Wys tans plasings met die etiket werke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket werke. Wys alle plasings

Dinsdag 15 November 2022

Gawes, Bedieninge en Werkinge

HIERDIE IS DIE EERSTE VAN 'N STEL POSTE GETITELD 
"Gawes, Bedieninge en Werke". In die reeks word daar gekyk na die verskillende geestelike gawes, bedieninge, en werkinge in die Christelike kerk. Ander belangrike onderwerpe wat saam met hierdie tema behandel kan word, is die "doping in die Heilige Gees", "krag ontvang" , "om in die Gees te wees", "wat dit beteken om kragtig te wees in die Here", ens.


In hierdie pos:
- Inleiding (wat beteken dit om in die Naam van Jesus op te tree)
- Die belangrikheid van "die bron"
- Die invloed van 'n gees / die invloed van die Heilige Gees
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding:
Om "in die Naam van Jesus" op te tree, beteken dat jy in Sy plek optree/uitgaan.  Bv., as jou pa jou stuur om ter wille van Hom iets te gaan doen/praat, dan gaan jy "in sy naam" (in sy plek - jy kry m.a.w. die verantwoordelikheid om in sy plek dit te gaan doen...). Op ditto wyse word Christene outoriteit gegee om in Jesus Christus se plek (terwyl Hy nie fisies self hier teenwoordig is nie) te praat en te doen (en elkeen word verskillende werk gegee). Dit is wat dit beteken om "in Sy Naam" uit te gaan, en daarom bid/doen ons ook gewoonlik iets "in Sy Naam" wanneer ons in sekere gawes en bedieninge stap... (m.a.w., jy is deur Hom gestuur, so jy doen/praat dit "in Sy Naam" - in Sy plek). As jy bv. 'n duiwel probeer uitdryf terwyl jy nie gestuur is nie, dan kan jy nie "in die Naam van Jesus" uitgaan nie, want jy is nie deur Hom gestuur nie! (Hand. 19:13-16). Om gebruik/uitgestuur te word/mag te kry (m.a.w. "in Sy Naam uit te gaan) het te doen met gehoorsaamheid aan Jesus Christus. 

Jesus het op ditto wyse uitgegaan "in die Naam van die Vader" (Joh 10:25)(is deur die Vader gestuur), en het somtyds Sy werk delegeer na Sy dissipels (vir hulle krag gegee om "in Sy Naam"/ter wille van Hom uit te gaan - m.a.w., die krag wat Hy ontvang het vd Vader het Hy delegeer na Sy dissipels). Jesus het in die Vader se Naam uitgegaan (want die Vader het Hom gestuur), en Sy dissipels het in Jesus se Naam uitgegaan (want Hy het hulle gestuur). Op ditto wyse het die Here werk/mag/krag (vd Gees wat op Moses was) ge"delegeer" aan 70 vd oudstes vd volk (m.a.w., vd Gees wat op Moses was, het die Here afgesonder en op die 70 gelê...)(Num. 11:16,17) - op hierdie manier kon hulle vir Moses help die las dra. Hierdie is immers waarom Moses krag ontvang het, en ook die doel waarom daardie krag gedelegeer is... - is om die wil van die Here uit te voer (bv., die krag vd Gees maak ons instaat "om te kan getuig" / om die waarheid te kan verkondig / om die Here se wil bekend te maak, ens.). 

As iemand gedoop word "in die Naam van Jesus Christus" tot vergewing van sondes, dan beteken dit dat Jesus die een wat doop, die outoriteit gegee het om in Sy Naam vergewing van sondes te gee (en die waterdoop is 'n teken hiervan)(Hand. 2:38). Om in hierdie verantwoordlikheid te kan stap, het jy "mag" of "krag" nodig - in die Christelike kerk word hierna verwys as "krag van die Heilige Gees", of word "gedoop in die Heiliges Gees". Dit is bv. anders as die waterdoop (Hand. 8:14-17).  Doping in die Heilige Gees (ook genoem "ontvang die Heilige Gees") het te doen met die KRAG ONTVANG vd Heilige Gees (krag/mag om vir die Here te werk) - daar is heelwat sulke gawes, bedieninge en werkinge. Hand. 4 is 'n goeie vb. van hoe goed hierdie konsep in die tyd vd eerste gemeentes verstaan was (kyk Petrus en Johannes voor die raad), bv. dat hulle vir Petrus en Johannes gevra het "deur watter mag en deur watter naam hulle optree"? Hulle het verstaan dat Petrus en Johannes mag/krag gekry het en deur iemand uitgestuur is, en toe hulle uitvind dat hulle "in Jesus se Naam" uitgaan, het hulle hul probeer verbied om dit te doen... Maar kyk Petrus en Johannes se antwoord aan die gereg in v. 19,20:  "Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie". Hulle het duidelik verstaan wat dit beteken om in Sy Naam uit te gaan, en dat dit gaan oor "gehoorsaam wees aan God" (doen dit uit gehoorsaamheid).  Christene is 'n "heilige" volk - dit beteken hulle is "afgesonder" (dit is wat "heilig" in hierdie konteks beteken) vir die Here;  m.a.w., afgesonder vir Jesus Christus (om Hom te dien, vir Hom te werk, 'n lig te wees in die wereld, ens. - is 'n slaaf van Christus). Christene is "geheilig" in daardie opsig, om in die Here se plek vir Hom ligte te wees in hierdie wereld, en Hy gee vir hulle die krag om te kan uitgaan. Hierdie kan miskien gesien word soos outoriteit, maar meer presies is dit eerder " 'n verantwoordelikheid ". Wanneer 'n bedienaar vir iemand bid vir genesing en hande op die persoon le en bv. bid "in die Naam van Jesus" vir genesing, dan beteken dit dat daardie persoon deur Jesus uitgestuur is om ter wille van Jesus (m.a.w. in Sy Naam) genesing te gee (Hand. 3:6) - dit is eintlik Jesus wat die genesing gee, maar Hy gebruik Sy kinders om dit uit te voer.  

Die vraag is nou of jy as Christen al enige sulke mag/krag ontvang het?  Het die Here vir jou mag gegee om ter wille van Hom op te tree? Die Here wil graag vir die wat Hom gehoorsaam, mag/krag gee om ter wille van Hom te praat en te doen (Hy wil vir ons gawes en bedieninge en werke gee - m.a.w., die wat Hom gehoorsaam kan gevul word met die krag van die Heilige Gees, sodat hulle instaat is om te kan uitgaan en getuig).  Voor Jesus opgevaar het na die hemel het Hy hierdie "krag" belowe  - en dit is waaroor die uitstorting van die krag vd Heilige Gees gaan in Hand. 2... - en die rede waarom die dissipels gewag het daarvoor.  Ons moet ook vra daarvoor soos hulle daarvoor gevra het. Wanneer die Here iemand vul met die krag van Sy Gees, dan gee Hy vir hulle mag (krag) om uit te gaan in Sy Naam en ter wille van Hom te praat, doen en skyn. Hulle ontvang gawes en bedieninge en werke. 

