Wys tans plasings met die etiket goed doen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket goed doen. Wys alle plasings

Sondag 10 Maart 2013

Wat moet die Christen se persepsie wees rakende "om goed te doen" of "goed te wees" vir ander?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Gal 6:9)  "En laat ons nie moeg word om "goed te doen" nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie".

(Gal 6:10)  Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.



*  WAT BETEKEN DIT (SKRIFTUURLIK GESPROKE) "OM GOED TE DOEN"?
*  WORD 'n gelowige BELOON VIR ALLE "GOED" WAT HY GEDOEN HET?
*  AAN WIE MOET ONS GOED DOEN?


(In hierdie blogpost gaan ons sien dat "goeddoen" nie net verwys na gunste of gawes nie, maar ook gaan oor die pad van godsaligheid - ook sal nie alle tipe "goeddoen" beloon word nie!)
---------------------------------------------------------------------------------

WAT BETEKEN DIT om GOED TE DOEN?


"Om goed te doen", moet deel wees van die Christen se daaglikse lewe - ons sal ook beloon word vir hierdie werke! 
(hierdie "werke" kan nie saligheid bewerk nie, 
maar dit kan saligheid beinvloed ! -Matt. 25:14-46), 
of die manier hoe die gelowige beloon gaan word ! - 1 Kor. 3:12-15). 

Maar wat bedoel die Skrif met "goed doen"?  Die algemene persepsie van "goed doen" is om vir ander gunste te doen, hulp te verleen, ens.
"Om goed te doen", gaan egter nie net hieroor nie , maar oor baie meer as dit. Volgens die Skrif, doen ons ook goed wanneer ons:

- "nie die kwaad navolg nie" (3 Jh 1:11),
- wanneer ons "let op wat ons met die tong spreek" (1 Pet. 3:11),
- "wanneer ons 'n goeie gewete behou" (1 Pet. 3:15-17),
 "onderdanig is en ly ter wille v/d geregtigheid" (1 Pet. 2:20), ens. 

Kyk gerus weer na die bergpredikasie - behalwe dat ons bereid moet wees om selfs ons besittings met mekaar te deel, word ons ook beveel om ons vyande lief te he, te seën die wat vir ons vervloek, GOED TE DOEN AAN DIE WAT VIR ONS HAAT en te bid vir die wat ons beledig en ons vervolg (Matt. 5:44).  

(Mat 5:46)  "Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?";  (Mat 5:47)  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?"   

"GOED DOEN" gaan dus oor baie meer as wat ons dink.  En neem kennis dat hierdie dinge nie net deel uitmaak van die Christen se vrug nie, maar dat hy ook daarvolgens beloon gaan word - m.a.w. 'n gelowige gaan nie net beloon word vir die gunste wat hy vir ander gedoen het nie, maar ook vir die feit dat hy "sy tong in toom hou"; vir 'n goeie gewete; omdat hy ly terwille van die geregtigheid; omdat hy nie die kwaad navolg nie; omdat hy seen, die wat vir hom vervloek; omdat hy bid vir die wat hom beledig en vervolg ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

AAN WIE moet ons GOEDDOEN?

VOLGENS GAL. 6:9,10 MOET ONS AAN ALLE MENSE GOED DOEN, GELOWIGES SOWEL ONGELOWIGES, MAAR EERSTE AAN DIE GELOWIGES.

(Mat 5:45)  "sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges"   - net soos God Sy son laat opgaan oor slegtes sowel goeies en laat reen op regverdiges sowel onregverdiges, so moet ons ook omgee vir ander, nie net vir die gelowiges nie, maar ook die ongelowiges.

-Wanneer iemand jou vervloek, moet jy hom steeds "seen", nie die slegte op hom afhoop nie;  

-Wanneer iemand jou haat, dan moet jy ten spyte daarvan, "goed doen" aan hom; 

- Wanneer iemand jou beledig of selfs vervolg, "bid" vir hom.......

