaal van die bestuurder in Luk. 16, waar Jesus dan die volgende opmerking maak:  "hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig". 

- Knegte van die Here moet soos ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE wees -Luk. 17:5-10 - toe die dissipels vir Jesus gevra het vir "meer geloof":  (Luk 17:5)  "Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.(Luk 17:6)  En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.(Luk 17:7)  En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?(Luk 17:8)  Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?(Luk 17:9)  Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.(Luk 17:10)  So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen".Weer-eens in hierdie gedeelte klink dit nogal onreverdig dat daar soveel van die dienskneg verwag word. Die stomme dienskneg wat moeg kom van die veld en dan moet hy nog aandete voorberei en word nie eens bedank nie!  Dit is die manier hoe ons dit verstaan..., maar Jesus wil vir ons iets anders leer oor WAT WERKLIK REGVERDIG IS, want "watter goed jy saai in hierdie lewe, sal jy maai in die ewige lewe".  Geloof (of eerder, "meer geloof") gaan oor om soos onverdienstelike diensknegte te wees wat meer besorg is oor die wat verlore is of hulp nodig het, as wat ons besorg is oor onsself - dit verwys na iemand wat bereid is om op te gee, selfs dit wat hy dink hy verdien. Dieselfde prentjie word geskets in Matt. 19:21:- (Mat 19:21)  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.  "Meer geloof" of om "volmaak te wee" het hiermee te doen... - dat iemand bereid is om sy lewe af te le terwille van die Here. Wanneer 'n gelowige dit doen, is hy eintlik besig om vrug te versamel vir die ewige lewe. Amper asof die dienskneg "gesig koop" wanneer hy homself toelaat om die ekstra myl te stap - dit beskryf "meer geloof". Iemand met "meer geloof" is nie vreeslik besorg oor die tydelike nie, maar werk vir die ewige. Vergelyk dit met die verhaal vd bestuurder in Luk. 16 - die bestuurder is ook soos iemand wat "gesig koop"... , en hy het op 'n onregverdige manier rykdom versamel (maw, hy het die ryk man se geld gebruik om vir hom vriende te "koop") -  op ditto wyse is om rykdom vir die ewige bymekaar te maak soos iemand wat dit wat hy gekry het gebruik om mee te woeker. Dit is nie sy eie nie, maar hy woeker daarmee (soos die bestuurder in Luk. 16 gedoen het) om vir homself skatte bymekaar maak in die hemel. Die een wat dus bereid is om dit wat op die oomblik aan hom geleen word, aan te wend sodat hy liewer werk vir ewige rykdom, sal eendag ook sy eie kry!, maar die een wat dit vashou en nie meer maak of rente daarom verdien nie, sal nie eendag sy eie kry nie, want vir hom was die tydelike belangriker ("As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?"). 

- Dit sal jou vergeld word in die Opstanding: (Luk 14:11)  Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.(Luk 14:12)  En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.(Luk 14:13)  Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,(Luk 14:14)  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.(Luk 14:15)  En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God. En kyk ook: (2Ti 1:15)  Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is.(2Ti 1:16)  Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;(2Ti 1:17)  maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.(2Ti 1:18)  Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat kan ons uit bg. voorbeelde leer oor "wen" vir die ewige?:

Hoe word ons ryk in die Here? Hoe verseker ons dat ons wel op die ou end ingaan in die Koninkryk? Hoe maak ons vrug bymekaar vir die oes?

- Wend dit wat die Here vir jou gee (hetsy geld, besittings, talente, werk, of wat ookal) aan sodat dit meer word of rente trek;
- Wees barmhartig (doen goed, gee hulp, gee om vir ander, wees mededeelsaam, ens.);
- Vergewe ander soos die Here jou vergewe.

Dit wys op 'n heilige lewe, 'n lewe afgesonderd vir die Here...:
Die geestelike mens wat wil ryk word in die Here, is 'n tevrede mens en gee nie om om te verloor nie. Godsalige mense (die wat 'n heilige, m.a.w. afgesonderde lewe vir die Here lewe) weet dat hulle niks ingebring het in die wereld nie, en ook niks kan wegdra nie... , en begeer dus nie om ryk te word in die wereld nie. Hulle jaag liewer dinge soos geregtigheid, geloof, liefde, sagmoedigheid, lydsaamheid ens. na, en hulle oog is nie op eie rykdom nie maar eerder om goed te doen en ryk te wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam - en in die proses vergader hulle skatte in die hemel, vrug tot ewige lewe!  Ons hoop moet nie wees in die tydelike en onsekerheid van die rykdom nie, maar in die Here (alles behoort aan die Here en wat ons het is maar net van Hom geleen, en Hy gee dit met 'n doel! - ons moet getroue bestuurders wees van Sy goed). 
(1Ti 6:6)  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
(1Ti 6:7)  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
(1Ti 6:8)  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
(1Ti 6:9)  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
(1Ti 6:10)  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
(1Ti 6:11)  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
(1Ti 6:12)  Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
(1Ti 6:13)  Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,
(1Ti 6:14)  dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
(1Ti 6:15)  wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
(1Ti 6:16)  wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
(1Ti 6:17)  Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
(1Ti 6:18)  dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,
(1Ti 6:19)  en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 30 Desember 2024

Waaksaam

 

In hierdie pos kyk ons na die begrip "waak" in die Skrif - bv. in watter konteks die woorde "om te waak" of "om "waaksaam" te wees gebruik word in die Skrif. Kinders vd Koninkryk word o.a. aangemoedig om "wakker te wees" (want as jy slaap kan jy nie waak nie...).  In hierdie pos kyk ons dus ook in op ander begrippe wat pas by hierdie tema, bv. "wakker" of "slaap", "nugter" of "dronk".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Opsomming:

"Waak" gaan oor om wag te hou - waar daar nie gewaak word nie kan die vyand inbreek, of iemand kan onverwags betrap word.  Hierdie soort beeldspraak was baie deur Jesus gebruik om te verduidelik hoe kinders vd Koninkryk onverhoeds betrap sal word met die Wederkoms as hulle nie waak nie..., of hoe die vyand in die kerk onder die kinders vd Koninkryk kan insluip as hulle slaap.

Die wat nie waak nie verwys na kinders van die Koninkryk wat "slaap" (hulle "sien" nie, en hulle "hoor" nie..., want hulle slaap) of "dronk" is (die wie se sinne bedorwe is, bv. die eiesinniges wat dronk is van wereldse wysheid, of die wat dronk is van sonde en afgode). Wanneer iemand slaap sien en hoor hy nie... - op dieselfde wyse is die wat geestelik slaap soos mense wat nie sien en hoor nie Hulle hoor bv. die waarheid maar kies om nie te luister nie, of word gewys maar kies om nie te "sien" nie. Somtyds sit die Here iemand geestelik in 'n "diep slaap" sodat hy glad nie meer hoor en sien nie! - hy word m.a.w. oorgegee aan sy eie begeertes; die gevolg van so iemand is dat hy later regtig dink hy "sien en hoor" terwyl hy eintlik nie doen nie! (hy glo later hy's reg al is hy verkeerd - Rom. 1)(bv. wederstrewiges wat in sonde stap maar hulle nie daarvan bekeer nie soos om hulle sonde te regverdig). Hierdie gebeur met kinders vd Koninkryk wat slaap maar nie wakker word nie;  m.a.w., hulle bekeer hulle nie van die manier hoe hulle sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink nie (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10). 

(1) SODAT ONS NIE ONVERWAGS BETRAP WORD NIE: (Mark. 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!")(die woord "waak" hier is die Gr. woord "gray-gor-yoo'-o", wat beteken om waaksaam te wees, wakker, hou wag)(Matt. 24:42; 25:13). In hierdie konteks word dit gewoonlik vgl. met wakker wees, maar dit word ook somtyds in dieselfde konteks gebruik as "moet nugter wees" (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees"). As jy aan die slaap is kan jy nie waak nie, en die wat nie WAAK en hulle KLERE BEWAAR nie, is soos mense wat "dronk" is... - dronk mense kan nie hulle goed bewaar nie (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat WAAK en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  In hierdie geval verwys dit na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap sonder om hulle daarvan te bekeer (hulle bewaar nie hulle klere wat hulle naaktheid bedek nie, en sal dus naak bevind word wanneer Jesus terugkom...). In konteks word 'n kind vd Koninkryk wat geestelik dronk is wanneer Jesus terugkom, ook gesien as iemand wat nie kon waak nie... (want hy is dronk!), en a.g.daarvan kon hy nie sy klere (wat sy naaktheid bedek) bewaar nie... - hierdie verwys na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap en geestelik "hoereer" sonder om hulle daarvan te bekeer.  Doen gerus 'n studie oor die belangrikheid van geestelik bekleed wees (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).

(2) SODAT DIE VYAND NIE INBREEK NIE: Wanneer iemand slaap kan hy nie waak nie... In Matt. 13 verduidelik Jesus deur 'n gelykenis dat die rede waarom daar somtyds onkruid (valses) tussen die koring (opregtes) gesaai word, is wanneer hulle SLAAP! (en die een wat die onkruid daar saai is die vyand - die duiwel). Baie kerke het onkruid, en die rede hiervoor is omdat daar tye is of was wat hulle SLAAP of geslaap het... -  omdat hulle dus NIE WAAK NIE, gebeur hierdie...  Die begrip "dronk" word ook somtyds in hierdie konteks gebruik, bv. dat die wat dronk is val en rondslinger... ;  bv. "val vir versoeking" en "word rondgeslinger deur allerhande leringe".  'n Dronk mens kan nie waaksaam wees nie (want hy weet nie wat hy doen nie en word maklik saamgesleep en val terloops rond).  Die wat nugter is is egter wakker en weet wat om hulle aangaan!, en is vas op hulle voete - dit verwys na mense wat in die Here bly en vashou aan die geloof - hulle "hoor" en hulle "sien" (hulle verstaan - ken bv. die waarheid en weet wat die wil vd Here is). Dit is anders as dronk mense wat nie hoor nie, en nie mooi sien nie..., en dan saamstem wanneer hulle nie moet nie en op iemand anders staatmaak om hulle te ly (kan net sowel in 'n sloot ingelei word... - hierdie word terloops ook in die konteks gebruik van "is blind"). Dit is duidelik dat die vyand op hierdie tye kan inbreek en so iemand lei op 'n verkeerde pad.  Wanneer kinders vd koninkryk in sonde stap en begin luister na ander bronne en hulle deur hulle laat lei, is hulle nie besig om te waak nie! Nog 'n tema wat hierby aansluit is "kinders vd nag" (of  "kinders vd lig/dag") - kinders vd nag is dronk, maar kinders vd dag is nugter - (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid")(Mark. 14:38; 1 Kor. 16:13)(Kol. 4:2 - " Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE OOR "WAAK":

Om die woord beter te verstaan kan ons ook kyk na 'n paar skrifgedeeltes waarin hierdie begrip voorkom:
- (1) Matt. 26 - Jesus besig om te bid, Getsémané, net voor Hy gevange geneem is... Hy vra 3 van Sy dissipels om saam met Hom te WAAK, maar toe Hy later weer by hulle kom VIND HY HULLE AAN DIE SLAAP, en sê vir hulle:-(Matt. 26:40,41 - "En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Hier sien ons 'n goeie vb. van hoe "slaap/nie waak nie" kan lei tot "in die versoeking kom"... (letterlik hier bedoel, maar dit het ook 'n geestelike betekenis;  want wanneer gelowiges "slaap" dan saai die bose onkruid/struikelblokke onder die koring, wat kan veroorsaak dat die gelowige onder versoeking kom).Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(2) (Mar 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, WAAK en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Hierdie beeldspraak word in ander gelykenisse ook gebruik waarin die Here voorgestel word soos 'n "man op reis"... (Luk. 20:9-18; Matt. 25:14-30) - in hierdie geval, Hy laat Sy huis agterna, gee Sy diensknegte volmag (het Sy besittings aan hulle toevertrou), gee vir elkeen werk, en die deurwagter bevel gegee om te waak... Niemand weet wanneer die eienaar terugkom nie, maar wat belangrik is is dat hulle nie slaap wanneer Hy terugkom nie! In hierdie geval sien ons dat waak beslis verwys na "wakker wees". Dit kan miskien vgl. word met Spr. 17:9 (alhoewel die konteks anders daar), van iemand wat homself oorgee aan dronkenskap (in hierdie geval liefde maak terwyl die vrou se man nie by die huis is nie...). Op ditto wyse ruk kinders bv. somtyds hand uit wanneer die ouers nie by die huis is nie... Op ditto wyse is daar diensknegte wat hand uitruk terwyl hulle Meester op reis is... Hier sien ons dat ONGEHOORSAAMHEID o.a. 'n verwysing kan wees dat iemand nie waaksaam is nie (bv., die ongehoorsame kind is nie waaksaam nie en sy ouers betrap hom onkant;  net so die kinders vd koninkryk wat hand uitruk en ongehoorsaam word en dus nie waaksaam is nie, en Jesus sal hulle onkant betrap - bestudeer veral die tema van "soos 'n dief in die nag" om hierdie nog beter te verstaan). 
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(3) (Luk 21:34-37 - "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"). In hierdie geval is die wat "waak" ook die wat "waardig geag sal word" -  "waak" in hierdie gedeelte verwys daarna dat ons nie ons harte beswaar met swelgery en dronkenskap, en sorge vd lewe nie... Vgl. dit met "die dae van Noag" en die derde groep in die gelykenis vd saaier., wat beslis beteken dat daardie mense nie gereed is/was nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(4) (Hand. 20:28-31 - "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie"). In hierdie geval beteken "waak" dat die opsieners/herders ag gee op hulleself en op die kudde... Waarvoor moet hulle oppas?  Daar sal wrede wolwe onder hulle inkom wat verkeerde dinge sal praat en die kudde sal probeer wegtrek om agter hulle aan te gaan - daarom is dit belangrik dat hulle nie "slaap" nie, want anders kan hulle in versoeking kom. Die wagters moet wakker wees! (anders word onkruid onder die koring gesaai). In die wagters se geval verwys dit nie net na die belangrikheid van vermaning waar nodig (soos Paulus gedoen het) nie, maar ook daarna dat hulle die gemeente moet versorg (laat hulle wei en gee vir hulle geestelike kos en water).  
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(5) (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaarsodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In hierdie geval sien ons hoe "klere bewaar" in dieselfde konteks gebruik word as "waak".  Die wat nie hulle klere bewaar nie moet pasop dat hulle nie naak staan teen die tyd wat Jesus terugkom nie - natuurlik is hierdie beeldspraak om te verduidelik dat die heiliges "klere aangetrek is" (bv., hulle sonde is vergewe en hulle is "bekleed met Christus"), maar as hulle terugval in sonde (en die sonde weer begin dien) dan is hulle besig om hulle klere te besoedel;  en as iemand wegval vd geloof in Christus kan hy nie verwag om saam met die volk te erf nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

- (6) (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die konteks van hierdie skrif gaan o.a. oor hoe hulle hulself moet verneder onder die kragtige hand van God...- in hierdie konteks word daar gepraat met die wat na die kudde omsien - hulle moet nie soos heersers optree nie, maar voorbeelde wees... (moet nederig wees, en die Here sal hulle verhoog op die regte tyd)(1 Pet. 5:1-8). Ons kry dieselfde konteks in Jak. 4... (Jak. 4:5-7 - "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). In hierdie geval word daar met al die broeders gepraat... - en daar word o.a. die volgende stelling gemaak: (Jak. 4:3,4 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Kinders vd Koninkryk wat geestelik "slaap" (wat kies om nie te sien en hoor nie) of "dronk" is (die wat geestelik dronk is van sonde, afgode en wereldse wysheid), is HOOGMOEDIG.  Die manier om die duiwel te weerstaan is nie deur harder van hart te word nie... - die duiwel loop rond en soek wie hy kan verslind, en die manier hoe hy wegvlug is wanneer mense hulleself voor die Here VERNEDER ;  so iemand word gesien as nugter, en is dus waaksaam. Ef. 4:27 waarsku dat ons nie aan die duiwel moet plek gee nie, en in die gedeelte word kinders vd koninkryk aangemoedig om hulle met die nuwe mens te beklee en sondes af te le. Maar as 'n kind vd koninkryk in sonde stap en hom/haar nie daarvan wil bekeer nie, is hy/sy besig om "soos die heidene" te wandel en aan die duiwel plek te gee... (Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe").  Om jou hart te verhard verwys na mense wat wetend ongelowig bly... - hulle kies om nie te glo nie, of om te doen wat hulle wil en nie wat die Here wil nie. Die uiteinde is dat so iemand later "nie sien nie" en "nie hoor nie" (soos 'n dronk mens of iemand wat aan die slaap is). Vgl. dit met sekeres in die gemeente van Sardis, kinders vd koninkryk wie se KLERE BESOEDEL was... (Openb. 1:3-6) - en kyk die waarskuwing wat vir hulle gegee word:  (Openb. 3:3 - "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie").
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:

- (7) (Luk 12:37-40 - "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer WAKKER sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy GEWAAK het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook GEREED WEES, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie"). Konteks?  Ons lampe moet aan die brand wees! (Luk 12:35,36). Vgl. dit gerus met die 10 maagde (5 het olie gehad en 5 nie - vir 5 is oopgemaak, en 5 nie). Kinders vd Koninkryk het die lig! - hulle is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (maw, hulle is wakker want hulle "sien") - maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv. hulle antwoorde op ander plekke soek, ander bronne raadpleeg en bv. valse leerstelling aanneem) staan hulle die gevaar om "sonder olie" te wees - sal "donker" opeindig, soos lampe sonder olie...
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE OOR HOE HIERDIE VERSKILLENDE SOORT BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD... (bv. slaap of wakker, dronk of nugter, kinders vd duisternis of kinders vd dag), en HOE DIT AANSLUIT BY "om waaksaam te wees":

