Maandag 17 November 2025

Sinagoge vd Satan / dieptes vd Satan / troon vd Satan

In hierdie pos kyk ons na 3 terme/verwysings in die boek van Openbaring, en probeer verstaan waarna presies dit verwys.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Sinagoge vd Satan

- Dieptes vd Satan

- Troon vd Satan

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

Alhoewel die "7 briewe aan 7 gemeentes" (in Openb. 2 en 3) gesien word as kerke van die tyd waarin Johannes die briewe geskryf het, word dit ook somtyds gesien as voorstellings van gemeentes in die einde van dae voor Jesus terugkom;  bv., in Openb. 3:9 (die brief aan die gemeente in Filadelfía) word belowe dat hulle "bewaar sal word in die uur van beproewing" ('n "uur" wat baiemaal na verwys word as 'n tyd in die einde van dae wanneer die bewoners vd aarde op die proef gestel sal word...). Sommige geleerdes is van mening dat die betrokke 7 briewe/gemeentes verwys na 7 tydperke. Nietemin, al sou dit slegs geskryf wees aan spesifieke gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, dan kan ons baie leer deur hierdie 7 briewe... (bv., wat Jesus van ons verwag, hoe belangrik dit is om ag te gee op die pad van godsaligheid, die gevaar van om "geestelik te hoereer", ens.).

In twee vd 7 briewe word spesifieke verwysings gemaak waar oor iets spesifiek gepraat word..., nl. die "sinagoge vd satan" (waaraan die wat vals is "behoort"/Openb. 2:9), die "dieptes van satan" (Openb. 2:24), en die "troon vd satan" (Openb. 2:13)..., maar waarna presies vewys hierdie terme?  Is dit letterlik of beeldspraak? In hierdie pos ondersoek ons hierdie spesifieke terme om te verstaan waarna presies dit verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "sinagoge van die Satan": 

In twee van die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring word die term "sinagoge van die Satan" gebruik, waar daar verwys word na 'n vergadering van mense/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... (hulle is na die vlees, maar nie na die gees nie) - die groep word o.a. beskryf as 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9).      Die woord "satan" verwys na 'n aanklaer, meer presies is die Satan 'n VALS AANKLAER.. In Openb. 20:2 word daar na die draak/ou slang ook o.a. verwys as 'n duiwel en "satan"... Waar die woord "satan" gebruik word in die Skrif, verwys dit in meeste gevalle na 'n spesifieke wese (Job 1 en 2; Sag. 3:1,2; Luk. 10:18; Matt. 12:26; Luk. 22:31; 1 Kor. 7:5; 11:14; Openb. 12:9; 20:2,7), maar word ook somtyds gebruik as 'n beskrywing (bv 'n vals aanklaer, en dan word die woord "satan" gebruik... / Mark. 8:33). 

Die wie se sinne verblind is word gesien as "onder die mag van die Satan" (Hand. 26:18); of die wat in sonde stap word somtyds beskryf as "dronk" soos iemand wat deur die Satan beinvloed is... (bv wat aanbetref die manier hoe hulle sien en dink, asof hulle van hom "gedrink" het, wat verwys na wereldse wysheid)(Hand. 5:3; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 5:15)(en kan in sommige gevalle moonltik toegeskryf word aan bose geeste wat in mense ingaan/Joh. 13:27?). M.a.w., nie oral waar die woord "satan" in die skrif gebruik word verwys dit na die spesifieke wese wat ook draak en ou slang en duiwel genoem word nie, maar somtyds beskryf dit dat iemand onder die mag van hom is, of soos hy is. Die woorde "sinagoge van Satan" verwys nie noodwendig na een spesifieke plek op aarde waar die kerk van satan bestaan nie (alhoewel dit ook kan), maar is meer beskrywend van mense wat SOOS DIE SATAN vals aanklaers is (kwaadsprekers en leuenaars);  baie soos daar na 'n Christelike kerk/vergadering/gemeente verwys word as 'n groep mense wat eenders dink en sien, maar in die geval van Openb. 2:9 verwys dit na 'n groep Jode, wat die naam het van Jode en veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik aan die "gemeente" van die Satan behoort, want hulle dink en sien soos hy... (Joh. 8:44)., of tree soos hy op! (is leuenaars en lasteraars)(Openb. 2:9; 3:9). 

Kom ons kyk na die 2 skrifgedeeltes waar die term voorkom:

(1) Brief aan die gemeente in Smirna:

(Openb. 2:8)  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: (Openb. 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n SINAGOGE Gr. woord "soon-ag-o-gay'", wat verwys na 'n vergadering van mense, bv. 'n Joodse sinagoge - vergadering, gemeente, sinagoge) VAN DIE SATAN (Gr. woord "sat-an-as'" - aanklaer, duiwel)(Openb. 2:10)  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (Openb. 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.         Dieselfde Gr. woord vir "sinagoge" kom in vele ander skrifte voor... (Matt. 12:9; Mark. 6:2; ens.), waar daar verwys word na 'n bymekaarkom plek van mense van dieselfde geloof (soos 'n kerkgebou) - die woord "sinagoge" in Openb. 2:9 word gebruik, want dit is "Jode" wat bymekaarkom ("Joodse kerk"), maar in hierdie geval verwys dit na Jode wat veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik die Satan dien. 

Die gemeente van Smirna het verdrukking en armoede geken, maar het die werke gehad en was ryk in die Here (Openb. 2:9);  maar daar was 'n groep wat hulle gelaster het en kwaadgepraat het van hulle..., en in die gedeelte verwys die wat van hulle kwaadpraat, na 'n spesifieke groep Jode. Die gemeente van Smirna word bemoedig om vas te staan!, want die duiwel sou ook sommige van hulle in die gevangenis werp... (en die Here het dit toegelaat sodat hulle geloof op die proef gestel word)(Openb. 2:10). 

Slotsom: DIE "SINAGOGE VD SATAN" VERWYS NA 'N GROEP MENSE WAT HULLE VOORGEDOEN HET AS MENSE WAT DIE HERE DIEN, MAAR HULLE WAS VALS EN HET EINTLIK DIE SATAN GEDIEN (want hulle sien en dink soos hy / lasteraars en kwaadsprekers).  Kwaadpraat is baiemaal 'n kenmerk dat iemand vals is - die rede waarom hulle kwaadpraat/valse aanklagte maak van die opregtes, is om hulle te verwoes en keer dat ander na hulle luister - hulle wou keer dat die evangelie en waarheid uitgaan. In ag geneem dat dit is wat die woord "satan" beteken, nl. 'n vals aanklaer, is dit duidelik dat hierdie kwaadsprekers satan se werk doen! (want hulle kla mense vals aan/is kwaadsprekers net soos die Satan doen).

(2) Brief aan die gemeente in Filadelfía:

(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: (Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. (Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die SINAGOGE VAN DIE SATAN, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. (Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. (Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.      - Die gemeente in Filadelfía het min krag gehad, maar het die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloën nie... (3:8). Ook in hierdie geval was daar 'n groep wat gelaster het en kwaadgepraat het van hull...e, maar die Here bemoedig hulle dat diesulkes uiteindelik sal kom en voor hulle voete neerbuig en erken dat die Here hulle (gemeente van Filadelfia) liefgehad het... (3:9).  Die gemeente van Filadelfia word o.a. belowe dat hulle bewaar sal word in die uur van beproewing (wanneer die res vd wereld beproef sal word). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "troon van die Satan": 

Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.       - Die woord "satan" beteken "aanklaer", en word gewoonlik gebruik in konteks met 'n spesifieke bose wese, die een wat die hele wêreld verlei (Openb. 12:9), ook genoem "die duiwel/ou slang/ groot draak/Beëlsebul"... (elkeen van hierdie woorde beskryf hom op 'n ander manier). Die woorde "troon van" verwys duidelik na die troon van hierdie spesifieke aanklaer..., maar is dit 'n fisiese plek op aarde?, of beeldspraak?  

Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 13:2 vd dier uit die see se troon - ("En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag") - diere in profesie stel gewoonlik nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n koning (bv. die koning van daardie koninkryk). Die troon is gewoonlik die plek waarvanaf 'n koning regeer. Die "troon van Satan" waarna verwys word in Openb. 2:13 mag dalk verwys na so 'n spesifieke troon, bv. soos in Openb. 13:2 (want in die einde van dae sal 'n koninkryk/koning opstaan aan wie die draak, nl. die Satan, sy krag en TROON en groot mag sal gee...). Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 12:9 (waar die manlike kind weggeruk word na God en sy troon ),  asook baie ander skrifte (in Openb. 12:9 verwys "troon" nie na die Satan se troon nie, maar na God se troon). Duidelik, in hierdie geval, verwys dit na 'n fisiese plek waar God se troon is.  Die woord "troon" in Openb. 2:13 verwys na die troon van die wereldse god... (sien die woorde troon "van die Satan"), en beskryf duidelik 'n plek waarvanaf die Satan regeer..., hetsy fisies of nie.  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem moet word of beeldspraak is, is nie seker nie, maar as dit 'n konneksie het met Openb. 12, dan kan dit na 'n letterlike troon verwys. Kyk bv. Openb. 12:2, waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk... (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word, of waarvanaf hy deur iemand "regeer". Daar word wel na die Satan verwys as die god van hierdie wereld, maar nie bedoel dat hy god gemaak is oor die wereld nie, maar verwys eerder na hoe baie mense onder sy mag is en hom sien as 'n god. Tog duidelik is Jesus Christus die Een wat al die mag het! (Hebr. 2:14; Kol. 2:15; 1 Pet. 3:22), nie die Satan nie, maar mense gee hom mag in hulle lewens... (hy is dus hulle god).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "dieptes van die Satan":

Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.      -  Om hierdie beter te verstaan, kom ons kyk na ander voorbeeld waar die woorde "dieptes van..." gebruik word. Dieselfde Griekse woord bv. ook vir "dieptes" gebruik in 1 Kor.. 2:10... ("Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God") - in konteks word daar verwys na hoe die wysheid wat die apostels verkondig nie ‘n wysheid van hierdie is wêreld nie, of van hierdie wêreld se heersers ('n wysheid wat vergaan) nie, maar is wysheid van God (1 Kor. 2:6,7; wat terloops o.a. verwys na "verborgenhede";  wysheid wat bedek was wat geen vd wereldheersers ken nie - hierdie wysheid, waarna verwys word as "dieptes van God" in hierdie konteks, word net gegee aan mense wat die Heilige Gees het (1 Kor. 2:7-15)(Jes. 48:16 - "Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur"). In konteks verwys "dieptes van God" m.a.w. in 1 Kor. 2 na wysheid wat "geestelike mense" verstaan (omdat hulle die Heilige Gees het), maar die natuurlike mens kan dit nie verstaan nie.      As ons hierdie sou vgl. om beter te verstaan wat bedoel word met "dieptes van Satan", wil dit voorkom of dit gaan oor wysheid, maar natuurlik in hierdie geval "wereldse wysheid", sekerlik verborgenhede wat deur die Satan openbaar word aan die wat hom dien... (m.a.w., dit wat die dienaars van Satan verstaan, bv. wat vir hulle gegee word deur onreine geeste). Bv., wat die gemeente in Thiatíre aanbetref, was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee... (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet), en duidelik het sy 'n sekere wereldse kennis/wysheid gebruik om die mense te verlei, 'n wysheid verkry van die Satan. Die "lering" wat sy gebring het is duidelik nie wysheid van God nie. Waar die geestelike mens "die dieptes van God" leer ken deur die Heilige Gees, verkry die dienaars van Satan hulle wysheid deur ander geeste (bv. onreine geeste). Die term "dieptes van satan" wil dus voorkom of dit verwys na "wysheid wat van die bose verkry word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 09 November 2025

Die Nagmaal (3)

 IN HIERDIE POS KYK ONS NA HOE WORD DIE NAGMAAL GEBRUIK?  Vir die ander opsommings in hierdie reeks poste oor "die nagmaal", gaan na:

Wat is die nagmaal? (1)

- Wat is die betekenis van die nagmaal? (2)


Rol af vir die volgende opsommings:

- Hoe word die nagmaal gebruik?

- Gemeenskap met die altaar

- Op onwaardige wyse gebruik

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe word die Nagmaal gebruik?

Die nagmaal was oorspronklik ingestel deur Jesus Christus self, tydens 'n pasgamaal - en Hy het die brood geneem en gebreek en met almal gedeel..., en toe die wyn geneem en gedeel... (Mark. 14:22-24 - "En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word"). Hierdie metode word steeds gevolg, alhoewel dit nie spesifiek gedoen word saam met die Pasgamaal (soos waarmee dit oorspronklik ingestel was) nie, maar word dikwels geneem soos Jesus se bedoeling was. In 1 Kor. word ook hierna verwys... dat die nagmaal "dikwels" geneem is (terwyl die Pasga slegs een keer 'n jaar  is) (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Tydens die nagmaal word dieselfde woorde gebruik as waarmee Jesus dit ingestel het, nl. dat met die brood dit Sy liggaam voorstel, en met die wyn, dat dit Sy bloed en nuwe testament voorstel...

Die nagmaal word gesien as 'n HEILIGE (afgesonderde) MAAL waarin spesifiek BROOD EN WYN gebruik word - alhoewel dit saam met 'n maaltyd gebruik kan word, is dit nie 'n gewone maaltyd nie! - daar word spesifiek tyd daarvoor uitgesit...(want dit stel baie spesifieke dinge voor, en kan terloops gesien word soos om te deel aan 'n offeraltaar - rol af vir meer inligting hieroor). Om te verstaan "hoe" die nagmaal gebruik word, is dit belangrik om te weet wat die brood en wyn voorstel en hoekom dit geneem word (bestudeer gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2025/07/die-nagmaal-2.html).  Daar moet bv. brood wees omdat die  BROOD = LIGGAAM voorstel, en daar moet wyn wees, omdat die WYN = BLOED voorstel.  Die brood en wyn word geneem "TOT GEDAGTENIS VAN JESUS CHRISTUS" (herdenk Sy dood)(1 Kor. 15:15,17), en die wat dit neem het GEMEENSKAP MET SY BLOED EN LIGGAAM (1 Kor. 10:16,17) (dit wys bv. op die feit dat Jesus se liggaam vir ons gebreek is en Sy bloed vir ons gevloei het). 

(1)  Om nagmaal te kan neem moet daar BROOD EN WYN wees:   Die wyn stel BLOED voor: stel die nuwe testament en vergifnis van sondes voor in Jesus Christus bloed voor... (1 Kor. 11:25)(die nuwe testament het in werking getree toe die Testamentmaker sterwe - ons is in die bedeling waar ons vergifnis kry deur Sy bloed en is onder die wet van die Gees).  Jesus Christus is ons ewige Hoëpriester... (Hebr. 9:11,12), en noodwendig met verandering van priesterskap kom daar ook verandering van wet (Hebr. 7:11,12);  dus, wanneer die wyn geneem word met die nagmaal verwys dit nie net na die vergifnis wat in Jesus Christus is nie, maar ook na die feit dat die wat dit neem onder 'n nuwe testament is (met 'n nuwe hoëpriester, en terloops en wat dit vir ewig is!). Die brood stel LIGGAAM voor:  stel Jesus se liggaam voor wat vir ons gebreek is - Sy liggaam is vir ons soos brood, en dit wys ook dat ons almal deel is van Sy liggaam deel van "een brood" - geestelike mense word soos 'n liggaam voorgestel, as 'n "nuwe mens", Jood en heiden een - verwys dus o.a. ook na die nuwe testament)(1 Kor. 11:24; Ef. 2:11-16)(Hy het in ons plek gesterwe sodat ons genesing kon kry, maw die lewe kan kry - die wat dit neem bely dus dat hulle die mense is wat die ewige lewe deur Hom verkry-Joh. 6:51). Sy liggaam word deur die brood voorgestel = die wat in die nagmaal deel breek "een brood"/is deel van hierdie liggaam van Christus, deel van die groep wat die ewige lewe deur Jesus ontvang (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Jesus is soos brood (vir die wat in Hom glo)(Joh. 6:48) - die wat die nagmaal gebruik is besig om "van Sy vlees te eet" (natuurlik nie letterlik nie).  Jesus het geleer dat die wat van hierdie "brood" eet, sal lewe tot in ewigheid! (Joh. 6:5-54). Wanneer iemand nagmaal gebruik en die brood eet, is hy o.a. besig om sy hoop te plaas in Jesus Christus wat vir hom die ewige lewe kan gee, en getuig deur die nagmaal dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het (Hy, die Lam) sodat ons kan lewe (Joh 6:51 - "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee").

(2)  Dit is 'n AFGESONDERDE MAAL (is heilig):  Dit is duidelik dat hierdie maal nie 'n gewone maaltyd is nie!, want die rede waarom BROOD en WYN gebruik word is dat dit VERKONDIG DIE HERE JESUS SE DOOD TOT HY KOM (1 Kor. 11:26) - gewone maaltye stel nie dieselfde voor nie! (die nagmaal is dus terloops iets wat gebruik word "totdat Jesus weer terugkom"). So, elke keer wanneer die nagmaal gebruik word is die wat daaraan deelneem besig om Jesus se dood te verkondig... - Hy het Homself vir ons opgeoffer, en dit word deur die Nagmaal gevier tot Sy gedagtenis.  

(3)  Die nagmaal word GEWOONLIK gebruik WAAR GELOWIGES SAAM IS (en die brood en wyn word gedeel):  - die twee elemente beteken elk iets en daar is 'n rede waarom dit gedeel word...  Die brood en wyn word gewoonlik geneem waar die gemeente, altans gelowiges saam is..., en met rede!, want gereddes/weergeborenes is familie van Jesus Christus en val onder die groep "geestelike mense" (mense "gebore uit God"). Die gemeente wat dit tesame neem, neem dit saam omdat hulle as 'n geheel gesien word - (1)(is van Sy "vlees en van Sy bene" - uit Hom gebore, uit Sy saad gebore, nie letterlik nie maar geestelik - is m.a.w. deel van Sy nageslag en deel van die wat gaan erf), en (2)(en wat "vlees en bloed" aanbetref: -  "geestelike mense" is lede van die "Liggaam van Christus" - die "nuwe mens" - Jood en heiden in een "nuwe mens" (1 Kor. 14; Ef. 2:11-16)). Tydens die nagmaal word die BROOD en WYN tussen almal gedeel wat na hierdie eenheid verwys; nl. is "geestelike mense" - is familie van mekaar en is deel van die wat eendag gaan erf en ewig lewe);  en "is uit God gebore", is van Sy vlees en bene (is Sy familie - is soos Hy - dink en sien dieselfde/is 'n eenheid)(Joh 6:52-57 - "Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie (weergeborene het lewe) Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe"). (https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html) Die NAGMAAL is dus o.a. 'n teken van "die nuwe mens" - wat nie net verwys na elke weergeborene nie, maar ook die kerk as 'n "nuwe mens" = m.a.w. Christus se kerk ("liggaam") (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Die groep wat hierdie maaltyd dikwels neem, verwys eintlik na die wat in Jesus Christus glo en Sy Gees het... ( is mense wat vergifnis ontvang het en onder 'n nuwe wet, nl. die wet vd Gees (deur Sy bloed), en verwys na die wat die ewige lewe ontvang (deur Sy liggaam)).  Hulle is nie net familie van Jesus Christus nie, maar ook familie van mekaar (hulle deel in een brood - is van Sy vlees en bene...)(bestudeer die term "liggaam en bloed" om hierdie beter te verstaan/1 Kor. 10:16; 11:27).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Gemeenskap met die "altaar":

In 1 Kor. 10 word daar verwys na hoe die wat aan die nagmaal deelneem, eintlik besig is om gemeenskap te hê met die altaar... (v. 18), en dat die wat dit gebruik daarom moet seker maak dat hulle "welgevallig" is.  Die konteks hier gaan oor afgodediens, want daar word o.a. gevra om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS!, maar let ook daarop dat met "afgodediens" nie alleenlik altyd verwys na die fisiese aanbidding van beelde nie, maar baie ander spesifieke dinge word in konteks ook hier verduidelik as afgodediens, bv. begeerte na slegte dinge, hoereer, murmureer, en om die Here te versoek... Vgl. hierdie met (Kol 3:5,6 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die  ongehoorsaamheid kom"). Hierdie sondes word spesifiek gesien as "afgodediens" (dit waarmee hulle gemeesnkap het), en die wat hulle met dit besig hou is besig om ook by 'n ander altaar (gemeenskap) te eet en drink. DIE KONTEKS van 1 Kor. 10 IS DUS VERAL DAT DIE WAT AAN DIE NAGMAAL DEELNEEM, ALMAL IN EEN BROOD DEEL..., MAAR NIE HULLE ALMAL IS NOODWENDIG VIR DIE HERE WELGEVALLIG NIE (want sommige is besig met afgodediens, nl. aanbidding van beelde, sommige hoereer, sommige is murmureerders, sommige versoek die Here) - hulle deel in dieselfde drank en spys (soos die volk van God in die woestyn-1 Kor. 10:3,4), maar dit beteken nie dat die Here tevrede is met almal teenwoordig nie. Daarom moet elke lid (wat deel het aan die nagmaal saam met die res van die liggaam van Christus) homself beoordeel, want ongeoorloofde "gemeenskap" is 'n ernstige saak! Christene mag bv. nie gemeenskap he met duiwels, die duisternis, sonde, of iemand anders se bose werke nie..., en sekere vorme van vleeslike gemeenskap is ook verbode, bv. 'n man met iemand anders se vrou, mans met mans, of vrouens met vrouens, ens.  As 'n Christen besig is met 'n vorm van gemeenskap wat nie geoorloof is nie, word dit gesien asof daardie persoon besig is met afgodediens sou hy nou in ook gemeenskap probeer tree met Jesus se vlees en bloed deur die nagmaal. Waarmee of met wie jy gemeenskap het het 'n invloed, en sou jy jouself nie beoordeel nie kan jy 'n oordeel oor jouself eet en drink. Die nagmaal is bedoel vir "geestelike mense", maar die waarheid is dat baiemaal is daar mense wat nie welgevallig is vir die Here nie, maar tog deelneem aan die nagmaal! Paulus praat hieroor in 1 Kor. 10. - dit is belangrik dat die wat deelneem aan die nagmaal hulleself beoordeel, want jy kan 'n oordeel oor jouself "eet en drink" sou jy dit bv. op onwaardige wyse gebruik (1 Kor. 11:29). Wat vir ons o.a. in 1 Kor. 10 geleer word, is dat nie almal wat die nagmaal gebruik eendag inderdaad sal "erf" nie...  (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Natuurlik is daar genesing en lewe in die liggaam en bloed van Christus, maar neem kennis dat genesing en vergifnis gekoppel is aan spesifieke voorwaardes (bv. geloof en om die Here alleen te dien). Die wat  neergeslaan is in die woestyn, is 'n voorbeeld van wat gebeur met mense wat hulleself nie beoordeel nie (1 Kor. 10:5,11). Dus, gelowiges wat begerig is na slegte dinge, afgodedienaars is, of hoereerders, murmureerdes, of mense wat die wat die Here versoek... (1 Kor. 10:6-10)(1Kor. 10:12 - "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie"), moet liewer nie die nagmaal gebruik nie, want Christene wat hulle met hierdie dinge besig hou is eintlik besig met afgodediens (Kol. 3:5; 1 Kor. 10), wat terloops bloedskuld veroorsaak!. Die nagmaal is soos om gemeenskap te hê met 'n altaar...(1 Kor. 10:18)(dit verkondig immers die dood van Christus), en kan dus op beurt gesien word soos 'n OFFER, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus... Dit is 'n ernstige saak, want deur dit te neem bely jy dat jou hoop is op Jesus Christus se offer (Sy vergifnis, lewe in Hom, is deel van Sy liggaam, is onder die wet vd Gees). Gelowiges is nie geoorloof om beide die beker (of tafel) van die Here asook die beker (of tafel) van duiwels te neem nie.  

In ander woorde, 'n gelowige wat afgodsoffers eet of afgodsdrank drink (hetsy self offer, of saam met die wat dit offer eet of drink), is besig met afgodsdiens!, en eintlik besig om aan duiwels te offer - as so iemand nou aan die nagmaal tafel kom deelneem, dan kan hy God se ywer opwek!  Gelowiges word in 1 Kor. 10 gevra om te vlug vir die afgodediens, want die wat die offers eet het gemeenskap met die altaar... (1 Kor. 10:18; 1 Kor. 9:13). (1Kor. 10:19-22 - "Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?"). IN HIERDIE GEDEELTE WORD DIE GELOWIGES OOK GEWAARSKU OM NIE TE DEEL AAN AFGODSOFFERS NIE en te DOEN SOOS SEKERES ONDER DIE VOLK WAT DEELGENEEM HET AAN DIE AFGODSTAFEL NIE... (1Kor. 10:7 - "En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel");  want l.w., terwyl hulle dit gedoen het was hulle besig om aan duiwels te offer. DAAROM MOET ELKEEN WAT AAN DIE NAGMAAL TAFEL DEELNEEM HOM/HAARSELF BEOORDEEL. Jy kan nie aan beide offertafels deelneem nie! In ag geneem waarna die nagmaal verwys... (bv. dat dit die Here se offer herdenk en ons gemeenskap het daardeur aan Jesus se liggaam en bloed), is dit logies dat iemand dit nie kan neem terwyl hy ook offer aan ander "altare" nie. Die nagmaal is bedoel vir die wat in Jesus Christus glo as die weg, waarheid en lewe..., mense wie se sondes in Hom vergewe is en onder die wet van die Gees is (m.a.w. word eintlik deur "reines" gebruik;  maar die wat afgode aanbid of aan afgodspraktyke deelneem, is onrein).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wie op onwaardige wyse neem:  

Wanneer 'n Christen deel in die nagmaal, maar op ander geleenthede ook "offer aan ander altare" bv. afgode, dan is hy besig om met beide gemeenskap te hê... (1Kor. 10:20,21 - "Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie").  As gelowiges dit doen, kan hulle die Here se ywer opwek (want Hy is 'n jaloerse God)(1 Kor. 10:22), en kyk wat het met die in die woestyn gebeur wat dit gedoen het... In ander woorde, as 'n geestelike mens gemeenskap het met 'n afgodstafel, is hy besig met 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap ("gemeenskap" gaan oor deel...). Sekere vorme van gemeenskap is nie geoorloof nie! - en met rede;  (bv., gemeenskap met afgode is verbode vir die geestelike mens). Ander vorme van "gemeenskap" wat vir die geestelike mens verbode is, is (1) gemeenskap met ongehoorsame (Christelike) broers en susters (2 Thess. 3:14 - bv. in hierdie geval is die rede spesifiek sodat die ongehoorsame kan skaam word, nie om hom te veroordeel nie - dit is dus net vir 'n wyle...), (2) gemeenskap met Christelike broers en susters wat nie bly in die gesonde leer van Jesus nie maar 'n ander lering bring (2 Joh. 1:11 - gemeenskap in hierdie geval word selfs beskryf as "gemeenskap met hulle bose werke!"), (3) gelowiges mag ook nie in dieselfde juk trek met ongelowiges nie..., nl. om gemeenskap te he met die duisternis of met hulle sondes (2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). Om in dieselfde tafel te deel, is 'n vorm van gemeenskap - bv., waar iemand deel in voedsel wat aan afgode geoffer is (maw in die konteks van iemand wat self offer aan afgode, of "dit te eet in die teenwoordigheid van die wat dit aan afgode offer"), word dit gesien as "gemeenskap met duiwels" (1 Kor. 10:18-20).  Waar Christene met mekaar die brood en wyn (dieselfde tafel) deel, is dit ook  'n vorm van gemeenskap... - in hierdie geval verwys dit veral na gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus. Jesus het o.a. in Mat 5:23,24 geleer dat as jy jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, moet jy jou gawe eers laat voor die altaar en gaan versoen eers met jou broeder - en kom dan en bring jou gawe...  Die Here verwag dieselfde van ons wanneer daar iets is wat tussen jou en die Here staan (gehoorsaamheid is bv. belangriker as offers/die Here aanvaar nie 'n offer waar mense in ongehoorsaamheid stap nie - 1 Sam. 15:22; Jes. 1:10-17; Hos. 6:6; Amos 5:21-24). Deur die altaar word 'n gawe geheilig (Matt. 23:19) -  jy kan nie gemeenskap het met die altaar as dit wat tussen jou en die Here staan, nie eers aangespreek word nie. 

Daarom moet elkeen homself beoordeel voor hy nagmaal gebruik.  Paulus verwys ook hierna in 1 Kor. 11 waar hy verwys na mense wat die nagmaal op "onwaardige wyse neem"... - nie noodwendig in die konteks waar ons in regstand met die Here moet wees nie, maar in konteks van die gemeente wat gemeenskap het met mekaar... (hulle deel in dieselfde brood en beker). Ook in hierdie opsig is dit belangrik om onsself te beoordeel. Hoe gaan ons met die mense om saam met wie ons nagmaal gebruik? In die gedeelte vewys Paulus o.a. na hoe die nagmaal 'n HEILIGE maal is. Christene moet hulleself beoordeel wanneer hulle die nagmaal gebruik, want as jy dit op onwaardige wyse neem kan jy 'n oordeel oor jouself bring! Kom ons kyk eers na die betrokke skrifgedeelte: (1Kor. 11:17-34 -: "Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.  Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit. Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.  As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.  Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.  Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  Wie dan op onwaardige (Gr. woord "an-ax-ee'-oce", irreverently: - unworthily) wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig (Gr. woord "n'-okh-os",  in danger of, guilty of, subject to) wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). In konteks gaan dit oor die eenheid in die gemeente. Die doel van so 'n "bymekaarkom" (waar bv. nagmaal gebruik word) moet wees om sterker te word as 'n eenheid, maar die teendeel gebeur ongelukkig waar mense onbarmhartig, onordelik is, en die nagmaal onwaardig gebruik word. Die nagmaal het WAARDE, maar dit wil voorkom of die nagmaal in die betrokke gemeente gebruik was soos 'n gewone maaltyd - onwaardig, en sommige was selfs honger, en ander dronk! Dit is duidelik nie wat met nagmaal bedoel word nie, en selfs wat 'n gewone maal aanbetref was dit nie tot stigting nie omdat daar skeuringe was onder die gemeentelede. (1Kor. 11:22 - "Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie"). Wat Paulus in hierdie gedeelte verduidelik is hoe "afgesonder" (heilig) die nagmaal eintlik is, en die wat honger is moet liewer by hulle huise klaar eet voor hulle kom om in die nagmaal te deel, want nou neem hulle die nagmaal asof dit 'n gewone maaltyd is, en dan nog ten koste van ander.. (1 Kor. 11:27-34 - "Wie dan op ONWAARDIGE WYSE hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.  Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.  Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). 


As jy die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, kan jy kan 'n oordeel oor jouself bring...

Dit is interessant dat die nagmaal o.a. ook verwys na fisiese genesing (nie net na die ewige lewe wat daar is in Jesus Christus nie). Dit is waarom Paulus in 1 Kor. 11 noem dat dit die rede is waarom sommige swakkes en sieklikes in die gemeente al ontslaap het (want as hulle hulself beoordeel het, sou hulle nie geoordeel word nie). Die nagmaal moet afsonderlik geneem word van 'n gewone ete, en daar moet vir mekaar gewag word... (dit is 'n heilige maal en 'n maaltyd waarin die hele gemeente op dieselfde tyd deel). Dit is ook interessant om te sien die opmerking wat Paulus maak, dat die wat die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here... Hierdie wil voorkom of dit te doen het met die tema van BLOEDSKULD (in hierdie geval word die persoon dus skuldig aan die bloed en liggaam van Christus...). Vgl. dit gerus ook met die vorige paragraaf, want terwyl jy deel daarin is jy besig om te deel aan die offeraltaar.  Maar as iemand deelneem aan beide die nagmaal en ander afgods "eet en drink" praktyke (bv. afgodsoffers eet), dan is hy besig om die ywer van die Here op te wek.  Let wel dat afgodspraktyke jou kan onrein maak, en is een van die dinge in die O.T. wat bloedskuld veroorsaak het! (so iemand is dan skuldig aan bloed). Daar is verskeie dinge wat kan veroorsaak dat iemand bloeskuld kry, o.a. soos in hierdie geval dat iemand "geestelik hoereer" (bv. agter afgode aangaan), maar ook 'n hele lys van dinge wat bloedskuld veroorsaak... (bv. bloedskande, homoseksualisme, vader of moeder vloek, hoerery, oproep van geeste, waarseery, afgodsdiens, ens.) - hierdie sondes is ernstig en dit is duidelik dat bloedskuld (o.a. as gevolg van spesifieke sondes wat mense teenoor mekaar pleeg) die eenheid van die gemeente breek (in die O.T. was dit dan 'n lewe vir 'n lewe... - jy moes met jou eie bloed betaal, en daarom was die met bloedskuld doodgemaak;  maw, in die O.T. was daar offer wat daarvoor kon betaal nie, behalwe natuurlik jou eie bloed / in die N.T. is daar ook vergifnis by Jesus Christus vir bloedskuld).  Nou kan jy verstaan hoekom die Skrif leer dat as jy jou broer haat of vloek, jy 'n moordenaar is! Wanneer jy iemand vloek kan jy bloedskuld op jou kry... (1Jn 3:15 - "Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie")(1 Joh. 2:11);  en as jy nou staatmaak op Jesus se vergifnis en "Sy bloed drink", dan word jy eintlik skuldig aan Sy bloed sou jy nie die sonde neerle nie. Jy hoef nie fisies jou broer dood te maak om hierdie bloedskuld op jou te kry nie - waar broeders mekaar haat in 'n gemeente en daar allerhande skeuringe is as gevolg hiervan, sal diesulke die nagmaal op onwaardige gebruik wanneer hulle daarvoor saamkom (en hulle kan 'n oordeel oor hulleself bring). Ook Christene wat speel in allerhande verbode heidense geloofspraktyke is wel nie besig om fisies voor 'n afgod neer te buig nie, maar is tog besig om "geestelik te hoereer", want hulle offer aan beide tafels! - hierdie kan ook veroorsaak dat jy 'n oordeel bring oor jouself. 

In die Nuwe Testament kan jy wel vergifnis kry van selfs bloedskuld deur Jesus Christus!, maar hoe sal jy vergifnis kry as jy skuldig word aan Sy bloed en liggaam?  Wie sal sulke bloedskuld vergewe? - sien hoe gevaarlik dit is wanneer Christene aan beide tafels eet en drink.  Of dit kan op 'n ander manier gestel word.... ; nl., as jy dan nou verwag dat Jesus weer moet sterwe sodat jy vergifnis kry, dan word jy skuldig aan Sy bloed! (dis amper soos om Hom weer dood te maak)( jy skuld Hom dan jou lewe - jy word skuldig aan Sy bloed en liggaam...). Kyk gerus die konteks van 1 Kor. 10 (vorige paragraaf)- Paulus het hier gepraat oor mense wat "geestelik hoereer" - as jy aan Jesus behoort moet jy pasop vir bloedskuld en seker maak dat jy nie in sonde leef teenoor mede-broeders/susters nie, en moenie ander afgode dien nie (want dit is "geestelike hoerery" wat bloedskuld veroorsaak) - in ander woorde, as jy die nagmaal gebruik maar ook afgodsoffers neem, dan word jy skuldig aan Christus se bloed en liggaam... Ditto in die geval van bloedskuld a.g.v. sonde teen broeders wat nie afgele word nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 06 Oktober 2025

Nietig/heid

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGIRP "NIETIG" OF "NIETIGHEID".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Opsomming.

- Grieks en Hebr. betekenis vd woord/e nietig/heid.

- Die skepping is aan nietigheid onderwerp.

- Afgode (/afgodspraktyke) is nietig.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Wanneer iemand op NIETIGHEID vertrou, sal hy nietigheid oes! (Job 15:31; Jes. 40:3). 

Waarna verwys "nietigheid" in verskillende kontekste?: 
- VERGANKLIKHEID - in sommige gevalle verwys dit na verganklikheid; bv., die skepping is huidiglik onderwerp aan "nietigheid"... (Rom. 8:20)(para 6), want die mens se lewe is "nietig"! (Job 7:16)(para 2);
- NIETIGE BEGEERTES - in sommige gevalle verwys dit na "nietige begeertes", nl. waarna die hart neig (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11) - bv. "nietige begeertes"... (is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer...)(para 5 en 1); 
- WERKE - in sommige gevalle verwys "nietighede" na werke waarmee mense hulle besig hou wat nietig is..., werke waarin hulle hulle vertroue plaas, bv. DIE AANBIDDING VAN AFGODE (wat o.a. gepaardgaan met afgodspraktyke) en DOOIE WERKE (Hos. 12);
- DIE VALSE/ DIE LEUEN - in sommige gevalle verwys "nietighede" na die valse of die leuen, bv. AFGODE en AFGODSPRAKTYKE... (Ps. 4:3), of "ydel woorde" - die valse waarop mense hulle vertroue plaas;  bv., afgodsaanbidding, en valse profesie/waarseery... (Eseg. 13:6, en vgl. dit met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseêry)(para 1, 3 en 7).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GRIEKS EN HEBREEUSE BETEKENIS VD WOORD/E NIETIGH/HEID:

- (1) Hebr. woord "shawv":

(Job 15:31)  Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees.              -  Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES. 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":

(Psa 24:4)  Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.(Psa 89:48)  Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

(Psa 119:37)  Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

(Hos 12:12)  Was Gílead goddeloosheid hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
 
- in sommige gevalle verwys "nietigheid" dus na DIE VALSE..., bv. afgodsaanbidding, valse profesie/waarseery (Eseg. 13:6)(vgl. met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseery);  
- in sommige gevalle verwys dit na wat is dit waarna die hart neig (Ps. 119:36,37), nl. die NIETIGE BEGEERTES van die goddeloses... - is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer; 
- in sommige gevalle verwys dit na DOOIE WERKE (Hos. 12). 

Daar kan ook ingekyk word in die woord "ydel":
(Eph 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Eph 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Eph 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Eph 5:6)  Laat niemand julle met ydel (Gr. woord "ken-os'", wat beteken "leeg of tevergeefs") woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
(Eph 5:7)  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
Die valse en die leuen is van so 'n aard... - dit kom voor asof dit voordelig is, maar is "ydel woorde" - dit kom tot niks!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (2) Hebr. woord "heh'-bel":

(Job 7:16 - "Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid" - die woord "nietigheid" is hier die Hebr. woord "heh'-bel, hab-ale'", wat verwys na iets tevergeefs = ydel/heid).    - ALLE MENSE STERWE - HULLE LEWENS IS SOOS IETS WAT NIETIG IS... - dit is die prys wat die mens betaal vir die "vrugte wat hy eet" (bv. die vrugte vd boom van kennis van goed en kwaad bring die dood voort - die mens dra vrugte vir die dood)(Ps. 62:10; 144:4; Ecc. 8:10). Die mens word "gebore is sonde", wat tot gevolg het dat hy die dood oes en sy leeftyd soos niks... (Ps. 39:6).  Die wat nietigheid najaag, se werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16)(Jes. 44:9)(para 4). 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":

(Psa 39:6)  Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

(Psa 62:10)  Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

(Psa 78:33)  So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.

(Psa 94:11)  Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.

(Psa 144:4)  Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ‘n vlugtige skaduwee.
(Pro 31:30)  Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
(Ecc 6:4)  want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;
(Ecc 6:11)  Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?
(Ecc 7:15)  Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is ‘n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ‘n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.
(Ecc 8:10)  So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
(Ecc 8:14)  Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
(Ecc 11:8)  Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid.
(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(2Ki 17:15)  En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
(Isa 30:7)  En Egipte—nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
(Jer 2:5)  So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- (3) Hebr. woord "reek":

(Psa 4:3)  o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid (Hebr. woord "reek", wat verwys na leegheid = leeg, tot geen doel, nietige ding, in nietig/heid) liefhê, die leuen (Hebr. woord "kaw-zawb'", =vals, leuenaar, lieg, bedrieglik) soek? Sela.    -  IN HIERDIE SKRIF WORD NIETIGHEID VERGELYK MET "VALSHEID", DIE LEUEN. Vgl. dit met Jes. 59:4, waar nietigheid ook in dieselfde konteks gebruik word as "valsheid spreek".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (4) Hebr. woord "to'-hoo":

(Isa 40:17)  Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo", wat verwys na verlate (plek) of waardelose ding of plek/iets wat niks beteken = verwarring, leë plek, sonder vorm, niks, nietig/heid,  wildernis") word hulle by Hom gereken.      - DIT BETEKEN NIE DAT ONS NIE BELANGRIK IS VIR DIE HERE NIE, MAAR WYS MEER OP DIE NIETIGE DINGE WAARMEE MENSE BESIG IS waarop hulle vertrou, WAT HULLE NIETIG MAAK! 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":
(Isa 40:23)  Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
(Isa 44:9)  Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
(Isa 59:4)  Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat ‘n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.

Wanneer iemand hom besig hou met nietigheid, sal hy nietigheid oes (Jes. 40:3) - hulle werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16 en die tema van "dra vrugte vir die dood")(Jes. 44:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (5) Gr. woord "mat'-ah-yos":

In sommige gevalle verwys "nietigheid" na nietige begeertes, nl. waarna die hart neig... (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11)... - bv., is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer...  Waar mense bv. op hierdie manier bid, kan hulle nie verwag dat hulle gebede beantwoord word nie!, wat "nietige begeertes" oes "nietigheid"!  (Jak. 4:3 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring").

(1Kor. 3:20)  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig (Gr. woord "mat'-ah-yos", wat verwys na leeg of iets wat geen wins maak nie, of 'n afgod;  = nietig/heid) is.    -  IN KONTEKS IS PAULUS BESIG OM DIE VERSKIL UIT TE WYS TUSSEN WERELDSE WYSHEID EN DIE KENNIS VD HERE - TERWYL DIE WYSES VD WERELD DIE KENNIS VD HERE SIEN AS DWAASHEID, IS DIT EINTLIK HULLE WYSHEID WAT NIETIG IS... (wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20).

(1Kor. 3:18)  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
(1Kor. 3:19)  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
(1Kor. 3:20)  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

DIE WYSES VAN HIERDIE WERELD SE "WYSHEID" WORD GESIEN SOOS IETS WAT NIETIG IS, EN DIT SAL NIETIGHEID OES... (dit kom tot niks, soos iets wat leeg is). "Nietigheid" (bv. wereldse wysheid of wereldse begeertes) het nie ewigheidswaarde nie. Terwyl die wyses van hierdie wereld die kennis vd Here sien as dwaasheid, is dit eintlik hulle "wysheid" wat tot niks kom...(wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20).   Natuurlike mense het 'n wereldse gees/het wereldse wysheid, wat tot niks kom... (dra vrugte vir die dood)(para 4), maar geestelike mense het die Gees van God/het die kennis vd Here, en hulle wysheid het ewigheidswaarde (dit is waarom hulle die lewe kan oes! - hulle dra vrug tot lewe...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Gr. woord "mat-ah-yot'-ace":

Die skepping is aan NIETIGHEID onderwerp:

(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid (Gr. woord "mat-ah-yot'-ace", wat verwys na iets wat verbygaan, verganklik; =nietig/heid) onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

Vgl. dit met:
(Rom 8:18)  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
(Rom 8:19)  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
(Rom 8:21)  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(Rom 8:22)  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

(Gen 3:17)  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
(Gen 3:18)  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
(Gen 3:19)  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Afgodsaanbidding (en afgodspraktyke) is NIETIG:

(Isa 41:29)  Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid (Hebr. woord "aw'-ven", wat verwys na iets tevergeefs..., in hierdie geval spesifiek afgodsaanbidding; =boos, vals, afgod, ongeregtigheid, tevergeefs, onregverdig, nietig/heid, ens.) is hulle gegote beelde.

(Job 15:31)  Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees.              -  Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES. In ander skrifte sien ons ook dat die konteks van hierdie "nietigheid" (waarop mense somtyds vertrou), verwys na die valse en leuens (bv. afgodsaanbidding, wereldse wysheid, en afgodspraktyke).

(Isa 44:9)  Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo"), en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.

(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid (Hebr. woord "heh'-bel"); want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.

(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid ("shawv") gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

(2Ki 17:15)  En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.

(Jer 2:5)  So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop het en self nietig geword het?

(Jer 10:1)  Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
(Jer 10:2)  So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(Jer 10:4)  Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
(Jer 10:5)  Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
(Jer 10:6)  Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.
(Jer 10:7)  Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
(Jer 10:8)  Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode—dit is hout.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Donderdag 07 Augustus 2025

Klere / Naaktheid bedek / Beklee / Aantrek

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel word), was die sewende punt "KLERE en NAAKTHEID".  In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip, meer in 'n GEESTELIKE konteks;  bv., net soos die uiterlike mens (die liggaam) klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens (die siel/gees vd mens) klere nodig...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE:
Die uiterlike mens het voedsel en klere nodig..., maar het jy geweet dat jou innerlike mens ook hierdie dinge nodig het? (Matt. 4:4/Deut. 8:3)(Openb. 16:15; 3:18; Jes. 61:10; ens.). In ander woorde, net soos jou uiterlike mens bekleding nodig, net so het jou innerlike mens "KLERE" nodig - die vraag is nou waarna hierdie "klere" verwys?  

Kom ons kyk net vinnig eers na 'n paar voorbeelde in die Skrif waar daar na geestelike klere verwys word:

- Weergeborenes word gesien as "met Christus BEKLEE" (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"); ander woorde wat ook in die O.T. gebruik word van klere vir gereddes, is  "klere van heil" of  "mantel van geregtigheid" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele"). "Klere van heil" kan miskien beskryf word as "om beklee te wees met heil/redding" - (Psa 132:16 - "en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel"). Die wat "met Christus beklee" is (gereddes) is deels 'n beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word... - dit verwys spesifiek na die wat in Jesus Chistus gedoop is (wat 'n bewys is van geloof in Hom) - in konteks, Gal. 3, gaan die tema "beklee met Christus" oor ERFENIS (m.a.w. verwys na gereddes, nl. die wat eendag gaan erf / m.a.w., "kinders van Abraham");  en deels beskryf dit iets wat die geredde ook moet doen..., nl. ons "beklee met Christus" wat in konteks beteken dat ons as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees moet kruisig (Rom. 13:14). En dit verwys veral na "die kinders van God deur die geloof in Jesus Christus (Gal 3:26-29 - "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

- Met die bruilof vd Lam sal die "sonder BRUILOFSKLEED" uitgegooi word.  Almal wat uitgenooi word na die bruilof vd Lam moet hierdie KLEED aanhê... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html). Om te verstaan wat bedoel word met "bruilofskleed", kan daar o.a. gekyk word na die betekenis van "kleed" in die Skrif;  bv., iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED.../Eseg. 18:16. In ander woorde, ons kan ook inkyk op die woord "naak" in die Skrif, nl. waarna dit geestelik verwys. Natuurlik weet ons goed dat na die sondeval Adam en Eva gewaar het hulle was naak (fisies)(Gen. 2:25; 3:7,11), maar hierdie het ook 'n geestelike betekenis. Naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (o.a. weens ontbloting)(Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20; ens.). Daarom het elke mens 'n kleed nodig! (geestelik bedoel). Siende almal gebore word in sonde kan mense gesien word soos "naaktes" wat 'n kleed nodig het. Jesus het self ook hierdie soort beeldspraak gebruik, bv. in Openb. 16:15 t.o.v. die wie se naaktheid alreeds bedek is en hulle klere moet bewaar... ("Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy KLERE BEWAAR, sodat hy nie miskien NAAK rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Gereddes wat m.a.w. bedek is met hierdie klere (van heil), moet seker maak dat hulle hul klere bewaar. As gereddes nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, kan so iemand eendag "naak" bevind word wanneer Jesus terugkom - sommige gereddes het hulleself ontbloot (kyk die vb. in Openb. 3 van die gemeente van Laodicense wie na verwys word as "lou" - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebrek nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat naak is (sonder klere))! Daarom word hulle gevra om wit klere te koop sodat hulle hul kan "aantrek en die skande van hulle naaktheid nie openbaar word nie"-v.18). Die term "wit klere" verwys veral na die wat gewas is in die bloed van die Lam, en dit is duidelik dat hierdie gemeente nodig het om hulle te bekeer sodat hulle sondes afgewas kan word. Gereddes wat naak rondloop (geestelik bedoel), verwys na die wat naak word a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  Die wat nie hulle klere bewaar nie, kan dit verloor! (Openb. 16:15)...(vgl. hierdie met die tema van "Hy kom soos 'n dief in die nag" - moenie "slaap" en "dronk" wees nie, maar wakker en nugter!)(https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). In Openb. 3:18 maak Jesus ook o.a. melding hiervan, hoe belangrik dit is dat iemand se naaktheid (geestelik bedoel) bedek is: ("Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). In hierdie konteks word hulle gevra om WIT KLERE te koop... In 'n hele paar ander skrifte word ook melding gemaak van "wit klere" (Openb. 3:4,5; 18; 4:4; 6:11; 7:9; 7:13,14)(Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele"). Bv., die wat met wit klere beklee word, verwys veral na die wat OORWIN... (bv. die wat hulle lewe verloor ter wille van die geloof, of die wat nie hulle klere besoedel het nie (te midde van ander mense wat dit gedoen het) - wit klere kan o.a. gesien word soos die beloning wat hulle ontvang, omdat hulle oorwin het. 

- WIT KLERE verwys ook o.a. na klere wat "nie besoedel" is nie... (en gaan oor die belangrikheid van om rein te wees en heilig te lewe)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html) - gereddes moet seker maak dat die klere waarmee hulle geestelik bedek is, nie besoedel/vuil word nie (Openb. 3:18). In die gemeente van Sardis was daar gereddes wie se klere besoedel was... (en die wat hulle klere nie besoedel het nie, nl. die wat oorwin het, is belowe dat hulle wit klere sal kry)(Openb. 3:4 - "Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is") - in konteks is die rede waarom sekeres besoedel was, dat hulle "werke nie volkome was nie", en hulle het o.a. die "naam gehad dat hulle lewe, maar was dood"... (nl. hulle geloof/geloof sonder werke is dood). Besoedel beteken "vuilmaak" - daar is 'n paar voorbeelde van dinge wat in die N.T. genoem word wat gereeddes kan vuilmaak of bedoedel, bv.:  (1) -deur dinge wat deur afgode besoedel is (Hand. 15:20);  (2) -wetend afgodsoffers eet (Hand. 8:7)(dit besoedel die gewete)(kyk ook die tema "dooie werke"); (3) -'n wortel van bitterheid wat opkiet en onrus verwek (Hebr. 12:15); (4) -hoereer en loop agter vreemde vlees aan (Jud. 1:7,8)(dit besoedel die vlees) (vgl. met 2 Pet. 2:10/"wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop" -losbandig, sedeloos) (die wat nie maagdelik rein is nie, is ook basies besoedel (Openb. 14:4), maar in die konteks van huwelik is dit toelaatbaar(1 Kor. 7:14)). Daar kan ook ingekyk word op die woord "onrein"... - bv.,(5) gedagtes kan iemand onrein wees (Mark. 7:15,20,23)(dit is waarom gereddes hulle gedagtes daagliks moet vernuwe/2 Kor. 10:4,5), en (6) as jy reken iets is vir jou onrein, dan is dit! (Rom. 14:14), (7) opsetlike sonde (wat nie neergelê word nie) kan jou ook onrein maak (Hebr. 9:23). (8) Geestelike hoerery (afgodsdiens en afgodspraktyke) is ook 'n vb. van  "vuilword" - rol af na die paragraaf "skaamte ontbloot".

DIE WAPENRUSTING: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Geredde mense is in 'n worstelstryd, nie teen vlees en bloed (mense) nie, maar teen "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidhed, en verlossing. Die wapen wat jy gebruik om mee te veg,  is die woord van God. (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NAAK:

Die geestelike betekenis van NAAKTHEID gaan oor "skaamwees en vernedering" (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - net soos Adam en Eva skaam geword het na die sondeval en bewus geword het van hulle naaktheid (Gen. 3:7) - hierdie was natuurlik letterlik, maar dieselfde geld ook vir die INNERLIKE MENS (geestelik bedoel). Sonde laat iemand se innerlike "naak" en dit laat hom skaam voel. As die geestelike mens (wat reeds bedek is deur klere - geestelik bedoel) nie sy klere bewaar nie, sal hy homself skaam en NAAK bevind wanneer Christus terugkom; so iemand sal kaal voor almal staan, heeltemal bloot vir almal om te sien... (Openb. 16:15). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande (Gen. 9:21-28) - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13).  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal, en hulle sal in skande staan...  Alle Christene sal voor die regterstoel van Christus verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind EN HULLE GEHEIME ONTBLOOT. 

Baiemaal stap Christene rond soos mense "sonder klere" - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat NAAK is (vgl. met Jak. 5:1-7). Vir ander lyk dit of hulle bekleed is, maar die Here sien die binneste en kan sien dat hulle INNERLIKE MENS eintlik kaal is, want hulle is wel ryk in aardse dinge maar nie ryk in die hemelse nie (hulle moet poog om ryk te word in God...). Hierdie is tipies die probleem wanneer gereddes nie die Here en sy Koninkryk eerste soek nie - gereddes se begeerte moet nie wees om ryk te word in die wêreld nie, maar om ryk te word in God! (1 Tim. 6:9; Openb. 3:18; Matt. 13:22; Jak. 5:1-4; 1 Joh. 2:15-17; ens.).
  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
En kom ons kyk na "naak" in die sin van "skaamte ontbloot:
SKAAMTE ONTBLOOT:

Die begrip "skaamte ontbloot" beteken in Hebr. "kaal" (en kyk verband tussen "skaamte ontbloot" en "naak" - Eseg. 23:18; Hos. 2:10), en gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie (m.a.w. "skaamte ontbloot") nie, maar word gebruik in konteks met:
- waar ons nie iemand anders se "skaamte mag ontbloot nie" (bv. 'n vrou wat menstrueer-Lev. 18:19);  en
- word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerd is (bv. waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie, soos 'n naaste bloedverwant, jou vader of moeder, die vrou van jou vader, jou suster, jou skoondogter, 'n vrou en haar dogter, ens.).  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar en is vleeslike gemeenskap toelaatbaar, maar in die geval waar iemand hoereer of egbreuk pleeg, is hy besig om 'n skaamte wat aan iemand anders behoort, onwettig te ontbloot (Lev. 18:8).