Die Christelike kerk word somtyds soos 'n mens voorgestel (bv. met 'n liggaam, siel en gees), en word ook na verwys as "die liggaam van Christus", en Christene vorm deel/is lede van hierdie liggaam (1 Kor. 12:14). (1Kor. 12:27 - "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik"). Hierdie lede verwys na die wat behoort aan Christus en vervul is met die Heilige Gees (1 Kor. 12:13)(maw weergeborenes), en elke lid het 'n werk en/of bediening en/of gawe wat aan hulle uitgedeel word volgens wat nodig is, net soos 'n liggaam funksioneer met verskillende lede (1 Kor. 12:11,18) - dus verwys na as "liggaam van Christus" - hulle werk vir Hom. Lede in 'n liggaam het ook mekaar nodig (1 Kor. 12:15-31) - die een is daar vir reuk, die ander om te sien, die ander om te stap..., ens. - net so vorm elke lid 'n belangrike deel van hierdie "liggaam van Christus";  maar daar is ook 'n rangorde in hierdie "liggaam" volgens "outoriteit"/verantwoordelikheid en wat nodig is.  Bv., wat bedieninge aanbetref is (1) apostels eerste, dan (2) evangeliste, dan (3) leraars (evangeliste, herders, leraars), dan (4) kragte, (5) genadegawes van gesondmaking, (6) helpers, (7) regeringe en laastens, (8) allerhande tale (1 Kor. 12:28.29). Die doel van "bedieninge" is om die heiliges toe te rus vir dienswerk, en om die "liggaam van Christus" op te bou (Ef. 4:11,12). Net so is daar 'n doel vir gawes (bv. dat dit tot stigting is) en 'n doel vir werke (bv. om die Here se wil uit te voer)...  Sommige gawes is ook belangriker as ander, bv. profesie is belangriker as wanneer iemand in 'n taal bid (ter wille van die wat nie verstaan nie; -tensy dit uitgele word)(1 Kor. 14:3,5). M.a.w., dit gaan hier oor wat belangrik/nodig is en wanneer dit belangrik is... - die bedoeling van gawes is dat dit tot stigting kan wees (1 Kor. 14:12);  m.a.w., dit gaan duidelik oor wat "nodig" is. Alle werk wat aan die Christen uitgedeel word deur die Gees, is bedoel om die Here se wil uit te voer (Fil. 2:13 - "want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae")(Hebr. 13:21), en om die gemeente te stig en te laat groei;  en daar is ook ander dinge wat tot stigting is, bv. wanneer iemand 'n psalm bring, of  'n openbaring, of opbouende woord... (1 Kor. 14:26; Ef. 4:29);   en natuurlik, wat geloof, hoop en liefde aanbetref, is die liefde die grootste! (Joh 13:35 - "Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die bron:

Soos bo gesien (bv. in wie se naam ons optree), is dit duidelik dat gawes, bedieninge en werkinge in die Christelike kerk "DIE HERE AS BRON" het. Die Here deel gawes, bedieninge en werkinge aan elkeen uit, wat hulle instaat maak om hierdie rolle te vervul, en Hy doen dit deur Sy HEILIGE GEES - Hy is die bron. 

Ons moet natuurlik onderskei tussen verskillende geeste, want nie almal wat lyk of hulle in gawes en bedieninge stap, verkry dit van die Here af nie! Daar is bv. heelwat "heidense praktyke" waarin mense in allerhande soorte "gawes" stap maar hierdie gawes nie verkry is van die Heilige Gees nie (bv. waarseery, sekere geestelike genesers, ens.).  Dit gaan dus oor die BRON waarvanaf hierdie gawes en bedieninge verkry word. Nie enige iemand wat 'n gawe of bediening het het die Here as bron nie.  Nie almal wat bely hulle ken die Here of bely hulle is Christene, ken Hom regtig nie! (Matt. 7:21-23). Somtyds stap mense in soortgelyke gawes soos wat in die Christelike kerk gesien word, maar dan het hulle nie die Here as "bron" nie - die waarheid is dat in die Christelike kerk is daar ook onkruid, ingesluiptes, valse broeders en verleiers... (Gal. 1:4; 2 Kor. 11:13; Jud. 1:4; ens.). En sommige het wel die Heilige Gees en dra vrug van die Gees, maar word dan afvallig en tree op asof hulle in die naam van Jesus optree maar tree dan eintlik in hulle eie naam op... Dit is daarom belangrik dat die geeste op die proef gestel word.  'n Goeie manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur is, is bv. om te kyk of die persoon dieselfde preek as wat Jesus gepreek het.  Bv., baie bely hulle glo in Jesus (of is deur Hom gestuur), maar die oomblik as jy met hulle begin praat oor wat Jesus geleer het, dan kom jy agter hulle glo nie regtig in Hom nie (want hulle glo nie in Sy woorde nie). As iemand bely hy glo in Jesus of is deur Jesus gestuur of deur die Heilige Gees gelei, dan moet hy ten minste dieselfde preek as wat die Skrif leer of wat Jesus gepreek het! Hierdie is 'n goeie manier om te sien of iemand regtig in die Naam van Jesus optree... (is hy regtig deur Hom gestuur?). Wanneer iemand 'n gees in hom het het daardie gees natuurlik 'n invloed op die persoon - die Heilige Gees het 'n groot invloed op die weergeborene se lewe. O.a. word die Heilige Gees die "Gees van WAARHEID" genoem, en kan nie iets anders leer as die waarheid nie.  As Jesus Christus iemand vul met die Heilige Gees (die Gees van waarheid), dan is dit logies dat wat daardie persoon preek (wat hy van die Gees ontvang), moet dieselfde wees as die waarheid wat Jesus Christus gebring het... (as dit nie so is nie, dan kom hy duidelik nie "in die Naam van Jesus" nie - en is dan nie deur Jesus gestuur nie). 

Daar is verskillende soorte geeste (selfs die innerlike mens kan ook gesien word as 'n gees).  Ons moet onderskei tussen "die mens se gees", "dienende geeste", "onreine/ander/ bose geeste", en "die Heilige Gees". Bv., nie almal wat in 'n gawe of bediening stap het die Heilige Gees AS BRON nie.  Sommige het 'n wêreldse gees as bron, sommige gebruik engele as bron (en dan hang dit af of daardie engel deur die Here gestuur is of nie), sommige het onreine en bose geeste as bron, en sommige het die Heilige Gees as bron.  In die Christelike kerk is die Here en Sy Gees veronderstel om die Christen se bron te wees, maar ongelukkig is die waarheid dat baie Christene vandag hulle hoop in ander-geloofspraktyke plaas en hulle so oopstel vir ander bronne. Daar is verskillende redes waarom sommige Christene hierdie doen, o.a. kan dit wees omdat die persone nie aan die geloof vashou nie - 'n ander rede kan wees omdat hierdie persone ongehoorsames is en hulle wederstrewigheid veroorsaak dat die Here hulle nie meer antwoord nie... (en hulle dan hulle antwoorde elders gaan soek). Nog 'n rede is eiesinnigheid (hardkoppigheid) wat terloops vgl. word met beeldediens en afgodery (hierdie verwys na Christene wat die waarheid ignoreer en hulle eie "waarheid" volg). 

In hierdie reeks van "gawes, bedieninge en werkinge" kyk ons egter spesifiek na die wie se bron die Heilige Gees is, maar ons moet egter versigtig wees en die geeste onderskei, want wanneer ons met mense te doen het wat in spesifieke gawes en bedieninge stap, gebruik nie almal van hulle die Here en Sy Gees as bron nie. Ons moet dus kennis neem dat nie almal in die Christelike kerk die Heilige Gees as bron gebruik nie, en moet die geeste onderskei. Kom ons kyk vinnig na hierdie verskillende bronne (sodat ons beter kan onderskei):
- (1) "die mens se gees" (ook genoem "siel")(dit verwys na die innerlike mens bv., daar is 'n gees in elkeen se binneste - Sag. 12:1)(sommige geleerdes verwys daarna as "siel/gees", want die innerlike mens word somtyds na verwys as siel en somtyds as gees)(wanneer die liggaam of uiterlike mens doodgaan, verlaat hierdie siel/gees/innerlike mens die liggaam - dan is iemand soos 'n gees sonder vlees en bene...).  SOMMIGE PRAAT UIT HULLESELF EN GEBRUIK DUIDELIK HULLESELF AS BRON. SIENDE DIE NATUURLIKE MENS 'N WERELDSE GEES HET, PRAAT HULLE UIT DIE WERELD, MAAR DIE GEESTELIKE MENS HET DIE HEILIGE GEES - EN PRAAT DUS UIT DIE GEES...   Ongelukkig gebeur dit somtyds dat sommige weergeborenes afvallig word vd geloof  - hierdie mense begin weer praat en klink soos die wêreld... (Rom. 1)(en praat gewoonlik "uit hulleself"), en hulle verander baiemaal in verleiers - hierdie is baie gevaarlike suurdeeg in die Christelike kerk!   

