Wys tans plasings met die etiket barmhartig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket barmhartig. Wys alle plasings

Sondag 12 Januarie 2014

Barmhartigheid

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:

http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/09/barmhartigheid.html
of
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
--------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die betekenis van die woord "barmhartigheid" in die skrif:
=======================================================================
Waar die woord "barmhartigheid" gebruik word in die Afrikaanse Bybel, word verskillende Hebreeus en Griekse woorde gebruik, bv. die Hebreeuse woord "kheh-sed", wat beteken: "favour, good deed, kindness, pity, merciful, of die Griekse woord "el-eh-os", wat beteken, "compassion, (tender) mercy".  Somtyds is daardie selfde Hebreeuse woord bv. gebruik in verskillende tekste, maar verskillend vertaal in die Afrikaans, bv. as "goedertierenheid" of "guns" of "liefde" - ons moet ook verstaan dat dit gebruik is in verskillende kontekste.
========================================================================
OPSOMMING:



(1)  Hebreeuse woord: "kheh-sed", wat beteken:  "guns, goeie dade, barmhartigheid en omgee" -  (IN SOMMIGE SKRIFTE WORD DIE WOORD "kheh-sed" vertaal as "BARMHARTIGHEID";  in ander as"GOEDERTIERENHEID", of   "GUNS" of  "LIEFDE", maar dit is dieselfde woord in die Hebreeus) - IN KONTEKS WORD "kheh-sed" gebruik as:  "guns op die wat vir die Here lief is en Sy gebooie onderhou" - vb.e is, Abraham, Josef, Lot, Dawid, Israel ens.

(2)  Griekse woord: "el-eh-os"wat beteken: "kompassie en barmhartigheid" - IN KONTEKS WORD "el-eh-os" gebruik as: "die swaarste dele van die wet, nl. die: 
-BARMHARTIGHEID 
-en TROU"(geloof)http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html - vb. e is:  tweede gebod - naaste liefhe soos jouself;  kyk na gelykenis van "barmhartige samaritaan";  kyk na hoe Jesus saam met die tollenaars en sondaars geeet het en vir hulle die boodskap gebring het; kyk na hoe Hy barmhartigheid bewys aan die dissipels toe hulle are pluk op die Sabbat; kyk na vb. van hoe ons nie moet wees met aanneming van die persoon nie (Jak. 2:1-13)...

(3) DIE HEBREEUSE WOORD:  "rakh-am" , WAT BETEKEN, "tender love, compassion, mercy, pity, (as cherishing the foetus) - vb.e is:  Deut. 13:17 (begeer die Here se barmhartigheid); Gen. 43:14 en Neh. 1:11 (begeer barmhartigheid van iemand anders) 

(4)  DIE HEBREEUSE WOORD: "raw-kham", WAT BETEKEN, "have compassion (on, upon), love, (find, have, obtain, shew) mercy, (have) pity - (ONTFERM) - vb.e is:   "die Here sal genadig wees aan wie Hy genadig wil wees, en Hom ontferm oor wie Hy Hom wil ontferm" - om genade te vind in Sy oe, moet iemand homself BEKEER tot die Here - (Hand.10:35 - "maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is").

(5)  DIE GRIEKSE WOORD: "el-eh-eh'-o", wat beteken, "have compassion (pity on), have (obtain, receive, shew) mercy (on)" - vb.e is: 
-  "Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word"  - iemand kan nie self wil staatmaak op die Here se barmhartigheid, maar self bewys hy geen barmhartigheid nie! ;

-  "die Here sal barmhartig wees oor wie Hy wil barmhartig wees,  en Hom ontferm oor wie Hy wil" - niemand verdien die Here se barmhartigheid nie - dis nie 'n reg nie, maar 'n voorreg;  (1Pe 2:10 - "julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is".)