Afgodsdiens en heidense praktyke word vgl. met hoerery! (dit is soos om geestelik te hoereer). Die geredde wat afgode aanbid of hom ophou met heidense praktyke, is besig om "geestelik te hoereer". Vgl. dit met die beeldspraak in Eseg. 16:36 waarin die Here Sy kinders aankla dat hulle hul SKAAMTE ONTBLOOT het deur hulle "hoererye"...; wat in daardie konteks verwys na afgode en omgang met ongeregtiges en ophou met heidense praktyke (Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het").  In v. 37 word hulle voorgestel as "NAAK"!  In die boek van Openb. het Jesus ook hierdie beelsdspraak gebruik waarin hy daardie groep Christene waarsku want hulle waak nie, en BEWAAR NIE HULLE KLERE NIE (maar loop NAAK rond en hulle SKAAMTE kan GESIEN word).  (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Wanneer gereddes geestelik hoereer is hulle besig om vuil te word, en kan o.a. beskryf word as dat hulle hul "skaamte ontbloot" (omdat hulle "geestelik hoereer" / die dinge maak mens vuil (Eseg. 20:30; 1 Kor. 10:20-22; ens.))- diesulkes moet hul bekeer, want anders kan hulle onverwags betrap word wanneer Jesus terugkom (Hy kom soos 'n dief in die nag... - pasop dat jy nie naak bevind word nie)(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Om jou skaamte op 'n geestelike manier te ontbloot, verwys dus na geestelike hoerery (nl. afgode. afgodsoffers, afgodspraktyke...). Kyk gerus ook in op die woord "WAAK"...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AANTREK / BEKLEE:

- BEKLEE: Die mens se liggaam kan soos 'n BEKLEDING gesien word (bv. van die innerlike mens / die uiterlike mens "beklee" die innerlike mens)(Job 10:11 - "Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg"). Die nuwe liggaam wat vir die geredde belowe word ('n onverganklike liggaam) word ook in 1 Kor. 15:53,54 voorgestel soos iets waarmee ons BEKLEE sal word - ons sal nuwe liggame "aantrek" ("Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Iemand se gewete kan "beklee" word..., bv. die Here kan jou haters "met skaamte beklee" (Job 8:22), of jou teëstanders met smaad beklee (Ps. 109:29), of jou vyande met skaamte beklee (Ps. 132:18), of beklee met verbasing (Eseg. 7:27), of beklee word met siddering (Eseg. 26:16)... Om jou te beklee is om IETS AAN TE TREK, en hierdie soort beeldspraak word in verskillende kontekste gebruik (bv. Jes. 50:3 - "Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed" in beeldspraak van iets...). In vele skrifte word hierdie beeldspraak gebruik van geestelike bekleding, bv. om jou "met Christus te beklee"; soos "om Hom aan te trek", wat natuurlik 'n verwysing is na iets spesifiek - deels verwys dit na hoe gereddes familie is van Jesus Christus, en deels hoe daar van gereddes verwag word om as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees te kruisig (Rom. 13:14).  Die innerlike mens het, net soos die uiterlike mens, nodig om beklee te word..., en verskillende soort bekledings in die Skrif word in verskillende kontekste gebruik. Die wat gered word word bv. beklee in "klere van heil" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele") - m.a.w., het "redding aangetrek". Dieselfde soort beeldspraak word ook gebruik in Gal. 3:27 - "MET CHRISTUS BEKLEE" verwys na die wat in Christus Jesus gedoop is, die wat in Hom glo... - hulle het Hom "aangetrek", is nou deel van Sy familie, maar verwys ook na hoe die geredde die "NUWE MENS AANTREK", 'n mens wat na God geskape is/verwys na die wat gebore is uit God se saad - Ef. 4:24; Kol. 3:10). Gereddes word o.a. gevra om hulle te beklee met "innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid, en bo dit alles om ons te beklee met die liefde! (-om die nuwe mens aan te trek/Kol. 3:12,14). Die beeldspraak word ook somtyds gebruik van Jerusalem/Israel (bv. Eseg. 16:10 - "Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy")   (of die Jerusalem.../Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is") - vd bruid/vrou vd Lam - (Openb. 19:7,8 - "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges"). Nog 'n konteks waarin ingekyk kan word, is die van "feesklere" (van die wie se skuld vergewe is - en vgl. dit miskien ook met die wat uitgenooi is na die bruilofsmaal... - kyk "bruilofskleed")(Sag. 3:4 - "Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere"). Die wat OORWIN word op beurt voorgestel as mense wat beklee sal word met wit klere (hulle name sal nooit uitgewis word uit die boek van die lewe nie)(Openb. 3:5). Die swakste lede in die Christelike liggaam word ook voorgestel as mense wat "beklee" is, in hierdie konteks "met oorvloediger eer as die ander lede" (1 Kor. 12:23). 

- INNERLIKE VERSIERING: In Pet. 3 word die belangrikheid van "innerlike versiering" uitgelig bo die uiterlike - (1Pe 3:1-4 - "Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God"). In 1 Pet. 3 word hierdie versiering en bekleding o.a. voorgestel as "ONVERGANKLIKE VERSIERING", en verder beskryf as 'n "sagmoedige en stille gees" (nederig en vredevol)(in hierdie betrokke geval, van die vrou...).

- BEKLEE JULLE MET DIE NUWE MENS: Kyk o.a. die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming). Gereddes is alreeds beklee met Jesus Christus (Gal. 3:27)..., maar hulle word ook beveel "om hulle te beklee met die Here Jesus Christus..." (is ook iets wat hulle self moet doen) - (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - en wat dit in hierdie konteks beteken is dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie - moenie ons vlees beklee met begeerlikhede vd vlees, soos drank, ontug, ongebondenheid, twis, ens. (kyk vorige vers) nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens! (Ef. 4:24)- bv., bedink die dinge daarbo, ens. ( Kol 3:2-10 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper").  Dit gaan oor "Christus in ons"... (v.11)(is nuwe mense wat familie is van Hom / is van Sy vlees en Sy bene), en in v. 12 word ons beveel: "Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid". (Col 3:13-17 - "Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom"). Om met die nuwe mens beklee te wees beteken dat jy anders sien en dink..., en wandel!, want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees en is "onder die Gees" (Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander") - om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, nl. 'n wortelstryd nie teen vlees en bloed nie, maar teen "die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Gereddes het 'n geestelike WAPENRUSTING nodig, wat verwys na waarheid, geregtigheid, bereidheid, geloof, verlossing, en die woord: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting.. - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid, en verlossing, en die wapen wat jy gebruik om mee te veg  is die woord van God. 

Skrifte: oor "AANTREK": 
- Kyk die gelykenis vd verlore seun: (Luk 15:22)  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete (vgl. hierdie met "feesklere" - die wie se skuld weggeneem word). Vgl. ook met (Jes. 52:1 - "Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie"), en tema "bruilof vd Lam" (Openb. 19:7,8).
- Wapenrusting: (Ef. 6:11 - "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Koop wit klere: (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Innerlike versiering: (1Pe 3:3,4 - "Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,  maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God") -reeds boontoe bespreek.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------