- (2) dienende geeste (die engele)(die engele wat vir God dien word gebruik en uitgestuur om God se wil uit te voer, bv. is o.a. boodskappers, of is tot hulp vir die wat die saligheid beerwe - Hebr. 1:14)(hulle word ook "manne" genoem in verskeie skrifte, en het ander soort liggame as ons, ens...).  Maar NIE ALLE ENGELE WORD DEUR DIE HERE GESTUUR NIE... - SEKERE GELOWE HET bv. HULLE ONTSTAAN DEUR 'n "ANDER EVANGELIE" WAT DEUR 'N ENGEL GEBRING IS (bv, deur 'N ENGEL WAT AAN IEMAND VERSKYN HET...).   WEER-EENS IS HIERDIE DIE MANIER HOE DAAR GEMEET WORD OF 'N ENGEL DEUR DIE HERE GESTUUR IS OF NIE... - EN DIT IS DEUR TE OORDEEL OF SY WOORDE DITTO IS AS DIE WAARHEID (Gal. 1:7,8);

- (3) onreine geeste en bose geeste (ook genoem "ander geeste" in 1 Joh. 4:1,2)(of genoem duiwels in Joh. 10:21)(hulle soek liggame waar hulle kan intrek;  wanneer iemand 'n bose gees in hom het word hy deur daardie gees "besoedel" en is onder die mag vd duiwel - is m.a.w. onder beheer van daardie gees of duiwel, en die duiwel doen allerhande dinge in hulle - kan bv. die persoon in wie hy woon buitengewoon sterk maak, of stuiptrekkings laat kry, of siek maak, ens.).  SOMMIGE BRING 'N "LERINGE VAN DUIWELS" (1 Tim. 4:1)(wat terloops baiemaal gepreek word deur die wat afvallig word vd geloof) -  leringe van duiwels is leringe ONTVANG DEUR ONREINE EN BOSE GEESTE (bestudeer gerus ook temas soos offerandes aan duiwels, wereldse wysheid, duiwels wat tekens doen, ens.)(1 Kor. 10:20; Jak. 3:15; Openb. 16:14; ens.).  Sommige leer "leringe van duiwels", maar het dit nie by 'n duiwel ontvang nie, maar by iemand anders wat dit van 'n duiwel ontvang het.  Hierdie gebeur ongelukkig baie, en somtyds hou selfs Christene hulle besig met sulke leringe omdat hulle dit nie beoordeel nie, of nie regtig glo in die waarheid nie;  

- (4) die Heilige Gees (Gees van God afgesonder, wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo)(wanneer iemand die Heilige Gees het, is hy onder die mag van God se Gees - is m.a.w. onder beheer van Hom, van Sy Gees, en die Heilige Gees werk allerhande gawes, bedieninge en werke deur daardie persoon, en lei en leer hom in die waarheid/hulle verkry wysheid van bo/hulle verkry gawes om dinge te doen wat hulle nie self kan doen nie/hulle kry opdragte/ens...).   

GAWES, BEDIENINGE EN WERKINGE is dus ONDERWERP aan die BRON: Die Heilige Gees is die Gees van waarheid - is God se Gees - dit is dus die Here wat hierdie gawes, bedieninge en werke vir die gelowige gee, en waar 'n weergeborene opreg bly en nie afdwaal nie en vashou aan die geloof, sal dit waarin hy stap of die woord wat hy bring nie in stryd wees met die Here se wil of Sy waarheid nie.  Die Heilige Gees gaan nie iets anders verkondig as wat Jesus Christus geleer het nie. Dit is dieselfde Gees - Here - God.  Hierdie is m.a.w. die manier hoe daar onderskei kan word tussen die ware en die valse. 
(1Kor. 12:4)  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
(1Kor. 12:5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
(1Kor. 12:6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Daarom, as iemand met 'n bediening van lering 'n woord bring in stryd met die waarheid of met wat Jesus geleer het, dan is hy nie opreg nie of is nie gehoorsaam aan die Here nie (so iemand is bes moontlik 'n valse leraar).   GAWES, BEDIENINGE en WERKINGE (vd Gees)(vd Here) is dus onderwerp aan die Here se wil en aan Sy waarheid. Dit gaan dus hier oor die BRON. As iemand in 'n "gawe" of "bediening" stap maar nie die Here as bron gebruik nie, dan is daardie gawe of bediening nie deur die Heilige Gees nie,  Dit is hierdie element wat die profeet vd Here onderskei vd waarseer. Die waarseer het 'n ander BRON en praat deur 'n "ander gees".  Die valse apostel verkondig 'n "ander evangelie"; die valse leraar verkondig 'n ander woord as die waarheid... (2 Kor. 11:4). Dit gaan alles oor die bron. Daarom gaan 'n Christen hom nie ophou met praktyke soos waarseery, goelary, dooies raadpleeg, verklaring van voortekens, towery,  ens. nie, want hierdie mense gebruik 'n ander bron! (Deut.18:10-14; Lev. 19:26,31; 20:6,7 ens.). Christene moet wegbly van sulke "heidense praktyke". Moenie jou ophou met oosterse geloofspraktyke (soos oosterse meditasie en joga, wat terloops nie net bloot oefeninge is nie) soos sommige kerke vandag doen nie. Hoekom gaan soek sommige Christene hulle antwoorde in hierdie soort praktyke?, want deur hierdie praktyke stel jy jouself oop vir verkeerde bronne. Moenie dink dat omdat jy 'n Christen is jy nie onrein kan word deur hierdie dinge nie!, want Christene wat hulle ophou met hierdie soort praktyke (bv., waarseery, offers aan dooies, verklaring van voortekens, ander geloofspraktyke, ens.) sal beslis verontreinig word daardeur (Lev. 19:31) - en as jy as Christen jou besig hou met hierdie goed word jy gesien soos 'n "hoereerder", maw, jy is dan besig om "geestelik te hoereer"... - het gemeenskap met ander bronne (1 Kor. 10; 2 Kor. 6:14; Ef. 5:11; 2 Joh. 1:11; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). As jy jou met enige van hierdie ophou of dit in die verlede gesoek het, moet jy dit bely, los en vra vir vergifnis - kom terug na die Here en gebruik Hom alleen as bron. 

Die Christen se bron moet die Here wees, en die Here praat natuurlik met Sy kinders veral deur Sy Gees, en gee vir hulle opdragte (deur Sy Gees), en lei hulle in wat die waarheid is (deur Sy Gees), herinner hulle aan wat Jesus geleer het (deur Sy Gees), en gebruik gawes en bedieninge om Sy woord, wil en waarheid bekend te maak deur hulle (deur Sy Gees). Hy moet alleen ons bron wees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die invloed van 'n gees op iemand,
en wat is die invloed van die Heilige Gees?

Die mens se gees (die "geeste van alle vlees") beskryf daardie peroon met wil, vermoë, persoonlikheid, karaktertrekke ens., maar wanneer nog 'n gees in iemand bly verander hy daardie mens (se gees); m.a.w., kan sy persoonlikheid, karakter en vermoëns beinvloed.  Bv., wanneer 'n bose gees in iemand bly kan hy daardie persoon se dade beinvloed sodat hy kranksinnig voorkom, of hy kan veroorsaak dat die persoon homself probeer seermaak of sy liggaamsgebruik stuit, bv. hom doof of blind maak, of is verlam in sekere dele sodat hulle nie kan loop nie of speeksel by die mond uitloop, ens. Daar bly somtyds verskeie geeste in een persoon en die geeste het verskillende werkinge. Daar is hope voorbeelde in die Skrif van hoe mense wat 'n bose gees in hulle het ly onder die mag van daardie onrein of ander gees, en dit is duidelik dat diesulkes ook nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie. Dat hierdie geeste mense siek kan maak, is beslis so, maar dit is natuurlik gevaarlik om alle siektes en tekortkominge toe te skryf aan bose of ander geeste (soos wat sommige Christene doen), want daar kan baie ander redes wees waarom iemand siek is (redes wat ook terloops almal skriftuurlik is; bv. a.g.v. kieme, of sonde kan iemand siek maak, of bloot dat iemand siek is omdat hy deur 'n toets gaan, of siek is bloot ter wille van 'n wonderwerk wat moet gebeur sodat God se krag gewys kan word..., ens)

Enige gees wat in iemand bly sal 'n invloed he op daardie persoon en kan/sal hom verander. In die Skrif is daar dan ook hope vb.e van hoe die Heilige Gees mense verander of deur hulle werk, en weergebore Christene kan hiervan getuig!; nie net verander hulle nie maar hulle kry ook gawes en bedieninge om dinge te doen wat hulle nie normaalweg kan doen nie,  bv. hulle bekwaam maak om spesifieke werke vir die Here te doen, hulle gebruik in wonderwerke, besonderse wysheid vir hulle gee, ens. Natuurlik is die invloed vd Heilige Gees baie anders as die invloed van ander geeste, en die Heilige Gees maak iemand nuut en is goed vir die mens en verander iemand ten goede, en verseel die weergeborene (tot die dag van verlossing)! Die wat weergebore word word gebore deur 
-water (afwassing van sondes/staan op in nuwe lewe) en deur 
-Gees (ontvang die Heilige Gees). Die ontvang van die Heilige Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte, en die weergeborene kan ook krag ontvang deur die Heilige Gees (gawes, bedieninge en werke).  Alhoewel die ontvang van die Heilige Gees eenmalig is (m.a.w., dit gebeur wanneer iemand weer gebore word), kan die weergeborene gedurigdeur met krag (vd Heilige Gees) vervul word... In alle gevalle is die doel vir krag ontvang, sodat ons kan bedien en getuig. Vir 'n pos oor "wie ontvang die Heilige Gees" en "hoekom iemand die Heilige Gees ontvang", gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2014/12/die-gees-van-god-2.html.  

Wanneer die Heilige Gees in 'n Christen kom bly dan verander Hy daardie persoon en gee o.a. aan hom GAWES EN BEDIENINGE, en WERK deur hom soos benodig in die koninkryk van God. Hy maak hom bekwaam om spesifieke werke vir die Here te doen (bv. om die volk vd Here te lei in die Here se wil, of om God se planne bekend te maak, of om iemand wat afgedwaal het terug te roep, ens.), en lei en leer hom in die Here se waarheid. Gawes en bedieninge gaan somtyds gepaard met wonderwerke, en mense in wie die Heilige Gees is verkry 'n besonderse verstand (bv. om die Here se wil te ken en te weet wat is die waarhed)  - immers is die Heilige Gees die Gees van WAARHEID - mense in wie die Heilige Gees is, "sien" anders en leer wat is die waarheid werklik. Hierdie is die groot verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense", en die Heilige Gees is die rede waarom geestelike mense verskillend dink en sien van natuurlike mense.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 01 Januarie 2014

uit genade gered (2)

Vir die eerste deel oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html
=====================================================

In hierdie blogpost - (OPSOMMING):

(4)  "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie!).  

Daar is 'n duidelike verskil tussen 
-"gehoorsaam wees deur wette te onderhou" (met die doel om saligheid te beerwe), en
-"gehoorsaam wees omdat jy die Here alleen dien" (hom vertrou)(omdat jy alreeds tot saligheid gekom het).  Om die Here alleen te dien, beteken dat iemand "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN". ("Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie...") - niemand kan twee here dien nie...

(5) ALHOEWEL "WERKE" NIE SALIGHEID KAN BEWERK NIE, KAN DIT SALIGHEID BEINVLOED! 


(6) Alhoewel ons genade (guns) verkry deur die geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur werke.  Vir iemand se sondes om vergewe te word, het hy regverdigmaking nodig - hy ontvang dit deur die geloof. Maar, net soos hy geregverdig word deur geloof sodat sy sonde vergewe word, word hy ook geregverdig deur sy werke wat 'n bewys is dat hy glo! 

=========================================================================
UITEENSETTING:

(4)   Heelwat leringe in omloop in die kerk vandag, is gebaseer op wat die mens "uit die deal kan kry" (waar mense steeds die sonde dien, maar ook die saligheid wil he).  "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; NIE die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie!  


 Luk 16:16 - ("Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin") - kyk gerus na die konteks van hierdie skrifgedeelte - wat het Jesus hier bedoel?
-  In die betrokke skrifgedeelte het Jesus gepraat oor hoe ons "nie twee here kan dien nie":
(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.


Luk 16:16)  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

Deur onsself te probeer regverdig deur die onderhouding van wette (m.a.w. om die sonde te probeer afsterf deur die onderhouding van wette), kan ons nie regverdig nie, maar wanneer iemand die Here ALLEEN dien (en Hom gehoorsaam is as gevolg daarvan), dan ontvang hy uit genade regverdigmaking (God kyk na die hart!) - sy sondes word vergewe, en hy dien nie meer die sonde nie.  Waar iemand egter steeds die sonde dien nadat hy tot geloof gekom het, bewys sy werke dat hy nie regtig die Here alleen dien nie! - dit is daardie persoon wat homself regverdig voor die mense, maar God ken sy hart.
Dus, in Luk. 16  gaan dit spesifiek oor die wat afgodsdiens beoefen (hetsy deur menslike gebooie as sekuriteit, rykdom en wereldse sekuriteit, of eie wil), maar dink dat hulle steeds regverdig word omdat hulle wette onderhou. Iemand word slegs geregverdig as hy die Here alleen dien, die Here alleen vertrou (nie 'n ander ook dien nie).

========================================================================
(5)
 ALHOEWEL WERKE NIE SALIGHEID KAN BEWERK NIE, KAN DIT WEL SALIGHEID BEINVLOED!  Toe Jesus die evangelie (v/d koninkryk) kom deel het, het Hy  heelwat gepraat oor die VRUG VAN DIE GELOWIGE, oor wat dit beteken om HOM AS EERSTE LIEFDE TE KEN, hoe ons MOET BID, wat dit is om DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN ens.  - hierdie kan alles soos "werke" gesien word, maar dit verwys na die "werke van die gelowige", nie "werke tot saligheid" nie, m.a.w. werke van die persoon wat reeds tot saligheid gekom het (en daardie werke regverdig hom, m.a.w. wys dat hy tot saligheid gekom het).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
========================================================================
(6)   Alhoewel ons genade (guns) verkry deur die geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur werke.  Vir iemand se sondes om vergewe te word, het hy regverdigmaking nodig - hy ontvang dit deur die geloof. Maar, net soos hy geregverdig word deur geloof sodat sy sonde vergewe word, word hy ook geregverdig deur sy werke wat bewys dat hy glo! 
(Jak. 2:24)  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?


Kyk na Jesus se opdrag in Matt. 28:19 - "......en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"  -  baie preek net die gedeelte van dat die mens geregverdig word uit genade, maar laat na om die res te preek, dat die mens ook geregverdig word uit werke, nie net uit geloof nie! 
Om dit beter te verstaan, gaan na my blogpost getiteld:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html
"GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie).  
*  TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR OM GENADE TE BEWYS (sondes te vergewe)(sodat die persoon geregverdig kan word), al verdien hy dit nie.(Joh 12:47)  "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red". 
DIE DOOP IS 'N TEKEN HIERVAN, VAN ONS REGVERDIGMAKING,  HOE ONS SONDES AFGEWAS WORD, ons DOODGAAN VIR DIE SONDE, EN OPSTAAN IN 'N NUWE LEWE, EN NET SOOS CHRISTUS OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD, SO SAL HY ONS OOK EENDAG LAAT OPSTAAN IN NUWE LIGGAME (die ewige lewe ontvang) (m.a.w. sal die ewige oordeel vryspring).

 Wanneer Hy egter terugkom (m.a.w. met Jesus Christus se wederkoms), gaan Hy KOM OM TE OORDEEL, en elke gelowige sal geoordeel word op hulle:

- op of hulle die nodige vrug gedra het http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html ; http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-onkruid.html - (oordeel tussen skape en "skape"/"koring en kaf"/"koring en onkruid"), 

- en op hulle werke http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html (of hulle die wil van die Vader gedoen het), 

waardeur Jesus dan sal besluit wie Hy gaan opwek tot lewe (die ewige lewe gee), en wie nie (en die wie nie opgewek gaan word tot die lewe nie, sal in die ewige oordeel val) - dit beteken dat die gelowige nie net geregverdig word deur die geloof nie, maar ook deur sy werke! (m.a.w. sy werke bewys of hy glo). 
Die mens word wel geregverdig deur genade (tot saligheid), maar hy word ook geregverdig deur werke (wat bewys dat hy tot saligheid gekom het).  As iemand dan bely dat hy tot saligheid gekom het (ja, deur genade omdat hy dit nie verdien nie), dan beteken dit dat hy homself onderwerp het aan die Here OM HOM GEHOORSAAM TE WEES - daarom word die gelowige ook deur werke regverdig, nie net deur geloof nie! Die probleem is hier dat gelowiges bely dat hulle tot geloof gekom het, maar hulle weet nie wat "geloof" beteken nie, want hulle dien nog die sonde.  Iemand wat tot geloof gekom het, soek nie sy eie wil nie en dien nie meer die sonde nie, maar soek na die wil van die Vader, en dien die Here - onderwerp homself aan die Here om Hom gehoorsaam te wees.  
Want wat beteken Jesus se woorde dan as ons besluit dat die gelowige glad nie deur werke geregverdig word nie?:
* (Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.


(Mat 12:7)  "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie"


Daar, die duidelike verskil tussen "gehoorsaam wees deur wette te onderhou", en "gehoorsaam wees omdat jy die Here alleen dien" (hom vertrou).  Om die Here alleen te dien, beteken dat iemand "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN" - so iemand onderhou die Here se gebooie omdat hy glo/gered is, nie omdat hy poog om gered te word nie.


 (Mat 5:20) - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie".
========================================================================

Maandag 08 Julie 2013

...as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/wat-is-die-waarheid_18.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie blogpost gaan ons kyk na wat werklik in 1Kor. 3:15  ("as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen")  bedoel word.  
Baie Christene neem bg. skrif as 'n bewys dat die gelowige glad nie sy/haar saligheid kan verloor nie, 
-maar ons moet gaan kyk in watter konteks dit geskryf is;
-Wat is bv. die "werke" waarna verwys word? 
========================================================================
Opsomming:
(kyk uiteensetting onder)

-(1)  As ons hierdie skrif in konteks neem met ander skrifgedeeltes, dan verwys "werke" in hierdie skrifgedeelte nie na vrug nie (want vrug kan saligheid beinvloed) - die "werke" waarvan Paulus hier praat, kan nie saligheid beinvloed nie;
-(2)  In konteks (1 Kor. 1-3), beteken "werke" in hierdie skrifgedeelte:
-(in sekere gevalle woord aanneem wat nie die waarheid is nie)
-(in ander gevalle nie iemand ontvang wat deur die Here gestuur word nie, omdat hulle hul hoop plaas net in spesifieke persone - hulle soek dus nie noodwendig die waarheid nie, "maar versamel vir hulle leermeesters wat hulle in die gehoor kan streel") - 1 Kor. 3:10-13;
-(3)  Die manier "hoe ons bou", gaan dus in hierdie skrifgedeelte oor watter leerstellings ons toelaat, of vir wie ons toelaat - sou iemand self volgens hierdie leerstellings lewe en dit nie volkome die waarheid is nie, dan sal daardie "werke" heeltemal verniet wees!  Hy verkondig dit dalk ook aan ander en dink dat hy besig is met die werke van God, maar as dit nie die volkome waarheid is nie, dan sou hy verniet "werk" - dit sal uiteindelik verbrand word en glad nie in sy guns tel nie (alhoewel hy self gered sal word) - 1 Kor. 3:12-15;
-(4)  A.g.v. die feit dat die gemeente van Korinthiers hulle hoop geplaas het op spesifieke persone se woorde (leerstellings)( Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?) , was hulle nie altyd oop vir die waarheid nie, of oop vir die persoon wat deur die Here gestuur word nie - op die manier het hulle "verkeerd gebou" - 1 Kor. 3:8,9 - "want met die maat waarmee jy hoor, sal jy gemeet word" - in hierdie geval moet die gelowige versigtig wees, want as hy nie ag gee op wat die Here vir hom se nie omdat hy "net na sekere mense luister", gaan hy ophou "hoor" van die Here - kyk my blogpost getiteld: "met die maat waarmee julle hoor..."- in so 'n geval glo iemand slegs vir 'n tyd, en val in tye van verdrukking... (kyk na die die tweede groep in die gelykenis van die saaier);
-(5)  Waar leerstellings veroorsaak dat iemand in sonde verval en nie ag gee op die "pad van godsaligheid" nie, soos in die geval van Openb. 2:12-29, beinvloed dit ook die "vrug" van die gelowige - in so 'n geval kan dit definitief saligheid beinvloed. (kyk ook na die derde groep in die gelykenis van die saaier! - waar iemand "onvrugbaar" raak, of "geen ryp vrug" dra nie!)(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra).



========================================================================  Uiteensetting:

Volgens 1 Kor. 3:15 (bg. skrifgedeelte) lyk dit of "werke" glad nie die saligheid van die gelowige kan beinvloed nie;  tog volgens Matt. 25:14-46 het die slegte en lui dienskneg se werke wel sy saligheid beinvloed - ook verduidelik Jesus in hierdie skrifgedeelte hoe die skape en bokke geskei sal word met Sy wederkoms, en hoe "werke" weer-eens die bewegende faktor is! - en dat dit slegs die skape is wat die koninkryk gaan beerwe (vgl. dit met "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN"-(Mat 7:20,21  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".) Op grond van "werke" word die skape en bokke geskei in die betrokke skrifgedeelte - gaan lees dit gerus weer - dus, in daardie geval, kan werke wel saligheid beinvloed!

Ook wanneer ons gaan kyk na die gelykenis van die saaier (Matt. 13), wat veral gaan oor "die vrug", is dit duidelik dat die tweede, derde en vierde groepe na "gelowiges" verwys -  en let wel dat die tweede groep slegs vir 'n tyd glo, en in tyd van versoeking en verdrukking, val;  en let wel dat die derde groep wel vrug dra, maar onvrugbaar raak, of geen ryp vrug dra nie! Vrug is 'n bewys van of iemand regtig die Here ken (wortel het), Sy wil doen en Hom as Eerste Liefde ken.

Dit is dus duidelik dat, alhoewel werke nie saligheid kan bewerk nie, dit wel saligheid kan beinvloed.

Maar na watter "werke" verwys Paulus dan in 1 Kor. 3? 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel die gemeente van Korinthiers in geen enkele genadegawe agtergestaan het nie, noem Paulus hulle "klein kinders" in die geloof en verklaar dat hulle nog "vleeslik dink";  (alhoewel die gemeente self gedink het dat hulle baie "wys" was!)(baie van hulle het sekerlik gereken dat hulle al vaders is!).  Hulle oe was nie altyd gevestig op die Here nie - sommige het net na Paulus geluister, ander net na Apollos, ander net na Cefas.......(1Kor. 1:12 -  "Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus") - as gevolg hiervan was daar heelwat twiste onder hulle.  Hulle oe was dus nie gevestig op "om die waarheid te soek" nie, maar op spesifieke mense, in "wie hulle wil glo". In so 'n geval stuur die Here vir hulle iemand, maar hulle is nie ontvanklik vir daardie persoon nie omdat hulle vleeslik dink, en soos wereldse mense hulle hoop plaas in  spesifieke mense (of dinge).  

(1Co 3:4)  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?
(1Co 3:5)  Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
(1Co 3:6)  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
(1Co 3:7)  So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
(1Co 3:8)  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
(1Co 3:9)  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
(1Co 3:10)  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
(1Co 3:11)  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
(1Co 3:12)  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
(1Co 3:13)  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
(1Co 3:14)  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
(1Co 3:15)  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
(1Co 3:16)  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
(1Co 3:17)  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
(1Co 3:18)  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
(1Co 3:19)  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
(1Co 3:20)  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
(1Co 3:21)  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
(1Co 3:22)  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;
(1Co 3:23)  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.


 Waar dit begin gaan oor "vir wie of wat" iemand glo, kom roem in die prentjie - as dit wat die persoon leer, WAARHEID is, dan plaas ons ook nie ons hoop in die persoon nie, maar in die waarheid (want net more kan hy iets verkondig wat nie die volle waarheid is nie!).  Wanneer gelowiges hulle hoop plaas in mense,dan sukkel hulle om te erken wanneer die Here deur iemand tot hulle praat, want dan is hulle net ontvanklik vir sekere mense (nie ontvanklik vir die Here, of die waarheid nie).  Ook om daardie rede het baie van die Skrifgeleerdes en Fariseers nie vir Jesus aanvaar nie - nie Sy wysheid aanvaar nie - nie Sy outoriteit aanvaar nie........omdat hulle hul hoop geplaas het in Moses en die wet van Moses - nie in die Here nie!  Sou hulle die Vader regtig ken, dan sou hulle geluister het na Jesus: 
(Joh 8:42)  En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
(Joh 8:43)  Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.

(Joh 8:44)  Julle het die duiwel as vader...."


Dit moet nie gaan oor "werke tog saligheid" nie, maar "werke a.g.v. saligheid". Om dus in mense te roem, is baie gevaarlik, en dit rig iemand se oe weg van die Here.  Dit moenie gaan oor "vir wie ek glo" nie, maar oor, "WAT IS DIE WAARHEID?"

========================================================================
Paulus wou seker maak hulle verstaan dat die Here verskillende mense gebruik om tot hulle te spreek, en dat hulle nie moet roem in  mense nie  (1Co 3:4-9)  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
- dit wil nou nie se dat hulle hul moes oopstel vir enige leerstelling nie, want Paulus le ook baie klem op die waarheid! Dit dan waarom hy die volgende skryf:

(1Co 3:8)  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
(1Co 3:9)  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
(1Co 3:10)  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
(1Co 3:11)  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
(1Co 3:12)  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
(1Co 3:13)  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
(1Co 3:14)  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
(1Co 3:15)  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Die "werke" waarna Paulus dus hier verwys het, het nie gegaan oor die feit dat hulle op sekere persone geroem het nie, maar oor watter leerstellings hulle toegelaat het a.g.v. die feit dat hulle in sekere persone geroem het (hul hoop plaas in persone, en nie noodwendig daarin om die waarheid te soek nie). Daardie "werke" verwys dus na dit waarin hulle glo.  As hulle hoop in die Here is, dan sal hulle die nodige onderskeiding kan maak, maar as hulle hoop in mense is, dan glo hulle net wat daardie persone verkondig.  Vir baie gelowiges is die "kerk" vandag dit waarop hulle roem, m.a.w. dit wat hulle kerk verkondig.  Hulle glo dit blindelings sonder om dit te beoordeel, die waarheid te soek ens.  Iemand wat egter sy hoop in die Here plaas, sal die nodige onderskeiding kan maak.  Terwyl predikante en pastore veronderstel is om darem die waarheid te ken, is dit ongelukkig so dat selfs hulle baiemaal blindelings 'n dokter se leerstelling volg, bloot omdat hulle roem in daardie "kerk".  Dit is dus belangrik om seker te maak dat ons die waarheid glo, en verkondig (want so bou ons op die fondament).  Ons sal ook beloon word vir hoe ons bou, maar as ons verkeerd bou, dan sal daardie werk verbrand word en ons geen beloning ontvang daarvoor nie.

Wat help dit al die gawes opereer in 'n gemeente, maar die lede val vir allerhande leerstellings wat nie op die waarheid gegrond is nie - verdraaide of valse leerstellings - so 'n gemeente kom baie slim voor, asof hulle volleerd is en "vaders" in die geloof, tog is hulle babas en is nie besig met die waarheid nie. Terwyl lering tog belangrik is, moet die gelowige begeer om die waarheid te ken, nie net "slim te word" nie. 


 Ons moet egter ook nie dink dat geen valse leerstellings saligheid kan beinvloed nie!  Waar 'n valse leerstelling tot gevolg het dat iemand in 'n sonde verval, en in aanhoudende sonde stap bv. "om te hoereer", kan daardie "werke" wel saligheid beinvloed! - Openb. 2:12-29.  Aanhoudende sondes wat nie afgele word nie, beinvloed die vrug van die gelowige, en in so 'n geval, kies die persoon die sonde as eerste liefde - (Openb. 2:14,15). (1Co 6:10 -  "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

=================================================================

1Co 2:3-6  "Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie".  

Paulus maak dit duidelik dat daar niks fout is met "wysheid" nie, maar dan " 'n wyshied nie van hierdie wereld...". As iemand dan "wys is", is sy wysheid nie oorrendende woorde nie, maar woorde gelei deur die Heilige Gees, die regte woord op die regte tyd, die waarheid, gelei deur die wil van die Here, nie wat die mens laat slim klink nie!
En let wel dat waar Johannes praat van "babas, (klein) kinders, jongmanne en vaders in die geloof", dit ook min te doen het met hoe slim iemand voorkom.... (1 Joh. 2:12-14)

(Heb 5:12)  Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
(Heb 5:13)  Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.
(Heb 5:14)  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

========================================================================


Wat help dit al die gawes opereer in 'n gemeente, maar die lede verkondig "woorde van mense", in plaas van "woorde van God"?

(1Pe 4:11)  As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.





Donderdag 18 April 2013

Glo jy wat Jesus gesê het, of wat die mense sê ? (2)

Wie glo jy?
(vir Jesus, of wat die mense sê?)

 Wat Jesus gesê het:
(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
(Joh 15:3)  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
(Joh 15:5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.



Wat die mense sê:
Eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God.  
Omdat die Christen uit genade gered is en vry van die wet, kan daar nie verwagtinge aan hom gestel word soos om in 'n persoonlike verhouding met die Here te wees nie, want dit is soos "werke". 



========================================================================ANDER VERSE:


(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.



(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.


