Sondag 08 Julie 2012

Die wat hulle lewe verloor, sal dit wen

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wat-het-logika-daarmee-te-doen_29.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/dis-orraait-om-te-verloor.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Luk 17:26)  En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
(Luk 17:27)  hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
(Luk 17:28)  Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
(Luk 17:29)  Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
(Luk 17:30)  Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
(Luk 17:31)  In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
(Luk 17:32)  Dink aan die vrou van Lot!
(Luk 17:33)  Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
(Luk 17:34)  Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:35)  Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:36)  Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
(Luk 17:37)  En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. 


( -  die konteks waarin die woorde "elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor" gebruik is, is die wat nie kan afstand doen van hul wereldse lewe en  besittings nie, - die wat "doen soos hulle wil en 'n lewe vir hulle skep soos hulle dink dit moet wees", - die wat hulle sekuriteit plaas in die wereldse dinge, -die wat meer besig is met die lewe, as met die Here!)


------------------------------------------------


(Luk 6:20)  Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
(Luk 6:21)  Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
(Luk 6:22)  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
(Luk 6:23)  Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
(Luk 6:24)  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
(Luk 6:25)  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
(Luk 6:26)  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.



(-  l.w. wat Jesus sien as "seeninge" - heelwat anders as wat  meeste gelowiges geleer word deesdae!-  vgl. dit gerus met bogenoemde skrifgedeelte).
(kyk ook my blogpost getiteld: " wie is die geseende?")
--------------------------------------------


(2Pe 2:20)  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.

(2Pe 2:21)  Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.

(2Pe 2:22)  Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

(- die skrifgedeelte is tipies van die wat nie die wereldse begeertes kan opgee ter wille van die Here nie - so iemand soek nie na die wil van die Here nie en kies die lewe bo die Here;  wat 'n vreeslike oordeel wag op hulle!)

------------------------------------------------

(Jas 4:13)  Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak—
(Jak. 4:14)  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
(Jas 4:15)  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
(Jas 4:16)  Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.
(Jas 4:17)  Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.  

-  (l.w., kyk wat beteken "om goed te doen" in hierdie gedeelte:  -dit is die wat die Here se wil soek in hulle lewens en nie self besluit wat hulle sal doen of nie sal doen nie!!! -met dit ingedagte, sal die prentjie van die skape en bokke vir baie, heelwat anders lyk as wat hulle gedink het.  Baie mense dink dat "goed doen" te doen het met enige iets goed doen, maar dit het te doen met "die wil van die Here")

-------------------------------------------------------------

(Jas 5:1)  Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.
(Jas 5:2)  Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.
(Jas 5:3)  Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
(Jas 5:4)  Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
(Jas 5:5)  Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag.
(Jas 5:6)  Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
(Jas 5:7)  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.
----------------------------------


(Mar 8:31)  Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.
(Mar 8:32)  En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
(Mar 8:33)  Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.
(Mar 8:34)  En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
(Mar 8:35)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
(Mar 8:36)  Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
(Mar 8:37)  Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
(Mar 8:38)  Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
------------------------------------

(Mat 10:37)  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

(Mat 10:38)  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

(Mat 10:40)  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

(Mat 10:41)  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.

(Mat 10:42)  En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker kou water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
-----------------------------------------

(Joh 15:18)  As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

(Joh 15:19)  As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

(Joh 15:20)  Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.

(Joh 15:21)  Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
-----------------------------------------------------------


Soek 'n resep vir meer geloof ?  Hier is dit !
------------------------------------------------
(Luk 17:5)  Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

(Luk 17:6)  En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.

(Luk 17:7)  En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

(Luk 17:8)  Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

(Luk 17:9)  Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

(Luk 17:10)  So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

Geen opmerkings nie: