Wys tans plasings met die etiket sondig teen broeder. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sondig teen broeder. Wys alle plasings

Sondag 09 November 2025

Die Nagmaal (3)

 IN HIERDIE POS KYK ONS NA HOE WORD DIE NAGMAAL GEBRUIK?  Vir die ander opsommings in hierdie reeks poste oor "die nagmaal", gaan na:

Wat is die nagmaal? (1)

- Wat is die betekenis van die nagmaal? (2)


Rol af vir die volgende opsommings:

- Hoe word die nagmaal gebruik?

- Gemeenskap met die altaar

- Op onwaardige wyse gebruik

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe word die Nagmaal gebruik?

Die nagmaal was oorspronklik ingestel deur Jesus Christus self, tydens 'n pasgamaal - en Hy het die brood geneem en gebreek en met almal gedeel..., en toe die wyn geneem en gedeel... (Mark. 14:22-24 - "En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word"). Hierdie metode word steeds gevolg, alhoewel dit nie spesifiek gedoen word saam met die Pasgamaal (soos waarmee dit oorspronklik ingestel was) nie, maar word dikwels geneem soos Jesus se bedoeling was. In 1 Kor. word ook hierna verwys... dat die nagmaal "dikwels" geneem is (terwyl die Pasga slegs een keer 'n jaar  is) (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Tydens die nagmaal word dieselfde woorde gebruik as waarmee Jesus dit ingestel het, nl. dat met die brood dit Sy liggaam voorstel, en met die wyn, dat dit Sy bloed en nuwe testament voorstel...

Die nagmaal word gesien as 'n HEILIGE (afgesonderde) MAAL waarin spesifiek BROOD EN WYN gebruik word - alhoewel dit saam met 'n maaltyd gebruik kan word, is dit nie 'n gewone maaltyd nie! - daar word spesifiek tyd daarvoor uitgesit...(want dit stel baie spesifieke dinge voor, en kan terloops gesien word soos om te deel aan 'n offeraltaar - rol af vir meer inligting hieroor). Om te verstaan "hoe" die nagmaal gebruik word, is dit belangrik om te weet wat die brood en wyn voorstel en hoekom dit geneem word (bestudeer gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2025/07/die-nagmaal-2.html).  Daar moet bv. brood wees omdat die  BROOD = LIGGAAM voorstel, en daar moet wyn wees, omdat die WYN = BLOED voorstel.  Die brood en wyn word geneem "TOT GEDAGTENIS VAN JESUS CHRISTUS" (herdenk Sy dood)(1 Kor. 15:15,17), en die wat dit neem het GEMEENSKAP MET SY BLOED EN LIGGAAM (1 Kor. 10:16,17) (dit wys bv. op die feit dat Jesus se liggaam vir ons gebreek is en Sy bloed vir ons gevloei het). 

(1)  Om nagmaal te kan neem moet daar BROOD EN WYN wees:   Die wyn stel BLOED voor: stel die nuwe testament en vergifnis van sondes voor in Jesus Christus bloed voor... (1 Kor. 11:25)(die nuwe testament het in werking getree toe die Testamentmaker sterwe - ons is in die bedeling waar ons vergifnis kry deur Sy bloed en is onder die wet van die Gees).  Jesus Christus is ons ewige Hoëpriester... (Hebr. 9:11,12), en noodwendig met verandering van priesterskap kom daar ook verandering van wet (Hebr. 7:11,12);  dus, wanneer die wyn geneem word met die nagmaal verwys dit nie net na die vergifnis wat in Jesus Christus is nie, maar ook na die feit dat die wat dit neem onder 'n nuwe testament is (met 'n nuwe hoëpriester, en terloops en wat dit vir ewig is!). Die brood stel LIGGAAM voor:  stel Jesus se liggaam voor wat vir ons gebreek is - Sy liggaam is vir ons soos brood, en dit wys ook dat ons almal deel is van Sy liggaam deel van "een brood" - geestelike mense word soos 'n liggaam voorgestel, as 'n "nuwe mens", Jood en heiden een - verwys dus o.a. ook na die nuwe testament)(1 Kor. 11:24; Ef. 2:11-16)(Hy het in ons plek gesterwe sodat ons genesing kon kry, maw die lewe kan kry - die wat dit neem bely dus dat hulle die mense is wat die ewige lewe deur Hom verkry-Joh. 6:51). Sy liggaam word deur die brood voorgestel = die wat in die nagmaal deel breek "een brood"/is deel van hierdie liggaam van Christus, deel van die groep wat die ewige lewe deur Jesus ontvang (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Jesus is soos brood (vir die wat in Hom glo)(Joh. 6:48) - die wat die nagmaal gebruik is besig om "van Sy vlees te eet" (natuurlik nie letterlik nie).  Jesus het geleer dat die wat van hierdie "brood" eet, sal lewe tot in ewigheid! (Joh. 6:5-54). Wanneer iemand nagmaal gebruik en die brood eet, is hy o.a. besig om sy hoop te plaas in Jesus Christus wat vir hom die ewige lewe kan gee, en getuig deur die nagmaal dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het (Hy, die Lam) sodat ons kan lewe (Joh 6:51 - "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee").

(2)  Dit is 'n AFGESONDERDE MAAL (is heilig):  Dit is duidelik dat hierdie maal nie 'n gewone maaltyd is nie!, want die rede waarom BROOD en WYN gebruik word is dat dit VERKONDIG DIE HERE JESUS SE DOOD TOT HY KOM (1 Kor. 11:26) - gewone maaltye stel nie dieselfde voor nie! (die nagmaal is dus terloops iets wat gebruik word "totdat Jesus weer terugkom"). So, elke keer wanneer die nagmaal gebruik word is die wat daaraan deelneem besig om Jesus se dood te verkondig... - Hy het Homself vir ons opgeoffer, en dit word deur die Nagmaal gevier tot Sy gedagtenis.  

(3)  Die nagmaal word GEWOONLIK gebruik WAAR GELOWIGES SAAM IS (en die brood en wyn word gedeel):  - die twee elemente beteken elk iets en daar is 'n rede waarom dit gedeel word...  Die brood en wyn word gewoonlik geneem waar die gemeente, altans gelowiges saam is..., en met rede!, want gereddes/weergeborenes is familie van Jesus Christus en val onder die groep "geestelike mense" (mense "gebore uit God"). Die gemeente wat dit tesame neem, neem dit saam omdat hulle as 'n geheel gesien word - (1)(is van Sy "vlees en van Sy bene" - uit Hom gebore, uit Sy saad gebore, nie letterlik nie maar geestelik - is m.a.w. deel van Sy nageslag en deel van die wat gaan erf), en (2)(en wat "vlees en bloed" aanbetref: -  "geestelike mense" is lede van die "Liggaam van Christus" - die "nuwe mens" - Jood en heiden in een "nuwe mens" (1 Kor. 14; Ef. 2:11-16)). Tydens die nagmaal word die BROOD en WYN tussen almal gedeel wat na hierdie eenheid verwys; nl. is "geestelike mense" - is familie van mekaar en is deel van die wat eendag gaan erf en ewig lewe);  en "is uit God gebore", is van Sy vlees en bene (is Sy familie - is soos Hy - dink en sien dieselfde/is 'n eenheid)(Joh 6:52-57 - "Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie (weergeborene het lewe) Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe"). (https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html) Die NAGMAAL is dus o.a. 'n teken van "die nuwe mens" - wat nie net verwys na elke weergeborene nie, maar ook die kerk as 'n "nuwe mens" = m.a.w. Christus se kerk ("liggaam") (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Die groep wat hierdie maaltyd dikwels neem, verwys eintlik na die wat in Jesus Christus glo en Sy Gees het... ( is mense wat vergifnis ontvang het en onder 'n nuwe wet, nl. die wet vd Gees (deur Sy bloed), en verwys na die wat die ewige lewe ontvang (deur Sy liggaam)).  Hulle is nie net familie van Jesus Christus nie, maar ook familie van mekaar (hulle deel in een brood - is van Sy vlees en bene...)(bestudeer die term "liggaam en bloed" om hierdie beter te verstaan/1 Kor. 10:16; 11:27).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Gemeenskap met die "altaar":

In 1 Kor. 10 word daar verwys na hoe die wat aan die nagmaal deelneem, eintlik besig is om gemeenskap te hê met die altaar... (v. 18), en dat die wat dit gebruik daarom moet seker maak dat hulle "welgevallig" is.  Die konteks hier gaan oor afgodediens, want daar word o.a. gevra om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS!, maar let ook daarop dat met "afgodediens" nie alleenlik altyd verwys na die fisiese aanbidding van beelde nie, maar baie ander spesifieke dinge word in konteks ook hier verduidelik as afgodediens, bv. begeerte na slegte dinge, hoereer, murmureer, en om die Here te versoek... Vgl. hierdie met (Kol 3:5,6 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die  ongehoorsaamheid kom"). Hierdie sondes word spesifiek gesien as "afgodediens" (dit waarmee hulle gemeesnkap het), en die wat hulle met dit besig hou is besig om ook by 'n ander altaar (gemeenskap) te eet en drink. DIE KONTEKS van 1 Kor. 10 IS DUS VERAL DAT DIE WAT AAN DIE NAGMAAL DEELNEEM, ALMAL IN EEN BROOD DEEL..., MAAR NIE HULLE ALMAL IS NOODWENDIG VIR DIE HERE WELGEVALLIG NIE (want sommige is besig met afgodediens, nl. aanbidding van beelde, sommige hoereer, sommige is murmureerders, sommige versoek die Here) - hulle deel in dieselfde drank en spys (soos die volk van God in die woestyn-1 Kor. 10:3,4), maar dit beteken nie dat die Here tevrede is met almal teenwoordig nie. Daarom moet elke lid (wat deel het aan die nagmaal saam met die res van die liggaam van Christus) homself beoordeel, want ongeoorloofde "gemeenskap" is 'n ernstige saak! Christene mag bv. nie gemeenskap he met duiwels, die duisternis, sonde, of iemand anders se bose werke nie..., en sekere vorme van vleeslike gemeenskap is ook verbode, bv. 'n man met iemand anders se vrou, mans met mans, of vrouens met vrouens, ens.  As 'n Christen besig is met 'n vorm van gemeenskap wat nie geoorloof is nie, word dit gesien asof daardie persoon besig is met afgodediens sou hy nou in ook gemeenskap probeer tree met Jesus se vlees en bloed deur die nagmaal. Waarmee of met wie jy gemeenskap het het 'n invloed, en sou jy jouself nie beoordeel nie kan jy 'n oordeel oor jouself eet en drink. Die nagmaal is bedoel vir "geestelike mense", maar die waarheid is dat baiemaal is daar mense wat nie welgevallig is vir die Here nie, maar tog deelneem aan die nagmaal! Paulus praat hieroor in 1 Kor. 10. - dit is belangrik dat die wat deelneem aan die nagmaal hulleself beoordeel, want jy kan 'n oordeel oor jouself "eet en drink" sou jy dit bv. op onwaardige wyse gebruik (1 Kor. 11:29). Wat vir ons o.a. in 1 Kor. 10 geleer word, is dat nie almal wat die nagmaal gebruik eendag inderdaad sal "erf" nie...  (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Natuurlik is daar genesing en lewe in die liggaam en bloed van Christus, maar neem kennis dat genesing en vergifnis gekoppel is aan spesifieke voorwaardes (bv. geloof en om die Here alleen te dien). Die wat  neergeslaan is in die woestyn, is 'n voorbeeld van wat gebeur met mense wat hulleself nie beoordeel nie (1 Kor. 10:5,11). Dus, gelowiges wat begerig is na slegte dinge, afgodedienaars is, of hoereerders, murmureerdes, of mense wat die wat die Here versoek... (1 Kor. 10:6-10)(1Kor. 10:12 - "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie"), moet liewer nie die nagmaal gebruik nie, want Christene wat hulle met hierdie dinge besig hou is eintlik besig met afgodediens (Kol. 3:5; 1 Kor. 10), wat terloops bloedskuld veroorsaak!. Die nagmaal is soos om gemeenskap te hê met 'n altaar...(1 Kor. 10:18)(dit verkondig immers die dood van Christus), en kan dus op beurt gesien word soos 'n OFFER, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus... Dit is 'n ernstige saak, want deur dit te neem bely jy dat jou hoop is op Jesus Christus se offer (Sy vergifnis, lewe in Hom, is deel van Sy liggaam, is onder die wet vd Gees). Gelowiges is nie geoorloof om beide die beker (of tafel) van die Here asook die beker (of tafel) van duiwels te neem nie.  

In ander woorde, 'n gelowige wat afgodsoffers eet of afgodsdrank drink (hetsy self offer, of saam met die wat dit offer eet of drink), is besig met afgodsdiens!, en eintlik besig om aan duiwels te offer - as so iemand nou aan die nagmaal tafel kom deelneem, dan kan hy God se ywer opwek!  Gelowiges word in 1 Kor. 10 gevra om te vlug vir die afgodediens, want die wat die offers eet het gemeenskap met die altaar... (1 Kor. 10:18; 1 Kor. 9:13). (1Kor. 10:19-22 - "Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?"). IN HIERDIE GEDEELTE WORD DIE GELOWIGES OOK GEWAARSKU OM NIE TE DEEL AAN AFGODSOFFERS NIE en te DOEN SOOS SEKERES ONDER DIE VOLK WAT DEELGENEEM HET AAN DIE AFGODSTAFEL NIE... (1Kor. 10:7 - "En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel");  want l.w., terwyl hulle dit gedoen het was hulle besig om aan duiwels te offer. DAAROM MOET ELKEEN WAT AAN DIE NAGMAAL TAFEL DEELNEEM HOM/HAARSELF BEOORDEEL. Jy kan nie aan beide offertafels deelneem nie! In ag geneem waarna die nagmaal verwys... (bv. dat dit die Here se offer herdenk en ons gemeenskap het daardeur aan Jesus se liggaam en bloed), is dit logies dat iemand dit nie kan neem terwyl hy ook offer aan ander "altare" nie. Die nagmaal is bedoel vir die wat in Jesus Christus glo as die weg, waarheid en lewe..., mense wie se sondes in Hom vergewe is en onder die wet van die Gees is (m.a.w. word eintlik deur "reines" gebruik;  maar die wat afgode aanbid of aan afgodspraktyke deelneem, is onrein).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wie op onwaardige wyse neem:  

Wanneer 'n Christen deel in die nagmaal, maar op ander geleenthede ook "offer aan ander altare" bv. afgode, dan is hy besig om met beide gemeenskap te hê... (1Kor. 10:20,21 - "Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie").  As gelowiges dit doen, kan hulle die Here se ywer opwek (want Hy is 'n jaloerse God)(1 Kor. 10:22), en kyk wat het met die in die woestyn gebeur wat dit gedoen het... In ander woorde, as 'n geestelike mens gemeenskap het met 'n afgodstafel, is hy besig met 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap ("gemeenskap" gaan oor deel...). Sekere vorme van gemeenskap is nie geoorloof nie! - en met rede;  (bv., gemeenskap met afgode is verbode vir die geestelike mens). Ander vorme van "gemeenskap" wat vir die geestelike mens verbode is, is (1) gemeenskap met ongehoorsame (Christelike) broers en susters (2 Thess. 3:14 - bv. in hierdie geval is die rede spesifiek sodat die ongehoorsame kan skaam word, nie om hom te veroordeel nie - dit is dus net vir 'n wyle...), (2) gemeenskap met Christelike broers en susters wat nie bly in die gesonde leer van Jesus nie maar 'n ander lering bring (2 Joh. 1:11 - gemeenskap in hierdie geval word selfs beskryf as "gemeenskap met hulle bose werke!"), (3) gelowiges mag ook nie in dieselfde juk trek met ongelowiges nie..., nl. om gemeenskap te he met die duisternis of met hulle sondes (2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). Om in dieselfde tafel te deel, is 'n vorm van gemeenskap - bv., waar iemand deel in voedsel wat aan afgode geoffer is (maw in die konteks van iemand wat self offer aan afgode, of "dit te eet in die teenwoordigheid van die wat dit aan afgode offer"), word dit gesien as "gemeenskap met duiwels" (1 Kor. 10:18-20).  Waar Christene met mekaar die brood en wyn (dieselfde tafel) deel, is dit ook  'n vorm van gemeenskap... - in hierdie geval verwys dit veral na gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus. Jesus het o.a. in Mat 5:23,24 geleer dat as jy jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, moet jy jou gawe eers laat voor die altaar en gaan versoen eers met jou broeder - en kom dan en bring jou gawe...  Die Here verwag dieselfde van ons wanneer daar iets is wat tussen jou en die Here staan (gehoorsaamheid is bv. belangriker as offers/die Here aanvaar nie 'n offer waar mense in ongehoorsaamheid stap nie - 1 Sam. 15:22; Jes. 1:10-17; Hos. 6:6; Amos 5:21-24). Deur die altaar word 'n gawe geheilig (Matt. 23:19) -  jy kan nie gemeenskap het met die altaar as dit wat tussen jou en die Here staan, nie eers aangespreek word nie. 