==========================================================================

(1)  IN DIE EERSTE GEVAL kyk ons na die:
*  Hebreeuse woord: "kheh-sed", wat beteken:  "guns, goeie dade, barmhartigheid en omgee" -  meer spes. guns op die wat vir die Here lief is en Sy gebooie onderhou - vb.e is, Abraham, Josef, Lot, Dawid, Israel ens. (IN SOMMIGE SKRIFTE WORD DIE WOORD "kheh-sed" vertaal as "BARMHARTIGHEID";  in ander as"GOEDERTIERENHEID", of   "GUNS" of  "LIEFDE", maar dit is dieselfde woord in die Hebreeus):

... en ons kyk na die:

*  Griekse woord: "el-eh-os", wat beteken: "kompassie en barmhartigheid". - meer spes. dat die reg, BARMHARTIGHEID, en trou, die swaarste is van die wet - die Here soek barmhartigheid, nie offers nie!  Jesus verduidelik hierdie soort van "barmhartigheid" in die verhaal van die "barmhartige Samaritaan", waarin Hy dit duidelik maak dat ons kompassie moet he vir alle mense, nie net sekere mense nie (Luk. 10).!  Hy het ook vir ons die vb. gestel van hoe hierdie barmhartigheid lyk toe Hy saam met die sondaars en tollenaars geeet het (met die doel om vir hulle die waarheid te bring, "want hulle het die geneesheer nodig"); ook in die geval van waar Sy dissipels gaan are pluk het op die Sabbat omdat hulle honger was! Jakobus verduidelik hierdie verder in Jak. 2:1-13 dat ons geloof in die Here Jesus Christus NIE MOET WEES MET AANNEMING VAN DIE PERSOON NIE - as ons onderskeid maak tussen mense, asof sekere belangriker is as ander, dan is ons "regters" met verkeerde oorlegginge!  Hy herinner hulle ook aan die tweede gebod: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself", en verklaar dat die geloof sonder werke, dood is. Vgl. dit met Jesus se opmerking in Matt. 22:37-40. Wanneer Jesus terugkom, kom Hy om te oordeel (alhoewel Hy die eerste keer gekom het om barmhartigheid te bewys) -  "die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie"  (Jak. 2:13)!, maar die Here sal barmhartigheid bewys aan die wat Hom vrees (Luk. 1:50; Jud. 1:21) - dan sal Hy die skape (die wat barmhartig was/die wil van die Vader gedoen het) van die bokke (die wat nie barmhartig was nie/nie die wil van die Vader gedoen het nie) skei.

------------------------------------------------------------------
 Hebreeuse woord: "kheh-sed":, wat beteken:  "guns, goeie dade, barmhartigheid en omgee" :

-  (Deu 5:10)  en Ek bewys barmhartigheid (GUNS)(die Hebreeuse woord "kheh-sed", wat beteken: "favour, good deed, kindness, pity, merciful) aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. -(Eks. 20:6); Kyk ook Gen. 19:19 (Lot).  Kyk ook in die geval van "goedertierenheid" (Abraham)- Gen. 24:27.  (Gen 39:21)  "Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis". (Eks. 15:13 - die volk, "guns")(Eks. 34:7)(Num. 14:18,19)(Deut. 5:10)(Deut. 7:9)( (Deu 7:12 - "En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het")(Rig. 1:24)(2 Sam. 7:15; 15:20; 22:51)(1 Kon. 3:6)(1Kon. 8:23 -  "en gesê: HERE, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart")(1 Kron. 16:34,41)(2 Kron. 1:8 - "En Salomo het tot God gespreek: U het aan my vader Dawid ‘n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak".)(2 Kron. 5:13)(2 Kron. 6:14; 7:3,6; 20:21)(Esra 3:11 - Israel)(Esra 7:28; 9:9)(Neh. 1:5)(Neh. 9:32; 13:22)(Ps. 5:7; 13:6; 18:50; 21:7......)(Psa 33:22 - "Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!")(Spr. 14:22 - "Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde ("mercy") en trou is vir die wat die goeie bewerk")(Spr. 16:6; 20:28; 21:21)(Jes. 16:5)(Jer. 33:11)(Dan. 9:4)(Hos. 4:1; 6:6)(Hos 10:12 - "Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde (barmhartigheid); braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën")(Hos 12:6)  (12:7 -En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde (barmhartigheid) en reg, en hoop gedurigdeur op jou God")(Jona 2:8)(Mig. 7:20)(Sag. 7:9)