(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.


(Mat 5:17)  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
(Mat 5:18)  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
(Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
(Mat 5:20)  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
========================================================================






========================================================================




Sondag 10 Maart 2013

Wat moet die Christen se persepsie wees rakende "om goed te doen" of "goed te wees" vir ander?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Gal 6:9)  "En laat ons nie moeg word om "goed te doen" nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie".

(Gal 6:10)  Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.



*  WAT BETEKEN DIT (SKRIFTUURLIK GESPROKE) "OM GOED TE DOEN"?
*  WORD 'n gelowige BELOON VIR ALLE "GOED" WAT HY GEDOEN HET?
*  AAN WIE MOET ONS GOED DOEN?


(In hierdie blogpost gaan ons sien dat "goeddoen" nie net verwys na gunste of gawes nie, maar ook gaan oor die pad van godsaligheid - ook sal nie alle tipe "goeddoen" beloon word nie!)
---------------------------------------------------------------------------------

WAT BETEKEN DIT om GOED TE DOEN?


"Om goed te doen", moet deel wees van die Christen se daaglikse lewe - ons sal ook beloon word vir hierdie werke! 
(hierdie "werke" kan nie saligheid bewerk nie, 
maar dit kan saligheid beinvloed ! -Matt. 25:14-46), 
of die manier hoe die gelowige beloon gaan word ! - 1 Kor. 3:12-15). 

Maar wat bedoel die Skrif met "goed doen"?  Die algemene persepsie van "goed doen" is om vir ander gunste te doen, hulp te verleen, ens.
"Om goed te doen", gaan egter nie net hieroor nie , maar oor baie meer as dit. Volgens die Skrif, doen ons ook goed wanneer ons:

- "nie die kwaad navolg nie" (3 Jh 1:11),
- wanneer ons "let op wat ons met die tong spreek" (1 Pet. 3:11),
- "wanneer ons 'n goeie gewete behou" (1 Pet. 3:15-17),
 "onderdanig is en ly ter wille v/d geregtigheid" (1 Pet. 2:20), ens. 

Kyk gerus weer na die bergpredikasie - behalwe dat ons bereid moet wees om selfs ons besittings met mekaar te deel, word ons ook beveel om ons vyande lief te he, te seën die wat vir ons vervloek, GOED TE DOEN AAN DIE WAT VIR ONS HAAT en te bid vir die wat ons beledig en ons vervolg (Matt. 5:44).  

(Mat 5:46)  "Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?";  (Mat 5:47)  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?"   

"GOED DOEN" gaan dus oor baie meer as wat ons dink.  En neem kennis dat hierdie dinge nie net deel uitmaak van die Christen se vrug nie, maar dat hy ook daarvolgens beloon gaan word - m.a.w. 'n gelowige gaan nie net beloon word vir die gunste wat hy vir ander gedoen het nie, maar ook vir die feit dat hy "sy tong in toom hou"; vir 'n goeie gewete; omdat hy ly terwille van die geregtigheid; omdat hy nie die kwaad navolg nie; omdat hy seen, die wat vir hom vervloek; omdat hy bid vir die wat hom beledig en vervolg ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

AAN WIE moet ons GOEDDOEN?

VOLGENS GAL. 6:9,10 MOET ONS AAN ALLE MENSE GOED DOEN, GELOWIGES SOWEL ONGELOWIGES, MAAR EERSTE AAN DIE GELOWIGES.

(Mat 5:45)  "sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges"   - net soos God Sy son laat opgaan oor slegtes sowel goeies en laat reen op regverdiges sowel onregverdiges, so moet ons ook omgee vir ander, nie net vir die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges.

-Wanneer iemand jou vervloek, moet jy hom steeds "seen", nie die slegte op hom afhoop nie;  

-Wanneer iemand jou haat, dan moet jy ten spyte daarvan, "goed doen" aan hom; 

- Wanneer iemand jou beledig of selfs vervolg, "bid" vir hom.......

So baiemaal raak ons eerder verbitterd, in plaas van om vir die persoon te bid. Ons moet  nie verbitterd of wraaksugtig raak nie, want elkeen sal nog steeds voor die Here verantwoording doen vir hulle dade, vir dit wat hulle in die geheim gesels het, vir hoe hulle ander onregverdig behandel het, vir hoe hulle hul oe toe gehou het vir die nood van 'n ander, ens.  Alhoewel ons dan goed moet wees vir iemand wat eintlik sleg is teenoor ons, is dit belangrik om te onthou dat die Skrif ons waarsku om weg te bly van sekere mense, bv. die kwaadsprekers, die wat in aanhoudend, opsetlike sonde stap, die wat valse leerstellings verkondig...ens. (1 Kor. 5:9-11)  -  l.w. "die wat as broeders bekend staan en in opsetlike sonde stap sonder om reg te maak" - (Jesus het ook die dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseers).  Die feit dat ons onsself distansieer van diesulkes, beteken nie dat ons nie kan "goed wees" vir hulle nie, of vir hulle kan bid nie, of vir hulle nog steeds die beste kan toewens nie.....


"Om goed te doen aan ander" of "om goed te wees vir ander", daaroor dat ons anders "kyk" na mense as wat die wereld na mense kyk - HOE MOET ONS NA ANDER KYK?  
WAT MOET ONS PERSEPSIE WEES VAN ANDER MENSE?

(1)  (Hand. 10:36)  "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal".  Die "evangelie van vrede" gaan juis daaroor dat God nie net goed is vir die gelowiges nie, maar ook vir die ongelowiges - "Hy is die Here van almal" - alhoewel almal Hom nie erken as hulle Here nie, is God nog steeds goed vir almal.  "Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges" - net so word van ons verwag om "goed te wees" vir ander.
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR ONS VYANDE?  -ons moet hulle liefhe
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT VIR ONS VERVLOEK? -ons moet hulle seen (nie wraaksugtig wees nie)
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT ONS HAAT? -doen goed aan hulle (bv. gunste of voorsien in nood ens.)
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT ONS BELEDIG EN ONS VERVOLG?  -ons moet vir hulle bid

-Let wel:  om vir die ongeregtige "goed te wees", beteken nie dat ons die sonde regverdig nie!  (Om in vrede te leef met alle mense, beteken nie dat ons "die waarheid" moet verraai nie!)  

(2) (Mat 5:46)  "Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?" Om "goed te wees" vir ander, beteken om almal lief te he.  Dit is 'n mondvol. Ons moet seker maak dat ons verstaan wat "liefde" beteken - 1 Kor. 13, want "al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie" - 1 Kor. 13:3.  
- DIE LIEFDE IS LANKMOEDIG EN VRIENDELIK
- DIE LIEFDE IS NIE JALOERS NIE
- DIE LIEFDE PRAAT NIE GROOT NIE, IS NIE OPGEBLASE NIE
- DIE LIEFDE HANDEL NIE ONWELVOEGLIK NIE
- DIE LIEFDE SOEK NIE SY EIE BELANG NIE
- DIE LIEFDE WORD NIE VERBITTERD NIE
- DIE LIEFDE REKEN DIE KWAAD NIE TOE NIE
- DIE LIEFDE IS NIE BLY OOR DIE ONGEREGTIGHEID NIE, MAAR IS BLY SAAM MET DIE 
  WAARHEID
- DIE LIEFDE  BEDEK ALLES, GLO ALLES, HOOP ALLES, VERDRA ALLES 

 Om vir almal te vertel wat iemand anders verkeerd gedoen het, is bv. nie liefde nie, want die liefde "bedek alles", het hoop vir die ander persoon en verdra die ander.