So baiemaal raak ons eerder verbitterd, in plaas van om vir die persoon te bid. Ons moet  nie verbitterd of wraaksugtig raak nie, want elkeen sal nog steeds voor die Here verantwoording doen vir hulle dade, vir dit wat hulle in die geheim gesels het, vir hoe hulle ander onregverdig behandel het, vir hoe hulle hul oe toe gehou het vir die nood van 'n ander, ens.  Alhoewel ons dan goed moet wees vir iemand wat eintlik sleg is teenoor ons, is dit belangrik om te onthou dat die Skrif ons waarsku om weg te bly van sekere mense, bv. die kwaadsprekers, die wat in aanhoudend, opsetlike sonde stap, die wat valse leerstellings verkondig...ens. (1 Kor. 5:9-11)  -  l.w. "die wat as broeders bekend staan en in opsetlike sonde stap sonder om reg te maak" - (Jesus het ook die dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseers).  Die feit dat ons onsself distansieer van diesulkes, beteken nie dat ons nie kan "goed wees" vir hulle nie, of vir hulle kan bid nie, of vir hulle nog steeds die beste kan toewens nie.....


"Om goed te doen aan ander" of "om goed te wees vir ander", daaroor dat ons anders "kyk" na mense as wat die wereld na mense kyk - HOE MOET ONS NA ANDER KYK?  
WAT MOET ONS PERSEPSIE WEES VAN ANDER MENSE?

(1)  (Hand. 10:36)  "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal".  Die "evangelie van vrede" gaan juis daaroor dat God nie net goed is vir die gelowiges nie, maar ook vir die ongelowiges - "Hy is die Here van almal" - alhoewel almal Hom nie erken as hulle Here nie, is God nog steeds goed vir almal.  "Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges" - net so word van ons verwag om "goed te wees" vir ander.
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR ONS VYANDE?  -ons moet hulle liefhe
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT VIR ONS VERVLOEK? -ons moet hulle seen (nie wraaksugtig wees nie)
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT ONS HAAT? -doen goed aan hulle (bv. gunste of voorsien in nood ens.)
- HOE KAN ONS "GOED WEES" VIR DIE WAT ONS BELEDIG EN ONS VERVOLG?  -ons moet vir hulle bid

-Let wel:  om vir die ongeregtige "goed te wees", beteken nie dat ons die sonde regverdig nie!  (Om in vrede te leef met alle mense, beteken nie dat ons "die waarheid" moet verraai nie!)  

(2) (Mat 5:46)  "Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?" Om "goed te wees" vir ander, beteken om almal lief te he.  Dit is 'n mondvol. Ons moet seker maak dat ons verstaan wat "liefde" beteken - 1 Kor. 13, want "al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie" - 1 Kor. 13:3.  
- DIE LIEFDE IS LANKMOEDIG EN VRIENDELIK
- DIE LIEFDE IS NIE JALOERS NIE
- DIE LIEFDE PRAAT NIE GROOT NIE, IS NIE OPGEBLASE NIE
- DIE LIEFDE HANDEL NIE ONWELVOEGLIK NIE
- DIE LIEFDE SOEK NIE SY EIE BELANG NIE
- DIE LIEFDE WORD NIE VERBITTERD NIE
- DIE LIEFDE REKEN DIE KWAAD NIE TOE NIE
- DIE LIEFDE IS NIE BLY OOR DIE ONGEREGTIGHEID NIE, MAAR IS BLY SAAM MET DIE 
  WAARHEID
- DIE LIEFDE  BEDEK ALLES, GLO ALLES, HOOP ALLES, VERDRA ALLES 

 Om vir almal te vertel wat iemand anders verkeerd gedoen het, is bv. nie liefde nie, want die liefde "bedek alles", het hoop vir die ander persoon en verdra die ander.

Ons moet egter 'n goeie onderskeiding maak hier, want dit is duidelik dat sekere dinge nie "bedek" moet word nie:
-(1)  Jesus het die dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseers - Hy het dus hulle kwaadsprekery en opswepery nie "bedek nie".  Hoekom nie?  In hierdie sin was dit om die dissipels te beskerm sodat hulle nie betrokke raak in valse praatjies en hulle laat beinvloed daardeur nie.  Dit is ook waarom die skrif ons waarsku dat ons niks te doen moet he met valse leraars nie, en l.w., dit is dus eintlik ons plig om ander te waarsku teen valse leraars!  (Die liefde is immers "bly oor die WAARHEID" ...)
-(2)  Ook in die geval van waar 'n gelowige in opsetlike sonde stap, kan ander gelowiges beinvloed word om te dink dit word nie van ons verwag om gehoorsaam te wees nie en kan die persoon "die hele deeg suurmaak" - in so 'n geval moet die sonde ook nie bedek word nie, sou die persoon nie na vermaning luister nie.  Sou iemand egter teen 'n broeder sondig, en hy word bestraf, en hy het berou, dan moet hy telkens vergewe word - ons sien dus hier duidelik die verskil tussen iemand
  wat berou het 
of die een 
wat nie berou het nie (Luk. 17:3,4)
.......(Luk. 12:1; 1 Kor. 5:6-9; Matt. 18:15-17; Hebr. 10:26-29; 1 Tim. 6:3-5 ens.)

========================================================================
WORD 'N GELOWIGE BELOON VIR ALLE GOED WAT HY GEDOEN HET?  
(ALHOEWEL GELOWIGES VERSKILLEND BELOON GAAN WORD IN DIE KONINKRYK VAN GOD, MOET HULLE WEES "SOOS ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE")

*  IS DAAR ENIGE SOORT VAN LIEFDADIGHEID / "GOED DOEN" WAT NIE EENDAG BELOON GAAN WORD NIE?  

* IS DAAR ENIGE SOORT VAN LIEFDADIGHEID / "GOEDDOEN" WAT NIE VOLGENS DIE WIL VAN GOD IS NIE?

(1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie:

(Mat 6:1)  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie;  anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
(Mat 6:2)  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
(Mat 6:3)  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
(Mat 6:4)  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
(Dit is dus belangrik om onsself af te vra "hoekom" ons liefdadigheid bewys.  Alhoewel dit steeds tot nut kan wees, moet iemand nie dink om eendag beloon te word as hy dit doen om verkeerde redes nie).  

(2)  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie:
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (kyk na die woorde "julle wat die ongeregtigheid werk" - hulle het gedink hulle doen goed!)
(Selfs wanneer 'n gelowige in spesifieke gawes stap omrede om ander te bedien en so "goed te doen", beteken dit niks as hulle nie die Here KEN nie - gewoonlik begeer so iemand die gawe omrede "om gesien te word", soos in die geval van Simon in Hand. 8:16-24 - in so 'n geval gaan dit oor "selfverheffing)

(3) Wanneer iemand beoog om goed te doen, maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie:

(Mat 21:23)  En toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?

(Mat 21:27)  Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
(Mat 21:28)  Maar wat dink julle? ‘n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.
(Mat 21:29)  En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.
(Mat 21:30)  Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.
(Mat 21:31)  Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.
(dit is beter vir die een wat eers "nee" gese het en berou gekry het en tog gehoorsaam was, as die een wat beoog het om gehoorsaam te wees, maar nie sy ja ja gehou het nie)(Hulle ondervra Jesus oor "deur watter gesag Hy dinge doen" - sou hulle self na die wil van die Vader soek, moes hulle besef het dat Jesus die wil van die Vader doen.  Self het hulle gedink dat hulle vreeslik besig is met "die dinge van God", maar hulle het Hom nie regtig geKEN nie! - wou nie regtig Sy wil doen nie)

(4)  "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie:

(Mat 20:25)  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;
(Mat 20:26)  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
(Mat 20:27)  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees

(5)  Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself:


(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.