Vgl. dit met -
 Griekse woord: "el-eh-os", wat beteken,  "kompassie en barmhartigheid":
 (Jud 1:21 - "en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag")(Mat 23:23 - "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat")(Luk 1:50 - "En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees")(Luk. 1:54, 72, 78)(Luk. 10:37 - in hierdie gedeelte word barmhartigheid verduidelik!)(Rom. 9:23)(Rom. 11:31 - kyk hier na die twee griekse woorde 1656 en 1653)(Rom. 15:9)(Gal. 6:16)(Ef. 2:4)(1 Tim. 1:2)(2 Tim. 1:2)(2Ti 1:16 - "Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie.........(:18)  Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het".)(Titus 1:4)(Tit 3:5 - "nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees")(Heb 4:16 - "Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word".)(JaK 2:13 - "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel".)(Jak. 3:17)(1Pe 1:3 - "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode")(2 Joh. 1:3)(Jud. 1:2)(Jud 1:21 - "en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag").

---------------------------------------
(3)  IN DIE TWEEDE GEVAL GAAN ONS KYK NA:

DIE HEBREEUSE WOORD:  "rakh-am" , WAT BETEKEN, "tender love, compassion, mercy, pity, (as cherishing the foetus).
  (Deu 13:17 - "Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid ("rakh-am" - "tender love, (as cherishing the foetus), compassion, mercy, pity,") kan bewys en Hom oor jou ontferm ("raw-kham" - "have compassion, love, mercy, pity") en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het)

(Gen 43:14 - "En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek—as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof")(Neh 1:11 - "Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning")(Jes. 47:6 - "Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk)

---------------------------------------------
(4)  IN DIE DERDE GEVAL KYK ONS NA:

DIE HEBREEUSE WOORD: "raw-kham", WAT BETEKEN, "have compassion (on, upon), love, (find, have, obtain, shew) mercy, (have) pity - "ONTFERM".

(Eks. 33:19)  Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm ("shew mercy") oor wie Ek My wil ontferm ("shew mercy")(Psa 102:13)  (102:14 - "U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom".)(Pro 28:13 - "Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind".)(Isa 9:17)  (9:16 - "Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek".)(Jes. 14:1 - "Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob".)(Jes. 27:11 - "As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is ‘n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie".)(Jes. 30:18)(Jes. 49:10, 13; 54:8,10)(Isa 55:7 - "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik".)(Jes. 60:10)(Jer. 6:23; 13:14; 21:7; 30:18; 31:20; 33:26; 42:12; 50:42)(Eseg. 39:25)(Hos. 1:7; 2:4,23; 14:3)(Hab. 3:2)(Sag. 1:12)

Vgl. dit met:

DIE GRIEKSE WOORD: "el-eh-eh'-o", wat beteken, "have compassion (pity on), have (obtain, receive, shew) mercy (on)".

(Mat 5:7 - "Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word".)(Mat 9:27 - "En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid!")(Mat 17:15 - "Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water".)(Rom 9:15 - "Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm".)(en v.16, 18)(Mat 15:22 - "En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete".)(Mat 20:30 -"En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!)(en v. 31)(Mark. 10:47,48)(Luk. 16:24)(Luk. 17:13; 18:38, 39)(Rom. 11:30,31, 32)(Rom. 12:8)(1 Kor. 7:25)(2 Kor. 4:1 - "Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie".)(Fil. 2:27 - "Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie".)(1Ti 1:13 - "my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof".)(1 Tim. 1:16)(1Pe 2:10 - "julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is".)


------------------------------------------

(Luk 1:50)  En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

(Mat 5:7)  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

(Luk 10:36)  Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
(Luk 10:37)  En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid ("el-eh-os") aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

(Jak. 2:1)  My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
(Jak. 2:2)  Want as daar in julle vergadering ‘n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ‘n pragtige kleed aan, en daar kom ook ‘n arm man in met vuil klere aan;
(Jak. 2:3)  en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit—
(Jak. 2:4)  het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
(Jak.2:5)  Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?
(Jak.2:6)  Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?
(Jak.2:7)  Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?
(Jas 2:8)  As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed.
(Jak.2:9)  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
(Jak.2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
(Jak.2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
(Jak.2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
(Jak.2:14)  Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
(Jak.2:15)  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
(Jak.2:16)  en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?
(Jak.2:17)  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

(Jud 1:22)  En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

(Spr. 28:13)  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
========================================================================