Ons moet egter 'n goeie onderskeiding maak hier, want dit is duidelik dat sekere dinge nie "bedek" moet word nie:
-(1)  Jesus het die dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseers - Hy het dus hulle kwaadsprekery en opswepery nie "bedek nie".  Hoekom nie?  In hierdie sin was dit om die dissipels te beskerm sodat hulle nie betrokke raak in valse praatjies en hulle laat beinvloed daardeur nie.  Dit is ook waarom die skrif ons waarsku dat ons niks te doen moet he met valse leraars nie, en l.w., dit is dus eintlik ons plig om ander te waarsku teen valse leraars!  (Die liefde is immers "bly oor die WAARHEID" ...)
-(2)  Ook in die geval van waar 'n gelowige in opsetlike sonde stap, kan ander gelowiges beinvloed word om te dink dit word nie van ons verwag om gehoorsaam te wees nie en kan die persoon "die hele deeg suurmaak" - in so 'n geval moet die sonde ook nie bedek word nie, sou die persoon nie na vermaning luister nie.  Sou iemand egter teen 'n broeder sondig, en hy word bestraf, en hy het berou, dan moet hy telkens vergewe word - ons sien dus hier duidelik die verskil tussen iemand
  wat berou het 
of die een 
wat nie berou het nie (Luk. 17:3,4)
.......(Luk. 12:1; 1 Kor. 5:6-9; Matt. 18:15-17; Hebr. 10:26-29; 1 Tim. 6:3-5 ens.)

========================================================================
WORD 'N GELOWIGE BELOON VIR ALLE GOED WAT HY GEDOEN HET?  
(ALHOEWEL GELOWIGES VERSKILLEND BELOON GAAN WORD IN DIE KONINKRYK VAN GOD, MOET HULLE WEES "SOOS ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE")

*  IS DAAR ENIGE SOORT VAN LIEFDADIGHEID / "GOED DOEN" WAT NIE EENDAG BELOON GAAN WORD NIE?  

* IS DAAR ENIGE SOORT VAN LIEFDADIGHEID / "GOEDDOEN" WAT NIE VOLGENS DIE WIL VAN GOD IS NIE?

(1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie:

(Mat 6:1)  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie;  anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
(Mat 6:2)  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
(Mat 6:3)  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
(Mat 6:4)  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
(Dit is dus belangrik om onsself af te vra "hoekom" ons liefdadigheid bewys.  Alhoewel dit steeds tot nut kan wees, moet iemand nie dink om eendag beloon te word as hy dit doen om verkeerde redes nie).  

(2)  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie:
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (kyk na die woorde "julle wat die ongeregtigheid werk" - hulle het gedink hulle doen goed!)
(Selfs wanneer 'n gelowige in spesifieke gawes stap omrede om ander te bedien en so "goed te doen", beteken dit niks as hulle nie die Here KEN nie - gewoonlik begeer so iemand die gawe omrede "om gesien te word", soos in die geval van Simon in Hand. 8:16-24 - in so 'n geval gaan dit oor "selfverheffing)

(3) Wanneer iemand beoog om goed te doen, maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie:

(Mat 21:23)  En toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?

(Mat 21:27)  Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
(Mat 21:28)  Maar wat dink julle? ‘n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.
(Mat 21:29)  En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.
(Mat 21:30)  Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.
(Mat 21:31)  Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.
(dit is beter vir die een wat eers "nee" gese het en berou gekry het en tog gehoorsaam was, as die een wat beoog het om gehoorsaam te wees, maar nie sy ja ja gehou het nie)(Hulle ondervra Jesus oor "deur watter gesag Hy dinge doen" - sou hulle self na die wil van die Vader soek, moes hulle besef het dat Jesus die wil van die Vader doen.  Self het hulle gedink dat hulle vreeslik besig is met "die dinge van God", maar hulle het Hom nie regtig geKEN nie! - wou nie regtig Sy wil doen nie)

(4)  "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie:

(Mat 20:25)  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;
(Mat 20:26)  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
(Mat 20:27)  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees

(5)  Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself:


(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.

(Mat 23:28)  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

(6)  Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God:


(Mat 16:21)  Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
(Mat 16:22)  Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
(Mat 16:23)  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
(Mat 16:24)  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
(Mat 16:25)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
(Mat 16:26)  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
(Mat 16:27)  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
(Wat Petrus wou he moet gebeur of wat hy beskou as wat goed sou wees, was nie dieselfde as God se wil nie - dit het veroorsaak dat hy in die pad gestaan het van die Here se plan!)

Kyk ook na die vb. in Hand. 21 - Paulus het geweet dat om op te gaan Jerusalem toe, tot gevolg gaan he dat hy gevangene geneem word en moontlik gedood word - tog het hy nie sy lewe meer liefgehad as om te doen wat reg is nie;  die ander dissipels het gevoel die Gees lei hulle om hom te verhoed om op te gaan (v. 22-25).  Wie was nou eintlik deur die Gees gelei?  Hulle het seker gereken dat hulle "goed is vir Paulus" - dat die Here hulle gebruik om hom te help om die regte besluit te neem!  Maar hulle was nie!  Wanneer ons ander probeer help deur menslike wysheid wat deur logika of vrees gedryf word, is dit nie volgens die wil van die Here nie.  Die Christen moet altyd eerstens na die wil van die Here soek - Jesus het vir ons die vb. gewys van hoeveel tyd ons in gebed moet spandeer en ook geleer om alleentyd met die Vader te spandeer.  Die probleem is dat min Christene regtig daardie tyd met die Here spandeer, tog "claim" hulle dat hulle Sy wil ken?!  Ook word daar nie baie vir ander gebid nie, tog "claim" hulle dat hulle weet watter raad die ander nodig het?!  Baie Christene dink vandag dat dit hulle Christelike plig is om vir ander "besluite te neem"?! Op die ou end gaan dit glad nie oor die wil van die Here nie, maar eerder oor "wat elkeen dink moet gebeur". Ook baie "goeddoen" word hieruit gebore en die redes vir "goeddoen" gaan dan op die ou end nie meer oor "gehoorsaamheid aan die Here" nie, maar oor selfverheffing.

Dit laat dink 'n mens aan koning Saul - 'n man wat ook gereken het dat hy vir God 'n guns doen "deur sy eie wil te doen".  Alhoewel God vir Saul direk opdrag gegee het om al die kleinvee en beeste van Amalek te verslaan, het hy dit nie gedoen nie, maar eerder besluit dat hy van die bestes gaan uithou om aan die Here te offer. Meeste mense sou dink dat dit heeltemal ok was van Saul om so 'n besluit te neem en hulle sal selfs dink dat God ok sal wees daarmee, want Saul se bedoelings was tog goed, was dit nie?  Maar nee, hierdie was direkte ongehoorsaamheid aan die Here.  Waar menslike wysheid in die pad staan, is alles wat "ons dink is goed", nie goed nie!  (1Sa 15:22,23)  "Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp".
========================================================================


As ons gehoorsaam is aan die Here, dan behoort ons redes van hoekom ons goeie dinge doen, reg te wees. Ons moet dit ook nie doen net omdat ons uitsien na daardie belonings eendag nie, want Jesus het vir ons geleer dat ons moet wees soos "onverdienstelike diensknegte".  Baie Christene reken dat hulle hul laat lei deur die Heilige Gees, tog is dit nie altyd so nie.  Gelowiges laat hulle ook somtyds lei deur hulle eie begeertes, vrese ens., en vra nie noodwendig na die wil van die Here of weet eens altyd hoe om te onderskei tussen eie wil en die wil van die Here nie - dit is wanneer mense "goeie dinge doen" uit eie mag!

"OM GOED TE DOEN", moet beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
- dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 



========================================================================


(1Ti 6:17,18)  Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

(Jak. 2:8)  As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed.


(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37)  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.


(Hand. 15:29)  dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!



(3Jn 1:11)  Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.