Grieks en Hebreeuse betekenis vd woord "waak" - Wat dit beteken om "wakker te wees":
Die wat nie waak nie is aan die slaap.  Wanneer jy aan die slaap is kan jy NIE WAAK NIE... "Waak" is die Hebr. woord "shaw-kad'"(Esra 8:29) wat beteken "wakker bly" of "om bedag/'alert' te wees" of "wag te hou,/uit te kyk vir";  en Griekse woord "gray-gor-yoo'-o" (Matt. 24:42), wat beteken "om wakker te bly, hou wag" (bv. "vigilent"-gee aandag aan iets wat kan gebeur). As jy g'n niks verwag of weet wat kan of gaan gebeur nie, is jy soos iemand wat aan die slaap is.  Bv., gelowiges wat tyd met die Here spandeer (bv. in gebed en woord) weet gewoonlik wat die Here wil doen, watter woord Hy wil laat uitgaan, hoe Hy "sien en dink"...ens.  - hulle word soos "vriende" en begin om die Here se planne te ken... (Joh. 15:15)(bv. hoe die Here oor iets dink, wat Hy beoog om te doen, ens.);   maar die wat nie tyd met die Here spandeer nie is soos mense wat slaap... - daarom weet hulle g'n niks wat aangaan nie!;  of is soos mense wat dronk is en hulp elders kry.  

Wanneer daar nie gewaak word nie saai die vyand onkruid onder die koring:
Die vyand kom in waar mense SLAAP..., en is juis die rede waarom daar somtyds ONKRUID (valses) onder die KORING (opregtes) gesaai word. Dit is dus die rede waarom valse profete en valse leraars (struikelblokke) die kerk somtyds insluip... (Matt. 13:25). In 'n kerk waar baie (of die wagter) slaap kan dus verwag word dat onkruid so sal insluip... (kyk  gerus die geestelike betekenis vd woord "slaap" in die Skrif).  Om "aan die slaap" te wees verwys dus deels na daardie kinders vd Koninkryk wat wandel soos kinders vd duisternis... (hulle wandel nie soos hulle behoort te wandel nie). Kyk bv. die konteks van Ef. 5 waarin gelowiges vermaan word om sonde en afgodsdiens af te lê en gevra word om "die tyd uit te koop"... (Ef. 5:14 - "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn").  Maar die wat "wakker" is verwys gewoonlik na  kinders van die lig , kinders vd dag (1 Thess. 5:1-10)(mens is in die dag wakker...).  KINDERS VD DAG verwys tipies na die wat nie onder toorn sal kom nie... (hulle sal nie deur die "tweede dood" gaan nie)(1 Thess. 5:9).(1Th 5:6-8 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid") - hulle het die hoop op saligheid want hulle "sien" en "hoor";  hulle het dus geloof en liefde. Dit verwys veral na die wie se SINNE VERLIG is! (2 Kor. 4:4-hulle "sien" en "verstaan" - bv., ken die waarheid en die Here se wil)(vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html). Wanneer kinders vd Koninkryk "slaap" dan kan hulle nie sien of hoor wat om hulle aangaan nie, maar WANNEER HULLE WAKKER IS KAN HULLE SIEN EN HOOR.  

Die wat dronk is word ook somtyds vgl. met kinders vd duisternis (of na die wat slaap):
Dronk mense kan nie hulle goed beskerm nie, en hulle val maklik en word rondgeslinger ...(bv. in hierdie konteks verwys dit na "val vir versoekinge" soos sonde, of word deur soorte leringe rondgeslinger-Hebr. 13:9). In beeldspraak beteken om "dronk" te wees  na gelowiges wie se sinne bedorwe is...(natuurlik verwys dit NIE na die wat "dronk van die Heilige Gees" is nie!).  Die wat dronk is gee net ag op hulle eie begeertes en gedagtes, en doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie) - bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens.  

Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike "diep slaap", sodat hulle oë nie sien nie en hulle ore nie hoor nie... (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(hierdie verwys na die wat die waarheid ken maar hulle harte verhard/bv., hulle bly wetend ongelowig en doen wat hulle wil...) - omdat hulle hul nie bekeer van hulle verkeerde dade en verkeerde manier van "sien" nie, gee die Here hulle uiteindelik oor aan hulle begeerte (Rom. 1).  Hulle "sinne is verblind" (soos die ongelowiges) - hulle dink hulle "sien en hoor" maar doen nie werklik nie - hierdie kan ook vgl. word met "dronk" gelowiges.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd Koninkryk word dus nie net aangemoedig om WAAKSAAM te wees nie, maar ook NUGTER... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind). Die wat SLAAP of DRONK is is NIE GEREED NIE, maar kinders vd lig is mense wat waak en nugter is, en is dus gereed! (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").