Daarom moet elkeen homself beoordeel voor hy nagmaal gebruik.  Paulus verwys ook hierna in 1 Kor. 11 waar hy verwys na mense wat die nagmaal op "onwaardige wyse neem"... - nie noodwendig in die konteks waar ons in regstand met die Here moet wees nie, maar in konteks van die gemeente wat gemeenskap het met mekaar... (hulle deel in dieselfde brood en beker). Ook in hierdie opsig is dit belangrik om onsself te beoordeel. Hoe gaan ons met die mense om saam met wie ons nagmaal gebruik? In die gedeelte vewys Paulus o.a. na hoe die nagmaal 'n HEILIGE maal is. Christene moet hulleself beoordeel wanneer hulle die nagmaal gebruik, want as jy dit op onwaardige wyse neem kan jy 'n oordeel oor jouself bring! Kom ons kyk eers na die betrokke skrifgedeelte: (1Kor. 11:17-34 -: "Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.  Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit. Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.  As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.  Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.  Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  Wie dan op onwaardige (Gr. woord "an-ax-ee'-oce", irreverently: - unworthily) wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig (Gr. woord "n'-okh-os",  in danger of, guilty of, subject to) wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). In konteks gaan dit oor die eenheid in die gemeente. Die doel van so 'n "bymekaarkom" (waar bv. nagmaal gebruik word) moet wees om sterker te word as 'n eenheid, maar die teendeel gebeur ongelukkig waar mense onbarmhartig, onordelik is, en die nagmaal onwaardig gebruik word. Die nagmaal het WAARDE, maar dit wil voorkom of die nagmaal in die betrokke gemeente gebruik was soos 'n gewone maaltyd - onwaardig, en sommige was selfs honger, en ander dronk! Dit is duidelik nie wat met nagmaal bedoel word nie, en selfs wat 'n gewone maal aanbetref was dit nie tot stigting nie omdat daar skeuringe was onder die gemeentelede. (1Kor. 11:22 - "Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie"). Wat Paulus in hierdie gedeelte verduidelik is hoe "afgesonder" (heilig) die nagmaal eintlik is, en die wat honger is moet liewer by hulle huise klaar eet voor hulle kom om in die nagmaal te deel, want nou neem hulle die nagmaal asof dit 'n gewone maaltyd is, en dan nog ten koste van ander.. (1 Kor. 11:27-34 - "Wie dan op ONWAARDIGE WYSE hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.  Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.  Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). 


As jy die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, kan jy kan 'n oordeel oor jouself bring...