(Mat 23:28)  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

(6)  Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God:


(Mat 16:21)  Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
(Mat 16:22)  Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
(Mat 16:23)  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
(Mat 16:24)  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
(Mat 16:25)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
(Mat 16:26)  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
(Mat 16:27)  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
(Wat Petrus wou he moet gebeur of wat hy beskou as wat goed sou wees, was nie dieselfde as God se wil nie - dit het veroorsaak dat hy in die pad gestaan het van die Here se plan!)

Kyk ook na die vb. in Hand. 21 - Paulus het geweet dat om op te gaan Jerusalem toe, tot gevolg gaan he dat hy gevangene geneem word en moontlik gedood word - tog het hy nie sy lewe meer liefgehad as om te doen wat reg is nie;  die ander dissipels het gevoel die Gees lei hulle om hom te verhoed om op te gaan (v. 22-25).  Wie was nou eintlik deur die Gees gelei?  Hulle het seker gereken dat hulle "goed is vir Paulus" - dat die Here hulle gebruik om hom te help om die regte besluit te neem!  Maar hulle was nie!  Wanneer ons ander probeer help deur menslike wysheid wat deur logika of vrees gedryf word, is dit nie volgens die wil van die Here nie.  Die Christen moet altyd eerstens na die wil van die Here soek - Jesus het vir ons die vb. gewys van hoeveel tyd ons in gebed moet spandeer en ook geleer om alleentyd met die Vader te spandeer.  Die probleem is dat min Christene regtig daardie tyd met die Here spandeer, tog "claim" hulle dat hulle Sy wil ken?!  Ook word daar nie baie vir ander gebid nie, tog "claim" hulle dat hulle weet watter raad die ander nodig het?!  Baie Christene dink vandag dat dit hulle Christelike plig is om vir ander "besluite te neem"?! Op die ou end gaan dit glad nie oor die wil van die Here nie, maar eerder oor "wat elkeen dink moet gebeur". Ook baie "goeddoen" word hieruit gebore en die redes vir "goeddoen" gaan dan op die ou end nie meer oor "gehoorsaamheid aan die Here" nie, maar oor selfverheffing.

Dit laat dink 'n mens aan koning Saul - 'n man wat ook gereken het dat hy vir God 'n guns doen "deur sy eie wil te doen".  Alhoewel God vir Saul direk opdrag gegee het om al die kleinvee en beeste van Amalek te verslaan, het hy dit nie gedoen nie, maar eerder besluit dat hy van die bestes gaan uithou om aan die Here te offer. Meeste mense sou dink dat dit heeltemal ok was van Saul om so 'n besluit te neem en hulle sal selfs dink dat God ok sal wees daarmee, want Saul se bedoelings was tog goed, was dit nie?  Maar nee, hierdie was direkte ongehoorsaamheid aan die Here.  Waar menslike wysheid in die pad staan, is alles wat "ons dink is goed", nie goed nie!  (1Sa 15:22,23)  "Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp".
========================================================================


As ons gehoorsaam is aan die Here, dan behoort ons redes van hoekom ons goeie dinge doen, reg te wees. Ons moet dit ook nie doen net omdat ons uitsien na daardie belonings eendag nie, want Jesus het vir ons geleer dat ons moet wees soos "onverdienstelike diensknegte".  Baie Christene reken dat hulle hul laat lei deur die Heilige Gees, tog is dit nie altyd so nie.  Gelowiges laat hulle ook somtyds lei deur hulle eie begeertes, vrese ens., en vra nie noodwendig na die wil van die Here of weet eens altyd hoe om te onderskei tussen eie wil en die wil van die Here nie - dit is wanneer mense "goeie dinge doen" uit eie mag!

"OM GOED TE DOEN", moet beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
- dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 



========================================================================


(1Ti 6:17,18)  Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

(Jak. 2:8)  As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed.


(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37)  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.


(Hand. 15:29)  dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!



(3Jn 1:11)  Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.