Dit is interessant dat die nagmaal o.a. ook verwys na fisiese genesing (nie net na die ewige lewe wat daar is in Jesus Christus nie). Dit is waarom Paulus in 1 Kor. 11 noem dat dit die rede is waarom sommige swakkes en sieklikes in die gemeente al ontslaap het (want as hulle hulself beoordeel het, sou hulle nie geoordeel word nie). Die nagmaal moet afsonderlik geneem word van 'n gewone ete, en daar moet vir mekaar gewag word... (dit is 'n heilige maal en 'n maaltyd waarin die hele gemeente op dieselfde tyd deel). Dit is ook interessant om te sien die opmerking wat Paulus maak, dat die wat die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here... Hierdie wil voorkom of dit te doen het met die tema van BLOEDSKULD (in hierdie geval word die persoon dus skuldig aan die bloed en liggaam van Christus...). Vgl. dit gerus ook met die vorige paragraaf, want terwyl jy deel daarin is jy besig om te deel aan die offeraltaar.  Maar as iemand deelneem aan beide die nagmaal en ander afgods "eet en drink" praktyke (bv. afgodsoffers eet), dan is hy besig om die ywer van die Here op te wek.  Let wel dat afgodspraktyke jou kan onrein maak, en is een van die dinge in die O.T. wat bloedskuld veroorsaak het! (so iemand is dan skuldig aan bloed). Daar is verskeie dinge wat kan veroorsaak dat iemand bloeskuld kry, o.a. soos in hierdie geval dat iemand "geestelik hoereer" (bv. agter afgode aangaan), maar ook 'n hele lys van dinge wat bloedskuld veroorsaak... (bv. bloedskande, homoseksualisme, vader of moeder vloek, hoerery, oproep van geeste, waarseery, afgodsdiens, ens.) - hierdie sondes is ernstig en dit is duidelik dat bloedskuld (o.a. as gevolg van spesifieke sondes wat mense teenoor mekaar pleeg) die eenheid van die gemeente breek (in die O.T. was dit dan 'n lewe vir 'n lewe... - jy moes met jou eie bloed betaal, en daarom was die met bloedskuld doodgemaak;  maw, in die O.T. was daar offer wat daarvoor kon betaal nie, behalwe natuurlik jou eie bloed / in die N.T. is daar ook vergifnis by Jesus Christus vir bloedskuld).  Nou kan jy verstaan hoekom die Skrif leer dat as jy jou broer haat of vloek, jy 'n moordenaar is! Wanneer jy iemand vloek kan jy bloedskuld op jou kry... (1Jn 3:15 - "Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie")(1 Joh. 2:11);  en as jy nou staatmaak op Jesus se vergifnis en "Sy bloed drink", dan word jy eintlik skuldig aan Sy bloed sou jy nie die sonde neerle nie. Jy hoef nie fisies jou broer dood te maak om hierdie bloedskuld op jou te kry nie - waar broeders mekaar haat in 'n gemeente en daar allerhande skeuringe is as gevolg hiervan, sal diesulke die nagmaal op onwaardige gebruik wanneer hulle daarvoor saamkom (en hulle kan 'n oordeel oor hulleself bring). Ook Christene wat speel in allerhande verbode heidense geloofspraktyke is wel nie besig om fisies voor 'n afgod neer te buig nie, maar is tog besig om "geestelik te hoereer", want hulle offer aan beide tafels! - hierdie kan ook veroorsaak dat jy 'n oordeel bring oor jouself. 

In die Nuwe Testament kan jy wel vergifnis kry van selfs bloedskuld deur Jesus Christus!, maar hoe sal jy vergifnis kry as jy skuldig word aan Sy bloed en liggaam?  Wie sal sulke bloedskuld vergewe? - sien hoe gevaarlik dit is wanneer Christene aan beide tafels eet en drink.  Of dit kan op 'n ander manier gestel word.... ; nl., as jy dan nou verwag dat Jesus weer moet sterwe sodat jy vergifnis kry, dan word jy skuldig aan Sy bloed! (dis amper soos om Hom weer dood te maak)( jy skuld Hom dan jou lewe - jy word skuldig aan Sy bloed en liggaam...). Kyk gerus die konteks van 1 Kor. 10 (vorige paragraaf)- Paulus het hier gepraat oor mense wat "geestelik hoereer" - as jy aan Jesus behoort moet jy pasop vir bloedskuld en seker maak dat jy nie in sonde leef teenoor mede-broeders/susters nie, en moenie ander afgode dien nie (want dit is "geestelike hoerery" wat bloedskuld veroorsaak) - in ander woorde, as jy die nagmaal gebruik maar ook afgodsoffers neem, dan word jy skuldig aan Christus se bloed en liggaam... Ditto in die geval van bloedskuld a.g.v. sonde teen broeders wat nie afgele word nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------